WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

BenguFarm Bestelvorm

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SIZA takes the sting out of auditing

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Mandala Madness Deel 2

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

Rut: n Liefdes Verhaal

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Belangrike biodiversiteitsgebiede en die implikasies vir mynbou Mariette Liefferink

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Direkte en indirekte rede *

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

~ CARNOT, ADIEU! Prof. J.P. Botha. deur PUBLIKASIES VAN DIE U~NIVERSITEIT VAN PRETORIA, NUWE REEKS NR"

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Regstellende aksie: n etiese perspektief18

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Hoe om krag te spaar

investigating the dialogue between craft and design a centre for the crafts in the inner city of Pretoria

deur HENDRIK PETRUS LODEWYK MATTHEUS voorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR EDUCATIONIS in die vak VERGELYKENDE OPVOEDKUNDE aan die

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Transcription:

1 WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET Johann Basson, Maart 2013 Agtergrond en konteks Die inligting waarop hierdie lesing gebaseer is is grootliks geïnspireer deur die boek van Tim Jackson met die titel van Prosperity without growth: Economics for a finite planet. Jackson is die Ekonomiese Kommissaris by die Verenigde Koninkryk se Volhoubare Ontwikkelingskommissie, die regering se onafhanklike adviesliggaam. Hy is ook Professor in Volhoubare Ontwikkeling by die Universiteit van Surrey en Direkteur van die Navorsingsgroep oor Lewenstyl, Waardes en Omgewing. In hierdie nuwe, ontwikkelende en multidissiplinêre vakgebied is daar baie vrae wat nog nie antwoorde het nie en vind die debat nog net in sekere kringe plaas. Gevolglik is daar nog baie meningsverskille oor watter benaderings gevolg moet word. Die sienings en inligting is meer op ontwikkelde lande van toepassing, maar hierdie lesing is ook op die ontwikkelde deel van Suid-Afrika gemik. Die inhoud sal moontlik n mate van ongemak veroorsaak of selfs die bloeddruk opjaag. Die doel is egter om in te lig, die debat te stimuleer en mense moontlik tot aksie aan te moedig. Wees gewaarsku, hierdie boodskap is in sekere kringe nie populêr nie, omdat dit met bestaande sienings en belange bots. Ek is nie n ekonoom of omgewingsekonoom nie, maar n ingenieur met n multidissiplinêre agtergrond en onder andere n Magister in Bedryfsleiding. My spesialisgebied is energie (konsultasie, navorsing en beleid) wat ook skakel met die omgewing, ekonomie en menslike gedrag. 1 Inleiding Welvaart is die gevoel dat dinge vir ons reg verloop, volgens ons hoop en verwagtings en dat dit n aspek van kontinuïteit insluit. Daar is dus n vertroue dat die situasie in die toekoms ook sal geld. Soos persoonlike welvaart bydra tot die welvaart van familie, vriende en die breër gemeenskap, word dit ook beskou as die antwoord op hongersnood, behuisingsnood, armoede en ongeregtigheid die hoop vir n beter wêreld van veiligheid en vrede. Maar die mensdom is besig om hierin te misluk. Ons tegnologieë, ons ekonomie en ons sosiale aspirasies is swak belyn met enige sinvolle uitdrukking van welvaart. Die visie van die sosiale proses wat aangespoor word deur n voortdurende toename in materiële goedere, is fundamenteel nie volhoubaar nie. In ons daaglikse soeke na die goeie lewe is ons sistematies besig om die basis van ons toekomswelvaart te erodeer. Ons loop die gevaar om ons vooruitsig op n gedeelde en volhoubare welvaart te verloor. Onder andere gaan dit oor ons aktiwiteite, ons menslike natuur en die beperkings van ons ekologie. Die mensdom sal ernstig aan hierdie beperkings moet aandag gee.

2 Die kernvraag is hoe welvaart moontlik is in n wêreld onder druk, met beperkte hulpbronne en n bevolking wat binne dekades meer as nege miljard sal wees. Die algemene benadering is om mikpunte vir welvaart in ekonomiese terme te stel en om voortdurende ekonomiese groei as die metode te beskou om dit te bereik. Hoër inkomstes beteken meer keuses, ryker lewens en n beter kwaliteit van lewe vir die wat daarin deel. Of dit is in elk geval die konvensionele wysheid. Die benadering word gebaseer op n toename in die bruto binnelandse produk (BBP) per kapita, wat breedweg n maatstaf is om die ekonomiese aktiwiteit van n staat of streek te meet. BBP groei is daarom oor die laaste dekades een van die belangrikste beleidsdoelwitte in die wêreld. Dit is sekerlik noodsaaklik vir die wêreld se armste lande. Maar geld dieselfde logika vir die ryk lande of die ryker deel van ontwikkelende lande? In hulle geval word oorlewingsdoelwitte meer as bevredig en die oormaat van verbruikersgoedere dra min by tot materiele gemak. Die outeur meld: In a world of finite resources, constrained by strict environmental limits, still characterised by islands of prosperity within oceans of poverty, are ever increasing incomes for the already rich really a legitimate focus for our continued hopes and expectations? Or is there perhaps some other path towards a more sustainable, a more equitable form of prosperity? Ons sal weer en weer na hierdie vraag terugkeer, maar vir baie ekonome is die idee van welvaart sonder ekonomiese groei totaal ondenkbaar. Welvaart is egter nie sinoniem met inkomste en besittings nie; toename in welvaart is nie dieselfde as ekonomiese groei nie; meer is nie altyd beter nie. Die konsep van ekonomiese groei en die illusie van toename in welvaart met ekonomiese groei is n moderne konstruk. In die verlede was welvaart nie spesifiek in terme van geld gedefinieer nie; dit was eerder die teenpool van bedreigings en beperkings (adversity & affliction). Ekonomiese groei het ook sy voordele op n baie ongelyke manier gelewer. Die armste 20% van die wêreld se bevolking verdien slegs 2% van die inkomste en die rykste 20%, in teenstelling, 74%. Enige sinvolle visie van welvaart moet die saak van limiete of grense aanspreek. Hoe en vir hoe lank is voordurende groei moontlik voordat die ekologiese grense van n eindige planeet bereik word? Kommer oor fisiese beperkings bestaan al vir lank. Talle studies oor die onderwerp is die laaste dertig jaar gedoen en telkens het dit groot opspraak verwek (Malthus, Club of Rome, peak oil, IEA). Baie van die stemme is weldra verkeerd bewys as gevolg van die enorme verbeterings in tegnologie. Fig 1.1 is n teoretiese diagram van die groei van ekologiese implikasies en die grootte van die ekonomie oor tyd indien

3 elk afsonderlik getoon word. Maar die een het n invloed op die ander en ekonomiese groei sal ook omkeer wanneer die ekologiese afswaai plaasvind. In die figuur links is die effek van beperkings op die voorsiening van sekere kommoditeite waarneembaar in die prysindekse van ru-olie, voedsel en metale oor die 2003 tot 2008 periode, en ook die drastiese afname in 2008 soos die wêreld se ekonomie teruggetrek het as gevolg van die globale depressie. Indien almal hulpbronne gebruik teen die helfte van die tempo van die VSA, sal die wêreld se minerale in vier dekades opgebruik word. Teen dieselfde tempo sal hulle in twintig jaar uitgeput wees en sommige skaars metale reeds oor binne tien jaar. Maar die bronne is maar n deel van die probleem. Bykomend tot die probleem is die orde van die wêreld se besoedelingsprodukte. Omgewingsekonome praat van ontvangers (sinks) as die vermoë van die planeet om die omgewingsimpak van ekonomiese aktiwiteite te ontvang of eerder te assimileer. Bill McKibben meld: Even before we run out of oil, we re running out of planet. Klimaatsverandering is een van die groot ontvangerprobleme. Talle studies is en word hieroor gedoen en in talle kringe word die noodsaak reeds aanvaar om koolstofvrystellings tot 450 dele per miljoen (dpm) te verminder ten einde die klimaat van die wêreld te stabiliseer. Hierdie mikpunt is nodig om die gemiddelde toename van die aarde se temperatuur tot 2C te beperk. Die implikasie is dat die wêreld se koolstofvrystellings drasties beperk moet word. Klimaatsverandering is een van die groot ontvangerprobleme. Talle studies is aan die gang en in groeiende kringe word die noodsaak reeds aanvaar om koolstofvrystellings te beperk ten einde die klimaat van die wêreld te stabiliseer. Die mikpunt is n beperking tot 450 dele per miljoen (dpm) wat nodig sal wees om die gemiddelde toename van die aarde se temperatuur tot 2C te beperk. Die mikpunte impliseer n drastiese vermindering in koolstofvrystellings wêreldwyd. 2 Die era van onverantwoordelikheid Die bankkrisis van 2008 het die wêreld op die grens van n finansiële krisis gebring en die dominante ekonomiese model tot in die fondamente geskud. Dit het die grense tussen die mark en die staat geherdefinieer en die wêreld geforseer om sy onvermoë ten opsigte van finansiële en, meer nog, omgewingsvolhoubaarheid te besef. Die talle storms, siklone en

4 tsunamis sedertdien is ook sterk aanduiders van die onvolhoubaarheid van ons huidige ekostelsel. Die rol van skuld, beide van die individu en die staat, het opvallend geword. Dit is aangehelp deur die voordurende proses van ekonomiese groei en verbruikers se houding van spandeer vandag en betaal môre, ook die beginsel dat n kapitalistiese ekonomie skuld nodig het om te kan groei. Die grafiek hiernaas toon byvoorbeeld dat persoonlike skuld in die VK die vorige twee dekades vanaf 60% tot 105% van BBP toegeneem het en die huishoudelike spaarkoers van 11% van besteebare inkomste na -1% afgeneem het. Die skuld van die openbare sektor is n lening van die private sektor en wissel aansienlik tussen lande. Frankryk, Duitsland, Kanada en die VSA se publiekesektor-skuld is ongeveer 60% van die BBP, Italië en Japan s n is meer as 100%. Noorweë het geen skuld nie; die land het enorme finansiële bates. Publiekesektor-skuld styg aansienlik in krisistye, veral in oorlogstyd. Dit is ook die geval wanneer n finansiële krisis ervaar word; lande leen geld om hulle ekonomie te stimuleer. Die blindheid in die regulering van die finansiële markte gaan saam met die onvermoë om natuurlike hulpbronne te beskerm en ekologiese skade te stop. Ons ekologiese skuld is net so onvolhoubaar soos ons finansiële skuld. Nie een hiervan word behoorlik verreken in ons voordurende proses van verbruiksgroei nie. 3 Herdefiniëring van welvaart Is daar n alternatiewe visie van welvaart, een waarin mense kan floreer, wat groter sosiale kohesie, hoër vlakke van geluk en drasties verminderde materiële impak op die omgewing in die hand werk? n Vinnige literatuuroorsig toon dat daar n hele paar alternatiewe visies vir welvaart bestaan. Sommige kom vanaf die sielkunde, filosofie en geskiedenis van die ekonomie, ander van sekulêre of godsdienstige wysheidstradisies. Maar reeds sedert Aristoteles word aanvaar dat iets meer as materiële goedere nodig is vir die mens om te floreer. Daar is drie verskillende kandidate as konsep van welvaart soos geformuleer deur Amartya Sen in sy baanbreker opstel oor die standaard van lewe wat in 1984 gepubliseer is. Welvaart as oorvloed (opulence): Dit is die heersende siening dat welvaart die bevrediging van materiële behoeftes behels. Dit is maklik om in te sien dat die meer is beter -siening vals is; dit bots ook met ekonomiese teorieë.

5 Welvaart as utiliteit: Anders as om op die volume van kommoditeite wat beskikbaar is te fokus gaan dit oor die bevrediging wat dit bring. Die gebruik van materiële kommoditeite word meer en meer sosiaal en sielkundig aangewend as suiwer materieel. In die verlede kon die stand van welvaart moeilik in die basiese behoeftes voorsien, selfs in die mees welgestelde lande. Vandag voorsien gebruiksgoedere ons van identiteit, ondervinding, n sin van behoort, betekenis (meaning) en hoop. Spandering word as n plaasvervanger vir hierdie utiliteit gesien en versterk dus die benadering dat die BBP n sinvolle maatstaf vir welstand is. Daar is talle argumente vir en teen die siening wat ek nie hier sal bespreek nie. Die diagram hieronder toon dat lewensbevrediging vinnig toeneem met n toename in BBP per kapita, maar vanaf ongeveer $10,000 is die toename heelwat stadiger. Die Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot n mate die boodskap dat dit nie sinvol is om met ekonomiese groei weg te doen nie, maar dat dit nodig is vir ontwikkelde lande om vir groei in ontwikkelende lande ruimte te maak. Welvaart as instaatsteller (capability) vir florering (flourishing): Sen formuleer n standaard van lewe wat dit moontlik maak om as mens te floreer. Word hulle goed gevoed? Kan hulle warm bly; is hulle vry van voorkombare morbiditeit; lewe hulle lank; kan hulle aan die lewe van die gemeenskap deelneem; kan hulle in die openbaar verskyn sonder skaamte; kan hulle sinvolle werk kry; kan hulle hulle skoolopleiding gebruik, ensovoorts? Voortdurende groei word beperk deur drie kritiese faktore: (i) die eindige aard van natuurlike hulpbronne waarsonder lewe op aarde nie moontlik is nie (energie, minerale, hout, water, grond, ens.); (ii) die regenererende kapasiteit van ekostelsels, die diversiteit van spesies en die integriteit van die atmosfeer, bolaag en oseane, en (iii) die skaal van die wêreldbevolking. 4 Die dilemma van groei Welvaart gaan nie net oor inkomste nie. Toename in welvaart is nie dieselfde as ekonomiese groei nie, maar dit alleen verseker nie dat welvaart sonder groei moontlik is nie. Daar is n

6 moontlikheid dat voordurende ekonomiese groei wel n nodige voorwaarde vir blywende welvaart is. Daar is drie sake wat hier van belang is: 1. Oorvloed (opulence) is n nodige voorwaarde vir welvaart: Bronne is nodig om te kan deelneem aan die lewe in die gemeenskap. Verbruiksgoedere voorsien n simboliese taal waarmee ons voortdurend met mekaar kommunikeer oor nie net die basiese dinge nie maar ook dit wat regtig saak maak soos familie, vriendskap, sin van behoort (sense of belonging), gemeenskap, identiteit, sosiale status, sinvolle en doelgerigte lewe. 2 Ekonomiese groei korreleer redelik goed met sekere basiese behoeftes soos gesondheid en opleiding, veral met relatief lae waardes van BBP per kapita. Die grafieke hieronder toon korrelasies van verskillende lande as funksie van BBP per kapita en kom vanaf opnames wat die United Nations Development Programme op n gereelde basis doen. 3 Groei is nodig om ekonomiese en sosiale stabiliteit te handhaaf: n ekonomie wat misluk, vermeerder die risiko van menslike verlies (humanitarian loss). Dit is opmerklik dat daar groot verskille tussen lande is soos in hulle hantering van hierdie tipe van krisis, wat verklaar kan word aan die hand van die sosiale struktuur. 5 Die mite van ontkoppeling Die konvensionele siening oor die dilemma van groei is n appèl op die konsep om die ekonomie te ontkoppel van die verbruik van hulpbronne en omgewingsimpak. As gevolg van produksie en tegnologiese verbeterings word ekonomiese uitset minder afhanklik van die deurset van materiale en op dié manier kan groei voortgaan sonder om ekologiese grense te oorskry. Dit is nodig om tussen relatiewe ontkoppeling (afname in hulpbron-intensiteit per eenheidsuitset) en absolute ontkoppeling (hulpbrongebruik neem af) te onderskei. Heelwat vordering word gemaak in veral die ontwikkelde ekonomieë met relatiewe ontkoppeling in hulpbrongebruik en CO2 vrystelling per eenheid van BBP persoos hieronder getoon.

7 Absolute ontkoppeling is veel moeiliker. Koolstofintensiteit het bv. vanaf 1970 met 80% afgeneem, tog is vrystellings in 2008 50% hoër as in 1990 (sien diagram onder, links). Die figuur regs toon min ontkoppeling van enige aard in die wêreld se gebruik van primêre metale waar die gebruik van almal amper toeneem soos die wêreld se BBP toeneem. Die rekenkunde van groei toon n kommerwekkende situasie. Die vrylaat van CO₂ in 2007 was 30 miljard ton. Ten einde die 450 dpm stabiliseringsteiken in 2050 te bereik moet CO₂ vrylatings na 4 miljard ton per jaar verminder word, n afname van 4.9% per jaar teenoor die 2% per jaar toenname vanaf 1990. Hierdie toename word veroorsaak deur bevolkings- en ekonomiese groei. Dit is duidelik dat n tradisonele sakebenadering (business as usual) totaal onvoldoende is om die probleem aan te spreek. Vrae wat ons kan vra, is of die mensdom werklik armoede wil uitskakel; is ons ernstig oor koolstofvrystellings; is ons bekommerd oor die opverbruik van hulpbronne, ontbossing, verlies aan biodiversiteit, ensovoorts. Of is ons so verblind deur konvensionele wysheid en die goeie lewe dat ons nie kans sien om hierdie berekenings te doen nie uit vrees dat ons nie van die ware feite sal hou nie? Hierdie aktiwiteite behels drastiese transformasie van talle stelsels, soos energievoorsiening en verbruik, en daarmee saam die kapitaal om dit te ondersteun. 6 Die ysterkou van konsumerisme

8 Die struktuur van moderne kapitalistiese ekonomie behels twee interafhanklike eienskappe wat deel is van die groeidinamiek. Aan die een kant stimuleer die winsmotief nuwer, beter en goedkoper produkte en dienste deur middel van n deurlopende proses van innovering en kreatiewe vernietiging. Aan die ander kant word die toenemende verbruikersvraag van hierdie dienste deur n komplekse sosiale logika aangedryf. Hierdie twee faktore saam dryf die groeienjin wat moderne ekonomieë benodig en bind ons almal vas in die ysterkou van konsumerisme. Kapitalisme is nie n enkele homogene entiteit nie; dit bestaan in verskillende vorme en variëteite. Ons kan twee hoofstrome identifiseer: (i) liberale markekonomieë soos die VSA en VK (nieu-kapitalisme) en (ii) gekoördineerde markekonomieë soos Duitsland en Denemarke in die vorm van sosiale demokrasieë. Die eerste plaas meer klem op die mag van die liberale gedereguleerde mark en die tweede lê klem op sterker sosiale institusies en beter strategiese verbintenisse. Basies is verbruikerskapitalisme verbasend eenvoudig soos deur die enjin van groei in die diagram links getoon word. In die breë gebruik firmas arbeid en kapitaal om goedere en dienste te produseer wat in huishoudings benodig of begeer word. Hierdie vereenvoudigde diagram toon nie die openbare (staat), die buitelandse en finansiele sektore nie. Hulle is almal essensieel om die stelsel te laat funksioneer. Van groot belang is die relatiewe prys en produktiwiteit van arbeid en kapitaal. Daar was die afgelope dekade groot kommer oor die produktiwiteit van arbeid in Europa en ook die veranderlike wat nie maklik hanteer word nie, naamlik die ure wat arbeiders per week werk. In n globale wêreld kompeteer hierdie sake met dié van ander lande en streke. Daar is n algemene tendens in die kapitalistiese ekonomie van n verbeterde arbeidsproduktitwiteit. Dit beteken dat dieselfde hoeveelheid goedere en dienste deur minder mense geproduseer word en dat die siklus afwaartse druk op diensverskaffing plaas wat net verlig word as uitset styg. Doeltreffendheid dryf dus letterlik groei voorwaarts. Nuutheid (novelty) speel n kernrol in die sosiale proses van verbruikersaankope wat selfs n plaasvervanger word vir ons drome en aspirasies en ons op n diep eksistensiële vlak raak oor wie ons is en wat ons lewens beteken. Jackson skryf: It s an anxcious and ultimately pathological system. But at one level it works. The relentless pursuit of novelty may undermine well being. But the system remains economically viable as long as liquidity is preserved and consumption rises. It collapses when either of these stalls. 7 Die nuwe groenooreenkoms

9 Een van die opmerklike aspekte van die 2008 finansiële krisis was die konsensus om ekonomiese groei te stimuleer. Die oproep was vir meganismes om verbruikerspandering aan die brand te skop. Een opsie wat oorweeg was, was n massiewe program vir publieke werke as n groen stimulus ten opsigte van energiesekuriteit, lae koolstof-infrastruktuur en ekologiese beskerminsgmaatreëls. Talle lande het hierdie tipe van aktiwiteite in werking gestel, maar nie op die skaal wat n groot verskil aan die omgewing sou maak nie. In Februarie 2009 was die stimulus-spandering $2796 miljard, waarvan groen aktiwiteite $436 mjd of 15.6% behels het. Die idee van n groen stimulus het baie sterk punte. Belegging in n oorgang na n nuwe volhoubare ekonomie is noodsaaklik. Die teiken van stimulusspandering vir hierdie doel maak baie sin. Stimulus-aksies vir hulle wat min het moet ook verwelkom word. n Ongelukkige gemeenskap is n angstige gemeenskap wat alte maklik geld spandeer wat min tot geluk bydra, maar wat aansienlik tot onvolhoubare hulpbronspandering bydra. 8 Ekologiese makro-ekonomie Die doel is die soeke na n nuwe makro-ekonomiese model en struktuur waar stabiliteit verkry word sonder n voordurende groei van die ekonomie. Wiskundige modelle word gebruik om makro-ekonomiese veranderlikes en beleidsopsies te ondersoek. Die doel is om so n model te ontwikkel wat hulpbronverbruik en omgewingsimpak insluit. Dit is nie n eenvoudige taak nie omdat talle van die tegnologiese en hulpbronveranderlikes nie bekend is nie en die data om hulle te ontwikkel nog nie versamel is nie. Een van die resulate sal wees die ontwikkeling van n ander groeienjin, gebaseer op nie-besoedelende energiebronne, wat nie-materiële dienste verkoop en nie-besoedelende produkte verbruik. 9 Oorvloed binne grense Peter Victor, n Kanadese ekologiese ekonoom, het n simulasiemodel ontwikkel en getoets ten einde te bepaal of n lae- of geengroei-scenario in Kanada moontlik is (sien figuur hiernaas). Sy werk is omtrent die enigste van hierdie aard en n waardige eerste stel treë op die pad van die ondersoek van n nuwe ekologiese makro-ekonomie. Om n nuwe ekonomie daar te stel is een saak, maar die sosiale logika van verbruik (consumerism) is net so belangrik. Welvaart is nie sinoniem met materiële besittings nie. Dit gaan eerder oor ons vermoë om fisies, psigologies en sosiaal te gedy (flourish), dus om ten volle aan die lewe van die gemeenskap deel te neem. Materiële goedere voorsien n essensiële taal waardeur ons met mekaar kommunikeer oor daardie dinge wat regtig saak maak: familie, identiteit, vriendskap, gemeenskap, lewensin. Maar hier is n paradoks: Indien deelname regtig dit is wat nodig is, en materiële goedere die taal daarvoor voorsien,

10 dan behoort ryker gemeenskappe meer bewyse hiervan te gee. Maar die teendeel is waar. Putnam se boek Bowling Alone gee konkrete bewys van die verval van gemeenskappe in die VSA. Dit lyk asof die Weste in n greep van sosiale resessie is. Welvaart, in enige betekenisvolle sin van die woord, is in gevaar nie weens die ekonomiese resessie nie, maar weens die voordurende golf van materialisme en weens die ekonomiese model wat dit veroorsaak. Verandering is essensieel. Daar is in die verlede baie klem op kleinskaal aktiwiteite (Small is Beautiful) gelê, ook aktiwiteite buite die konvensionele markte. Navorsing gee voorbeelde van aktiwiteite wat teen die heersende golf van konsumerisme ingaan en minder tyd aan materiële aktiwiteite gee soos tuinmaak, stap, genot van lees en musiek, die sorg en omgee vir ander. Sommiges is gewillig om minder te verdien om hierdie dinge te kan doen. Daar is ook n aantal nuwe doelbewuste inisiatiewe om eenvoudiger en meer volhoubaar te leef (living more simply), in harmonie met Gandhi se mantra van live simply, that others might simply live. Elgin druk dit uit as n lewe... that is outwardly simple, yet inwardly rich as the basis for revisioning human progress. Individuele pogings om so te leef is natuurlik meer moontlik om in n ondersteunende gemeenskap te slaag. Waar talle elemente van die huidge struktuur materiële aktiwiteite en vermorsing aanmoedig (soos die subsidiëring van private vervoer en energievoorsiening, min klem val op aanvraagbestuur, die weggooi van afvalprodukte wat maklik en goedkoop is en hersirkulering wat tyd en moeite behels), kan bogenoemde strewes natuurlik nie n groot bydrae maak sonder dat strukturele verandering plaasvind nie. Net so belangrik is die subtiele maar dikwels skadelike seine wat deur regerings, reguleerders, finansiële instansies, die media en onderwys uitgestuur word. n Deel van hierdie saak is die geweldige ongelykheid tussen mense en groepe. Wilkinson en Pickett het die groot skade wat deur ongelykheid veroorsaak word, soos in die diagram links getoon, bepaal. Die horisontale skaal is inkomste-ongelykheid en die vertikale skaal n omgekeerde indeks van gesondheid en sosiale probleme. n Deel hiervan is die struktuur van besoldiging waar kompeterende en materialistiese uitkomste beloon word, selfs wanneer hulle sosiaal skadelik is. Indien die geweldige inkomsteverskille aangespreek word, sal dit n sterk sein uitstuur van daardie dinge wat n gemeenskap as belangrik ag. Beter erkenning aan hulle wat gemoeid is met kinder-, oumens-, ongeskiktheidsorg of vrywillige werk kan die balans van aansporings wegskuif van statuskompetisie na n meer samewerkende en altruïstiese gemeenskap.

11 10 Regeerkunde (governance) vir welvaart Hierdie saak raak ook die rol van die staat. Daar is talle skole oor meer en minder staatsinmenging in die ekonomie. Maar die staat het n kernrol, byvoorbeeld ten opsigte van die sosiale logika van dienste- en goedereverbruik. Beleidmakers het n rol, moontlik teensinnig, in die vorming van mense se waardes en aspirasies. Ook die opvoedingsektor stuur talle seine uit. Dit gaan oor die gebruik van ekonomiese aanduiders, aankoopbeleid, fisiese beplanning, die invloed van loonbeleid, beskikbaarheid of nie van produkstandaarde, regulering van advertensies, die media en ondersteuning van plaaslike en geloofsgroepe. Met al hierdie sake is beleid die medeskepper van die sosiale wêreld. Die idee dus dat die staat die reg het om in te tree om die sosiale logika van konsumerisme te help vorm is soms minder problematies as wat dit dikwels vertolk en toegepas word. Dit gaan oor die balansering van individuele vryheid teenoor algemene voordeel (common good). n Deel van die probleem is natuurlik die een van selfsug. Maar daarteen moet gestel word die houding van baie mense ten opsigte van altruïsme. Ons almal beleef soms skeurende konflik tussen die twee pole. Schwartz het goeie navorsing gedoen oor Selfsug versus Selftransendensie en Oopheid vir verandering versus Konservatisme. Die sosiale struktuur moet die balans bepaal. Dit is nodig dat ons vrae vra oor die institusies wat die moderne gemeenskap karakteriseer. Moedig hulle kompetisie of samewerking aan? Beloon hulle selfsug of mense wat ander dien/bedien? Watter seine stuur die staat, skole, media, geloofs- en gemeenskapsorganisasies uit? Dit lyk al meer asof die institusies van die verbruikersgemeenskap ontwerp is om n baie materialistiese individualisme aan te moedig, ook met die opneem van unieke (novel) produkte, aangesien dit die huidige ekonomie aan die gang hou. Ek het reeds gemeld dat daar meer as een soort van kapitalisme bestaan. Ongelykheid is opvallender in liberale as in gekoördineerde markekonomieë. In die eerste geval het die sin vir spaar dramaties oor die afgelope jare afgeneem en skuld toegeneem. Die figuur hiernaas toon van hierdie verskille ten opsigte van werkloosheid vir vier lande. Onlangse ondersoeke dui daarop dat die verskillende tipes van kapitalisme ook anders funksioneer ten opsigte van ekologiese impak, geleenthede vir vaardigheidsopleiding en verskeie aspekte van sosiale kapitaal. Tim Kasser toon aan dat liberale markekonomieë hoër koolstofvrylatings per kapita het, hoër kindersterftes, hoër tiener swangerskappe en meer mense wat rapporteer dat hulle soos buitestaanders voel.

12 Die kernrol van die staat is om te sorg dat korttermyn private belange nie langtermyn openbare goedere ondermyn nie. Dit is daarom so tragies dat talle regerings, veral in die liberale omgewings, voorrang aan die ondersteuning van onbeperkte verbruikersvryheid gee. In baie gevalle is verbruikersvryheid verhef bo sosiale doelwitte en die aktiewe uitbreiding van die mark aangemoedig bo verskeie oorwegings van lewensbelang. Soms word dit hand aan hand bedryf met die behoefte om sosiale en omgewingsdoelwitte aan te spreek n voorbeeld van institusionele skisofrenie. Sterk leierskap is noodsaaklik en slegs die staat kan dit voorsien. Maar die dilemma tussen groei en die beskerming van die omgewing bestaan en keuses sal gemaak moet word. Die afgelope halfeeu het in n negatiewe rigting beweeg deur die ondersteuning van materialistiese individualisme en die najaag van nuwe verbruikersgiere (novelty). 11 Die oorgang na n volhoubare toekoms Daar is twee benaderings om hierdie probleem aan te spreek: (i) Rewolusie. Sommiges sê, kom ons eindig kapitalisme, verwerp globalisering, ondermyn korporatiewe mag, raak van korrupte regerings ontslae, takel ou institusies af en begin nuut. Dit bevat groot risikos, want die spektrum van barbarisme staan sterk. Of (ii) die pynlike proses van sosiale transformasie waarvan die skaal massief is. Om die spesifieke stappe van sosiale transformasie uit te lê is nog nie moontlik nie. Daar moet nog baie opsies ontleed en gedebatteer word. Basies is drie hoofstappe nodig: Stap 1: Stel vas wat die limiete is. Stel hulpbron en vryslatingsgrense op (caps) en bepaal verminderde teikens in die toekoms. In die proses moet die model van terugtrekking (contraction) en konvergensie beskou word om n model van gelyke toelatings per kapita onder n ekologiese bogrens vas te stel wat konvergeer na n volhoubare vlak. Dit geld vir koolstof, verbruik van skaars nie-hernubare hulpbronne, produksie van afval, die verbruik van grondwater en hernubare bronne. Fiskale hervorming vir volhoubaarheid deur die internalisering van eksterne kostes, soos n koolstofbelasting in n belasting-neutrale vorm. Ondersteuning van n ekologiese oorgang in ontwikkelende lande om voorsiening te maak vir noodsaaklike groei, maar dit moet ook volhoubaar wees. Dit behels finansiering soos tans deur die Global Environmental Facility om belegging in nuwe tegnologie en prosesse met lae hulpbrongebruik moontlik te maak. Stap 2: Ontwikkel n nuwe ekonomiese model. Dis essensieel om n ekologiese makro-ekonomiese model te ontwikkel wat begrip bevorder vir die gedrag van n ekonomie wat onderworpe is aan streng vrylating en hulpbronverbruikslimiete; daarmee saam ook begrip vir hoe ekonomieë funksioneer met

13 verskillende konfigurasies van verbruik, belegging, arbeidsbenutting en produktiwiteitsgroei. Belegging in werkgeleenthede, bates en infrastruktuur word n kernsaak in die basisvorming vir n nuwe ekologiese makro-ekonomie. Daar is tans duidelike fokussse, soos die opgradering van geboue, tegnologieë vir hernubare energie, n herdefiniëring van die elektristeitsnetwerk (smart grid), infrastruktuur vir openbare vervoer, openbare ruimtes (voet-/fietspaaie, groen areas, biblioteke, ens.), ekostelsel-onderhoud en - beskerming. Verbetering van finansiële en fiskale verantwoordelikheid (prudence). Vermindering van skuld, beter regulering van nasionale en internasionale finansiële markte, beperking van destabiliserende markpraktyke, uitskakeling van buitensporige besoldiging en groter aansporing om te spaar. Wysiging van nasionale rekeninge. Tans is die kernfokus slegs die BBP wat n aanduiding is van hoe besig n ekonomie is, maar dit meet nie die ekonomiese gesondheid en baie ander dinge nie. Talle ondersoeke is hieroor gedoen en werk is aan die gang, maar die tyd is ryp vir n beter metodiek vir die opstel van nasionale rekeninge, om meer volledig en konkreet die werklike prestasie van die ekonomie te meet. Stap 3: Verander die sosiale logika. Die ontwikkel van n nuwe beleid oor werksure. Dit sluit in korter werksure of verdeling van beskikbare werkgeleenthede met laer besoldiging. Die regstel van sistemiese ongelykheid in besoldiging. Hier kan veranderde belastingstrukture, minimum en maksimum besoldiging, beter toegang na kwaliteit opleiding, wetgewing teen diskriminasie, anti-misdaadaksies en die verbetering van plaaslike fisiese omgewings in lae-inkomstegebiede (deprived) nuut oorweeg word. Die meet van vermoëns en voorspoed (flourish). Hoe kan mense die beste ondersteun word om te gedy, veral deur die meet van uitsetveranderlikes soos lewensverwagting, deelname aan opleiding, vertroue (trust), gemeenskapsveerkragtigheid (resilience) en gemeenskapsdeelname. Die versterking van sosiale kapitaal. Dit behels die ontwikkeling van menslike en sosiale vermoëns en openbare ruimtes ten einde gemeenskapsdeelname te laat gedy; nuwe inisiatiewe oor gemeenskapsvolhoubaarheid; vermindering van geografiese arbeidsmobiliteit; opleiding vir groen werkgeleenthede; beter toegang tot lewenslange opleiding en vaardigheidsontwikkeling; groter verantwoordelikheid ten opsigte van beplanning in plaaslike hande plaas; beskerming van plaaslike radio; museumfinansiering; biblioteke, parke en groen spasies. Aansporingstrukture en advertensieriglyne om die kultuur van konsumerisme af te takel; sones vry van kommersiële aktiwiteite, veral vir kinders; sterker verhandelingstandaarde om werkers en verbruikers te beskerm. n Deel hiervan is die wegbeweeg van die huidige benadering van die beplande veroudering van produkte.

14 Baie van hierdie sake is teenwoordig in die meer komplekse stelseldiagram van die ekonomiese enjin hiernaas, waarmee beter vordering na blywende welvaart gemaak kan word. 12 Blywende welvaart Die wêreld het met n ernstige dilemma te doen. Om groei te beperk skep die risiko van ekonomiese en sosiale ineenstorting. Om groei aktief na te jaag skep ernstige gevare vir die ekostelsel waarop ons vir ons langtermyn oorlewing afhanklik is. Die dilemma is dat die saak grotendeels nie in hoofstroombeleid aandag kry nie, maar dit begin wel in die openbare debat al meer sigbaar word. Die enorme skaal van die taak word meerendeels nie erken nie. As voorbeeld in n wêreld met nege miljard mense wat na Westerse lewenstandaarde aspireer, moet die koolstofintensiteit van elke dollar van ekonomiese uitset 130 keer laer wees in 2050 as vandag. Nuwer inligting Daar is n aktiewe debat aan die ontwikkel oor hierdie en verwante onderwerpe, Dit sluit in die ekonomiese en politieke stelsels van die toekoms, geregtigheid, billikheid, verbruikersgedrag en natuurlik die fisiese omgewing. Onlangse bronne waarvan ek bewus is, wat almal dui op aansienlike verandering in die toekoms, is: The Upside of Down: Catastrophe, Creativity, and the Renewal of Civilization (2006) Thomas Homer-Dixon. The End of Growth: Adapting to our new economic reality (2011) Richard Heinberg. The Great Disruption: How the Climate Crisis will Transform the Global Economy (2011) Paul Gilding. Enough Is Enough: Building a Sustainable Economy in a World of Finite Resources (2013) Dietz & O'Neill. The Bubble and Beyond: Fictitious Capital, Debt Deflation and Global Crises (2012) Michael Hudson. Paper Promises: Money, Debt and the New World Order (2011) Philip Coggan. What Money Can t Buy: The Moral Limits of Markets (2012) Michael Sandel. The Spirit Level: Why more equal societies almost always do better (2009) Wilkinson & Pickett Justice: What s the Right Thing to Do? (2009) Michael Sandel. The Enigma of Capital and the Crises of Capitalism (2010) David Harvey. How Much is Enough? Money and the Good Life (2012) Robert & Edward Skidelsky.

15 Hierby moet natuurlik ook die baie inlgting gevoeg word wat op die internet beskikbaar is, soos: New Economics Foundation navorsing, beleidsanalise, gesprek. Baie hulpbronne op webblad van Equality Trust, www.equalitytrust.org.uk. Zeitgeist Movement, www.thezeitgeistmovement.com, ook tak in Suid-Afrika. Earth Policy Institute, nuutste boek is World on the Edge. SA Catholic Bishop s Conference: Justice and Peace Department En baie ander. Naskrif Die oorsaak van die probleem en moontlik ook die rede vir traagheid om te verander word waarskynlik heel effektief met hierdie aanhaling verklaar: The modern conservative... is engaged in one of man s oldest exercises in moral philosophy. That is the search for a superior moral justification for selfishness. (Aangehaal deur Paul Hawken in Blessed Unrest, 2007.) John Kenneth Galbraith