BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

G. J. du Preez

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Direkte en indirekte rede *

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

SIZA takes the sting out of auditing

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Lydenstyd en Paasfees

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Die belydenisuitspraak Kolossense 1: 13-20: Eenheid, struktuur en funksie

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Hoe om krag te spaar

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Tariewe

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

G. J. du Preez

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Tariewe

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Missionary Perspectives in the New Testament

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

Maand-Krant OKTOBER 2013

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Die sing van psalms in die erediens: Twintig jaar later

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Kerssangdiens. SA Gemeente

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

n Johannese Perspektief op die Huwelik, Geslagsrolle en Seksualiteit met die oog op n Nuwe Etiese Paradigma in n Postmoderne Konteks

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

Ellen White, die Adventiste Pioniers en die Lunar Sabbat

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Transcription:

Inleiding BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING Om spesiaal te fokus op die skepping in ons eredienste is n navolging van eeue oue tradisies in die Christelike godsdiens. Die geweldige ekologiese krisis dwing die welsyn van die skepping nie net aan ons aandag op nie, maar help ons ook om die ou tradisies weer nuut te ontdek en na te volg. Beide die Oosters Ortodokse en die Fransiskaanse tradisies uit die Rooms-Katolieke Kerk het vir honderde jare al n sensitiwiteit vir die skepping. n Ander Christelike tradisie wat ons help om die skepping geïntegreerd deel te maak van ons alledaagse lewe (die liturgie van die lewe) is die Keltiese tradisie. In hierdie tradisie is die skepping nie die stokperdjie van n groep nie en ook nie n tema wat soms aandag kry nie, maar n wesensdeel van die Christelike lewe. Die basisliturgie wat hier aangebied word is gebaseer op die Maandagoggend-liturgie van die Keltiese Gebedeboek: Gebedsritmes (Volume 1). Die ideaal is nie ten diepste n Seisoen van die Skepping nie, maar n 365-dae-lewe waarin Christene bewustelik en sensitief in liefde met die res van die skepping sal saamleef. En as gimnasium van die Christelike lewe is die erediens die plek waar hierdie lewe raakgesien en ingeoefen moet word. Daar is talle elemente in elke erediens wat die skepping spontaan teenwoordig maak. Ons hoef dus niks spesiaals of buitengewoon te doen om op die skepping te fokus nie. Ons moet net sensitief raak vir en aandag gee aan dit wat reeds daar is. Daar is voor die hand liggende elemente soos die water by die doop en die brood/ wyn/druiwesap by die nagmaal. Daar is ook elemente wat wesenlik is, maar wat ons meesal nie opmerk nie: die lig wat deur sonlig of ander bronne die erediensruimte verlig; rangskikkings of plante wat die planteryk verteenwoordig en lug wat deur oop vensters of lugreëlaars seker maak dat ons kan asemhaal. Baie gemeentes het die gebruik om kerse te brand. In die kerse is vuur ook aanwesig. Die natuur is die konteks waarbinne ons lewe dus ook aanbid. Die erediens moet ons help om dit te verstaan nie by geleentheid nie, maar deurgaans. Die hou van n Seisoen van die Skepping is egter n goeie begin. Tekste Datum 4 September 2016 Eerste Sondag 11 September 2016 Tweede Sondag 18 September 2016 Derde Sondag 25 September 2016 Vierde Sondag Tekste Jeremia 18:1-11 Psalm 139:1-6, 13-18 Filemon 1-21 Lukas 14:25-33 Jeremia 4:11-12, 22-28 Psalm 14 1 Timoteus 1:12-17 Lukas 15:1-10 Jeremia 8:18-9:1 Psalm 79:1-9 1 Timoteus 2:1-7 Lukas 16:1-13 Jeremia 32:1-3a, 6-15 Psalm 91:1-6, 14-16 1 Timoteus 6:6-19 Lukas 16:19-31 1

Die medewerkers aan hierdie seisoen het ooreengekom dat die fokustekste saam baie aktueel is vir die verbruikerskultuur wat die leefwyse van die meeste mense kenmerk. Dit is juis hierdie kultuur wat ook grootliks verantwoordelik is vir die ekologiese krisis wat ons beleef (vgl die artikel van Ernst Conradie net na die basisliturgie). Ons preekstudies probeer dus doelbewus die volgende vraag beantwoord: Hoe leef dissipels van Jesus Christus radikaal gehoorsaam in n kultuur van verbruik? Die fokustekste bied onder andere die metafoor van huishouding aan as beeld waarbinne ons oor die tekste nadink. n Verbruikerskultuur kenmerk ons menslike huishouding op aarde. Wat kenmerk God se huishouding? En hoe moet kinders van God se huishouding (navolgers van Jesus Christus) in n verbruikerskultuur lewe? Lukas 14:25-32 fokus op wat dit beteken om n dissipel van Jesus Christus te wees met ander woorde: Wat dit beteken om aan God te behoort. In die eerste brief aan Timoteus gaan dit om die aanleer van die regte gedrag in die gemeente. Die skrywer van die brief noem die gemeente die huisgesin van God wat die draer en beskermer van die waarheid is (1 Tim 3:15). Ons bied ons preekstudies as eenheid aan onder die volgende hooftema: Die evangelie vir dissipels van Jesus Christus in n kultuur van verbruik. Die fokustekste bied aan elke Sondag in dié seisoen die volgende subtemas: Lukas 14:25-32 Wie deel word van God se huishouding (dissipel is) moet leer om prys te gee. 1 Timoteus 1:12-17 God se huishouding is n saak van genade, geloof en liefde. 1 Timoteus 2:1-7 God se huishouding is inklusief. 1 Timoteus 6:6-19 Lede van God se huishouding is tevrede met en by God. Tydseie kenmerke Hier herhaal ek graag wat André Bartlett in die Woord en Fees riglyne vir 2012/2013 geskryf het en vul dit hier en daar aan. Kleure Blou, bruin, wit, groen en rooi. Gedagtes om liturgiese kreatiwiteit te stimuleer Op elkeen van die vyf Sondae kan agtereenvolgens simbole soos n glasbak met water, erdebak met grond, n aantal brandende kerse en n massa veel-kleurige blomme op die nagmaaltafel geplaas word. Gedeeltes van die liturgie soos die begin of einde (of die volledige erediens) kan in die buitelug gevier word. Indien n erediens spesifiek op bewusmaking van ekologiese kwessies gemik is, kan daar swart sakke uitgedeel word met die versoek dat lidmate dit gedurende hierdie tyd sal gebruik om rommel in hulle omgewing op te ruim. Herwinningshouers kan op die kerkterrein geplaas word sodat lidmate herwinbare afval daarin kan plaas. Dit kan baie sinvol as projek deur die kinders in die gemeente aangepak word. Blomme en ander produkte uit die natuur kan prominent in die liturgiese ruimte vertoon word, asook negatiewe beelde soos n uitgebrande stomp. Inligting aangaande spesifieke projekte kan tydens n omgewingsdiens gekommunikeer word. Feesdae Assisi-dag (4 Okt) wat sy oorsprong vind in die skeppingsfokus van die lewe en werk van Fransiskus van Assisi, kan aan een van die Sondae in die Seisoen van die Skepping gekoppel word. In verskillende kerke en kontekste word verskeie ander dae ook vir aspekte van die skepping gereserveer, byvoorbeeld die Wêrelddag vir Water (22 Maart), Wêreldomgewingsdag (5 Junie) Boomdag (5 September) en Wêreldkosdag (16 Oktober). Diensorde GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM Aanvangswoord Voorganger: God van die lewe, dit is U wat die dag roep om te breek en wat ons roep om saam met U te skep. Gemeente: U is die Rots uit wie die aarde gevorm is. U is die voedsel waarvan alle siele lewe. U is die kragbron uit wie alle energie vloei. U is die oorsprong van alles wat daar is. Danksegging Lees die psalm van die dag of gebruik die volgende danksegging. Eerste leser: Skepper-God, hoe groot is U! U beklee U met lig. U het die hemelkoepel soos n tent oop gespan. 2

Tweede leser: Eerste leser: Tweede leser: Eerste leser: Winde is u boodskappers. Vlamme is u dienaars. U laat dit reën sodat ons kan eet. Hoe talryk is u werke, o God. In wysheid het U alles gemaak. Die aarde is vol van wat U gemaak het, die see, groot en wyd, wemel van diere, klein en groot. Hulle is almal van U afhanklik. U gee hulle kos op die regte tyd. U gee die lewensasem en daar is lewe. Ook uit die grond laat U nuwe lewe Mag u heerlikheid nooit ophou nie. Mag U vir altyd bly wees oor wat U spruit. gemaak het. Tweede leser: Mag ons gedagtes altyd aan U plesier gee. Mag ons altyd in U vreugde hê. Lied oor die heerlikheid van die skepping Voorganger: Vir grond en see en lug in die harmonie van kleure sê ons dankie, o God. Voorganger: Vir die asem van die Ewige wat deur ons aardse bestaan waai, Voorganger Dat U u oneindige heerlikheid in ons tydelikheid kom uitstort, Voorganger Vir die glansryke natuur, diere wat groei, gesaaides wat ontkiem, voëls wat sing, die energie van die stad, Voorganger: Vir Hom wat U gestuur het om ons te herstel toe ons uit die goedheid van u skepping geval het, Voorganger Vir u Gees wat oor die onstuimige waters van ons lewe waai, en so vir ons heling en rus bring, Voorganger Dat U ons seën deur ons lewe volgens die ritme van u getye te laat vloei, Voorganger: Dat U elkeen van ons in die wentelbaan van U liefde plaas soos die sterre in die hemelruim, Amen (uit Ps 104). DIENS VAN DIE WATER Die sakramentele simbole (water, brood en wyn) verseker elke keer as ons dit gebruik dat die skepping as draer en fasiliteerder van die evangelie in die erediens teenwoordig is. Die Seisoen van die Skepping help ons om dit doelbewus aan te dui en toe te eien. Die bediening van die doop gee aan ons die geleentheid om aan te dui hoe water draer is van God se genadige liefde. Dit is noodsaaklik om raak te sien dat water as voorwaarde vir lewe nie net in die doop getuie van God is nie, maar ook in ons alledaagse gebruik daarvan. Skriflesing DIENS VAN DIE WOORD 3

Die lesing uit die Ou Testament vir die dag. Skuldbelydenis Voorganger Skepper en Verlosser, ons het die aarde uitgebuit vir selfsugtige redes, ons rug gedraai op die natuurlike siklusse van die lewe en vergeet dat ons u verteenwoordigers is. Daarom word die grond onvrugbaar, word die lug en water vuil, verdwyn spesies en verloor mense hulle menslikheid. Met berou kom ons na U toe. Daar kan n oomblik van stilte volg, spontane gebed, musiek/sang van berou of die volgende belydenis. Die gebede kan op spesifieke sake fokus van lyding in die skepping in die omgewing van die gemeente (bv renosterstropery en waterbesoedeling). Voorganger: Here, wees genadig. Gemeente: Christus, wees genadig. Voorganger: Here, wees genadig. Skriflesing Die teks uit die evangelie en fokusteks vir die dag word gelees. Geloofsbelydenis Ek glo, God Drie-enig, dat U die ewige Skepper is van alle lewe. Ek glo, God Drie-enig, dat U die ewige Vader van liefde is. Ek glo, o Here en God van alle mense, dat U die Skepper is van die hemele daarbo. Ek glo, o Here en God van alle mense, dat U my siel gemaak het en die patroon daarvan vasgelê het. Amen. Prediking/Oordenking Antwoord op die prediking deur n lied te laat sing. DIENS VAN DIE TAFEL Net soos in die doop gebruik Christus aardse skeppingselemente in die nagmaal om draers en fasiliteerders van God se genadige liefde te wees. Nie net om ons te help om die evangelie beter te verstaan en ons geloof te versterk nie, maar ook om ons te help om alle kos en drank te ontvang as heilige ontmoetings met God self. Water, brood en wyn is nie net in die sakramente heilige goed nie, maar ook daarbuite. Die sakramente help ons om ook nuut na God se skepping te kyk en om met verwondering en respek daarmee om te gaan. Voorbidding Bid een of meer van die volgende gebede. Voorganger: Dit weet ons: Die aarde behoort nie aan ons nie. Leser: Die aarde behoort aan God en so ook alle mense. Voorganger: Dit weet ons: Ons het nie die web van die lewe geweef nie. Leser: Die aarde behoort aan God en so ook alles wat asemhaal. Voorganger: Wat ook al met die aarde gebeur, gebeur met die seuns en dogters van die aarde. Leser: Die aarde behoort aan God en só sal ons dit dien. Seën alle werk wat vandag gedoen word 4

om die menslike familie te voed, te klee en te huisves; om te kan reis en wysheid te bekom, om te kommunikeer en handel te dryf, om kuns te beoefen en die lewe te vier. Mag alles u heerlikheid weerkaats. Voorganger: Here, u wat vir alles sorg soos n Vader; Ons wy aan u die waters en die woude, die grond en die lug, die plante en die diere, die tegnologie en die tekstiele van die wêreld. Gemeente: Mag ons rentmeesters wees van u skepping tot verheerliking van U en tot die voordeel van ons nageslag. Leser: Werker Christus, as ons ons werkplek binnegaan, help ons om u teenwoordigheid daar raak te sien. Rus ons toe om u vrede en volmaakte orde te bring. Herinner ons om u heerskappy te erken oor alles wat ons daar doen, dink en besluit. Skenk aan ons n onuitputlike voorraad waarheid en skoonheid om mee te werk. In afhanklikheid van die God van lewe mag ons die kosbare aarde koester: die aarde van die Vader van die lewe, die aarde van die Seun van die liefde, die aarde van die Gees wat heilig maak. In afhanklikheid van die God van lewe mag ons lewens vandag geseënd wees: die seën van die Vader van die lewe, die seën van die Seun van die liefde, die seën van die Gees wat heilig maak. Sang UITSENDING Seën Die Here seën die hemelruim bokant ons, die aarde onderkant ons, sy beeld diep binne-in ons, en die dag uitgestrek voor ons. Amen. (Gebaseer op The Celtic Prayer Book 2003, Volume One, Monday Morning Prayer, geskryf deur Ray Simpson met die vriendelike toestemming van Kevin Mayhew Ltd.) 5