Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Dekaan: Prof JP Hattingh MA, DPhil (Stell) JAARBOEK 2014 DEEL 4

Similar documents
Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Fakulteit Opvoedkunde

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Fakulteit Opvoedkunde. Dekaan: Prof M Robinson BA, HOD (Kaapstad), Drs Onderwijskunde (Leiden), MEd, DEd (UWK) JAARBOEK 2016 DEEL 6

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

BenguFarm Bestelvorm

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Inhoudsopgawe L.1 FAKULTEITSREËLS VIR DIE ONDERSKEIE KWALIFIKASIES...1 L.2 REËLS VIR DIE GRAAD HONNEURS BACCALAUREUS ARTIUM...10

HOëRSKOOL PORTERVILLE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LETTERE EN WYSBEGEERTE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

JAARBOEK 2006 FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE. DEKAAN [waarnemend] Prof. A.M. de Lange NAGRAADS EN GEVORDERDE DIPLOMA

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

FAKULTEITE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

Algemeen. Beleide en Reëls JAARBOEK DEEL 1

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Algemeen. Beleide en Reëls JAARBOEK DEEL 1

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

JAARBOEK Nagraads. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. DEKAAN Prof GJ de Klerk. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

SIZA takes the sting out of auditing

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

JAARBOEK 2010 FAKULTEIT REGTE VOORGRAADS & NAGRAADS. Potchefstroomkampus

JAARBOEK 2012 NAGRAADSE PROGRAMME. Vaaldriehoekkampus

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

INSKRYWINGSVORM

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

2016/17. Voorgraadse fakulteitsbrosjure.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Beurse en Lenings. Finansiële ondersteuning vir voorgraadse en nagraadse studente JAARBOEK DEEL 2

Mandala Madness Deel 2

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

JAARBOEK 2012 FAKULTEIT REGTE VOORGRAADS & NAGRAADS. Potchefstroomkampus

Die gebruik van letterkunde vir die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal op skool binne 'n taakgebaseerde benadering

JAARBOEK 2014 FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE NAGRAADSE PROGRAMME. Vaaldriehoekkampus

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

Uit Moerdijk se pen Man en Media

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

EERSTE WEERGAWE 2019

Direkte en indirekte rede *

RAADSLEDE / COUNCILLORS

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

GRAAD 12-PUNTE AS VOORSPELLER VAN SUKSES IN WISKUNDE BY N UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

Teologie. Voorgraadse fakulteitsbrosjure 2015/16.

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

JAARBOEK 2008 FAKULTEIT REGTE VOOR EN NAGRAADSE PROGRAMME. Potchefstroomkampus

JAARBOEK 2011 FAKULTEIT REGTE VOORGRAADS & NAGRAADS. Potchefstroomkampus

FAKULTEITE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK. Studentenommer toegeken:

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

OOP, GEMENGDE EN BETROKKE LEER AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die Laerskool Middelburg en n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL (T)

Beleid oor Botsing van Belange

BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

KOMMENTAAR OP DIE US BESTUUR SE KONSEP TAALBELEID EN DIE VOORSTAANDERS VAN GELYKE KANSE SE ALTERNATIEWE VOORSTEL VIR OORWEGING DEUR DIE US RAAD

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Tariewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

THE INFLUENCE OF THE SOUTH AFRICAN SCHOOLS ACT (1996) ON DISCIPLINE IN INTERMEDIATE SCHOOLS IN THE NAMAQUA DISTRICT OF THE NORTHERN CAPE PROVINCE

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Transcription:

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe Dekaan: Prof JP Hattingh MA, DPhil (Stell) JAARBOEK 2014 DEEL 4

Inhoudsopgawe Indeks van voorgraadse vakke... 6 1. Algemene Inligting... 9 2. Grade, Diplomas en Sertifikate in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe... 17 3. Algemene Toelatingsvereistes... 21 Baccalaureusgrade... 22 Baccalaureusgrade (2009 en verdere jare)... 23 Assessering en Erkenning van Vorige Leer (AEVL)... 23 Honneursgrade... 23 BPhil-grade... 24 Magistergrade... 24 PhD... 24 DPhil... 24 Diplomas en Sertifikate... 24 4. Fakulteitspesifieke Inligting... 25 Algemene bepalings vir Akademiese Steunprogramme (VGP s) en vroeë toetsing... 25 Akademiese klagteprosedure... 28 Algemene bepalings vir baccalaureusgrade, diplomas en sertifikate... 28 Algemene bepalings vir honneurs- en BPhil-grade en nagraadse diplomas... 29 Algemene bepalings vir magistergrade... 29 Algemene bepalings vir doktorsgrade... 29 Huishoudelike reglement vir Dekaansvergunningseksamen... 30 Aanvulling van modules/vakke deur Unisa... 31 Erkenning van vakke/modules/krediete elders verwerf... 31 Gelyktydige volg van meer as een jaargang van ʼn vak vir graaddoeleindes... 32 Hertoelatingsvereistes... 32 5.Vakkombinasies... 33 AFDELING A: Voorgraadse programme... 33 SERTIFIKAAT- EN DIPLOMAPROGRAMME... 35 Hoër Sertifikaat (Musiek) (eenjarig)... 35 Diploma (Praktiese Musiek) (driejarig)... 36 Gevorderde Diploma (Praktiese Musiek)... 40 BACCALAUREUSGRAADPROGRAMME... 42 BA (Geesteswetenskappe)... 42 BA (Sosiale Dinamika)... 53 BA (Taal en Kultuur)... 61 BA (Besluitneming en Kennisbestuur)... 71 BA (Drama- en Teaterstudie)... 78 BA (Internasionale Studie)... 81 B in Maatskaplike Werk... 83 BA (Menslike Hulpbronbestuur)... 85 BA (Musiek)... 88 BMus... 92 BA (Ontwikkeling en Omgewing)... 102 1

BA (Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studies (PPE))... 105 BA (Regsgeleerdheid)... 108 BA (Sosio-Informatika)... 111 BA (Sportwetenskap)... 115 BA (in Visuele Kunste)... 121 AFDELING B: Nagraadse Programme... 126 DIPLOMAPROGRAMME... 126 Nagraadse Diploma in Antieke Kulture... 126 Nagraadse Diploma in Besluitneming en Kennisdinamika... 126 Nagraadse Diploma in Dokumentanalise en -ontwerp... 127 Nagraadse Diploma in Interkulturele Kommunikasie... 128 Nagraadse Diploma in Kennis- en Inligtingstelselbestuur... 128 Nagraadse Diploma in Monitering en Evaluering... 130 Nagraadse Diploma in Musiektegnologie... 130 Nagraadse Diploma in Openbare Geestesgesondheid... 131 Nagraadse Diploma in Sosiaalwetenskaplike Metodes... 132 Nagraadse Diploma in Tegnologie vir Taalaanleer... 133 Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek... 134 Nagraadse Diploma in Tweedetaalstudie... 135 Nagraadse Diploma in Vertaling... 135 HONNEURSGRAADPROGRAMME... 137 HonsBA (Afrikaans en Nederlands)... 137 HonsBA (Afrikatale)... 138 HonsBA (Afrikatale vir Professionele Kontekste)... 139 HonsBA (Algemene Taalwetenskap)... 140 HonsBA (Antieke Kulture)... 140 HonsBA (Antieke Tale)... 141 HonsBA (Chinees)... 142 HonsBA (Drama- en Teaterstudie)... 142 HonsBA (Duits)... 143 HonsBA (English Studies)... 144 HonsBA (Filosofie)... 145 HonsBA (Frans)... 145 HonsBA (Geografiese Inligtingstelsels)... 146 HonsBA (Geografie en Omgewingstudie)... 147 HonsBA (Geskiedenis)... 148 HonsBA (Internasionale Studie)... 148 HonsBA (Politieke Wetenskap)... 149 HonsBA (Sielkunde)... 150 HonsBA (Sosiale Antropologie)... 152 HonsBA (Sosio-Informatika)... 152 HonsBA (Sosiologie)... 153 HonsBA (Vertaling)... 154 HonsBA (Visuele Kunste Illustrasie)... 155 HonsBA in Visuele Studies... 156 BPhil-GRAADPROGAMME (NAGRAADS)... 156 BPhil (Joernalistiek)... 156 2

MAGISTERGRAADPROGRAMME... 157 MA (Afrikaans en Nederlands)... 157 MA (Afrikatale)... 158 MA (Afrikatale vir Professionele Kontekste)... 159 MA (Algemene Taalwetenskap)... 160 MA (Antieke Kulture)... 161 MA (Antieke Tale)... 161 MA (Dokumentanalise en -ontwerp)... 162 MA (Drama- en Teaterstudie)... 162 MA (Duits)... 163 MA (English Studies)... 164 MA (Filosofie)... 165 MA (Frans)... 166 MA (Geografie en Omgewingstudie)... 167 MA (Geografiese Inligtingstelsels)... 167 MA (Geskiedenis)... 168 MA (Interkulturele Kommunikasie)... 168 MA (Internasionale Studie)... 170 MA (Joernalistiek)... 170 MA (Kliniese Sielkunde en Gemeenskapsvoorligting)... 172 MA (Kreatiewe Skryfkunde)... 173 MA (Leksikografie)... 174 MA (Politieke Wetenskap)... 174 MA (Sielkunde)... 175 MA (Sosiaalwetenskaplike Metodes)... 176 MA (Sosiale Antropologie)... 177 MA (Sosio-Informatika)... 177 MA (Sosiologie)... 178 MA (Tegnologie vir Taalaanleer)... 179 MA (Tweedetaalstudie)... 179 MA (Vertaling)... 180 MA in Visuele Kunste... 181 MA in Visuele Kunste (Kunsonderwys)... 182 MA in Visuele Studies... 183 M in Maatskaplike Werk... 183 M in Stads- en Streekbeplanning... 184 MMus... 185 MPhil (Besluitneming en Kennisdinamika)... 186 MPhil (Inligting- en Kennisbestuur)... 187 MPhil (Monitering en Evaluering)... 187 MPhil (Musiektegnologie)... 188 MPhil (Openbare Geestesgesondheid)... 189 MPhil (Stedelike en Streekwetenskap)... 190 MPhil (Toegepaste Etiek)... 191 MPhil (Studie van Wetenskap en Tegnologie)... 192 DOKTORSGRAADPROGRAMME... 193 PhD (Afrikaans en Nederlands)... 193 3

PhD (Afrikatale)... 194 PhD (Algemene Taalwetenskap)... 194 PhD (Antieke Kulture)... 195 PhD (Antieke Tale)... 195 PhD (Besluitneming en Kennisdinamika)... 196 PhD (Dokumentanalise en -ontwerp)... 197 PhD (Drama- en Teaterstudie)... 197 PhD (Duits)... 198 PhD (English Studies)... 199 PhD (Evaluasiestudie)... 199 PhD (Filosofie)... 200 PhD (Frans)... 200 PhD (Geografie en Omgewingstudie)... 201 PhD (Geskiedenis)... 201 PhD (Joernalistiek)... 202 PhD (Leksikografie)... 202 PhD (Maatskaplike Werk)... 203 PhD (Musiek)... 203 PhD (Politieke Wetenskap)... 204 PhD (Sielkunde)... 205 PhD (Sosiaalwetenskaplike Metodes)... 206 PhD (Sosiale Antropologie)... 206 PhD (Sosio-Informatika)... 207 PhD (Sosiologie)... 207 PhD (Toegepaste Etiek)... 208 PhD (Vergelykende Letterkunde)... 208 PhD (Vertaling)... 209 PhD (Visuele Kunste)... 210 PhD (Studie van Wetenskap en Tegnologie)... 210 Transdissiplinêre Doktorale Program Toegespits op Kompleksiteit en Volhoubaarheidstudies... 211 6. Module-inhoude... 212 Verklaring van nommeringstelsel en simbole... 212 Departement Afrikaans en Nederlands... 215 Departement Afrikatale... 219 Departement Algemene Taalwetenskap... 224 Departement Antieke Studie... 226 Departement Drama... 232 Departement Engels... 236 Departement Filosofie... 239 Departement Geografie en Omgewingstudie... 243 Departement Geskiedenis... 246 Departement Inligtingwetenskap... 248 Departement Maatskaplike Werk... 252 Departement Moderne Vreemde Tale... 254 Departement Musiek... 260 Departement Politieke Wetenskap... 289 4

Departement Sielkunde... 291 Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie... 293 Departement Visuele Kunste... 296 Metawetenskap... 303 Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (SENWET)... 304 Taalsentrum... 304 7. Navorsings- en Diensinstansies... 307 Humarga... 307 Sentrum vir Bybelinterpretasie en -Vertaling in Afrika... 308 Sentrum vir Gemeenskapsielkundige Dienste... 309 Sentrum vir Geografiese Analise (SGA)... 309 Sentrum vir Kennisdinamika en Besluitneming... 310 Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (SENWET)... 310 Sentrum vir Streeks- en Stedelike Innovasie en Statistiese Eksplorasie (CRUISE)... 311 Sentrum vir Strokies-, Illustratiewe, en Boekkuns... 312 Sentrum vir Teaternavorsing... 312 Sentrum vir Toegepaste Etiek... 313 5

Indeks van voorgraadse vakke Afrikaans en Nederlands... 217 Afrikaanse Taalverwerwing... 215 Afrikatale... 219 Algemene Musiekleer... 263, 265 Algemene Taalwetenskap... 224 Antieke Kulture... 226 Applied English Language Studies... 225 Basiese Xhosa... 221 Begeleiding... 265, 272 Besigheidsbestuur (Musiek)... 263, 265, 272 Besluitneming en Waardestudie... 249 Bybelse Hebreeus... 228 Chinees... 254 Diensleer... 272 Digitale Produksie... 296 Duits... 256 Elementêre Fotografie... 297 English Studies... 236 Ensamblesang... 265, 273 Etnomusikologie... 273 Filosofie... 239 Filosofie en Etiek... 242 Frans... 259 Gehooropleiding... 263, 266, 273 Gemmologie... 297 Geografie en Omgewingstudie... 245 Geografiese Inligtingstegnologie... 243 Geo-omgewingswetenskap... 243 Geskiedenis... 246 Grafiese Ontwerp... 297 Grieks... 229 Hulptegnieke... 298 Improvisasie... 273 Informasiestelselbestuur... 251 Inleiding tot die Geesteswetenskappe... 27 Inligtingvaardighede... 27, 251 Interdissiplinêre Visuele Studie... 298 Juwelierswareontwerp... 299 Kamermusiek... 266, 273 Kerkmusiekpraktyk... 266, 274 Klassieke Regskultuur... 231 Komposisie... 274 Kreatiewe Vaardighede... 263, 274 6

Latyn... 231 Maatskaplike Werk... 252 Metaaltegniek... 300 Metawetenskap... 303 Musiekopvoeding... 266, 275 Musiektegnologie... 264, 266, 275 Musiekteorie... 264, 267, 276 Musiekwetenskap... 276 Musiekwetenskapkritiek... 277 Navorsingsmetodologie (Musiek)... 278 Ondersoek van Visuelekunskonsepte... 300 Onderwysmetodiek... 267, 277 Onderwysmetodiek van Kuns... 301 Onderwyspraktyk... 278 Orkespraktyk... 264, 267, 278 Orkesstudie... 268, 279 Orkestrasie... 279 Politieke Wetenskap... 289 Praktiese Musiekstudie A... 264, 268, 280 Praktiese Musiekstudie B... 270, 282 Praktiese Musiekstudie E... 282 Praktiese Musiekstudie S... 283 Praktiese Musiekstudie: Voorbereidend... 279 Praktiese Partituurstudie... 271, 287 Produksietegnieke (Juweliersware)... 301 Professionele Kommunikasie... 305 Repertoriumstudie... 264, 271, 288 Sake-etiek... 241 Sielkunde... 292 Skone Kunste... 302 Skryfvaardighede... 306 Sosiale Antropologie... 295 Sosio-Informatika... 248 Sosiologie... 293 Taalvaardigheid (Afrikaans)... 304 Taalvaardigheid (Engels)... 304 Tale vir Sangers... 272, 288 Teaterkuns... 233 Teaterkuns (Musiek)... 272, 288 Teaterpraktyk... 234 Teatervaardighede... 234 Teaterwetenskap... 235 Teken... 302 Tekste in die Geesteswetenskappe... 26 Teorie van Kuns... 302 Vakdidaktiek Musiekteorie... 289 Visuele Studies... 302 7

Wetenskapkommunikasievaardigheid... 305 Xhosa... 221 8

Algemene Inligting VASTE UITNODIGING AAN ALLE OUDSTUDENTE Die Registrateur nooi hiermee alle oudstudente van die Universiteit Stellenbosch hartlik uit om hom skriftelik of per e-pos (info@sun.ac.za) van adresveranderinge te verwittig. Die Registrateur verneem voorts baie graag van akademiese of ander onderskeidings wat deur oudstudente behaal is, asook die titels van publikasies deur hulle uitgegee. Die Senior Direkteur: Biblioteek- en Inligtingsdiens ontvang eweneens met graagte eksemplare van sulke publikasies namens die Universiteitsbiblioteek. TAALBELEID EN -PLAN: OPSOMMING Die amptelike Taalbeleid en -plan van die Universiteit Stellenbosch is in 2002 deur die Raad van die Universiteit goedgekeur. Die volgende opsomming word verskaf in belang van bondigheid, maar moet gelees word in samehang met, en ondergeskik aan die volledige Taalbeleid en -plan. Die volledige weergawe is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/taal. A. Taalbeleid 1. Die Universiteit is verbind tot die gebruik en volgehoue ontwikkeling van Afrikaans as akademiese taal in ʼn meertalige konteks. Taal word aan die Universiteit gebruik op ʼn wyse wat gerig is op die omgang met kennis in ʼn diverse samelewing. 2. Die Universiteit erken die besondere status van Afrikaans as akademiese taal en aanvaar ook die verantwoordelikheid om dit te bevorder. Terselfdertyd word rekening gehou met die status van Engels as internasionale kommunikasietaal en isixhosa as ontluikende akademiese taal. 3. Die Universiteit onderskei tussen die gebruik van die drie tale op die volgende maniere: - Afrikaans is voorgraads by verstek die leer- en onderrigtaal terwyl Engels op nagraadse vlak tot ʼn groter mate gebruik word. - isixhosa word bevorder as ontluikende akademiese taal en geleenthede word geskep vir studente en personeel om kommunikasievaardighede in isixhosa te verwerf. 4. Die institusionele taal van die Universiteit is by verstek Afrikaans, met Engels wat na gelang van omstandighede ook as interne kommunikasietaal gebruik word. Al drie tale word, waar doenlik, vir eksterne kommunikasie gebruik. B. Taalplan 1. Die Taalplan onderskei tussen die implementering van die beleid in leer- en onderrigsituasies en in die ondersteuningsdienste en bestuur. 2. In die leer- en onderrigsituasies word keuses uitgeoefen vir verskillende taalopsies na gelang van die taalvermoë van die dosent en die samestelling van die studente en die program. Hierdie taalopsies word in ʼn hiërargie geplaas en ʼn motivering moet voorgelê word indien die verstekopsie nie gevolg word nie (kyk punt 4 vir besonderhede). Die Universiteit kan, in buitengewone en dwingende omstandighede, afwyk van die taalspesifikasie van ʼn module of program, met dien verstande dat enige sodanige afwyking na elke semester hersien moet word ten einde te bepaal of die voortsetting daarvan steeds regverdigbaar is. Die dekane hanteer hierdie proses en doen verslag 9

daaroor aan die Uitvoerende Komitee (Senaat). Die Taalkomitee moet ingelig word oor alle sodanige afwykings en moet die geleentheid kry om navraag daaroor te doen, indien nodig. 3. Daar is drie algemene riglyne wat geld t.o.v. die taal van leer en onderrig in die klas: - Taalonderrigmodules vind hoofsaaklik in die doeltaal plaas (bv. isixhosa word hoofsaaklik onderrig in isixhosa, Mandaryns in Mandaryns) en opdragte, toetse en eksamens word dienooreenkomstig opgestel en beantwoord. - In alle ander modules word vraestelle in Afrikaans en Engels opgestel en die student mag in Afrikaans of Engels antwoord. - Tensy taalverwerwing of taalstudie die doel van ʼn module is, kan studente vrae vra en antwoorde verwag in Afrikaans of Engels. 4. Die verskillende taalspesifikasies word as volg deur departemente uitgeoefen en geïmplementeer (bg. drie punte geld deurgaans vir alle opsies): A-spesifikasie* Rasionaal Die A spesifikasie geld as verstek vir alle voorgraadse modules. Dit beteken dat geen motivering aangebied hoef te word vir die uitoefening van hierdie opsie nie. Kenmerke - Onderrig is hoofsaaklik in Afrikaans. - Studiemateriaal (handboeke, notas, transparante, elektroniese leer- en onderrigmateriaal) kan in Afrikaans en/of Engels wees. - Studieraamwerk is in Afrikaans en Engels. T-spesifikasie* (tweetalige klasse) Rasionaal Word gebruik vir klasse waar - studente se taalvaardighede meer gebruik van Engels noodsaak - ʼn program aangebied word wat uniek is tot die Universiteit - meertaligheid belangrik is in die konteks van ʼn spesifieke beroep - die dosent nog nie Afrikaans voldoende beheer nie. Kenmerke - Onderrig is vir ten minste 50% van die tyd in Afrikaans. - Handboeke en leeswerk is in Afrikaans en/of Engels. - Studienotas, transparante en elektroniese leer- en onderrigmateriaal is volledig in Afrikaans en Engels of afwisselend in Afrikaans en Engels. E-spesifikasie (hoofsaaklik Engels as onderrigmedium) Rasionaal Word by hoë uitsondering gebruik vir - unieke programme in Suid-Afrika - programme waar studente nie voldoende akademiese taalvaardighede het nie (buitelandse of Engelssprekende studente) 10

- modules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie - streeksamewerking en strategiese doelwitte wat Engels noodsaak. Kenmerke - Onderrig is primêr in Engels. - Handboeke en leeswerk is in Afrikaans en/of Engels. - Notas is in Engels met kernnotas in Afrikaans. - Transparante, elektroniese leer- en onderrigmateriaal is in Engels. A & E-spesifikasie (afsonderlike strome in Afrikaans en Engels) Rasionaal Word by hoogste uitsondering gebruik wanneer akademies en finansieel verantwoordbaar en haalbaar vir - modules met ʼn groot getal studente - streeksamewerking en strategiese doelwitte - programme wat met satelliettegnologie of interaktiewe telematiese onderwys aangebied word. Kenmerke Die kenmerke van die A- en E-opsies geld onderskeidelik hier. * Vir beide hierdie opsies is akademiese taalvaardigheid in Afrikaans en Engels noodsaaklik vir suksesvolle studie. 5. In die ondersteuningsdienste en bestuur is die taal van kommunikasie by verstek Afrikaans en alle amptelike dokumente van die Universiteit is in Afrikaans beskikbaar. By verstek beteken egter nie uitsluitlik nie, en belangrike beleidsdokumente is daarom in Engels beskikbaar en kommunikasie met personeel vind ook in Engels plaas. Riglyne word neergelê vir die taal van vergaderings. Dokumente wat verband hou met diensvoorwaardes van personeel is beskikbaar in Afrikaans, Engels en isixhosa. 6. Skriftelike kommunikasie met studente vind plaas in Afrikaans en Engels en werwing vind, waar moontlik, ook in isixhosa plaas. Mondelinge kommunikasie vind in Afrikaans of Engels volgens die voorkeurtaal van die student plaas. 7. Die korporatiewe beeld van die Universiteit weerspieël die Taalbeleid en -plan. 8. ʼn Taalkomitee word deur die Raad aangewys om die Taalbeleid en -plan uit te voer. 9. Die Taalsentrum aanvaar die verantwoordelikheid vir die verskaffing en/of koördinering van die tersaaklike taalondersteuning wat vir die effektiewe uitvoering van die Taalbeleid en -plan vereis word. Let Wel ʼn Verdere verduideliking van die taalspesifikasies en die taalspesifikasie van individuele modules word onder die afdeling Vakke, Modules en Module-inhoude aangetref. GEDRAGSKODE VIR TAAL IN DIE KLASKAMER Hierdie Gedragskode is opgestel met die doel om praktiese riglyne te verskaf ten opsigte van die verstaan en toepassing van die US se Taalbeleid en -plan wat reeds in 2002 deur die Universiteitsraad aanvaar is. Dit is vir die Raad belangrik dat die US se Taalbeleid en -plan 11

met integriteit toegepas word. Die Kode word aangebied as ʼn meganisme wat kan help om moontlike probleme of onduidelikhede op ʼn konstruktiewe wyse te hanteer. Die kernbeginsel wat die daaglikse omgang met taal op die kampus rig, is dat alle personeel, studente en kliënte van die Universiteit die verantwoordelikheid en verwagting sal hê dat taalkwessies en -dispute in ʼn gees van samewerking en ʼn soeke na werkbaarheid aangepak en hanteer sal word. In die Gedragskode word ʼn onderskeid getref tussen die verantwoordelikhede en verwagtinge van dosente en studente. Die normale prosedures geld vir akademiese klagtes oor taalkwessies. Die Taalbeleid en -plan stel die minimum taalvereistes vir studente wat aan die Universiteit Stellenbosch studeer (Taalplan 2002:5). Studente wat ʼn A-module of T-module volg, benodig oor die algemeen akademiese taalvaardigheid in sowel Afrikaans as Engels vir effektiewe studie op voorgraadse vlak. In nagraadse studie word ʼn hoër vlak van akademiese taalvaardigheid in Afrikaans en/of Engels vereis. Ten opsigte van dosente, veral wat betref hul verpligtinge om werkopdragte, toetse en vraestelle in Engels en Afrikaans op te stel en te assesseer, word daar verwag dat hulle binne ʼn redelike tydperk vanaf hul aanstelling, genoeg reseptiewe vaardighede (luister en lees) ʼn Afrikaans en Engels sal ontwikkel om klasbesprekings te volg, opdragte en eksamenvrae in albei tale op te stel, en die antwoorde van studente in albei tale te verstaan. Dit moet hulle ook in staat stel om oor die ekwivalensie van vertalings te oordeel en antwoorde in Afrikaans en Engels regverdig te beoordeel. Dosente se verantwoordelikhede Dosente het die verantwoordelikheid om 1. die taalspesifikasie van ʼn gedoseerde module uit te voer, in ooreenstemming met die voorskrifte van die Taalplan (kyk veral par. 3 van die Taalplan). 2. die taalspesifikasies na gelang van omstandighede (nuwe handboeke, ander dosente) te hersien en aan te pas soos nodig. 3. die keuses en alternatiewe waarvoor die taalspesifikasie voorsiening maak aan die begin van die onderrig van ʼn module kortliks aan studente bekend te maak, mondeling en in die moduleraamwerk. 4. te verseker dat vrae in werkopdragte, toetse en eksamens presies dieselfde inhoud in Engels en Afrikaans het. 5. voldoende taalvaardigheid te ontwikkel om werkopdragte, toetse en eksamens in Afrikaans en Engels te kan nasien, of andersins bevredigende reëlings te tref dat dit plaasvind. 6. te verseker dat, in ooreenstemming met die riglyne vir die T-opsie (kyk 3.3.1.2 van die Taalplan), studente se taalvaardighede in Afrikaans en Engels genoegsaam ontwikkel en die nodige maatreëls in plek gestel word om Afrikaanse en Engelse vaktaalvaardigheid te verseker. 7. te alle tye daarna te streef om hoflik en akkommoderend op te tree wanneer situasies hanteer moet word wat met taalgebruik te make het (bv. wanneer vrae in die klas in Engels gevra word as die taalspesifikasie van die module A is). 12

Dosente se verwagtinge Dosente kan van studente verwag dat 1. hulle kennis sal neem van die eienskappe van die taalspesifikasie soos van toepassing in die spesifikasie wat vir ʼn module geld (kyk par. 3, Taalplan). 2. hulle so vroeg moontlik die dosent in kennis sal stel van hul behoeftes ten opsigte van akademiese taalvaardigheid. 3. hulle die gees van die Taalbeleid en -plan, veral ten opsigte van die ontwikkeling van vaardighede in ʼn taal wat nie hul voorkeurtaal is nie, sal respekteer deur doelbewus aandag te skenk, aktief deel te neem in die klas en mee te werk aan hul kennis van vakterminologie en vakdiskoers in albei tale. Hierdie verwagting geld veral ten opsigte van die T-spesifikasie vir modules. Studente se verantwoordelikhede Studente moet die verantwoordelikheid neem om 1. hulle te vergewis van die taalopsies vir elke module en veral van die implikasies daarvan, bv. dat vertalings in sommige omstandighede nie beskikbaar sal wees nie. 2. eerlik en openhartig te wees omtrent hul taalvaardighede en die verantwoordelikheid vir vroegtydige en gepaste optrede te neem indien hulle probleme ondervind. 3. doelbewus die reseptiewe vaardighede (luister en lees) in die nie-voorkeurtaal van leer en onderrig deur aktiewe deelname in die klas te ontwikkel. 4. die voorgeskrewe materiaal (veral handboeke) te koop en te gebruik om hul taalvaardigheid in die vak te verbeter. 5. hoflik en akkommoderend te wees en op te tree in situasies waar taalgebruik ʼn kwessie is, bv. ten opsigte van die probleme van die minderheidstaalgroep in ʼn klas. 6. te aanvaar dat (ʼn) enkele student(e), vanweë tekortkominge in sy/hul taalvaardigheid, nie ʼn vetoreg ten opsigte van die gebruik van Afrikaans of Engels in die klassituasie mag (probeer) uitoefen nie. Studente se verwagtinge Studente kan verwag dat 1. hulp in taalvaardigheidsontwikkeling verskaf sal word indien hul akademiese taalvaardigheid in Afrikaans en/of Engels onvoldoende is. 2. hulle vrae kan vra en besprekings kan voer in Afrikaans of Engels (tensy ander tale, soos in taalmodules, vereis word), met inagneming van mekaar en die dosent se taalvaardighede. 3. Afrikaanse en Engelse weergawes van werkopdragte en vraestelle beskikbaar sal wees en dat dit dieselfde inhoud sal hê. 4. daar sensitiwiteit sal wees vir taalprobleme, sodat taalfoute wat in eksamensituasies begaan word, met diskresie beoordeel sal word. NIE-RASSIGHEID Die Universiteit Stellenbosch laat studente van enige ras, kleur, nasionaliteit of etniese herkoms toe tot al die regte, voorregte, programme en aktiwiteite wat in die algemeen aan studente van die Universiteit verleen of beskikbaar gestel word. Die Universiteit 13

diskrimineer nie op grond van ras, kleur, nasionaliteit of etniese herkoms by die uitvoering van sy opvoedkundige beleid, sy beurs- en leningsprogramme, of sy sportprogramme nie. LET WEL 1. In hierdie publikasie sluit woorde wat die manlike geslag aandui die vroulike geslag in, tensy die samehang van die woorde uitdruklik die teendeel aandui of daarmee strydig is. 2. Studente moet, voordat hulle finaal besluit oor hul keuse van modules wat in ʼn spesifieke akademiese jaar gevolg gaan word, die klas-, toets- en eksamenroosters sorgvuldig nagaan. Waar dit dan blyk dat enige twee voorgenome modules binne dieselfde tydgleuf op ʼn spesifieke rooster val, mag die twee modules nie saam gevolg word nie. 3. Die Universiteit behou hom die reg voor om te eniger tyd wysigings aan die Jaarboek aan te bring. Die Raad en die Senaat van die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat in die inhoud van die Jaarboek mag voorkom nie. Alle redelike sorg is egter gedra om te verseker dat die Jaarboek die tersaaklike inligting wat met die ter perse gaan beskikbaar was, akkuraat en volledig weergee. 4. Deel 1, 2 en 3 van die Jaarboek bevat algemene inligting wat op alle studente van toepassing is. Studente word versoek om hulle te vergewis van die eksamen- en promosiebepalings in die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek. JAARBOEKVERDELING Gerieflikheidshalwe is die Jaarboek in die volgende dele verdeel: Algemeen Deel 1 Beurse en Lenings Deel 2 Studentegelde Deel 3 Lettere en Sosiale Wetenskappe Deel 4 Natuurwetenskappe Deel 5 Opvoedkunde Deel 6 AgriWetenskappe Deel 7 Regsgeleerdheid Deel 8 Teologie Deel 9 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Deel 10 Ingenieurswese Deel 11 Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Deel 12 Krygskunde Deel 13 Afrikaanse (Deel 1-12) en Engelse kopieë van die afsonderlike dele is op aanvraag by die Registrateur verkrygbaar. 14

KOMMUNIKASIE MET DIE UNIVERSITEIT Studentenommer By die hantering van nuwe formele aansoeke ken die Universiteit ʼn nommer aan elke aansoeker toe. Die nommer dien as unieke identifikasie van die betrokke individu om toekomstige kommunikasie te vergemaklik. In die Universiteit se taal noem ons hierdie nommer u studentenommer. Die blote toekenning van so ʼn studentenommer impliseer egter nie dat die aansoeker finaal vir die gevraagde studieprogram aanvaar is nie. Vir aanvaarding al dan nie word aparte briewe uitgestuur. Wanneer u studentenommer aan u bekend gemaak is, moet u dit asseblief in alle toekomstige korrespondensie met die Universiteit vermeld. Adresse van die Sentrale Administrasie Korrespondensie in verband met akademiese aangeleenthede, d.w.s. studie-aangeleenthede, beurse en lenings, ens., asook koshuisplasings, moet gerig word aan: Die Registrateur Universiteit Stellenbosch Privaat Sak X1 MATIELAND 7602 E-pos: info@sun.ac.za Korrespondensie in verband met finansiële en dienste-aangeleenthede, insluitend diensaspekte van koshuise, moet gerig word aan: Die Uitvoerende Direkteur: Bedryf en Finansies Universiteit Stellenbosch Privaat Sak X1 MATIELAND 7602 Ander amptelike adresse Afdeling Studentesake (Nie-akademiese sake) Neelsie Privaat Sak X1 Matieland 7602 Sentrum vir Onderrig en Leer Privaat Sak X1 Matieland 7602 Skool vir Publieke Leierskap Bellvilleparkkampus Posbus 610 Bellville 7535 Fakulteit Gesondheidswetenskappe Posbus 19063 Tygerberg 7505 Fakulteit Krygskunde Militêre Akademie Privaat Sak X2 Saldanha 7395 Nagraadse Bestuurskool Bellvilleparkkampus Posbus 610 Bellville 7535 15

BELANGRIKE TELEFOON- EN FAKSNOMMERS Vir afdelings wat nie hieronder gelys word nie, skakel die Universiteit Stellenbosch Kontaksentrum op die Stellenboschkampus by 021 808 9111, met faksnommer 021 808 3822 en e-pos info@sun.ac.za. Telefoon Faks Dekaan: Fakulteit Lettere en Sosiale 021 808 2137 021 808 2123 Wetenskappe Groot eenhede volgens kampus Biblioteek (=JS Gericke) (Stellenbosch) 021 808 4385/ 021 808 4336 021 808 4883 Telematiese Dienste (Stellenbosch) 021 808 3563 021 808 3565 Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, 021 938 9111 021 931 7810 Fakulteit (Tygerberg) Krygskunde, Fakulteit (Saldanha) 022 702 3999 022 814 3824 Nagraadse Bestuurskool (Bellvillepark) 021 918 4111 021 918 4112 Skool vir Publieke Leierskap (Bellvillepark) 021 918 4122 021 918 4123 Ander eenhede Beurse (Nagraadse kandidate) 021 808 4208 021 808 2739 Beurse en Lenings (Voorgraadse kandidate) 021 808 9111 021 808 2954 Eksamens 021 808 9111 021 808 2884 Kommunikasie en Skakeling 021 808 4977 021 808 3800 Nagraadse en Internasionale Kantoor 021 808 4628 021 808 3799 Navorsingsontwikkeling 021 808 4914 021 808 4537 Ontwikkeling en Alumniverhoudings 021 8084020 021 808 3026 Sentrum vir Onderrig en Leer (Verlengde Graadprogramme) 021 808 3717 021 808 4142 Sentrum vir Studentegemeenskappe 021 8082848 021 808 2847 Sentrum vir Studentevoorligting en 021 808 3894 021 808 4706 -ontwikkeling Fakulteitsekretarisse AgriWetenskappe 021 808 9111 021 808 3822 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 021 808 9111 021 808 3822 Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: 021 808 9111 021 808 3822 Aansoeke, Stellenbosch Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: 021 938 9204 021 931 7810 Tygerbergkampus Ingenieurswese 021 808 9111 021 808 3822 Krygskunde 021 808 9111 021 808 3822 Lettere en Sosiale Wetenskappe 021 808 9111 021 808 3822 Natuurwetenskappe 021 808 9111 021 808 3822 Opvoedkunde 021 808 9111 021 808 3822 Regsgeleerdheid 021 808 9111 021 808 3822 Teologie 021 808 9111 021 808 3822 16

2. Grade, Diplomas en Sertifikate in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe 2.1 GRADE BA-graadprogramme BA (Geesteswetenskappe) BA (Sosiale Dinamika) BA (Taal en Kultuur) BA (Besluitneming en Kennisbestuur) (word nie in 2014 aangebied nie) BA (Drama en Teaterstudie) BA (Internasionale Studie) BA (Menslike Hulpbronbestuur) BA (Ontwikkeling en Omgewing) BA (Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studies) (PPE) BA (Regsgeleerdheid) BA (Sosio-Informatika) BA (Sportwetenskap) BA in Musiek BA in Visuele Kunste (Ed) BA in Visuele Kunste (rigting Skone Kunste) BA in Visuele Kunste (rigting Toegepaste Grafiek) BA in Visuele Kunste (rigting Juweliersware) Ander B-graadprogramme BMus B in Maatskaplike Werk Honneursgraadprogramme HonsBA (Afrikaans en Nederlands) HonsBA (Afrikatale) HonsBA (Algemene Taalwetenskap) HonsBA (Antieke Kulture) HonsBA (Antieke Tale) Hons BA (Chinees) HonsBA (Drama- en Teaterstudie) HonsBA (Duits) HonsBA (Engels) HonsBA (Filosofie) HonsBA (Frans) HonsBA (Geografiese Inligtingstelsels) HonsBA (Geografie en Omgewingstudie) HonsBA (Geskiedenis) 17

HonsBA (Internasionale Studie) HonsBA (Politieke Wetenskap) HonsBA (Sielkunde) HonsBA (Sosiale Antropologie) HonsBA (Sosio-Informatika) HonsBA (Sosiologie) HonsBA (Vertaling) HonsBA (Visuele Kunste Illustrasie) HonsBA in Visuele Studies BPhil-graadprogramme (nagraads) BPhil (Joernalistiek) Magistergraadprogramme MA (Afrikaans en Nederlands) MA (Afrikatale) MA (Afrikatale vir Professionele Kontekste) MA (Algemene Taalwetenskap) MA (Antieke Kulture) MA (Antieke Tale) MA (Dokumentanalise en Ontwerp) MA (Drama- en Teaterstudie) MA (Duits) MA (Engels) MA (Filosofie) MA (Geografie en Omgewingstudie) MA (Geografiese Inligtingstelsels) MA (Geskiedenis) MA (Interkulturele Kommunikasie) MA (Internasionale Studie) MA (Joernalistiek) MA (Kliniese Sielkunde en Gemeenskapsvoorligting) MA (Kreatiewe Afrikaanse Skryfkunde) MA (Leksikografie) MA (Politieke Wetenskap) MA (Sielkunde) MA (Sosiaalwetenskaplike Metodes) MA (Sosiale Antropologie) MA (Sosio-Informatika) MA (Sosiologie) MA (Tegnologie vir Taalaanleer) MA (Tweedetaalstudie) MA (Vertaling) MA in Visuele Kunste MA in Visuele Kunste (Kunsonderwys) MA in Visuele Studies M in Maatskaplike Werk M in Stads- en Streekbeplanning 18

MMus (Musiek) MPhil (Besluitneming en Kennisdinamika) MPhil (Inligtings- en Kennisbestuur) MPhil (Monitering en Evaluering) MPhil (Musiektegnologie) MPhil (Openbare Geestesgesondheid) MPhil (Stedelike en Streekwetenskap) MPhil (Studie van Wetenskap en Tegnologie) MPhil (Toegepaste Etiek) Doktorsgraadprogramme PhD (Afrikaans en Nederlands) PhD (Afrikatale) PhD (Algemene Taalwetenskap) PhD (Antieke Kulture) PhD (Antieke Tale) PhD (Besluitneming en Kennisdinamika) PhD (Dokumentanalise en -ontwerp) PhD (Drama- en Teaterstudie) PhD (Duits) PhD (Engels) PhD (Evaluasiestudie) PhD (Filosofie) PhD (Frans) PhD (Geografie en Omgewingstudie) PhD (Geskiedenis) PhD (Joernalistiek) PhD (Leksikografie) PhD (Maatskaplike Werk) PhD (Musiek) PhD (Politieke Wetenskap) PhD (Sielkunde) PhD (Sosiaalwetenskaplike Metodes) PhD (Sosiale Antropologie) PhD (Sosio-Informatika) PhD (Sosiologie) PhD (Studie van Wetenskap en Tegnologie) PhD (Toegepaste Etiek) PhD (Vergelykende Letterkunde) PhD (Vertaling) PhD (Visuele Kunste) Transdissiplinêre doktorale program in Kompleksiteit en Volhoubaarheid DPhil (gevorderde doktorsgraad) 19

2.2 DIPLOMAS Diploma in Praktiese Musiek Gevorderde Diploma in Praktiese Musiek Nagraadse Diploma in Antieke Kulture Nagraadse Diploma in Besluitneming en Kennisdinamika Nagraadse Diploma in Dokumentanalise en -ontwerp Nagraadse Diploma in Interkulturele Kommunikasie Nagraadse Diploma in Kennis- en Inligtingstelselbestuur Nagraadse Diploma in Monitering en Evaluering Nagraadse Diploma in Musiektegnologie Nagraadse Diploma in Openbare Geestesgesondheid Nagraadse Diploma in Sosiaalwetenskaplike Metodes Nagraadse Diploma in Tegnologie vir Taalaanleer Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek Nagraadse Diploma in Tweedetaalstudie Nagraadse Diploma in Vertaling 2.3 SERTIFIKATE Hoër Sertifikaat in Musiek 20

3. Algemene Toelatingsvereistes VOORGRAADSE-INSKRYWINGSBESTUUR Ten einde die Raadsteikens ten opsigte van die grootte (die totale aantal studente) en vorm (studierigtings en diversiteitsprofiel) van die Universiteit Stellenbosch (US) se studentebevolking te kan bereik, is dit nodig om die voorgraadse inskrywings aan die US te bestuur. Die US se totale aantal inskrywings word bestuur om in te pas binne die beskikbare kapasiteit. Die US bied ʼn gebalanseerde pakket programme aan wat strek oor al drie hoofstudievelde, naamlik (a) die humaniora, (b) die ekonomiese en bestuurswetenskappe, en (c) die natuurwetenskappe, landbouwetenskappe, gesondheidswetenskappe en ingenieurswese (Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie / Science, Engineering and Technology of SET). Die US is verbind tot die bevordering van diversiteit. Voorgraadse-inskrywingsbestuur aan die US geskied binne die raamwerk van die nasionale hoëronderwysstelsel. ʼn Verantwoorde samehang tussen nasionale en institusionele doelwitte met respek vir belangrike beginsels soos institusionele outonomiteit, akademiese vryheid en openbare verantwoordelikheid word nagestreef. Die volgende vertrekpunte is van toepassing: - Die uitbouing van akademiese uitnemendheid deur die handhawing van hoë akademiese standaarde. - Die handhawing en verbetering van hoë sukseskoerse. - Die nakoming van die US se verbintenis tot regstelling, tot sosiale verantwoordelikheid, en om ʼn bydrae te lewer tot die opleiding van toekomstige rolmodelle uit alle bevolkingsgroepe. - Die verbreding van toegang tot hoër onderwys veral aan studente uit onderwysbenadeelde en ekonomies behoeftige omstandighede wat oor die akademiese potensiaal beskik om suksesvol aan die US te studeer. As gevolg van die beperkte beskikbaarheid van plekke en die strategiese en doelgerigte bestuur van inskrywings sal nie alle voorgraadse aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes van ʼn betrokke program voldoen, noodwendig toegelaat word nie. Besonderhede oor die keuringsprosedures en toelatingsvereistes vir voorgraadse programme is op www.maties.com en op die Fakulteit se webblad by www.sun.ac.za/lettere. Vir die 2013-inname en verdere jare moet alle voornemende voorgraadse studente die Nasionale Normtoets (NNT) (Engelse Benaming: National Benchmarking Test of NBT) skryf. Raadpleeg die NBT-webblad (www.nbt.ac.za) of die US se webblad (www.maties.com) vir meer inligting oor die Nasionale Normtoetse. Die uitslae van die Nasionale Normtoetse kan deur die US vir die volgende doeleindes gebruik word (besonderhede is beskikbaar by www.maties.com): - ondersteuning met die besluitneming oor die plasing van studente in verlengde graadprogramme, - keuring, en 21

- kurrikulumontwikkeling. BACCALAUREUSGRADE Vir aansoekers wat in 2007 of vroeër gematrikuleer het Vir toelating tot alle baccalaureusgraadprogramme moet ʼn student in besit wees van ʼn Senior Sertifikaat met matrikulasie-endossement, of ʼn vrystellingsertifikaat van die Matrikulasieraad; of ʼn voorwaardelike vrystellingsertifikaat van die Matrikulasie-eksamen uitgereik deur die Matrikulasieraad aan kandidate uit vreemde lande; of ʼn voorwaardelike vrystellingsertifikaat van die Matrikulasie-eksamen op grond van ouderdom (23 jaar en ouer). ʼn Voorwaardelike vrystellingsertifikaat van die Matrikulasie-eksamen uitgereik onder die gewone regulasies word nie aanvaar vir toelating tot graadprogramme nie. ʼn Student wat by die aanvang van klasse nie oor die volle vrystelling van Matrikulasie beskik nie, sal nie tot ʼn graadprogram toegelaat word nie. Dit geld nie vir studente met voorwaardelike vrystelling van die Matrikulasie-eksamen op grond van ouderdom nie uitgesonderd BA (Regsgeleerdheid) en ook nie vir leerders wat hulle eksamen vir Matrikulasievrystelling weens siekte nie voor Februarie/Maart kan aflê nie. Studente wat in 1986 of later gematrikuleer het, moes ʼn gemiddelde persentasie van minstens 50% in die toepaslike skooleindeksamen behaal het (uitgesonderd studente wat kwalifiseer vir vrystelling op grond van ouderdom of vir voorwaardelike vrystelling van Matrikulasie van toepassing op studente uit vreemde lande). Studente wat ʼn graadprogram volg wat een of meer van die vakke Bedryfsielkunde, Menslike Gedrag, Menslike Hulpbronbestuur, Ekonomie, Finansiële Rekeningkunde, Ondernemingsbestuur en Statistiese Metodes insluit, moet by die toepaslike skool-eindeksamen Wiskunde op die standaardgraad met minstens ʼn D-simbool, of op die hoër graad met minstens ʼn E-simbool geslaag het. Studente wat ʼn gemiddelde persentasie van 50% tot 55% vir die Senior Sertifikaat verwerf het, en ʼn program wil volg wat nie ʼn hoër gemiddelde persentasie as 50% vir die Senior Sertifikaat vereis nie, kan verplig word om die verlengde graadprogram te volg, of aan ander vorme van akademiese steun blootgestel te word. Voldoening aan die vakspesifieke toelatingsvereiste(s), indien enige, bly steeds van krag. Toelatingsvereistes tot spesifieke voorgraadse programme word per graadinskrywing in Afdeling 5 weergegee. 22

BACCALAUREUSGRADE (2009 EN VERDERE JARE) Vir aansoekers wat die NSS in 2008 of later verwerf het Toelatingsvereistes vir universiteitstudie volgens die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Om by die Universiteit Stellenbosch te kan studeer volgens die nuwe nasionale skoolkurrikulum vir die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase, moet ʼn student: - In besit wees van ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi. - ʼn Gemiddeld van minstens 50% in vier skoolvakke uit die lys van aangewese universiteitstoelatingsvakke* behaal. - ʼn NSS-gemiddeld van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit). Buiten hierdie vereistes het die meeste programme ook nog hul eie besondere vereistes. Dit word by die betrokke programme aangedui. Sien Afdeling 4 vir besonderhede van die Verlengde Graadprogram vir student met ʼn NSS-gemiddeld van 57-59%. * Aangewese universiteitstoelatingsvakke: Besigheidstudies, Dramatiese Kunste, Ekonomie, Fisiese Wetenskappe, Geografie, Geskiedenis, Ingenieursgrafika en -ontwerp, Inligtingstegnologie, Landbouwetenskappe, Lewenswetenskappe, Musiek, Rekeningkunde, Religiestudies, Tale (een taal van leer en onderrig aan ʼn hoëronderwysinstelling en twee ander erkende taalvakke), Verbruikerstudie, Visuele Kunste, Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid. (Let wel: Musiek, gevolg aan Royal School of Music, Trinity College en Unisa, kan nie as ʼn universiteitstoelatingsvak in die plek van die NSS se Musiek aangebied word nie.) ASSESSERING EN ERKENNING VAN VORIGE LEER (AEVL) Spesiale toegang tot die nagraadse programme in die Fakulteit is beskikbaar vir individue wat vroeër deur sistemiese of ander beperkings geleenthede tot formele leeromgewings ontneem is, maar bewys kan lewer dat hulle nou op ʼn bepaalde vlak aan sodanige leergeleenthede kan deelneem of retrospektief daarvoor erkenning kan ontvang. Studente wat nie oor ʼn B-graad beskik nie, asook studente met B-grade wat toegeken is deur universiteite van tegnologie en privaat voorsieners van hoër onderwys, afgesien van enige ander kwalifikasies waaroor hulle mag beskik, moet die AEVL-prosedure volg vir toelating tot ʼn BPhil-, ʼn honneurs-, ʼn MPhil- of ʼn MA-program. Meer besonderhede oor die Fakulteit se AEVL-prosedure is beskikbaar van die Fakulteitsekretaris, Lettere en Sosiale Wetenskappe. HONNEURSGRADE Vir toelating tot honneursgrade word vereis dat: - studente in besit moet wees van ʼn goedgekeurde baccalaureusgraad wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het; - die vak waarin die honneursrigting gevolg word minstens as hoofvak (derdejaarsvlak) geslaag is, en - ʼn gemiddelde prestasie van minstens 60% in die hoofvak behaal is. Vir nadere inligting oor toelatingsvereistes kan die nagraadse programinskrywings in Afdeling 5 geraadpleeg word. Raadpleeg die inhoudsopgawe vir bladsynommers. 23

BPhil-GRADE Vir toelating tot BPhil-graadprogramme word ʼn baccalaureusgraad wat die Senaat vir die doel goedgekeur het vereis. Sommige BPhil-programme stel bykomende vereistes. Vir nadere inligting kan die nagraadse programinskrywings in Afdeling 5 geraadpleeg word. MAGISTERGRADE Tot alle magistergrade word studente toegelaat wat - in besit is van ʼn honneursgraad wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het en wat - op skriftelike aansoek - deur die Uitvoerende Komitee, handelende namens die Senaat, tot die betrokke magisterprogram toegelaat is (In hierdie geval word ʼn minimum residensie van een jaar vereis); of in besit is van ʼn baccalaureusgraad wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het, of op ʼn ander manier ʼn standaard van bekwaamheid in hulle bepaalde studierigting bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir dié doel toereikend is, en wat op skriftelike aansoek deur die Senaat of deur die Uitvoerende Komitee, handelende namens die Senaat, tot die betrokke magisterprogram toegelaat is. In hierdie geval word ʼn minimum residensie van twee jaar vereis. (Raadpleeg ook die Algemene Jaarboek, Deel 1, i.v.m. reëls betreffende gevorderde grade.) DIE GRAAD PhD Studente moet, na oorlegpleging met die betrokke departementele voorsitter, skriftelik aansoek doen om toelating tot die doktorstudie, met vermelding van die voorgenome proefskrifonderwerp, promotor en plek(ke) van studie. Vir nadere inligting, raadpleeg die Jaarboek, Deel 1 (Algemeen). Die riglyne vir ʼn doktorale navorsingsvoorstel kan by die fakulteitsekretaris aangevra word. DIE GRAAD DPhil Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe kan die graad Doktor in die Wysbegeerte (DPhil) (dit is die gevorderde doktorsgraad) in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan n student toeken indien hy minstens een jaar lank, nadat die graad Doktor in die Wysbegeerte (PhD) (dit is die eerste doktorsgraad), in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit, of n ander graad of kwalifikasie wat na die oordeel van die Senaat van n toereikende standaard is, aan hom toegeken is, as student vir die doktorsgraad aan die Universiteit ingeskryf was, en daar minstens vyf jaar verloop het nadat genoemde eerste graad Doktor in die Wysbegeerte (PhD), of n ander graad of kwalifikasie wat na die oordeel van die Senaat van n toereikende standaard is, aan hom toegeken is. DIPLOMAS EN SERTIFIKATE Vir toelating tot die voorvermelde diplomas, raadpleeg die betrokke program se inskrywing in Afdeling 5. 24

4. Fakulteitspesifieke Inligting ALGEMENE BEPALINGS VIR AKADEMIESE STEUNPROGRAMME (VGP S) EN VROEË TOETSING 1. Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe bied akademiese steun aan alle studente. 2. Binne die raamwerk van akademiese steun word vir die volgende voorsiening gemaak: 2.1 ʼn Verlengde Graadprogram (VGP) van vier jaar wat daarop neerkom dat studente (i) die eerste studiejaar oor twee jaar versprei, (ii) addisionele akademiese steun ontvang en (iii) spesifieke verpligte modules neem wat hulle beter op hul graadstudie voorberei. 2.2 In Jaar I neem die student twee keusevakke uit die programaanbod van sy keuse, elk met ʼn akademiese steunkomponent. In Jaar II neem die student die oorblywende eerstejaarsvakke, ook met akademiese steunkomponente. Elke keusevak se steunkomponent word aangebied as ʼn ekstra vakspesifieke tutoriaal. Bykomend is die steunmodules in 2.4 hieronder genoem, verpligtend. 2.3 Aan studente wat op grond van toegangstoetse nie toereikende taalvaardigheid in óf Engels óf Afrikaans het nie, sal hulp in taalvaardigheidsontwikkeling aangebied word. Studente met Afrikaans as eerste taal of taal van onderrig op skool, word aangeraai om English Studies 178 te neem; studente met Engels as eerste taal of taal van onderrig op skool, word aangeraai om Afrikaanse Taalverwerwing 178 te neem. Studente met ʼn ander taal as Afrikaans of Engels as eerste taal word individueel geplaas na gelang van hul NSS-prestasie en toegangstoets. 2.4 Alle VGP-studente neem in hul eerste jaar die volgende verpligte modules: Tekste in die Geesteswetenskappe 113 (12 krediete) en Tekste in die Geesteswetenskappe 143 (12 krediete), onderskeidelik in die eerste en tweede semester, Inleiding tot die Geesteswetenskappe 178 (24 krediete), Inligtingvaardighede 174 (12 krediete); en in hul tweede jaar Inleiding tot die Geesteswetenskappe 188 (24 krediete). 2.5 Studente volg in Jaar III die gewone tweedejaarprogram, en in Jaar IV die gewone derdejaarprogram. 3. Studente met ʼn geweegde gemiddelde punt van 55% tot 59% vir die Toegangstoetse (TGT s) en die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) (Lewensoriëntering uitgesluit) gesamentlik in die verhouding 40:60 word verplig om die Verlengde Graadprogram te volg. Op grond van prestasie in die TGT s mag die Dekaan sekere studente op die standaardprogramme of verlengde graadprogramme (VGP) toelaat. Vir die NSS moet voornemende studente minstens ʼn 4 (50%) in hulle Huistaal en minstens ʼn 3 (40%) in hulle Eerste Addisionele Taal behaal het. 4. Besonderhede in verband met Verlengde Graadprogramme, asook ander akademiese steun, is by die Koördineerder: Verlengde Graadprogramme, Lettere en Sosiale Wetenskappe beskikbaar. 5. Die Verlengde Graadprogram is nie ʼn opsie vir die volgende graadprogramme nie: BA (Drama- en Teaterstudie), BA (Musiek), BMus, BA in Visuele Kunste, BA (Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studie PPE), BA (Regsgeleerdheid), BA (Sportwetenskap) en BA Waarde- en Beleidstudie). 25

6. Studente sal nie toegelaat word om met ingang van die tweede semester vir die VGP in te skryf nie. Die struktuur van die Verlengde Graadprogram kan soos volg voorgestel word: HISTORIESE STUDIEJAAR VAKKE Eerste - Twee vakke uit die standaardprogramaanbod word gevolg; ʼn addisionele, vakspesifieke tutoriaal word in elk van die vakke aangebied. (Afrikaanse Taalverwerwing 178 of English Studies 178 word sterk aanbeveel as ʼn keuse vir VGPstudente.) - Inligtingvaardighede 174 - Tekste in die Geesteswetenskappe 113 - Tekste in die Geesteswetenskappe 143 - Inleiding tot die Geesteswetenskappe 178 Tweede - Die oorblywende vakke uit die programaanbod op eerstejaarsvlak word gevolg; ʼn addisionele, vakspesifieke tutoriaal word in elk van die vakke aangebied. - Inleiding tot die Geesteswetenskappe 188 Derde - Vier vakke op tweedejaarsvlak Vierde - Soos standaard-derdejaarprogram MODULE-INHOUDE VIR AKADEMIESE STEUNPROGRAMME (VGP s) 11572 TEKSTE IN DIE GEESTESWETENSKAPPE 113 12 Tekste in die 2L, 2T A & E Geesteswetenskappe (Inleidend) Die module rus studente op inleidende vlak toe met kennis, vermoëns en vaardighede om akademiese tekste in Geesteswetenskappe doeltreffend te lees en skryf. Die moduleinhoude sluit in studie van die retoriese struktuur, koherensie, kohesie, tekslinguistiese kenmerke, en argumentasiepatrone in verskillende akademiese genres in die Geesteswetenskappe. ʼn Stelsel van deurlopende assessering word gebruik. 143 12 Tekste in die Geesteswetenskappe (Voortgesette studie) 2L, 2T A & E Die module behels voortgesette studie en ontwikkeling van die kennis, vermoëns en vaardighede in lees en skryf van akademiese tekste soos aangebied in Tekste in die Geesteswetenskappe 113. Die module-inhoud is in die besonder gerig op die basiese metodologie van navorsing in die Geesteswetenskappe, argumentasiepatrone en die stilisties aanvaarbare weergawe daarvan. ʼn Stelsel van deurlopende assessering word gebruik. 26

65463 INLEIDING TOT DIE GEESTESWETENSKAPPE 178 24 Oorsig Inleiding tot die Geesteswetenskappe 3L, 1T T Hierdie module is ʼn fondasie-programeenheid wat spesifiek aangebied word vir studente wat vir die Verlengde Graadprogram geregistreer is. Dit bied ʼn inleiding tot die aard en spesifieke belange van die Sosiale Wetenskappe, Kunste, Tale en Taalwetenskap as studiegebiede binne die Geestewetenskappe. Basiese inhoude (insluitende inligting oor konsepte, beginsels, metodes en toepassings) geselekteer en aangebied deur verskeie dissiplines in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe sal ten doel hê om studente voor te berei vir: - studie in die Sosiale wetenskappe; - studie in die Kunste; - studie in Tale en Taalwetenskap. 188 24 Oorsig Inleiding tot die Geesteswetenskappe 3L, 1T T Hierdie module is ʼn basiseenheid wat spesifiek aangebied word vir studente wat vir die Verlengde Graadprogram geregistreer is. Dit bied ʼn inleiding tot die aard en spesifieke belange van die Sosiale Wetenskappe, Kunste, Tale en Taalwetenskap as studiegebiede binne die Geestewetenskappe. Basiese inhoude (insluitend inligting oor konsepte, beginsels, metodes en toepassings) wat deur verskeie spesifieke dissiplines in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe geselekteer en onderrig word, sal aangebied word ten einde studente voor te berei vir - studie in die Sosiale Wetenskappe - studie in die Kunste - studie in Tale en Taalwetenskap Let Wel: Inleiding tot die Geesteswetenskappe 178 en 188 word afwisselend in opeenvolgende jare aangebied. Suksesvolle voltooiing van Tekste in die Geesteswetenskappe 113, 143, Inleiding tot die Geesteswetenskappe 178, 188 en Inligtingvaardighede 174 is slaagvoorvereistes vir die Verlengde Graadprogram-student se verwerwing van ʼn graad. 53899 INLIGTINGVAARDIGHEDE Dit is ʼn uitgebreide module wat sowel ʼn fondasie-komponent as die volledige inhoud van Inligtingvaardighede 172 insluit. Na voltooiing van hierdie module sal studente ook aan die vereistes vir Inligtingvaardighede 172 voldoen. 53899 INLIGTINGVAARDIGHEDE 174 12 Basiese Informasie- en 1L, 2P, 1T A & E Rekenaarkompetensie Inleiding in die sinvolle en produktiewe gebruik van rekenaars en informasiesisteme om kennis te vind, dit visueel, syfer-, taal- en klankmatig te verwerk en vir akademiese omgewings sinvol te kan aanbied. Etiek en etiket van virtuele kommunikasie, regsaspekte van rekenaargebruik, elektroniese bronontdekking, akademiese verwysingstelsels. Basiese funksionaliteit in ʼn verskeidenheid van algemeen gebruiklike sagtewarepakkette. Word deurlopend geassesseer. 27