Nuusbrief 38 Vrydag, 13 November Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Similar documents
Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Vrydag, 17 November Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Vrydag, 10 November Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

WOUWTJIENUUS. Bo: Ezra Labuschagne (links) en Henk van t Wout (4de van links)

BenguFarm Bestelvorm

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Kos vir ons skoolkatte

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Vakature: Administratiewe Pos Anton van Wouw Pre-primêr

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Mandala Madness Deel 2

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Tariewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Direkte en indirekte rede *

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief Mei 2018

PROJEKTE DATUMS 2018

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Rut: n Liefdes Verhaal

Hoe om krag te spaar

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Nuusbrief 18 Vrydag, 26 Mei Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 8 9 Maart 2018

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

INSKRYWINGSVORM

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SIZA takes the sting out of auditing

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief Augustus AvW Juniorkoor is tops!

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

Geagte Ouers / Voogde en Florries

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Vinkie. Laerskool Fairland

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Nuusbrief 7 Vrydag, 27 Februarie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

10 Loffienuus 15 Junie Webblad:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Die Hoërskool DF Malan

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Sterdansers by Vensters.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vinkie. Laerskool Fairland

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Transcription:

Jy kan ook op ons voorblad adverteer! Kontak: lisa@wouwtjies.co.za LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie. Nuusbrief 38 Vrydag, 13 November 2015 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847

2 Oudisies vir Seniorkoor 2016 Bogenoemde oudisies vind plaas op Woensdag, 18 November 2015 vir alle leerders wat belangstel om in 2016 in die Seniorkoor te sing. Gr. 3 : 09:00 tot 10:00 Gr. 4-6 : 10:00 tot 12:00 Kandidate hoef niks voor te berei nie. Huidige koorlede hoef nie weer die oudisie af te lê nie. Me A den Boer 082 573 4867 Oh so pretty Photography 2

3 Vir meer besonderhede oor Afriforum se veldtog word u versoek om na afriforum se webtuiste te gaan. Kos vir ons skoolkatte Ons benodig dringend kos-skenkings vir ons skoolkatte. Enige katkos is welkom - indien u moontlik kan help, handig asb. by die Naskoolsentrum in. Byvoorbaat baie dankie! 3

EKSAMEN: NOVEMBER 2015 Die vakafbakening vir Gr. 4 tot 7 is reeds verlede week uitgegee. Maak asb. seker dat u kind vroegtydig begin leer! 4 DAG DATUM VAK GRAAD Woensdag 18 Nov. EBW Donderdag 19 Nov. Tegnologie Gr. 7 Vrydag 20 Nov. Sosiale Wetenskap Gr. 4-7 Maandag 23 Nov. Afrikaans Gr. 4-7 Dinsdag 24 Nov. LV/LO Gr. 4-7 Woensdag 25 Nov. Gr. 7 NW & Teg Gr. 4-6 Natuurwetenskap Gr. 7 Donderdag 26 Nov. Kuns & Kultuur Gr. 4-7 Vrydag 27 Nov. Wiskunde Gr. 4-7 Maandag 30 Nov. Engels Gr. 4-7 Die eksamentye vanaf Woensdag, 18 Nov. tot Maandag, 30 Nov. is soos volg: 07:25-07:40 Amfi 07:40-08:30 Leersessie 08:30-08:45 Pouse 08:45-11:00 Eksamensessie 11:00-11:20 Pouse 11:20-12:00 Leersessie NB! Handig alle boeke in! Bring ALLE handboeke en leesboeke saam op die dag van die eksamen. Dit word ingeneem en gekontroleer. Vanaf Dinsdag, 1 Desember, sal daar n spesiale rooster gevolg word, waartydens alle vraestelle uitgedeel, behandel en gekontroleer sal word. Dit is baie opvoedkundig om nasorg te doen... en ons finale kontrole dat alle punte reg is. Ons versoek u dus vriendelik, dog dringend, dat u kind wél teenwoordig sal wees. Alle vraestelle sal tydens die eksamensessie geskryf word. Leerders skryf in geallokeerde eksamenlokale - Gr. 4 en 6 en Gr. 5 en 7- leerders tesame. Géén storieboeke, rekenaarspeletjies of ipods word toegelaat nie! Leerders moet konstruktief besig wees met eksamenvoorbereiding. Sien asseblief toe dat leerders die nodige skoolboeke saambring sodat hulle in die eerste sessie vir die dag se vraestel kan voorberei, en die laaste sessie vir die volgende dag se eksamen. n Wagklas is vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar vir leerders wat nié vroeër afgehaal kan word nie. 4

SKOOLTYE: 18 NOVEMBER TOT 9 DESEMBER Die skool sal vanaf Woensdag, 18 November tot Dinsdag, 8 Desember om 12:00 vir alle leerders (Gr. 1 tot 7) sluit. Die skool sal op Woensdag, 9 Desember om 09:45 vir alle leerders sluit. Die Naskool sluit op Dinsdag, 8 Desember om 17:30 vir die duur van die Desembervakansie en heropen weer op Maandag, 11 Januarie 2016 om 07:15. Die Naskool is vanaf 18 Nov. tot 9 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die Naskool ontvang met studie-reëlings tydens die eksamen. n Aparte wagklas sal vir alle nie-naskoolleerders in die Grondslag- en Intersenfase vir die tydperk van 18 November tot 8 Desember vanaf 12:00 tot 5 13:40 beskikbaar wees. Voltooi asb. onderstaande skeurbriefie in dié verband. Maak asseblief seker dat u kind vanaf skoolsluitingstye, tuis onder toesig is....skeurbriefie... Ek, ouer van Gee toestemming en bevestig dat my kind(ers) vanaf Woensdag, 18 Nov. 2015 tot Dinsdag, 8 Desember om 12:00 by die skool afgehaal sal word en tuis onder behoorlike toesig sal wees. Reël asb. dat my kind(ers) die wagklas bywoon vanaf 18 November tot 8 Desember. My kind(ers) gaan die Naskool bywoon. Gr. Ouerhandtekening Kontaknommer 5

Herwinning 6 Sluitingsdatum vir beloningstelsel Met die eksamen wat binnekort begin, atletiek en ander bedrywighede op ons hakke gaan ons vroegtydig die datum vir die sluiting van die herwinningsbelonings bekend maak. Dit sal Vrydag 27 November wees aangesien punte verwerk moet word en pryse uitgedeel word voordat die skool sluit vir die jaar. Daar sal dus beloningskaartjies uitgedeel word tot en met die oggend van 27 November. Daarna is leerders steeds welkom om herwinning af te laai by die skool tot op die laaste dag, maar daar sal net nie enige kaartjies uitgedeel word nie. Maak asseblief seker dat alle kaartjies ingehandig word, kaartjies kan nie oorgedra word na volgende jaar nie, aangesien ons nuwe beloningskaartjies het wat die huidige gaan vervang. Herwinning Wastegroup Baie dankie Wouwtjies vir julle getroue herwinning. In die jaar het ons reeds 63 ton herwin. Vir die maand van September het ons 10 000kg herwin. Hou so aan, Wouwtjies - julle bewaar ons aarde! Interessante feite: Herwinning 1.42 miljoen kubieke meter vullis word jaarliks in Suid-Afrika gestort, waarvan die meeste in Gauteng. 2.5 Miljoen kubieke meter gevaarlike vullis word jaarliks gebruik met die grootste gedeeltes in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die gemiddelde vullis per persoon jaarliks in Suid-Afrika is 0,7 kg. Gemiddelde tydperk vir stowwe om te verweer (in Suid-Afrika) is soos volg : Polistireenkoppies - 50 per jaar Plastiekkoeldrank-houers - 400 per jaar Weggooidoeke - 450 per jaar Plastiekbottels - 450 per jaar Vislyn - 600 per jaar. E-waste Van af volgende jaar gaan ons ook elektroniese herwinning doen by die skool. Begin asb. solank om enige ou, ongebruike elektroniese toerusting te bêre! Prof AEW SOLUTIONS (PTY) LTD [AFRICA E-WASTE] Envirouw-groete Juf. Anè Friedrich Riana 0825619389 0828823366 6

7 SKAAK WORLD YOUTH CHESS CHAMPIONSHIPS 2015 GRIEKELAND Michal Oosthuizen was onlangs deel van n groep Suid-Afrikaanse skaakspelers wat aan die Wêreld Jeug Skaakkampioenskappe in Griekeland deelgeneem het. Die Suid-Afrikaanse groep het uit 28 spelers bestaan en die spelers het in verskillende ouderdomsgroepe van o.8 tot o.18 deelgeneem. Altesaam 1596 skaakspelers van regoor die wêreld het aan die kampioenskappe deelgeneem en ongeveer 90 lande is verteenwoordig. Michal het aan die o.10 Ope Afdeling deelgeneem en sy groep het uit 189 spelers bestaan. Die kampioenskappe het oor ʼn tydperk van 13 dae plaasgevind en het uit 11 rondtes bestaan. Michal het teen opponente van Peru, Georgië, Duitsland, Oostenryk, Kanada, Tsjeggo-Slowakye, Amerika, China en Kazikstan gespeel. Michal het n baie goeie toernooi gehad en het in sewe van die elf rondtes óf gelykop gespeel óf gewen. Hy eindig met vyf punte en doen tweede beste van die Suid-Afrikaanse groep. Die beste SA speler het 5.5 punte gekry. Michal se wêreldgradering styg ná die toernooi met 106 punte. Welgedaan, Michal! Ons is BAIE trots op jou - hou so aan in die toekoms! LW! Die laaste skaakoefening het op Wo. 11 November plaasgevind. Sien julle volgende jaar! HOKKIE Baie geluk aan Schalk Grobler, Corne Burger, Kieron du Plessis, DeWet Groenewald en Christian van Rooyen wat tot die o.13c-span van die Pretoria Pitbulls binnenshuise-hokkiespan verkies is. Hierdie seuns gaan in Desember aan die Nasionale Kampioenskappe in Durban deelneem. Welgedaan! Ons hou styf duim vas! 7

8 Onthou! VEREMARK DINSDAG, 17 NOVEMBER 09:00 tot 10:30 Almal is welkom om te kom saam kuier! Baie dankie vir u bydrae tot u kind se klas se stalletjie. 8

9 Ons doen platters en funksies ook! 9

Ek is opsoek na 'n tutor vir my kinders Gr. 9-Waterkloof en Gr. 6 AVW. Opsoek na onderwysstudent of iemand wat onderwys-kwalifikasie. Middagwerk van na skool tot 18:00 Kinders oplaai by skool. Huiswerk, projekte en bietjie naskool-aktiwiteite. Maar fokus op akademie. Goeie salaris & petrol/of gebruik v voertuig. Halfdagpos. Org Geldenhuys org@divisions.co.za 10 Pezula Golf Estate (Knysna) 4 slaapkamer huis met 4 en suite badkamers, swembad en braai area te huur. 27 November tot 11 Desember R1300 per dag Kontak George : 0832603052 VOERTUIGLISENSIES Hernuwings Registrasies Nommerplate Verander van ander provinsies na Gauteng CAS 082 431 5073 EXAMS!!!! When was your last dental exam? Don t delay, come right away! Dr. Lara van der Merwe (Dentist) Dr. Heidi Siebert (GP) Milnerstreet 294 (012) 460 4958 EXAMS!!!! When was your last dental exam? Don t delay, come right away! Dr. Lara van der Merwe (Dentist) Dr. Heidi Siebert (GP) Milnerstraat 294 (012) 460 4958 Opregte Geregistreerde GOLDEN RETRIEVER Hondjies Beide die Pa en Ma se heupe en elmboë is geskandeer en skoon verklaar. Gebore op 16 Oktober 2015. Skakel vir Linda by 0722466664 AU PAIR Ek soek 'n Au Pair vir 2016, drie middae van die week. Vir meer inligting kontak: Linda du Plessis 072 199 2238 Ultimate Kitchens Kombuise & ingeboude kaste Studeerkamers Dry walling & Plafonne Teelwerk & verfwerk 3D program. GRATIS KWOTASIES Glen Lord : 082 788 2772 10

KRIMPVARKIES TE KOOP Pragtige krimpvarkies te koop @ R1000 elk. Wyfies en mannetjies. Ideale troeteldiertjies en ʼn lekker manier om sakgeld te verdien! Kontak: Bietjie bekommerd oor volgende jaar? Moenie wees nie! Ek toets jou kind se perseptuele, taal en syfer vaardighede en gee aan jul albei gemoedsrus. Kontak my gerus Alicia De Lange 079 516 6304 NUUT BY MEDICINE SHOP! LIPOGON body sculpting n Nuwe, veilige en effektiewe manier om van weerstandige vetneerleggings ontslae re raak d.m.v. inspuitings in problem-areas. Omvattende patiëntstudies gedoen oor die produk! Navrae : 012 346 4317/8 Alternatiewe inspuitings vir verskeie problem. Begroefde Duitse produk o.a. vir lae energievlakke, voorkoming van griep / imuunstimulant en gewigsverlies 11 Ultimate upholstery Herstoffering van meubels Maak van kussings Ottomans en headboards Pelmits Gordyne & Blindings Binnehuisversiering Christa : 082 376 7605 Fully furnished granny flat -1KM FROM TUKS/LOFTUS RENT IN- CLUDES: (queen size bed, linen, large fridge/freezer, microwave, cutlery and crockery etc) Water and Electricity, cleaning lady once a week, laundry once a week, WIFI - 20mbps (capped). Flat screen TV with FULL DSTV (Premier Package), separate bathroom with shower, own entrance, undercover parking, alarm system (ADT 24/7) electric fence, use of swimming pool & must love dogs! Rent:R5 200 pm. Deposit:R5200. Available: December 2015. Long lease. 082 718 3210 / 083 660 5896 Michelle.vanschalkwyk@deltabec.com Betroubare Sarah dringend op soek na huiswerk. Sy het 30 jaar werksrekord by ons. Ons Verhuis. Aanwins vir enige huishouding. Rachel - 073 237 4566 Desember vakansie gaan u met vakansie ek sal na u diere omsien / R130 per besoek Cas : 082 431 5073 Jy kan ook in ons Wouwtjienuus adverteer! Kontak: annevl@wouwtjies.co.za lisa@wouwtjies.co.za Tel: (012) 460 6181 11

12 Sweef Dramaklasse word aangebied vir klein groepe van maksimum 3 per klas! Kommunikasie Afdeling: Ons bied hulp met REDENAARS, ONVOORBEREIDE PRAATJIES (met bronverwysingstegnieke), KONFLIKHANTERING (as deel van ons interpersoonlike kommunikasiekursus) EN LYFTAAL. Drama Afdeling: Kunswedstryd Afrig ng, Mimiek, Krea ewe Denke en Heerlike Konsert optredes. Drama- en Kommunikasievaardighede verbeter: Selfvertroue, krea ewe denke, konsentrasie, ruimtelike vaardighede, taalvaardighede (Afrikaans en Engels), emosionele intelligensie en ontspanning volgens die Chladek-bewegingstegniek. Fasiliteerders: Celia van den Berg (D Phil in Neuro-opvoedkundige Drama) Louis Fourie (BTek Drama) Kontak: Celia 082 5655 082 of celia@3gi.co.za Lees meer op: h p://sweefdrama.co.za 12

Bestelling van Kwartaal 4 se groepfoto s Die groepfoto s wat geneem is, is beskikbaar in A5 grootte. Indien u n bestelling wil plaas, vul asseblief die onderstaande vorm 13 in en stuur dit, tesame met die korrekte bedrag geld in n koevert, na die finansiëlekantoor. Indien u elektronies wil betaal, heg asseblief die bewys van betaling by die bestelling aan (FNB ONeills Photographers Tjek rekening 62307533548 tak nr. 250655) Die Bestellings moet teen Vrydag, 20 November by die finansiële kantoor ingedien word. Alle laat bestellings kan direk by O Neills2@mweb.co.za geplaas word. Hul epos adres is oneills2@mweb.co.za Leerder se naam en van: Graad: / (dui asb. spesifieke klas ook aan, bv. 3V) Ouer se kontaknommer: Leerder se naam en van: Gr. / (bv3/v) Naam van groepfoto Wouwtjiekunstefees Gala-Aand: Juniors Wouwtjiekunstefees Gala-Aand: Seniors Musieksentrum: Seniors Musieksentrum: Junior Leerderraad 2015 Graad 7 Groep 2015 Aantal foto s wat u wil bestel A4: R50 A5: R35 (20 x 30 cm) (15 x 20 cm) Junior Swemspan Swem A-Span Swem B-Span Radikale Redenaars Graad 7 Groep Funny Radikale Redenaars: Gauteng Finaal Radikale Redenaars: Nasionale Finaal Gemengde Muurbalspan Gholf A-Span Gholf A-Span Funny Gholf B-Span Gauteng Ruiterspan IDO World Dance Championships 2014 TOTAAL R R 13

14 Bel ons vir jou Kommersiële & Industriële Eiendomsbehoeftes! Areas: Route 21 Corporate Park, Centurion & Louwlardia T 012 345 55 55 property@divisions.co.za www.abacusdivisions.co.za 14

BAIE DANKIE AAN ROSA, DIE KLEREBANK-TANNIE! Ons wil graag vir Rosa Barnard BAIE DANKIE sê vir al haar moeite en opoffering om die klerebank-winkel te bestuur. Sy was en sorteer elke kledingstuk met sóveel sorg en help sy u om tweedehandse skoolklere te koop. Rosa, baie dankie vir die groot werk en ure wat jy en Elias ingesit het om die klerebank-winkel op te knap en in te rig. Dankie vir jou bemoeienis, omgee, en die manier hoe jy met die ouers en kinders werk. Jy kry nie n sent vir al jou ure nie en ons wil jou net opreg bedank vir hierdie onbaatsugtige gebaar! 15 MA S WAT OMGEE Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (Markus 11:24) 'For this reason I am telling you, whatever things you ask for in prayer [in accordance with God s will, believe [with confident trust] that you have received them, and they will be given to you. (Mark 11:24 Amp) 15

16 16