STRESSIMPTOMATOLOGIE BY NOOOOIENSPERSONEEL MARINDA OOSTHUIZEN MAGISTER COMMERCII BEDRYFSIELKUNOE UNIVERSITEIT VAN SUIO-AFRIKA

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Rut: n Liefdes Verhaal

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE VERW ANTSKAP TUSSEN STRES EN PERSOONLIKHEIDSWEERSTANDSBRONNE BY BESTUURDERS TYDENS TRANSFORMASIE. deur NELIA BARNARD

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

BenguFarm Bestelvorm

SIZA takes the sting out of auditing

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

DIE FENOMENOLOGIESE BELEWENIS VAN DISSOSIATIEWE IDENTITEITSVERSTEURING. deur. Ester van Wyk VERHANDELING

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

9 Holistiese model van n veranderingproses

HOOFSTUK 1 INLEIDING TOT DIE NAVORSINGSPROSES. Epilepsie is een van die verskynsels wat oor die eeue saam met die mens

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

Studentenommer: Ek verklaar hiermee dat:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

GESTALT-GROEPTERAPIE MET VROЁE ADOLESSENTE NA DIE DOOD VAN N OUER EN DIE BENUTTINGSWAARDE VAN SCRAPBOOKING AS HULPMIDDEL. deur TARIEN HAMMAN

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

COPING IN DIE SUID-AFRIKAANSE GEHEIME DIENS: 'N FORTIGENE-BENADERING

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Uit Moerdijk se pen Man en Media

DIE INVWED VAN STRES OP DIE AKADEMIESE PRESTASIE VAN DIE VOLWASSENE-LEERDER: 'N ORTO-ANDRAGOGIESE STUDIE. deur JAN WILLEM LOTZ

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 12-PUNTE AS VOORSPELLER VAN SUKSES IN WISKUNDE BY N UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

DIE VERBAND TUSSEN PSIGOSOSIALE FAKTORE EN UITBRANDING BY ENTREPRENEURS

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

STANDAARDISERING VAN N GESTRUKTUREERDE OBJEKTIEWE TEMATIESE APPERSEPSIE-TOETS. deur CORNELIA MAGRIETHA PEEK

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

DIE GEBRUIK VAN DIE ONTWIKKELINGSGEFASILITEERDE GROEPMODEL VIR EGSKEIDINGSGETRAUMATISEERDE ADOLESSENTE

N GESTALTPERSPEKTIEF OP DIE BELEWING VAN WELSTAND BY LAERSKOOLONDERWYSERS: VERKENNENDE STUDIE. deur ILZE DU PLESSIS

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

ʼn Model vir die gebruik van Bybelse narratiewe in die pastoraat aan kinders tussen die ouderdom van 6 en 13 jaar

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

PSIGOLOGIESE VAARDIGHEDE EN SPORTPRESTASIE BY SUID-AFRIKAANSE SUPER12-RUGBYSPELERS PIETER KRUGER

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Departement Christen Spiritualiteit, Kerkgeskiedenis en Sendingwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Pretoria

HOOFSTUK 4 KWALITATIEWE DATA-ANALISE

DROOMONTLEDING: N OPVOEDKUNDIG-SIELKUNDIGE HULPMIDDEL VIR INSIG IN DIE EMOSIONELE PROBLEME VAN ADOLESSENTE. deur ANITA CATHERINA JONES

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

DIE ROUPROSES FREDRIKA DE VILLIERS. Dit is belangrik om daarop te let dat rou nie net tot die dierbares beperk is wat direk aan die sterwende

n PROGRAM VIR DIE HUWELIKSONTWIKKELING VAN MIGRANTE EGPARE

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

Direkte en indirekte rede *

Die leerondersteuningonderwyser se persepsie rakende die benutting van spelterapie vir grondslagfase-leerders met besondere onderwysbehoeftes

ʼn Ondersoek na entrepreneuriese oriëntering by geselekteerde openbare skole in Gauteng. J.H Malan

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

MARIANNE VAN DER HOVEN

DIE INVLOED VAN ORGANISASIEKLIMAAT OP WERKSMOTIVERING. deur FRANS JACOBUS GERBER. voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad

DIE IMPAK VAN INTERGENERA- TIEWE TRAUMA. VERKENNENDE PERSPEKTIEWE TESAME MET ENKELE PASTORALE KANT- AANTEKENINGE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Die verband tussen organisasiekultuur en werkstevredenheid onder die personeel van 'n vervaardigingsorganisasie.

Die invloed van meerdere avontuur-gerigte ervaringsleerprogramme (AEL) op die retensie van indiwiduele gedragsveranderings: n Gevallestudie

C"k)o.-,t/1'l I /4-/ 1Cf17

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Hoe om krag te spaar

ONDERSOEK NA DIE DAARSTELLING VAN BELEID VIR DIE ORGANISERING VAN SPORT~ EN REKREASIEDIENSTE VAN DIE SUIDELIKE PRETORIA METROPOLITAANSE SUBSTRUKTUUR

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Transcription:

STRESSIMPTOMATOLOGIE BY NOOOOIENSPERSONEEL deur MARINDA OOSTHUIZEN voorgele ter gedee1te1ike vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER COMMERCII in die vak BEDRYFSIELKUNOE aan die. UNIVERSITEIT VAN SUIO-AFRIKA STUOIELEIER: MEV M BREED NOVEMBER 1994

Die digter, Charles Bukowski,, het die volgende geskryf' "It's not the large things that send a man to the madhouse... no, it's the continuing series of small tragedies that send a man to the madhouse. Not the death of his love, but a shoelace that snaps with no time left... "

INHOUDSOPGA WE Bedanldngs Opsomming Summary i ii iii HOOFSTUK I: INLEIDING EN PROBLEEM- EN DOELSTELLING 1 1.1 /nleiding en probleemstelling 1 1. 2 Doelstellings 5 1. 3 Sentrale hipotese 6 1. 4 Vooruitskouing 6 HOOFSTUK 11: DIE AARD VAN STRESSORS (KRIS/SSE EN RAMPE) 7 EN DIE REAKSIE DAAROP 2.1 Inleiding 7 2.2 Begripsomskrywings 7 2.2.1 Krisisse 7 2.2.2 Rampe 8 2.3 Tipes krisisse 9 2.3.1 Die ontwikkelingskrisis 9 2.3.2 Die situasionele krisis 10 2.3.3 Die gewelddadige krisis 10 2.4 Kenmerke van krisisse 10 2.5 F ases van krisisse 11 2.5.1 Prekrisisfase 11 2.5.2 Impakfase 11 2.5.3 Krisisfase 12 2.5.4 Oplossings- of resolusiefase 12 2.5.5 Postkrisisfase 12 2.6 Krisisreaksies by slagoffers 13 2.6.1 Faktore wat reaksies by gewelddadige krisisse beinvloed 14 2.6.2 Reaksies tydens en direk na die impakfase 15 2.6.3 Reaksies tydens die postkrisisfase 17 2.7 Krisisreaksies by krisiswerkers 19 2.7.1 Faktore wat 'n invloed uitoefen op die reaksie 19 van die krisiswerker 2.7.2 Krisisreaksies van krisiswerkers tydens die 20 impakfase 2.7.3 Krisisreaksies van krisiswerkers tydens die 22 postkrisisfase

2.8 Samevatting 24 HOOFSTUK III: DIE ROL VAN DIE HELPER TYDENS 'N KR/SIS EN DIE EFFEK VAN KRISISWERK OP DIE HELPER 25 3.1 Inleiding 3.2 Algemene krisisintervensie 3.2.1 Begripsomskrywing 3.2.2 Doelwitte van krisisintervensie 3.2.3 Filosa.fie van krisisintervensie 3.2.4 Krisisintervensiemodel van Mitchell 3.3 Kommunikasie as integrale dee[ van krisisintervensie 3.3.1 Doelwitte van krisiskommunikasie 3.3.2 Reels van kommunikasie 3.3.3 Luistervaardighede 3.3.4 Eienskappe van 'n goeie kommunikeerder 3.3.5 Struikelblokke in kommunikasie 3.4 Die effek van krisiswerk op die helper 3.4.1 Stres 3.4.1.1 Begripsomskrywing 3.4.1.2 Die aard van stres 3.4.1.3 Bronne van stres 3.4.1.4 Negatiewe effek van stres 3.4.2 Die uitbrandingsindroom 3.4.2.1 Begripsomskrywing 3.4.2.2 Oorsake van uitbranding 3.4.2.3 Kenmerke van psigologiese uitbranding 3.4.2.4 Pases van uitbranding 3.4.2.5 Bantering van psigologiese uitbranding 3.4.3 Posttraumatiese stresversteuring (PTSV) 3.4.3.1 Inleiding 3.4.3.2 Omskrywing van PTSV 3.4.3.3 Diagnostiese vereistes vir PTSV 3.4.3.4 Die ontstaan van PTSV 3.4.3.5 Die dimensies van PTSV-simptomatologie 3.4.4 Vergelyking tussen die sindrome van posttraumatiese stresversteuring en uitbranding 3.5 Samevatting 25 25 25 26 26 27 29 30 30 32 32 33 35 35 35 37 38 43 45 45 47 48 52 54 56 56 56 57 59 60 61 62

HOOFSTUK IV: SALUTOGENIESE KONSTRUKTE AS MODERATOR VERANDERLIKES 64 4.1 Inleiding 4.2 Salutogenese 4.2.1 Inleiding en begripsomskrywing 4.2.2 Die belangrikste versldlle tussen die patogeniese paradigma en die salutogeniese paradigma 4.2.3 Implikasies van die salutogeniese paradigma 4.3 Salutogeniese konstrukte 4.3.1 Koherensiebelewing 4.3.2 Geharde persoonlikheid 4.3.3 Mag of potensie 4.3.4 Stamina 4.3.5 Aangeleerde vindingrykheid 4.3.6 Lokus van kontrole 4.4 Samevatting 64 64 64 66 67 69 70 77 78 78 79 80 81 HOOFSTUK V: EMPIRIESE ONDERSOEK 82 5.1 Inleiding 5.2 Steekproef 5.3 Meetinstrumente 5.3.1 Biografiese vraelys 5.3.2 Koherensie-vraelys 5.3.3 Pines-uitbrandingskaal 5.3.4 Posttraumatiese-stresversteuringsvraelys 5.3.5 Stresvraelys 5.4 Prosedure van ondersoek 5.5 Hipoteses 5.6 Statistiese benadering vir die verwerldng van die gegewens en die toetsing van die hipoteses 5.6.1 Inleiding 5.6.1.l Ka.tegoriese data-ontleding 5.6.1.2 Beskrywende statistiek 5.6.1.3 Toetsing van gemiddeldes met behulp van studentt-toetse 5.6.1.4 Analise van variansie 5.6.1.5 Logistiese regressie 82 82 83 83 84 86 89 91 94 94 98 98 98 99 99 100 101

5.6.1.6 5.6.1.7 5.6.1.8 5.6.1.9 5.6.1.10 5.7 Diskriminantontleding Stapsgewyse regressie-ontleding P-waarde Kl.assifikasiefanksies in diskriminantontleding Lineere regressie Samevatting 102 103 103 104 104 104 HOOFSTUK VI: 6.1 Inleiding RESULTATE 105 105 6.2 6.2.1 6.2.2 6.3 6.3.1 6.3.2 6.3.3 6.3.4 6.3.5 6.3.6 6.3.7 6.3.8 6.4 6.4.1 6.4.2 6.5 6.5.1 6.5.2 6.6 6.6.1 6.6.2 Beskrywende statistiek vir die steekproef Biografiese inligting Kwantitatiewe veranderlikes Kategoriese data-ontleding Verskil tussen administratiewe en ambulanspersoneel ten opsigte van siening van die werk as stresvol Verskil tussen administratiewe en ambulanspersoneel ten opsigte van die belewing van PTSV Siening van die werk as stresvol teenoor ouderdom Siening van die werk as stresvol teenoor huwelikstaat Siening van die werk as stresvol teenoor aantal diensjare Siening van die werk as stresvol teenoor belewing van PTSV Siening van die werk as stresvol teenoor die aantal noodoproepe per dag ontvang Die belewing van PTSV teenoor die aantal noodoproepe per maand ontvang Hipotesetoetsing Student-t-toetse Analise van variansie (ANOVA) F-toets Logistiese regressie Logistiese regressie ten opsigte van siening van die werk as stresvol Logistiese regressie ten opsigte van PTSV Diskriminantontleding Diskriminantontleding ten opsigte van siening van die werk as stresvol Diskriminantontleding ten opsigte van PTSV 105 105 107 108 108 109 109 110 111 112 112 113 114 114 121 124 124 125 125 125 126

6.7 Lineere regressie 127 6.7.1 Afhanldike veranderlike: Koherensie (slegs 127 ambulansmanne) 6.7.2 Afhank/.ike veranderlike: Koherensie (slegs 127 ambulansmanne wat hul werk as stresvol sien) 6.7.3 Afhanldike veranderlike: Koherensie (slegs 128 ambulansmanne wat hul werk as stresvol sien en aan PTSV ly) 6.7.4 Afhanldike veranderlike: Koherensie (slegs 128 ambulansmanne wat hul werk as nie-stresvol sien en nie aan PTSV ly nie) 6.7.5 Afhanklike veranderlike: Koherensie (slegs 128 ambulansmanne wat hul werk as nie-stresvol sien) 6.7.6 Afhanklike veranderlike: Koherensie (slegs 129 ambulansmanne wat hul werk as stresvol sien en minder as vyf jaar diens het) 6.7.7 Afhanldike veranderlike: Koherensie (slegs 129 ambulansmanne wat hul werk as stresvol sien en meer as vyf jaar diens het) 6.7.8 Afhanklike veranderlike: Koherensie (slegs 130 ambulansmanne wat hul werk as stresvol sien en jonger as 30 jaar is) 6.7.9 Afhanklike veranderlike: Koherensie (slegs 130 ambulansmanne wat hul werk as stresvol sien en ouer as 30 jaar is) 6.8 Samevatting 130 HOOFSTUK Vil: INTERPRETASIE EN AANBEVELINGS 131 7.) lnleiding 131 7.2 Interpretasie van resultate 131 7.2.l Eksperimentele groep versus kontrolegroep 131 7.2.2 Die invloed van koherensiebelewing op siening 133 van die werk as stresvol, die insidensie van stressimptome, psigologiese uitbranding en PTSV 7.2.3 Die invloed van biografiese veranderlikes op 134 siening van die werk as stresvol, die insidensie van stressimptome, psigologiese uitbranding, PTSV en koherensiebelewing

7.3 7.3.1 7.3.2 7.4 Aanbevelings Aanbevelings vir die organisasie (Stadsraad van Pretoria) en die individu Aanbevelings vir verdere navorsing Samevatting 137 137 139 140 Bronnelys Bylaes 141

i BEDANKINGS Hiermee wil ek graag my opregte dank, waardering en erkentlikheid betuig teenoor die volgende persone wat direk of indirek bygedra het tot die voltooiing van hierdie studie: Mev Marita Breed, my studieleier, vir haar bekwame leiding en belangstelling gedurende hierdie studie. Mnr Wiek Alberts, die Brandweerhoof, vir die beskikbaarstelling van die Ambulanspersoneel vir die studie. Mnr Ivan Stevens, vir goedkeuring verleen om die navorsing by die Stadsraad van Pretoria te onderneem. Alie betrokke Departementshoofde, vir die beskikbaarstelling van die proefpersone vir die studie. Paul Mostert, vir die verwerking van die statistiek. Lorraine Marais, vir haar bekwame en akkurate tikwerk, asook die nodige afronding. Kirsten du Plooy, vir die deeglike taalkundige versorging. My ouers, Bennie en Helen Oosthuizen, vir hul konsekwente en volgehoue lie/de, vertroue en morele ondersteuning deur die jare heen, asook hul finansiele steun tydens my formele studiejare. Trudie Heyns, vir haar geduld, konstante aanmoediging, ondersteuning en geloof in my. Mariaan van Aardt, vir haar ondersteuning en belangstelling in my studie. Selna Boshoff en Jaco Oosthuizen, vir hul lie/de en ondersteuning.

ii OPSOMMING STRESSIMPTOMATOLOGIE BY NOODDIENSPERSONEEL Die studie folw.s op die effek van krisiswerk op die helper in terme van stres, die uitbrandingsindroom en posttraumatiese stresversteuring (PTSV). Salutogeniese konstrukte as moderatorveranderlikes in die stres-siekte-verhouding word ook ondersoek. 'n Beski.kbaarheidsteekproef van 52 ambulansmanne en 52 kontrolegroepwerkers is verkry. Biografiese, koherensie-, uitbrandings-, PTSV- en stresvraelyste is ingevul en statisties verwerk. Resultate dui daarop dat ambulansmanne hul werk as buitengewoon stresvol beleef en dat meer ambulansmanne diagnoseerbare PTSV vertoon. Daar blyk geen verski.l tussen die twee groepe te wees nie met betrekldng tot die voorkoms van uitbranding en streservaring. 'n Negatiewe verband tussen koherensiebelewing en die voorkoms van stressimptome en uitbranding is verkry. Ambulansmanne het 'n buitengewoon stresvolle werk en vertoon meer simptome van stresversteurings as mense in ander beroepe. Aanbevelings word gedoen oor hoe om die negatiewe konsekwensies van stres te verminder.

iii SUMMARY STRESS SYMPTOMATOLOGY AMONG EMERGENCY SERVICE STAFF The study focuses on the effect of crisis work on the assistant in terms of stress, the burnout syndrome and post-traumatic stress disorder (PTSD). Salutogenic constructs as moderator variables in the stress-illness relationship are also investigated. An availability sample of 52 ambulancemen and 52 control group workers was obtained. Biographic, coherence, burnout, PTSD and stress questionnaires were completed and statistically processed. Results indicate that ambulancemen experience their work as exceptionally stressful and that more Ambulancemen display diagnosable PTSD. There appears to be no difference between the two groups in respect of the incidence of burnout and experience of stress. A negative connection between the experience of coherence and the incidence of stress symptoms and burnout was obtained. Ambulancemen have an exceptionally stressful job and display more symptoms of stress disorders. Recommendations are made on how to reduce the negative consequences of stress. KEY TERMS Stress; Burnout syndrome; Post-traumatic stress disorder (PTSD); Salutogenic constructs; Sense of coherence; Stress-illness relationship; Crises; Disaster; Trauma; Communication; Ambulanceman; Age; Marital state.

HOOFSTUKI INLEIDING EN PROBLEEM- EN DOELSTELLING 1.1 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING Die meeste mense voer 'n gebalanseerde, bestendige, dag-tot-dag-bestaan. Hulle ervaar 'n mate van harmonie in hulle denke, gevoelens en fisiologiese behoeftes. Hierdie bestendige toestand waarin mense onder normale omstandighede verkeer, staan bekend as 'n ekwilibrium of ewewig. Hierdie ewewig sal bly voortbestaan so lank daar geen emstige steurings deur eksterne faktore op die individu inwerk nie. lndien 'n versteuring van die ewewig wel voorkom, poog 'n individu om so spoedig moontlik na die ewewig terug te keer. Die ekwilibrium word gekenmerk deur 'n balans tussen die individu se emosies en denke. Str.es veroorsaak dat hierdie toestand van ewewig verbreek word en dat die individu se emosies die oorhand oor sy denke kry. So 'n persoon vind dit moeilik om logies en rasioneel te dink en te redeneer en lam selfs tydelik psigotiese eienskappe toon (Mitchell & Resnik, 1981). Al.le mense is aan 'n sekere mate van stres onderworpe en daarom is die bestudering van stres en stressimptome uiters belangrik en verdien dit navorsingsaandag. Nooddienspersoneel ervaar egter nog verdere en eiesoortige stressors in die uitvoering van hulle daaglikse pligte. Hulle word blootgestel aan situasies wat 'n geweldige impak op die psigiese dimensie van die mens het, byvoorbeeld traumatiese gebeure, grusame ongelukke en optrede in lewensgevaarlike situasies, soos die blus van brande binne geboue, beveiliging van ongelukstonele op snelwee, ritte teen hoe snelheid in noodvoertuie tydens spitstye,

2 reddingsaksies in ongure weersomstandighede, ensovoorts. Alhoewel nooddienspersoneel opgelei is om sulke situasies te hanteer, kan daar aanvaar word dat hulle verhoogde blootste/ling 'n impak op hul funksionering kan uitoefen. In kontras met die algemene opinie dat helpers nie deur traumatiese gebeure geraak word nie, het 'n krisis ook op hulle 'n ingrypende effek en is hul/e geneig om op die Zange duur diesel/de simptome as die slagoffers te ontwikkel (Mitchell & Resnik, 1981). Hierdie krisisse gee aanleiding tot die ontstaan van stres by die individu, iets wat in die bedryf toenemend voorkom. Hierdie stres wat deur nooddienspersoneel ervaar word, staan bekend as kritiese-insidentstres (/(JS). Mitchell (1983) omskryf 'n kritiese insident as enige situasie waarin nooddienspersoneel ernstige, ongemaldike emosies op die toneel beleef en waar die emosies 'n intlloed op hulle werkverrigting op die toneel self of later in hulle!ewe het. Die aard van nooddienspersoneel se werk lei verder daartoe dat hulle in toenemende mate blootgestel word aan infeksies, waaronder VIGS en Hepatitis B seker van die gevaarlikste is. Psigiatriese, dwelm- en drankprobleme asook huweliksprobleme kom meer dikwels by die beroepsgroep as by ander groepe voor (Cloete, 1985). Gedurende die dertigerjare het Harold Wolff van Cornell Mediese Kollege gevind dat verkoues, griep, maagsere, artritis, hartsiektes en tuberkulose met stres verband hou (Girdano & Everly, 1986). Fisiese en emosionele slytasie verswak die organisme, uitputting volg en die persoon word vatbaar vir siektes. Stres het dus 'n invloed op arbeidsomset, afwesigheid van werk weens siekte, swak hantering van mense as gevolg van psigiese uitbranding, ensovoorts.

3 Stres gee ook aanleiding tot psigiese simptome, byvoorbeeld kognitiewe, affektiewe en gedragsimptome. Cox (1978: 139) wys daarop dat swak konsentrasie en beperkte geheue tipies is van oormatige spanning. Dit lei tot verlaagde produktiwiteit, wat op sy beurt ook weer stres kan verhoog. Stres kan 'n persoon se siening van homself negatief bei"nvloed sodat hy voel dat sy bydraes by sy werk, huis en gemeenskap nie betekenisvol is nie. Mense met oormatige stres kan ook meer ongeluksvatbaar wees as gevolg van swak konsentrasievermoe. 'n Groot mate van spanning gee aanleiding tot die ontstaan van twee toestande wat by sowel die slagoffer as die helper aanwesig kan wees, naamlik die uitbrandingsindroom, wat die gevolg van chroniese stres is (Maslach & Jackson, 1981), en posttraumatiese stresversteuring (PTSV), wat die gevolg van 'n skielike, eenmalige, uiters traumatiese gebeurtenis is (Boulanger, 1985). Langdurige blootstelling aan kritiese-insidentstres sander enige ontlonting en ondersteuningsterapie gee aanleiding tot psigologiese uitbranding. Die voortdurende aanskouing van gebrokenheid en pyn en die onophoudelike stryd vir die mens se lewe teen die dood, die worsteling met etiese kwessies, die hoe frekwensie van hulle werk, Zang werksure en blootstelling aan alle fasette van menswees dra daartoe by dat nooddienspersoneel op een of ander stadium uitgebrand kan raak indien hulle nie vroegtydig hulp ontvang nie. Pines, Aronson en K.afry (1981: 17) omskryf psigologiese uitbranding as 'n toestand van fisiese, emosionele en kognitiewe vermoeidheid, byvoorbeeld fisiese uitputting, gevoelens van hulpeloosheid, emosionele dreinering, ontwikkeling van 'n negatiewe selfkonsep en negatiewe houdings teenoor die werk, die lewe en ander mense. Uitbranding kom meestal voor by persone wat met mense werk, veral in die helpende professies.

4 Die DSM-III-R (1987) omskryf PTSV as die ontwikkeling van sekere kenmerkende simptome na aanleiding van 'n psigologies traumatiese gebeurtenis of gebeurtenisse wat buite die normale menslike ervaringsveld le. PTSV is dus 'n reaksie op 'n eksterne stressor, byvoorbeeld 'n natuurramp, verkragting, aanranding, ensovoorts. Mitchell (1988) se navorsing toon dat 4% van nooddienspersoneel PTSV met onomkeerbare gevolge ontwikkel, wat in ernstige psigologiese simptome en toestande kan ontwikkel. PTSV en psigologiese uitbranding is dus die eindresultaat van langdurige, oorweldigende, vermoeiende ervarings van kritiese-insidentstres sonder enige vorm van hulp. Beide hierdie toestande hou ernstige konsekwensies vir sowel die individu as die organisasie in. /ndien 'n individu 'n stresversteuring ontwikkel, beleef hy negatiewe emosies en verminder sy betrokkenheid by die omgewing (Maslach & Jackson, 1981). Die organisasie verloor dus 'n kreatiewe, betrokke werknemer en eis produktiwiteit van 'n ontnugterde, siniese persoon wat nie meer in sy werk of omgewing belangstel nie. Kritiese-insidentstres kan ongetwyfeld die oorsaak daarvan wees dat uitstaande, toegewyde nooddienspersoneel hulself oorgee aan drank- of verdowingsmiddelmisbruik, buite-egtelike verhoudings en selfmoordgedagtes. Dit dien ook as 'n bydraende faktor tot gesinsverbrokkeling, depressie, aggressie en frustrasie wat skynbaar sonder rede ontstaan. Doeltreffendheid neem af en word nadelig bei"nvloed en daarom is dit noodsaaklik om ondersoek in te stel na die invloed van stres/stressors binne die werksituasie op nooddienspersoneel. /ndien nooddienspersoneel wel stres ervaar, moet daar oak gekyk word na hul behoefte aan hulp met die hantering daarvan. Dit is belangrik om vas te stel wat die impak van 'n!crisis of krisisse op die helpers is. Dit is noodsaaklik dat die helpers psigologies gesond en voorbereid moet wees, sodat hulle effektief kan fanksioneer.

5 In die Zig van bogenoemde is daar besluit om vas te stel of negatiewe simptome van stres by nooddienspersoneel aanwesig is, of hulle hul werk as stresvol ervaar (en indien we!, of hulle dit in hoer mate so ervaar as 'n ander groep werkers van vergelykbare posvlakke), of hulle simptome van posttraumatiese stres of psigologiese uitbranding of beide ervaar en in watter mate PTSV en die uitbrandingsindroom ooreenstem. Is daar 'n verband tussen 'n faktor soos die aantal diensjare by die Departement Brandweer- en Ambulansdienste en die mate van stres wat ervaar word? Indien negatiewe simptome van stres wel ervaar word, is daar 'n behoefte aan psigologiese hulpverlening met die hantering daarvan? 1.2 DOELSTELLINGS 1.2.1 Om vanuit die literatuur die volgende te belig: 1.2.l.l Die aard van krisisse/rampe en die algemene effek daarvan op die slagoffers en helpers; 1.2.1.2 die aard en omvang van stressimptomatologie by nooddienspersoneel; 1.2.1.3 die aard van en ooreenkomste en verskille tussen die sindrome van PTSV en psigologiese uitbranding; 1.2.1.4 die invloed van salutogeniese konstrukte as moderatorveranderlikes. 1.2.2 Om by wyse van 'n empiriese ondersoek die volgende vas te stel: 1.2.2.1 Of daar ten opsigte van siening van die werk as stresvol, die insidensie van stressimptome, psigologiese uitbranding, PTSV en koherensiebelewing 'n verskil bestaan tussen die eksperimentele groep en die kontrolegroep;

6 1.2.2.2 of daar by die eksperimentele groep 'n verband bestaan tussen koherensiebelewing en siening van die werk as stresvol, die insidensie van stressimptome, psigologiese uitbranding en PTSV; 1.2.2.3 of daar by die eksperimentele groep 'n verband bestaan tussen die biografiese veranderlikes, naamlik ouderdom, huwelikstaat, dienstydperk en aantal noodoproepe ontvang, en siening van die werk as stresvol, die insidensie van stressimptome, psigologiese uitbranding, PTSV en koherensiebelewing. 1.2.3 Op grand van die literatuurstudie en die bevindinge van die empiriese ondersoek word 'n aantal aanbevelings aan die Departement Brandweer- en Ambulansdienste van die Stadsraad van Pretoria gedoen. 1.3 SENTRALE HIPOTESE Dit is wenslik dat psigologiese hulp met die hantering van stres aan ambulansmanne verleen word, omdat hulle hul werk as stresvol beleef en meer simptome van PTSV en psigologiese uitbranding as 'n kontrolegroep werkers openbaar, en omdat daar 'n subjektiewe behoefte aan sodanige hulp bestaan. 1.4 VOORUITSKOUING In Hoofstuk II word die aard van stress ors (krisisse en rampe) en die reaksie daarop nader ontleed. Hoofstuk III sit die rol van die helper tydens 'n krisis en die effek van krisiswerk op die helper uiteen, met spesifieke verwysing na stres, PTSV en die uitbrandingsindroom. Hoofstuk IV bespreek salutogeniese konstrukte as moderatorveranderlikes tydens die hantering van spanning. In Hoofstuk V, VI en VII word die empiriese ondersoek uiteengesit en die resultate daarvan bespreek, op grand waarvan dan enkele aanbevelings gedoen word.

HOOFSTUKII DIE AARD VAN STRESSORS (KRIS/SSE EN RAMPE) EN DIE REAKSIE DAAROP 2.1 INLEIDING In hierdie hoofstuk word daar aandag gegee aan die omskrywing van die begrippe "krisis" en "ramp". Die vers!dllende tipes krisisse, kenmerke en fases van krisisse en die effek van krisisse op die individu word bestudeer. Laastens word slagoffers en krisiswerkers se reaksies op krisisse nader ontleed. 2.2 BEGRIPSOMSKRYWINGS 2.2.1 Krisisse Mitchell & Resnik (1981) omskryf die begrip "krisis" as enige ernstige versteuring van die ewewig of ekwilibrium van 'n persoon, familie of groep. 'n Krisis is dus 'n toestand van emosionele verwarring of, anders gestel, 'n emosioneel betekenisvolle gebeurtenis wat kan lei tot 'n keerpunt in 'n persoon se lewe. Volgens Parad (1965) is 'n krisis stresvolle omstandighede wat belangrike lewensdoelwitte van 'n persoon in gevaar stel en sodoende hoe vlakke van angs, onsekerheid en spanning by die persoon veroorsaak. 'n Krisis is dus nie net die gebeure nie, maar ook die staat van disekwilibrium. Volgens Parad (1965) word die begrippe "krisis" en "stres" dikwels uitruilbaar gebruik. In teenstelling met stres, wat oor die algemeen negatief ervaar word en oor patogeniese potensiaal bes!dk, word 'n krisis beskou as 'n geleentheid om groei te bewerkstellig. WI. Thomas (in Parad, 1965) beskou 'n krisis as 'n katalisator wat ou gewoontes versteur, nuwe reaksies

8 ontlok en nuwe ontwikkelinge moontlik maak. 'n Krisis veroorsaak dus 'n behoefte aan aksie en die ontstaan van nuwe hanteringsmeganismes. Schulberg, soos aangehaal deur Cohen & Ahearn (1980), noem die volgende vyf kenmerke van krisisse: 'n Tydopeenvolging wat vinnig ontvou; drastiese veranderinge in gedrag; persoonlike gevoelens van hulpeloosheid; spanning in die individu se persoonlike en sosiale sisteem; en 'n persepsie van persoonlike bedreiging. Cohen & Ahearn (1980) omskryf die begrip "krisis" as 'n kritieke tyd in 'n persoon se [ewe, 'n keerpunt wat sowel fisiese as emosionele gevolge vir die individu inhou. 'n Krisis is dus meer spesifiek 'n tydperk van sielkundige disekwilibrium wat bespoedig word deur 'n skielike en betekenisvolle verandering in 'n persoon se lewensituasie. Die verandering vereis interne aanpassings en die gebruik van eksterne aanpassingsmeganismes wat tydelik bolaint die individu se vermoens is. 2.2.2 Rampe Vo/gens Cohen & Ahearn (1980) is 'n ramp 'n buitengewone gebeurtenis wat ernstige vernietiging van eiendom veroorsaak en wat fisiese beserings, menslike lyding en dood tot gevolg het. Rampe lain 6/ mensgemaak 6/ natuurlik wees: brande, oorloe, terrorisme en tegnologiese rampe soos kernkragongelukke kan as mensgemaakte rampe gesien word terwyl natuurrampe soos droogtes, oorstromings, aardbewings, tornado's, ensovoorts as natuurlike rampe gesien kan word. Ander voorbeelde van rampe is enige orkaan, storm, grondstorting, ontploffing, ensovoorts wat groat skade

9 veroorsaak en omstandighede skep waar mense bystand vereis. Al bogenoemde situasies veroorsaak dat baie mense en soms selfs hele gemeenskappe beserings en lewensverlies ervaar en daardeur slagoffers van die ramp word. Vo/gens Cohen & Ahearn (1980) vind rampe meestal onverwags en onvermydelik plaas en beskik dit oor 'n J.1.Ye verskeidenheid eienskappe. Sommige rampe ontwikkel stadig, teyj.1.yl ander vinnig en sander waarskuwing toeslaan. Sommiges saai verwoesting oor groat gebiede, teyj.1.yl ander meer spesifiek is. Rampe verskil ook wat die duur daarvan aanbetref. Sommige rampe kan ure lank voortduur, teyj.1.yl ander na enkele minute of selfs sekondes verby is. Laastens het rampe 'n fisies en geestelik vernietigende effek op die mens. 'n Ramp kan dus as 'n krisis beskou word omdat 'n ramp ook die ekwilibrium/ewewig versteur, en daarom word die begrip "krisis" vir die doe! van hierdie studie gebruik. 2.3 TIPES KRISISSE Aangesien 'n krisis enige lewensituasie is wat veranderinge, bedreigings en uitdagings inhou en 'n wanbalans of disekwilibrium tot gevolg het, kan enige persoon op enige stadium in sy /ewe 'n krisis beleef. Vir die persoon wat 'n krisis beleef, is die krisis 'n ernstige werklikheid, ten spyte daarvan dat buitestaanders dit nie altyd in 'n ernstige Zig sien nie. Mitchell & Resnik (1981) differensieer tussen die volgende twee tipes krisisse: 2.3.1 Die ontwikkelingskrisis Tipiese voorbeelde van die ontwikkelingskrisis is onder andere puberteit, adolessensie, die huwelik, die middeljare en aftrede, dit wil se fases in die normale ontwikkelingsproses.

10 2.3.2 Die situasionele krisis Hierdie krisis word gekenmerk deur traumatiese gebeurtenisse soos egskeidings, afsterwe van 'n geliefde, ongelukke, rampe en siektes. Dit vorm dus nie dee[ van die normale ontwikkelingsproses nie. 2.3.3 Die gewelddadige krisis Geweld is 'n faktor wat by verskillende soorte krisisse aanwesig is. Everstine & Everstine (1983) meen dat 'n slagoffer van 'n gewelddadige krisis sielkundig gebombardeer word met die realiteit van sy persoonlike kwesbaarheid, die toevalligheid van lewensgebeure en die onafwendbaarheid van die dood. Voorbeelde van gewelddadige krisisse is onder andere vroue- en kindermishandeling, kindermolestering, verkragting, aanranding, moord en selfmoord. 2.4 KENMERKE VAN KRIS/SSE Volgens Mitchell & Resnik (1981) toon emosionele krisisse die volgende vier hoofkenmerke: Die krisis is onverwags en skielik. Die verwerking van 'n traumatiese gebeurtenis kan soms lank duur, maar die krisissituasie self duur nie noodwendig lank nie. Die individu, familie of groep is nie voldoende voorbereid om die krisis te hanteer nie en gevolglik misluk hulle normale streshanteringsmeganismes. Dit veroorsaak spanning by die individu en in die sosiale sisteem.

11 Krisisse het 'n kort lewensduur. Die meeste krisisse duur tussen vieren-twintig en ses-en-dertig uur; slegs in uitsonderlike gevalle duur dit!anger as ses weke. Emosionele krisisse beski,k oor die potensiaal om gevaarlike, sktidelike en sosiaal onaanvaarbare gedrag te ontlok. Die slagoffers ervaar dus die gebeure as bedreigend. 2.5 FASES VAN KRIS/SSE Mitchell & Resnik (1981) meen dat byna alle krisisse sekere ooreenkomste toon. Die volgende vyj Jases kom redelik algemeen in krisisse voor: 2.5.1 Prekrisisf ase Tydens hierdie Jase is die individu nog in ekwilibrium. Die bedreiging en waarskuwing vorm dee/ van hierdie Jase. 'n Bedreiging is volgens Cohen & Ahearn (1980) 'n deurlopende, langtermyn gevaar wat bestaan en wat lain ontaard in 'n moontlike ramp wat sekere mense en gebiede in groter gevaar plaas as ander. Cohen & Ahearn (1980) maak melding van twee redes waarom mense dikwels waarskuwings verontagsaam. Eerstens is mense soms onwillig om onnodig daarop ag te slaan en dalk 'n gek te voe/ en tweedens ignoreer hulle dit as 'n verdedigingsmeganisme teen dit wat hulle vrees. 2.5.2 Impakfase Tydens hierdie Jase vind die stresvolle gebeure plaas en begin die hulpverlening. Vrees blyk hier die oorheersende emosie te wees en gedrag is daarop gerig om veiligheid te soek. Paniek tydens hierdie Jase is ongewoon, tensy uitkoms onmoontlik is. Slagoffers poog eerder om heldhaftig op te tree

12 deur hulselj en ander te probeer red. Cohen & Ahearn (1980)»ys verder daarop dat hulpverlening gedurende hierdie Jase Jormeel begin deurdat vriende en Jamilie mekaar help. 2.5.3 Krisisfase Tydens hierdie Jase is die persoon bewus van die stresvolle gebeure en ervaar hy dit as 'n bedreiging. Hierdie Jase bestaan uit twee dele, naamlik - a) verwarring en disorganisasie; en b) ondersoek en herorganisasie. 2.5.4 Oplossings- of resolusiefase Tydens hierdie Jase herwin die persoon beheer oor sy emosies en word 'n oplossing vir die probleem gesoek. 2.5.5 Postkrisisf ase Hierdie Jase tree etlike weke na afloop van die krisis in werking en sluit meestal sowel die voortdurende hulpverleningsaktiwiteite as die raming van probleme wat die individu dalk ondervind, in (Cohen & Ahearn, 1980). Tydens hierdie Jase tree die persoon uit die krisis en hervat hy sy normale aktiwiteite. Sommige mense behou as gevolg van die krisis permanente emosionele letsels, ter»yl ander mense sterker anderkant uitkom. Hierdie Jase kan vir die res van 'n persoon se lewe voortduur en nuwe probleme kan ontstaan as gevolg van die sosiale disorganisasie wat deur die krisis veroorsaak is (Cohen & Ahearn, 1980).

13 2.6 KRISISREAKSIES BY SLAGOFFERS Vo/gens Cohen & Ahearn (1980) is 'n slagoffer enige persoon of groep wat 'n krisis en die gevolge daarvan beleef het. Enigeen wat 'n onverwagte en stresvolle gebeurtenis ervaar het, ka,n dus as 'n slagoffer beskou word. Vo/gens Mitchell & Resnik (1981) is dit noodsaaklik dat nooddienspersoneel kennis dra van die effek wat ernstige stres en krisisse op mense het. Sander hierdie kennis is hulle geneig om hul uiters belangrike rol tydens die hantering van 'n krisis te onderska,t. Die bystand wat deur die nooddienspersoneel gelewer word, het 'n belangrike effek op die slagoffers wat weerloos is en dus ontvanklik is vir hulp en bystand. 'n Slagoffer van 'n krisis ka,n uit enige ouderdoms-, ras-, etniese of sosio-ekonomiese groep afkomstig wees, aangesien 'n krisis enigeen ka,n tref (Cohen & Ahearn, 1980). Sommige slagoffers ervaar grater terugslae as ander as gevolg van krisisse en is dus meer vatbaar vir fisiese en psigiese reaksies as ander, en daarom vereis hulle spesiale aandag van nooddienspersoneel. Hierdie slagoffers is mense wat moontlik weerloos is as gevolg van - vorige traumatiese gebeurtenisse in hul!ewe; swak gesondheidstoestande; die ervaring van ernstige stres en verliese gely; en onvoldoende hanteringsvaardighede (Cohen & Ahearn, 1980). Ouer persone ervaar probleme met die hantering van krisisse. Baie ouer persone lee/ in isolasie sander enige ondersteuningsraamwerk en is daarom bang om hulp te vra. Tipiese postkrisisprobleme wat by hierdie groep voorkom, is depressie, gevoelens van hulpeloosheid en 'n gebrek aan belangstelling om hul!ewe te hervat en weer op te bou (Cohen & Ahearn, 1980).

14 Ki,nders ervaar ook probleme met die hantering van krisisse, weens hulle onvermoe om die gebeure te begryp en te rasionaliseer. As gevolg hiervan kan daar by hierdie groep emosionele en gedragsprobleme ontstaan wat by die skool of tuis sigbaar word. Tipiese postkrisisprobleme wat by kinders voorkom, is fobies, slaapstoornisse, gebrek aan belangstelling in skoolwerk en "moeilike" gedrag (Cohen & Ahearn, 1980). 'n Verdere groep waaraan spesiale aandag verleen moet word, is persone met 'n geskiedenis van geestesongesteldheid. As gevolg van die addisionele stres van 'n krisissituasie, kom insinkings dikwels by hierdie groep voor en is dit noodsaaklik vir nooddienspersoneel om hiervan kennis te dra (Cohen & Ahearn, 1980). 2.6.1 Faktore wat reaksies by gewelddadige krisisse beinvloed Die intensiteit van die reaksie van 'n slagoffer van geweld word deur die volgende faktore bei"nvloed (Everstine & Everstine, 1983): Die graad van fisiese skending van die liggaam. Aanvalle waar die liggaam binnegedring word, byvoorbeeld messteeken skietaanvalle, verkragting, ensovoorts word as meer traumaties ervaar. Die mate waarin die slagoffer vir sy!ewe vrees. Die slagoffer se verhouding met die aanvaller. Indien die aanvaller aan die slagoffer bekend is en selfs deur hom vertrou word, ervaar die slagoffer die gebeure as soveel meer traumaties.

15 Vorige ervaring van gewelddadige aanvalle, asook oorlewingsvaardighede waaroor die slagoffer besldk. Die feit dat die slagoffer reeds voorheen so 'n aanval deurleef het en dat hy homself kan verdedig, kan moontlik die aanval minder traumaties maak. Die plek waar die aanval plaasvind. 'n Persoon is eerder 'n aanval in die openbaar as een in sy huis te wagte omdat hy sy huis as "veilig" beskou. Indien 'n aanval in sy huis sou plaasvind, word dit as meer traumaties ervaar as wat andersins die geval sou wees. 2.6.2 Reaksies tydens en direk na die impakfase Versldllende krisisreaksies word tydens en direk na die impakfase gemanifesteer. Mitchell & Resnik (1981) onderskei tussen die volgende emosionele reaksies: 2.6.2.1 Hoe angs en emosionele skok Tydens hierdie reaksie kan daar tussen twee groepe slagoffers onderskei word: die wat hiperaktief en uiters spraaksaam voorkom, en die wat passief en depressief voorkom. Die volgende is algemene tekens en simptome wat kenmerkend is van die hiperaktiewe slagoffer: Agitasie; wringing van die hande; harde geskreeu en huilery; hiperaktiwiteit;

16 naarheid en braldng; vinnige spraaktempo; vinnige asemhaling; rooiheid in die gesig; en verlies aan emosionele beheer. Die volgende simptome is kenmerkend van die passiewe slagoffer: Passiwiteit; flout es; naarheid en braldng; dowwe oe; lae bloeddruk; vinnige polsspoed; oormatige sweet; koue, klam vel; bleekheid; en doellose ronddwaling. Reaksies op krisisse versldl van persoon tot persoon, maar die meeste slagoffers ervaar sommige van bogenoemde simptome. 2.6.2.2 Ontkenning Ontkenning is 'n normale verdedigingsreaksie op stresvolle situasies. Selfs persone wat baie siek of ernstig beseer is, is geneig om die reaksie te toon (Mitchell & Resnik, 1981).

17 2.6.2.3 Woede Woede tree na vore sodra die realiteit van die situasie tot die slagoffer deurdring. Hy raak gefrustreerd omdat hy nie die realiteit kan hanteer nie en woede, wat beskou word as 'n normale menslike reaksie op frustrasie, bou in horn op. Indien hy nie die geleentheid gegun word om op 'n aanvaarbare "".)'Se aan sy woede en frustrasies uiting te gee nie, kan dit ontaard in aggressie. Die slagoffer sal aanvanldik sy woede teenoor reddingswerkers en die natuur en selfs teenoor God uitspreek en hulle blameer vir die krisis. Dit is ook 'n normale reaksie, omdat die slagoffer op hierdie stadium nie helder dink nie en nie weet hoe om sy woede op 'n aanvaarbare "".)'Se uit te druk nie (Mitchell & Resnik, 1981). 2.6.3 Reaksies tydens die postkrisisfase Verskillende reaksies word tydens die postkrisisfase gemanifesteer. Mitchell & Resnik (1981) onderskei tussen die volgende emosionele reaksies: 2.6.3.1 Berou en selfverwyt Hierdie reaksie word gekenmerk deur skuldgevoelens en berou. Slagoffers is geneig om die uitdrukking "as ek tog maar net nie dit of dat gedoen het nie" te gebruik. 2.6.3.2 Droefheid en leed Hierdie reaksie word beskou as die eerste werldike stap in die herstelproses. Dit is noodsaaldik dat slagoffers droejheid ervaar oor verliese wat hulle gely het, voordat hulle met hul [ewe kan voortgaan. Dit help die slagoffer om te herstel.

18 Colgrove, Bloomfield en Mc Williams (1991) beskou verlies vanuit 'n wyer perspektief. Bulle is van mening dat verlies 'n sentrale tema in die skepping is en dat verlies die geleentheid vir verdere skepping of, meer nog, vir herskepping meebring. So werk dit ook in elke mens se lewe. Dit is moeilik om terug te kyk en enige oorwinning in die lewe te sien wat nie met een of ander verlies gepaard gegaan het nie. Colgrove et al. (1991) maak van vier soorte verliese melding en noem dat die erns van die verlies die mate van leed en psigiese herorganisasie wat vereis word, bepaal. Waar die verlies tydens 'n krisis baie ernstig is, byvoorbeeld die dood van 'n geliefde, ernstige beserings of verlies aan 'n gevoel van veiligheid, kan daar aangeneem word dat daar baie droefheid sal wees. Tydens die Jase van droefheid/leed word ander simptome ook soms ervaar, naamlik - gevoelens van hulpeloosheid, angs, leegheid, pessimisme, woede, wanhoop, skuldgevoelens, rusteloosheid en gei"rriteerdheid; ervaring van verlies aan konsentrasie, hoop, motivering en energie; veranderinge in eetlus, slaappatrone en seksuele behoeftes; en 'n geneigdheid om meer afgemat en tam oor te kom, stadiger te praat en te beweeg en meer foute te maak. Sekere van hierdie reaksies of selfs al hierdie reaksies kan verwag word gedurende en na ajloop van 'n verlies. Dit is deel van die liggaam se natuurlike herstelproses (Colgrove et al., 1991).

19 2.6.3.3 Versoening Hierdie reaksie tree in werldng sodra die krisis opgelos is en die slagoffer terugkeer na die vlak waarop hy voor die krisis gefunksioneer het. /ndien genoegsame hulp en ondersteuning tydens die krisis verleen is, kan die slagoffer nou selfs 'n sterker persoon wees. Indien nie, kan dit gebeur dat hy nooit weer sy oorspronkl.ike staat van ekwilibrium herwin nie. 2.7 KRISISREAKSIES BY KRISISWERKERS Volgens Mitchell & Resnik (1981) het 'n krisis nie slegs op die slagoffers nie, maar ook op die helpers 'n ingrypende effek en kan die helpers op die Zange duur diesel/de simptome as die slagoffers ontwikkel. Deur ander te help, gee hierdie mense baie van hulself en daarom toon hulle ook sekere reaksies na aanleiding van 'n krisis. Krisiswerkers kan ook weerloos wees, hulle toon ook, net soos enige ander mense, normale fisiese en psigiese reaksies tydens krisisse. 2.7.1 Faktore wat 'n invloed uitoef en op die reaksie van die krisiswerker Volgens Mitchell (1984) het die volgende faktore 'n invloed op die reaksie van die krisiswerker: Die intensiteit en hewigheid van die krisis. Hoe grater die intensiteit van die krisis, hoe grater is die reaksie daarop. So, byvoorbeeld, ervaar krisiswerkers die verantwoordelikheid vir ander se lewens as baie intens.

20 Die duur van die krisis. Krisiswerkers vind dit moeilik om hewige stres oor fang tydperke te hanteer. Verskeie navorsers meen dat blootstelling aan langdurige stres die ontwikkeling van negatiewe houdings teenoor die werk, fisiese uitputting en gebrekkige belangstelling tot gevolg het (Mitchell, 1984). Die opleiding en ervaring van die krisiswerker. Omgewingsfaktore soos geraas, asook die kwantiteit en kwaliteit van die hulpmiddels en toerusting tot hulle beskikking om die situasie te hanteer. Die aantal krisisse. 'n Oormaat krisisse op een stadium is nadelig vir die individu. Dit gee aanleiding tot die openbaring van ernstige krisisreaksies deur die krisiswerker. Swak beligting, onvoldoende ventilasie, beknopte werkspasie, vuilheid, fisiese gevaar en 'n oormaat stimilu. Bogenoemde is verdere omgewingsfaktore wat stres veroorsaak en 'n invloed op die reaksie van krisiswerkers uitoefen. 2.7.2 Krisisreaksies van krisiswerkers tydens die impakfase Krisisreaksies wat tydens hierdie Jase, dit wil se op die toneel self, geopenbaar word, kan in drie kategoriee ingedeel word, naamlik emosionele, kognitiewe en fisiese reaksies (Mitchell, 1982).

21 2.7.2.1 Emosionele reaksies tydens die impakfase Angs Krisiswerkers ervaar angs omdat hulle onseker is of hulle oor die nodige toerusting besldk om die krisis te hanteer. Onsekerheid oor hulle eie vermoens om die situasie te hanteer, veroorsaak ook angs. Frustrasie, woede en gei"rriteerdheid Hierdie reaksies ontstaan wanneer noodsaaklike reddingspogings misluk en die krisiswerker voel dat sukses nie behaal is nie. Na herhaalde mislukte pogings sal hierdie gevoelens oorgaan na gevoelens van hulpeloosheid en moedeloosheid. Vrees Hierdie reaksie ontstaan wanneer krisiswerkers aan lewensgevaarlike situasies blootgestel word waar hulle eie lewe in gevaar is. Ontkenning Krisiswerkers is geneig om al bogenoemde emosies te ontken, omdat hulle graag wil voorgee dat hulle in beheer is en alles kfm hanteer. 2.7.2.2 Kognitiewe reaksies tydens die impakfase Krisiswerkers voe! verward en oorweldig as gevolg van die krisis. Bulle vind dit moeilik om probleme op te los en besluite te neem.

22 Hulle onderskei moeilik tussen belangrike en onbelangrike items, iets wat andersins nie 'n probleem is nie. Hulle ondervind geheueprobleme. Hulle vergeet byvoorbeeld die name van gereedskap en waar op die toneel hulle dit neergesit het. 2.7.2.3 Fisiese reaksies tydens die impakf ase Krisiswerkers kan die volgende ervaar: Naarheid Spierkrampe Spier hewing Maagkrampe Knop in die maag Hartkloppings Oormatige sweet Hoofpyne 2.7.3 Krisisreaksies van krisiswerkers tydens die postkrisisf ase Dikwels word sommige van bogenoemde reaksies op die toneel self onderdruk en kom dit eers 'n paar dae of selfs 'n paar weke na afloop van die stresvolle gebeurtenis tot uiting. Die reaksies, soos die van die impakfase, word ook in drie kategoriee ingedeel, naamlik emosionele, kognitiewe en fisiese reaksies (Mitchell, 1982).

23 2.7.3.1 Emosionele reaksies tydens die postkrisisfase Depressie Droefheid en feed Skuldgevoelens Sosiale onttrekldng Gei"rriteerdheid 'n Gevoel by krisiswerkers dat hulle nie waardeer word nie en min of geen erkenning vir hulle reddingswerk kry. 2.7.3.2 Kognitiewe reaksies tydens die postkrisisf ase Geringe verwarring in hulle denke Konsentrasieprobleme Geringe geheueprobleme Visuele terugflitse van die gebeure Onophoudelike gepraat oor die insident Soeke na erkenning vir wat hulle gedoen het 2.7.3.3 Fisiese reaksies tydens die postkrisisfase Slapeloosheid Nagmerries Geringe naarheid, veral tydens terugflitse Afname in seksuele belangstelling Afname in eetlus Hoofpyne Konstante moegheid sedert die insident

24 2.8 SAMEVATTING 'n Krisis is dus 'n onverwagte, traumatiese gebeurtenis wat die ekwilibrium versteur en die mens se normale funksionering belemmer. Langdurige blootstelling aan krisissituasies is ska,delik vir sowel die slagoffer as die krisiswerker en gee aanleiding tot die ontstaan van emosionele, kognitiewe en fisiologiese simptome wat vir die mens nadelig is. As gevolg van hierdie ingrypende invloed op die individu is dit noodsaaklik om te kyk na die rol van die helper tydens 'n krisis en die effek van krisiswerk op die helper.

HOOFSTUK III DIE ROL VAN DIE HELPER TYDENS 'N KR/SIS EN DIE EFFEK VAN KRISISWERK OP DIE HELPER 3.1 INLEIDING In hierdie hoofstuk word daar aandag gegee aan die eiesoortige eise wat krisisintervensie aan die helper stel. Die begrip word omskryf en die algemene beginsels daarvan word bespreek. Aandag word oak gegee aan kommunikasie as integrale deel van krisisintervensie. Die effek van krisiswerk op die helper, met spesifieke verwysing na stres, psigologiese uitbranding en posttraumatiese stresversteuring, word ondersoek en bespreek. Daar word gekyk na die omskrywing van stres, bronne van stres en die effek van stres op die helper. Ten slotte word die sindroom van psigologiese uitbranding en PTSV ondersoek en met mekaar vergelyk ten einde die verskille en ooreenkomste tussen die twee toestande aan te dui. 3.2 ALGEMENE K.RISISINTERVENSIE 3.2.1 Begripsomskrywing Mitchell & Resnik (1981) omskryf krisisintervensie as die hulp wat 'n krisiswerker tydens 'n krisis aan 'n slagoffer verleen. Krisisintervensie is dus 'n aktiewe, maar tydelike paging van 'n krisiswerker om hulp aan 'n individu, familie of groep in 'n tydperk van stres te verleen. Twee belangrike komponente kom uit die omskrywing na vore. Die eerste is die aktiewe aard van krisisintervensie. Krisiswerkers moet wakker, buigsaam en vindingryk wees en moet bereid wees om in 'n aktiewe hoedanigheid betrokke te raak. Die tweede komponent is die tydelike aard van krisisintervensie. Die tydsduur van krisisse is beperk en 'n krisiswerker het meestal slegs 'n uur of selfs

26 minder om aandag aan 'n krisis te gee, 'n faktor wat 'n beperki.ng op sy insette kan plaas. Everstine & Everstine (1983, p. 6) venrys na krisisintervensie as "... maki.ng a swift response to a human need". 3.2.2 Doelwitte van krisisintervensie Volgens Mitchell & Resnik (1981) is daar drie doelwitte of mikpunte wat krisiswerkers tydens die hantering van feitlik enige krisis moet bereik, naamlik - a) beskerming van die slagoffer teen enige addisionele trauma; b) verlening van bystand aan die slagoffer tydens die organisering en mobilisering van sy hulpbronne (familie, gemeenskap, ensovoorts); en c) terugbring, so ver as moontlik, van die slagoffer na 'n prekrisisvlak van fanksionering. 3.2.3 Filosofie van krisisintervensie Parad, Resnik & Parad (1976) meen dat daar geen geski.ktheidsvereistes vir enige persoon bestaan om van krisisintervensie gebruik te maak nie. Krisiswerkers tree op as bemiddelaars of fasiliteerders vir persone met enige probleme. 'n Behoefte aan kos en klere kan in diesel/de mate as 'n krisis ervaar word as 'n behoefte aan onpartydige bemiddeling tydens 'n familietwis. Beide hierdie probleme moet met diesel/de erns en sorg hanteer word as wat by 'n selfmoorddreigement die geval sou wees. Krisisintervensiedienste het baanbrekerswerk verrig met die verandering van die algemene houdings teenoor krisisintervensiekliente. Nuwe houdings teenoor slagoffers van krisisse kan soos volg saamgevat word:

27 Slagoffers van krisisse is nie fisies siek nie. noodwendig 'n medies- of gesondheidsverwante diens nie. Krisisintervensie is nie Slagoffers van krisisse is nie geestelik of verstandelik siek nie. Krisisintervensie is nie noodwendig 'n geestesgesondheidsdiens nie. Slagoffers van krisisse benodig onmiddellike, aktiewe en definitiewe intervensie. Slagoffers van krisisse is die verantwoordelikheid van die plaaslike gemeenskap. 'n Krisisintervensiediens is 'n diens wat deur enige persoon gebruik mag word (Parad, Resnik & Parad, 1976). 3.2.4 Krisisintervensiemodel van Mitchell Mitchell & Resnik (1981) meen dat krisisintervensie nie 'n lukraak, bloot toevallige, ongestruktureerde hulpverlening aan mense is nie, maar dat dit 'n gestruktureerde diens is wat uit vyf opeenvolgende stappe bestaan. Hierdie vyf stappe is: a) Raming/waardering van die krisis. b) Opstel van 'n plan. c) Implementering van die plan. d) Herwaardering van die plan. e) Samevatting en deurgee van inligting. 3.2.4.1 Raming en waardering van die krisis Hier word kortliks 'n raming van die probleem gemaak. Die krisiswerker wat eerste op die toneel is, moet die volgende inligting inwin: "Wat het gebeur, wie is betrokke, wat was die oorsaak en hoe ernstig is die probleem?".

28 Ander hoe prioriteitsfaktore wat in ag geneem moet word, is die volgende: Verkeer die krisiswerker in gevaar? Verkeer die slagoffer in gevaar? Verkeer enige ander persone naby die toneel in gevaar? Bestaan daar ander gevare soos vuur, verkeer, samedromming van mense, ensovoorts? Die insameling van hierdie inligting is uiters belangrik, omdat die plan van aksie aan die hand hiervan opgestel sal word. 3.2.4.2 Opstel van 'n plan Wanneer 'n raming van die situasie gemaak is, word hierdie inligting gebruik om 'n plan van aksie op te stel. Slagoffers is ontvanklik vir hulp en bystand en enige plan sal van meer waarde wees as geen plan. Dit is belangrik dat persone reeds vooraf geiaentifiseer word om hierdie plan op te stel, want 'n krisis wag vir niemand nie (Mitchell & Resnik, 1981). 3.2.4.3 Implementering van die plan Aksie is die sleutel tot sukses in enige krisisintervensie. Die belangrikste stap is om die plan van aksie in werking te stel. Uitstel hou dikwels gevaar vir die slagoffer in. Tydens hierdie stap word krisiswerkers ontplooi en word aktiewe hulp verleen.

29 J.2.4.4 Herwaardering van die plan Sodra die plan geiinplementeer is, moet dit voortdurend hersien word met die doe[ om vas te stel of die plan suksesvol is al dan nie. 'n Plan wat nie sukses behaal nie, doen meer ska,de as goed en moet onmiddellik gestaak word. Die situasie moet opnuut geevalueer word om meer inligting te bekom, ten einde 'n nuwe, werkbare plan op te stel. Die plan moet so spoedig moontlik geiinplementeer word. 3.2.4.5 Samevatting en deurgee van inligting Volgens Mitchell & Resnik (1981) is dit uiters belangrik om die gebeure saam te vat en voortdurend die nodige inligting aan die slagoffers van die krisis deur te gee. Die slagoffers vind dit moeilik om tred te hou met al die aktiwiteite van die krisisintervensie en daarom is die deurgee van inligting, soos 'n verduideliking van wat gebeur het, wat daaromtrent gedoen is en wat volgende gaan gebeur, uiters noodsaaklik. 3.3 KOMMUNIKASIE AS INTEGRALE DEEL VAN KRISISINTERVENSIE Mitchell & Resnik (1981) voer aan dat die vermoe om doeltreffend te kommunikeer, die noodsaaklikste komponent van enige krisisintervensie is. 'n Krisiswerker moet oor die vermoe beskik om die situasie te evalueer, 'n plan van aksie op te stel en die slagoffer se samewerking te verkry. Krisiswerkers moet in staat wees om emosionele ondersteuning te verska,f terwyl hulle aandagtig na die slagoffer se emosionele en fisiese behoeftes luister. Daarom ka,n kommunika,sie 'n komplekse proses wees en vind die navorser dit noodsaaklik om aandag te skenk aan die doe[ en reels van kommunika,sie en aan spesifieke kommunika,sievaardighede.

30 3.3.1 Doelwitte van krisiskommunikasie Kommunikasie in 'n krisissituasie het die volgende doelwitte (Mitchell & Resnik, 1981): Help die slagoffer om vrylik en openhartig te praat oor dit wat in die huidige situasie belangrik is. Verkry soveel agtergrondinligting as moontlik random die probleem. Help die slagoffer om die situasie waarin hy betrokke is, te verstaan. Help die slagoffer om alternatiewe oplossings vir die probleem te vind. 3.3.2 Reels van kommunikasie 3.3.2.l Die eerste basiese reel van kommunikasie, volgens Watzlawick (1964), is dat geen persoon nie kan kommunikeer nie. Selfs deur iemand te ignoreer, word 'n duidelike boodskap oorgedra en word daar dus gekommunikeer. In 'n krisis kommunikeer die passiewe, stil slagoffer dus ook. 3.3.2.2 Die tweede basiese reel is dat kommunikasie 'n multivlakverskynsel is, dit wil se kommunikasie bevat sowel 'n inhoudelike as 'n kontekstuele aspek. Inhoud sander konteks is dus betekenisloos (Everstine & Everstine, 1983). Die inligting wat aan 'n persoon oorgedra word, vorm die inhoudelike aspek. Kontekstuele verskille is meer gekompliseerd en gaan met meer emosie gepaard as inhoudelike verskille. Elke individu se siening van die realiteit is uniek en elke individu het 'n eie, persoonlike opinie van wat die realiteit is. Om kontekstuele verskille te vermy en effektiewe kommunikasie te verseker, is dit noodsaaklik om te verstaan hoe die ander persoon die realiteit sien. Dit is belangrik om 'n persoon wat 'n krisis beleef, se persepsie van die realiteit te probeer verander sodat die persoon alternatiewe, onskadelike probleemoplossingsmetodes kan genereer (Everstine & Everstine, 1983).