ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

die ArtKat Jaar program

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Hoe om krag te spaar

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Sterdansers by Vensters.

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Tariewe

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Dialoog en paragrawe *

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

G. J. du Preez

Tariewe

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Rubriek vir skeppende werk

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Kerssangdiens. SA Gemeente

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Tonga die olifant - 01 *

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Edgehog

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Transcription:

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die 22ste met vakansie gaan. Die kleur van die maand is geel en Marie het vir ons so n klein stukkie inligting geskryf oor geel. Ek kon nie help dink hoe ek oor die winter voel nie toe ek die dubbele betekenis van geel lees. Die een dag wil ek my vergaap aan die wonderlike kaal takke en net die volgende dag sal ek net onder die kombers gaan klim en angstig wens dat die eerste botsels hul verskyning maak. Ek weet egter dat ons nooit die volmaaktheid van die skelet van die boom sou kon sien sonder die afstroping van die winter nie. So is dit dan ook soos die winters in ons lewens. Die lieflike struktuur van die takke wat so bloots in die son takke uitstrek sonder enige skroomheid. Hulle staan stil vir n tydperk om die son te kan voel ter voorbereiding van die nuwe seisoen. So sekerlik het ons ook n bietjie stilstaan nodig. Die skildery wat ek hierdie maand op die voorblad het is n laning kappertjies wat ek so twee jaar gelede geskilder het. Die geel kappertjies is spesifiek uitgelig en vergroot. Kappertjies het so n belangrike betekenis in my lewe. Net soos wat die eenvoudige Afrikanertjie verlede maand vir my so dankbaar is, is die vreugde van n laning kappertjies vir my die verteenwoordiging van vreugde en malse baldadigheid wat oorals net rondkruip om koppies uit te steek. Hulle vra ook mos nie veel versorging nie en blom totdat die laaste droë takkie nog in die grond is. Ek het al so baie kappertjies geskilder en steeds leer ek Yellow Yellow is sunshine. It is a warm colour that, like red, has conflicting symbolism. On the one hand it denotes happiness and joy but on the other hand yellow is the colour of cowardice and deceit. Because of the high visibility of bright yellow, it is often used for hazard signs and some emergency vehicles. Yellow is cheerful. For years yellow ribbons were worn as a sign of hope as women waited from their men to come marching home from war. Today, they are still used to welcome home loved ones. Although it can work as the primary colour, yellow often works best as a companion to other colours. Use bright yellow to create excitement when red or orange may be too strong or too dark. Yellow can be perky. hulle elke keer ken. Daar is elke keer n vreugde wat van my besit neem wat saam met al die kreukeltjies net wil dans en saamsing. Ek hoop julle geniet dit ook soos ek dit geniet. Hierdie werkie is eers met houtskool geteken en het vir n tyd net op die bord gele in gryse en swarte. Dit was vir my so mooi. Later het ek die kleur by geskilder wat dit dan eintlik n gemengde media kunswerkie maak Groetnis vir eers, Johanna Prinsloo. (johanna@artkat.co.za) Tel: 082 838 0750 http://www.inhaus.co.za/artkat Julie 2007 ArtKat Studio bl 1

Pavane Kunsskool Die beste nuus wat ek egter het om julle te vertel is dat ek vir n tydperk van n jaar gaan help met die Pavane Kunsskool terwyl Linda Hendrikz wat die hoof is daarvan in Egipte kuns by n privaat skool gaan aanbied. Die Pavane Kunsskool het reeds 10 jaar gelede sy ontstaan gehad met 4 leerlinge. Dit is spesifiek gerig tot kinderkuns onderrig. Die geskiedenis van kunstenaars gaan saam met die praktiese toepassing van projekte wat dit nie net interessant maak nie, maar ook opvoedkundig. Daar is elke jaar n uitstalling van die kinderkuns by die Pretoria se Kunsvereniging. Linda het gesorg dat hierdie skool groot erkenning gekry het deur haar toewyding en harde werk. Die skool se uitstallings is belangrike datums op die plaaslike kunskalender van Pretoria met n afgerondheid wat dit nie net n fees vir die oog maak nie, maar ook inligting vir dié wat meer van die kunste wil weet. Haar leerlingtal was al 140 leerlinge wat sy met Tandi, haar assistent, se hulp met vreugde gehanteer het. Tans is die leerlingtal 120 leerlinge. Vandat ek in 2004 in Pretoria gekom het, was dit vir my verbasend dat sy elke jaar met dieselfde tema besig was waarmee ek met my studente vir daardie jaar besig was. Op n manier het ek geweet dat ons om daardie rede eendag by mekaar sal uitkom. Daarom is dit vir my n voorreg en n eer om haar hierdie jaar wat voorlê vanaf Augustus 2007 tot Junie 2008 te kan help met haar klasse. [Ek gaan moremiddag daar begin help om die werk te leer ken en ouers te ontmoet. Ek wil fotos neem en vir jou aanstuur] Ek en Linda beplan om gedurende die eerste twee weke van die skoolvakansie werkswinkels aan te bied. Die projek beloof om baie interessant te wees met boekstaanders wat anders as die gewone is. Vertel vir al julle familie, vriende en kennisse daarvan. Die datums sal 25 tot 29 Junie wees vir die eerste groep en dan vanaf 2 tot 6 Julie. Die klasse is in die oggend vanaf 10 uur tot 12 uur en in die namiddag vanaf 2 uur tot 4 uur. Die koste is R550.00 per kursus met alle materiaal ingesluit. Skakel gerus vir Linda om plek te bevestig. Kinders van alle ouderdomme vanaf graad een is welkom. Haar nommer is 0824982513. Graag wil ek ook die Pavane[wat pou beteken] studente verwelkom by ons Artkat familie. Die Artkat naam kom van my twee groot liefdes naamlik die kunste en my katte. Saam het ek n lewenspad van vreugde en ervaring geloop. Daar is natuurlik nog Bea, my poedel, vir wie ek sal saamneem na die klasse toe by Pavane. Sy is net so deel van my en die kunste as die katte. Sy het net een probleem, sy dink klaarblyklik sy is n kat. Loop op die banke rond en slaap saam met die katte. Ek dink nie sy is baie daaroor gepla nie. Sy geniet die aandag net soveel as die katte. Sy is n liewe ding. Haar naam beteken vreugde en sy is getrou aan haar naam. Ek weet dat julle vir Boeboe, Linda se hondjie, gaan mis maar ek belowe julle Bea sal haar uiterste bes doen om julle te vermaak. Ek vertrou dat ons lekker sal saamwerk sodat ons Linda vreugde kan gee van al die kunswerke wat ons vir haar sommer gaan deurstuur per e-pos na Egipte toe. Ek sal haar ook vra om vir ons n artikel te skryf oor al haar ervarings daar anderkant. Ek sal ook julle hulp en bystand moet hê om haar skool te laat groei sodat sy met vreugde sal terugkom en weet dat julle vir haar wag. Vir almal wat Linda nie ken nie, sal ek graag per geleentheid iets meer oor Linda die mens vir julle vertel in n onderhoud wat ek met haar gaan voer. Van volgende maand sal Pavane se aktiwiteite ook deel van ons Artkat nuusbrief wees. Ek sien uit daarna om julle bydrae in watter vorm ookal met al die ander kuns liefhebbers te deel. Pavane bestaan alreeds amper 10 jaar en onlangs het ek die ongelooflike aanbod gehad om in Egipte te gaan skool hou. Ek beskou dit as n wonderlike geleentheid om, terwyl ek nou alleen is, hiervan gebruik te maak. Dit is met groot hartseer dat ek, vir eers, totsiens moet se aan al my wonderlike leerlinge en hulle ouers, maar voel dat ek nou weer `n nuwe avontuur in my lewe nodig het. Dis met groot opgewondenheid en nuwe verwagting, wat ek dan vroeg in Augustus na Kaïro sal vertrek! Linda Julie 2007 ArtKat Studio bl 2

Amber Die amber gesteente wat so n lieflike geel tot diep rooi kleur het is dan ook my gunsteling steen. Volgens oorlewering word hierdie steen gedra om jou te beskerm teen siekte toestande. Wat vir my so wonderlik is van hierdie steen is dat dit versteende gom is. Klein fossieletjies word dikwels daarin gesien. As jy so gelukkig kan wees om so n steen met n stukkie fossiel te besit is dit baie kosbaar. Dit is vir my soos tyd wat vasgevang is. Ek het hierdie skildery gemaak met n Mioceense blommetjie wat vasgevang was in hierdie gom. n Amber oomblik. Die nar wat van julle in die vorige lesing geteken het, is inderdaad die nar wat as jou alter-ego beskou kan word. Dit is n prettige manier om na jouself te kyk en terselfdertyd voorbereidings te maak vir n latere volledig kunswerk. Hierdie oefening kan jy selfs met gereelde tussenposes in jou lewe doen en weer teken. Glo my, ek het al studente gehad wat dieselfde kursus Harlekyn insiatief Interpretasie van die nar. Kyk na die skets wat jy van jou nar die vorige maand gemaak het en vra jouself die volgende vrae af: Sien hom as deel van jouself en kyk of jy iets kan ervaar wat hy dalk vir jou van jou wil sê. Wat kan die nar vir jou vertel deur sy liggaamshouding? Watter emosies openbaar hy? Beskou die nar as n vriend of vriendin en gesels met hom. Kyk na die detail van die nar. Vou nou jou nar in die helfte van links na regs en toe van bo na onder. Vou die prent oop. Let nou op hoeveel aandag jy in die verskillende blokke geteken het. Kyk hoeveel hy gesentreer is. Die linker deel van die prent verwys na jou vroulike kant en die regterkant na die manlike kant. As jou nar baie gesentreer is die moontlikheid dat jy baie maklik met albei kante in jou karakter kan deel. As dit egter baie meer na die een of ander kant toe oor beweeg is dit dalk n aanduiding dat jy meer aandag aan die onderspeelde kant moet gee. Die vroulike en manlike kante verwys eintlik na die tipiese eienskappe wat as manlik en vroulik beskou word. Hier volg n kort lysie van tipiese manlike en vroulike eienskappe. Vroulik: Gevoel. Toegewend. Buigsaam. Saggeaard. Ondersteunend. Gehoorsaam. Vergeetagtig. Kleur: Rooi. Maan. Manlik: Rasioneel. Rigiditeit. Streng. Leier. Bevelvoerend. na n jaar of twee gedoen het en niks meer kon onthou van die eerste nar nie. Dit maak jou ook bewus van sekere karakter eienskappe wat miskien meer aandag kan kry. Dit is ook nie n sielkundige ontleding nie, maar jy kan op n prettige manier dalk net meer van iets van jouself leer. Sterk. Reguit. Kleur: Blou. Son. Interessant nè. Volgende maand kan jy jou nar verder ontleed. As jy nie die vorige nuusbrief ontvang het met die eerste lesing nie is jy welkom om my te kontak. Julie 2007 ArtKat Studio bl 3

Kunstenaar van die maand - Cathy Batchellier Ons kunstenaar van die maand is Cathy Batchellier. Cathy was een van my eerste studente in Pretoria in 2004. Cathy bied self klasse aan en is baie betrokke met die waterverf vereniging. Van haar werke, waarvan die Art Nouveau waterverf een is, is op die waterverf vereniging se webblad en word op die oomblik as die tweede hoogste populêrste kunswerk beskou wat besoeke aan betref. Dit is my voorreg om haar aan julle voor te stel. Waar kom jou kuns belangstelling vandaan? Seker maar 'n behoefte om uitdrukking te gee op 'n visuele wyse van indrukke wat in 'n mens se geheue versamel is - ek beleef die lewe in prente. Ek weet dat jou ma n digter en n aktrise was, sou jy dink dat haar voorbeeld en invloed jou talente help ontgin het? Ek dink my ma was 'n uitsonderlike persoon met uitsonderlike talente en ek het groot bewondering vir haar werk. Ek dink die kreatiwiteitsproses is iets wat ek beslis beleef het en in haar gesien het - so ja, ek dink haar voorbeeld en invloed het my in die regte rigting gestuur. Wat beteken kunstenaarskap vir jou? hmmmmm? dit beteken ek het 'n plekkie waar ek my gate uit kan geniet en net myself wees - sonder veroordeling. Sal jy dink dat enige mens n kunstenaar kan wees of dink jy dat dit eksklusief tot n seker groep mense behoort? Dit is 'n moeilike een - toe vra ek vir John. Sy antwoord was: "'n Mens kan al die tegnieke aanleer verfmeng, kleure goed gebruik, teken en nog teken, MAAR om kuns te skep en kunstenaar te wees kom van 'n dieper plek, doer binne-in." Ek sal graag wou glo dat enige mens 'n kunstenaar kan word (want ek gee klas sien) hie hie en aan die anderkant as daar weer so baie kunstenaars is, hoe gaan ons almal die R20 wat ons maak deel? Jy gee self kunsklasse. Beperk dit jou nie in jou groei as kunstenaar nie? Ja, ja - ek gee ook klas. Neewat, dit beperk net my tyd vir self skilder. Ek vind ek groei nog meer deur klas te gee. Het jy n voorkeur medium? Voorkeur medium?...dit sal seker waterverf wees. Jy het in 2005 die Alette Wessels kuns inisiatief gewen. Sal jy kunstenaars aanbeveel om aan kompetisies deel te neem? But of course!!!! Watter eietydse kunstenaar sal jy die graagste wou ontmoet en self n onderhoud mee wou hê?. Ek sou graag vir Alfons Mucha wou ontmoet, en Degas. Water een van die ou meesters sal jy sê het die meeste invloed op jou lewe en op jou werk gehad tot nou toe? Seker Alfons Mucha en die Art Nouveautydperk. Wat is jou gunsteling kleur? Gunsteling kleur: ek dink ek is op die oomblik in 'n oranje fase, maar naples yellow, greengold, cobalt blou. is my gunsteling kleur!.. Wat is jou gunsteling fliek? A BEAUTIFUL MIND - amazing. Wat doen jy as jy ontspan? As ek wil ontspan gaan ek buite op 'n somersdag en spuit die tuin nat met die tuinslang. As dit te koud is daarvoor dan sommer sit en klets en brei voor die kaggel met Vicki, my 12 jarige dogter OF gaan fliek met John, maar hy raak gewoonlik aan die slaap. Opsomming oor myself - ek wil liewer 'n prentjie teken! Ek is in Kaapstad gebore maar het grotendeels hier in Pretoria grootgeword. My pa was Afrikaans, my ma Engels en ons het Engelssprekend grootgeword maar Afrikaans geleer by al die niggies en nefies. Ek het nog altyd geteken, 'n passie gehad vir ballet en wou 'n lugwaardin of ballerina word. Ek het nie na skool gaan studeer nie, iets waaroor ek vandag baie spyt is - ek sou nou graag kuns wou gaan swot het, (en miskien gaan doen ek dit nog.) Ek het drie kinders van my vorige huwelik waarvan een 'n laatlam is,dis so lekkerrrrrrrrrrrr om haar te hê. Ek vind ek leef my in kinders in en vind myself gedurig betrokke in een of ander werk wat met kinders te doen het. Ek is getroud met 'n wonderlike volwasse siel, dit is heerlik om 'n tweede kans te kry. John is vir my die stabiele rots in ons huwelik en daarmee sê ek seker dat ek die onstabiele een is ne - ag wat - ons kan nie almal rotse wees nie. Party moet klippies en gruis en bakstene wees. Alles in een dag, anders raak die lewe BORING! hie hie Ek verf nie soveel as wat ek graag wil nie, maar is gedurig in kontak met kunstenaars rondom my. Ek is 'n Associate van die Waterverfvereniging van SA en beywer my om 'n Higher Associate te word. (meer inligting oor die WSSA kan op wssa.org.za gelees word). Ek neem deel waar ek kan aan plaaslike uitstallings en ontmoet so ook wonderlike mense. Kuns is 'n wonderlike taal! Cathy Julie 2007 ArtKat Studio bl 4

Kreatiwiteitsklasse Ek wil net elke student geluk wens met hul waagmoedige prestasies hierdie maand. Die maand was kort maar ons het reeds wonderlike resultate gekry. Die kreatiwiteitsklasse het opwindende oomblikke mee gebring waarin ons onsself verbaas het met ervaring met ongewone teken mediums en apparate. Dikwels is juis die onbekende vir ons ontoeganklik as ons nie waag nie. Ingesluit sal julle van die sketse sien wat met pen en ink, jik[bleikmiddel], water en soms met waterverf gedoen is. Daar is studente wat voorheen nog nooit van die werklikheid af geteken het nie en nou so waagmoedig is om sommer direk met n kwassie te teken. Baie geluk. Welkom aan alle nuwe Studente Ek verwelkom al die nuwe studente en hoop dat julle n baie vrugbare en vreugdevolle tyd met ons sal deurbring. Ook totsiens aan die studente wat vir watter rede ookal ons verlaat. All sorts of things and weather Must be taken together, To make up a year And a yellow sphere. Emerson, Fable: The mountain and the Squirrel Ons Seisoenboom die blare word maar min Julie 2007 ArtKat Studio bl 5

Ander werke uit die Studio As gevolg van my betrokkenheid by die Pavane kuns skool sal daar vir die volgende jaar nie klasse in die middae wees nie. Die aandklasse sal op aanvraag aangebied word en dan ook per klas betaal word. Die res van die klasse in die oggende sal soos gewoonlik vanaf 9 uur tot 11 uur aangebied word. Skoolvakansies sal daar ook nie klasse wees vir die eerste twee weke nie en die res van die vakansies sal met my bespreek moet word en ook per klas betaal word of andersins sal werkswinkels aangebied word wat ek met die nuusbriewe bekend sal maak. Klasse sluit dan hierdie maand die week van 18 tot 22 Junie en open 16 Julie wanneer die skool weer begin. Indien daar enige aanvraag is van die werkies op die voorblad kan julle my gerus kontak. Ek beplan om ook van die studente se werke in n galery te plaas en dit te koop aan te bied. Daar is goeie werke wat teen baie bekostigbare pryse aangekoop kan word omdat daar nie galery kommissies by is nie. Skakels: http://www.centurionteater.co. za/ http://www.kakkerlak.co.za/ http://www.artwessels.co.za/ Julie 2007 ArtKat Studio bl 6