UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

Similar documents
REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

BenguFarm Bestelvorm

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Beleid oor Botsing van Belange

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Regverdiging van ontslag van n werknemer skuldig aan seksuele teistering. deur. Anika Pretorius LLB

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Tariewe

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Mosselbaai Munisipaliteit

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

RAADSLEDE / COUNCILLORS

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

Skripsie ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Magister Legum aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 THE UNION OF SOUTH AFRICA

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

2 Province of the Western Cape: Provincial Gazette Extraordinary June 2017 SWARTLAND MUNICIPALITY CREDIT CONTROL AND DEBT COLLECTION BY-LAW Und

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

Tariewe

MEDIABELEID 6P/ Goedgekeur. Raad van die Noordwes-Universiteit

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Transcription:

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS 1. FILOSOFIE 1.1 Die Universiteit van Pretoria: is n akademiese en opvoedkundige instelling wat daarna streef om n nierassistiese, nie-diskriminerende werk-, woon- en leeromgewing vir werknemers en studente te skep waarin dit vir elkeen moontlik is om sy/haar volle potensiaal te verwesenlik; erken dat die beskerming van menswaardigheid en die ontmoediging van krenkende handelinge n integrale deel is van sodanige omgewing; erken dat onbillike diskriminasie op grond van ras op n onaanvaarbare wyse inbreuk maak op die kernwaardes van integriteit, menswaardigheid, privaatheid, gelykheid en wedersydse respek; ondersteun die beginsels soos neergelê in die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie Nr 4 van 2000, asook die Grondwet. 1.2 Die Universiteitsraad, Hoofbestuur, werknemers en studente is medeverantwoordelik vir die bestryding van rassediskriminasie op kampus. Om hierdie verantwoordelikheid na te kom, het die Universiteitsgemeenskap op die volgende beleid ooreengekom. 2. DEFINISIES 2.1 Onbillike diskriminasie op grond van ras Enige handeling wat n individu se reg op n nie-rassistiese, nie-diskriminerende werk-, woon- en leeromgewing skend, insluitende: Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 1

2.1.1 die maak van enige propaganda of die voorstelling van n idee met betrekking tot die meerderwaardigheid of minderwaardigheid van n persoon se ras, insluitende die aanmoediging van of deelname aan enige vorm van rassegeweld; 2.1.2 die betrokkenheid by enige aktiwiteit wat ten doel het om eksklusiwiteit op grond van ras te bevorder, of tot bevordering daarvan lei; 2.1.3 die uitsluiting van mense van n spesifieke rassegroep onder enige reël of praktyk wat regmatig voorkom, maar inderdaad daarop gerig is om n spesifieke rassegroep uit te sluit; 2.1.4 die lewering van minderwaardige dienste aan enige rassegroep, vergeleke met dié van n ander rassegroep; 2.1.5 die weiering op grond van ras tot geleenthede, insluitende toegang tot dienste of kontraktuele geleenthede om n diens te lewer. 2.2 Viktimisering Onregmatige vooroordeel (of dreigement daartoe) teenoor n persoon (personeellid of student) wat sy/haar regte uitoefen of afdwing, of poog om dit uit te oefen of af te dwing. 2.3 Personeellid n Persoon wat deur die Raad in diens van die Universiteit aangestel is. 2.4 Student n Persoon wat ingevolge die regulasies van die Universiteit as n student geregistreer is. Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 2

3. BELEID 3.1 Alle vorme van onbillike diskriminasie op grond van ras en/of verwante viktimisering, soos uiteengesit in paragraaf 2 hierbo, binne die jurisdiksie van die Universiteit van Pretoria, is onregmatig en derhalwe verbode. 3.2 Benewens enige moontlike strafregtelike of sivielregtelike sanksie, kan n persoon wat hom/haar aan sodanige gedrag skuldig maak, onderwerp word aan n dissiplinêre ondersoek in ooreenstemming met die toepaslike Dissiplinêre Kode vir Personeel of Studente, na gelang van omstandighede. By skuldigbevinding, kan die persoon in die geval van n personeellid, ontslaan word of in die geval van n student, uit die Universiteit geskors word. 3.3 Die Universiteitsraad en Hoofbestuur is regtens verplig om toe te sien dat alle klagtes van rasseteistering en/of verwante viktimisering ondersoek word en ingevolge hierdie beleid en gepaardgaande prosedures hanteer word. 4. PERSONEEL VERANTWOORDELIK VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BELEID 4.1 Die Beskermingsbeampte 4.1.1 n Personeellid sal deur die Raad as Beskermingsbeampte aangestel of aangewys word en hierdie aanstelling of aanwysing sal onderhewig wees aan die statute en regulasies wat op die Universiteit van toepassing is en wat van tyd tot tyd gewysig mag word. 4.1.2 Die Beskermingsbeampte moet toesien dat die beleid oor onbillike diskriminasie op grond van ras en/of verwante viktimisering geïmplementeer word. Die Beskermingsbeampte sal direk aan die Visekanselier en Rektor, of n persoon deur hom/haar aangewys, rapporteer. Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 3

4.2 Studenteraadslid 4.2.1 Die Beskermingsbeampte is, in samewerking met die Studenteraadslid vir Veiligheid en Sekuriteit en die Arbeidsverhoudingebeampte verantwoordelik vir die bekendmaking van die beleid en vir opleidingsprogramme ten opsigte van onbillike diskriminasie op grond van ras. 4.2.2 Wanneer n student een van die partye in n klagte is, soos bedoel in hierdie beleid, sal die Studenteraadslid vir Veiligheid en Sekuriteit ex officio geregtig wees om by alle verrigtinge ingevolge hierdie beleid teenwoordig te wees. 4.3 Arbeidsverhoudingebeampte 4.3.1 Die Beskermingsbeampte is, in samewerking met die Studenteraadslid vir Veiligheid en Sekuriteit en die Arbeidsverhoudingebeampte verantwoordelik vir die bekendmaking van die beleid en vir opleidingsprogramme ten opsigte van onbillike diskriminasie op grond van ras. 4.3.2 Wanneer n personeellid een van die partye in n klagte is, soos bedoel in hierdie beleid, sal die Arbeidsverhoudingebeampte ex officio geregtig wees om by alle verrigtinge ingevolge hierdie beleid teenwoordig te wees. 5. KLAGTES EN PROSEDURES 5.1 Alle klagtes wat op onbillike diskriminasie op grond van ras en/of verwante viktimisering betrekking het, kan by die volgende persone ingedien word: 5.1.1 Die Beskermingsbeampte; 5.1.2 Beamptes soos van tyd tot tyd deur die Beskermingsbeampte aangewys; 5.1.3 Studenteraadslid vir Veiligheid en Sekuriteit, waar een van die partye in die klagte n student is; Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 4

5.1.4 Die Arbeidsverhoudingebeampte, waar een van die partye in die klagte n personeellid is; 5.2 Alle klagtes soos bedoel in 5.1 moet, met inagneming van die ernstigheidsgraad van die klagte, binne n redelik tyd na die Beskermingsbeampte verwys word. 5.3 Die Beskermingsbeampte moet, sodra n klagte ingedien is, n voorlopige ondersoek doen om die prima facie geldigheid al dan nie van die klagte te beoordeel. 5.4 Die Beskermingsbeampte het die reg om persone te ondervra ten einde vas te stel of daar prima facie bewyse is van die oortreding van hierdie beleid. 5.5 Die klagte, die name van die persone betrokke en die verrigtinge tydens die voorlopige ondersoek moet as streng vertroulik hanteer word. Indien die klaer egter met opset nie die vertroulikheidsbeginsel gedurende die voorlopige ondersoek nakom nie, is die klaer nie meer geregtig op die beskerming daaronder voorsien nie. Die verstrekking van inligting ten einde n regsverpligting na te kom, sal nie as n verbreking van die vertroulikheidsbeginsel beskou word nie. 5.6 Indien die Beskermingsbeampte van oordeel is dat daar geen prima facie saak ten gunste van die klaer is nie, sal die Beskermingsbeampte die klagte afwys en skriftelike redes in die verband verskaf. 5.7 Indien die klaer, na ontvangs van die skriftelike redes soos in 5.6 bedoel, steeds van oordeel is dat die beleid oortree is, kan hy/sy appèl by die Visekanselier en Rektor/Registrateur aanteken wat die aangeleentheid na goeddunke sal hanteer. 5.8 Indien die klaer n klagte kwaadwilliglik indien, kan hy/sy onderwerp word aan n dissiplinêre ondersoek in ooreenstemming met die toepaslike Dissiplinêre Kode vir Personeel of Studente, na gelang van omstandighede. 5.9 Indien die Beskermingsbeampte van oordeel is dat daar n prima facie oortreding van die beleid is, moet hy/sy, met die toestemming van die klaer, een van die volgende prosedures volg: Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 5

6. MEDIASIE 6.1 Die Beskermingsbeampte tree in gesprek met die klaer en die aangeklaagde welke gesprek vertroulik en sonder vooroordeel sal geskied. 6.2 Indien die partye tot n vergelyk kom oor die feitelike gebeure en n oplossing vir die aangeleentheid vind, word die saak op hierdie wyse afgehandel. 6.3 Die inhoud van die ooreenkoms tussen die partye sal nie bekendgemaak word nie. 6.4 Die Beskermingsbeampte is verplig om volledige rekords van ooreenkomste van hierdie aard te hou. 6.5 In die geval waar die aangeklaagde tydens n dissiplinêre ondersoek van n tweede of verdere oortreding van hierdie beleid skuldig bevind word, mag die inhoud van die ooreenkomste waarby die aangeklaagde n party was, na skuldigbevinding en voor daar op n sanksie besluit word, by genoemde dissiplinêre ondersoek bekendgemaak word. 6.6 Die Beskermingsbeampte is verplig om toe te sien dat enige ooreenkoms tussen die partye regverdig en versoenbaar is met die doelstellings van hierdie beleid. 7. DISSIPLINÊRE ONDERSOEK 7.1 Indien die klaer nie die proses van mediasie wil volg nie, of waar die proses van mediasie onsuksesvol is, kan die klaer die Beskermingsbeampte versoek om die klagte na die Visekanselier en Rektor/Registrateur te verwys wat die klagte verder as n dissiplinêre aangeleentheid ingevolge die Universiteit se bestaande dissiplinêre kodes en praktyke hanteer. 7.2 Indien die Beskermingsbeampte van oordeel is dat n persoon weens moontlike intimidasie of viktimisering huiwerig is om n klag in te dien of daarmee voort te gaan, kan die Beskermingsbeampte op sy/haar eie inisiatief die aangeleentheid na die Visekanselier en Rektor/Registrateur verwys, wat die klagte verder as n dissiplinêre aangeleentheid ingevolge die Universiteit se bestaande dissiplinêre kodes en praktyke hanteer. Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 6

7.3 Die vertroulikheidsbeginsel, soos bedoel in 5.5, geld nie tydens n dissiplinêre ondersoek soos bedoel in die Dissiplinêre Kode vir Personeel of Studente nie, na gelang van omstandighede. 7.4 Die voorlopige ondersoek, soos bedoel in 5.5, dien mutatis mutandis as n voorlopige ondersoek soos bedoel in die Dissiplinêre Kode vir Personeel of Studente, na gelang van omstandighede. 7.5 Die Beskermingsbeampte kan, met die toestemming van die klaer, benewens die proses van mediasie en dissiplinêre optrede, voorstelle aan die Visekanselier en Rektor/Registrateur maak ingevolge waarvan probleme voortspruitend uit die klagtes opgelos kan word. 7.6 Die voorstelle, soos in 7.5 bedoel, mag nie lei tot moontlike vooroordeel teenoor n aangeklaagde sonder dat hy/sy die geleentheid gegee is om sy/haar kant van die saak te stel nie. 7.7 Die Beskermingsbeampte moet toesien dat daar geen onredelike oponthoud met die ondersoek, voortsetting of afhandeling van enige klagte is nie. 7.8 Die Beskermingsbeampte moet binne n redelike tyd terugvoer aan die klaer gee oor die vordering met en voortsetting van die ondersoek. 8. RAADSLID 8.1 Indien n klag teen n Raadslid ingedien word, moet die saak na die Menslikehulpbronkomitee van die Raad verwys word om ondersoek in te stel en die saak namens die Raad af te handel. Die Komitee sal sy eie prosedures bepaal met inagneming van die reëls van natuurlike geregtigheid. 8.2 Indien n lid van die Menslikehulpbronkomitee betrek word, moet hy/sy hom- /haarself van hierdie proses onttrek. Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 7

9. GELYKHEIDSHOWE Indien die klaer steeds verontreg voel na afloop van die proses van mediasie en/of dissiplinêre optrede, sal die Beskermingsbeampte hom/haar inlig van die proses wat gevolg moet word ingevolge Hoofstuk 4 van Wet 4, 2000 om die aangeleentheid na die Gelykheidshof te verwys. 10. MAATSKAPLIKE HULP Waar die Beskermingsbeampte dit nodig ag, kan enige slagoffer van rasseteistering of verwante viktimisering vir berading, hulp en ondersteuning verwys word. In die geval van studente, kan die slagoffer na die Afdeling vir Studenteondersteuning van die Universiteit verwys word of, in die geval van werknemers, na EAP@UP (die werknemerhulpprogram). 11. VERSLAGLEWERING Die Beskermingsbeampte moet jaarliks volledig verslag doen oor die werksaamhede van die Beskermingsbeampte en die mate waarin die beleid oor onbillike diskriminasie op grond van ras uitgevoer is. Die verslag word gerig aan die Visekanselier en Rektor en moet voor die Raad en die Verteenwoordigende Studenteraad van die Universiteit ter tafel gelê word. 12. VERKLIKKERBELEID Die verklikkerprosedure soos vervat in die Verklikkerbeleid kan deur derde partye gevolg word om gevalle van rasseteistering aan te meld. Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 8

AANMELDING VAN KLAGTES 2016 Naam Fakulteit/ Departement/ Gebou Tel no E-pos Afdeling BESKERMINGSBEAMPTE Mev E Gardiner Regsdienste STUDENTERAADSLID Fasiliteite, Veiligheid en Mr B Nkala Sekuriteit ARBEIDSVERHOUDINGE Administrasiegebou Kamer 5-4 Hatfieldkampus Roosmaryn Kamer 2-17 Hatfieldkampus 012 420 3073 elize.gardiner@up.ac.za 012 420 6575 src.facilities@tuks.co.za Mnr M Sekobelo Arbeidsverhoudinge Administrasiegebou Kamer 4-47 Hatfieldkampus 012 420 2157 makgabo.sekobelo@up.ac.za Rt 267/08 (gewysig 19-11-08) 9