Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Tariewe

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Edgehog

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Kerssangdiens. SA Gemeente

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Tariewe

SIZA takes the sting out of auditing

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Uit Moerdijk se pen Man en Media

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Hoe om krag te spaar

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Sterdansers by Vensters.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

G. J. du Preez

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Die jaar se kaskar was

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Rubriek vir skeppende werk

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant


OKT 17 NR.3. R33 BUITE SA R28.95 excl VAT

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

INGligting. Dekaan kyk terug. Prof Hansie Knoetze. Dekaan: Ingenieurswese.

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

Transcription:

Nuusbrief Julie 2013

Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief lees ek soek n volgrotesensor kamera asseblief, n merk drie sal goed wees. By voorbaat dankie... O ja, en n paar L lense ook asseblief... So droom ons mos maar almal. Vir n paar van ons klublede het hul drome toe waar geword. Reisfotografie is aan die groei en n paar het die geleentheid gehad om oorsee te gaan foto s neem. Johan Beyers het vir ons van sy ongelooflike foto s gewys wat hy in Japan geneem het by die sneeu-ape, die swane, die kraanvoëls asook die arende. Dit moes n ongelooflike ervaring gewees het. n Paar van die lede was in Praag en het baie mooi foto s geneem. Sommige daarvan het al in kompetisies verskyn. Ander se Afrika avonture lewer weer ongelooflike natuurtonele. Christo Gilliomee het sommer n paar wenners saamgebring, en voor ons mooi kon uitvra is hy weer landuit op n volgende avontuur. Vir die van ons wat tuisbly het Pearson Cleghorn n paar lekker uitstappies gereël. Die laaste een was by die Bergkelder. Behalwe vir die lekker wynproe was daar lekker geleenthede vir pragfoto s. So gepraat van wynproe ons het toe ook n lekker soetes en sop aand gehad tydens een van ons Winterbyeenkomste. Te oordeel aan die terugvoer was dit n wenresep en een wat weer herhaal moet word. Ons inskrywings vir die PSSA Interklub is ook onlangs gefinaliseer. Baie geluk aan die lede wie se foto s gekeur is. Ek het ook die keuringsaand by gewoon en selfs met vier beoordelaars was dit n moeilike keuse om van die foto s nie in te sluit nie. Ongelukkig is die aantal inskrywings beperk. Baie van die reisfoto s van ons lede is ingesluit in ons inskrywing. Daar is ook heelwat wenfoto s wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se voorbereiding is ook reeds aangeskakel vir die November salon. Die beoordelaars is bevestig en die reëlings met die PSSA is in proses. Ek kry weer nuwe respek vir die vorige salonkomitee as ek sien hoeveel reëlings in plek gesit moet word vir so n geleentheid. Genoeg vir eers. Met n goeie geloof in kersvader sal ek solank begin lees aan n handleiding vir die merk drie. Ek sal self begin spaar vir n geleentheid om reisfotografie te beoefen daarvoor hoef kersvader nie voorsiening te maak nie. Ek wil net nie onverhoeds betrap word met n nuwe kamera wat ek nie ken nie en baie foto geleenthede nie. Groete Niël Goslett

Full Moon Theewaterskloof dam Alicia het saam met Helderbergklub gaan fotos neem en hierdie beriggie vir ons saamgestel. Baie dankie dat jy met ons deel. BAIE nice fotos Alicia! TAF A full moon outing.pdf

Julie Uitstappie na Babylonstoren Ons sou aanvanklik 27 Julie 2013 na Babylonstoren ( http://www.babylonstoren.com/ ) toe gaan vir ons Julie uitstappie maar die eerste datum wat hulle ons kan akkomodeer vir 'n groep besprekking vir middagete is die daaropvolgende naweek. Die "Julie" uistappie sal dus plaasvind op Saterdag 3 Augustus 2013. Babylonstoren is bekend vir hulle pragtige tuine en daar sal genoeg wees om af te neem. Die bestuur het ons egter net gevra om nie die huisies waar mense oornag af te neem om nie inbreek te maak op hulle privaatheid nie. Daar is egter heelwat ander geleenthede om van die ou plaashuise en buite geboue af te neem. Ek stel voor ons ontmoet mekaar so 10:00 daar en dan reël ek met hulle dat ons so rondom 12:00 'n ligte middagete sal geniet in die "glashuis" restaurant. Die restaurant kan ons egter slegs vir 'n groep van 25 persone akkomodeer. Ek het reeds die bespreking gemaak en ek sal die 25 graag wil volmaak. As ek kyk hoe die belangstelling was vir die Bergkelder uitstappie behoort dit egter nie 'n probleem te wees nie. Ek moet ook net noem dat daar 'n ingangsfooi tot die plaas is van R10 per persoon wat weer aangewend word vir gemeenskap ontwikkeling projekte. Dit is werklik 'n pragtige plaas met baie om af te neem so moenie hierdie uitstappie mis nie. Laat weet asb wie van julle sal wil saamgaan. Hoop om spoedig van julle te hoor.

Verjaarsdae n Baie hartlike geluk aan die volgende persone met hulle verjaarsdae in Julie en Aug. Johan Benade Johan Bester Charmaine Buckle Melinda Els Isabel le Grange Charlene Vernooy Lee Tarlton Tom Roos Fransonette Swart Nilo Kriek Johan Nieman 1 Julie 6 Julie 8 Julie 12 Julie 16 Julie 20 Julie 24 Julie 25 Julie 13 Augustus 14 Augustus 18 Augustus Ek hoop julle jaar sal vol wonderlike ervarings en uitstekende foto geleenthede wees!

Nuwelinge Ek stel graag n paar van ons nuwe lede aan julle bekend, net sodat julle hulle ordentlik tuis kan laat voel. a. Naam en Van, besigheid waarin jy is b. Watter kamera gebruik jy of sou jy graag wou hê? c. Wat is jou geskiedenis in fotografie? d. Wat is vir jou die lekkerste om af te neem? e. Wat wil jy graag leer by die klub? Eerste is Juan Venter. Julle het al van sy fotos in kompetisies gesien en hier is sy storie. a. Juan Venter ek bou optic fibre netwerke vir Transnet & Metro Rail b. Ek gebruik tans n CANON 5d mark III en sal nie omgee om n CANON 1d X te wil he nie. c. Ek het in die 80 met film begin om Skydiving af te neem. Daarna het ek lank niks fotografie gedoen nie en die gogga het weer onlanks gebyt met beter digitale kameras d. Landscape, onderwater en sport. e. Ek hou van die kompetisie.dit forseer my om beter fotos te neem Dan het ons vir Johan Bester. a. Johan Bester : Geoktrooieerde Rekenmeester en afgetrede Sanlam Hoofbestuurder. Nog steeds by die Sanlam groep en verwante organisasies betrokke as direkteur en / of lid van komitees en / of op spesiale projekte. b. Ek gebruik tans n Sony Alpha 77 met n verskeidenheid lense en is heel tevrede daarmee. Ek het destyds met Minolta begin maar al hulle patente is sedertdien deur Sony oorgeneem. c. Was nog maar altyd ( sedert die middel 1960 s ) n ywerige vakansie, familie en geleentheids fotograaf. d. Landskappe, mense en diere. e. Ek wil graag leer om my toerusting beter te benut in n vriendelike en ondersteunende omgewing. Ook om nuwe kennis op te doen en dit suksesvol toe te pas. f. Is getroud met Cecile en het twee dogters wat beide alreeds die nes verlaat het. Speel gholf en hou van vinnige motors.

Mary-Ann Sim introduces herself as such: a) My name is Mary-Ann Sim. I'm working for the National Religious Association for Social Development (NRASD) as a counsellor HIV/ AIDS and crisis pregnancies. I also do HIV training for any group who wish to become peer educators. b) I use canon EOS 60D to shoot basically anything, hoping to get some good pics...lol c) I always liked taking photos of animals, landscapes and interesting things. Went on a basic photography course at Martin Osner's. I must admit I've learnt so many things. The thing I like most about photography is shooting in Manual. d) Not into filming e) I joined the club so I wont be the judge of my photos but others. Also the lectures on different topics of photography.

Tips en truuks Derick Nel deel n paar interessante artikels om te help: 12 TIPS for photographing stunnin Basic Photo Editing Techniques.pdf Getting the Backgrounds right.pdf Practical 4 - Basic Layers.pdf Indien jy enige vrae het sê Derick hy help graag. Sy email adres is derick@expressls.co.za.

Junie se kompetisie uitslae lyk soos volg: Print vas Fred Fourie met Herfsblare Print oop Juan Venter met Trees in the mist Digitaal Vas Coreen Bester met View from the top - ook algehele wenner Digitaal oop - Coreen Bester met Early morning glow

Julie se kompetisie wenners is: Prints Vas : Boorman, Christo la Grange Prints Ope : No 3573, Juan Venter Digitaal Vas : These hands, Melinda Els Digitaal Ope : Kubu Milky Way, Johan Beyers Wat dan ook die algehele wenner is.

Die salon uitslae vir die afgelope 2 maande is soos volg: Nasionale salonne Naam Aanvaardings Meriete Medalje Celia Fouché 36 9 1 Charmaine Buckle 2 Christo Giliomee 4 2 1 Christo la Grange 1 Hannelore Seifart 1 Heiner Seifart 1 Heinrich Sauer 4 Izelda du Toit 1 Juan Venter 8 Manie Wessels 21 3 1 Melinda Els 5 1 Neels Beyers 28 5 Riaan Victor 2 Internasionale salonne Naam Aanvaardings Meriete Medalje Manie Wessels 15

Sterstatus vorderings Die volgende persone het bevordering gekry ten opsigte van ster status. In Junie word Hennie Brand, Christo le Grange en Marleen le Grange almal 2 sterre en Francis Marais word n 3 ster. In Julie word Mary-Ann Sim en Robert Sim altwee 2 sterre en Dorian Newby, Juan Venter en Charmaine Buckle word almal 3 sterre. n Groot handdruk aan elkeen van julle met hierdie prestasies. En onthou al die fotos en uitslae is ook op ons webblad beskikbaar.

En daarmee kom ons by DIE EINDE