Sport lok duisende na Pukkampus. is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied.

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOëRSKOOL PORTERVILLE

BenguFarm Bestelvorm

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Direkte en indirekte rede *

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SIZA takes the sting out of auditing

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Hoe om krag te spaar

KAMPUSNUUS. end. Junie Uitgawe 5. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

ekampusnuus NWU-tolkdienste brei uit Lees binne: Pansat-eer vir hoe NWU brûe bou tussen tale Skete en pyne op kampus

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Sterdansers by Vensters.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Departement Christen Spiritualiteit, Kerkgeskiedenis en Sendingwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Pretoria

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Visekanselier voorste in Afrika. Letterkunde bly dekaan se eerste liefde. Minister prys NWU-navorsing. Eish! is n wenner

Dialoog en paragrawe *

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Tariewe

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

; Standard Bank. Met ons bring jy dit veel verder. Nie net is my tjeks tot R500. as net kunstenaarsbevrediging bied.

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

gflitse Puk-prof Power Alert se flitse soos dit op TV verskyn Mei/Junie Uitgawe 4

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

VOLUME 6 No 5 September 2012 Personeelblad van die NWU. Bedreigde padda leef voort. Wen R600 met Eish! Een voet in Amerika en die ander een in Europa

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

8 No 5 Augustus 2014 Personeelblad van die NWU. Kook kos met sonkrag. Voorkoms van finansies verander. NWU reageer op bewerings van ontgroening

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Welstand spaar Puk miljoene

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Transcription:

April 2007 - Uitgawe 4 e-kampusnuus Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Nel ver ereer eer met eerste Huberte Ruper upert-pr t-prys Prof. Werner Nel, sangdosent by die skool vir musiek, is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met die Huberte Rupert-prys vir klassieke musiek. Nel is die eerste ontvanger van die gesogte prys wat verlede jaar ingestel is. Vanjaar het die soeklig veral geval op uitnemende prestasie in die opvoeding van klassieke kunstenaars en in die Puk-professor se geval sangers in die klassieke genre. Hy is die afgelope dertig jaar volgehoue betrokke en lewer n uitmuntende bydrae tot die opleiding van jong sangers in Suid-Afrika. Die SA Akademie se Keurkomitee vir die uitvoerende kunste het by die toekenning in ag geneem dat Nel self een van Suid-Afrika se voorste konsert- en operasangers is. Sy operaloopbaan het in Gelsenkirchen, Duitsland begin. Hy het hoofrolle vertolk in n verskeidenheid oratoriums en operas van die wêreld se grootste komponiste en het ook besondere bekendheid verwerf as uitvoerder van Duitse en Afrikaanse kunsliedere. Ook deur sy studente het Nel groot roem verwerf. Van hulle het in die bekendste operahuise in die wêreld opgetree en het ook internasionale en nasionale pryse gewen. Hulle sluit onder meer die volgende in: Kobie van Rensburg (München, Duitsland), Sally du Randt, Erica Eloff, André Howard (Stellenbosch), Jacques Imbrallo, Wilhelm Theunissen (Wallis), Mandie de Villiers (Oslo, Noorweë), Tina Tshupane (Londen), Ernst Labuschagne (Zürich, Switserland) en Chris Mostert (St.Gallen, Switserland). Imbrallo is een van 25 genooide deelnemers aan die Cardiff Singer of the World-kompetisie wat eersdaags gehou word en wat deur Nel bygewoon sal word. Op die gebied van die populêre musiek was Rina Hugo en Charl van Heyningen onder meer van Nel se leerlinge. In 2001 het die Aardklop-kunstefees n spesiale prys aan Nel toegeken vir sy uitstaande diens aan musiek en veral opera in Suid-Afrika. Hy is n gerekende beoordelaar by sangkompetisies in Suid- Afrika en elders in die wêreld. Die Huberte Rupert-prys is in 2006 ingestel en word geborg deur die Rupert Stigting. Die prys sal op 22 Junie tydens die Akademie se bekroningsplegtigheid in Pretoria oorhandig word. Prof. Werner Nel. Sport lok duisende na Pukkampus Borgskappe van skolesport is van die mees geslaagde maniere om topstudente na die universiteit te lok. Die NWU-Puk was vroeër vanjaar die borg van die twee Puk-interskole-atletiekreekse wat in Gauteng, een van die universiteit se belangrikste voedingsbronne, aangebied is. Skole noord van die Vaalrivier en Namibië het deelgeneem. Die eerste byeenkoms Lees binne: Studente raak tolk-tolk tuis p 2 p 5 Esté Vorster ontvang Havenga-prys is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied. Tydens die twee dae het 32 skole met meer as 2 500 atlete deelgeneem. Dit was atletiek uit die boonste rakke en absoluut skouspelagtig omdat al die topskole deelgeneem het. Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria het die seunsafdeling van die eerste byeenkoms op Germiston met drie punte gewen. Die o.19-seunsaflos het die hele stadion op hul voete gehad, sê Hannatjie Visagie van die departement bemarking en kommunikasie by die Potchefstroomkampus. By die tweede byeenkoms het twee nuwe skole hulle buiging gemaak: Hoërskool Windhoek en Hoërskool Nelspruit, wat eweneens vir pragatletiek gesorg het. Hoërskool Monument het dié reeks gewen en skuif nou op na die eerste afdeling. Volgens Visagie was die stadions oor die twee dae volgepak en is die reiklengte van die atletiek as bemarkingsmiddel, nie iets wat in geld omskep kan word nie. Die doel van die borgskappe is nie net om die universiteit se handelsmerk te vestig nie, maar ook om die Puk as onderrigkeuse in die harte van voornemende studente te vestig, sê sy. Die universiteit was ook die medeborge van verskeie plaaslike (Potchefstroom en omgewing) prestige-skole-atletiekbyeenkomste. Wintersport Die NWU-Puk was voorts die borg van drie rugby-, hokkie- en netbalreekse. Tydens die Puk Interprovinsiale-reeks en die Prestigereeks, wat albei in April op die Fanie du Toit-sportterrein aangebied is, het altesame 10 500 leerders Potchefstroom as studentestad beleef. Aan die laaste reeks, die Puk Super-16, wat op 5 Mei op die Fanie aangebied is, het meer as 3 360 leerders deelgeneem. Dit sluit slegs die deelnemers in. Die beamptes en die ouers, wat in hul menigte opgedaag het om te ondersteun, laat die blootstellingsyfer die hoogte inskiet. By elke byeenkoms, atletiek en wintersport, was n inligtingstent van die universiteit waar belangstellende leerders meer inligting oor studierigtings en die studentelewe wat die Puk bied, kon kry, sê Visagie. Voorts het sowat 9 000 mense op 1 Mei by die jaarlikse Opedag n draai op die kampus gemaak. Dit beteken dat altesame sowat 17 000 leerlinge die afgelope maand eerstehands met die Puk kennis gemaak het.

Kampusnuus - 2 Studente raak tolk-tolk tuis Twee studente wat uit Afrika kom en aanvanklik nie n woord Afrikaans kon verstaan nie is onder die talle studente by die Pukkampus wat suksesvol kan studeer danksy die intydse tolking van lesings Me. Tawona Chrinembiri, n eerstejaar aptekerswesestudent, het onlangs die beste onder sowat 290 studente in haar klas gevaar in n fisikatoets. Dít terwyl die lesings in Afrikaans aangebied maar gelukkig terselfdertyd na Engels getolk word. Ek kan nie my lewe sonder die oorfone in dink nie. Die tolkdienste word deel van jou en jy vergeet van die tyd toe jy nog nie daaraan gewoond was nie, vertel die student van Harare in Zimbabwe. Net soos Chrinembiri is me. Lydia Ababio, n tweedejaarstudent in die regte wat van Ghana afkomstig is, oortuig daarvan dat sy op die Afrikaanse kampus n tuiste gevind het danksy die tolkdienste. Volgens haar is die oorfone deel van haar lewe en moontlik die grootste bydraende faktor dat sy haar studies voortsit. Die stem van die tolk in jou ore raak so persoonlik dat dit voel of jy in n saal van jou eie is. Dit help my om gefokus te luister. Hoewel taal altyd n kwessie sal bly help die oorfone om baie van die stres om op hoogte te bly, uit die weg te ruim, vertel Ababio. Benewens die tolkdienste bied die Potchefstroomkampus ook studiegidse in Engels aan om anderstalige studente in hul studies by te staan. Die twee vroue het ook al n gevestigde vriendekring op die kampus en neem ywerig deel aan groepstake danksy die feit dat hulle vinnig nog Engelse studente met oorfone op die kop kon identifiseer en hulle kan al n paar Afrikaanse woorde sê. Een hiervan is baie belangrik wat hulle glo dikwels in lesings van die dosente hoor. Die tolkdienste het sedert dit in April 2004 in werking gestel is by die NWU al duisende studente gehelp in die suksesvolle afhandeling van hul voorgraadse studiejare. Destyds is begin met 28 periodes per week en tans word meer as 300 periodes per week getolk. Die getal tolke het voorts van twaalf na vyftig toegeneem. Volgens prof. Marlene Verhoef, taalsakedirekteur van die universiteit, bepaal die NWU-Puk se onderskeie kampusse se taaldemografie en die bepaalde kampus se onderrigmetode die getal mense wat van die diens gebruik maak. By die Pukkampus verkies Die twee studente uit Afrika, mee. Tawona Chrinembiri en Lydia Ababio, saam met tolk Dwayne Evans en prof. Marlene Verhoef, taalsakedirekteur van die universiteit. ongeveer tien persent van die voltydse voorgraadse studente nie Afrikaans as onderrigtaal nie en kry dus hul lesings in Engels. By die Vaaldriehoekkampus is daar n ongeveer 50/ 50 taaldemografieverdeling en die kampus het n tweetalige voertaalbeleid. In dié programme waar tolkdiens gelewer word, roteer die onderrigtaal. Dit beteken die dosent praat een week Engels en die tolking vind in Afrikaans plaas. Die volgende week werk dit andersom. Die sukses van die intydse tolking van die universiteit het só groot impak op mense van buite gemaak dat die taaldirektoraat tans met twee loodsprojekte by buite-instansies besig is. Die eerste is by die Potchefstroom Landboukollege waar al die eerstejaarsvakke sedert die begin van die jaar getolk word asook verskeie tweedejaarsvakke. Aanstaande jaar sal die diens uitgebrei word na al die tweedejaarsvakke. Die tweede loodsporjek word gedoen by die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi waar n tolkdiens vir die gr.11-rekenaarstudieleerlinge gelewer word. Volgens Verhoef word die persepsies van al die deelnemers by albei die projekte fyn dopgehou en is die terugvoer wat tot dusver ontvang is, baie positief. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie sal in die nabye toekoms eerstehands ingelig word oor die kwessie van onder meer die voordele van klastolking by skole. Combrink en Waanders besoek VSA oor konferensie Proff. Annette Combrink, kampusrektor, en Frans Waanders, direkteur van die skool vir chemiese en mineraalingenieurswese, het pas teruggekeer van n besoek aan die VSA waar hulle tydens die raadsvergadering van die Pittsburgh Coal Conference terugvoer gegee het oor die vordering wat die plaaslike organiseerders maak om die konferensie in September vanjaar in Suid-Afrika aan te bied. Combrink het voorts n ooreenkoms met Pittsburgh-universiteit onderteken om die mede-aanbieder van die konferensie te wees. Waanders is aangestel as mede-voorsitter en dr. Johan van Dyk, een van die Puk se na-doktorale genote en werker by Sasol, is die organiseerder, terwyl dr. Chris Reinecke (hoof van navorsing en ontwikkeling, Sasol, asook raadslid van die NWU) die voorsitter van die plaaslike organiseerders van die konferensie is. Hierdie konferensie word elke twee jaar in Pittsburgh gehou en elke derde jaar in die buiteland. Alle steenkoolnavorsers kom by die konferensie bymekaar om idees en kennis uit te ruil. Tydens die besoek in Washington was Combrink en Waanders ook by die Smithsonian Instituut by dr. Bevan French, n kenner op impakkraters. Daar is raad en leiding gevra oor die heropening van geologie op Prof. Annette Combrink in ligte luim saam met dr. Chris Reinecke (Sasol R&D) en prof. Badi Morsi van die Pittsburg-universiteit en konferensiebestuurder. die NWU-Pukkampus. Die Smithsonian is een van die indrukwekkenste museums en navorsingsinstitute in Amerika.

Kampusnuus - 3 Coetzee ee ontvang eredoktor edoktorsg sgraad van NWU Baanbrekerswerk op die gebied van inheemse kos en tradisionele Afrika-kookkuns is die sleutel tot die toekenning van n eredoktorsgraad wat die Pukkampus eersdaags aan me. Renata Coetzee oorhandig. Die eredoktorsgraad is die eerste wat die Noordwes-Universiteit sedert die samesmelting vier jaar gelede toeken. Coetzee het haar van ander onderskei op die gebied van kos en voedingswetenskap, asook massaspyseniering in Suid-Afrika. Sy het baanbrekerswerk gedoen met die dokumentering van inheemse kos en tradisionele voedselvoorbereidingstegnieke in die land. Sy het voorts n reusebydrae gelewer in die kommersialisering van inheemse kossoorte in onderskeie ontwikkelingsprogramme om armoede te help verlig en vroue in plattelandse gebiede te bemagtig. Coetzee het dus waarde toegevoeg tot die gebruik van inheemse kos in gesondheidsbevordering en ontwikkelingsprogramme. Die oud-puk was vroeër die afdelingsbestuurder vir dieetkunde en spyseniering by Anglo American se goud- en uraanafdeling, waarna sy vir tien jaar as senior dieetkundige by die Universiteit van Stellenbosch gewerk het. Dit het die kosvoorbereiding by 21 koshuise, ses banketsale en twee studentekafeterias ingesluit. Coetzee het voorts vir altesame veertien jaar ook haar kennis en ervaring gedeel as lektor by verskeie universiteite in Suid-Afrika en die VSA. Sy word ook as n uitstaande navorser bestempel en het vir haarself n lewenslange doelwit gestel om tradisionele koskulture en eetgewoontes van die Renata Coetzee wat op 25 Mei die eredoktorsgraad ontvang. onderskeie kulture in Suid-Afrika asook die van ander Afrika-lande na te vors. Coetzee het onder meer wetenskaplike navorsing gedoen in die bevriesing van kos vir gebruik deur hospitale en universiteite. Dié navorsing is in samewerking met die WNNR gedoen en sy het uitgebreide besoeke aan die VSA, Engeland, Duitsland, Holland en Noorweë onderneem om vriesmetodes vir gedroogde en lae-vog voedselsoorte te ondersoek. Coetzee het verskeie professionele toekennings vir haar werk ontvang waaronder die Cordon Bluetoekenning van die Silwood-kombuis vir navorsing oor tradisionele disse in SA, die kanseliersmedalje van die Universiteit van Pretoria vir haar werk - nasionaal en internasionaal - oor Afrika en SA se koskulture en n eretoekenning van die Instituut vir Kookkuns. Sy het ook verskeie boeke die lig laat sien en met meer as sestig opvoedkundige programme rakende kosvoorbereiding en voeding vir televisie gehelp. Met haar uitgebreide navorsing was Coetzee instrumenteel daarin om Afrika- en Suid-Afrikaanse kos wêreldwyd gewild te maak. Van haar boeke is The South African Culinary Tradition with 167 authentic recipes, Funa: Roots of traditional African Food Culture, Ga Lowe: Out Place of Origin, Batswana customs and traditional recipes en A Feast from Nature: The Traditional Khoikoin Food Culture. Coetzee is in Reitzburg in die Vrystaat gebore en het haar matriek aan Gimnasium Hoërskool in Potchefstroom behaal. Sy het haar BSc in voedselwetenskap, dieetkuknde en chemie aan die PU vir CHO verwerf voordat sy haar MSc in voeding aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het. Coetzee het ook verskeie diplomas in die VSA verwerf met betrekking tot massaspyseniering. Haar onderwysdiploma het sy later jare aan die Puk verwerf. Sy sê sy is baie verras dat haar alma mater haar op haar oudag so vereer. Kreatiewe gedagtes uit De la Harpe se pen Die NWU-Puk se akademici staan vir niemand terug as dit by die skryf van boeke kom waarin hulle hul kennis deel nie. Die nuutste boek kom uit die geledere van grafiese ontwerp en spruit uit die doktorsgraadstudie van dr. Hanri de la Harpe. Haar boek, CREATIVE INTELLIGENCE: the designer s creativity handbook, het pas op die rakke verskyn en word onder meer bestempel as n selfhelpgids vir mense wat betrokke is by kreatiewe werk. Dit is ook gepas om as handboek te gebruik in kursusse op tersiêre vlak. De la Harpe het in haar tesis, wat die basis vir die boek vorm, n unieke metodologie ontwerp vir die sistematiese en strategiese bevordering van kreati- witeit in grafiese ontwerpopleiding op universiteitsvlak. In die boek word wenke met voorbeelde en praktiese illustrasies uiteengesit, onder meer hoe om die kreatiewe proses effektief te bestuur. Dr. Piet Muller, PhD-nasiener, bestempel die boek as baanbrekerswerk wat n belangrike invloed sal hê oor hoe grafiese ontwerp geleer en toegepas kan word en hoe ontwerpstudios in die toekoms bestuur sal word. Die vernaamste voordeel van die boek is die ideevormingstegnieke wat studente en professionele ontwerpers heelwat tyd behoort te bespaar. Die tegnieke verhoog die effektiwiteit van die denkproses wat deel is van die kreatiewe aktiwiteit. Voorts sal die denkstrategieë in die boek studente voorberei op die druk in die professionele wêreld. Daarbenewens beslaan die boek ook tien kreatiewe werkswinkels wat n verskeidenheid prettige, maar tog effektiewe kreatiewe hulpmiddels kan bewerkstellig. Die werkswinkels kan onder meer dinkskrums verseker van resultate. De la Harpe is n senior lektor by die NWU met jare se ervaring in die kunste, illustrasies en grafiese ontwerp. Sy het verlede jaar haar doktorsgraad behaal. Sy is n oudleerling van Hoër Volkskool in Potchefstroom en het haar studies destyds by Tukkies afgeskop met n BA-graad (beeldende kunste). De la Harpe en haar tweelingsuster, Elsabé, het jare gelede ook hul debuut in die televisiereeks, Sien jy nou, gemaak. Die reeks is deur Elsabe Dr. Hanri de la Harpe. Steenberg geskryf en Tobie Cronje het die regie gedoen.

Kampusnuus - 4 Welstand Fokus op stres en sterktes TM Stres en sterktes Mei is stres en sterktes-maand by die NWU. Om meer inligting te kry oor jou sterktes, besoek gerus die webadres: http://www.viasurvey.org/ default.aspx Registreer en antwoord die vrae. Dit neem so 30 tot 45 minute om die vraelys te voltooi. Nadat u die vraelys voltooi het kan u dit stoor of uitdruk. Doen dit gerus kry só meer inligting oor jou vyf sterktes! Wat is werkstres? Job stress is the harmful emotional and physical reactions resulting from the interactions between the worker and her/his work environment where the demands of the job exceed the worker s capabilities and resources. Bron: European Agency for Safety and Health at Work. Stress at Work. http://agency.osha.eu.int/publications/factsheets/ facts8. November 2000. Die effek van stres: Stres is n normale deel van ons lewe, en n mate van stres is selfs goed. Wanneer stres te veel word, lei dit egter tot skadelike gevolge. Impak Moegheid en gebrek aan konsentrasie. Groter risiko vir kadiovaskulêre, gastro-intesstinale en psigologiese probleme. Gedragsveranderinge. Gevoelens van hulpeloosheid, isolasie en frustrasie. Toename in werksafwesigheid. Wat bestuurders kan doen: * Maak seker dat die werkslading ooreenstem met die werkers se vaardighede en hulpbronne. Omskryf die werkers se verantwoordelikhede duidelik. * Bepaal werkers se pligte só dat die werkers besluite kan maak, verantwoordelikheid kan neem en dus bemagtig voel. * Soek na idees van werkers wat kan help met waardetoevoeging. * Verbeter kommunikasiekanale. * Maak ruimte vir mentorskappe en vaardigheidsontwikkeling terwyl daar gewerk word. * Ondersteun inisiatiewe en prys mense wat goeie werk doen. Gevolge Toename in werksfoute en diensbeserings. Groter koste vir werkgewer en werknemers ten opsigte van plaasvervanging en mediese kostes. Toename in die gebruik van gewoontevormende middels. Toename/afname in voedselinname. Algemene onvermoë om normale lewenseise te hanteer. Toename in verbale en fisieke mishandeling. Toenemende selfgesentreerdheid en gevolglike onsensitiwiteit vir ander persone. Afname in produktiwiteit. * Ondersteun geen verdraagsaamheid teen seksuele diskriminasie, teistering en geweld. * Maak voorsiening vir langtermyn-werksekuriteit. Cholestrol-inligtingsessie Hoë Cholesterol staan ook deesdae bekend as die stille moordenaar. Alle personeel en hul direkte familielede word uitgenooi om te kom luister na wat hulle kan doen om u cholesterolvlakke te beheer. Verteenwoordigers van die Ampath-laboratorium op sentraalkampus sal n inligtingsessie aanbied op Dinsdag, 29 Mei, vanaf 12:30 tot 14:00. Besprekings is noodsaaklik. Stuur n e-pos met die woord cholesterol en u naam en personeelnommer na EmployeeWellness@nwu.ac.za Van die rektor se tafel En toe doen die Puk dit weer ons wen toe die Superbowl vir die tweede jaar in n ry. Dit was n wonderlike, maar baie spannende paar dae, want al die wedstryde (teen Maties, toe Kovsies, toe UJ) was maar taai, maar ons kon dit darem maak. Baie geluk aan die spelers, die afrigters, en die res van die ondersteuningspan. Dit was werklik n spanpoging. n Nuutjie hierdie jaar was die betrokkenheid van ou rugbylegendes uit die verlede van iemand soos Ian Kirkpatrick wat ons nog goed onthou, Hannes Marais en Wynand Claassen. Iets wat mens besonderlik opval by die spelers van die Rugby-instituut is die dissipline en algemene uitnemende gedrag dit word baie sterk beklemtoon deur veral die afrigter, Matt Proudfoot, en dra by daartoe dat die instituut nie net rugbyspelers nie, maar verantwoordelike mense oplewer. Daar het die afgelope maand derduisende mense oor die kampus en die sportgronde beweeg. Daar was naamlik n hele rits van die skolereekse wat deur bemarking en kommunikasie (BEK) gereël word en wat vir die Puk baie publisiteitsmyle verskaf. Verder het die hele Superbowl, met die gepaardgaande pret met die Tjomma waar is jou kar-kompetisie, ook vir baie blootstelling gesorg. Die Opedag was soos gewoonlik n groot sukses, met BAIE insette deur veral BEK en die akademiese personeel (wat moes werk op Werkersdag!), maar ook die ondersteuningspersoneel wat die tafel dek vir die geleentheid. Die reaksie van mense is soos gewoonlik ongelooflik, en vir die Puk van onskatbare waarde. Die vriendelike gesig van die PUK is soos gewoonlik voorop in mense se belewing van die geleentheid. Die mees onlangse groot nuus is ook natuurlik die goedkeuring van die nuwe logo, met die drie skakeltjies, en nog belangriker die toegewing oor die gebruik van die naam PUKKE en die kampuskleur, wat dus steeds maroen bly (dit het n hele lang geveg gekos, maar dit was die moeite werd!). Die nuwe logo vind algemeen byval en verteenwoordig wat ons nou is n unitêre multikampusinstelling. Wat die studente betref was daar nogal n relletjie oor die hantering van die toetse deur sekere fakulteite en personeel. Ek wil baie graag vra dat personeel bietjie selfondersoek doen en seker maak dat hulle regverdig optree nie te veel toetse nie, nie toetse buite geskeduleerde of klastye nie, nie te veel toetse op een dag nie (toetsskedules moet vroegtydig aan studente beskikbaar gestel word, sodat probleme VOORAF uitgestryk kan word). Dit is so dat studente nou maar eenmaal studente bly, maar heelwat van die klagtes wat by my en die viserektor uitgekom het is werklik deur dosente geskep. n Stukkie baie goeie nuus daar is n nuwe musiekprys ingestel, naamlik die Huberte Rupertprys, vir diens aan klassieke musiek. Die eerste ontvanger daarvan is prof. Werner Nel van ons musiekskool. Vandeesmaand kom die volgende reeks gradeplegtighede met nuwe rekords. Meer as 400 M-grade word toegeken (vir die eerste maal moes twee plegtighede daarvoor geskeduleer word) en 58 doktorsgrade. Dit is afgesien van die groot aantal MBAgrade en onderwysdiplomas en sertifikate. Ons gaan ook weer Windhoek toe vir n plegtigheid wat n paar honderd studente behels. Ek is terug van n kort besoek saam met prof. Frans Waanders aan Washington DC waar ons tydens die raadsvergadering van die Pittsburgh Coal Conference terugvoer gegee het oor die vordering wat die plaaslike organiseerders maak om die konferensie in September vanjaar in die Sandton-konferensiesentrum aan te bied. n Ooreenkoms met Pittsburghuniversiteit is onderteken om die mede-aanbieder van die konferensie in Suid-Afrika te wees. Nou word die aandag gefokus op die Hokkprogramevaluering van die opvoedkunde-programme.

Spieël Kampusnuus - 5 Fakulteit gesondheidswetenskappe Prof. Esté Vorster, direkteur van AUTHeR (Africa Unit for Transdisciplinary Health Research) by die fakulteit gesondheidswetenskappe, sal op 22 Junie die Havengaprys vir Geneeskunde van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Dit is nie net n uitsonderlike prestasie nie maar ook n welverdiende erkenning vir n leeftyd van besondere nasionale en internasionale bydraes op die terrein van Prof. Esté Vorster. voeding, het prof. Nico Malan van die skool vir fisiologie, voeding en verbruikerswetenskappe, gesê. Fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe Personeel en honneursstudente by rekreasiekunde het n internasionale seminaar by Tukkies bygewoon wat gehandel het oor Professional career development in the fields of sport science, recreation and physical education. Die sprekers was persone soos proff. Darlene Kluka (VSA), Gudrum Doll-Tepper (President ICSSPE), Herbert Haag Duitsland, mnr. Jens Sejer Anderson (Denemarke) en me. Gretchen Ghent (Kanada). Die groep studente was onder meer vergesel deur dr. Charlé Meyer (programvoorsitter van rekreasiekunde). Fakulteit teologie Twee personeellede van die fakulteit teologie praat op Sondagoggend, 20 Mei, omstreeks seweuur saam in die radioprogram van RSG, Kollig op die Kerk. Mnr. Hennie Goede (skool vir Bybelwetenskappe en antieke tale) praat oor sy navorsing wat handel oor die opdragte tot slawe-eienaars in die Nuwe Testament en hoe dit verstaan moet word in die konteks van eerste-eeuse Romeinse reg. Mev. Leentie de Lange (skool vir kerkwetenskappe) praat oor haar navorsing wat handel oor Bioetiek. Die doel van die navorsing is om uiteindelik praktiese inslag te vind in kurrikulering binne die opleiding van beraders en predikante ten einde hulle beter toe te rus om lidmate by te staan in hulle soeke na antwoorde op baie moeilike en soms emosionele kwessies wat nie net berus op grondige wetenskaplike kennis nie, maat wat ook eties, teologies en teoreties duidelik gegrond is. Dagboek van gebeure op kampus Geleentheid Waar Beskrywing Kontakpersoon 11 Mei Kampustalentfees 16 Mei Waardeweek 16 Mei Bok van Blerk 18-19 Mei ATKV interuniversitêre debat Pukkampus G20 Kunstalentfees Wedloop, piekniek, kussinggeveg Konsert Debat (Pukke, UJ, Kovsies, Tuks) Horst Bütow x2843 Johannes Wagner x2870 Mpho Modupe x2844 Juanli Griesel x2881 18-25 Mei Gradeplegtighede Toekenning van grade Mariaan v/d Merwe x2631 31 Mei Groet die Grotman Konsert Mpho Modupe x2844 5-6 Junie Artéma Kunstebestuursimposium Pukkampus Simposium Chris de Bruyn x2850 Personeellede kan gerus besonderhede oor geleenthede soos kongresse en konferensies stuur na lieze.dupreez@nwu.ac.za vir publikasie in die volgende ekampusnuus se dagboek. Nuwe diabetes en hoë bloeddrukstudie begin by die NWU-Puk Die NWU-Pukke was goed verteenwoordig by die jaarkongres van die Nuwe-testamentiese werkgemeenskap van Suid- Afrika van 2 tot 5 April in Stellenbosch. Hier is die Pukke en doktorale Puk-studente by die standbeeld voor die kweekskool in die eikestad. Agter is prof. Francois Viljoen (Puk), dr. Bennop Zuiddam (Australië) en prof. Alistair Wilson (Puk). Voor hulle is dr. Sebastian Fuhrmann (Duitsland), prof. Hermie van Zyl (Kovsies) en Hennie Goede (SA). In die tweede ry is ds. Bruce Button (SA), dr. Wim Vergeer (Puk) en Laura Maleya-Mautsa (Zimbabwe). Voor is prof. Fika Janse van Rensburg (Puk) en ds. Johannes Wessels (Botswana). n Nuwe subgroep, onder leierskap van Janse van Rensburg en Fuhrmann, is goedgekeur wat die Suid-Afrikaanse been van n internasionale interdissiplinêre navorsingsprojek sal vorm. n Nuwe opwindende navorsingsprojek wat die oorsake vir die ontstaan van tipe 2 diabetes en hoë bloeddruk ondersoek, het by die metaboliese eenheid op die Pukkampus afgeskop. Unieke toerusting waaronder n nuwe polsgolfsnelheidmeter word vir die projek ingespan en mense tussen die ouderdomme van 20 en 65 neem aan die studie deel. Volgens die prof. Alta Schutte van die kardiovaskulêre fisiologienavorsingsgroep en die projekleier, styg die getalle van mense wat aan diabetes en hoë bloeddruk ly voortdurend en is dit skokkend dat baie mense vir lang tye ongediagnoseer met die toestande rondloop. Dit is dan ook waarom hoë bloeddruk as die silent killer bekend staan, omdat n mens soms sonder enige simptome aan die toestand kan ly. Dit kan ernstige skade aan organe soos die niere aanrig en selfs beroerte tot gevolg hê as daar nie iets aan die probleem gedoen word nie. Schutte meen die beste medisyne vir veral diabetes is vroeë diagnose van verhoogde bloedsuikervlakke of n totale voorkoming van die toestand. Deur mense van beide geslagte en van verskeie ouderdomme te gebruik, wil die verskille in risiko s tussen mans en vroue, asook jong en ouer mense ondersoek word, sê Schutte. Verskeie nuwe tegnieke (soos die inspan van die polsgolfsnelheidmeter) word gedurende die studie ingespan om hierdie metings so effektief moontlik te maak. Analises van verskeie nuut geïdentifiseerde hormone wat insulien- en bloeddrukvlakke beïnvloed, sal uitgevoer word. Voorts word nuwe kardiovaskulêre apparaat gebruik word om die elastisiteit van die bloedvate te bepaal bloot deur n sensor op die neken arm of voetbloedvat te plaas.

Kampusnuus - 6 Mnr. Sarel Myburgh (naasregs) tydens die spoggeleentheid in die 7-ster hotel in Dubai waar hy n sertifikaat van sy Arabiese werkgewer ontvang het. By hom is van links mnre. Ozwald Seqeira (finansiële bestuurder Al Fair) Ali Albwardi (eienaar) en Jannie Holtzhauzen (besturende direkteur, Spinneys Dubai en Al Fair Oman). Oud-Puk skitter in Middede- Ooste se sakewêr wêreld n Oud-Pukstudent en die voormalige hoof van finansiële steundienste skitter in die Midde-Ooste se sakewêreld. Taalwenk Woonwa en karavaan Sommige ouer bronne dui aan dat karavaan in die betekenis van woonwa hoegenaamd nie aanvaarbaar is nie. LW Hiemstra (1980) se Die juiste woord sê bv. n Karavaan is n stoet en nie n voertuig nie. Daarom kan n woonwa in Afrikaans nie soos in Engels met dié naam aangedui word nie. Die WAT (Deel V, 1968) gee wel hierdie betekenismoontlikheid aan. Moderner bronne is ook teenstrydig. In Prinsloo & Odendal se Afrikaans op sy beste (1995) word aangedui dat karavaan in die betekenis van woonwa gebruik kan word. Müller se Afrikaans van A-Z (2003) sê weer dat dit nie aan te beveel is nie. Wat moet ons dan doen as gerespekteerde bronne mekaar weerspreek? Kontrole in die elektroniese databasis van die WAT dui daarop dat woonwa en karavaan albei gebruik word vir die betekenis van woonwa, maar woonwa wen beslis die getalle-oorlog met opgawes. Om te beweer dat karavaan nie in die betekenis van woonwa gebruik kan word nie, is dus gewoon fout. Die databasis dui egter duidelik aan dat woonwa se gebruiksfrekwensie beduidend hoër (4:1) as karavaan is. My raad is daarom dat ons in ons eie gebruik maar voorkeur gee aan woonwa bo karavaan. WAMC Mnr. Sarel Myburgh is onlangs met die jaarlikse groot prys van die Al Fair-supermark (wat deel is van die Spinneys-groep in Dubai) bekroon nadat die supermarkte waarvoor hy verantwoordelik is n maandelikse groeikoers van 13% handhaaf. Myburgh werk die afgelope twee jaar as algemene bestuurder by die groep in Muscat, die hoofstad van Oman. Hy is verantwoordelik vir agt supermarkte. Ek het die eerste jaar behoorlik gesweet om dinge hier omgedraai te kry. Meer as n jaar gelede toe dinge nog op n slakkepas gevorder het en ons n negatiewe groeikoers gehad het, het ek vir die mense hier gesê ek sien n duidelike prentjie van hoe ons n prys wen. Daar was soveel dinge verkeerd en netto winste kon nie realiseer nie maar ek is dankbaar om nou te kan sê die prentjie is omgedraai. Maar ek moet erken dit was n spanpoging. Ek moes sekere dinge doen om die belyning van ons aktiwiteite te verbeter. Ons het ook n stelsel van kommunikasie geïmplementeer en mense geleer om binne konferensies effektief te kommunikeer. Die mense het vroeër Vyf van die sewe Suid-Afrikaners wat vanjaar vir die wêreldjeugkoor gekies is, is Pukstudente. Die studente, Madelaine de Villiers, Ferdinand Liebenberg, Itmeleng Pooe, Jana du Plooy en Tina Tshupane sal hulle in Julie vanjaar by die groep aansluit. Die ander twee SA-koorlede is André Oosthuizen en Esté Gross van Gauteng. Die Wêreld Jeugkoor (WJK) besoek Suid-Afrika tydens Julie vanjaar vir hulle jaarlikse hoofsessie, die eerste keer in hulle bestaan sedert hul stigting in 1989. Die WJK word deur die Pukkampus ondersteun. Die koorgroep, wat bestaan uit 78 sangers van 32 onbeheerd en ongekontroleerd gepraat wat negatief ingewerk het om die harmonie in die groep. Voorts het ons n erkenningstelsel begin gebruik en mense aangespoor om besluite op hul vlak te neem en te verseker dat dit deurgevoer word, vertel Myburgh. Myburgh is in April in een van net twee 7sterhotelle wêreldwyd in Dubai bekroon vir die werk wat hy gedoen het om tans die maandelikse groeikoers van 13% te handhaaf. Die verkope en alles styg net. Ons maak sedert Augustus nettowinste en het sedertdien nie weer omgekyk nie, het hy na die toekenning gesê. Benewens die prysgeld het Myburgh se Arabiergrootbaas ook vir hom n spoggerige selfoon as geskenk gegee. Die oud-puk het al sy studies buitemuurs oor n tydperk van agttienjaar voltooi waaronder sy honneurs in bedryfsosiologie en n MBA. In sy honneursjaar is hy aangewys as die beste student in bedryfsosiologie en tydens sy finale jaar (MBA) was hy die beste student in strategiese studies. Vyf Pukke vanjaar in Wêreldjeugkoor lande, kom op 9 Julie in die land aan. Hulle sal van 10 tot 18 Julie in Stellenbosch hulle program inoefen voordat die eerste konsert op 19 Julie in Kaapstad gehou word. Konserte sal ook in George, Port Elizabeth, Bloemfontein, Potchefstroom, Rustenburg, Pretoria en Johannesburg gehou word. Die groep word deur twee dirigente, Sidumo Jacobs Nyamezele van Suid-Afrika en Peter Dijkstra van Nederland, afgerig. Mnr. Peet Ryke van die departement kultuur by die Puk is baie nou by die reëlings betrokke en word bygestaan deur Braam Bredenkamp.

Dekaan: Fakulteit opvoedkundige wetenskappe Prof. Petra Engelbrecht PROFIEL Kampusnuus - 7 Ma, boervr vrou ou... nou dekaan Toe sy nog n boervrou van die Ermelo-omgewing was sou sy nooit kon dink dat sy haar eendag in n akademiese loopbaan sou bevind nie. Maar toe sterf haar man op 34- jarige ouderdom en die voormalige boervrou en voorsitter van die Vroue Landbou-unie verhuis met haar twee kinders na Pretoria waar sy weer begin studeer het. Sy het haar as n gerekende opvoedkundige sielkundige bekwaam en was tot met haar aanstelling senior direkteur vir navorsing by Stellenbosch Universiteit. Wat is die eerste ding wat jy gedoen het toe jy hier by jou nuwe kantoor aangekom het? Ek het op 5 Maart die kantoor ingestap en hoewel dit n deurmekaar en besige dag was, was ek gou tuis. Die fakulteit het die aand n ete gereël en dit was die wonderlikste wyse van verwelkoming en om my nuwe kollegas informeel te ontmoet. Op die tweede dag het ek my teepot kantoor toe gebring ek drink veral soggens baie tee. Wat is jou visie vir jouself hier by die NWU-Puk? Om met die ondersteuning van my kollegas hierdie fakulteit uit te bou en n betekenisvolle rol in die hoër onderwyssektor (na binne en na buite) te kan speel. Om uitnemendheid op die verskeidenheid vlakke uit te brei en om mense te ondersteun sodat hulle hulself kan verwesenlik. Hoe sal jy jouself as bestuurder opsom? Ek glo aan n deursigtige en deelnemende bestuurstyl. Dit vorm die grondslag van alles wat ek doen. Mense sal my tot die uiterste moet dryf om outokraties op te tree. Dit gaan oor gedeelde waardes, respek en die erkenning van elkeen se menswees. Jy is n oud-tukkie wat later n Matie geword het. Was dit n moeilike keuse om Stellenbosch vir Potchefstroom te verruil? Dit was destyds n makliker keuse om Pretoria te verlaat. Om Stellenbosch te verlaat het n ingewikkelde besluit behels. Maar ek moet sê ek het die begeerte gehad om terug te keer na n breër front van hoër onderwys. Nou bestempel ek dit as n gelukkige besluit en ek is nou n Puk. As opvoedkundige sielkundige hoe sou jy die toestand van onderwys in SA beskryf? Dit gaan goed en dit gaan sleg. Baie hang af van die leierskap in skole, mense wat sukses wil bereik against all odds. Ons grootste krisis is volgens my die vreeslike idealistiese onderwysbeleid teenoor die praktiese uitvoerbaarheid daarvan op grondvlak. Wat is die ding wat vir jou vandag uitstaan in ons huidige onderwyssituasie? Tussen die realiteite en ideale lê die grootste uitdaging. Wat sou jy bestempel as onderwysers se grootste uitdaging? Die erkenning en hantering van diversiteit in klaskamers. Wat sal moontlik kan keer dat strome onderwysers nie die beroep verlaat soos wat onlangs berig is nie? Onderwysers hou die toekoms van die land in hul hande. Mense moenie onderwys as studierigting kies as dit nie werklik die werk is wat hulle wil doen nie. Wat is jou standpunt oor lyfstraf? Ek is glad nie ten gunste daarvan nie. Hoe sien jy hoe leerderdissipline in die toekoms gehanteer sal moet word in die lig van die toename in geweld by skole? Onder meer moet onderwysers sorg dat hulle goed voorbereid is, opreg belang stel en saam met die kinders sekere grondreëls bepaal van watter gedrag nie toelaatbaar is nie. Mense wil grense hê. Wat onthou jy van jou ouerhuis? Ek was n laatlam en onthou veral die liefde en ondersteuning van my ouers. Daar was ook altyd iets om te lees en musiek om na te luister. Waarop spandeer jy die graagste geld? Op vliegtuigkaartjies om vir my kinders te gaan kuier. My seun (Gysbert, n regsadviseur) en dogter (Christa, n tandarts) bly en werk in Londen. En definitief geld op boeke vir my kleinkind, Pétra. Wat is die nuttigste ding wat jy al gekoop het? Die laaste motor wat ek gekoop het. Ek is nie vreeslik gesteld op simbole nie, maar hou wel van mooi matte en skilderye. Die mees onlangse uitgawe het n oulike klein miniatuur worshond behels. Wat doen jy in jou vrye tyd om te ontspan? Ek is verskriklik lief vir klassieke musiek en om te lees. Daar is altyd vyf boeke byderhand ek sorg dat daar altyd meer as is wat ek kan lees. Ek is ook gaande oor uiteet en sal waarskynlik nog die lieflike restaurante in Stellenbosch en Franschhoek mis. Wat is die lekkerste deel van jou dag? Ek geniet gewoonlik die hele dag maar moet erken dat dit tog lekker is om na besige dag by die huis te kom en rustig te wees. Wat gee jou nagmerries? Om nie spertye te haal nie. Ek glo in teikendatums. Is jy n introvert of ekstrovert? Ek is n introvert maar een wat geleer het om dit te hanteer. Wie is jou grootste steunpilaar? My kinders. Hulle is great! Gebore: Pretoria Hoërskool: Afrikaans Meisies Hoër, Pretoria Verdere opleiding: BA (sielkunde, Duits en Engels 1969 Tukkies) HOD,1981 Unisa, BEd (sielkunde, 1985 Tukkies), MEd (sielkunde, 1987 Tukkies) en PhD (1990 Tukkies). Loopbaan: 1988 1990 lektor in opvoedkundige sielkunde, 1991 1994 senior lektor in opvoedkundige sielkunde, 1995 medeprofessor in opvoedkundige sielkunde by Tukkies, 1996 1998 voorsitter, departement opvoedkundige sielkunde en gespesialiseerde onderwys by Universiteit van Stellenbosch, 2004 2005 direkteur vir navorsing (menslike en sosiale wetenskappe), Universiteit van Stellenbosch en sedert 2005 senior direkteur vir navorsing (Universiteit van Stellenbosch). Lidmaatskap by professionele organisasies: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, American Educational Research Association, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en European Association for Research in Learning and Instruction.