Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Direkte en indirekte rede *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Hoe om krag te spaar

G. J. du Preez

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Kerssangdiens. SA Gemeente

SIZA takes the sting out of auditing

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Dialoog en paragrawe *

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Rubriek vir skeppende werk

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Missionary Perspectives in the New Testament

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Ellen White, die Adventiste Pioniers en die Lunar Sabbat

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Tariewe

Lydenstyd en Paasfees

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Webadres: Die Pastoor se pen:

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Transcription:

Rietfluit Rietvallei se kwartaallikse deuntjie Ons word 30! Meningspeiling uitslae is hier!

Die Rietfluit F toverhaal Sustersaamtrek 2017

Sjoe, ons is oorweldig deur die positiwiteit van, en die hoeveelheid, reaksie op die meningsopname wat ons per e- pos uitgestuur het. Baie dankie vir elkeen wat deelgeneem het. Dis vir ons rigtinggewend en bemoedigend vir die toekoms. Ons het reeds in hierdie uitgawe n paar aanpassings gemaak op grond van die uitslae van die meningsopname. Hier is n paar daarvan: Rietvallei Rietfluit Ons gaan weer meer papierkopieë druk. Interessant genoeg het 40% van die respondente aangedui dat hulle die papierkopie lees (en dit nogal op n elektroniese peiling!) Ons wil graag hoor of daar vrywilligers in die gemeente is wat bereid sou wees om papierkopieë te gaan aflewer by mense wat weens ouderdom of siekte nie by die kerk kan uitkom nie. Indien iemand hand wil opsteek, kontak my asseblief by rietfluit@gmail.com. Julle wil meer lees van ons eie gemeentelede. In die toekoms gaan ons probeer om ruimte hiervoor af te staan. Lees gerus in hierdie uitgawe die Profiel van Klaas Steyn, ons nuwe skriba. ê Dankie " tydskri. In elke toekomstige uitgawe van die Rietfluit sal daar ʼn profiel van ʼn gemeentelid gepubliseer word. Kyk gerus ook na ons Nuwe Intrekker-blad. Verder gaan ons daarop fokus om meer artikels aangaande Rietvallei -spesifieke gebeurlikhede te plaas. Die bydraes wat invul of inkleur vereis gaan aangepas of weggelaat word omdat die elektroniese formaat dit moeilik maak. Loer gerus na die Piccollo met sy nuwe baadjie: idees vir ouers/grootouers om kindertjies op ʼn praktiese wyse van die Here te leer. Ons wil julle graag uitnooi om te enige tyd vir ons kommentaar te stuur (rietfluit@gmail.com). Onthou asseblief ook dat ons voorstelle vir artikels of foto s verwelkom! Wil iemand by ons redaksie aansluit? Kontak my asseblief! En nou vir die uitslae! Onthou, alle getalle verteenwoordig slegs die mense wat aan die meningsopname deelgeneem het. In werklikheid is daar meer lesers van die Rietfluit. Geen meningsopname word deur almal beantwoord aan wie dit gestuur is nie. Uit die +-830 lidmate aan wie vraelyste gestuur is, was daar +- 160 respondente. Volgens meningsopnamestandaarde is dit n bogemiddelde reaksie.

Wie is Klaas Steyn? Ons loer in by ons nuwe skriba DEUR WIMPIE STEENKAMP Ons beoog om van nou af in elke uitgawe n profiel van n gemeentelid te doen - wees gerus op die uitkyk daarvoor en laat weet ons van wie jy hier sal wil lees. - Red Vertel ons bietjie van jou kinderjare. Ek het grootgeword op n plaas tussen Zeerust en Mafikeng. My pa-hulle het geboer met mielies en jersey-koeie. Na skool het ek B.Comm gaan studeer op die PUK. Hoe het jy en Adri ontmoet? Ons is voorgestel aan mekaar op die PUK deur die Voortrekkers. Die ander mense het dadelik besluit hierdie twee pas bymekaar ons was telkens ingedeel by dieselfde kookspan, wagstaantyd ensovoorts. Familie? Ons het 2 seuns en 2 dogters. Ook 6 kleinkinders, 3 seuns en 3 dogters. Met watter stokperdjies hou jy jouself besig? (Behalwe tuinwerk, karwas en huis verf.) Ons het ʼn familieplaas met wild naby Thabazimbi. Ons boer met beeste en daar is ook wild soos rooibokke, blesbokke, elande, koedoes, vlakvarke en jakkalse. Wat doen jy vir ontspanning? Ek hou van stap en lees en is ook lief vir die plaas. Wat is die lekkerste een van al die baie vakansies wat julle al gehou het? Ons is mense wat hou van die bos, veral soos in die wildtuin. Die lekkerste vakansie was toe ons een jaar saam met die hele familie in die wildtuin was. Gunsteling film? Meestal Afrikaanse films. Die laaste een was Sink. Gunsteling boek? Ek hou van feitelike boeke,veral die wat oor geskiedenis handel. Ek lees ook gereeld tydskrifte soos Weg en die Landbouweekblad. Gunsteling musiek? Ek hou van ligte klassieke musiek en musiek met goeie lirieke soos Coenie de Villiers sʼn. Watter karakter in ʼn film of verhoogstuk sal jy graag wou speel en waarom? Brutus wat in Julius Caeser van Shakespeare speel. Hy was iemand wat in Ceaser se regering was en wat die volk wou verlos van die regering. Hoe lank groei jy al aan jou snor? Vanaf 29 Junie 1974. Dit word een maal per week gesnoei, maar dit was nog nooit afgesny nie. Jou kosmaakspesialiteit? Ek hou van vleisbraai, braaibroodjies maak en soms ʼn potjie. Indien jy ʼn goeie sjef was watter driegangmaaltyd sal jy vir ʼn koningin voorberei? Beestong met mosterd. Gebraaide wildsboud met pampoenkoekies, lemoenpatats, groenbone en wortels. Souskluitjies vir nagereg. Wat is een van jou beste gewoontes? Ek sorg dat ek nooit laat is nie. Behalwe vir die verkeer werk toe en terug, wat was die langste 10 minute van jou lewe? Nadat ek siek geword by die werk net voor my hartomleidingsoperasie. Wat is jou gunsteling Bybelboek? Efesiërs: Dit handel baie oor die wese van die kerk. Jou gunsteling geestelike liedere? Ere aan God, Psalm 8 en Psalm 150. Watter rol sal jy wil speel indien daar ʼn film oor ʼn gedeelte in die Bybel gemaak word? Abraham, veral wanneer jy kyk na sy geloof en vertroue op die Here. Watter teksvers in die Bybel beteken vir jou baie? Joh 14:1 Julle moenie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My Daar het julle dit! Ons skriba, Klaas Steyn, in ʼn neutedop: ʼn mens, nes ek en jy.

Deur Retha van der Walt Met ons gereelde besoeke aan die Weskus Mall het die paraatheid en vriendelikheid van die motorwagte daar ons toenemend beïndruk. Ons gebruiklike vorm van groet: Good morning, how are you? word kripties met n glimlag beantwoord: I m fine! And your families? They also fine? INGESTUUR DEUR DS. ERIC KAYAYAN Retha Van der Walt (voorheen lidmaat van Potchefstroom-Noord gemeente, waar ds. Eric Kayayan sy bediening in 1998 begin het) is nou by Vredenburg NGK ingeskakel op die Weskus. Sy het betrokke geraak by Christen-motorwagte vanaf die DRK en Burundi (dus Franssprekende mense) by die groot winkelssentrum (Weskus Mall) en deel gereeld aan hulle boodskappe vanuit die Franse bediening se webtuiste. Op n dag groet Freddy my op Afrikaans en verneem hoe dit met my gaan! Met my nuuskierigheid geprikkel, v e r n e e m e k i n d i e daaropvolgende weke dat die huidige motorwagte óf van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) óf Burundi afkomstig is. Mettertyd raak hulle meer gemaklik om in gebroke Engels die rede vir hul teenwoordigheid in Suid-Afrika t e k o m m u n i k e e r. D i e uitdrukking op die gesigte wanneer hulle huiwerig hul hart op n klein skrefie oopmaak, het my laat besef hóé min ons verstaan van die realiteite van hierdie mense se Afrika! Die voortslepende konflik tussen regerings- en r e b e l l e m a g t e s k e p onhoudbare situasies vir gewone burgers situasies wat nie alleen hulle veiligheid bedreig nie, maar ook hulle bestaansonderhoud! Die amptelike tale in die DRK en Burundi is Frans en Swahili. Ek probeer my die situasie voorstel wat hierdie mense motiveer om hulle families onder kommerwekkende omstandighede agter te laat en, ontneem van hulle t radisi o nele o n de rsteu - ningsbasis, in n vreemde land met vreemde gebruike en tale asiel te kom soek. In somerhitte en Weskuswind en nat winterkoue staan hulle getrou vir nege ure op n dag, dag na dag, voertuie en oppas vir n onvoorspelbare en beperkte inkomste altyd vriendelik, selfs teenoor daardie kliënte wat met ooglopende apatie in hul luukse motors klim sonder om n fooitjie af te staan! Hulle gesindheid onder moeilike o m s t a n d i g h e d e g e e betekenis aan die stelling: Adversity builds character in hulle geval n Christelike karakter. Weens hul taalbeperking kan hulle as Christene nie by

plaaslike geloofsgemeenskappe inskakel nie. En dit is wat hierdie bediening motiveer om vir hierdie Christen-gelowige vreemdelinge in ons midde n mate van geloofsondersteuning te bied te midde van hulle moeilike omstandighede. Ons laai geskrewe Franse preke volgens onderwerp van Foi et Vie Réforméés (Reformed Faith and Life) se webtuiste ( w w w. f o i - v i e. o r g. z a / messages/6.html) af en deel dit weekliks uit aan die motorwagte op die Weskus Mall se parkeerterrein. In samewerking met die bestuurder van die inkopiesentrum het die Moedergemeente van die NG Kerk Vredenburg ook Franse en Swahili Bybels, volgens elkeen se taalvoorkeur, aan hulle geskenk. (Sien meegaande foto s.) Ek het vir elkeen 'n boekmerk laat maak met n boodskap van ds. Eric in Frans en ook die internetadres van sy bediening. Ds. Thys het n pragtige gebed na die oorhandiging gedoen. Een van die omgeegroepe in die gemeente het die geld wat hulle in 2016 vir n barmhartigheidsprojek ingesamel het, beskikbaar gestel vir Panarotti s om op Oukersdag vir die motorwagte n verrassinsgsete te verpak. Ons kan aan elkeen wat met vriendelike woorde of dade meewerk aan die bediening aan hierdie ontheemde Christen-gelowiges in ons midde die versekering gee dat elkeen van hulle dit met opregte dankbaarheid ontvang! Die sentrumbestuurder wil hê dat hulle Engels/Afrikaans moet aanleer. Ek het dus n Engelse oudio-bybel wat ek gehad het vir hulle gegee sodat hulle in die Skrifgedeeltes wat hulle in Frans of Swahili lees in Engels kan hoor. My volgende taak is nou om geleentheid te skep om hulle Engelse/Afrikaanse taalvaardigheid te ontwikkel (indien iemand van hulpmiddels weet, kan hulle my gerus kontak: rethavander-walt1@gmail.com.) Ons wil vir mnr. Pierre Badenhorst, die bestuurder van die Weskus Mall, bedank vir sy gewillige en vriendelike ondersteuning van hierdie bediening.

Kyk wie is DEUR KARIN BUYS Ja, inderdaad: In Junie is ons gemeente die verjaarsdagmaatjie. Ons blaai saam met Hennie Steenkamp deur die foto-album van tye lank gelede. Paaie is destyds uitgelê vir die Erasmuskloof-uitbreiding soos ons dit vandag ken. Die argitekte Vermooten, Du Plooy en Oosthuizen is aangestel om dié kerkgebou te ontwerp. Rietvallei het op 21 Junie 1987 afgestig uit wyke van drie ander gemeentes in die suidooste van Pretoria, naamlik Waterkloofrand (1963), Wapadrant (1983) en Verwoerdburg- Noord (1975, tans Centurion). Die nuwe gemeente het destyds 578 siele gehad, maar weens snelle uitbreidings in dié deel van Pretoria het die getalle binne die volgende 25 jaar skerp toegeneem. Met 1 369 belydende en 361 dooplidmate aan die einde van 2014 was ons as Rietvallei-gemeente die derde grootste Gereformeerde kerk. Net Wapadrant en Randburg was groter. Voor die bou van die kerk was die stuk grond (links) as Hoërskool Waterkloof se hokkievelde gebruik. Ná n gemeentekamp in 1992 waar prof. Amie van Wyk uit Jeremia 32:7 preek Koop my stuk grond wat in Anatot is vir jou was die gemeente oortuig dat dit n Woord spesiaal vir hulle was en het die kerkraad besluit om voort te gaan om die kerk te bou, al was dit finansieel eintlik ontmoontlik gewees. So het die droom begin en is daar met die ontwikkelaars ooreengekom om die gemeente se vier erwe wat hul destyds in Elarduspark besit het, te verruil vir die sewe erwe waarop Rietvallei se kerkgebou vandag staan. Daar is so voorsiening gemaak vir die parkeerterrein.

aangesien dit nie later moontlik sou wees nie. In n gesprek met Hennie Steenkamp vertel hy aan ons van n baie interessante wending. Die boukontrakteur het ons destyds ingelig dat die konstruksie so ver gebou was, en dat, indien ons nog n galery sou wou hê, ons op daardie selfde aand tydens 'n kerkraadsvergadering die besluit sou moes neem om daarmee voort te gaan, Die kerkgebou sonder n galery kon op daardie stadium net 580 sitplekke voorsien. Met die bou van die galery kon hul 750 sitplekke voorsien. Dit was n wyse besluit waaroor ons vandag steeds dankbaar is. Op 25 April 1993 is die kerkgebou in gebruik geneem, met sitplek vir 750 lidmate. In die liturgiese ruimte is daar banke aangebring, maar daar is ook plek waar losstaande stoele geplaas kan word, soos ons doen tydens ons Nagmaal-eredienste. Die dag was gelei deur ds. Christiaan Hattingh (1987-2001). Die dak oor die stoep waar die kombuis is, asook as die amfiteater en saal is eers jare later gebou. Ons is tot vandag toe dankbaar vir die geloofstap wat die gemeente in 1992 geneem het, ten spyte van die finansiële risiko s wat die gemeente in die gesig gestaar het.

Pampoentert DEUR CARINA VAN RHYN Hierdie dis is my staatmaker wanneer iemand my vra om n slaai saam te bring. n Paar mense het my gevra om die resep met hulle te deel, so vir die van julle wat nog wag, hier is dit nou Kook 1kg pampoen sag Room saam: 125g margarien 200ml suiker 3 eiers Sif saam: 250ml koekmeelblom 15ml bakpoeier 2ml sout Meng die 2 mengsels saam en voeg 5ml vanilla by. Maak die pampoen fyn en roer dit by die meelmengsel in. Die mengsel is redelik slap. Giet dit in gesmeerde tertbak en bak by 190 C vir 40 tot 45 minute. Strooi fyn kaneel oor sodra dit uit die oond kom. VERSKAF DEUR MILANIE CILLIERS Kinders kan soms die snaaksste dinge kwyt raak. Ons word egter herhaaldelik in die Bybel aangemoedig om geloof, soos die van n kind, na te streef. Die onskuld en opregtheid waarmee hulle vra vrae, antwoord en bid is iets besonders en laat altyd n glimlag op mens se gesig. n Versameling van briewe aan God: Liewe Heer, het U bedoel om n kameelperd so te laat lyk of was dit n ongeluk? (Norma) Liewe Heer, ek was by n troue waar hulle sommer in die kerk gesoen het. Is dit okay? ( Neil) Liewe Heer, ek dink partykeer aan U, selfs as ek nie bid nie. (Elliot) Liewe Heer, baie dankie vir die bababoetie, maar ek het eintlike gebid vir n babahondjie. (Joyce) Liewe Heer, my mamma het my vertel wat U doen, maar wie doen dit wanneer U met vakansie is? (Jenny) Liewe Heer, ek hou aan wag vir Lente,maar dit het nogsteeds nie gekom nie. Moenie vergeet nie. (Mark) Liewe Heer, ek het nie gedink oranje en pers gaan saam nie tot ek die sonsondergang gesien het wat U Dinsdag gemaak het. Dit was cool! (Eugene) Bron: Beliefnet (http://www.beliefnet.com/faiths/facebook-galleries/dear-god-hilarious-prayers-from-kids.aspx)

Die mees unieke stelling van ons behoudende Christelike geloof DEUR YF VELDHUIZEN Wat kan dit tog wees? God is die Skepper. Nee, die ander Abrahamiese godsdienste sê dit ook. Die sentraliteit van Jesus Christus vir ons geloof? Nee, die breëre Christendom sê dit ook. Dat Jesus Christus as mens gebore is? Nee, want baie ongelowiges betwis ook nie hierdie feit nie Kersfees word wêreldwyd gevier. Niemand voel bedreig deur baba Jesus in die krip nie. Die mees unieke stelling van ons geloof is dat Christus letterlik, fisies en liggaamlik uit die dood opgestaan het. Baie mense voel ongemaklik met hierdie stelling omdat dit ewigheidsimplikasies vir hulle inhou wat hulle liefs wil ontken. Daarom dat hulle met allerhande valse teorieë vorendag kom om te probeer bewys dat hierdie unieke stelling onwaar is. Voorbeelde van hulle teorieë is die volgende: Eerstens is daar die teorie dat Christus is in die verkeerde graf begrawe is. Die vertrekpunt van hierdie teorie is dat die vroue na die verkeerde graf gegaan en dit leeg gevind het. Indien wel, dan het die dissipels presies dieselfde fout gemaak. Maar ons kan seker wees dat die Jode wat vir Pilatus gevra het om Romeinse wagte by die graf te plaas, nie so n fout sou begaan nie. Die wagte sou ook nie so n fout begaan het nie, want hulle was dan self by die regte graf. Indien die vroue en dissipels na die verkeerde graf gegaan het, sou die Jode geen tyd verspeel het om na die regte graf te gaan en om die liggaam van Christus te vertoon nie. Die onbekende graf-teorie huldig die oortuiging dat gekruisigdes nie begrawe mog word nie, maar altyd in n gemeenskaplike gat gegooi is. Josef van Arimathea het Christus se liggaam na sy eie rykmansgraf geneem, waar die vroue Sy liggaam voorberei het. Daarna is n groot klip voor die graf geskuif en met n Romeinse seël verseël. Dit was die tyd van die pasga-fees in Jerusalem, die stad was oorlopens toe vol van mense en daar was sekerlik nuuskieriges wat die liggaam sou wou sien. Indien Christus in n gemeenskaplike gat gegooi is, sou daar sekerlik iemand gewees het wat Sy liggaam sou kon uitwys, maar dit het nie gebeur nie. Selfs nie nadat die dissipels verkondig het dat Christus uit die dood opgestaan het nie. Dit behoort maklik te gewees het Hy sou die enigste een gewees het wat in grafdoeke toegedraai was. Wanneer bogenoemde stellings as verkeerd bewys word, wend ongelowiges hulle tot valse teorieë oor Christus self. Daar word dikwels gesê dat Christus nie gesterf het nie, maar dat Hy net flou geword het weens uitputting en bloedverlies. Hy het, volgens bespiegelings, later bygekom en die dissipels het gedink dat Hy uit die dood opgewek is. As die wreedaardige gèseling wat Christus moes deurmaak, die verskriklike kruisiging en die spies in Sy sy, waar water en bloed uitgevloei het, in ag geneem word, is dit oortuigende en genoegsame bewys dat Hy werklik gesterf het. Hierdie flouword-teorie wil ons laat glo dat die Romeinse soldate wat professionele moordenaars was, gefaal het in hul pogings om seker te maak dat hierdie hoëprofielgevangene waarlik dood is. Hierdie teorie ignoreer geheel en al die bewyse van die kruisiging. Om mee te begin, as n mens flou word, duur dit nie ure lank nie, maar slegs enkele minute. Die nuwe pyn van die spiessteek in Christus se sy en die uittrek van die spykers uit die hout en uit Sy hande en voete sou Hom verseker laat bykom het. Ten spyte hiervan en die gepaardgaande pyn toe Hy na die graf geneem en daarin neergelê is, bly Hy nog steeds flou. Indien Hy net flou was, waarom begrawe hulle hom dan? Die koue lug van die klip -grafkelder laat nie Sy

toestand verswak nie, dit versterk Hom. Soveel so dat hy Homself kon loswikkel uit Sy grafdoeke (anders as Lasarus wat gehelp moes word), die swaar klip kon wegstoot, die wagte kon oorrompel en na Sy dissipels toe stap, terwyl niemand anders Hom gesien het nie. Die Romeinse soldate het Jesus se liggaam aan die kruis geïnspekteer. Hulle was daarvan oortuig dat Hy reeds dood was, en het daarom nie Sy bene gebreek nie. As Hy flou was sou Pilatus ook nie Sy liggaam vir Josef gegee het nie. n Ander teorie is dat die dissipels Christus se liggaam gesteel het terwyl die wagte geslaap het. Die aanhangers van hierdie oortuiging ag dit as vanselfsprekend dat die dissipels wat nog meer lafhartig as die vroue was, deurdat hulle almal vir Jesus verlaat het, skielik so manhaftig geword het dat hulle die Romeinse wagte sou wou aandurf om n liggaam te steel iets wat heeltemal teen hulle geloof en etiese beginsels ingedruis het. Die teorie dat die Jode en/of Romeine Sy liggaam gesteel het, is ewe absurd. Indien hulle die liggaam in hulle besit gehad het sou hulle dit verseker regdeur Jerusalem vertoon het sodra die dissipels die opstanding uit die dood begin verkondig het. Dit sou ook die dwaas gewees het om die opstanding te verkondig spesifiek op die plek van alle plekke waar dit die maklikste weerlê sou kon word. Sommiges meen dat meer as 500 mense wat Christus ná Sy kruisdood gesien het (die groep dissipels selfs meer as een keer), visioene beleef het of gehallusineer het. Daar is egter ten minste twee probleme met hierdie stelling. Dit stem nie ooreen met dit wat ons weet van die omstandighede nie en dit stem nie ooreen met wat ons weet van die sielkunde van hallusinasies nie. Hallusinasies kan voorkom by persone wat hoogs gespanne en hoogs verbeeldingryk en senuweeagtig is. Dit is ook in n persoon se onderbewuste gekoppel aan sy/haar oortuigings en ondervindings. Daarom is dit uiters onwaarskynlik dat twee of meer persone dieselfde hallusinasie op dieselfde tydstip sal beleef. Hallusinasies kom gewoonlik op spesifieke plekke voor. Die gemoedstoestand van die dissipels strook nie met die profiel wat hierbo uiteengesit is nie. Dit was nie hulle verwagting of oortuiging dat Christus uit die dood sou opstaan nie. Hulle het dit nie geglo totdat dit gebeur het nie. Daarom kon hulle nie daaroor hallusineer nie. Ander mense se teorie is dat Christus n dubbelganger gehad het iemand wat homself as Christus voorgedoen het. Die dissipels was aanvanklik skepties oor die opstanding. Hulle was bang en het in die geheim vergader. Waar sou n dubbelganger hulle kon kry as die Jode met al hulle hulpbronne dit nie kon regkry nie? Dit sou onmoontlik vir die dubbelganger gewees het om Christus se wonde, wat nie meer gebloei het nie, na te boots. Die dissipels het Jesus drie jaar lank geken Sy stemtoon, Sy taalgebruik, Sy gewoontes en maniërismes. Geen potensiële dubbelganger het Hom goed genoeg geken om hierdie dinge perfek na te maak nie veral tydens die dissipels se skeptiese fase sou hulle so n nabootsing ongeloofwaardig gevind het. Laastens is daar ook die teorie dat Christus se opstanding nie fisies en letterlik was nie, maar dat Hy slegs in mense se harte opstaan en dat Sy liggaam in die graf agtergebly het. Die opstanding kan slegs vir ons teologiese betekenis inhou indien ons daarvan oortuig is dat dit n ware historiese, fisiese en letterlike gebeurtenis was. Vandag hou die opstanding slegs vir ons betekenis in indien dit n ware, historiese gebeurtenis was. n Fisiese liggaam het uit die graf verdwyn. Indien dit net n geestelike opstanding was, wat het dan van die liggaam geword? Die vyande van Christus kon nog nooit die liggaam ten toon stel of Sy fisiese letterlike opstanding as vals bewys nie. Ten slotte Indien jy dus in hierdie tyd met een van hierdie valse stellings gekonfronteer word, kan jy van bogenoemde gebruik maak om dit te weerlê. Want geen volhoubare alternatief vir die fisiese, letterlike opstanding van Christus is al ooit aangebied nie.

Rietvallei is geseën met n hele string nuwe intrekkers vanjaar. Hieronder is diegene van wie ons n foto in die hande kon kry. Hartlik welkom aan julle en al die ander nuwelinge in ons gemeente!! Die Rietfluit DEUR MARELI STEYN Boonste ry v.l.n.r.: Michelle en Marius van den Berg met seuntjie Hendrik. Michelle is n bedryfsingenieur by Fourier E, Marius is n GR by Nestlé. Kobus Neethling en Frieda Smit. Kobus is n beplanningsbestuurder by Shoprite en Frieda n werke-administreerder by Checkers Food Services. Wilma van Wyk, pensioenaris Chris & René Fourie met kinders Johan, Elize en Pieter. Gerda Fourie. Tegnikus en tegnoloog by Denel. Middelste ry v.l.n.r.: William Jacobs, entrepeneur. Romien Bidout, onderwyseres by Laerskool Derdepoort Evelyn van der Merwe, pensioenaris Etienne en Sune Hutten met Cassidy en Reghardt. Etienne is n argitek by Graceland en Suné ʼn rekenmeester Elba & Deon Kruger. Elba is n tuisteskepper en Deon n areabestuurder in finansies. Onderste ry v.l.n.r.: Ds. Dawid & Susan Coetzee. Dawid is n emeritus predikant en Susan n tuisteskepper Eddie & Erika van Dijkhorst met kinders Hannu en Hilde. Eddie is n IT-bestuurder en Erika n tuisteskepper Andries & Monique Classen (kinders Marcus en Monique nie op foto). Andries is n IT bestuurder by Nokia en Monique n tuisteskepper Phil & Erna Louw met kinders Klarise, Arné, Ivan, Hugo (lg. 3 nie op foto). Phil is n finansiële bestuurder & en Erna n arbeidsterapeut.

What did you expect?: Redeeming the realities of marriage DEUR RIA VORSTER Alles in die wêreld verander dis n gegewe. Op politieke, sosiale en ekonomiese gebied kan dinge oornag verander. Hoe is dit gesteld met jou huwelik? Hoe seker is jy dat alles in jou huwelik reg is en altyd so sal bly? Pak die donker wolke van onmin in jou huwelik dalk reeds saam? Is daar dalk irritasie en onopgeloste kwessies in julle huweliksverhouding wat maar onaangespreek bly voortsleep? Hunker jy na n huwelik van ware en diepe geluk en liefde? Tripp se boek, What did you expect: Redeeming the realities of marriage kan jou help om weer met helderheid en duidelikheid na jou huweliksverhouding te kyk en met moed en oortuiging dit wat verkeerd is, reg te stel. As ons huwelik in die skaduwee van die Kruis staan, kan ons vir seker weet dat ons geroep is om genade aan mekaar in die huwelik te betoon want wat is ons twee huweliksmaats anders as maar net één sondaar getroud met n ánder sondaar? As ons hierdie waarheid besef en beleef, staan ons nie langer verbaas oor ons eie sondigheid nie. Dan is ons nie meer bang om onsself onder die vergrootglas van die waarheid van die Skrif te beskou nie. Dán hou ons op met vinger wys na ons huweliksmaat se gebreke en sien ons af van versugtinge soos as hy/sy maar net sus of so gemaak het.... Dán laat vaar ons die geheime lysie van wrewels teen ons maat en maak ons vrede met sy/haar tekortkominge. Met insigte wat hierdie boek jou bied, sien jy dinge raak wat jy lank nie raakgesien het nie, en ontwikkel jy n begeerte om dit wat nou in jou huwelik verkeerd is reg te maak. Hierdie boek wek die begeerte by jou om soms eerder te dien as om te wil beheer; eerder te luister wanneer jy liewer wil argumenteer; om lief te hê selfs al verdien jou maat nie om lief gehê te word nie; om eerder nederig om vergiffenis te vra eerder as om te argumenteer en te probeer bewys dat jý reg is. Dan doen ons al hierdie dinge omdat ons besef dat dit wat ons eintlik nog moet bely lankal reeds deur God in Jesus Christus vergewe is! Dán kan ons in die bevrydende lig van nederigheid en eerlikheid lewe. Dan is ons nie langer verdedigend of bang nie maar kan ons in die huwelik nader aan mekaar groei meer en meer na die beeld van ons Verlosser en Here, Jesus Christus. Paul Tripp se beskrywing van hoe die dinamiek van die liefde werk en wat ware liefde is, is n lewense n h u w e l i k s v e r a n d e r e n d e leeservaring. Sy boek kan met groot vrug deur sowel pasgetroudes as ougetroudes gelees word. In die proses word ook die leser se verhouding met die Here herstel en reggestel. Die boek is beskikbaar in ons kerk se biblioteek asook by die Augustine Bookroom, Constantiapark Babtistekerk. Prys R155-00. (Daar is ook ʼn DVD beskikbaar by die boekwinkel @ R375-00) Outeur: Paul David Tripp Uitgewer: Crossway, Illinois ISBN: 978-1-4335-1176-9

Rietvallei se susters is knap vroue! Vir 2 Die Rietfluit DEUR MARIANA STEYN jaar het ons soos ware Spreuke 31vroue vergader, beplan, fondsinsamelings gehou, strategieë uitgewerk, koppe bymekaar gesit, kreatiewe planne gemaak, onderhandelings gevoer en ure en ure spandeer aan handwerk en naaldwerk. Ons doelwit: Die aanbied van die Saamtrek van 2017. Op 4 Maart 2017 kom alles mooi bymekaar: 650 gelowige vroue en so tien manne kom by Utopia Place(Union Caterers) bymekaar vir die jaarlikse Sustersaamtrek wat deur Rietvallei aangebied is. Dit was n feestelike geleentheid waar ons saam kon aanbid en die Here loof en prys. Dr Henk Stoker het ons op n besondere wyse geleer hoe ons ook die Here met vreugde kan dien deur die nakoming van die tien gebooie. Johan Scholtz het met ons met sy pragtige stem vermaak met n verskeidenheid van ligte saamsing-liedjies tot diep roerende geestelike liedere. Ons kerk se orkes het met hoë-kwaliteitspel onder Christine van Helden se bekwame leiding die sang begelei en ook agtergrondmusiek verskaf. Pretoria se vroue het gewys hulle gee om. Ons het met ons kollekte tydens die Saamtrek die mooi bedrag van R23000 ingesamel vir die Eljadahuis. Die ingangsportaal van Utopia Place het ook gekreun onder al die vragte pakkies wat die vroue vir die President Kruger kinderhuis gebring het. Na n heerlike oggend van saamkuier, ou bekendes weer sien, nuwe mense ontmoet, het ons die oggend afgesluit met n seënbede wat al 160 Rietvalleivroue ons medesussies toegesing het. Aan elkeen wat gehelp het, op watter wyse ook al, baie dankie! Aan elke persoon wat ons deur middel van finansiële bydraes ondersteun het; baie, baie dankie! Aan ons Hemelse Vader kom al die eer en dank en lof toe vir die suksesvolle Saamtrek van 2017.

n Piccolo is n half-grootte fluitjie PICCOLO DEUR TANNIE DELEEN Aangesien die formaat van die Rietfluit verander het, gaan die Piccolo ook terselfdertyd verander. Daar is gevoel dat dit moeiliker is om met die elektroniese formaat prente te druk. Dus gaan daar minder prente wees maar meer praktiese idees oor hoe om aan die kinders Bybelse waarhede, waardes en norme oor te dra. Miskien juis vir Oumas en Oupas wat tyd het om iets te doen of maklike idees vir Mamma en Pappa wat julle kan doen selfs in die motor of as julle n oomblikkie tuis beskikbaar het! ë 1 ê Gryp hierdie woorde, ê aan met jou geloof, maak dit deel van jou elke dag se vastigheid. Selfs Jesus het die duiwel beveg met die woorde: Daar staan geskrywe. Daarmee het jy n anker vir elke dag. Dit is hoekom dit so belangrik is dat jy Bybel lees so veel as wat jy kan sodat jy kan weet wat daarin geskryf staan - al die beloftes, al die trooswoorde, al die gelykenisse. Al die beloftes van God in Sy Woord is bedoel vir alle gelowiges. As die Here dan sê:, dan kan jy dit jou eie maak en verseker weet dat dit waar is. En verder:, Hy kan nie net gedeeltes van Hom gee nie. Dit beteken al Sy liefde, trou, krag, genade in al Sy eienskappe is Hy by jou. Daar is NIKS wat jy kan nodig hê, niks in tyd of ewigheid, niks in die hemel of op die aarde wat nie in hierdie woorde saamgevat is nie. Hou hieraan vas elke dag. Maak n groterige bal van klei of deeg. Trek stukkies af en noem een stukkie liefde, een getrouheid, een goedheid, een vergifnis ensovoorts. Verduidelik dat dit met God nie so werk nie. As Hy sê: Ek sal jou nooit begewedan beteken dit dat Hy met Sy hele wese, met alles wat Hy is, by jou is nie net sy liefde of net sy trou ensovoorts nie, maar in alles. Vir die Israeliete het het God tydens hulle woestynreis baie duidelik vir hulle gewys dat Hy by hulle was. Hy het dit gedoen met n wolk bedags en vuurkolom snags. Dus is n wolkkolom altyd so n troosryke gesig. Oral waar n mens gaan kan jy gewoonlik wolke sien. So is daar in die natuur vir ons duidelike tekens van God se nabyheid: reënboë, wolke, die son en die wind. Selfs n windpomp is n leersame hulpmiddel. Met net die ligste windjie draai sy lemme en pomp hy water uit die grond. Alhoewel ons die Heilige Gees nie kan sien nie weet ons Hy is by ons en werk in ons, en leer en lei ons elke dag. Kom ons leer ons kinders op visuele en praktiese maniere om meer bewustelik God en die Bybel te leer ken en verstaan.