NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Mandala Madness Deel 2

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

SIZA takes the sting out of auditing

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Direkte en indirekte rede *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Hoe om krag te spaar

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring VISUELE KUNSTE. Verdere Onderwys- en Opleidingsfase Graad 10-12

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HOëRSKOOL PORTERVILLE

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Pasteur en Lister oorwin kieme *

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

n Teoretiese ondersoek na die arbitrêre aard van teaterkonvensies vir die analise van die vertoningsteks

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Plekgehegtheid binne stadsbeplanning: n literatuurstudie en voorstelle vir Afrikaanse terminologie

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Die moontlikhede van n modelleringsperspektief vir skoolwiskunde

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Geskiedenis Graad 8. By: Siyavula Uploaders

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

ARGITEKTONIESE BEELDHOUKUNS

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

Rubriek vir skeppende werk

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

Stede en bedienswaardighede *

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

Dialoog en paragrawe *

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Duikbote en loopgraaf-oorlogvoering in die Eerste Wereldoorlog *

Mediologie en hermeneutiek 1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Transcription:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 VISUELE KUNS V1 (VISUELE KULTUURSTUDIES) MODEL 2007 Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

Visuele Kuns/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede demonstreer: Om die korrekte kunsterminologie te gebruik. Om visuele analise te doen en om krities te dink. Skryf en navorsings vaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks. Om voorbeelde in 'n sosiale en historiese konteks te plaas. Begrip van onderskeie kunsstyle te toon. Om die professionele praktyke van plaaslike kunstenaars te identifiseer. WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys om te verseker dat jy verstaan hoe om 'n vraag te benader. Analiseer: Vergelyk: Bespreek: Verduidelik: Interpreteer: Verklaar: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, toonwaardes, format, ens.) en komposisie van die werk. Wys op geordende wyse op verskille en ooreenkomste. Bied jou standpunt aan en brei daarop uit. Maak duidelik en gee redes. Gee 'n ingeligte mening, gestaaf deur voorbeelde. Sê reguit wat jy dink gee jou eie opinie en verduidelikings.

Visuele Kuns/V1 3 VRAAG 1 Kunstenaars moet uitstal sodat hul werk deur ander mense gesien kan word; om hulle idees met die publiek te deel en hul boodskap oor te dra. Dit is n manier om om hul eie werk te bemark en verkoop. Om erkenning te kry vir wat hulle doen. Enige ander toepaslike redes. Leerder kies n tema self, maar hille moet dit regverdig deur oortuigende redes te verskaf. Leerders kan enige drie kunswerke van enige periode, internasionaal en Suid- Afrikaans kies wat ooreenstem met hulle selfgekose tema. Hulle moet hierdie kunswerke krities analiseer met betrekking tot inhoud, tegniek en formele elemente om te motiveer waarom dit vir hierdie tema gekies is.. Die inligting wat hulle verskaf, byvoorbeeld name, datums en media moet duidelik wees. Die brosjure moet die toeskouer help om n groter begrip te kry van die tema en/of die agtergrond van die kunstenaar. Die leerders moet hulle persoonlike keuse van n venue motiveer.

Visuele Kuns/V1 4 VRAAG 2 Visuele bronne - David, Eed van die Horatii - Kaapse Jeugkongresbanier 2.1 Komposisie Leerders moet in hul antwoord toon dat hulle komposisie verstaan (die organisasie van kunselemente). Fokuspunt is die die oorhandiging van die swaarde met lyne wat geskep word deur die arms wat die oog na die swaarde lei Die twee groepe wat mekaar balanseer Alles gebeur in die voorgrond Redelike plat agtergrond (soos n verhoog) met boë en kolomme wat die oog na die figure lei. 2.2 2.3 2.4 Houding van die figure Learners must describe the postures of the figures, e.g. Leerders moet die houdings van die figure beskryf, byvoorbeeld Baie dramaties, soos op n verhoog, standbeeldagtig Oordrewe houdings in die mans en die vroue, byvoorbeeld arms word hoog gehou, vroue se koppe gebuig van hartseer Kaapse Kongresbanier is waarskynlik gebruik gedurende n politieke opmars of n protesaksie teen Apartheid. Dit maak die bedoeling/eise van die mens wat dit dra bekend en maak ander bewus daarvan. Leerders moet sommige van die beeldgebruik bespreek, byvoorbeeld Mense betoog vir hulle regte Drie figure word groter uitgebeeld, hulle sluit in n aktivis/vegter met n geweer, n werker met n hamer en uitgestrekte arm wat mag aan die mense wys, ensovoorts. Mense wat marsjeer arms om hoog Woorde (slagspreuke soos Free Mandela ) Albei is figuratief Eed van die Horatii naturalisties / realisties, lewensgetrou; terwyl die banier meer direk, gestileerd, kinderlik naïef is Die banier werk met buitelyne en plat kleur areas: terwyl die Eed van die Horatii meer gemodelleer is om drie-dimensioneel te lyk (3) (3) 2.5 In die Eed van die Horatii simboliseer die uitgestrekte arms die sweer van n eed en die opneem van die swaard. Dit vertoon hulle vasberadenheid om te oorwin. In die banier wys die uitgestrekte arms n protesaksie van mag vir die mense, n beeld wat universeel gebruik word.

Visuele Kuns/V1 5 VRAAG 3 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 n Klein, naakte, uitgeteerde kind lyk asof dit baie siek is. Die kind buig vooroor en dit lyk asof die kind sterwend is met n aasvoël wat toekyk in die agtergrond. Nee, mense lees nie al die artikels in die koerant nie, of hulle lee net die hoofopskrifte en/of die eerste paragraaf, daarom kry hulle nie die volledige prentjie van n situasie nie. Die keuse van inhoud vir die foto het die oproer geskep omdat die fotograaf die aasvoël in die foto ingesluit het. Die assosiasie met die voël in die natuur het die oproer veroorsaak. Dis bekend dat aasvoëls op n toneel bly ashulle n siek of sterwende dier gewaar, gereed om te aas. Ja of nee. Die leerders kan hul keuse motiveer. Ja: Die foto is nader aan die werklike lewe, meer naturalisties. / Dit sal die donker kleure van die aasvoël vertoon en n visuele skakel met die donker vel van die kind skep en kontrasteer met die kleure van die natuurlike omgewing. Nee: Die sterk kontras in die swart en wit foto het n sterk dramatiese visuele impak net soos die vet swart letters van koerantopskrifte Dit was nuuswaardig, dit het wêreldwys aandag getrek na die lot van honger kinders in n Afrika-land / Konseptueel het die insluiting van die aasvoël in die prent die boodskap van hulpeloosheid briljant versterk / Komposisioneel en tegnies is die foto van n hoogstaande standaard. / Dit het n reuse respons van toeskouers uitgelok dwars oor die wêreld / Dit het n simbool geword van die geveg teen armoede, verwaarlosing en hongersnood. Leerders gee hule eie respons en kan verwys na fotografie as n kunsvorm met verwysing na die inhoud van die foto, die tegniese vaardigheid van die fotograaf, die kwaliteit van die foto s wat op spesiale papier gedruk word, die betekenis / boodskap / visuele impak van foto s. Leerders gee hule eie respons. Een punt vir die titel van die kunswerk en een punt vir die naam van die kunstenaar kan gegee word as dit genoem word.

Visuele Kuns/V1 6 VRAAG 4 Visuele bronne - Malgas, Korsten Vilage, Port Elizabeth - Nkuna, Amandla ilizwe I Africa 4.1 4.2 Malgas, Korsten Vilage, Port Elizabeth Mense sonder behoorlike huise klein boksiehuise. Om nie lopende water te hê nie vrou gebruik buitekraan / vrou dra water Te min spasie mense doen goed soos wasgoed was buite, huise is nadr aan mekaar Vaal omgewing geen bome of groenigheid te sien. Nkuna, Amandla ilizwe I Africa Wys die moeilike tye gedurende die stryd ( struggle ) van die apartheidsjare Moes veg vir regte, byvoorbeeld die opstog wat in die skildry gewys word. Tydens die aanval van die polisie die polisie wat op die optoggangers skiet, die SAP wa. Mens het seergekry - ambulans Township Kuns het begin as n uitdrukking van die swart kunstenaars wat in die townships gebly het se dokumentering van hulle leefstyl en die omgewing. Dit het binne die potitieke stryd geval. Proteskuns is meer direk betrokke by die politieke en sosiale stryd en betoog vir verandering / wys dit wat sleg is in die stelsel, ensovoorts. 4.3 Malgas voorbeeld Township Kuns: dokumentering van hulle leefstyl en die omgewing. Dit het binne die potitieke stryd geval. Nkuna Proteskuns: politieke en sosiale stryd. 4.4 Malgas Vereenvoudig, duidelik, gestileerd op n manier, nie emosioneel nie, naturalisties Nkuna Meer ekspressionisties, lewendig, duidelike kwashale, distorsie 4.5 Sterk invloed in Suid-Afrika. Kunstenaar was blootgestel daaraan, byvoorbeeld by kunsinstellings, dit word mense se idee van kuns. Dis makliker om te verstaan en die boodskap oor te dra. Enige relevante en gemotiveerde rede 4.6 Mense kry steeds swaar. Mense het beter lewensomstandighede nodig soos behoorlike behuising, lopende water, ensovoorts. Dit vertel ons van die stryd vir gelykheid en demokrasie. Dit herinner ons aan wat mense moes deurgaan om hulle regte te verkry.

Visuele Kuns/V1 7 VRAAG 5 Visuele bronne - Kifwebe maskers - Gemaskerde Dogon dansers - Ingres, Louis-Francois Bertin - Picasso, Kop en skouers van n vrou 5.1 5.1.1 5.1.2 Voor die Europese lande Afrika gekolonialiseer het en Westerse invloede na Afrika gebring het. Europese en Amerikaanse kuns met die klem op voorstellende naturalisme. 5.2 Die maskers is simbolies en vereenvoudig. Dit is ook konseptueel, dit het te doen met idees, terwyl die portret naturalistied, voorstellend is. n Baie spesifieke funksie in die gemeenskap waarsonder die gemeenskap nie sou kon funksioneer nie, byvoorbeeld begrafnis- en ander rituele. Die portret kan n dokumentering / uitbeelding wees en/of bedoel wees as kuns (kuns ter wille van kuns) Alles in die portret dui daarop dat dit lewensgetrou moes wees, byvoorbeeld die tekstuur van die hare stel regte hare voor. Baie defnitiewe lyne in die masker, soos rondom die oë, op die wange (skending). Geometriese en vereenvoudigde fatsoene. Tekstuur in die tekstuur wat aangeheg is en kerfwerk in hout. 5.3 5.3.1 5.3.2 Daar is net een oorspronklike kunswerk, dit maak dit meer waardevol en daarom moet dit bewaar word. As dit beskadig word, kan dit nie vervang word nie. Angesien daar net een so werk bestaan, het dit versamelaarswaarde en word hoë monitêre waarde daaraan gekoppel Funksioneel; het spesifieke betekenis en simboliek daaraan gekoppel. Gesien as magies. Gebruik op verskillende maniere soos die rituele toon in die visuele bronne (begrafnisritueel) (3) (3) 5.4 5.5 Leerders moet antwoord motiveer. Moontlikhede: n Kunswerk wys tegniese vaardigheid, uitddrukking van idees, emosies, ensovoorts. Moet esteties vleiend wees. Kommunikeer idees, boodskappe, gevoelens, ensovoorts. Vereenvoudig vorm na geometriese fatsoene. Vang die essensie vas van die beeld, byvoorbeeld n gesig wat nie individualiteit wys nie. Klem op geometriese fatsoene.

Visuele Kuns/V1 8 VRAAG 6 6.1 6.2 6.3 6.4 Leerders kan na enige simbool in die gegewe voorbeelde verwys. Punte word net toegeken as hulle n betekenis aan die simbool toegeken het, byvoorbeeld: In Marisa: hart -Liefde Rooi lint / strikkie MIV/VIGS disease Radio Kommunikasie / Sosiale lewe Bote / Vis / Stadsgeboue - City of Durban Vrou wat kopband dra met vigs-tekens -persoon wat met virus geïnfekteer is In Michelle: Hande wat opreik -Hoop/eenheid/liefde Africa -wristwatch -Tyd loop (uit) Tradisionele lappe is gekies omdat vroue hierdie doeke dra, hulle sal dan n belangrike boodskap oor MIV/VIGS oordra waar hulle ook al gaan. Dit is effektief omdat: Wanneer iets wat bekend is verander word, dit aandag trek. Meer aandag sal getrek word na die boodskap as die ou medium (die tradsionele doek) verander fo herskep word. OF Die geometriese patroon van die tradisionele doek het die doek net versier, daar was nie beekenis aan gekoppel nie. Nou het die doek betekenis Enige van die volgende kriteria wat n kunswerk definieer kan aanvaar word: Voorwerpe deur kunstenaar gemaak Voorwerpe wat bedoel word om kunswerke te wees Instemming deur mense dat dit n kunswerk is Kunssinnige vorm inhoud Het n onderwerp Estetiese waarde Lok respons uit Tegniese vaardigheid Het betekenis Is uniek Handgemaak Het n idee Leerders gee hul eie opinie en punte word toegeken vir gemotiveerde redes, byvoorbeeld klereontwerpers vertoon dikwels klere op die loopplank wat nooit gedra sal word nie net om hulle kreatiewe vermoëns ten toon te stel. (3) (5) 6.5

Visuele Kuns/V1 9 Leerders moet die belangrikheid verduidelik van die verhouding tussen idee, medium en boodskap. Hulle mag verwys na die belangrikheid van kleur, tekstuur, voorstelling, lyn, ensovoorts. Om die idee oor te dra en om betekenis te kommunikeer. VRAAG 7 Visuaelel bronne - Goya, Derde Mei, 1808 - Munch, Die Gil - Dumile Feni, Vrees 7.1 7.2 7.3 7.4 7.5 Die soldate word sonder identiteit gewys (geen gesigte). Hulle vorm n digte groep soos moordmasjiene. Die slagoffers word gewys as individue met verskillende emosies. Goya Hand wys vreesaanjaendheid, byvoorbeeld bedek die gesig. In die hoof figuur met die hande omhoog om oor te gee herinner ons aan n kruisiging. Munch Hande maak die ore toe en beklemtoon die idee van n gil; die figuur probeer om nie sy eie gil te hoor nie. Dumile Feni Weer uitgestrekte arms met hand wat stop wat ookal die vrees veroorsaak. Dramatiese verkorting rig aandag op die hande. Die oop mond van die figuur. Die lyne wat van die figuur na die agtergrond beweeg. Die gil eggo deur die skildery en alles skree saam. Ekspressionise is om emosie uit te druk deur lewendige kwashale en distorsie or oordrywing van vorm en kleur. Die verkorte aansig met die uitermate groot hande help om die gevoel van vrees te skep. Die ongewone plasing van die figure die een is ingedruk en die ander is baie kleiner. Sterk gebruik van swart en wit in die tekening. Klem word op die oop monde van die figure geplaas. 7.6 Al is die werke op verskillende tye gemaak, beeld hulle almal die tonele/emosies uit wat steeds relevant is vandag. Selfs al beklemtoon hulle negatiewe situasies of emosies, wil hulle almal hê dat ons bewus is daarvan en om ten goede te verander Goya Innocent people get killed in wars, like in the Middle East. So we must work for peace. Onskuldige mense word in oorloë gedood, soos in die Midde-ooste. So ons moet werk vir vrede. Munch Mense wat ongelukkig is, wat aan geestelike angs lei, ensovoorts. Dumile Feni Mense wat vrees en angs ervaar Mag dit in n Suid-Afrikaans konteks interpreteer.

Visuele Kuns/V1 10 QUESTION 8 n Bespreking en vergelyking van die skilderye in die visuele bronne deur van die korrekte terminologie gebruik te maak. Gee krediet aan die leerders wat effektief gebruik maak van die visuele bronne en dit deeglik bestudeer en vergelykings tref. Onderwerpe van Gogh beeld uit wat hy sien soos stillewes, landskappe, selfportrette, ensovoorts. Analiseer en vergelyk met verwysing na lyn, tekstuur, vorm, ensovoorts in die visuele bronne. Style ekspressionistiese style, gebruik van distorsie, gebruik van impast, lineêre kwashale, oordrywing, gekrurfde fatsoene, ensovoorts. Die bespreking van hoekom Van Gogh die verbeelding van die publiek so aangegryp het, moet die gebruik van die visuele bronne (letters en aanhaling). Leerders moet hulle opinie motiveer. Moontlike redes kan wees: die uitdrukking van sterk emosie sy ongelukkige lewe die behoefte om homself uit te druk Enige addisionele relevante inligting kan beloon word, byvoorbeeld om te verwys na die Investec advertensie

Visuele Kuns/V1 11 QUESTION 9 Visuele bronne - Dali, Voorbode van Burgeroorlog - Marvel comic, Tienermonster - Noria Mabasa, Uniegeboue 9.1 Leerders moet verwys na een spesifieke werk wat hulle voel die meeste beïïnvloed was deur fantasie of n droomwêreld. Leerderrs moet redes gee vir hulle keuse. Sommige invloed mag die volgende wees: Doelbewuste distorsie Steurende beelde Vreemde samestelling van beelde Lewendige gebruik van kleur 9.2 Leerders moet die voorbeeld identifiseer wat hulle voel die meeste van distorsie gebruik maak en sê waar en waarom dit gebruik is Verlengde ledemate Grusame gesigsuitdrukkings Skeletdele wat deur vlees steek 9.3 Dali het moonlik gebruik gemaak van steurende visuele beeld om die volgende redes; Om die toeskouer se aandag te trek deur kontroversiële beelde Om hom sterk uit te spreek oor die mens se onmenslikheid teenoor ander mense Die verskeur van die liggaam beklemtoon die strafheid en brutaliteit van die oorlog Pyn en lyding word skerp gesuggereer deur die skeur van die liggaam Wreedheid van die toneel word beklemtoon deur die kontras van die gewond landskap waarin die steurende beelde geplaas is 9.4 Leerders moet n kunswerk kies wat hulle bestudeer het wat hulle voel gebruik maak van steurende beelde of distorsie om n boodskap oor te dra. Leerders moet redes gee waarom hulle gekose kunstenaar met disorsie gewerk het met verwysing na idee, medium en boodskap. Hulle moet ook na die basiese elemente van kuns verwys, soos die gebruik van kleur, tekstuur, voorstelling, lyn, ensovoorts wat help om die idee oor te dra en betekenis te kommunikeer. (8)

Visuele Kuns/V1 12 VRAAG 10 10.1 10.2 10.3 Leerders gee hul eie opinie, byvoorbeeld: Geboue gee identiteit ( n gesig) aan n stad. Wat in n stad plaasvind word gewys deur na die gesig van die stad te kyk, byvoorbeeld hoë gboue dui op groei en n aktiewe korporatiewe wêreld. Voordel van die stad: Geleenthede: Skole, universiteite, werkplekke Geriewe: Winkels, hospitale, klinieke Infrastruktuur: paaie, publieke vervoer, elektrisiteit Sosiale ontwikkeling: Meer mens, vermaak Ontspanning: Publieke swembaddens, parke, gholfbane Voordele van platteland: Rustiger omgewing / meerkwaliteit sosiale interaksie / minder sosioale probleme / laer misdaad / Leerders gee hulle eie opinie. Hulle moet motiveer waarom die stad gered behoort te word deur die punte wat hulle sal oorweeg te gee. Hulle kan die waarde van geboue motiveer deur, by voorbeeld te verwys na die naam van die argitek, die periode, styl, boumateriaal en funksie van die geboue. (3) (7) (10)