Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Mandala Madness Deel 2

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

BenguFarm Bestelvorm

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

Direkte en indirekte rede *

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

Tariewe

Tariewe

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Kerssangdiens. SA Gemeente

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

G. J. du Preez

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

Hoe om krag te spaar

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

SIZA takes the sting out of auditing

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Rubriek vir skeppende werk

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

19. Kerkargief en -museum

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

September Na God se hart...

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Transcription:

Waterkruik JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal op Sondag 23 Februarie 2014 om 09:00. Die nabetragting sal tydens die aanddiens plaasvind. WYKSBEURTE Vandag Wyke 1 & 3 Oudle.: Willie Enslin en Johan Basson Diaken: Eddie Trollip Volgende Sondag: Wyke 4 & 6 Oudle.: Gerhardt Koekemoer en Jac van der Walt Diaken: Mari de Beer KOLLEKTE Vandag: Kerkkas Volgende Sondag: Dankbaarheidsfonds : Doel: Om dankbaarheid teenoor die Here te betoon dat Hy die Gereformeerde Kerke vir 150 jaar bewaar het. Die opbrengs word as 'n addisionele inspuiting bestem om die Emeritaatversorgingstrust te versterk, kerke wat nie voldoende finansiële middele het nie, te help en historiese geboue van die GKSA in stand te hou. TEESKINKBEURTE Tee en koffie word vandag bedien deur wyk 8 o.l.v. Maureen Kruger en wyk 15 o.l.v Elize Breed Volgende Sondag is dit die beurt van wyk 16 o.l.v Marieta Steenekamp. DIAKENSVERGADERING Die diakens vergader Woensdag 19 Februarie 2014 om 18:00 in die konsistorie. 1

OUDERLINGEVERGADERING Die ouderlinge vergader Woensdagaand 19 Februarie 2014 om 19:00 in die saal. GEBEURE DIE WEEK Maandag: Katkisasie soos gereël. 19:00 Bybelstudie Groep 3 aan huis van Willie & Annette Coetzer. Donderdag Bybelstudiegroepe 08:30 Groep 1: by sr Hendrien Meiring 10:00 Groep 2: In die Konsistorie 18:30 Bybelstudie vir gesinne met jong kindertjies vind by die kerksaal plaas. 19:30 Kerkjeugaksie vir jongmense tot ongeveer 30 jaar in die Pastorie. VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou.... want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. Ps. 103: 11 Dinsdag 11 Februarie Heinrich Reynders 012 993 4413 Br. Paul Kruger 012 347-7800 Donderdag 13 Februarie Br. Alwyn v d Walt 084 515 4179 Vrydag Br. Jan du Preez 082 576 7070 Sr. Karin Moolman 082 333 0878 Saterdag 8 Februarie Johan Nel (jnr) 083 271 6805 Sr. Hannie Kuschke 072 242 8880 MEELEWING Sr. Ena du Preez is ernstig siek met longontsteking in Die Wilgershospitaal. Ena, mag jy spoedig volkome herstel. 082 576 7070 2

Die heupvervangingsoperasie wat sr. Marie Vos verlede Maandag sou ondergaan het, is uitgestel na more nadat sy in die hospitaal was met n obstruksie. Mag die operasie n sukses wees en mag jy gou sterk wees en sonder pyn. 076 089 0277 HOE Sê MENS DANKIE.!! Daar is n liedjie uit vroeër jare wat begin met die woorde: Hoe sê mens Dankie Vandag wil ek daar dieselfde woorde gebruik en sê: Hoe se mens DANKIE vir n Waterkloofrandgemeente- familie? Hoe se mens DANKIE na my Pa se skielike afsterwe op 14 Desember 2013, terwyl meeste mense met vakansie was,vir al die boodskappe, oproepe, besoeke en steeds boodskappe, gesprekke, gebede, koppies boeretroos die omvou met warmte en liefde soos n geliefde kledingstuk? Dit word mens se voete as jy nie meer kan loop nie. Dit maak jou lam hande weer kan raak vat. Jou kop word weer oop Jou hartklop se ritme raak weer rustiger. Dit gee jou weer die moed om elke oomblik die volgende tree te gee. Loof die Here vir n gemeente soos Waterkloofrand wat familie geword het en nie maar net saam met jou in die kerkbanke sit nie! Loof die Here want Hy is goed, want aan Sy goedheid is daar geen einde nie!! Ansie Heymans ROEPING VAN OUDERLINGE EN DIAKENS Die volgende broeders is op die Breë Kerkraadsvergadering van 22 Januarie 2014 geroep om as ouderlinge te dien: brs. Wilkie Wilken en Sean van der Merwe. Ons vra u voorbidding vir hulle oorweging van die roeping. 3

KAROPPASSER Die karwag wat op die oomblik by die hek staan is nie deur die Kerkraad aangestel nie. Ken u dalk iemand wat bereid sal wees om teen vergoeding op Sondae die motors op te pas?. Skakel dan met Nienke by die kerkkantoor. BEROEPE BEROEPE ONTVANG * Ds WJ Botha van Bloemfontein-Noord na Walvisbaai/ Swakopmund / Hentiesbaai. * Proponent MH le Roux na Newcastle. * Proponent ID de V Potgieter na Rietvallei as medeleraar. * Ds LJE Venter van Hoedspruit na Kimberley. BEROEPE BEDANK Ds JC van Dyk van Ventersdorp na Rustenburg-Wes as medeleraar. SUSTERSAAMTREK Liewe Susters Die Susters van die Gereformeerde Kerk Lyttelton nooi elke suster hartlik uit na 2014 se Sustersaamtrek. Dit vind plaas op Saterdag 8 Maart 2014 in die kerkgebou van die NG Kerk Raslouw, Eldoraigne. Die koste beloop R100 per persoon en 1 gebreide of gehekelde blokkie van 20x20cm, of wol waarvan kombersies vir die behoeftiges gemaak sal word. Registrasie begin om 7:30 en n ligte ontbyt word voorsien. Die opening en verwelkoming begin om 08:30. Om 09:00 gaan Hettie Britz die susters toespreek oor Efesiërs 6:15.. en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan julle voete. Daarna gaan die Voices Divine hulle vergas met hulle pragtige stemme. Om 11:00 kom n verteenwoordiger van die President Krugerkinderhuise die saamtrek toespreek. As elkeen wat die saamtrek bywoon 4

skryfbehoeftes vir die kinders saambring, kan die verteenwoordigers dit sommer saamvat na die Kinderhuis toe. Daar is n groot behoefte aan dié items. Om 12:00 sal n middagete bedien word. Kontak Nienke by 0833989080 voor Saterdag 15 Februarie 2014 indien u die saamtrek wil bywoon. PARAGORIE.LAVENTEL WITDULSIES.HAASBLASIES..!!!! Brrrrrrrr.Op die aarde, klink verskriklik, maar glo dit as jy wil.. Dis BOERERATE!!!!!!! Verlede Dinsdagaand het die susters gelag, geruik, geril, genies, is behandel. En HET BAIE GELEER!! Tannie Elma, Marieta se Ma, het ons in die geheimenisse, en die wonderwêreld van aromaterapie ingelyf. Kriewelhoes in die kerk..hoesgoed resep gekry. opgestres en opgejaag in vandag se vinnige lewe - resep vir tuisgemaakte badolie, Hoë bloeddruk veral in die verkeer dikdermtraagheid of te wete, swangerskap. Vir elke kwint en elke kwaal, is daar n botteltjie raat!! Ons het aan haar lippe gehang, wou net meer en meer weet, totdat Marieta sê: dis sluitingstyd, die boereraat apteek is nou toe!! Baie dankie Tannie, en dankie vir die botteltjie hoesgoed wat elkeen gekry het. Gedink ons drink nou tee?!! O nee, o wee, ons dierbare voorsitter, Nienke, het nog eers n ander plan.speletjie- en kompetisietyd!!!! Met haar mondering aan uit Toeka se Dae, hoed windskeef of die kop, na Blommetjie (die Koei) se manewales laat sy ons breine hard werk oor toeka se dae se kure en kwale vir elke pyn. Met waar of vals, stoei 5

die 2 spanne om n wenplek, en is dit met 1 kortkop punt wat Marieta se span wen!! UITEINDELIK!!!!!!! Heerlike outydse eetgoed melktert, tipsytert, gemmerbier en boeretroos sluit n leersame, prettige aand af. WAS JY DAAR?!! JA?! Dan weet jy, jy het gedeel in n besondere aand en geleentheid wat jy NIE SOU WOU MIS NIE!! NEE?!! Hoe jammer, want n geleentheid om so iets te ervaar, kom soms net eenkeer. DUS maak n knoop in die oor, reël vroegtydig vir iemand om na kinders te kyk, die huiswerk vir een keer te laat oorstaan Jy is dit aan jouself verskuldig. Maak seker met die volgende geleentheid is jy daar!! Groete uit Toeka se Dae en Boererate land Ansie Heymans namens die Susters GODSDIENSTE VAN DIE WêRELD (4) : a) New Age (NA) Die New Age-beweging is een van n paar nie-kerklike godsdienste (soos bv. Hare Krisjna en Satanisme) wat die versamelnaam is vir verskeie bewegings met die gemeenskaplike visie vir n nuwe wêreldorde. Volgens die NA leef ons tans onder die sterrebeeld Akwarius wat n nuwe heilstyd vir die wêreld sou inlui. Sedert 1975 word NA-idees wêreldwyd versprei, in SA o.a. deur die tydskrif Odyssey. Die sentrale gedagte van die NA is dat God, mens, natuur en kosmos wesenlik een is, sodat alles met alles saamhang in één onpersoonlik kragveld. Sommige NA-kringe beoog een wêreldgodsdiens deur die herlewing van die ou Babiloniese misteriegodsdienste 6

b) Hare Krisjna is n Hindoeïstiese beweging wat in 1965 in Los Angeles bekend gestel is. Hare beteken here en Krishna is die hoogste van die Hindoegode. Navolgers word herken aan hulle saffraankleed, kaalgeskeerde koppe en asmerke op hulle gesigte. Verlossing lê vir hulle in suiwering en totale oorgawe aan Krishna. Navolgers gaan deur die Brahmin-inisiasie waartydens hulle n geheime mantra ontvang wat driemaal per dag gemediteer word. Hare krishnas glo in reïnkarnasie en glo dat die self na die dood van een liggaam na die ander liggaam migreer. Die manier waarop jy jou een lewe leef, bepaal die vorm van jou volgende lewe. (Christelike Kern-ensiklopedie) HARTKLOPFEES Die President Kruger Kinderhuise hou op 15 Maart 2014 'n groot fondsinsameling, genoem Hartklop Fees. Ons versoek die gemeentelede om hulle by te staan om van hierdie geleentheid 'n groot sukses te maak. Hulle het die taak om 6500 sitplekke vol te maak en is meer as verseker dat, met ons hulp, hulle dit vinnig sal kan doen. Hartklop Fees 2014 Bok van Blerk, Riana Nel en Bobby van Jaarsveld Kaartjies wissel tussen R 90 - R180 Kaartjies beskikbaar by www.itickets.co.za <http://www.itickets.co.za> - 0861 000 291 https://www.itickets.com/register/new/313298?> FOTO S OP ONS WEBWERF Die Redaksie het verneem dat u na n aantal foto s van mooi (!!) mense in ons gemeente kan gaan kyk op ons webwerf. Die foto s is geneem tydens laasjaar se Kersprogram.(www.gkwaterkloofrand.org.za) Dankie aan Yolande Steyn wat dit vir ons geplaas het. Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Jes. 43: 18-19 7

SNIPPERS DANKIE UIT ZAMBIË Die Redaksie het die volgende brief ontvang : Watter voorreg om hiervan verslag te kan doen. U sal onthou hoe daar in die kerkverband 'n oproep was dat kerke vir wie dit moontlik is, ons kan help om vir ds Charles Zulu, wat vanuit die Gereformeerde Kerk Pretoria gestuur is vir kerkplanting in Zambië, 'n voertuig aan te koop. Dit was so amper 'n jaar gelede. Die samewerking en bydraes hiervoor was eenvoudig lofwaardig in wat die Here ons as kerke hierin mee begenadig het. Elke bydrae, hoe groot of hoe klein, het daartoe kon help dat ons in Lusaka, gedurende Desember 2013, vir ds Charles 'n voertuig kon koop. Sy brief tot dank aan almal vir hulle bydraes plaas ek graag onveranderd : LETTER OF THANKS I write this letter of thanks in connection with the Toyota Hilux Surf which the Church bought for easy transport during my work in the Confession Church in Zambia. The Confession Church, my family and I are thankful to all Churches, individuals and whosoever gave generously towards this project. For the past 10 years I had been using my own vehicle to execute the Church work, but at present it has been giving me problems of breaking downs due to oldness of its kind, I thank the Lord for the opportunity given to me to start a Church in Zambia in such situation, the gift of the vehicle has timely come. To all contributors towards the present way of easy transport, I encourage you to read Acts 20:35, indeed may the Lord bless you all. I say to God be the glory. Attached are pictures of the vehicle. With Christ s love to you all, Rev. Charles Zulu. 8

AANVULLENDE PSALMBOEK Daar is n bundeltjie Nuut-goedgekeurde liedere van die GKSA 2009-2012 @ R10 by die kerkkantoor beskikbaar. ============================================ 9