deur BOB RONALD JANSSEN voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM in die vak INTERNASIONALE POLITIEK aan die

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

BenguFarm Bestelvorm

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Rut: n Liefdes Verhaal

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

SIZA takes the sting out of auditing

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Direkte en indirekte rede *

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Mandala Madness Deel 2

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

'N KRITIESE BESKOUING VAN DIE UITWERKING VAN WETSVOORSKRIFTELIK HEID AS 'N OMGEWINGSFAKTOR OP FINANSiijLE VERSLAGDOENING SYBRAND BRONKHORST

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

ONDERSOEK NA DIE DAARSTELLING VAN BELEID VIR DIE ORGANISERING VAN SPORT~ EN REKREASIEDIENSTE VAN DIE SUIDELIKE PRETORIA METROPOLITAANSE SUBSTRUKTUUR

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

n Besinning oor tegnologie in Publieke Administrasie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Die verantwoordelikheids-etiek van Max Weber: n Toepaslike etiek vir ons tyd? 1

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

DIE INKOMSTEBELASTING HANTERING VAN FRANCHISEFOOIE BETAALBAAR DEUR FRANCHISEHOUERS IN DIE SUID- AFRIKAANSE PETROLEUM-BEDRYF

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

Die diskresie van 'n trustee van 'n inter vivos trust: wysiging en beperking S TACK

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Die uitdaging van biografie-skrywing: n lewe van Betty Pack

Militêre strategie tydens die Anglo-Boereoorlog ( ): n herwaardering na verloop van 100 jaar

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

GRAAD 12-PUNTE AS VOORSPELLER VAN SUKSES IN WISKUNDE BY N UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Transcription:

'n ONDERSOEK NA DIE GEBRUIK VAN KRYGSGESKIEDENIS IN DIE ONTWIKKELING VAN MILITERE DOKTRINE: DIE SUID-AFRIKAANSE ERV ARING deur BOB RONALD JANSSEN voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM in die vak INTERNASIONALE POLITIEK aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA STUDIELEIER: PROF D.F.S. FOURIE MAART 2000

ll~llllllllllllllllill 0001776720

OPSOMMING Die twee boeke waarin J.J. Collyer die kampanjes in Duits Suidwes-Afrika (Namibie) en Duits Oos-Afrika (Tanzanie) beskryf, bevat enkele kennis stellings wat vandag nog bruikbaar is. Collyer verduidelik dat militere foute van die verlede histories deur die staf ontleed moet word om sodanige foute in die toekoms te vermy. Hy gaan egter verder en verduidelik dat die moontlikheid om toekomsti.ge optrede te verbeter nodig is om onnodige bloedvergieting te verhoed. Hierdie verhandeling het ten doel gehad om die laaste stelling van Collyer te ondersoek en te bepaal of dit wel in Suid-Afrika toegepas is. Die navorsingsprobleem van die verhandeling was om te bepaal ofkrygsgeskiedenis aangewend is om die militere doktrine in Suid-Afrika mee te verbeter. Die bevinding van die verhandeling was dat daar slegs in enkele gevalle deur die Suid Afrikaanse Nasionale Weermag (en sy voorgangers) wel van Krygsgeskiedenis gebruik gemaak was om doktrine mee te ontwikkel en dat baie meer gedoen behoort te word. SUMMARY The two books of 1.1. Collyer which discuss the campaigns in German South West Africa (Namibia) and German East Africa (Tanzania) contain knowledge propositions that are still valid today. Collyer explains that the military mistakes that were made in the past should be analysed especially by the staff today to prevent making the same mistakes in the future. He goes on to explain that future conduct should be improved in order to prevent unnecessary bloodshed. This dissertation's aim was to investigate Collyer's proposition and to determine whether this was applied in South Africa. The research problem of the dissertation was to determine whether Military History was utilised to improve South Africa's military doctrine. The finding of the dissertation was that the South African National Defence Force (and its predecessors) utilised Military History only in very few cases to develop doctrine and that much remains to be done.

KEY TERMS Military doctrine Defence doctrine Military history of the Republic of South Africa Warfare Military lessons learnt SLEUTEL TERME Militere doktrine Verdedigingsdoktrine Krygsgeskiedenis van die Republiek van Suid-Afrika Oorlogvoering Militere lesse geleer

INHOUD Hoofstuk 1 Ti tel Inleiding Bladsy 1 2 Doktrine 15 3 Literatuuroorsig 38 4 Ontwikkeling van Krygsgeskiedenis 54 5 Evolusie van doktrine 90 6 Ontwikkeling van institusionele Krygsgeskiedenis 140 7 Ontwikkeling van Suid-Afrikaanse doktrine uit 173 Krygsgeskiedenis 8 Slot 216 Bibliografie 231

HOOFSTUKl INLEIDING 1.1 Inleiding In die Suid-Afrikaanse Departement van Verdediging se publikasie oor Verdedigingsdoktrine word in die voorwoord die volgende verduidelik: South Africa's Defence Doctrine is based on the enduring lessons of history, placed in the context of DoD modem experience. It describes the linkages between national policy and military operations, and is intended to guide those involved in defence at senior level, to educate staff officers and officials and to inform the wider public. It is the authoritative source from which all South Africa's defence doctrine is derived, but it is not prescriptive and it must be applied with common-sense and judgement. It should act as a focus for further study and informed debate about defence issues 1 Wanneer die woorde '(i)t is the authoritative source from which all South Africa's defence doctrine is derived, but it is not prescriptive and it must be applied with common-sense and judgement' ontleed word, kan daar opgemerk word dat die sin foutief afgelei is van die ondergenoemde definisie van doktrine. Die vorige Suid-Afrikaanse, die NAVO en Amerikaanse Gesamentlike Hoof de van Staf gebruik die volgende definisie: Fundamental principles by which the military forces or elements thereof guide actions in support ofnational objectives. It is authoritative but requires judgement in application 2 Dit word vermoed dat die laaste sin gebruik is in die eersgenoemde aanhaling, maar soos eersgenoemde aanhaling tans lui, klink dit asof die DoDJPl as die gesaghebbende publikasie beskou moet word waaruit alle ander doktrines afgelei moet word. 1 South Africa. South African Departmenr o(de(ence. D~(ence Doctrine. DoDJP I. Draft. January 1998, pp. vii en viii.? -van Angeren. J.F. W. Doctrine. de ondcrhclichte dimcnsie van militaire professie. in Jfilitaire Spectator. 162: 11, 1993. p. -190. South African Defence Force, Joint Wm:fare.\lanual. G fl"[ 105 Part I. Fourth Edition. Pretoria. 1994.

2 Daar spruit verskeie ander vrae uit eersgenoemde aanhaling. Daar kan gevra word hoe blywende lesse uit die Krygsgeskiedenis bepaal kan word, asook ontleed kan word, ten einde 'n doktrine daar te stel. Wat is die modeme ondervinding en hoe word die ondervinding opgedoen? Wie is verantwoordelik om hierdie ondervinding op te doen? Dit is duidelik dat daarmee bedoel word om as 'n gids vir verdedigingspersoneel te <lien. Wie is verantwoordelik vir die bepaling. sowel as die opstelling en ontwikkeling van doktrine? Moet dit ook <lien as 'n gids vir die opleiding van stafoffisiere, en ook burgerlike verdedigingsbeamptes en as 'n bron van inligting vir die breer publiek? Om aan hierdie vereistes te voldoen, sou verwag kon word dat die doktrine tog so gesaghebbend sou moes wees ten einde tred te moet hou met die veranderde omstandighede. Hoe word dit alles vermag? Om 'n gesaghebbende bron te wees, moet doktrine uit kennis en ervaring ontwikkel word. W aar en hoe word hierdie kennis verkry? Hierdie dokument suggereer 'n antwoord deur die melding van verdere studies wat benodig word. Benewens die verwysing na die debat oor verdedigingsaangeleenthede, behoort die verdere studies ook die proses rakende die ontwikkeling van prosedures wat gevolg word om 'n nuwe doktrine te ontwikkel, in te sluit. 'n Verdere vraag is wat met verdedigingsvraagstuk bedoel word en wat die omvang sou wees? Hierdie studie gaan nie veel aandag gaan gee aan die verhouding tussen die nasionale beleid en die militere optredes nie. Dit het eerder ten doel om die vraag na die ontwikkeling van. of die skep van doktrine te bespreek. 1.1.1 Agtergrond Michael Howard verduidelik dat 'n soldaat 'n unieke professie het. Hy sal sy opleiding moontlik slegs een keer per leeftyd, indien ooit, moet toepas 3 Die voorbereiding vir die ontwikkeling van 'n militere doktrine kan slegs tydens 'n werklike oorlog getoets word om te bepaal of dit geslaagd is, al dan nie. Nuwe doktrine en strategie verseker dat die toekomstige veldtogte en oorloe gewen kan word. Dit veronderstel dus dat die militere praktisyn sy ondervinding nie per ongeluk opdoen nie, maar eerder leer uit die foute en ervaring van andere. Dit is juis Krygsgeskiedenis wat moontlik die leemte wat ontstaan by gebrek aan oorloe, uit die ervaring van ander krygshere wat al soortgelyke situasies deurgemaak het. kan aanvul. Die kwessie van besluitneming kan dus 3 Howard. M. The use and abuse of milital! histol!. in The causes of war and other essays. Counterpoint. London, 1983, p. 214. ~I.E. Howard (gebore 1922) CBE. MC. D Litt. FBA.Britsc historikus. as lektor sedert 194 7 en as professor sedert 1963. Verskeie boeke gcpublisccr. \1aarondcr die Engelse vertaling van On War deur 1 on Clausewitz saam met P. Paret in 1976.

3 op 'n wye ervaringsveld gebaseer word wat met baie minder stampe en stote opgedoen is. Historici is oor die algemeen egter gekant teen die aanwending van verworwe kennis of toegepaste geskiedenis om toekomstige optredes op te baseer. J.J. Collyer, self 'n krygskundige. skryf die volgende oor die gebruik van Krygsgeskiedenis: Ons leer baie eerder wysheid uit mislukkings as uit sukses. Ons ontdek dikwels wat deug deur te ontdek wat nie deug nie. Die man wat nog nooit 'n fout begaan het nie, het waarskynlik ook nog nooit 'n ontdekking gedoen nie. As hierdie...(krygsgeskiedenis) miskien onder die aandag van 'n opgeleide beroepsoldaat kom, wil ek horn versoek om te bedink dat die foute inderdaad begaan is en dat hulle na alle waarskynlikheid onder soortgelyke omstandighede weer begaan sal word, tensy daarop gehamer en daarteen gewaak word. 4 Collyer wil juis vir die soldaat beklemtoon dat verworwe kennis aangewend kan word om militere doktrine in die toekoms te ontwikkel. Die probleem met Collyer se stelling is dat die soldaat nie altyd die geleentheid en tyd gegun word om foute wat begaan is, sodanig te bestudeer en reg te stel sodat die oorlog nog steeds gewen kan word nie. Die ideaal in toekomstige optrede is om so min as moontlik foute te begaan en sodoende die oorhand in die kortste moontlike tyd te bewerkstellig. Dit kom dus daarop neer dat daar uit die staanspoor gepoog moet word om 'n gepaste doktrine te ontwikkel en sodoende te poog om toekomstige optrede in oorwinning te laat eindig. Verskeie instellings het al hierdie proses van die ontwikkeling van doktrine aangewend, deur die Krygsgeskiedenis te ontleed. Die bekendste hiervan is die Pruisiese Generale Staf ( vanaf ongeveer 1807) en later die Duitse Generale Staf (amptelik tot 1918 maar nie-amptelik tot 1934. 4 Collyer. J.J. Die veldtog m Duits Swdll'es-.Jfi'ika 191./ - 1915. Unie van Suid-Afrika. 1939. lnleiding. Gcneraal maioor John J.(genoem Jack) Collyer CB. CMG. DSO ( 1870-19.J I). lh \\as ook 'n Otlisier \an die Leg10n d' Honneur. 'n Kommandeur van die Order o(.\/ John of Jerusalem en ridder. rneedeklas van die Russicse Orde \an St. Ann<' met swaarde. H~ was die eerste Hoof van die Generale StaL l '\'\I. in 1917. Militere Sekretaris in 1939. Sk~ f oor die \ddtogte in Du its SuidWes-Afrika (tans Namibie) en Du its Oos-Afrika (tans Tanzanie) t\ dcns die Eerste Wereldoorlog. Hy was 'n sterk \oorstaandcr \an 'n kr~gshistoriese tak van die Gencrale Staf. Die poste wat hy beklee het. \las I loof van die Generale Staf. Sekretaris \an Verdediging en!\dens die Tweedc \\'ereldoorlog. Militcrc Sekretaris.

4 wat 'n Krygsgeskiedenisafdeling in hulle Generale Staf gehad het 5 'n Voorbeeld van die werk van hierdie afdeling, word vervat in die boek wat deur die Duitse attaches tydens die Anglo Boereoorlog geskryf is. Daarin bespreek hulle die geskiedenis van die oorlog en word dit aan die Duitse doktrine getoets 6 Verskeie skrywers het ook gebruik gemaak van die ontleding van Krygsgeskiedenis met die doe! om die kennis wat daarin vervat is. te ontwikkel in 'n doktrine vir die krygskundige. Die bekendste voorbeeld hiervan in die twintigste eeu, is Basil Henry Liddell Hart se indirekte nadering wat ontwikkel is uit die studie van ongeveer twee duisend jaar se geskiedenis 7 Die konsep van die indirekte nadering verwys na die metode om eerder te maneuvreer teen 'n vyand. as die wetenskaplike begrip 'benadering', wat 'n denkwyse is. Verdere voorbeelde van ervaringskennis wat uit die Krygsgeskiedenis ontwikkel is, is die 'beginsels van oorlogvoering' deur Jomini (wie se boeke verskyn het tussen 1805 en 1868) en later ook Fuller (wie se boeke verskyn het tussen 1918 en 1956) 8 Hierdie beginsels is ontleen uit die fundamentele studie van Krygsgeskiedenis wat vergelykbaar is met Liddell Hart se afleidings. Daar is egter verskeie historici wat nie die militere agtergrond het om die militer-tegniese aspekte van geskiedskrywing te omskryf nie. Dit is derhalwe moeilik om uit sodanige skrywers se boeke militer-tegniese afleidings en gevolgtrekkings te maak. 'n Voorbeeld hiervan in Suid-Afrikaanse geskiedskrywing is J.H. Breytenbach. Baie van die veldslae word byvoorbeeld breedvoerig beskryf, maar nie met die benadering wat die krygskundige benodig nie, aangesien dit nie 5 Dupuy, T.N. A genius for ll'm; the German army and general staff. 1807-19./5. Hero Books, Fairfax, 1989, pp. 92. 303 en 304. Model, H. Der Deutsche Genera/stabo.ffi=ier. Seine Aus1rahl und Ausbildung in Reichswehr. Wehrmacht und Bundeswehr, Bernard & Graefe. Frankfurt am Main, 1968, p. 16. Johannesburg. 1986. 6 Germany, The German official account of the \l'ar 111 South Africa. vertaal deur Waters, W.H.H. en Du Cane, H. Scripta A.fricana. \iddell Hart, B.H. Strategy. second revised edition. Meridian. New York. 1991. Sir B.H. Liddell Hart ( 1895-1970) het 'n jaar aan die Universiteit van Cambridge deurgebring. v.aarna hy in 1915 by die Britse Leer aangesluit het as lnfanteris. Tydens die Eerste Wercldoorlog v.ord hy gewond waarna hy in 1924 op pcnsiocn geplaas \lord met die rang van kaptein. Hy v.ord 'n militere korrespondent 1a11 die /)ai/r Telegraph ( 1925 tot 1935) en daama vir The Times ( 1935 tot 1939). H) skryfverskeie histories boeke en verwerf veral bekendheid vir s~ strategic van die indirekte nadering. 8 Gat. A. The origms of 1111/ita!T thoughtfi-0111 rhe Enlightenment /0 Clausell'it=. Clarendon, Oxford, 1989. p. 121. l.maas..i. Ille education of an army. BntishmililmTthought. 18/j -19./0. Cassell. London. 1964. pp. 335 tot 359. J.F.C. Fuller(l878-1966) het in die llritsc Leer gedien van 1899 tot 1933. In hicrdie ~dperh \\as h1 onder andere die hoof van stafvan die Britse Tenk Korps waar hy veranf\1oorddih \\as vir die beplanning van die geslaagde aairnending \<lll 381 tcnb!~dens die Vcldslag \an Cambrai tydens die Eerste Wereldoorlog. 11~ "a'('"" die hoof instrukteur van die Camberley StaffColkgc \an 1923 tot 1926. Ill 11as 'n verslaggcwer tydens die ltaliaanse inval in Ethiopi~ <hooh die Spaansc Burgeroorlog ( 1936 tot 1939) en \\as die cnigste buitclander 11at lydens Nazi Duitsland sc eerstc pantsermaneuvers in 1935 tccrrnoordig was. Hy het onder sy kollegas in onguns venal as gc\olg \an sy sicnings \\at as ekstremisties beskou was.

5 Breytenbach se vermoe, belangstellingsveld of doel was om 'n militer-tegniese handleiding te skryf nie 9 Daar word byvoorbeeld glad nie melding gemaak van die voorbereidings wat die Boere in doktrine-verband gedoen het voor die uitbreek van die oorlog nie, alhoewel dit merkwaardig was dat die Boeregeneraals dieself de doktrine toegepas het op beide die Oos- en Wesfronte. Die probleem met sodanige krygsgeskiedskrywers is dat die spektrum van antwoorde wat beide die historikus en die krygspraktisyn uit die verlede soek, grootliks verskil. Hierdie punt word soos volg deur Collyer beklemtoon: Die ondervindings waarop (amptelike krygs-) geskiedenisboeke gegrond is, word selde met genoeg detail beskryf om die militer, wat verplig is om sy beroep te leer onderwyl hy dit beoefen, in staat te stel om uit die bestudering daarvan die voorbeeld te haal wat 'n meer omskrewe relaas horn sou verskaf het. Maar as hy onbewus is van die ondervinding van sy voorgangers en nie in staat is om die faktore te waardeer wat tot hulle welslae ofmislukking bygedra het nie - en hiertoe is 'n volledige kennis noodsaaklik - is hy in besondere (sic) sin gekniehalter in die opdoen van die grondbeginsels van sy vak 10 J.J. Collyer en J.C. Smuts (wat Collyer se voorwoord geskryf het) het ook raakgesien dat selfs die amptelike geskiedenis van die Eerste Wereldoorlog, veral vir die krygskundige, baie leemtes het 11 1.1.2 Doktrine Liddell Hart en Beaufre was skrywers wat strategie in terme van vlakke van aanwending beskryf het. Volgens Beaufre word strategie verdeel in 'n totale strategie, 'n algemene militere strategie en operasionele strategie 12 In Suid-Afrika word die totale strategie deesdae soos in die VSA 9 Breytenbach. J.H. Die geskiedenis mn die T1reede I itheidsoorlog in Suid-Afi ika. 1899-1902, Deel 1. Die Boere-ojfensie(Okt. - \,w 1899. Die Staatsdrukker. Pretoria. 1969. Daar 11ord ook nic melding gemaak van sodanige opleiding ofvergadering in; Van Heerden. LI. Die Kommandant-Generaal in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek. Arg1e(-jaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis. 196./ Oeel fl. Die Staatsdrukker. Kaapstad. 1964. 10 collyer. J.J. Die Suid-Afi 1ka11ers met Generaal Smuts in Duils Oos-Afi'ika 1916. Unie van Suid-Afrika. 1939. p. xi. 12 Beaufre. A...In mtroduction to srrmeg1 irl/h pamrnlar re/i!rence to problems of defence. politics. economics. and diploman 111 the nuclear age. vertaal deur R. I l. Barry. Faber and Fa her. London. 1965. fkaufre. Andre. General D'Armee ( 1902-1975 ). Dien in \ c!jtogte in Algerie 1930. Frankryk 1940. Tunisie 1942. ltali~ 194.l - 1945. lndo-china 1946-1954 en Suez 1956. Behalwe die eersgenocmdc hock hct hy ook Strategy of action en Dererrence and 1 trareg1 11at h1 na s~ atlrede in 1963 geskry f. Laasgenoemde boek het vcral d11ktr111c 1 ir

6 nasionale strategie genoem temyl Liddell Hart <lit groot strategie (grand strategy) noem. In die verdedigingsgemeenskap word daar eerder van militere strategie as van algemene strategie melding gemaak. Doktrine is ook 'n begrip, net soos in die geval van strategie, wat in verskillende vlakke aangetref word. Die definisie vir doktrine word soos volg geformuleer: 'n doktrine is 'n relatiewe permanente algemene strategie of algemene konsepsie wat die bree metodes beliggaam vir die gebruik van militere mag om 'n onuithoudbare situasie te skep vir 'n vyand in 'n scenario of gebeurlikheid 13 Met ander woorde. die regering se beleid gekoppel aan die feitelike situasie gee 'n aanduiding van die nasionale strategie wat gevolg gaan word. Binne hierdie raamwerk kan doktrine ontwikkel word. Doktrine word derhalwe ontwikkel vir militere magte op algemene militere strategiese vlak en laer. Die doktrines sal dus binne die bepaalde regeringsvoorskrifte en riglyne ontwikkel moet word. Die vlakke van doktrine word egter nie oral dieselfde omskryf nie. Van Angeren beskryf die onderskeie vlakke van doktrine as die basisdoktrine wat op strategiese vlak (sic) aangetref word; die operasionele doktrine wat op operasionele strategiese vlak aangetref word; en die taktiese doktrine. Die Suid-Afrikaanse Leer stel dit weer dat doktrine verkry word op die verskillende vlakke van die strategie, asook die taktiese vlak en op die tegniese vlak. Wat ook al die benamings vir doktrine op die verskillende vlakke is, is dit duidelik dat doktrine op verskillende vlakke aangetref sal word. Die woord doktrine het sy oorsprong in die twaalfde eeu. Die oorspronklike betekenis het te doen met wat onderrig of beskryf is en wat werklik betrekking het op 'n bepaalde onderwerp of 'n deel van die wetenskap. Die begrip doktrine was meestal in godsdienstige of politieke konteks gebruik 14 Doktrine kan ook beskryfword as die ontwikkeling van professionele bekwaamhede wat vereis word. kemwapenoorlogvoering en die konsep \ an lolak 'ilralegic heskr~ r 13 Fourie D.F.S. 'n Definisie \\at opgestel is \ ir die \Oorgestclde \\Oordelys van die Verdedigingsoorsig in 1996 soos aange\ ul. 14 Van Angeren. op cl/. p. -l88. \iolgens!he Ox/iml L11glish IJ1ctionmT. Volume Ill. Clarendon Press. Oxford. 1969. p. 572. hel John Wycliffo se vertaling van die B~ hel die \\oord doktrine gehruik in 2 Timotius 2:2. die woord wat vandag daarvoor gcbruik word is ker I teach\.

7 Doktrine kan verder toegelig word deur na die kenmerke van die begrip te kyk. Op die hoogste vlak moet die leiers daarin glo en moet hulle dit goedkeur. In wese moet doktrine die hoogste vlak van die weermag se visie reflekteer. Verder moet die doktrine, om bruikbaar te wees. onderrigbaar wees. Dit sal die weermag in staat stel om te weet wat die leier se bedoeling is en om te begryp waarom sekere handelinge uitgevoer gedoen word 15 Die doktrine handel oor die beste manier om 'n militere handeling uit te voer. Die doktrine is egter nie 'n enkel entiteit nie, maar dit moet beskou word as die verskillende politieke-, teoretiese- en operasionele begrippe wat saamgegroepeer kan word om 'n land se doktrine te vorm. Voorbeelde van verskillende operasionele doktrines kan soos volg aangedui word: die konsepte ten opsigte van die operasionele doel wat onder andere insluit die kulminasiepunt/swaartepunt (Schwerpunkt), die deurslaggewende momente; die maneuvrering ten ende die vyand vas te pen as konsep, wat die Schlieffen Plan van 1914; die Blitzkrieg (blitsoorlogvoering); die Sichel Schnitt (sekelsnit) van 1940; sowel as die Rochade (rokering) beweging van Von Manstein in Februarie/Maart 1943 insluit. Dan is daar ook nag die operasioneelstrategiese konsepte wat in diepte, agtergebiedsoperasies en naby operasies insluit 16 Hierdie voorbeelde moet geensins beskou word as 'n volledige lys of 'n nuwe klassifikasie van doktrines nie, maar eerder as 'n paar voorbeelde om aan te toon dat 'n doktrine in kleiner afdelings verdeel kan word. Generaal majoor Roland de Vries verduidelik die komponente en ontwikkeling van doktrine soos volg: Doktrine ontwikkel selfstandig en tasbaar uit 'n besondere konsep van oorlog[ voering]. Die konsepte van oorlog[voering]. weereens berus op bepaalde beginsels van oorlog[voering]... 'n Krygsmag se operasionele konsep vorm die kem van sy gevegsdoktrine. Dit is die wyse waarvolgens gevegte en veldslae gevoer word. Doktrine sluit voorts aspekte soos taktiek. 15 Doktrine rnoet beskou word teen die agtergrond \an die bcgrip van indoktrinasie. Indoktrinasie is die negatie\\c \Orn1 of onaanvaarbare vorrn van bei"nvlocding of \Ooroon.kd \\at n kier in sy ondergeskiktcs kan bewerkstcllig. 16 Gerrnan Federal Republic. Oere/op111e111. pla1111111g and rea/i:::at1011 of operational conceptions in World Wars I and II. Edited hy Militargeschichtliches Forschungsarnt. E.S. l\littkr & Sohn. I lerford. 1989. Tak. N. W Het operationele niveau na de Koude Oorlog. in.\li/11mre Spectator. 166:6. 1997. pp. 270-279. Nederland. fo11d111ac/11 doctr111epuh/1catie. dee/ I: mi/ilaire doctrine. Sdu Uitgevers. Den Haag. I 996. pp. I 0 I - 182. United Kingdom...Jrnn- doctnne puh/1cutw11. 1 0/ume /. Operations. Ministf) of Defence, London. June I 994. pp. 3-8 tot 3-1 ~

8 gevegsprosedures, organi.sasies. ondersteuning, uitrusting en opleiding in 17 Hierdie beskrywing verduidelik aan die een kant wat doktrine is en aan die ander kant waaruit dit bestaan. Hiervolgens bestaan 'n doktrine uit die konsepte van oorlogvoering wat op hul beurt die fundamentele grondslag van beginsels van oorlogvoering vorm. Die vraag is of die laaste sin van die aanhaling korrek is. Doktrine is dus 'n 'voorskrif waarvolgens 'oorlogvoering' behoort plaas te vind; met ander woorde dit dui op 'n handeling of 'n stel handelinge en begrippe soos organisasie, ondersteuning, uitrusting en opleiding, wat oorweeg moet word om die handeling uitvoerbaar te maak. Die operasionele konsepte vorm die kem van 'n land se doktrine. Die operasionele doktrine word saamgestel uit die konsepte van oorlogvoering. Die konsepte van oorlogvoering word op hul beurt weer saamgestel deur begrippe soos tipes oorlogvoering en gevegsprosedures. Die onderskeie tipes oorlogvoeririg kan bestaan uit kem-, konvensionele- en guerilla oorlogvoering. Die gevegsprosedures kan gedefinieer \vord op die verskillende vlakke van oorlogvoering, naamlik die strategiese vlak, die algemeen strategiese vlak, die operasioneel strategiese vlak, die taktiese en tegniese vlakke. Verder word die konsepte van oorlogvoering ook gegrond op die beginsels van oorlogvoering. Die beginsels van oorlogvoering op hul beurt is stellings wat geformuleer is uit die ervaring wat opgedoen is, asook die bestudering van Krygsgeskiedenis wat as waar beskou kan word onder alle omstandighede. Konsepte van oorlogvoering soos die van die 'indirekte nadering' en Blitzkrieg, is konsepte wat gevegte ofveldslae laat \Ven. 'n Geveg of 'n veldslag is nie altyd 'n wyse om die oorlog mee te wen nie (soos die V.S.A. ten tye van die Vietnam oorlog uitgevind het). In Vietnam se geval is geen direkte veldslag verloor nie. maar nog steeds is die oorlog verloor. Beaufre wys daarop dat die aanvang van die Tweed~ Wereldoorlog deur die Franse beantwoord was deur verkeerde premisse, hul hele militere stelsel was gegrond op verouderde taktiek. Die Blitzkrieg het ook 17 De Vries. R. Mob1e/e oorlogmering. 'n perspek11ef vir Suider-Afrika, F.J.N. Harman, Mcnlopark, 1987, p. 195. Generaal Majoor Roland de Vries het gevorder tot die pos rnn Adjunk lloof\an die SA Leer en \\as 'n groat voorstander van mobiele oorlogvoering. Hy was noeer onder ander ook die projek otlisier wat di.: eerste infonterie ge,egsvoertuig van Suid-Afrika (die Ratel) ontwikkel het. Deur middd \an hierdie projek het hy baie blootstelling aan mobiek oorlog,oering gekry in die buiteland \\at h) in Suid-Afrika help implementeer het. Hy was on<ler andere ook die bevelvoerder van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep. hoof \<111 staf van die SA Leer Gevegskool, die bevelvoerder van die SA Leer Kollege. die hoof van stafvan Kommandement Noord-Trnns\aal. die bevcl\oerder van 7 SA Divisie en hoof van die Gesamentlike Oplei<ling \an die SANW.

9 bygedra om vele veldslae te wen. maar dit is nie noodwendig dat die oorlog daardeur gewen sal word nie. Dit was eers toe die Britse weem1ag tussen 1942 en 1945 begin het om 'n filosofie en 'n strategie te gebruik. dat die oorlog beeindig kon word 18 'n Holisties benadering moet gevolg word om te kyk of die strategie wat gevolg is. die verloop van die oorlog bepaal het. Daar moet veral gewaak word teen kognitiewe dissonansie. Dit beteken dat die vorige doktrine as korrek beskou word as gevolg van persoonlike ervaring en vooroordeel, asook die weiering om feite raak te sien, alhoewel daar afdoende getuienis is dat dit nie die geval is nie. Die teenstelling word gevind by bevelvoerders wat die foute raaksien en erken en hul benaderings daarby aanpas. Voorbeelde hiervan was die generasie van Britse offisiere wat die lesse van 1940 tot 1943 van die Europese veldtog van 1940 en die Woestynveldtog in Noord Afrika geleer het, soos onder andere Auchinleck. Montgomery en ander. 1.1.3 Samevatting Krygsgeskiedenis kan volgens verskeie bronne die leemte van ervaring wat as gevolg van die afwesigheid van oorlog nie opgedoen kan word nie, aanvul met die verworwe ervaring van ander krygskundiges (veldhere) wat al soortgelyke situasies reeds deurgemaak het. Verworwe ervaring. tesame met die beginsels van oorlogvoering kan deur middel van beredenering omgesit word in kennis wat as grondslag kan dien vir die verbetering en ontwikkeling van doktrine. Nuwe strategie en doktrines kan verseker dat die veldtogte en oorloe van die toekoms verbeter word en dus die moontlikheid van 'n oorwinning vergroot. Daarom is dit belangrik dat die militere praktisyn sy ondervinding nie per ongeluk opdoen nie, maar eerder die ontwikkelde doktrine aangewend as basis vir oorlogvoering. 1.2 Die navorsingsprobleem Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weem1ag is nie meer betrokke in konvensionele konflikte soos gedurende die tydperk 1975 tot 1989 nie. Alhoewel dit steeds betrokke is in die bekamping van binnelandse onstabiliteit. is dit nie werklik betrokke in teen-insurgensie oorlogvoering nie. Met 18 Beaufre. A An 111rrod11c11011 ro Sll'clf~gT 11'/f/i /Jcirt1«11lar rekre11ce to problems of defence. politics. economics. and dip/0111<1n 111 the nuclear age. vertaal deur R.H. Barr.. Fah.:r and I ah.er. I.on don. 1965. pp 12 and 13.

10 die vooruitsig om binne die afsienbare toekoms betrokke te ra k by intemasionale vredessteun operasies, is daar 'n groot moontlikheid dat ervaring en die gepaardgaande ontwikkeling van oorlogservaring vinnig aan die k\vyn is. Verder is dit sinneloos om vir die oorlog van die verlede voor te berei deur die doktrine ontwikkeling te verwaarloos of nie op hoogte te bly van ander lande se doktrine nie. Die voorbereiding wat benodig word is die deurlopende ontwikkeling van nuwe doktrine sonder die gepaardgaande 'luuksheid' van oorlog om die doktrine aan te toets en ervaring op te doen. 1.2.1 Die benadering van hierdie studie Die benadering in hierdie studie is histories van aard. Die metode wat in hierdie verhandeling gebruik gaan word, is om gebruik te maak van gevallestudies. Van Dyke verduidelik dat in die geval van die historiese benadering, dit nie net gaan oor die afgelope gebeure nie, maar dat dit ook in die politieke milieu oor meer handel as die hede en die toekoms. Die geselekteerde gebeure van die verlede vorm dus die raamwerk waarmee die gebeure van die hede en die toekoms mee verklaar moet word 19. Met ander woorde, dit wat nog nie waargeneem is nie moet deur die ontleding van die verlede veronderstel of voorspel word. Die probleem is egter dat hierdie toekomstige handeling met 'n mate van beheer voorspel moet kan word. 'n Mate van beheer oor die voorsienbare toekomsgebeure bring mee dat daar onvermydelik tussen altematiewe gekies moet word 20 Die voorspelling van gebeure is egter 'n induktiewe beredeneringsmetode. Die induksieprobleem kan oorkom word met 'n teorie wat gebeure kan voorspel en sekere van die gebeure wat voorspel word, kan beheer, ten einde hulle aan te wend of te manipuleer, om sodoende te verseker dat die gebeure wat voorspel word, wel gaan plaasvind soos dit voorspel \Vord. 1.2.2 Redes vir die navorsing Die ontwikkeling van nuwe doktrine of die verbetering van bestaande doktrines het ten doel om die Suid-Afrikaanse Leer sodanig voor te berei vir toekomstige oorlogvoering ten einde te verseker dat dit aan die wenkant van die oorlog sal eindig. Hierdie oogmerk moet vermag word 19 Van Dyke. V. Poli11cal science. a p/11/osophica/ 0110!1-sis. Stanford University Press, Stanford, 1978 ( 1960), pp. l.t - 16. 20 Meehan. E.J. The thi11k111g game.,1 g111de to ~[fectll"e study. Chatham House. Chatham, 1988. Faure, A.M. Strah:giese handeling: 'n kognitiewe benadering. Die.\li/itere Ana/is. I 1989. p. 16.

sonder die luuksheid van 'n tydperk waarin oorlogservaring opgedoen kan word deur deelnames aan werklike oorloe, waarop die doktrine gegrond kan word. 11 1.2.3 Die navorsingsprobleem Uit die voorafgaande het die volgende navorsingsprobleem ontstaan: Gegewe die voorbeelde elders in die wereld en die pogings in Suid-Afrika om Krygsgeskiedenis daar te stel in hoe 'n mate het die Unie Verdedigingsmag, die Suid-Afrikaanse Weermag en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag die doel bereik om Krygsgeskiedenis as grondslag vir die bepaling van militere doktrine aan te wend? 1.3 Relevante vrae wat voortspruit uit die hipotese Die volgende sal in hierdie verhandeling as sub-probleme beskou word: wat is doktrine? Wat is daar oor die onderwerp in bestaande literatuur? Hoe het Krygsgeskiedenis ontwikkel? Hoe het die doktrine deur 'n evolusionere proses verander? Hoe is die doktrine geraak deur die institusionele ontwikkeling van Krygsgeskiedenis? Hoe het die militere doktrine in Suid-Afrika ontwikkel? Was die gebruik van Krygsgeskiedenis vir die doeleinde van die ontwikkeling van militere doktrine suksesvol? 1.4 Atbakening Die volgende begrippe sal nie deur hierdie verhandeling ondersoek word nie. Daar sal nie 'n Krygsgeskiedenis van 'n spesifieke tydperk as sulks behandel word nie, maar enkele insidente of fasette sal as gevallestudies gebruik word. Oor die algemeen gaan die proses wat ontwikkel word, poog om van toepassing te wees op onlangse Krygsgeskiedenis. Daar gaan nie gekyk word na die geskiedenis, lesse geleer of doktrines van die kemera nie. Daar gaan ook nie na n spesifieke vlak van oorlogvoering gekyk word nie ( dus nie slegs Of op die taktiese Of op die strategiese vlak nie). Daar gaan ook nie na 'n spesifieke soort oorlogvoering gekyk word nie. Daar gaan nie kommentaar gelewer word op enige weermag se rol in die politiek. hul gemeenskap, hul verhouding tot die industrie. ekonomie of hul rol ten opsigte van buitelandse beleid nie. Hierdie begrippe sluit die burgerlike-militere samewerking in. Die ontleding sal

hoofsaaklik beperk word tot die leer (grondmagte) as weermagsdeel om dit sodoende bruikbaar te maak vir die weermag as geheel. 12 1.5 I{aamwerk Alvorens hoofstukke ontwikkel word. sal die begrip van doktrine ontleed word, asook 'n oorsig gegee word van verbandhoudende literatuur terwyl die slot-hoofstuk waarin die samevattings opgesom word, daama bygevoeg sal word. 1.6 Die insameling en aanwending van die data In ooreenstamming met die universiteit se vereistes dat 'n verhandeling slegs bewyse moet lewer van die kandidaat se vermoe om selfstandig navorsing te ondemeem, is die data hoofsaaklik deur 'n literatuurstudie en onderhoude verkry. 1. 7 Definisies Die volgende definisies sal vir die doel van die verhandeling gebruik word. 1. 7.1 Strategie Strategie is die metode waarvolgens dwangmiddels gebruik word om 'n onhoudbare situasie vir 'n opponent te skep 21 1. 7.1.1 N asionale strategie Nasionale strategie word omskryf as 'n omvattende kombinasie van maniere om die verskillende beskikbare dwangmiddele wat die regering in 'n konflik kies te gebruik om 'n stel situasies wat vir die opponente onhoudbaar is. te skep 22. 1. 7.1.2 Algemene militere strategie Algemene militere strategie is 'n algemene opvatting of stel idees wat 'n metode beliggaam om 21 Fourie. DF.S. Strategiese studies 1//01111e11rs! e111gsre swdieg1ds rir STI STO-S!die studie van strategie). Pretoria. UniH:rsit.:it \an Suid-Afrika. 1992( 1976). p. 1-1. 11 --Ibid. p. 19.

13 militere mag te gebruik om 'n onhoudbare situasie vir 'n opponent te skep 23. ~. 7.1.3 Operasionele strategie 'n Operasionele strategie is die wyse waarop 'n militere mag wat spesifiek vir 'n bepaalde militere operasie toegewys is, ontplooi word om 'n militere situasie teweeg te bring wat vir die vyandelike bevelvoerder onhoudbaar is of wat vir die gebruiker daarvan voordelig sal wees 24 1.7.2 Taktiek Taktiek is die kuns van die opstelling en ontplooiing van troepe in die geveg ten einde die maksimum voordeel uit die wapentuig wat gebruik word, te put 25 1. 7.3 Doktrine Doktrine is 'n relatiewe permanente algemene strategie of algemene konsepsie wat die bree metodes beliggaam van die gebruik van militere mag om 'n onuithoudbare situasie te kry vir 'n vyand in 'n scenario of gebeurlikheid 26 1.7.4 Krygsgeskiedenis (Militarv historv) Krygsgeskiedenis is die studie van die wyse waarop state vir 'n oorlog voorberei het en hoe hulle oorloe gevoer en beeindig het; hoe die voorbereiding vir die voer van oorloe gemeenskappe bei'nvloed het; en hoe state die vredestydse funksies van weermagte bepaal en gereguleer het 27 1.8 Afkortings 1.8.1 UVM. Unie-verdedigingmag ( 1912-1961 ).?' _o Ibid, p. 22. 74 - Ibid. p. 23. 25 Ibid. p. 11. 26 Idem. 'n Detinisie \\at opgestcl is 1 ir die 1oorgestdde 11oordelys van die Verdedigingsoorsig in 1996, mu/a/us muta11d1s. 27 Visser. G.E. Die aard. studie1eld en funbie 1an die KIJgsgcskiedenis. Jft/rtaria. 23:2. 1993. p. 3. mutatus mutandis.

14 1.8.2 SAW. Suid-Afrikaanse Weermag ( 1961-1994). 1.8.3 SANW. Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ( 1994 -). 1.8.4 NAVO. Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie 1.8.5 USSR. Unie van Soviet Sosialistiese Republieke. 1.8.6 VSA. Verenigde State van Amerika. 1.8. 7 SA Leer. Suid-Afrikaanse Leer.

15 HOOFSTUK2 DO KT RINE 2.1 Inleiding Jan C. Smuts het per geleentheid die volgende uitlating gemaak: We have to look after ourselves... even if it costs millions... We are going to arm ourselves, even if it costs millions, because we want to keep what we have. We are not through weakness or unpreparedness, going to allow an enemy to come to our shores and pluck South Africa like a ripe fruit1. Die paraatheid van 'n weermag moet bepaal word. Sodoende kan die weermag dan byvoorbeeld klem le op die tegnologie, leierskap, administrasie, opleiding, ensovoorts. Vir die opleiding van soldate (om goed te kan doen tydens oorlogvoering) moet daar klem gele word op die onderskeie begrippe van oorlogvoering. So moet daar vereistes gestel word of voorwaardes wees waarvolgens soldate van 'n weermag moet optree wat sal verseker dat hy die oorwinning sal kan behaal. Sommige van hierdie voorwaardes of vereistes gaan vervolgens bespreek word. Wanneer die definisies van beleid, beleidmaking, strategie, taktiek en doktrine bestudeer word. ontstaan die geneigdheid om in 'n toestand van wanhoop te verval, aangesien daar amper vir elke skrywer 'n antler definisie vir die genoemde begrippe bestaan. 'n Moontlike rede hiervoor is dat die studie van oorlogvoering nog aan die ontwikkel is. Daarom is <lit goed <lat hierdie begrippe bevraagteken en beredeneer word. Wanneer 'n mens egter buite die raamwerk van oorlogvoering beweeg raak dieselfde definisies binne die 'ander dissiplines' nog meer verwarrend. In die studieveld van Strategiese Studies, is daar die probleem <lat die begrippe 'strategie' en 'doktrine' deur kemera teoretici verder verwring word. In sommige gevalle word genoemde begrippe selfs 'n strategiese doktrine genoem. Met antler woorde, vir sommige skrywers in die kernwapen milieu, beteken die woorde 'strategie' en 'doktrine' die uitsluitlike studie van kemwapenbegrippe. Soms word die begrip 'doktrine' ook gebruik om die regering se verdedigingsbegrip of die manier van denke oor verdediging (defence posture) te beskryf. 1 Hancock. W.K. Smuts. the sa11g11111e rears. /8~0-1919. Cambridge University Press. Cambridge. 1962, p. 316.

16 Om die punt te illustreer omskryf Horelick dit soos volg: There is no convenient term that adequately describes the range of concepts that are the subject of this section, but 'military doctrine' seems too obviously restrictive and circumscribed to be employed comfortably even for shorthand purposes. Several of our authors appear deliberately to have avoided use of that term. presumably on those grounds, and... I shall follow their example and employ either the term 'political-military doctrine' or 'strategic doctrine' as a matter of. ' convenience-. Soos aangedui kan daar verwarring wees in die bestudering van begrippe in hierdie veld. Die doel van hierdie hoofstuk is om die begrip 'doktrine' van nader te beskou. Die bespreking sal begin met 'n verduideliking van die begrip doktrine waama die ontwikkeling van enkele lande se doktrines van nader beskou sal word. 2.2 Doktrine Doktrine is 'n begrip wat verskeie gebruike en definisies het. Die woord doktrine is afkomstig uit die Latynse woord doctrina wat onderrig of leer beteken, en so word die woord do kt or ook van die self de stamwoord afgelei en beteken dan onderwyser 3 Garthoff' het in 1953 aangedui dat daar nie 'n boek in die sogenaamde Westerse wereld bestaan wat spesifiek die begrip militere doktrine ontleed nie, terwyl daar egter verskeie boeke is wat selfs vandag nog uitsluitlik die USSR of Russiese militere doktrine ontleed. In die algemeen is daar 'n neiging om die boeke te beperk tot 'n spesifieke gedeelte van die militere milieu in die Weste. Vervolgens gaan daar in meer detail na die begrip van 'doktrine' gekyk word. 2.2.1 Definisies van doktrine Die vraag wat doktrine is, is geregverdig. Soos reeds genoem bestaan daar verskeie definisies 1 ~Horelick. A.L. Perspectives on the stud~ of comparative milita~ doctrine. in Horton. F.B.IIL Rogerson. A.C. and Warner. F. Lill (eds). Comparative defence policy. Johns Hopkins Uni\crsity Press. Baltimore. 1974. p. 193. 3 The Oxford English D1c11011m)'. Volume Ill. Clarendon Press. (}\ford. 1969. p. 572. 4 Garthoff. R.L. Soviet m1/i1my docmne. The Free Press. Cikncoe. 1953. p. I.

van doktrine asook 'n wyd uiteenlopende interpretasie van wat elke definisie beteken. Die volgende is voorbeelde van die definisies van die 'doktrines' wat bestudeer word. 17 Die Webster's Woordeboek gee die volgende verduidelikings: Something that is taught. Something that is held, put forth as true, and supported by a teacher, a school, or a sect. A principle or position or the body of principles in any branch of knowledge. A principle of law established through past decisions and interpretations. A formulation of the principles on which a government proposes to base its actions or policy in some matter esp. in the field of international relations. Doctrine may indicate a formulated theory supported or not controverted by evidence, backed or sanctioned by authority, and proposed for acceptance; it may refer to authoritative teaching accepted by a body of believers or adherents. 5 Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Joint Warfare Manual meen dit beteken: Doctrine is defined as the fundamental principles by which military forces guide their action in support of objectives or a philosophy. It is authoritative but requires judgement in application. 6 Die definisie wat gebruik word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Joint Warf(1re Manual is dieselde as wat deur die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (NA VO) gebruik \Vord. Dieselfde definisie word ook deur die Militere Woordeboek gebruik, maar verduidelik dit met bykomende definisies, naamlik: Explicit set of concepts according to which action in a given field is discussed and 666. 5 Gove. P.B. (ed). Webster's Third nell i111ema11onal dictionarr of the English language unabridged, Bell & Sons. London. I 96 I. p. 6 South African Defence Force. Joi/I/ II arfilf'e.\/anua/. GIU /()5 Part I. Fourth Edition. Pretoria. 1994. p. vii.

18 executed. Strategic: basic guide-lines (sic) according to which strategy is executed in order to further the political objectives of the state. Tactical: basic guide-lines (sic) for the application of tactics within the directives of the applicable strategic tenets. - Britse Verdedigings Doktrine: Doctrine is the body of thought which underpins the development of defence policy; it is informative. whereas policy is essentially prescriptive. Doctrine has its foundation in history and derives its authority from being the distillation of much hard-won experience. Therefore it is enduring, but it is not unchanging. Doctrine evolves in response to changes in the political or strategic background, in the light of experience, or as a result of new technology. In tum, it influences the way in which policy and plans are developed. forces are organized and trained, and equipment is procured 8 Bogenoemde definisie het beleid as ondergeskik aan doktrine beskryf, maar hierdie volgorde word egter betwis soos dit later in hierdie hoofstuk bespreek word. Met die begrip 'voorskriftelik' (prescriptive) word bedoel dat doktrine die soldaat leer 'hoe' om te dink eerder as 'wat' om te dink. Nederlandse Definisie van Doktrine: Doctrine is de formele uitdrukking van het militaire denken, geldig voor een bepaalde tijd. Zij beschrijft de aard en kenmerken van het huidige en het toekomstige militair optreden, de wijze van voorbereiding op dat optreden in vredestijd en de metoden om militaire operaties in crisis- en oorlogstijd met succes afte ronden. Doctrine is algemeen van aard en beschrijft grondslagen, uitgangspunten en randvoorwaarden voor militaire operaties op de verschillende niveaus van optreden 9 7 South African Defence Force. 101111.\/i/1tan Dictio11arr_ first edition. Pretoria. 1983. p. 309. Die nuwe ongedateerdc milit~rc \\oordeboek (met 'n groen omslag) hct ook die \orige definisie ingesluil. 8.. Great Brllam. British Defe11ce Doctrme..!01111 H'arfc1re Puhlicat1on.( JllP){}-()/. MOD CS(M)G. London. 1966. p. 1.2. 9 De Vries. P.H. and Gijsbers. l\..a_ Doctrine on th.: mo\e. \filitaire Spectator. IM:9. 1995. p. 411.

Hierdie definisie maak melding van die vlakke van strategie (niveaus), wat later in hierdie hoofstuk bespreek sal word. 19 J.F.C. Fuller definieer doktrine soos volg: The central idea of an anny is known as its doctrine, which to be sound must be based on the principles of war, and which to be effective must be elastic enough to admit of mutation in accordance with change in circumstance. In its ultimate relationship to the human understanding "this central idea or doctrine is nothing else than common sense - that is, action adapted to circumstance' 0 Garthoff verduidelik sekerlik die beste wat die begrip werklik behels: Military doctrine may be defined as that body of assumptions and beliefs about military science and art, strategy, and tactics which is accepted in any force as being the basic guide for its conduct of military affairs". Die aantal definisies ter sprake dui aan dat daar onduidelikheid is oor die begrip, of moontlik dat dit 'n aanduiding kan wees dat die begrip vir elke skrywer of elke antler land 'n antler klem daarop plaas. As 'n mens al hierdie definisies in ag neem kom daar tog iets na vore, wat verduidelik wat doktrine is. Die definisie van 'doktrine' wat in hierdie navorsing gebruik gaan word, is soos volg gedefinieer: 'n Doktrine is 'n relatiewe permanente algemene strategie of algemene konsepsie wat die bree metodes beliggaam van die gebruik van militere mag om 'n onhoudbare situasie te skep vir 'n vyand in 'n scenario of gebeurlikheid'c. Die rede vir die keuse van hierdie spesifieke definisie is om 'n 'doktrine' te probeer definieer eerder as om die funksies daarvan aan te dui. Verder word aangedui \vaarvoor dit werklik aangewend word, eerder as om te poog om die be grip te beskryf. Baie van die vooraf gaande 10 Romjue, J.L. The evolution of American Army doctrine. in Militaire Spectator, 165: I 0, 1996, p. 436. 11 Garthotl op cit, p. 25. 12 Fourie, D. F.S. 'n Ddinisie \\at opgcstcl is \ ir die \ oorgestclde \\OOrdcl~ s \an die Verdedigingsoorsig in 1996 soos aange\ ul.

20 definisies is nie in die eng sin van die woord. 'n definisie per se nie maar gee eerder 'n omskrywing van die begrip of poog om toepassing van doktrine te beskryf. Soms beskryf dit die tipe doktrine of die toepaslike vlak daarvan; hoe lank dit geldig bly; die funksies van doktrine; hoe dit getoets kan word; waar dit vandaan kom; soos byvoorbeeld uit die geskiedenis geleer. Dit bespreek verder die verskil tussen doktrine en beleid waar beleid as voorskriftelik en doktrine informatief beskou word. Verder beskryf verskeie definisies dat doktrine 'n gesaghebbende begrip is maar tog oordeel verg wanneer dit toegepas word. Met laasgenoemde definisie is hierdie omskrywings uitgeskakel en is gepoog om in die algemeen die begrip van doktrine te definieer. Vervolgens gaan die vlakke van doktrines in meer detail bespreek word. Wat laasgenoemde definisie na vore bring is dat alle sogenaamde doktrine publikasies nie noodwendig as doktrine beskou word nie. In sommige gevalle moet dit eerder as beleid beskou word. In die Suid-Afrikaanse doktrine publikasies word byvoorbeeld administratiewe en bestuurs doktrines aangetref, en dit behoort dan eerder as 'n beleidsdokument uitgereik te word. 2.2.3 Doktrine en ~ie vlakke van oorlogvoering Daar is verskillende interpretasies van wat die vlakke van doktrine genoem moet word. Die Nederlandse doktrinehandleiding verduidelik dat hul definisie ook deur die NA VO lande. waaronder Duitsland, Groot Brittanje en Frankryk, as sodanig gebruik word. Die Nederlanders verduidelik dat laasgenoemde lande hul doktrine in hul witskrifte op verdediging asook hul verdedigingsoorsigte beskryf 3 Ander lande soos onder andere Suid-Afrika en die VSA gebruik weer die begrip doktrine op 'n laer vlak, aangesien die witskrif op verdediging en die verdedigingsoorsig beskou word as 'beleid' en dat 'doktrine' slegs tot weermagsvlak en laer beperk word. Met ander woorde die regeringsvlak word nie in ag geneem nie. Die vraag kan met reg gestel word, tot op watter vlak is daar doktrine? Word doktrine van die regeringsvlak tot op die laagste vlak van die weermag aangetref of word dit slegs tot op die operasioneel strategiese vlak beperk? Behalwe dat daar vir ongeveer elke skrywer of instansie 'n definisies is, bestaan daar ook 'n verskeidenheid van vlakke van doktrine vir verskillende lande. NA VO lande se 13 Vader. W.F. De Vries. P.H. en Gi_hbers. I\... \. Doctrine\orming: de eerste mijlpaal..\lilitairspectator. 165:10. 1996. p. -l29.

21 verdedigingsmagte bespreek die begrip doktrine wat vanaf die witskrif op verdediging tot op die operasioneel strategiese vlak kan strek. Die Franse- en die VSA Verdedigingsmagte beskryf kernstrategie ook as doktrine. Laasgenoemde verduidelikking van doktrine word ook omvat t.,;,,_ne die definisie soos geformuleer deur D.F.S. Fourie 14 Die verduideliking van die volgende skrywers werp moontlik lig op die onderwerp. De Vries se definisie lui soos volg: Doktrine ontwikkel selfstandig... uit 'n besondere konsep van oorlog [-voering]. Die konsepte van oorlog (sic), weereens berus op bepaalde beginsels van oorlog (sic). Daar bestaan 'n duidelike onderskeid tussen doktrine en die beginsels van oorlog (sic). 'n Krygsmag se operasionele konsep vorm die kern van sy gevegsdoktrine. Dit is die wyse waarvolgens gevegte en veldslae gevoer word. Doktrine sluit voorts aspekte soos taktiek, gevegsprosedures, organisasies, ondersteuning, uitrusting en opleiding in. Die beginsels van oorlog (sic) vorm die basis, die maatstaf en die rigsnoer waarvolgens operasies beplan, gevoer en gelei word 1 ;. Viotti se definisie lui soos volg: Military doctrine can be.defined as a body of theory which describes the environment within which the armed forces must operate and prescribes the methods and circumstances of their employment. The primary function of such doctrine is to maximise the effectiveness of a state's military capabilities in support of national objectives. As such, military doctrine has at least two levels of definition. At the national or grand strategy level, military doctrine is concerned with coordinating the separate contributions of the armed services with the diplomatic, economic, and other nonmilitary instruments of policy. At a lower level, each armed service also has its own military doctrine governing the employment of the forces under its command 16 14 Supra. 15 De Vries, R. Mobie/e oorlogmering. 'n perspektiefvir Suider-A.frika, Hamian, Menlopark (Pretoria), 1987, p. 195. 16 viotti. P.R. Introduction. part three milita~ doctrine. in Horton. F.B.111, Rogerson, A.C. and Warner, E.L.111 (eds). Comparative defence policy, John Hopkins University Press. Balri1110re. 197.t. p. 190.

22 Kissinger gee die volgende hoer orde definisie:... strategic doctrine must not be thought of as something theoretical or dogmatic. Its role is to define the likely dangers and how to deal with them, to project feasible goals and how to attain them. It must furnish a mode of action for the circumstances it defines as 'ordinary'. Its adequacy will be tested according to whether the forces developed in their anticipation are adequate to deal with the real challenges 17. Vervolgens gaan die vlakke van beleid, strategie en doktrine in oorlogvoering bespreek word. 2.2.3. l Vlakke van beleid Gladden 18 het in 1953 'n verduideliking gegee van watter vlakke aangetrefword in die milieu van pub Ii eke administrasie. Hiervolgens is die hoogste vlak waar beleid aangetref word, 'po Ii ti eke beleid' wat deur die regerende politieke party tydens hul kongres of party koukusse geformuleer word. Op die daaropvolgende vlak word die 'uitvoerende beleid' bepaal en word gewoonlik deur die kabinet, parlementere komitee of parlement geformuleer en gepromulgeer. Uitvoerende beleid word ook soms regerings- of nasionale beleid genoem. 'Administratiewe beleid' word op die volgende vlak aangetref. Die administratiewe beleid word gefonnuleer deur die minister. departementshoofde soos byvoorbeeld die hoof van die weermag of die hoof van die gesamentlike weermagstawwe. Administratiewe beleid word ook soms departementele beleid genoem. Beleid op laer vlakke kan operasionele- of tegniese beleid behels en kan deur verskeie vlakke van beamptes of klerke opgestel word in die middel of laer vlakke van bestuur. Wat Gladden aangedui het was dat die beleid net soos die vlakke van verskillende range in die weermag, verskillende benaderings gebruik om beleid op verskillende vlakke daar te stel. Hierdie vlakke moet egter nie in 'n eng lig beskou word nie, omdat tegniese of operasionele beleid ook in die parlement aangetrefkan word. maar die hoogste vlak van beleid wat wel daar aangetref word is nie op ander vlakke geformuleer en gepromulgeer nie. 17 Kissinger. H.A. Strategic doctrine and American dd<:nce policy. in Kissinger. II.A. (ed). Problems of national strategy, Pracgcr. :"\ew York, 1965. as quoted by Vioni. in 1-Ionon et al. op cit. p. 190. 18 Gladden. E.N. The essentials o.fpunic ad111111istratio11. London. 196-1( 1953).