September 2010 No. 45 CANOLA OESVERLIESE HOEVEEL, WAAR EN HOE KAN EK DIT BEPERK

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

SIZA takes the sting out of auditing

NAVORSINGSVERSLAG 2016/2017

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Mandala Madness Deel 2

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Rut: n Liefdes Verhaal

MANIPULASIE V AN SORI OP BLARE V AN DIE SEWEWEEKSV ARING (RUMOHRA ADIANTIFORMIS. (G. Forst.) Ching) deur ELSIE SOPHIA VAN WYK

Tariewe

Uit Moerdijk se pen Man en Media

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK4 * INLEIDING * MATERIAAL EN METODE * RESULTATE EN BESPREKING * SANJEVATTING * FIGURE * VERWYSINGS. DIE KIEMlNGSGEDRAG VAN ENCEPHALARTOS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Hoe om krag te spaar

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Landbou is oor die algemeen n. n Kort oorsig oor plaaslike mieliepryse. Lees Binne: FEBRUARIE Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

NAVORSINGSVERSLAG 2009/2010

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Sitrus Snoei. 2 Snoei Toerusting. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Vooruitskouing vir landbou se volgende dekade

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

Stelsel-evaluasie: Mikrospuitbesproeiing op sitrus

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

~ CARNOT, ADIEU! Prof. J.P. Botha. deur PUBLIKASIES VAN DIE U~NIVERSITEIT VAN PRETORIA, NUWE REEKS NR"

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

LANDBOU EN AFRIKA : BASIESE INLIGTINGSBOEK SURPLUS PEOPLE PROJECT

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

PULA IMVULA. As jy lief is om iets te vier en op soek. Met harde werk is daar geen perke nie. Lees binne: Januarie 2018

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

ASPEKTE WAT DIE TOEPASBAARHEID VtU{ TOETSE VIR VERSKILLENDE KULTUUl~GlWEPE KAN BEl.NVLOED

Vraag: Vertel my meer van die ontkieming van slangbos se saad, asook die vesting van saailinge

Die Skotse skrywer Robert Louis

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.

LUG VAARTSKEDULERING MET BEHULP VAN INTELLIGENTE AGENTE. deur JOSEF JACOBUS LANGERMAN VERHANDELING

Die gebruik van letterkunde vir die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal op skool binne 'n taakgebaseerde benadering

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

HOOFSTUK 1 INLEIDING TOT DIE NAVORSINGSPROSES. Epilepsie is een van die verskynsels wat oor die eeue saam met die mens

Nuwe minimum loon bedryg die gans wat die goue eiers lê

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

OlE ONTWERP EN IMPLEMENTERING VAN 'N LAE KOSTE MELK-PASTEURISEERDER VIR DIE ONT\VIKKELENDE KLEINBOER. PfETER BENHARDUS VAN ZYL

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

Transcription:

September 2010 No. 45 CANOLA OESVERLIESE HOEVEEL, WAAR EN HOE KAN EK DIT BEPERK Dr J Strauss, W Langenhoven, L Smorenburg, P Lombard & S Laubscher Instituut vir Plantproduksie, Departement Landbou: Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607 Opbrengsverliese voor en tydens die oes van canola kan die winsgewendheid van hierdie gewas in die Wes-Kaap benadeel. Verliese kan voorkom tydens verskillende stadia van die produksie proses van canola. Eerstens kan verliese reeds voor oestyd voorkom as gevolg van die natuurlike oopspring van peule tydens rypwording. Soos in die geval van verliese tydens die oesproses, sal warm, droë en winderige toestande tydens rypwording ook verliese laat toeneem. Verliese kan ook gedurende platsny voorkom indien die kamspoed en grondspoed van die platsnyer nie ooreenstem nie. Na die canola platgesny is kan verliese voorkom as gevolg van die versteuring van die windrye deur wind of reën, terwyl verliese tydens die optel-, stroop en dorsaksies binne die stroper kan plaasvind as gevolg van foutiewe stroper verstellings of lekkasies waardeur die saad kan uitloop. Dit is ook belangrik dat wanneer daar direk gestroop word, die kam- en grondspoed van die stroper ooreenstem sodat n egalige stroop aksie verkry kan word. Laastens kan oesverliese natuurlik ook voorkom tydens die vervoer van die canola graan na die stoor of silo indien vervoerbakke nie dig sluit nie. Die Departement van Landbou: Wes-Kaap, met befonsing van die Proteïennavorsingstigting, het n navorsing projek in 2008 begin om oesverliese in canola te kwantifiseer. Uit die afgelope twee seisoene se data blyk dit dat die grootste verliese tydens die oesproses plaasvind, terwyl plaasopnames wat gedurende 2009 by verskeie canola produsente gedoen is, getoon het dat verliese meer 30% van die potensiële oes kan beloop. Hoe kan ek my oes verliese beperk? 1. Sny plat as jy in n area produseer waar sterk winde tydens oestyd dikwels voorkom. 2. Egalige platsny waar die grondspoed van die platsnyer ooreenstem met die kamspoed is belangrik, aangesien daar reeds tydens hierdie proses groot verliese kan plaasvind. Dit geld ook vir die optelproses waar n egalige invoer van materiaal in die stoper belangrik is. 1

3. Sny op regte stadium plat. Die ideale stadium vir platsny is wanneer 40 70% van die saad verkleur het. Die voginhoud van die saad sal dan 30 tot 40% wees. Ondervinding het geleer dat n saadverkleuring van 50 tot 55% uit n praktiese oogpunt meer ideaal is om canola te begin platsny. Om die saadverkleuring te bepaal, moet monsters van minstens 100 peule wat verteenwoordigend van die hele land is, versamel word. Rypwording begin aan die onderkant van die plant en daarom moet peule aan die onderkant, middel en bokant van die hoofstam van die plant gepluk word om die rypheid te bepaal. Nadat die sade uitgevryf is, moet dit teen n wit agtergrond gehou word om die saadverkleuring te beoordeel. Sade wat van groen na geel, bruin of swart verkleur het, word getel. Die monsterneming behoort vanaf 15 dae na einde van die blom periode (dit wil sê wanneer daar nog 10% blomme sigbaar is en canola landerye n liggeel skynsel toon) n aanvang te neem om die ideale platsnydatum te bepaal. Monsters behoort daagliks geneem te word omdat klimaatstoestande n groot invloed op die tempo van verkleuring het wanneer die saad reeds ferm is. Vinnige verkleuring vind plaas tydens warm, droë weer, terwyl koel en vogtige toestande verkleuring vertraag. Platsny tydens die optimum stadium sal maksimum olie-inhoud en minimum oesverliese verseker. Wanneer te vroeg platgesny word, kan saadgrootte, olie-inhoud en opbrengs benadeel word. n Verdere nadeel van te vroeg platsny is dat sade nie volwassenheid bereik nie en groen pitte wat chlorofiel bevat, voorkom. Laasgenoemde beïnvloed die gradering van die canola aangesien sodanige sade wat platgerol word, die sade groen kleur. Om verliese as gevolg van te laat platsny te beperk, kan canola gedurende die nag of wanneer die humiditeit hoog is na die voorkoms van dou of reën, platgesny word. Die ideale periode vir die platsny van canola is egter dikwels nie meer as drie tot vier dae en afhangende van die klimaatstoestande is die ideale platsny periode meestal tussen 21 en 25 dae na die einde van die blom periode. 4. Regte snyhoogte (nie te hoog of te laag) Verkieslik 10 cm bokant die eerste vertakking van die canola plante die mik help om die windry vas te hou en die optel proses te vergemaklik. 5 Oes vanaf 12% vog in die saad (indien drogingsfasiteite beskikbaar is). Meer verliese kan voorkom hoe droër die plante en laer die voginhoud is. Stroop verkieslik vroeg oggend tot omtrent 11 uur en dan weer van 4 uur af tot 10 uur die aand (indien dit nie te klam is nie). 6 Indien daar besluit word om die gewas dood te spuit met n skroeimiddel, moet die saadverkleuring reeds tussen 70 en 80% wees. Dit is ongeveer 7 dae nadat jy sou platgesny het (afhangende van die klimaatstoestande). Indien te vroeg gespuit word met n skroeimiddel sal daar te veel sade 2

wees wat nie fisiologies ryp is en sal beide opbrengs en olie-inhoud benadeel word. 7 Verlengde stroper tafels wat spesifiek vir canola ontwerp is, is wel duur, maar dit kan n wesentlike verskil maak om oesverliese te bekamp. 3

Die olie-inhoud van canola: 2010 Piet Lombard, DR J Strauss en L Smorenburg Instituut vir Plantproduksie, Departement Landbou: Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607 Canola is n oliesaadgewas, waarvan beide die olie vir menslike gebruik en oliekoek as proteïenbron in dierevoeding, wêreldwyd in aanvraag is. Nogtans word die waarde van canola deur die olie-inhoud bepaal. Soos by ander oliesaadgewasse varieer die olie-inhoud van canola ook volgens produksietegnieke en omgewingstoestande. Hierdie variasie kan beter begryp word as na die vorming van olie in die saad gekyk word. Olie neerlegging kan so lank as 18 dae na bestuiwing in die ontwikkelende canola saad begin en die neerleggingstempo is aanvanklik stadig (Mendham & Scott, 1975). Dit neem toe met tyd en teen die einde van die saadvulperiode vind olieneerlegging teen ʼn maksimum tempo plaas. Die olie-neerlegging volg dus ʼn S- kurwe (Walton et al., 1999). In teenstelling hiermee is die proteïenvasleggingstempo van begin tot einde van die saadvulperiode konstant. Hoë temperature en water tekorte gedurende die saadvulperiode strem die metaboliese prosesse en benadeel die neerlegging van olie. Die tydstip waartydens die stremming voor kom en duurte van die stremmingsperiode sal dus bepaal wat die invloed op die uiteindelike olie-inhoud is. Sake word verder gekompliseer deurdat die ouderdomme van peule en saad oor ʼn plant verskil. Indien een of ander stremming op ʼn spesifieke stadium voorkom gaan die olie-inhoud van ouer peule en sade anders beïnvloed word as dié van jonger sade (Canola Council of Canada, 2003). 4

Figuur 1: Lineêre verband tussen opbrengs en olie-inhoud (%) vir al die kultivars en oor alle lokaliteite in die (a) Swartland en (b) Suid-Kaap Temperatuur ( C) 40 35 30 25 20 15 10 5 0 01-Jul 08-Jul 15-Jul 22-Jul 29-Jul 05-Aug 12-Aug 19-Aug 26-Aug 02-Sep 09-Sep 16-Sep 23-Sep 30-Sep 07-Oct 14-Oct 21-Oct 28-Oct 35 30 25 20 15 10 5 0 Reënval (mm) Reënval Maks. Temp. Min. temp. Figuur 2: Reënval, maksimum- en minimum temperature tydens blom en saadvul by Langgewens (2009) 5

Figuur 3: Reënval, maksimum- en minimum temperature tydens blom en saadvul by Langgewens (2009) Resultate van canola kultivarproewe toon gevolglik dat die olie-inhoud aansienlik kan varieer tussen jare, maar ook tussen lokaliteite in die Suid-Kaap en Swartland. Gedurende 2009 het die olie-inhoud in die Suid-Kaap tussen 40.8% en 41.9% gevarieer met ʼn gemiddelde van 41.4% vir verskillende lokaliteite waar die kultivarproewe gedoen is (Tabel 1). Die olie-inhoud in die Swartland was laer en het gewissel tussen 37.5% en 44.2% vir n gemiddelde van 39.8% vir die verskillende lokaliteite waar kultivarproewe gedurende 2009 gedoen is (Tabel 1). Volgens Figuur 1 wat die verband tussen opbrengs en olie-inhoud (%) vir al die kultivars oor alle lokaliteite in die (a) Swartland en (b) Suid-Kaap aantoon, was dit vir beide produksie areas baie swak (R 2 = 0.1749 en R 2 = 0.1409). Nogtans toon die beste passingslyn dat olie-inhoud (%) neig om toe te neem as opbrengste styg. Hierdie hoër olie-inhoud gemeet in die canola kultivarproewe in die Suid-Kaap gedurende 2009 asook verskille in graanopbrengs per hektaar het veroorsaak dat die gemiddelde olie produksie per hektaar in die Suid-Kaap 76.7 kg ha -1 hoër was as in die Swartland (Tabel 2). Op beide Langgewens en Tygerhoek het die hoogste olie-inhoude (Tabel 1) voorgekom by die eerste aanplanting (Langgewens1; Tygerhoek 1) wat onderskeidelik 13 dae en 27 dae vroeër as die tweede aanplanting (Langgewens 2; Tygerhoek 2) geplant is. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan meer gunstige groeitoestande waaraan die eerste aanplanting blootgestel is tydens blom en saadvulstadium (Figuur 2 en 3). In die Swartland was die olie-inhoud van konvensionele en Cl-kultivars (gemiddelde van 40.1% oor alle lokaliteite) 1.5% hoër as die olie-inhoud van die TT kultivars (gemiddelde van 38.6% oor alle lokaliteite) (Tabel 1). As gevolg van verskille in opbrengs, was die olie produksie per hektaar van die TT kultivars egter slegs 576.2 kg ha -1 teenoor 778.9 en 652.3 kg ha -1 van die konvensionele en Cl kultivars onderskeidelik (Tabel 2), dit wil sê gemiddeld 26.0% en 11.7% minder as die konvensionele en Cl kultivars. 6

Tabel 1: Olie-inhoud (%) soos gemeet in canola kultivarproewe gedurende 2009 Tygerhoek 1 Tygerhoek 2 Klipdale Riversdal Suid-Kaap Langgewens 1 Langgewens 2 Porterville Pools Malmesbury Swartland Tarcoola 42.8 42.5 42.8 40.7 42.2 44.2 40.8 41.4 39.2 46.2 42.4 AV Garnet 43.3 42.2 42.7 41.6 42.4 42.1 40.0 39.7 39.2 45.0 41.2 AV Jade 42.0 43.3 43.2 40.6 42.3 44.0 39.6 42.8 39.4 45.3 42.2 AGA MAX* 43.1 43.2 41.2 41.3 42.2 42.2 37.7 40.9 36.6 44.4 40.4 44Y06* 41.5 40.8 39.8 41.7 41.0 41.1 37.9 40.1 35.9 44.3 39.9 Hyola 61* 42.2 41.3 41.3 40.6 41.4 40.2 38.0 39.0 39.6 42.0 39.8 Konv. Gem. 42.5 42.2 41.8 41.1 41.9 42.3 39.0 40.6 38.3 44.5 41.0 Triumph Jardee TT* 41.6 41.4 40.0 40.2 40.8 41.2 36.4 39.0 33.8 43.7 38.8 Bravo TT 39.3 38.4 38.6 40.0 39.1 37.7 34.1 36.2 32.0 44.1 36.8 CB Argyle 41.1 40.8 40.9 39.2 40.5 42.5 37.4 39.0 36.6 44.0 39.9 ATR Cobbler 41.9 40.7 39.5 40.2 40.6 42.4 37.0 40.6 33.0 42.9 39.2 Tawriffic TT 42.9 42.6 40.8 40.8 41.8 41.4 38.4 41.0 36.0 44.9 40.3 Tornado 42.3 42.0 41.0 41.1 41.6 40.4 36.0 38.2 31.9 44.5 38.2 Thunder 42.1 40.7 40.6 40.5 41.0 38.1 34.2 36.0 31.7 43.9 36.8 TT gem. 41.6 41.0 40.2 40.3 40.8 40.5 36.2 38.6 33.6 44.0 38.6 44C79 41.8 41.2 41.4 42.0 41.6 42.4 40.0 41.3 37.5 44.6 41.2 43C80 41.8 42.0 42.3 40.4 41.6 43.2 37.8 41.2 35.8 44.5 40.5 45Y77* 40.9 41.5 41.5 40.6 41.1 39.0 36.7 38.7 37.7 42.7 39.0 Rocket CL 42.5 43.3 41.7 42.1 42.4 41.1 35.8 39.6 37.6 44.3 39.7 Cl gem. 41.7 42.0 41.7 41.3 41.7 41.4 37.6 40.2 37.2 44.1 40.1 Gemiddeld 41.9 41.7 41.3 40.9 41.4 41.4 37.6 39.8 36.4 44.2 39.9 7

Tabel 2: Olie produksie (kg ha -1 ) soos bereken vir canola kultivarproewe gedurende 2009 Tygerhoek 1 Tygerhoek 2 Klipdale Suid-Kaap Langgewens 2 Porterville Pools Malmesbury Swartland Tarcoola 723.5 697.4 608.4 676.4 917.5 639.6 500.8 707.6 691.4 AV Garnet 1130.5 1224.0 875.3 1076.6 902.2 925.0 776.7 985.4 897.3 AV Jade 921.8 824.5 662.0 802.8 484.2 867.3 666.8 981.8 750.0 AGA MAX* 1049.1 999.5 758.2 935.6 689.8 941.1 755.8 985.2 843.0 44Y06* 924.7 897.3 729.8 850.6 672.5 958.1 686.1 1093.3 852.5 Hyola 61* 1062.9 936.2 801.9 933.7 565.3 634.1 733.4 622.9 638.9 Konv. Gem. 968.8 929.8 739.3 879.3 705.3 827.5 686.6 896.0 778.9 Triumph Jardee TT* 616.3 606.5 542.2 588.3 484.2 744.1 530.8 1062.1 705.3 Bravo TT 542.4 473.1 488.2 501.2 566.4 522.4 434.7 692.1 553.9 CB Argyle 693.6 548.0 537.7 593.1 509.4 544.4 477.7 921.6 613.3 ATR Cobbler 788.8 502.7 479.9 590.5 350.7 601.8 379.4 789.9 530.5 Tawriffic TT 757.5 602.2 604.7 654.8 376.2 618.1 383.1 815.9 548.3 Tornado 537.9 524.4 579.9 547.4 338.4 540.8 283.5 800.3 490.8 Thunder 873.0 567.5 667.0 702.5 542.9 601.4 385.2 834.9 591.1 TT gem. 687.1 546.4 557.1 596.8 452.6 596.2 410.6 845.3 576.2 44C79 603.7 758.3 647.2 669.7 484.0 684.2 364.3 610.6 535.8 43C80 914.0 639.5 637.3 730.3 584.9 806.6 649.4 879.0 730.0 45Y77* 861.7 1117.7 818.1 932.5 586.6 817.6 771.9 956.3 783.1 Rocket CL 747.2 824.7 565.3 712.4 299.5 630.6 488.7 823.5 560.6 Cl gem. 781.7 835.1 667.0 761.2 488.8 734.7 568.6 817.4 652.3 Gemiddeld 812.5 770.4 654.5 745.8 548.9 719.5 555.3 852.9 669.1 8

In die Suidkaap het die olie-inhoude (gemiddeld oor alle lokaliteite) van onderskeidelik 41.9% (konvensioneel), 41.7% (Cl) en 40.8% (TT) nie veel verskil nie (Tabel 1). Nogtans was die olie produksie per hektaar (gemiddeld oor alle lokaliteite) van die TT kultivars slegs 596.8 kg ha -1 teenoor 879.3 en 761.2 kg ha -1 van die konvensionele en Cl kultivars onderskeidelik (Tabel 2). Die olie produksie van die TT kultivars was dus 32.1 % en 21.6 % minder as die konvensionele en Cl kultivars. Dit is duidelik dat TT cultivars in n onkruidvrye omgewing swakker presteer as konvensionele en Cl kultivars. Dit is dus belangrik dat TT kultivars slegs geplant moet word waar die onkruidbesmetting sodanig is dat dit die gebruik van triasienonkruiddoders vereis. Bronne: Canola Council of Canada. 2003. Growth stages. [Online]. Available:http://www.canola-council.org/contents5.aspx [8 May 2009] Mendham, N.J. & Scott, R.H., 1975. Physiology, crop development, growth and yield, In: D. Kimber and D.I. McGregor (eds.) Brassica Oilseeds: production and utilization. CAB International, Wallingford. Walton, G., Mendham, N., Robertson, M,. & Potter, T. 1999. Canola in Australia: The first thirty years: Phenology, physiology and agronomy. Organising Committee of the 10th International Rapeseed Congress Navrae: Instituut vir Plantproduksie, Departement Landbou Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607,Tel 8085321. pietl@elsenburg.com Redaksie: Prof A Aggenbag; PJA Lombard; J Bruwer Geborg deur die Proteïennavorsingstigting Besoek die PNS se webblad by www.proteinresearch.net vir vorige uitgawes van nuusbriewe en pamflette. 9