Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking 1. Prof. GDS Smit

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

n Johannese Perspektief op die Huwelik, Geslagsrolle en Seksualiteit met die oog op n Nuwe Etiese Paradigma in n Postmoderne Konteks

Direkte en indirekte rede *

BenguFarm Bestelvorm

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

STRUKTUUR - UITLEG - BOODSKAP*

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

J.M. Vorster Noordwes-Universiteit

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

DIE BYBEL STEEDS IN DISKUSSIE: N DEKADE LATER

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Tendense in die studie van die kultuur van oraliteit: Implikasies vir die verstaan van die Matteusevangelie

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

DIE RESEPTOR IN NIDA SE VERTAALTEORIE HET BESONOERE VERWYSING NA DIE NUWE TESTAMENT

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

DIE DEPARTEMENT OU TESTAMENT, 'N HALWE EEU

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Hoe om krag te spaar

Resensies. J Waters, David Livingstone. Trail Blazer, Inter-Varsity Press, Leicester 1996, 288pp. Prys onbekend.

n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling: noodsaaklik, wenslik of onnodig?

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Paul de Man1: betekenisvorming deur blindheid en insig

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Oor Eksegese en Metodes: Die Reëls van die Spel

G. J. du Preez

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Die relevansie van die boek Prediker

Skrifgebruik: Hermeneutiese riglyne'

Waarop is sy voetstukke ingesink? - 'n Besinning oor die skepping en die big bang

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Tariewe

Hoofstuk 5. n Vasgeloopte verhaal. 5.1 Die konteks. n Kortsluiting in verskillende perspektiewe

n Verband tussen ontwikkelinge binne filosofiese hermeneutiek en ontwikkelinge in benaderings tot Bybelinterpretasie1

407. Esegiël 38 & 39.

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Kultuur en vertaling: Die domestikering van die Leefstyl-Bybel vir Vroue

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

Die wisselwerking tussen profeet en gehoor in die boek Esegiël

A G van Aarde as teoloog (1979-)

Doodloopstrate van die geloof

RESENSIES BYBELWETENSKAPPE:

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Filippense 4:10-20 as n gekwalifiseerde danksegging

Die verantwoordelikheids-etiek van Max Weber: n Toepaslike etiek vir ons tyd? 1

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

n Verskuiwing na n oper en meer pragmatiese lees van Romeine 13:1 7?

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

ʼn Model vir die gebruik van Bybelse narratiewe in die pastoraat aan kinders tussen die ouderdom van 6 en 13 jaar

BOEKRESENSIES. W Vosloo, Mééras net 'n stone, NG Kerkboekhandel, Transvaal, Pretoria 1986, 270 pp. Prys R29,50.

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

"Oortuiging" en prediking: woordspel op 'n "hartspel"

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Mediologie en hermeneutiek 1

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

Transcription:

Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking 1 Prof. GDS Smit 1. Inleiding Met die ontstaan van die Christelike kerk na die uitstorting van die Heilige Gees, het die kerk die apostels gehad wat Christus gesien, by Hom geleer, en deur Christus uitgestuur was om die Evangelie aan die mensdom te bring. Hulle kon sê: so sê die Here in die oorspronklike bedoeling van Christus, aangesien hulle self die eerste hoorders van sy woorde was. Namate die apostels sterf, word die interpretasie van die eerste ontvangers algaande moeiliker af te lei uit die geskrewe rekords tot beskikking van die Christendom. Veral vanaf die tweede eeu word beleef die leser van die Bybel n verwydering tussen die oorspronklike konteks van die oorspronklike lesers en dié van die eietydse leser. Dit bring die soeke na die regte manier van Skrifuitleg om die Woord van God in sy oorspronklike konteks te verstaan na vore. Deur die eeue was daar verskillende metodes gevolg om die boodskap van die Bybel te verstaan, onder andere: Eksemplariese model Tipologiese model Allegoriese model Dogmatistiese model Heils-historiese model Simboliese benadering Letterlike benadering Histories-kritiese model Literêre model Resepsiekritiese model Sosio-kulturele model Eksistensialisme Dekonstruktiewe model Een voorbeeld hoe hierdie uiteenlopende benaderings die interpretasie van die teks beïnvloed Die letterlike uitleg. Dit is wanneer elke teks in die Bybel 100% letterlik gelees word. So word die antichris dan gekoppel aan sekere persone soos Hitler, die Pous, Bill Gates ens. Volgens die Rabbyne kan elke teks op verskillende maniere verstaan word, naamlik lig en swaar. Die ligte verstaan is die voor-die-hand-liggende in die teks. Die swaar uitleg is n dieper betekenis in die teks. *Voorbeeld: Eseg. 15:15 Kyk, toe die wingerdhout heel was, kon daar niks nuttigs daarvan gemaak word nie, hoeveel minder as die vuur dit verteer het. Die Rabbyne sê die teks gaan oor die dood van die onregverdiges (lig). Hulle meen egter dit spreek ook oor die feit dat God die dood van regverdiges haat (swaar). 2. Die belang van die onderwerp 1 REFERAAT VOORBEREI VIR PREDIKANTEKONFERENSIE: 23-24 September 2008

In die werk: Exegetical Fallacies, wys Carson 2 op die belang van Skrifgebaseerde prediking in die moderne samelewing. Hy gaan van die veronderstelling uit dat die moderne inligtingsontploffing uiters swaar verantwoordelikhede op die skouer van die prediker plaas. Die vernaamste rede is omdat die lidmaat vandag dieselfde toegang, indien nie meer nie, as die prediker het tot inligting rakende die Bybel, en dus meer krities luister na die inhoud van die prediking as jare gelede, waar die prediker en die dokter en die apteker byna die enigste persone was met toegang tot n verskeidenheid bronne en publikasies. Die prediker was dus uit die aard van sy amp en sy toegang tot die bronne as betroubaar aanvaar. Hierdie toedrag van sake het drasties verander en die prediker het die verantwoordelikheid om sy woorde versigtig te kies, sy statistieke deeglik te staaf en sy eksegetiese metodes versigtig te kies. Die onderwerp: Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking, is van belang, aangesien eksegetiese foute kommerwekkend gereeld in ons prediking voorkom. Make a mistake in the interpretation of one of Shakespeare s plays and there is unlikely to be an entailment of eternal consequence (Carson 1997:15). Ons let op enkele van die sake wat in dié publikasie aan die lig kom. 3. Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking 3.1 Woord-slaggate Woorde is die prediker se basiese gereedskap: beide in die verstaansproses en die oordrag van dié verstaan. Woorde kan egter buite verband gebruik word. Hoeveel van ons het al die woord: ajpovstolo" afgelei van ajpostevllw (stuur)? Hoe dikwels hoor ons nie predikers verwys na die woorde: ajgapavw (liefhê) in kontras met filevw (liefhê) om die diepte van Jesus se vraag na Petrus se liefde te beklemtoon nie? Hoeveel maal hoor ons die verwysing na Paulus se dienaarskap in ooreenstemming met die gewilde ujphrevth" wat dan afgelei word van ejrevssw (roei), as die onderroeier van n boot? Die vraag is egter of hierdie soort woordspeletjies op goeie eksegese berus of bloot gewilde uitleg is. Carson is van mening dat hierdie soort uitleg onverskillig is en indien die aanhaling van n antieke woord in die prediking beslis funksioneel is, die prediker ten minste moeite moet doe nom seker te maak hy gebruik die word reg. 3.2 Grammatikale slaggate Taal vervaag met tyd: die hoeveelheid woorde word minder, sinonieme meer, die sintaksis word minder struktureel, die morfologie word eenvoudiger, nuutskeppinge kom by, en die aantal uitsonderings op die grammatikale reël neem toe. Om dié rede verskil Klassieke Grieks in n groot mate van Koine-Grieks, wat weer verskil van moderne Grieks. Ons het gewoond geraak om na die Aktionsart (soort aksie) in Griekse werkwoorde te soek, byvoorbeeld is die gebruik van n aoristos in n bepaalde teks indikatief, regressief, of optatief? Al meer linguïste is dit eens dat die gebruik van die aoristos in byvoorbeeld die sinoptiese evangelies aan die een kant en Paulus se briewe aan die ander kant met verloop van die tyd nie die Aktionsart wou beklemtoon nie, maar wel die grammatikale inhoud van die werkwoord. Sonder om verder in diepte in te gaan op die grammatika as slaggat vir die prediking, kan ten slotte opgemerk word dat dit uiters vrugbaar is om weer na die grammatikale konstruksies in die antieke tekste te gaan kyk aan die hand van die navorsing van veral die afgelope 30 jaar. n Standaardwerk in dié verband is ongetwyfeld J.P. Louw se Semantiek van die Nuwe-Testamentiese Grieks. Die bestudering van Carson pp. 65-86 sal ook beslis weer jou Griekse grammatika bietjie afstof. 2 Carson, D.A. [1996](2007). Exegetical Fallacies (Second Edition). Grand Rapids: Baker Academic

3.3 Logiese slaggate Logiese slaggate kom voor wanneer algemeen aanvaar word dat omdat X = Y en Y = Z, moet X en Z gelyk wees aan mekaar. In die eksakte wetenskappe (bv. die natuurwetenskappe) is dit wel logies, maar in die geesteswetenskappe, veral in die linguïstiek, is X en Z dikwels nie gelyk aan mekaar nie, ongeag of dit wel in sommige gevalle ooreenkomste toon. Die probleem word byvoorbeeld in dié eenvoudige sinne uitgewys: Alle honde is diere. Alle katte is diere. Dus: alle honde is katte. In soortgelyke geval verwys Steinmetz 3 na Galasiërs 3:28 ( Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus ), as bewysplaas vir die insluiting van die vrou in die predik-amp. Hy argumenteer soos volg: Vroue kan wel verbied word om te preek, indien Paulus verkeerd is in sy standpunt dat daar nie meer man en vrou is nie, en as Petrus verkeerd was deur te skryf dat die seuns en dogters in die laaste dae sal profeteer. Dan moes Petrus geskryf het dat die seuns sal profeteer, terwyl die dogters moet stilbly. Vroue behoort volgens Petrus (1 Pet. 2:9) aan die koninklike priesterdom, anders is hulle lede van Christus se kerk nie. Teenoor die standpunt van Steinmetz kan ons argumenteer dat man en vrou tog nie ophou bestaan nie; hulle is ook nie gelyk in alle opsigte nie: mans baar nie nou kinders nie. Dit gaan dus hier oor die beginsel dat mans en vroue voor God gelyk is, en nie in alle opsigte nie. Daar is tog heelwat ander plekke in die Bybel waar Paulus duidelik onderskeid tref tussen die taak van man en vrou in die huis en in die kerk 4. 3.4 Voorveronderstellings as slaggat vir die prediking 3.4.1 Die invloed van die nuwe hermeneutiek Die nuwe hermeneutiek plaas die hele vraagstuk na die beste uitlegmetode binne die agtergrond van die eksegeet. Volgens hierdie benadering kan geen eksegeet n teks 100% objektief benader nie. Dit het aanleiding gegee tot die teorie van die hermeneutiese sirkel. Hierdie teorie gaan van die veronderstelling uit dat alle kommunikasie (met ander woorde ook die Bybelse boodskap) aan die hand van drie elemente bestaan: kodeer dekodeer Sender Boodskap Ontvanger Ongeag die kritiek op die nuwe hermeneutiek, het ons heelwat geleer uit hierdie benadering. Die probleem is egter, alhoewel hierdie teorie die belang van die konteks in die verstaansproses beklemtoon, word daar dikwels eensydig klem gelê op die historiese aard van die teks, sonder inagneming van die inhoud van die teks (boodskap). Vandag praat al meer geleerdes nie meer van die hermeneutiese sirkel nie, maar van die hermeneutiese spiraal (hoe meer n mens die ontstaan van die gedeelte in ag neem, hoe nader kom mens aan die oorspronklike bedoeling). Ongelukkig kan hierdie benadering ook ons voorveronderstelling oor die Bybel op so manier wysig dat ons die ontstaansgekiedenis van n teks wil gebruik om die boodskap te relativeer. 3 Steinmetz, D.C. 1983. The Protestant Minister and the Teaching Office of the Church. Theological Education 19 (1983), pp. 45-64. 4 Byvoorbeeld: 1 Kor. 14:33-36; 1 Tim. 2:11-15.

Byvoorbeeld, alhoewel ons heelwat kan leer oor die agtergrond van Paulus se briewe en dit gebruik om die konteks te verstaan, sal ons nie die konteks van navolging van Christus verstaan, as ons nie bereid is om te buig voor die eise van dissipelskap nie. Ons sal nie verstaan wat onderwerping aan die gesag van Christus in die kerk beteken, as ons bloot gaan kyk na die agtergrond van die handhawing van gesag in die wêreld van die Nuwe Testament nie. Eksegetiese modelle kan ook as voorveronderstelling dien om die boodskap van die Bybel te relativeer. Meer onlangs het ons die opkoms van die radikale hermeneutiek in die plek van die nuwe hermeneutiek beleef. Hierdie benadering het vooraanstaande geleerdes in die linguïstiek en teologie as eksponente wat met uiters geleerde verklaringsmetodes die grond gelê het vir die post-moderne epistomologie. Volgens hierdie benadering is daar geen vaste fondamente in die verklaring van die Bybelse teks nie, aangesien die teks van die Bybel nie op vaste gronde rus nie. Hulle beweer verder dat alle eksegetiese benaderings in elk geval teorie-gebaseer is. Die betekenis van woorde is in elk geval nie absoluut nie, en daarom kan dit net so goed die teenoorgestelde beteken as wat gedink word. Sonder om verder in diepte hierop in te gaan, kan ek opmerk dat dit die deur geopen het vir n post-moderne verstaan van die Skrif, waarin geen absolute waarhede aanvaar word nie, maar alle Skrifwaarhede afhanklik is van die eksegeet se eie voorveronderstelling. 3.4.2 Die Voorveronderstellings van die Eksegeet Dit bring ons dan by die vraag: is dit nodig om voorveronderstellingloos na n teks te kyk, en verder, is dit moontlik om so na n teks te kyk? Fischer (1970:4) 5 wys daarop dat daar n algemene wanpersepsie in die moderne wetenskap is dat alle goeie wetenskapsbeoefening suiwer objektief is. Dit beteken dat wetenskap voorveronderstellingloos is. Hierdie benadering is ook in die verlede in die eksegese nagestreef. Die feit is egter dat die eksegeet homself nooit kan losmaak van sy situasie en voorveronderstellings en meen dat hy so die naakte betekenis van die teks kan vasstel nie. Eerstens bestaan daar nie so-iets soos n naakte of neutrale betekenis van die teks nie, maar slegs betekenisse wat as reaksie op bepaalde vrae na vore kom. Elke vraag kom vanuit n bepaalde konteks met sy eie voorveronderstellings. Tweedens kan geen mens homself losmaak van sy agtergrond en sy eie sienswyse nie. Sy voorveronderstellings funksioneer dan as filters waardeur hy die teks lees en verstaan. Is ons bewus van ons voorveronderstellings, word ons ook bewus van die beperktheid van ons uitsprake. Die filters funksioneer as produk van die politieke en sosio-ekonomiese agtergrond, wat lei tot verskil in interpretasie. 1. Skrifbeskouing n Neiging om die teks te vergeestelik kan gestel word teenoor iemand wat n historiese interpretasie daarvan gee. Verder kan daar ook verskille wees met betrekking tot die 5 Fischer, D.H. 1970. Historians Fallacies: Toward a Logic of Historical Thought. New York: Harper & Row

aanvaarding van die geïnspireerdheid van die Bybel en van sy gesag. Ook kan daar verskil wees oor die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament. 2. Kerklike Tradisie Verskil in kerklike tradisie het n wesenlike invloed op die interpretasie van die Bybel. My eksegese sal gevolglik noodwendig die kleur aanneem van die bepaalde kerklike tradisie waarin ek staan en die plek waar ek opgelei is. 3. Metode van Uitleg Elke metode het sy eie voorveronderstellings en by die keuse van n bepaalde metode het die eksegeet meteen ook vir n bepaalde voorveronderstelling gekies. So laat n metode wat slegs die teks soos dit nou is, (die fenomenologiese model) geen ruimte vir die vraag na die wording van die teks nie. Maar dis ook waar dit n metode wat slegs op die wording van die teks toegespits is, (die histories-positiewe model), kan ook nie die betekenis en prediking van n teks ten volle weergee nie. 4. Sosio-ekonomiese agtergrond As voorbeeld kan genoem word die teologie van rewolusie wat in die 3de wêreld op baie aanhangers tel, wat spruit uit sosio-ekonomiese verskille. Iemand wat n bepaalde kulturele uitlewing ken, sal anders oor dinge oordeel as n kollega wat dit nie ken nie. 5. Ideologiese oortuigings Predikers verkondig n materialistiese of swart of charismatiese, of ekologiese of homoseksuele of bevrydingsteologie, almal uit dieselfde Bybel. 6. Morele of Sedelike Norme Morele of sedelike norme word aan ons oorgedra deur ons opvoedingsproses in huis, skool, kerk- en samelewing. Standpunt van predikers kan teruggevoer word na bepaalde morele voorveronderstellings of n afwesigheid daarvan. 7. Eie kennis en vaardigheid Die Heilige Gees neem die mens as t ware in diens en gebruik die kennis en vaardigheid van die mens in die uitvoering van God se werk. Gevolglik plaas ons onkunde en vaardigheidsgebreke en beperking op die mate waarin die Gees ons kan gebruik. Alhoewel ons kennis neem van die feit dat dit nie moontlik is om sonder enige voorveronderstelling na n teks te kyk nie, waarsku Carson dat die eksegeet altyd sy voorveronderstellings aan die hand van die Skrif self moet gaan toets, en indien nodig sy voorveronderstelling wysig ooreenkomstig die uitsprake van die Skrif en nie die eksegetiese model nie. 4. Samevatting Die eksegetiese prosesse wat gevolg word, lê die fondament vir Skrifgetroue prediking. Dit is om dié rede uiters noodsaaklik dat die eksegeet sy kennis van die grondtale, kennis van die wêreld van die Bybel, die teologie van die Bybel en Bybelse hermeneutiek gesond hou. Die

gevaar is dat ons in ons eksegetiese prosesse so gemaklik raak dat ons summier aanvaar dat ons alles weet wat daar te wete is oor n teks, sonder om opnuut weer te gaan delf in die grondteks, kommentare en bruikbare bronne na die God se boodskap vir die kerk vandag. Wanneer ons ondeurdag met die teks omgaan, kán selfs die bedrewe eksegeet maklik in eksegetiese slaggate trap. Besprekingsvrae: 1. In hoe n mate kan ons toelaat dat eie voorveronderstellings die eksegetiese proses beïnvloed? 2. Noem eksegetiese voorveronderstellinge waarteen ons in die AP Kerk moet waak. 3. Die kerkvader Theodorus van Mopsuesta het onderskei tussen die eksegeet en die prediker se benadering tot die Skrif. Hy is van mening dat die prediker vaardig moes wees in die homilie (dit is in die kuns van prediking), en dat die eksegese van Bybeldele deur ander kundiges in die kerk gedoen moes word. Bespreek die stelling. 4. Bespreek die slaggate in die eksegetiese proses aan die hand van die praktyk. 5. Watter rol speel speel die kennis van die antieke Bybeltale in ons eksegese? 6. Bespreek of dit noodsaaklik is om n opknappingskursus in Bybeltale te oorweeg.