SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Tariewe

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

Mosselbaai Munisipaliteit

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOëRSKOOL PORTERVILLE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

BANK WINDHOEK BPK APPELANT S RAJIE EERSTE RESPONDENT M SADICK ADAMS TWEEDE RESPONDENT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Transcription:

VERSLAGWAARDIG JA/NEE SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 898/2003 DATUM:24/06 /2005 In die saak tussen: JOHANNA HENDRINA CATHARINA SHEPHERD EISERES teen JOHN HENRY SHEPHERD EERSTE VERWEERDER MEV J C DE WAAL TWEEDE VERWEERDERES CORAM: C.C WILLIAMS : U I T S P R A A K WILLIAMS R: Die partye tot hierdie egskeiding is op 28 Februarie 1987 binne gemeenskap van goedere met mekaar getroud. Twee kinders is uit hierdie huwelik gebore, n dogter Telana tans 15 jaar oud en n seun

2 Jonathan tans 12 jaar oud. Dat die huwelik tussen die partye onherstelbaar verbrokkel het is nie in geskil nie. Die bewaring en toegang van die twee minderjarige kinders, wat aanvanklik n groot geskilpunt tussen die twee partye was is ook op die tweede dag van die verhoor geskik op die basis van n ope tender wat op die eerste dag van die verhoor deur verweerder gemaak is. Die enigste geskilpunte is die wyse waarop die verdeling van die gemeenskaplike boedel moet geskied en in watter bedrag en vir hoe lank n tydperk die verweerder onderhoud vir die eiseres moet betaal. Die eiseres versoek in haar Gewysigde Besonderhede van Vordering dat n ontvanger vir die gemeenskaplike boedel aangestel word om besit te neem van die bates daarvan en dit te likwideer en te verdeel tussen die partye. Die verweerder aan die ander kant is van mening en pleit dienooreenkomstig dat die hof die verdeling van die boedel hanteer deur die waarde daarvan te bepaal en te gelas wat die eiseres toekom. Dagvaarding in hierdie saak is uitgereik op 18 September 2003. In haar Besonderhede van Eis voer die eiseres die volgende redes aan vir die verbrokkeling van die huwelik. 9.1 Eerste Verweerder n onbehoorlike intieme verhouding met Tweede Verweerderes

3 aangeknoop het; 9.2 Gemelde verhouding vir Eiseres onaanvaarbaar is; 9.3 Die partye vir n geruime tyd nie meer as man en vrou saam leef nie; 9.4 Eiseres in die omstandighede nie kans sien nie om voort te gaan met n huweliksverhouding met Eerste Verweerder nie. Die Tweede verweerderes hierbo na verwys is ene Riana De Waal van wie die eiseres in dieselfde dagvaarding n bedrag geëis het vir skadevoergoeding as gevolg van weglokking, owerspel, verlies aan consortium en kantumelia. Die eis teen Tweede verweerderes is n paar maande voor die egskeidingsgeding deur die eiseres teruggetrek. Die Verweerder in sy verweerskrif ontken die inhoud van paragrawe 9.1 en 9.2 hierbo aangehaal en gee die redes vir die huweliksverbrokkeling in sy teeneis as volg aan: 4.1 Daar is geen sinvolle kommunikasie tussen die partye nie; 4.2 Die partye deel geen gemeenskaplike belangstellings nie, het uitmekaar gedryf en het aparte lewens begin lei; 4.3 Eiseres is uitermatig besitlik en jaloers op Eerste Verweerder, en beskuldig hom valslik van buite egtelike verhoudings met ander vrouens; 4.4 Die partye argumenteer voordurend met mekaar, welke argumente deur Eiseres uitgelok word vanweë haar uitermatige jaloesie en ongegronde beskuldigings; 4.5 Die partye het hulle liefde en respek vir mekaar verloor; 4.6 Die partye woon sedert September 2003 nie meer saam as man en vrou nie;

4 4.7 As gevolg van die voormelde feite en omstandighede stel Eerste Verweerder nie meer belang in die voortsetting van n huweliksverhouding met Eiseres nie. Die partye is dit eens dat die huweliksverhouding onherstelbaar verbrokkel het en die redes vir die verbrokkeling, tesame met ander faktore, het slegs betrekking op die kwessie van onderhoud vir die eiseres. Verweerder betaal tans onderhoud vir die eiseres in terme van n Reël 43 bevel in die bedrag van R3000,00 per maand sowel as die betaling van uitgawes wat betrekking het tot die woonhuis te Jaagtevlakweg 3, Calvinia, waar eiseres tans woonagtig is, soos erfbelasting, diensheffings en huiseienaarsversekering, die telefoonrekening insluitende eiseres se selfoonrekening, die huishulp se salaris, redelike onderhoud en herstelwerk, TV lisensie en DSTV paaiemente, hondekos en veeartsrekenings. Verweerder bied aan in die tender om na egskeiding oorbruggende onderhoud te betaal in n bedrag van R3000,00 per maand vir n periode van een jaar. Eiseres eis onderhoud in die bedrag van R10 500,00 per maand tot haar dood of hertroue welke gebeurtenis ookal eerste mag plaasvind. Artikel 7 van die Wet op Egskeiding, Wet 70 van 1979 ( die Wet ) is

5 dus hier van toepassing en spesifiek artikels 7(1) en 7(2) wat as volg lees: Verdeling van bates en onderhoud van partye (1) 'n Hof wat 'n egskeidingsbevel verleen, kan in ooreenstemming met 'n skriftelike ooreenkoms tussen die partye 'n bevel gee met betrekking tot die verdeling van die bates van die partye of die betaling van onderhoud deur die een party aan die ander. (2) By ontstentenis van 'n bevel gegee kragtens subartikel (1) met betrekking tot die betaling van onderhoud deur een party aan die ander kan die hof, met inagneming van die bestaande of verwagte vermoëns van elk van die partye, hulle onderskeie verdienvermoëns, finansiële behoeftes en verpligtinge, die ouderdom van elk van die partye, die duur van die huwelik, die lewenspeil van die partye voor die egskeiding, hulle gedrag vir sover dit op die verbrokkeling van die huwelik betrekking het, 'n bevel ingevolge subartikel (3) en enige ander faktor wat na die oordeel van die hof in aanmerking geneem behoort te word, 'n bevel gee wat die hof billik ag met betrekking tot die betaling van onderhoud deur die een party aan die ander vir enige tydperk tot die dood of hertroue van die party ten gunste van wie die bevel gegee is, na gelang die een

6 of die ander eerste plaasvind. Buiten die partye self het daar twee bedryfsielkundges getuig, me. Sonia Botha namens die eiseres en mnr. Hannes Swart namens die verweerder sowel as mnr. Visagie, n waardeerder wat ook namens verweerder getuig het. Oor wat die waarde van die gemeenskaplike boedel is, is daar tussen die partye nie eenstemmigheid nie. Die verweerder bepaal die totale waarde van die gemeenskaplike boedel in albei tenders, die een van 24 Januarie 2005 sowel as die van 15 Februarie 2005 op R2,75 026,00. In die Januarie tender wat nie aanvaar is deur die eiseres nie en ook reeds die namiddag van 24 Januarie verstryk het, bied die verweerder aan om eiseres se helfte van die boedel as volg aan haar oor te dra: 1.) n Kontantbedrag van R1 036 513,00, betaal te word binne drie maande vanaf verlening van die egskeidingsbevel. 2.) Die onroerende eiendom geleë te erf 937, Calvinia die koopsom waarvan R200 000,00 was. Indien eiseres nie belangstel in die eiendom self nie, sal die eiendom binne drie maande verkoop word, Eiseres sal dan geregtig wees op R200 000,00 van die verkoopprys indien die eiendom vir meer as R200 000,00 verkoop word en die opbrengs bo R200 000 indien enige sal dan gelykop tussen die partye verdeel word. 3.) Eiseres sal ook ontvang die 2001 BMW motorvoertuig ter

7 waarde van R135 000,00. 4.) Die helfte van die meublement, toebehore en losgoed te Jaagtevlakte 3, Calvinia en Erf 937, wat R55 050,00 beloop. 5.) Die helfte van die waarde van verweerder se annuïteit waarvoor endossemente aangebring sou word in terme van artikel 7(7) van Wet 70 van 1979. Elke party sou dan ook sy/haar eie regskostes vannuit hul helfte van die boedel betaal. Gestel eiseres se regskostes beloop R500 000,00 sou sy dan indien die eerste tender aanvaar is n bedrag van ten minste R500 000,00 kontant gehad het om n inkomste mee te genereer sowel as n woonhuis, of geld om een te koop, n motor meublebent en diesulks. In die Februarie tender wat in stand is tot en met uitspraak hierin gegee word, bied die verweerder aan dat die gemeenskaplike boedel op die volgende basis verdeel word. a.) dat hy aan die eiseres n bedrag van R791,463,00 betaal. Die bedrag is betaalbaar as volg: i.) R200 000,00 met registrasie van transport van erf 937, Calvinia op die naam van die kopers; ii.) R377 750,00, ten opsigte van n lening wat verweerder aan sy swear, ene Brynard, gemaak het, soos en wanneer terugbetaling geskied in terme van die leningsooreenkoms. iii) Die balans van die bedrag (R213 713,00) binne drie maande van die egskeidingsbevel. b.) Hierbenewens sal die eiseres die helfte van die netto opbrengs

8 van erf 937, Calvinia verkry bo R200 000,00 indien die eiendom vir meer as R200 000,00 verkoop word. Eiseres verkry ook die BMW motorvoertuig, meublement en annuïteite soos per die Januarie tender. In die Februarie tender word daar voorsiening gemaak vir regskostes in die bedrag van R450,000,00 en uitgawes deur die partye aangegaan tussen die Januarie tender en Februarie tender in die bedrag van R40 00,00 voordat die boedel verdeel word soos bovermeld. In terme van die Februarie tender sal die eiseres dus kan verwag om binne drie maande vanaf die egskeidingsbevel en na registrasie van transport van Erf 937 n bedrag van min of meer R413, 713 vanaf Verweerder te ontvang. Uit hierdie bedrag sal die eiseres dan vir haar n ander woonhuis moet koop en die balans van haar regskostes moet betaal bo die R350 000,00 waarvoor verweerder voorsiening maak. Die bedrag wat oorbly en waaruit sy n inkomste vir haarself kan genereer is dus heelwat minder as dit wat sy sou kry in terme van die Januarie tender. Die eiseres is tans 39 jaar oud en die verweerder 42. Die partye het mekaar ontmoet gedurende 1982/1983 terwyl die eiseres nog op skool was. Na sy matriek voltooi het aan die einde van 1983, het sy eers vir die United Bouvereniging gewerk as n teller vir omtrent een jaar waarna sy as debiteure klerk gewerk het vir n privaat onderneming vir ook omtrent een jaar. Daarna het sy weer as teller

9 gewerk vir omtrent een en n halwe jaar, hierdie keer vir Permanente Bouvereniging. Toe die partye verhuis vanaf Randfontein na Roodepoort het sy by n konstruksiemaatskappy gewerk as ontvangsdame totdat sy vyf maande swanger was met hul eerste kind, Telana, in April 1989. Sedertdien het eiseres nie weer die formele werksektor betree nie. Behalwe om in die verweerder se maatskappy as ontvangsdame uit te help vir n week of wat gedurende 2000 en die boekhouding van JS Associates, n beslote korporasie gestig deur die partye, te hanteer, wat haar een dag per week besig gehou het, het die eiseres vir die afgelope 16 jaar die versorging van die kinders en die huishouding waargeneem. Wat die verdienvermoë van die eiseres betref het die bedryfsielkundiges me. Botha en mnr. Swart breedvoerig oor getuig. Daar is nie veel in geskil tussen die twee deskundiges nie. Albei is dit eens dat die feit dat eiseres vir omtrent 16 jaar nie formeel gewerk het nie, sterk teen haar sal tel in die arbeidsmark. Calvinia is n klein dorp wat boonop gebuk gaan onder uiterste droogte en is werksgeleenthede daar maar skaars. Sou die eiseres kies om na n groter sentrum te trek, sal die werksgeleenthede meer wees maar die kompetisie ook strawwer. Eiseres getuig self dat sy op twee geleenthede in Calvinia navraag gedoen het oor n halfdag posisie (by n eiendomsagent en n prokureursfirma) maar nie suksesvol was nie. Daar is ook eenstemmigheid by die deskundiges dat eieseres se persoonlikheidsprofiel nie n entrepreneursbeeld reflekteer nie,

10 deurdat sy inskiklik van aard is, en eerder n volgeling as n inisieerder is. Me. Botha is van mening, met hierdie persoonlikheidsprofiel van eieseres in gedagte, sowel as die inligting wat sy bekom het van vier gastehuiseienaars, dat die gastehuismark in Calvinia versadig is, en dat dit dus onwaarskynlik is dat die eieseres n bestaan sal kan maak deur n gastehuis te open en bedryf. Me. Botha is ook van mening dat sou eiseres n werk bekom dit heel waarskynlik weer klerklike werk wees, soos wat sy aanvanklik gedoen het en kan sy verwag om tussen R2500,00 en R3000,00 per maand te verdien. Mnr. Swart is van mening dat die eiseres, wat rekenaargeletterd is en basiese boekhouding ervaring het, haar kwalifikasies kan verbeter en die groot agterstand wat daar bestaan in haar werkservaring te probeer verminder deur opleiding te ondergaan in moderne rekenaarspakette soos Adpack en Pastell. Hierdie kursusse word aangebied in die groter stede en neem omtrent 3 weke. Gewapen met so n kwalifikasie sou die eiseres n beter kans staan vir n posisie op n klerklike en of administratiewe vlak. Intree salarisse vir hierdie tipe van werk is ook volgens mnr. Swart tussen R2500,00 en R3000,00 per maand Die verweerder wat n diploma in kosteberekening het, het in sy

11 loopbaan by verskillende instansies gewerk waar hy grotendeels te doen gehad het met die verkoop van rekenaarsagteware. Gedurende 1997 het hy sy eie maatskappy gestig, MI Solutions Pty Limited ( MI solutions ) wat as agent opgetree het vir n oorsese maatskappy Mapics Inc om hul sagteware in Suid Afrika te verkoop. In Desember 2002 het die gesin Calvinia toe getrek en die besigheid van MI Solutions (die agentskap) is oorgedra aan n maatskappy met die naam van In2Grate (Pty) Limited ( In2Grate ) aan die einde van September 2003. Sedertien boer die erweerder voltyds in die Calvinia omgewing. Verweerder se getuienis is dat hy tans geen wins maak uit die boerdery nie vanweë die droogtetoestand en slegs n inkomste van R12 000,00 per maand kry (na belasting R6 500,00) vanaf In2Grate vir meubels en toerusting wat hulle vanaf MI Solutions huur. Hierdie huurooreenkoms het n aanvang geneem vanaf 1 Oktober 2003 en verstryk op 31 Maart 2006, waarna In2Grate die meubels en toerusting sal kan aankoop teen n bedrag van R40 000,00. In terme van die ooreenkoms kan In2Grate ook op enige stadium na 30 September 2004 die kontrak beëindig op neëntig dae kennisgewing aan MI Solutions. Hierbenewens het die verweerder ook n kontrak tot inkorting van handelsvryheid onderteken met In2Grate vir n periode van twee jaar wat verstryk op 30 September 2005.

12 Die verweerder meen ook dat dit nie so maklik sal wees vir hom om weer toe te tree tot die sagteware besigheid na n afwesigheid van twee jaar nie aangesien dit n bedryf is wat deurentyd ontwikkel, met nuwe toerusting, programme ens. waarmee n suksesvolle konsultant/agent op hoogte moet bly. Die prentjie geskets deur die verweerder rondom sy toekomstige verdienvermoë lyk maar duister en volgens hom grotendeels afhanklik van toekomstige boerderytoestande. Nietemin, en ook soos deur mnr. McClarty wat namens die eiseres optree, uitgewys is, moet daar nie uit gedagte verloor word dat verweerder hom bewys het as n knap besigheidsman. Die finansiële rekords van MI Solutions vir die jare 2001 tot 2003 wys voorgesette winste en jaarlikse omsette van oor die R5 miljoen. Die bankstate van MI Solutions wys ook dat daar op tye meer as R3 miljoen in een van die besigheid se rekeninge was. Verweerder het vrye toegang tot die bankrekenings van MI Solutions gehad en die partye het basies skuldloos geleef. Al die bates in die gemeenskaplike boedel is kontant aangekoop, behalwe die verweerder se BMW motorvoertuig. So byvoorbeeld is die plase Brakrivier en Cypherkop gedurende 2002 vir R1,5 miljoen kontant aangekoop. Hierdie twee plase is gekoop in die naam van Klein Hantam Boerdery BK, n beslote korporasie

13 waarin verweerder en sy swaer Brynard, elk n 50% ledeaandeel het. Brynard se gedeelte van die koopprys vir die plase is deur die verweerder aan hom voorgeskiet met die lening van R750,00,00 waarna vewys is met die bespreking van die tenders deur verweerder aan hom gemaak. Gedurende dieselfde jaar is verbeterings aan die huis te Jaagtevlak 3 aangebring teen n bedrag van om en by R250 000,00 waarvoor daar ook kontant betaal is. Toe die partye Calvinia toe trek aan die einde van 2002 was daar meer as R1 miljoen in die bankrekenings van verweerder en MI Solutions. Die bogemelde is nie bedoel om n volledige uiteensetting van die partye se finansiële posisie te wees nie, maar is slegs ter illustrasie van die inkomste wat die verweerder amper uitsluitlik deur die besigheid van MI Solutions genereer het, alvorens hy voltyds begin boer het. Verweerder se verdienvermoë moet mynsinsiens nie net gemeet word aan die R6500,00 per maand wat hy kry vir die uitverhuring van MI Solutions se meubels en moontlike boerdery winste nie, maar ook aan sy vermoë om in die rekenaar en/of sagteware wêreld, al is dit ook na September 2005 en met die nodige opknapping, n goeie bestaan te maak.

14 Soos reeds duidelik blyk het die partye n goeie, bogemiddelde lewenstandaard gehandhaaf gedurende die huwelik. Soos met menige jong paartjies het hulle aanvanklik klein begin, maar soos Verweerder opgang gemaak het in sy loopbaan so ook het hul lewenstandaard verbeter. Eiseres het nooit weer na die geboorte van hul oudste kind gaan werk nie en self toe sy weer wou werk toe die jongste kind vier jaar oud was het Verweerder gevoel dat hy dit kan bekostig om die gesin te onderhou en dat n ma se plek by haar kinders en huis moet wees. Terwyl die partye nog in Gauteng woonagting was het hulle n ruim woonhuis in Atlasville bewoon, n vakansiehuis op die Bronkhorstspruitdam gehad, n boot en elke party het sy eie motorvoertuig gehad verweerder n BMW voertuig en eiseres n KIA Sportage. Gedurende 1995 is die plaas Klein Hantam kontant gekoop vir R100 000,00 en in dieselfde jaar ook die onroerende eiendom te Jaagtevlak 3 Calvinia vir R150 000,00. So ook is die plaas Welgemoed kontant aangekoop gedurende 2000 vir R280 000,00. Die partye het goed gelewe en daar kon in al hul behoeftes voorsien word. Eieres het die gebruik van die JS Associates tjekboek gehad sowel as n debietkaart waarmee sy die huishoudelike uitgawes betaal het. Alhoewel verweerder van mening is dat eiseres te spandabel was deurdat sy byvoorbeeld n uitrusting vir haarself gekoop het en dit na n ruk nog net so nuut vir ander weggegee het omdat sy dit nie meer wou hê nie, is haar

15 toegang tot hierdie fondse nooit ingeperk nie. In verweerder se eie woorde as die eiseres gemoan het vir n nuwe motor het hy vir haar een gekoop, kontant. Gedurende 2002, die jaar voor die gesin Calvinia toe getrek het is die plase Cypherkop en Brakrivier aangekoop. Verbetering soos reeds genoem is toe ook gedoen aan die woning te Jaagtevlak 3, wat deur die gesin in Calvinia bewoon sou word. Toe hulle Calvinia toe trek is die eiseres se KIA Sportage ingeruil vir n Isuzu bakkie en tans bestuur sy n BMW voertuig. Volgens die eiseres het die gesin se lewenstandaard nie afgeneem met die trek na Calvinia nie. Aankope is nog steeds op n kontantbasis gedoen. Verweerder het byvoorbeeld die woonhuis te Rooi Erwe (erf 937) waar die Verweerder en die twee kinders tans woon gedurende Julie 2004 gekoop vir R200 000,00. Daar kan na my mening geen twyfel wees dat die partye gedurende die huwelik n bogemiddelde lewenstyl gehandhaaf het nie. Geld en sukses is ongelukkig nie n waarborg vir huweliksgeluk nie. verweerder moes lang ure werk en was gereeld uitstedig terwyl die eiseres tuis gebly het en na die kinders omgesien het. In sulke omstandighede is dit geen verassing dat n huwelik skipbreuk ly nie. eiseres beskuldig die verweerder daarvan dat hy gedurende die huwelik n verhouding gehad het met Riana De Waal en dat hierdie

16 optrede van verweerder gelei het tot die verbrokkeling van die huwelik. Verweerder aan die ander kant getuig weer dat eiseres se onredelike jaloesie hom van haar weggedryf het en dat sy verhouding met De Waal niks anders as platonies was nie tot na dagvaarding in hierdie egskeiding alreeds op hom beteken was. Volgens eiseres het sy alreeds gedurende 2002 ongelukkigheid beleef oor die verweerder se verhouding met De Waal. Eiseres het gevoel dat die verhouding tussen verweerder en De Waal, wat gedurende 2001 as ontvangsdame begin werk het by MI Solutions meer as net dié tussen werkgewer en werknemer was. So het verweerder byvoorbeeld vir De Waal n motor gesoek, vir haar saamgeneem vir n visvangnaweek met sy manlike kollegas na die partye se damhuis, terwyl eiseres nie welkom was nie. De Waal het ook vir verweerder begin aflaai en oplaai by die lughawe, iets wat eiseres altyd vir hom gedoen het. Toe eiseres die verweerder hiermee konfronteer het hy haar verseker dat hy slegs n werksverhouding het met De Waal en was eiseres met hierdie verduideliking tevrede. Dit blyk vanuit die eiseres se getuienis dat sy eers weer bewus geword het van De Waal se betrokkenheid met die verweerder toe die partye reeds in Calvinia woonagtig was gedurende 2003. Die besigheid van MI Solutions was op daardie stadium nog nie afgerond nie en verweerder moes nog gereeld Gauteng besoek in verband

17 hiermee. Na verweerder se terugkeer van Gauteng een nag, het eiseres parfuum aan hom geruik. Die volgende oggend het eiseres n boodskap van De Waal op die verweerder se selfoon ontdek wat min of meer gelees het Kyk op na die sterre terwyl jy in die Karoo ry en een van hulle is ek. Hierna het eiseres begin ondersoek instel en tussen verweerder se dokumente kredietkaarstate gevind wat aantoon dat vliegkaartjies gekoop is vir hom en De Waal Port Elizabeth toe, tjeks wat uitgemaak is aan De Waal vanaf MI Solutions. Eiseres het ook verweerder se gespesifiseerde selfoonrekening bekom waarop De Waal se telefoonommers gereeld voorkom. Hierdie dokumentasie is voor die hof geplaas en alhoewel dit ietwat agterdog wek, mag dit ook goed moontlik wees soos deur verweerder verduidelik, dat die oproepe, die besoek aan Port Elizabeth en die tjeks aan De Waal alles binne werksverband plaasgevind het, aangesien MI Solutions op daardie stadium nog bedrywig was. Wat daarna plaasgevind het is na my mening meer deurslaggewend van n intieme verhouding tussen verweerder en De Waal. Eiseres het intussen n privaatspeurder aangestel en gedurende September 2003 het sy inligting ontvang vanaf die privaatspeurder dat verweerder met De Waal by Klub Mykonos was. Toe die eiseres verweerder telefonies hiermee konfronteer het, het verweerder eers ontken dat hy geweet het De Waal is by Klub Mykonos en het

18 volgehou dat hy oppad Kaapstad toe was op besigheid. Eers toe eiseres hom vertel van die privaatspeurder, het verweerder aan haar erken dat hy n draai gaan maak het by Klub Mykonos oppad Kaapstad toe om vir De Waal te gaan hallo sê. Verweerder se getuienis in hierdie verband is dat hy oppad Kaapstad toe was vir besigheid toe hy die eerste van vele oproepe vanaf eiseres kry waarin sy hom beskuldig van n ontmoeting met De Waal. Hy getuig dat hy nie bewus was dat De Waal op daardie stadium by Klub Mykonos was nie en slegs geweet het dat sy met vakansie is, omdat sy n vliegkaartjie deur MI Solutions bespreek het. Nadat die eiseres hom beskuldig het dat hy met De Waal is, het hy besluit om wel Klub Mykonos toe te gaan. Omdat hy baie onsteld by Klub Mykonos aangekom het, het De Waal voorgestel dat hy nie verder bestuur nie en het hy toe besluit om n kamer daar te bespreek. Hoe lank die verweerder by Klub Mykonos oorgebly het, is nie duidelik vanuit die getuienis nie maar wat wel gebeur het is dat hy nooit sy besigheidsafspraak in Kaaptstad nagekom het nie en ook nie moeite gemaak het om die persoon met wie hy n afspraak gehad het, n buitelander wat moontlike werksgeleenthede sy kant toe kon bring, te kontak om die afspraak te kanselleer nie. Die Klub Mykonos insident blyk die doodskoot tot die partye se huwelik te wees. Daarna was daar allerhande uiters onplesierige insidente tussen die partye, waar die kinders ook by geleentheid

19 ingesleep is. Ek beplan nie om hierdie uitspraak te belas met die detail daarvan nie. dagvaarding uitgereik. Hoe dit ookal sy, eiseres het kort daarna Verweerder se aantyging van onredelike jaloesie aan die kant van eiseres is in die omstandighede van verweerder se verhouding met De Waal maar twyfelagtig. Op sy eie weergawe het verweerder vir De Waal aantreklik gevind en selfs op n geleentheid, voor die Klub Mykonos insident, ná n paar drankies by haar aangelê. Dat De Waal op die geleenheid sy toenaderings verwerp het neem die saak nêrens. Verweerder was aangetrokke tot De Waal, met wie hy n baie intieme vriendskap gehad het en na my mening het eiseres goeie rede gehad om jaloers te wees. Dat verweerder en De Waal tans n saamleefverhouding handhaaf spreek self boekdele. Daar bestaan by my maar min twyfel dat verweerder se verhouding met De Waal primêr die rede vir die verbrokkeling van die huwelik was nie. Dit gesê, is ek nie van mening dat die redes vir die verbrokkeling van die huwelik oorbeklemtoon moet word in die bepaling daarvan of n party geregtig is op onderhoud of nie. Die ander faktore gemeld in artikel 7(2) van die Wet wat fokus op die daadwerklike posisie in terme van behoefte aan onderhoud aan die een kant en die vermoë om onderhoud te betaal aan die ander, is na my mening meer

20 belangrik. Dit is duidelik dat die eiseres n behoefte het aan onderhoud. Die eiseres se verdienvermoë is op die beste in die omgewing van R3000,00 per maand, al sou sy haar verder bekwaam met moderne rekenaar programme. Hiermee saam moet daar inaggeneem word dat werksgeleenthede in Calvinia skaars is. Eiseres voer aan dat sy R10 500,00 per maand benodig om te voorsien in haar behoeftes. Alhoewel die bedrag afsonderlik toegedig aan die eisers se uitgawes nie werklik betwis is nie, behalwe dat dit onbekostigbaar is, is ek nie tevrede dat sekere uitgawes werklik redelik is in die omstandighede nie. So byvoorbeeld word R500,00 elk vir haar selfoon en Telkom (landlyn) rekenings vereis, wat myns insiens uitermatig hoog is. Dieselfde vir brandstof waarvoor sy R600,00 per maand vereis. In n plekkie soos Calvinia is hierdie tipe brandstofverbruik nie redelik nie, en op haar eie getuienis sê die eiseres dat haar brandstof uitgawes hoog is as gevolg van die feit dat sy gereeld Kaapstad toe moes ry om haar prokureur te sien. Dit is natuurlik nie n situasie wat onbepaald sal voortduur nie, en ook aan hierdie uitgawe kan n mindere bedrag toegevoeg word. Ontspanning, geskenke, verblyf, uitetes en onthaal beloop n bedrag van R1400,00 per maand, wat ook na my mening buitensporig hoog is en ook ingekort kan word. Ek is nie van plan om elke uitgawe afsonderlik te behandel nie, maar dit is duidelik dat eiseres se behoeftes gedien kan word met n mindere bedrag as dit wat sy eis. Hierdie siening word ondersteun deur die

21 feit dat eiseres aanvanklik, met diening van die dagvaardiging n bedrag van R7000,00 in onderhoud vir haarself geëis het. Mnr. Raubenheimer betoog dat die clean break benadering veral in n geval soos hierdie waar die egskeiding en die aanloop tot die egskeiding so bitter verloop het tussen die partye, die beste benadering sal wees. Dat oorbruggende onderhoud betaal word vir n periode van n jaar wat vir die eiseres in staat sal stel om haar kwalifikasies op te knap sodat sy daarna haar eie inkomste kan verdien. Die clean break beginsel is natuurlik ideaal in gevalle soos hierdie waar die egskeiding gepaardgaan met verbittering en kwaadgesindheid en waar die verweerder alreeds in n saamleef verhouding met n ander vrou woon. Kontak tussen die partye word dan tot n minimum beperk en elkeen kan spoedig onafhanklikheid bereik. In Beaumont v Beaumont 1987(1) SA 967 A te 993A sê Botha AR die volgende hieromtrent: I do not consider the concept underlying it to be foreign to our law. On the contrary, there is no doubt in my mind that our Courts will always bear in mind the possibility of using their powers under the new dispensation in such a way as to achieve a complete termination of the financial dependence of the one party on the other, if the circumstances permit. Die belangrikste gedeelte van hierdie uittreksel uit die Beaumont uitspraak is na my mening die frase if circumstances permit. Die eiseres is n vrou wat vir 16 jaar nie gewerk het nie. Al sou sy

22 kursusse bywoon om haar kwalifikasies op te knap, is die moontlikheid dat sy werk sal kry in Calvinia onbepaalbaar. Die argument dat eiseres nie beperk is tot Calvinia nie, maar enige ander plek in die land werk kan soek, is na my mening nie regverdigbaar nie. Dit is nie net onredelik nie maar ook onmenslik om van eiseres te verwag om haarself weereens te ontwortel en verder te verwyder en vervreem van haar kinders in omstandighede waar die verweerder by magte is om haar te onderhou. In hierdie verband kan ek net daarop wys dat verweerder sy eie maandelikse uitgawes op omtrent R20 000,00 bepaal en dat hy blykbaar in staat is, te oordeel aan die Januarie tender, om binne n tydperk van 3 maande oor die R1 miljoen te betaal. In elk geval is die inkomste wat die eiseres moontlik kan verdien (R2500,00 tot R3000,00), nie naastenby genoeg om in haar behoeftes te kan voorsien nie. Mnr. Raubenheimer se argument dat die gemiddelde vrou in Calvinia ook maar in die omgewing van R2500,00 tot R3000,00 verdien en dat eiseres dus glad nie slegter daaraan toe sal wees as meeste ander vroue in Calvinia nie, het niks met die saak te doen nie. Dit is so dat n vrou na n egskeiding nie kan verwag om dieselfde lewenstandaard te handhaaf as gedurende die huwelik nie, maar dit is geen rede vir die eiseres om n sukkelbestaan te voer nie. Elke saak moet op sy eie meriete behandel word.

23 Op die oomblik en in terme van die Reël 43 bevel betaal verweerder in elk geval meer as R3000,00 per maand in onderhoud wanneer in ag geneem word eiseres se ander huishoudelike uitgawes wat hy ook in terme van die bevel moet betaal. In die omstandighede soos hierbo geskets is ek nie van mening dat oorbruggende onderhoud vir die eiseres gepas of regverdig sal wees nie. Ek wil onmiddelik byvoeg dat eiseres se onwilligheid om te werk aangesien sy tuis wil bly vir die kinders, soos getuig deur Mnr. Swart, is na my mening ook n onbillike houding. By ooreenkoms tussen die partye verkry die verweerder toesig van die minderjarige kinders en is daar dus geen rede waarom eiseres tuis moet bly vir die kinders se onthalwe nie. Indien sy ná skool vir die kinders beskikbaar wil wees, is daar niks wat eiseres daarvan weerhou om n halfdag werk te probeer bekom nie of vanaf haar tuiste te werk nie. In hierdie opsig is ek van mening dat die onderhoudsbevel wat ek van plan is om te maak sodanig gestruktureer moet word om n bietjie druk op eiseres te plaas om daadwerklike pogings aan te wend om haar kwalifikasies op te knap en sodoende werk te probeer bekom. Ek het spesifiek nagelaat, met die bespreking van eiseres se onderhoud, om haar gedeelte van die gemeenskaplike boedel waarop sy geregtig is en wat haar toekom, in ag te neem met die bepaling van die onderhoud wat sy benodig. Die rede hiervoor is dat

24 op verweerder se eie voorstel van hoe die boedel verdeel moet word (in terme van die Februarie tender) daar maar min, indien enige kapitaal vir die eiseres sal oorbly waarme sy n inkomste kan genereer, nadat sy n huis aangekoop het en haar regskostes betaal het. Op die eiseres se siening dat n ontvanger aangestel word om die gemeenskplike boedel te ontvang, te likwideer en verdeel, is die eindresultaat onbepaalbaar. Dit bring my dan tot die wyse waarop die gemeenskaplike boedel verdeel behoort te word. Die Wet en spesifiek artikel 7 daarvan, maak nie voorsiening daarvoor dat die hof in n huwelik binne gemeenskap van goedere n verdeling van bates bewerkstellig namens die partye waar hulle nie n ooreenkoms daarvoor kan bereik nie (anders as in die geval waar die partye nie oor onderhoud kan ooreenkom nie). Shäfer, Family Law Service paragraaf D8 sê die volgende: Where the parties were married in community of property, whether before or after 1 November 1984, their joint estate will be divided equally between them, provided there is no forfeiture order. Such division is based on the principle that the parties to n marriage in community of property are co owners in undivided shares of the joint estate after certain assets have been excluded. In Gillingham v Gillingham 1904 TS 609 te 613 sê Innes HR die volgende: When two persons are married in community of property a universal partnership in all goods is

25 established between them. When a court of competent jurisdiction grants a decree of divorce that partnership ceases. The question then arises, who is to administer what was originally the joint property, in respect of which both spouses continue to have rights? As a general rule there is no practical difficulty, because the parties agree upon a division ot the estate, and generally the husband remains in possession pending such division. But where they do not agree the duty devolves upon the Court to divide the estate, and the Court has power to appoint some person to effect the division on its behalf. Under the general powers which the Court has to appoint curators it may nominate and empower some one (whether he is called liquidator, receiver, or curator perhaps curator is the better word) to collect, realise, and divide the estate. And that that has been the practice in South African courts is clear. Die hof is dus by magte om te beveel dat n ontvanger die verdeling van partye se gemeenskaplie boedel behartig indien hulle nie daaroor kan ooreenkom nie. Mnr Raubenheimer betoog egter dat die verweerder alle tersaaklike getuienis ten opsigte van die waarde van die boedel voor die hof geplaas het, en die hof dus self in n posisie is om n regverdige verdeling tussen die partye te bewerkstellig sonder die toetrede van n ontvanger. Om n ontvanger aan te stel om die boedel te likwideer en te verdeel, word betoog, sou die effek hê dat die partye, en veral die minderjarige kinders ontwrig word deur die verkoop van hul huisvesting, meublement ens. Die verkoop van die partye se bates op openbare veiling sal ook n mindere opbrengs tot gevolg hê. Ander persone sal ook geaffekteer word hierdeur soos byvoorbeeld plaaswerkers en verweerder se swaer, Brynard, wat n 50% aandeel het in Klein Hantam Boerdery BK. Hierbenewens moet die ontvanger se dienste ook vannuit die opbrengste gedek word, welke bedrag

26 honderde duisende rand mag beloop. Hierdie is n baie oortuigende argument, veral wat betref die belange van die kinders en baie oorweging is hieraan geskenk. Ongelukkig is die posisie nie heeltemal so eenvoudig nie. Die boedel beloop op albei waardeerders se waardasies (alhoewel eiseres se waardeerder mnr. Landman nie getuig het nie) om en by die R4 miljoen. Die boedel bestaan boonop uit onder andere plase, die gereedskap en lewende hawe daarop, motorvoertuie, meublement, woonhuise, aandele in beslote korporasies JS Associates, en Klein Hantam Boerdery en die maatskappy MI Solutions ens. Dit is n haas onmoontlike taak om van hierdie hof te verwag, al is al die waardes voor my om te beslis watter bates welke party toekom. Dit is ook nie die enigste probleem met die standpunt dat die hof die bates verdeel of n waardebepaling maak en gelas wat elke party toekom nie. Die eiseres betwis die bona fides van verweerder in die openbaarmaking en bepaling van die waarde van die bates, wat grotendeels onder sy beheer is. Hierdie houding ingeneem deur die eiseres is na my mening ook nie sonder meriete nie. Ek beoog nie om al die verweerder se optrede wat verdag voorkom puntsgewys te behandel nie en volstaan by net enkele daarvan. Verweerder het die huis te Rooi Erwe gedurende Julie 2004 gekoop vir R200 000,00. Hy het aanvanklik aan eiseres en haar

27 regsverteenwoordigers voorgegee dat hierdie eiendom deur sy moeder aangekoop is en dat hy geen belang daarby gehad het nie. Gedurende getuienis het verweerder erken dat MI Solutions n lening van R200 000,00 verskaf het aan sy moeder om die eiendom te koop, en dat sy moeder die lening terug sou betaal. Verweerder moes egter later toegee dat die spesifieke eiendom deel vorm van die partye se gemeenskplike boedel en dat die transaksie met sy moeder n skyntransaksie was omdat hy geweet het eiseres sou nie toestem tot die koop van die eiendom nie. Nog n insident met groot vraagtekens daaragter is die oordrag van n bedrag van R224 529,50 vanaf MI Solutions na Klein Hantam Boerdery BK op 13 Augustus 2003. Hierdie bedrag is na n periode van omtrent ses maande weer terugbetaal in MI Solution se rekening. Verweerder se verduideliking dat hierdie n korttermynlening aan Klein Hantam Boerdery was gaan nie op nie in die lig daarvan dat die geld geensins aangewend is deur die boerdery nie. Wat nog meer agterdog wek is dat die spesifieke bedrag presies dieselfde bedrag geld daarstel wat deur Mapics Inc aan MI Solutions betaal is gedurende Augustus 2003. Dit is nie ondenkbaar dat hierdie optrede van verweerder n vermoede kon skep by die eiseres dat verweerder gepoog het om gemeenskaplike bates te versteek nie. Ook volgens die kontrak gesluit tussen verweerder, Mapics Inc en In2Grate, sou daar sekere gelde aan verweerder betaalbaar wees.

28 Van hierdie gelde het daar blykbaar niks gekom nie en maak verweerder ook nie moeite om dit te bekom nie. Etlike ander suspisieuse optredes van verweerder is deur mnr McClarty gedurende betoog uitgewys waarmee ek nie hierdie uitspraak wil belas nie. Benewens dit, is daar ook geen getuienis oor die klandisiewaarde van MI Solutions nie en daar is ook geen eenstemmigheid tussen die partye oor veegetalle nie. In n geval soos die huidige glo ek nie enige hof sou bereid wees om sy nek uit te steek en self n verdeling van die gemeenskaplike boedel bewerkstellig nie. Na my mening is Van Zyl R se woorde in Revill v Revill 1969(1) 325 CPD te 326E hier by uitstek van toepassing waar hy sê: The true position is that no man can be a judge in his own cause. In other words, neither party can take upon himself or herself the right to divide the joint estate. In fact, no party in any form of community is entitled to divide the common propery and the other party be forced to accept that position. Once either of the parties has no faith in the bona fides of the other party, he is entitled to demand the appointment of a receiver. Dit gesê, is daar nog die eiseres se toegangsregte tot die minderjarige kinders wat bespreking verg. Eiseres het in November 2004 laas toegang tot die minderjarige kinders gehad. Die verhouding tussen die partye het so versuur dat dit noodgedwonge die kinders affekteer het tot so n mate dat hulle klaarblyklik kant gekies het teen die eiseres en nou onwillig is om tyd met haar deur te

29 bring. Ek is nie bereid of by magte om die party verantwoordelik vir die toedrag van sake te identifiseer nie, maar dit is vanselfsprekend nie n situasie wat enigsins langer mag voortduur nie, dit kan net nie in die beste belange van die minderjariges wees nie. Beide partye is dit eens dat benewens die ooreenkoms wat daar deur hulle bereik is ten opsigte van eiseres se toegangsregte, daar moontlik meer struktuur daaraan verleen word deur die bevel wat gemaak sal word. Ek het ook die gesinsadvokaat versoek om navraag te doen oor maatskaplike instansies te Calvinia wat bereid sou wees om ondersteuning te bied aan die eiseres (en die minderjarige kinders) in die uitoefening van haar toegangsregte. Ek is in kennis gestel dat die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) ten volle bereid is om toesigdienste op versoek te lewer. Ek is die ACVV dank verskuldig vir hulle samewerking in hierdie verband. Wat die koste van hierdie geding aanbetref is daar na my mening geen wenner in hierdie egskeiding nie. n Bevel dat elke party sy eie kostes betaal sal ook nie die gewenste uitwerking hê nie aangesien daar getuienis is dat verweerder alreeds n groter bedrag geld ten opsigte van sy regskostes uit die boedel betaal het as die eiseres. Dit is dus na my mening net gepas dat die koste van hierdie egskeiding betaal word uit die gemeenskaplike boedel.

30 Die volgende bevel word gemaak: 1.) n Egskeidingsbevel word toegestaan 2.) Bewaring van die twee minderjarige kinders Telana en Jonathan word aan die verweerder toegeken onderhewig aan eiseres se reg van redelike toegang wat insluit: a) om aanvanklik die minderjarige kinders een naweek per maand by haar te neem vanaf 17:00 Vrydag tot 17:00 Sondag. Hierdie een naweekbesoek per maand moet uitgebrei word na twee naweekbesoeke per maand sodra die sielkundige Corine Oosthuizen aanbeveel dat die minderjarige kinders hiervoor gereed is. b) om die minderjarige kinders aanvanklik een middag per week na skool by haar te neem vanaf skoolsluiting tot 18:00. Hierdie middagbesoek moet op dieselfde voorwaardes soos per 2a) hierbo uitgebrei word tot twee middagbesoeke per week. c) om die kinders elke alternatiewe skoolvakansie met haar te neem, met dien verstande dat die Desember/Januarie skoolvakansie beskou sal word as twee vakansies, die een waarvan strek vanaf die datum waarop die skole sluit tot en met 26 Desember en die ander vanaf 27 Desember tot en met die dag voordat die skole heropen. d) om die kinders telefonies te kontak, een keer per kind op elke sodanige dag as wat die kinders nie by haar is nie. 3.) Dit word gelas dat die partye alle sodanige stappe as wat redelik en moontlik is sal neem om toe te sien dat uitvoering gegee word aan voormelde toegangsregte van die eiseres, wat insluit n beroep op die ACVV om toegangsdienste te verrig indien nodig.

31 4.) Dit word gelas dat beide die partye en die minderjarige kinders die aanbevelings van sielkundige Corine Oosthuizen na die beste van hul vermoëns nakom en konsultasies met haar dienooreenkomstig bywoon. 5.) Verweerder word gelas om onderhoud vir die eiseres te betaal tot haar dood of hertroue welke gebeurtenis eerste plaasvind soos volg. a) R7 500,00 per maand vir n periode van 12 (twaalf) maande vanaf 30 Junie 2005 tot en met 31 Mei 2006. b) R5 000,00 per maand vanaf 30 Junie 2006. 6.) Verdeling van die gemeenskaplike boedel. 7.) Mnr. Alwyn Müller word aangestel as ontvanger van die gemeenskaplike boedel van die partye, om besit te neem van die bates daarvan en dit te likwideer en te verdeel, met inagneming van die magte en bevoegdhede uiteengesit in aanhangsel A tot die Gewysigde Besonderhede van Vordering. 8.) Koste van die geding betaal te word vanuit die gemeenskaplike boedel, wat insluit die kwalifiserende kostes van die deskundiges met Kennisgewings in terme van Hofreël 36(9)b).

32 C.C WILLIAMS REGTER Nms. Eiseres : Adv. R.D McClarty SC i.o.v. Van de Wall en Vennote Nms. Verweerder: Adv. H. Raubenheimer SC i.o.v. Engelsman, Benade & Van der Walt Datum van verhoor: 24/28 01 2005 & 16/18 2 2005 Datum van uitspraak: 24 06 2005