JOHAN COMBRINK GEDENKLESING 1-9 Februarie WAAROM 'N NUWE VERTALING? 1.1. Teoretiese agtergrond

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

n Nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans: die praktiese aanvaarbaarheid van n nuwe vertaalmodel 1

Direkte en indirekte rede *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling: noodsaaklik, wenslik of onnodig?

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

N DIREKTE VERTALING VAN DIE BYBEL AS ANTIEKE TEKS: NET N NUWE BAADJIE VIR N STOKKERIGE WOORD-VIR-WOORD-VERTALING? CHJ van der Merwe Oktober 2014

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Prof E P Groenewald se bydrae as Bybelvertaler: n Historiese oorsig 1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Mandala Madness Deel 2

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

G. J. du Preez

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

EKWIVALENSIE OP WOORD- EN SINSVLAK IN DIE VERTALING VAN LITERERE WERKE UIT NOORD-SOTHO IN AFRIKAANS

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 3, 2017, ISSN

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Die vertaling van The No.1 Ladies Detective Agency van Alexander McCall Smith: strategieë en besluite tydens die vertaalproses.

J.M. Vorster Noordwes-Universiteit

SIZA takes the sting out of auditing

Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking 1. Prof. GDS Smit

Tariewe

Kultuur en vertaling: Die domestikering van die Leefstyl-Bybel vir Vroue

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Die belydenisuitspraak Kolossense 1: 13-20: Eenheid, struktuur en funksie

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE RESEPTOR IN NIDA SE VERTAALTEORIE HET BESONOERE VERWYSING NA DIE NUWE TESTAMENT

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

STRUKTUUR - UITLEG - BOODSKAP*

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

DIE BYBEL STEEDS IN DISKUSSIE: N DEKADE LATER

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Dialoog en paragrawe *

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

DIE DEPARTEMENT OU TESTAMENT, 'N HALWE EEU

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Transcription:

JOHAN COMBRINK GEDENKLESING 1-9 Februarie 2012 1. WAAROM 'N NUWE VERTALING? 1.1. Teoretiese agtergrond Op 9 Oktober 2001 lewer CHJ van der Merwe die Fensham gedenklesing: "Is dit tyd vir 'n nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans?" 2 Hy beantwoord die vraag positief maar benadruk tegelyk die noodsaak vir 'n nuwe benadering. Hy dui verder redes aan waarom 'n vertaling noodsaaklik is: Steeds beter insig in die bronteks; ontwikkeling in taal- en vertaalkunde, en die keuse vir 'n ander model as dinamies/funksionele ekwivalensie. Hy benadruk ook dat lesers beter ingelig moet word oor die problematiek van Bybelvertaling. Die proses van Bybelvertaling het ook verander, die vertaalspan sluit nou ook nie-teoloë in. In November 2011 lewer Van der Merwe voor die Society of Biblical Literature 'n referaat oor 'n nuwe soort Kerkbybel. 3 Hy beklemtoon dat daar tot dusver in Bybelvertaling min aandag gegee is aan die behoeftes van kerke aan spesifieke vorms van vertaling en vra hoe in die behoefte van kerke op akademies verantwoorde wyse voorsien kan word. 1.2 Historiese Verloop Die Kerklike Advieskomitee (Die Bybel in Afrikaans) (KABA) van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) ontvang in 1997 die versoek vir 'n sogenaamde "konkordante" vertaling. Aanvanklik was daar weinig entoesiasme vir die versoek, gegee die oorwegende klem destyds op dinamiese ekwivalente vertalings. 1.3 Augustus 2001 konferensie Hierdie versoek lei KABA en die BSA daartoe om in 2001 'n internasionale simposium te Kempton Park oor Bybelvertaling te hou. Daar word dit duidelik dat 'n nuwe vertaling nie slegs 'n "konkordante" vertaling (soos die 1933/53-vertaling) kan wees nie. Die kodemodel van die dinamiese benadering behoort vervang te word deur 'n inferensiemodel wat ook die semantiese, tekslinguistiese, sosiolinguistiese en pragmatiese aspekte van vertaling 1 Dit is n besondere voorreg om hierdie lesing aan Johan Combrink te kan opdra. Dit was n voorreg om hom te kon ken en in verskillende kontekste hier by US en ook die SA Akademie te kon saamwerk. 2 Van der Merwe, C H J 2001. Is dit tyd vir 'n nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans? Fensham Gedenklesing, 9 Oktober 2001. Sentrum vir Bybelvertaling in Afirka: Departement Antieke Studie, Universiteit van Stellenbosch. 3 Van der Merwe, C H J, The Bible in Afrikaans. A direct translation a new type of church Bible. Voorgelê vir publikasie. 1

verreken. 4 Dit impliseer dat voldoende historiese en kultuurhistoriese inligting voorsien moet word. Die referate van die simposium is in 2002 gepubliseer. 5 1.4 Navorsing by vier sentra en KABA November 2002 Die navorsing wat deur KABA versoek is, lei daartoe dat KABA (na voorafgaande navorsing deur die Sentrum vir Bybelinterpretasie en -vertaling in Afrika - SEBIVA) die vier sentra (UP, NWU, UV, US) versoek om twee weergawes voor te berei, 'n "Vlotleesbybel" en 'n Bybel vir liturgiese gebruik in kerke. 6 Intussen het die BSA ook in 2001 'n markopname oor Bybelgebruik en -behoeftes laat doen wat tot interessante bevindinge gekom het. 7 1.5 Die vertaalopdrag In die lig hiervan aanvaar KABA in Oktober 2003 'n konsep vertaalopdrag vir 'n vertaling. Dit impliseer 'n Kerk-Bybel, ''n direkte vertaling. SEBIVA en prof Jackie Naudé van UV word gevra om die vertaalopdrag te finaliseer. In Maart 2004 word 'n werkswinkel deur KABA te Kempton Park gehou waar die vertaalopdrag aangepas en aanvaar word. VERTAALOPDRAG: Skep 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik. Hierdie opdrag is verder omskryf as 'n vertaling wat 'n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks moet wees, terwyl beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks so ver moontlik behou moet word. Die vertaling moet van hoë letterkundige gehalte en goed verstaanbaar wees. Die vertaling streef dus daarna om alle kommunikatiewe leidrade in teks weer te gee aan leser. 1.6 KABA se versoek deur BSA goedgekeur In die lig van die verslag van die werkswinkel (Maart 2004) besluit KABA op 25 Oktober 2004 om die BSA te versoek om met so 'n vertaling voort te gaan. 'n Loodskomitee word aangewys wat 'n Werkboek met afsprake en riglyne moes voorberei. In Nov 2004 word prof Bernard Combrink op aanbeveling van KABA deur die BSA as Projekleier aangewys. 4 Vgl Naudé, JA 2005. On the Threshold of the next Generation of Bible Translations: Issues and trends; Translators Journal META 50(3); Naudé, JA 2009. The role of metatexts in the translations of sacred texts. The case of the Aristeas Book and the Septuagint. Vetus Testamentum Supplementum 261: 281-98; Van der Merwe, C H J 1999. 'n Konkordante vertaling van die Bybel in Afrikaans. Is dit hoegenaamd verantwoordbaar, en hoe sal dit lyk? (A concordant translation of the Bible in Afrikaans. Can it be justified and how should it look like?) NGTT 40/3-4: 293-306. 5 Naude, J A & Van der Merwe, C H J 2002. Contemporary Translation Studies and Bible Translation: A South African Perspective. Acta Theologica Supplement. Bloemfontein: University of Free State. 6 Van der Merwe verduidelik in sy jongste artikel waarom Nord se insigte met die van Gutt aangevul moet word. 7 Snyman, AH 2003. Die 1983 Afrikaanse Bybelvertaling in die lig van huidige tendense en behoeftes. Acta Theologica 1, 186. 2

Die versoek van KABA word deur die Nasionale Raad van die BSA op 17 Februarie 2005 goedgekeur. Hierna versoek die BSA die kerke om amptelike bevestiging van ondersteuning van die projek en om nominasies vir medewerkers voor te lê. Die kerke nomineer 'n hele aantal eksegete en brontaalkenners en enkele doeltaalkenners. 1.7 Loodskomitee 2005 Die Loodskomitee vergader op 4-5 Augustus 2005 te Kemptonpark met die oog op die bespreking van die Werkboek en advies aan die BSA ten opsigte van medewerkers. 'n Oorsig oor die inhoud van die Werkboek asook die Vertaalopdrag word op 24 Oktober 2005 aan die KABA voorgelê. 1.8 BSA nooi intravertalers 'n Uitnodiging deur die BSA tot medewerking aan die Afrikaanse Bybelvertalinsprojek (ABV) word intussen deur die vakverenigings van taalpraktisyns/vertalers, taalkundiges en letterkundiges landwyd versprei. Aan belangstellendes word die geleentheid gebied om een of twee teksgedeeltes te "herskryf" en vir beoordeling voor te lê. 1.9 Opleidingseminare 2006 en 2007 Die BSA nooi die benoemde eksegete en brontaalkundiges, taalpraktisyns en taal- en letterkundiges en die genooide intravertalers na opleidingseminare by die Universiteit van Pretoria (27 Februarie - 1 Maart 2006) en by die Universiteit van Stellenbosch (3-5 April 2006). Die seminare word gelei deur die Departement Vertaling van die BSA wat verder van die dienste van SEBIVA, lede van die Loodskomitee en KABA gebruik maak. 1.10 Kerklike lesers Die BSA rig 'n uitnodiging tot kerke (lede van KABA) om kerklike lesers te benoem wat vooraf insae in die vertaling verkry en kommentaar daarop kan lewer. 1.11 Advies deur Nederlandse Bijbelgenootschap Dr Jaap van Dorp van die NBG (ook betrokke by die NBV) word deur die BSA in Maart 2007 genooi om die Begeleidingskomitee te adviseer. Dit lei tot belangrike wysigings aan die proses en fases. 2. UITGANGSPUNTE 1. Met die oog op die interdenominasionele aard van die vertaling word daar so inklusief as moontlik te werk gegaan. 3

2. 'n Groot aantal Bybelwetenskaplikes is beskikbaar wat as medewerkers kan optree. Deur spesialiste op bepaalde boeke as vertalers aan te wend, kan die projek bespoedig word. 3. Alle eksegete is nie noodwendig spesialiste in die brontale nie. Daarom word die betrokkenheid van brontaalkenners van die begin af ingebou. 4. Die nouste samewerking tussen die eksegeet en intravertaler is noodsaaklik. 5. Daar moet onderskei word tussen VERTALING deur die eksegeet, INTRAVERTALING deur die intravertaler, en HERSIENING deur die brontaalkenner, taalkundige en letterkundige. 3. FASES IN DIE PROSES Fase 1: Vertaling, brontaalkundige kontrole en intravertaling Die eksegeet stel 'n vertaalstrategie op vir die intravertaler. Dit behels sake soos die historiese en literêre konteks, genre of tekstipologie, die opbou van die boek, tema en pragmatiese funksie, taalregister, styl en beeldspraak, en word in oorleg met die Intravertaler gefinaliseer. Die eksegeet lewer daarna 'n basisvertaling wat bedoel is as 'n "brondokument" vir die doeltaalkenner (intravertaler) asook die toeligtingsdokument (aanvullende aantekeninge) aan die brontaalkenner vir kommentaar. Die eksegeet verwerk die brontaalkenner se kommentaar en stuur dit aan die intravertaler. Die intravertaler beskik nie oor teologiese agtergrond nie. Op grond van die Afrikaanse basisvertaling en toeligting lewer die intravertaler 'n bronteksgeoriënteerde vertaling in helder en vloeiende Afrikaans. Die vertaalspan (eksegeet en intravertaler) finaliseer hierna die vertaling. Fase 2: Interne hersiening 2a Taalkundige en literêre hersiening Die Afrikaanse teks word taalkundig en literêr gekontroleer deur 'n ander Afrikaanse taalkundige asook 'n letterkundige om na te gaan of dit wat in die bronteks staan, weergegee is in "stilisties goed versorgde en verstaanbare Afrikaans". 2b Redaksionele Komitees Hierna word die teks aan die onderskeie Redaksionele Komitees (RK) voorgelê: Ou Testament, Nuwe Testament en Deuterokanonieke boeke. 4

Die RK bestaan uit agt lede: Brontaalkenner, twee eksegete, twee letterkundiges, 'n taalkundige (Afrikaans), 'n vertaalkundige/ taalpraktisyn en die Projekleier. Sessies van die RK vind gewoonlik plaas van Vrydag tot Dinsdag in 'n konferensiesentrum te Kempton Park. Fase 3: Eksterne hersiening Die eksterne lesers is benoemde kerklike lesers, asook enigeen wat die teks op die webblad lees. Hulle verteenwoordig die toekomstige lesers van die vertaling. Die Redaksionele Komitees verwerk lesers se kommentaar Fase 4: Kontrole vir konsekwentheid Hoe meer eksegete, intravertalers en ander medewerkers betrokke is, hoe groter word die uitdaging om deurgaans konsekwentheid van styl en register in die vertaling te verseker. Daar word dus gelet op konsekwentheid binne bepaalde versamelings (bv briewe van Paulus, Pentateug), maar ook die konsekwente nakom van afsprake wat oor die Bybel as geheel gemaak is. Fase 5: Begeleidingskomitee finaliseer teks Die Departement Vertaling van die BSA kontroleer die vertaling elektronies vir konsekwentheid. Die Begeleidingskomitee 8 finaliseer die vertaling en lê dit voor aan die BSA. 4. LETTERKUNDIGE ASPEKTE VAN DIE ABV 9 1.Vir die oorspronklike King James-vertaling, was die vereistes van die koning: "no contentious remarks in the margins; no language inaccesible to common people; a true and accurate text, driven by an unforgivingly exacting level of scolarship." Die ABV probeer aan al dié vereistes beantwoord, behalwe dat die opdrag verder gaan en ook "goeie styl en letterkunde" insluit, asook voetnote. In die verlede is daar gewoonlik slegs voetnotas bygevoeg om verskille in die bronteks waarop die vertaling berus, aan te dui. Tans word aanvaar dat lesers met behulp van voetnote bemagtig moet word om 'n bronteksgeoriënteerde vertaling beter te verstaan. Die voetnote kan sosio-kulturele aspekte, geografiese en historiese agtergrond belig. 8 Die Begeleidingskomitee kan deur die BSA van tyd tot tyd gewysig word in die lig van behoeftes. Dit bestaan tans uit 4 Ou Testamentici, 3 Nuwe Testamentici, 1 letterkundige, 1 taalkundige, 1 taalpraktisyn, die Projekleier, die Uitvoerende Hoof van die BSA en die Hoof van Vertaling. 9 Met erkenning aan prof Henning Snyman. 5

2. Die eis vir "duidelikheid" bring mee dat die keuse van styl en stylwendinge hoë eise stel aan die vertalers en die letterkundiges. Tog is dit nie 'n onmoontlike verwagting nie, want dit verplig die medewerkers om styl te handhaaf "as 'n uitdrukking van eenvoud, maar met behoud van elegante sintaksis en die absoluut korrekte woordkeuse vir die geleentheid". Streng gesproke is "eenvoud" die basis vir goeie styl. Om hierdie rede word sekere eietydse modewoorde soos "imposante, marginaliseer, fabuleus, essensieel", en vele ander vermy. Om nie te praat van "cool", "awesome" en "terrific" nie! 3. Dit beteken nie dat die ABV in 'n vorm van kindertaal vertaal en geskryf word nie. Alle goeie, egte en verstaanbare Afrikaanse woorde word benut. Die Afrikaanse leksikon is groter as wat 'n mens soms besef. Hierdie hele leksikon is beskikbaar vir die ABV. Die styl en taal van die ABV moet immers ook "'n monument vir Afrikaans as taal" wees. Die skoonheid van die taal, die merkwaardige seggingswyse en die soepelheid van 'n jong taal moet ook volkome weergegee word in die geheel van die vertaling. Ook wat die taal betref, moet die ABV 'n opgaaf wees van die leksikale skatte van Afrikaans. 4. Wat 'n konstante uitdaging bly, is om die balans te handhaaf wanneer daar situasies ontstaan waar te duidelike taal die letterkundige vloei van die teks benadeel. As daar 'n onvermydelike keuse moet wees, en dit gebeur nie te dikwels nie, geniet duidelikheid voorkeur bo ritmiese en elegante styl. 5. Die styl word ook mede-bepaal deur die eise van die ritme, veral leesritme. Om dié rede word leestekens soms ingevoeg waar hulle nie streng gesproke taalkundig noodsaaklik is nie. Leestekens word inderdaad in hierdie vertaling ruim gebruik om 'n bepaalde funksie te vervul, en leesritme word as so 'n funksie gesien. 6. 'n Uiters belangrike literêre vereiste is dat die mistiek van taal en gegewe nie nagelaat mag word nie. Groot dele van die Bybel is immers mistieke taal en soos N P van Wyk Louw op 'n keer opgemerk het, kan die mistiek gedra word in die verbinding van woorde in 'n sin waar dit so 'n besondere simbiose aangaan, dat dit dadelik 'n wyer en mistieke wêreld oproep. Vanselfsprekend waak die letterkundiges by die ABV oor die behoud van die figuurlike taal wat so 'n groot deel van die Bybelse tekste uitmaak. Die Bybel is vol metafore, simbole, hiperbole en ironie, en hierdie stylverskynsels word noukeurig behou. 7. Die ABV neem duidelik kennis van die verskillende genres wat in die Bybel voorkom. Daar is talle poëtiese gedeeltes, gewone narratiewe dele, liriese prosa soos die "sprokie" van Job, kortverhale soos Ester en Rut, of novelles soos die verhaal van Josef. Daar is die profetiese boeke, historiese geskrifte en die briefvorm - almal uiteenlopende genres waarvan die medewerkers deeglik bewus is. 6

5. VERSKIL VAN ANDER BSA VERTALINGS Alhoewel die vertaling die bronteks in alle opsigte so getrou moontlik wil weergee, sal dit nie 'n woord-vir-woord vertaling wees soos die 1933/53-vertaling nie. Daar word groter klem gelê word op die weergee van die bronteks in vloeiende Afrikaans as in woord-vir-woord vertalings. 'n Beknopte Inleiding aan die begin van elke boek bevat kernfeite oor die skrywer, lesers, tyd van ontstaan, temas en motiewe in die boek. Verder word die vertaling minder as die 1983-vertaling aangepas word by die leefwêreld van vandag. Metrieke mate en gewigte sal byvoorbeeld nie in die vertaling gebruik word nie, maar wel die terme wat nader aan die brontaal lê, soos byvoorbeeld sikkels, handbreedte, el en dagreis. Die vertaling respekteer die vreemdheid van die bronteks uit 'n ander wêreld en wil weergee hoe Moses of Paulus in hulle eie tyd sou gepraat het, maar dan in goeie idiomatiese Afrikaans wat pas by die situasie in hulle eie tyd. Anders as in die 1933/53- en die 1983-vertaling van die Bybelgenootskap word voetnote gebruik om kort verduidelikings aan die leser te gee ten opsigte van sake soos byvoorbeeld probleme in die bronteks of verskillende geldige vertalingsmoontlikhede. Voetnote is reeds omvangryk gebruik in Die Bybel vir Dowes wat in Februarie 2008 deur die Bybelgenootskap gepubliseer is (en in Die Bybel vir Almal). Groter klem op die vorm van liedere en gedigte sal meebring dat die eie aard van Bybelse poësie so ver moontlik behoue bly. Die werkwyse in die geval van die beplande vertaling verskil ook aansienlik van vorige vertalings van die Bybelgenootskap. Vir die eerste keer word alle kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, by die vertaalproses betrek. Anders as by vorige Afrikaanse vertalings speel professionele Afrikaanse vertalers, letterkundiges en taalkundiges van die begin af 'n wesenlike rol naas eksegete en brontaalkenners. 'n Hele aantal vroulike medewerkers is ook deel van die vertaalspanne. Die beplande vertaling sal ook 'n uitgawe insluit wat die Deuterokanonieke Boeke bevat, aangesien die Rooms-Katolieke en Anglikaanse Kerke wat ook die projek ondersteun, hierdie boeke gebruik. (Daar bestaan tans 'n uitgawe van Die Bybel met Deuterokanonieke Boeke waar die Deuterokanonieke Boeke opgeneem saam met die 1933/53-vertaling.) 6 REAKSIE Ons moet hier onderskei tussen die reaksie van individue en kerke/ denominasies. 7

6.1 Waarom al weer 'n Afrikaanse vertaling? Wat van ander tale? Let op die aantal vertalings deur die BSA waarin daar reeds meerdere uitgawes verskyn het. Noord-Sotho: 1904 eerste Bybel; 1951 Hersiening; 2000 Nuwe vertaling Suid-Sotho: 1878; 1881 BBBG; 1989 Jongste vertaling Swati: 1981 NT; 1996 Eerste Bybel Tsonga: 1907; Hersiening 1929 (ou ortografie); 1989 Nuwe vertaling Tswana: 1857; 1970 Jongste vertaling Venda: 1936; 1998 Nuwe vertaling Xhosa: 1859; 1996 Nuwe vertaling Zulu: 1883 ABS; 1959 BBBG; 1986 NT Nuwe vertaling, 2009 besig met OT Nuwe vertaling Suid-Ndebele: 1986 NT en 'n keur van Psalms; einde 2012 OT en hele Bybel 6.2 Textus Receptus Daar word dikwels korrespondensie na die BSA gestuur waarin mense die bronteksbasis van die 1983-vertaling en die ABV verwerp en te kenne gee dat slegs die teksbasis van die 1933/53-vertaling (en die KJV, Statevertaling) die enigste korrekte bronteks behoort te wees. In reaksie op die 2008-proefvertaling (en ook die tekste tans op die webblad "Nuwe Kerkbybel") is daar persone wat eksplisiet vra dat die 1933/53-vertaling net hersien en aangepas moet word. Nie een van die meewerkende kerke het die brontekste van die projek bevraagteken nie. Tog bly dit kommerwekkend dat daar steeds persone is wat eenvoudig nie die wetenskaplike integriteit van die algemeen aanvaarde brontekste wat wêreldwyd deur al die Bybelgenootskappe van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe gebruik word, wil aanvaar nie. 6.3 Hoofletters in Messiaanse Ou-Testamentiese tekste Ná die verskyning van die 1983-vertaling was daar bepaalde kerke en individue wat nie tevrede was daarmee dat gedeeltes in die Ou Testament wat in die Nuwe Testament as Messiaanse verwysings aangedui word, nie in die vertaling weergegee word deur hoofletters in die setwerk te gebruik nie. Dit is gedoen in die geval van benamings (vgl bv Jes 9:5) en ook in die geval van direkte pronominale verwysings ( "hy" en "hom") wat volgens die Nuwe Testament op Jesus Christus betrekking gehad het, soos in die geval van die dienaar van die Here in Jesaja 53. In die Ned Geref kerk het bepaalde persone destyds sonder sukses 8

beskrywingspunte by verskillende Sinodes ingedien dat die BSA versoek word om weer die hoofletters in hierdie gevalle te gebruik. Omdat die medewerkers aan die ABV egter wel die Nuwe-Testamentiese verstaan van bepaalde gedeeltes in die Ou Testament eerbiedig, is besluit om in al daardie gevalle waar die Nuwe Testament ʼn verwysing na Christus in 'n teks of woorde uit die Ou Testament sien, dit in die Ou Testament met 'n voetnoot te merk. Sodoende word die leser se aandag gevestig op die Nuwe-Testamentiese verstaan van die bepaalde teks of woorde en dít sonder verlies van die betekenis in die Ou-Testamentiese verband. 10 Ses van die meewerkende kerke van KABA het oor hierdie saak met die BSA in gesprek getree. Dit het gelei tot 'n versoek van die APK waarvan KABA kennis geneem en aan die BSA vir verdere hantering deurgegee het. Die versoek is dat die BSA twee uitgawes van die bronteksgeörienteerde vertaling in Afrikaans publiseer, een waarin die persoonlike voornaamwoorde met kleinletters ("hy" en "hom") geskryf word, en een waarin die voornaamwoorde met hoofletters ("Hy" en "Hom") geskryf. Tans vind gesprek plaas tussen die betrokke kerke en die BSA om saam 'n weg te vind om tot eer van die Here en tot heil van sy kerk hierdie saak sinvol te hanteer. 6.4 Positiewe kommentaar Daar is op die 2008-proefvertaling oorweldigende positiewe kommentaar ontvang, maar ook kritiek. Hiervan word deur die Redaksionele Komitees kennis geneem. Dieselfde geld ook van die tekste wat tans reeds op die webblad geplaas is en aan kerklike lesers gestuur is. Alle kommentaar sal per boek deur die Redaksionele Komitees oorweeg word. 7. VORDERING VAN DIE PROJEK 7.1 2008 proefvertaling In Augustus 2008 is drie Psalms en vier hoofstukke as proefvertaling gepubliseer by geleentheid van die 75-jarige viering van die Bybel in Afrikaans. 7.2 Mikpunt: Hele Bybel deur Fase 2 Aan die begin van 2010 was die verwagting dat alle boeke teen Desember 2010 deur Fase 1 en 2 moes wees. Aan die begin van 2011 is daar weer 'n beroep op alle spanne gedoen 10 Vgl JA Naudé, 2009.The role of metatexts in the translations of sacred texts. The case of the Aristeas Book and the Septuagint. Vetus Testamentum Supplementum 261: 281-98. 9

dat alle boeke teen einde 2011 deur Fase 2 moet wees. Dit het ongelukkig nog nie gebeur nie. 7.3 Trae vordering Faktore wat tot die trae vordering meegewerk het, is onder meer: Sedert die projek begin het, het enkele medewerkers reeds gesterf, terwyl ander noodgedwonge weens gesondheid of ander verpligtinge moes onttrek. Bepaalde boekspanne is hierdeur ontwrig. Maar die enkele grootste faktor is dat (op enkele uitsonderings na) medewerkers voltyds werksaam is as onder meer dosente, taalpraktisyns of leraars in gemeentes. Dit beteken dat die werk aan die ABV as liefdeswerk gedoen word slegs wanneer daar wel tyd beskikbaar is. Voeg hierby dat dit steeds 'n uitdaging is om 'n middeweg te vind tussen die tekskenmerke van die bronteks en goeie idiomatiese Afrikaans. Hierby kom ook nog dat ons dikwels die antieke taal en teks nie heeltemal begryp nie. 7.4 Stand van sake tans (Februarie 2012) Ou Testament: Fase 1: 27%; Fase 2: 24%; RKOT: 12% Deuterokanonieke boeke: Fase 1: 21%; Fase: 2 19%; RKDK: 0% Nuwe Testament: Fase 1: 87%; Fase 2: 79%; RKNT: 50% Bybel as geheel: Fase 1: 40%; Fase 2: 34%; RK: 19% 8. ENKELE VOORBEELDE Die volgende tekste is tans beskikbaar op die webblad van die ABV, www.bybeldirektevertaling.co.za. Rut, Joël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Haggai, Maleagi, Galasiërs, Filippense, Kolossense, 1 Timoteus. Daar is ook inligting oor die agtergrond beskikbaar, asook antwoorde op van die tipiese vrae wat dikwels oor die projek gevra word. 8.1 ROM 1:8: 1933/53-vertaling: 8 In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld. 1983-vertaling: "Allereers dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof." 'n Duidelike en direkte aanbod, en saaklik, met rede en gevolg-patroon. Die ABV: "Heel eerste dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, omdat julle geloof oor die hele wêreld verkondig word." 10

'n Hele aantal subtiele verskille: Die ABV is veel meer ritmies; saaklik, maar deur versigtige woordkeuse meer intiem en persoonlik; meer klem op die dank aan en posisie van God; die klemverskuiwing van "mense praat" teenoor "verkondig"; deur die patroon van die sintaksis word die besondere inhoud van die teks duidelik in perspektief gebring. 5.2 ROM 2:1: 1933/53-vertaling: Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge. 1983-vertaling: "Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat 'n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor 'n ander 'n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen die dieselfde dinge." Die 1983-sin is weer saaklik, ook enumeries - 'n optelsom. Daarteenoor die eenvoud van die ABV: "Daarom is jy, o mens, wat oordeel, wie jy ook al is, sonder verontskuldiging. Met die oordeel wat jy oor die ander persoon uitspreek, veroordeel jy immers jouself, omdat jy wat oordeel, dieselfde doen." 'n Moeilike sin om stilisties reg te kry, maar deur versigtige opweeg van woordposisies, maak die ABV dit glasherder. En die ABV bly by die bronteks. Dit is interessant dat die bronteks dikwels die oplossing verskaf vir moeilike konstruksies. Deur aan die bronteks getrou te bly, kom die vertalers en letterkundiges gewoonlik by die aanneemlikste literêre opsie in Afrikaans ook uit. 8.3 LUK 22:19-20 - die instelling van die nagmaal. Die ABV probeer om die "waardigheid" van die taal en taalkonteks, te behou. As 'n voorbeeld: 1933/53-vertaling: Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word. 1983-vertaling: Toe neem Hy die brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: "Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis." Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: "Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word." ABV: En Hy het die brood geneem, gedank, dit gebreek en vir hulle gegee, en gesê:"dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Doen dit ter herinnering aan My." So het Hy ook die beker ná die ete geneem, en gesê:"hierdie beker wat ter wille van julle uitgegiet word, is die nuwe verbond deur my bloed." 8.4 RUT 3:7-9 1933/53-vertaling: Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê. En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en - daar lê 'n vrou aan sy voetenent. En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares; brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser. 11

1983-vertaling: Nadat Boas geëet en gedrink het, was hy baie vrolik en het hy langs die mied gaan lê. Rut het toe stilletjies gekom, sy voete oopgemaak en by sy voete ingekruip. Toe hy in die middel van die nag wakker skrik en omdraai, was hy baie verbaas toe hy 'n vrou by sy voete gewaar. Hy vra toe vir haar: "Wie is jy?" en sy antwoord: "Ek is Rut, ek is van u afhanklik, en u is my losser; neem my nou onder u beskerming." ABV: Nadat Boas geëet en gedrink het en hy in 'n gemoedelike bui was, het hy aan die kant van die hoop graan gaan lê. Sy het stilletjies nadergegaan, sy voete oopgemaak en daar gaan lê. In die middel van die nag skrik Boas wakker. Iets raak aan hom, en sowaar, daar lê 'n vrou by sy voete! "Wie is jy?" vra hy. Sy antwoord: "Ek is Rut, u slavin. Gooi u mantel oor u slavin, a want u is die losser." b a Gooi u... u slavin: Dit beteken "neem my in u sorg". Vgl Eseg 16:8. b losser: Wanneer 'n familie probleme gekry het, dan moes iemand wat familie van hulle was, vir hulle help. So iemand is 'n "losser" genoem. Die losser moes ook help om die grond terug te kry wanneer een van die familie sy grond moes verkoop omdat hy arm geword het. 8.5 RUT 1:20-21 1933/53-vertaling: Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naómi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen. Vol het ek weggetrek, maar leeg het die Here my laat terugkom. Waarom sou julle my Naómi noem, terwyl die Here teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het? 1983-vertaling: Hierop het Naomi vir hulle gesê: "Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara a, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak. My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het 'n ramp oor my gebring." ABV: Sy het vir hulle gesê: "Moenie my Naomi noem nie, noem my Mara, want die Ontsagwekkende God het dit vir my baie bitter gemaak. Met 'n vol lewe is ek hier weg, maar die HERE het my leeg laat terugkom. Waarom my Naomi noem terwyl die HERE my teenstander geword het en die Ontsagwekkende God my kwaad aangedoen het?" 8.6 OP 5:9-10 1933/53-vertaling: Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. 12

1983-vertaling: Toe sing hulle 'n nuwe lied: "U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer." ABV: Toe sing hulle 'n nuwe lied: "U is waardig om die boekrol te neem en die seëls daarvan oop te breek, omdat U geslag is en met u bloed mense vir God gekoop het uit elke geslag en taal en volk en nasie. U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal as konings oor die aarde heers." 8.7 OBADJA vs2-5 1933/53-vertaling: Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag. Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp? Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE. As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het hoe is jy vernietig! sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie? Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel! 1983-vertaling: Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke, jy sal glad nie meer gereken word nie. Jy is deur jou vermetelheid mislei, jy wat daar in die klipskeure sit, wie se woonplek hoog in die berge is, jy wat dink: wie sal my hier afkry grond toe? Al bou jy daar in die hoogte soos 'n aasvoël, al sit jy jou nes tussen die sterre, Ek sal jou daar afhaal, sê die Here. As diewe of rowers in die nag na jou toe kom, sou jy nie bly stilsit nie, al steel hulle net tot hulle genoeg het; as ander jou wingerd kom afoes, sou hulle van die druiwetrosse 13

laat agterbly; maar jy, land van Esau, sal gefynkam word; alles wat jy weggesteek het, sal gestroop word. ABV: "Kyk, gering maak Ek jou onder die nasies; jy sal heeltemal verag word. Die verwaandheid van jou hart bedrieg jou, jy wat tuis is in die rotsklowe van jou hoë woonplek, wat in jou hart sê, 'Wie sal my afbring aarde toe?' "Al sou jy jou nes so hoog maak soos dié van 'n aasvoël, selfs al sou jy tussen die sterre nes maak, van daar af sal Ek jou afbring." Dit is die uitspraak van die HERE. "Was dit maar diewe wat na jou toe gekom het, was dit maar inbrekers in die nag! Hulle steel darem net tot hulle genoeg het! Hoe word jy vernietig! b Was dit maar druiweplukkers wat na jou toe gekom het! Hulle laat darem natrossies agter! Hoe word Esau deursoek, sy wegsteekplekke kaal gestroop! b Hulle steel... vernietig: In die bronteks staan hierdie twee reëls in omgekeerde orde. 14