THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Direkte en indirekte rede *

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

BenguFarm Bestelvorm

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Sterdansers by Vensters.

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Dialoog en paragrawe *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Hoe om krag te spaar

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Die jaar se kaskar was

Interskole: waar kan ons verbeter?

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rubriek vir skeppende werk

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

die ArtKat Jaar program

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

SIZA takes the sting out of auditing

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Jaargang XV. PRG trap diep spore in die joernalistieke wêreld. André van Staden, Rektor

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

G. J. du Preez

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Kerssangdiens. SA Gemeente

Tariewe

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Transcription:

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

V a n m y k a n t a f... Van my kant af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Photo 3 Bonnievale Netbal 4 Snuffels Redaksie: Redakteur: JP Smit Winterbal 2018 4 40 Days 5 Eisteddfod 5 Eskom-Expo 6 Romé se Ballet 7 Fotoblad 8 Fotoblad 9 Big Brag 10 Micha se Polocrosse 11 Interskole 12 Matriekafskeid 13 Box Office 14 Paartjie van die Kwartaal 15 Uit Die Kantoor 16 Adjunk-Redaktrise: Ander lede: Rozanne Lesch Wiehan le Roux Marinique Reynolds Alexia Zurnamer Liza Burger Andre van der Merwe Hannah Pfuhl Armin Nel Talja Smit Juffrou Nicoline Snyman Met kwartaal 3 nou ook agter die rug kan ons terugkyk op wat nog n volgepakte en suksesvolle kwartaal was. Van my kant af wens ek almal alle sterkte toe met die laaste kwartaal en die laaste stukkie van die jaar. n Spesiale woord vir ons Matriekklas 2018: Sterkte met julle eindeksamen!!! ~JP Smit 2

Met die balkie And just like that, another school term came to an end. With exams past, we can say that it has been an awesome year thus far. Die VRL was once again involved in many projects and we are proud of the results. Die nuwe leerlingraad vir 2019 word binnekort aangestel, maar net soos n gebou sonder n fondasie, kan ons nie n verskil maak sonder al julle ondersteuning nie. You and the VRL together can continue to make HSH the greatest. So now for the last stretch, I wish all of you the best of luck with the exams coming up, and just look forward to the December tan-vibes. Wiehan le Roux Hoofseun 2018 Highlight photo HSH IS COLOURFUL 3

Bonnievale-Netbal Saterdag die 28ste Julie, toe ons seuns die manne van Vredendal aangepak het, het die netbalmeisies hulle vaardighede gaan vertoon by Bonnievale se Sportdag. Die o/19- en o/16 A-en B-spanne het al die Vrydagmiddag na skool die pad aangepak Bonnievale toe waar hulle in die kishuis oorgeslaap het. Die res van die meisies het die Saterdagoggend vroeg, terwyl almal nog geslaap het, die lang pad aangepak. Daar het `n verskeidenheid van skole deelgeneem, onder andere die bekende Stellenberg, Punt van Mosselbaai en selfs Hottents-Holland. Elke span het omtrent 4 wedstryde gespeel. Ons meisies was beslis nie net mooi aangetrek en eenvormig nie, maar het ook `n hele paar oorwinnings huis toe gebring. Na `n lang en suksesvolle dag op die netbalbane het ons die middag weer huiswaarts gekeer. Ons wil baie dankie sê aan ons afrigters wat dit vir ons moontlik gemaak het om te gaan. Ek glo dat ek namens al die meisies kan sê dat dit `n baie lekker dag was! ~Marinique Reynolds 4 Winterbal 2018 Tonight we will dance under the stars. Dit is een van die aande wat omtrent uitstaan in elke graad 10 tot 12 leerder se skoolloopbaan. Die meisies begin al maande voor die tyd dink wat hulle moontlik kan aantrek, terwyl die seuns dae lank beplan wanneer en hoe hy haar nou eintlik moet vra. Daar is omtrent BAIE foto s geneem, lekker geëet en heelaand lank gedans. Ek hoop hierdie een het almal se verwagtinge oortref en ek glo julle het dit elkeen baie geniet. Ek hoop elke matrikulant sal die laaste een as die beste een tot dusver onthou. Ek wil net baie dankie sê aan elke liewe leerder en onderwyser wat gehelp het om van hierdie aand n sukses te maak. Dit was lekker om deel daarvan te kon wees! Begin nou al jou metgeselopsies uitkyk vir volgende jaar. ~Liza Burger

And so that time of the year has come. A time where everybody in the Grade 12 class forgets to dress like a sensible human being, and just goes bananas. The now called 'adults' went a bit further this year, sporting interesting and creative costumes, ranging from funny, to down right disturbing. This horror show was also accompanied with a fast paced thrash bin race, and spawned quite a few laughs from everyone. I wish I could do it again, but the sad truth of the matter is that this marks the near end for us, and this day was quite a way to send it off. Thank you Hopefield. Thank you matric class of 2018. ~Armin Nel Eisteddfod Vanjaar het ek die voorreg gehad om Piketberg twee keer te besoek en twee keer te kon deelneem aan Eisteddfod 2018. Die pad was lank, vriende is gemaak en my kosblik was effens underpacked. Maar dit alles was die moeite werd, nadat jy die vars lug van Piketberg in jou longe ingetrek het en die prag van die berge ingeneem het. Ons Hopefielders was nie net netjies aangetrek nie, maar ons het ʼn paar merkwaardige sertifikate teruggebring huis toe! Baie geluk aan alle deelnemers en hul prestasies. Mag kultuur nog meer in 2019 blom en ons die vrugte daarvan pluk! Wie weet, dalk vind jy jou liefde vir kultuur tussen die woorde van ʼn gedig, of die onvoorbereide woorde in ʼn leesstuk... ~Hannah Pfuhl 5

Eskom-Expo Jong wetenskaplikes het al vroeg in dié derde kwartaal met hulle Eskom Expo-projek begin. Na lang aande van take tik en stres oor wanneer juffrou Antonette jou gaan vra hoe ver jy met jou taak is, het die dag uiteindelik vir die leerders aangebreek. 17 Augustus het 23 leerders na die Saldanha Science Centre gegaan om hulle take uit te stal. Hulle is verwelkom met n inspirerende praatjie en daarna het die beoordeling dadelik begin. Daar was n groot variasie van skole soos Curro Langebaan, Vredenburg, Saldanha, Vredendal en Piketberg. Ons leerders was glad nie geïntimideer deur hierdie skole nie en het 11 bronse, 6 silwers en 4 goud terug huis toe gebring. Wel gedaan, leerders! Na n lang dag van verduidelik vir die beoordelaars en selfs vir die publiek ook het die leerders n lekker Spur burger en chips vir middagete geniet. Ons se spesiaal geluk aan Ohlaf Fourie wat die prys ontvang het vir die beste projek van die dag en gekies is vir die Weskus-span om in Boksburg te gaan deelneem. Baie dankie aan Juffrou Antonette wat baie tyd en sweet in hierdie projekte ingesit het om die leerders te help en om die resultate saam met hulle te vier! Andre vd Merwe Micha se Polocrosse Die Snuffels-redaksie wil graag baie geluk sê vir Micha van Coller met haar puik prestasies die afgelope kwartaal in Polocrosse. 6

Romé se Balletervaring van n leeftyd Romé het werklik baie geleer en het baie ervarings opgedoen met haar toer in New York. Sy het klas by wêreldbekende afrigters gekry en vir haarself goed naam gemaak. Sy is een van slegs 15 Suid-Afrikaanse dansers In die eerste week is sy gekies om die hoofrol te vertolk in n Pas de deux in n uittreksel uit die bekende Giselle-produksie. Dit was vir haar baie lekker, aangesien sy nie hier altyd die kans kry om saam met n seun te dans nie. Aan die einde van die eerste week het die afrigters vergadering gehad en die leerders bespreek waarna Romé na n hoër, meer gevorderde klas geskuif is vir die laaste 2 weke. Romé het op 11 Julie deelgeneem aan die Runway Show wat sommer vir die lekkerte gedoen is, en daar n prys vir haar rok en runway loop gewen. Op 12 Julie het sy deelgeneem aan die Performance Award kompetisie, waarvoor sy na-ure ekstra klasse moes loop en sy is beloon met n sertifikaat, goue medalje(internasionaal erken) en het ook n beurs vir 2019 ontvang. Sy het 2 dae voor ons teruggekom het gevra om die laaste twee weke te bly, maar ongelukkig was dit te kort kennisgewing. In die laaste twee weke het hulle blootstelling aan meer dans genres gekry soos contemp, jazz, Spaans en Neo Classical wat dit moeilik gemaak het om haar terug te bring huis toe. Gedurende die kursus het sy deurentyd goed presteer en sy is genooi om by Johannesburg Ballet Teater te gaan kuier en ook om deel te wees van die Mignin Furman produksie later hierdie jaar by die Artscape HSH is werklik trots op how hoog Romé ons naam gehou het! Verslag ontvang deur Tannie Petro Myburgh 7

8

9

BIG BRAG Soos gewoonlik was Hoërskool Hopefield se Big Brag geleentheid n groot sukses en n massiewe geesvang geleentheid voordat die spanne die lang pad Lutzville toe moes aanpak. Die dag skop af met die jonger spannetjies wat soos gewoonlik netjies geklee was en hul spanne uitstekend voorgestel het. n Definitiewe hoogtepunt was mnr Samelio en mnr Maxwell wat gevolg het en in die voetspore van die voormalige o/9-rugbyafrigter, n vreeslike indrukwekkende voorstelling aangebied het. Die kleintjies het almal lekker lus gekry vir die dag en na n kort pouse is die Hoërskoolspanne voorgestel. Weer eens was almal netjies en het pragtig op die verhoog gelyk. Die lede van al die eerste spanne is ook een-een vereer en toe die eerste-rugbyspan se beurt gekom het, was daar n spesiale verrassing wat op hul gewag het. n Boodskap van sommige van die Springboklegendes soos Beast Mtawarira, RG Snyman, Lionel Mapoe, ens. het almal se harte sommer op hol gekry. Kort na die formaliteite is die eersterugby en netbalspanne tesame met die dirigente op die roete Lutzville toe. As een skool was ons gereed om vir Lutzville aan te vat! JP Smit 10

Steers, surfing and films with in addition to a good braai was not only the highlight of most of our painstakingly short holidays, but also a group of 27 German students ready to explored South Africa s culture and diversity and snacks. They were shocked by our chilled life style and spotted chickens supposedly guine fowls in our little corner of South Africa- the West Coast. Using the youth to the camp organiser s advantage ZA and DE worked together in cleaning kilometers of beach from hazards plastics. However there is a time to work there is a time to play. We thoroughly played, selling a few traditional kwarre moves in return for some Germans made schokolade und süßigkeiten While hosting a group of chatty teens it is safe to say as friends we were sad to see them return, while our parents gave a sigh of relief as silence once returned to our households well more silence Experiencing the same sadness as they must has felt a few months back takes our South African group on a flashback filled with emotions of excitement and occasionally fear. Here is Nannies, in a nutshell: Who would have thought that a country with so many rules and tight organisation would result in a lot of fun. Who would have also thought that I would ever know how to chant we want to eat in the German language. Well it least it was not on my buck list yet. With few hick up and innocent to not so innocent mistakes. Germany was an amazing and most an unforgettable experience Travelling is an expensive opportunity, however I encourage us as HSH learners to embrace each other s unique culture as learned the beauty of the World lies in the diversity and unity of its people. -Talja Smit Duitsland Ekspedisie 11

INTERSKOLE Interskole. Gees van die vroeë oggend son sy verskyning maak tot die eindfluitjie van die eersterugbyspan se wedstryd. n Dag waarna elke lid van die HSH-familie se hart smag. Hierdie jaar se Interskole was een reuse sukses. Elke span het ware HSH guts en waardes gewys. Wen of verloor, elke speler het die beste van homself en sy spanmaats gegee en uiters professionele sportmanskap getoon. Ons sê vir die matrieks wie se laaste interskole dit was baie dankie en alle voorspoed met die avontuur wat wag. HSH is ook baie opgewonde oor die toekomstige HSH-helde wat nog vele interskole bekers huis toe gaan bring. Interskole van 2018 sou nie so n groot sukses gewees het sonder almal se uitstekende gees, hardewerk en liefde vir jou sport nie. HSH se naam is besig om ongekende hoogtes te bereik en daar is in 2018 n kultuur geskep wat lank sal voortleef. Alle sterkte met die 2019-Interskole! ~Wiehan le Roux 12

Matriekafskeid En so kom alle goeie dinge mos tot n end. Een van die great dinge van kwartaal 3 was die jaarlikse spoggerige matriekafskeid wat is op Donderdagaand, 27ste September gehou is. Die aand begin spoggerig met al die kêrels en dames wat opdaag in hul spoggerige rygoed. Daar was enigiets van n sportmotor tot n 4x4. Die leerders met hul metgeselle kry dan elkeen hul beurt op die rooitapyt en kry mekaar in die saal voordat die groot makietie begin. Die gashere skop die aand op n hoë noot af en die dansbaan word geopen deur Junior vd Merwe en Liza Burger. Terwyl al hierdie aan die gang is, is die kombuiswerkers hard aan die werk met die kos. Die agter-die-skerms-werk is ook baie deeglik en stiptelik gedoen. Alhoewel die Makietie al 23:00 geïndig het, het die laaste mense eers om 2 uur na die skoonmaakproses verkas. Baie dankie aan almal wat betrokke was! Mag die matrieks n wonderlike pad vorentoe hê. ~JP Smit 13

Snuffels Box Office 1 Black panther 2 Avengers: Infinity War 3 Deadpool 2 4 A Quiet Place 5 Ready Player One 6 Solo: A Star Wars Story 7 Peter Rabbit 8 A Wrinkle in Time 9 Rampage 10 Insidious: The Last Key 14

Paartjie van die Kwartaal Hugo Jy het die kalmte en rustigheid wat ek nooit gekry het nie en ek het die uitspattigheid en baie-praat wat jy nie altyd wys nie. Maar iewers het ons persoonlikhede mekaar in die middel ontmoet. Jy is van die min wat my honderde buie en uitbarstings kan verdra, maar dink die woord ontspan is n manier om dit te hanteer. Jy weet wanneer my trane op pad is en wanneer my lag nie wil ophou nie. Dan begin jy sommer saam giggel. Jy het geduld met my as ek my beheer wil verloor en liefde om te gee wanneer ek dit nodig het. Jy sê ek lyk mooi wanneer ek huil en oulik wanneer ek kwaad is. Ek vra jou opinie oor uitrustings vir geleenthede, maar jy se ook net alles lyk mooi.maar dis juis hoekom ek lief geraak het vir jou. Jy dink ek is mooi op my lelikste en dit is iets wat elke meisie verdien. Dankie dat jy my laat glo het dat liefde werklik vir almal bedoel is. ~Jana Neethling Ek het nooit in hierdie wye wêreld of in die geskiedenis van die mensdom, soos ek altyd sê, gedink ek sou ooit bekend genoeg wees om hierdie stukkie te skryf nie. Nog minder het gedink ek sou dit aan JOU skryf. Ja, jy wat almal ken as Jana Neethling, tog is dit nie eens jou regte naam nie. Die wynqueen, maar wat nog steeds op haar tyd en wanneer sy moet soos 'n pliggie sal optree. Die een wat mens bo die geraas van 'n Jack Parow of 'n Fransois van Coke konsert sal kan hoor en wat boonop nooit kan ophou praat nie. Ek het nooit gedink jy sou so 'n groot aandeel in my lewe kon hê nie. Ek het ook nooit gedink dat jy met die verloop van tyd so spesiaal sou word vir my. Ek is tog so dankbaar dat die Here jou oor my pad gebring het en dat jy bereid was om te bly. Toe ek die eerste dag in HSH ingestap het, het ek van jou geweet. En toe ek jou die eerste keer sien (of eerder hoor) in die Wiskunde-klas en moes hoor hoe jy vir Mnr Jacques peper met allerhande simpel vrae, was ek dadelik net van NEE WAT! Tog daardie tyd presies twee jaar later bevind ek myself waar ek koffie maak vir jou by jou eie huis. Van toe af tot vandag toe kyk ek nie een dag terug nie. Dankie vir al die liefde en omgee wat jy tot my lewe gevoeg het.dankie vir al die goeie en slegte tye wat ons al saam kon hê. Dankie dat jy my trane sal vang voor groot geleenthede soos Interskole tot simpel goedjies soos ek wat huil oor 'n Wiskunde of Fisies toets. Meeste van als, dankie dat jy my die kans gegee het om my liefde vir jou te kan wys. Ek weet nie wat die toekoms vir ons inhou nie, maar ek hoop dat ek jou nog lank op so 'n belangrike plek in my lewe sal hê. En ek hoop jy weet dat ek is baie, baie lief is vir jou, Johanna Aletta Neethling! ~Junior vd Merwe 15

Iemand het êrens vir my gesê dat hoop deel is van Hoërskool Hopefield se DNA, want net in ons skool en dorp se naam is die woord hoop al klaar sentraal. Daarom is die sentrale tema van my boodskap aan die Matrieks van 2018 die liedjie n Bietjie Hoop van Die Heuwels Fantasties. Die liedjie se inleiding sê dat n bietjie hoop eintlik al is wat ons het. Dit is my hoop en wens dat Hoërskool Hopefield en sy mense ons matrieks toegerus het met tonne hoop vir die toekoms. Dit is ook my hoop en wens dat hierdie klomp jong manne en vroue nooit daardie hoop sal verloor nie, dat hulle altyd hulle positiewe energie sal behou en nooit sal verval in n gees van negatiwiteit nie. Hoërskool Hopefield se hart is vandag n bietjie stukkend en baie seer, want ons neem afskeid van 86 seuns en dogters wat regtig diep spore in ons almal se harte getrap het. Ons maak ook vandag ons harte se hekke oop en stuur julle die wye wêreld in met die hoop dat elkeen van julle n dawerende sukses van julle toekoms gaan maak. Vanaf Maandag gaan HSH anders wees. Die Matrieks van 2018 gaan nie meer in die busse wees nie, hulle sitplekke in die saal gaan leeg wees, hulle voetstappe op die skoolstoepe gaan stil wees, ons gaan nie meer hulle stemme in die matriektuin hoor nie en ons gaan hulle mis, sommer baie. Maar in ons hartseer hoop ons dat wanneer HSH se hekke vir hulle oopgaan, hulle aan die hoop wat HSH vir hulle gegee het, sal vasklou. En as die sand van hulle uurglas leegloop, weet hulle dit hulle was in n ongelooflike skool Hoërskool Hopefield! ~Mnr Wehan 16 Hierdie Snuffels word opgedra aan ons 2018 Matriekklas. www.hshopefield.co.za Hoërskool Hopefield Stasiestraat Posbus 23 HOPEFIELD 7355 Phone: 022 72300 40 Sel: 084 516 7388