CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Dialoog en paragrawe *

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

Uit Moerdijk se pen Man en Media

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Mandala Madness Deel 2

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Tariewe

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Kerssangdiens. SA Gemeente

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

G. J. du Preez

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

Gemeenteblad. Maak Stellenbosch oop, vra studente. NGK Stellenbosch. Hoe oop is ons gemeente? Jaargang 15: Nr 2: Tweede Semester 2015

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Hoe om krag te spaar

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

Webadres: Die Pastoor se pen:

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SIZA takes the sting out of auditing

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

Sterdansers by Vensters.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Mosselbaai Munisipaliteit

Missionary Perspectives in the New Testament

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Dankie aan God ons Vader. Kotzé van Wyk VOORSITTER. 30 Mei 2016

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Rubriek vir skeppende werk

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

Transcription:

CLF Nuus News The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language Privaatsak X19 Wellington 7654 021 873 6964 info@clf.co.za www.clf.co.za 3 / 2018 n Ambassadeur vir Jesus deur Een miljoen-projek Die Here se planne is nie altyd vir ons so duidelik nie, tog sien ons telkens ons rol daarin. En so, nadat n artikel aan ons gestuur is oor n 12-jarige dogter wat passievol is vir die Here en om kinders met n Storieboekbybel te seën, maak ons kontak met Shania-Lee Mayoss (regs). Met trane in ma Thea se stem luister sy na wie CLF is en wat ons Bybelprojek-droom is. Op 27 September 2018 neem CLF amptelik vir Shania-Lee as ons Een miljoen Bybel-projek se ambassadeur in KZN aan. Shania-Lee is n bol energie en sonder om gras onder haar voete te laat groei, plaas sy haar eerste bestelling vir Kinderbybels om aan kinders met kanker, weeskinders en by plekke van veiligheid te gaan uitdeel. Sy ontvang haar bestelling en skryf in elke boek n persoonlike boodskap aan elke individuele kind. Met haar nuwe CLF Een miljoen Bybel-projek hemp deel sy Bybels aan Reach for a dream kinders uit, besoek sy kinderhuise en hospitale en seën sy God se kindertjies met n Storieboekbybel in elkeen se eie taal. Shania-Lee se vriende, familie, kerk en gemeenskap ondersteun haar ten volle en samel vuur en vlam geld in om nog Bybels aan kinders te kan gee. Sedert Augustus 2010 is daar net meer as 90 000 Bybels versprei in sewe verskillende tale oor ouderdomsgroepe van 3 tot 12 jaar. Ons wil baie graag die 100 000 kerf bereik teen Desember 2018. Daarvoor het ons 5 000 mense nodig om elkeen slegs R200 te skenk. Sal jy oorweeg om saam met ons n verskil te maak? Besoek asb clf.co.za of skakel ons by 021 873 6964 Shania-Lee Mayoss Mag 2018 se Kerstyd vir u vol seën, vreugde, vrede en rus aan die voete van ons genadevolle Vader wees. Ons bid vir elkeen van u voorspoed toe vir 2019.

2 Die Boodskap van die Bybel aan almal deur gratis Christelike lektuur in elkeen se taal In die mense n welbehae Tradisioneel het die Kersboodskap n sterk evangelisasie- en sendingkarakter. Daar word dikwels uit Johannes 3:16 gepreek van God wat die wêreld so liefgehad het dat Hy met Kersfees sy Seun gegee het om uiteindelik deur sy soendood aan die kruis dit moontlik te maak dat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Dit is asof die geboorte van Jesus net betekenis het as ons die skaduwee van die kruis op die krip sien val. Natuurlik is die reddende genade van God in Christus die bron van alle heil en troos en moet die kerk en die CLF as voertuig van die kerk se boodskap, nie verslap in die uitdra van die Goeie Nuus nie. Ons moet egter waak daarteen dat ons hele godsdiensbelewing nie net hierin vasgevang word nie. Dan word die beskuldiging waar dat die kerk net gaan oor die pie in te sky when you die. En in aansluiting daarby dat die kerk nie die mensgeworde Christus op sy lewenspad volg waar Hy gaan stilstaan het by baie mense in hul tydelike en fisiese nood nie. Ons kan nie so fokus op eendag se nuwe hemel en aarde waarop die geregtigheid woon dat ons nie die nood en ongeregtigheid in hierdie wêreld raaksien nie en soms hardvogtig daaraan meedoen. Jesus se menswording het alles te doen met die aandrang van die profeet Miga dat die Here van ons verwag om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met ons God. Dit het Jesus gedoen toe Hy mens geword het Hy het Homself ontledig deur die gestalte van n mens aan te neem en Hom beywer vir geregtigheid, liefde en trou teenoor God en ons naaste. In hierdie wêreld maar ook ter wille van ons geregtigheid voor God toe Hy gehoorsaam was tot aan die dood van die kruis. Sy vurige gesprekke met die Fariseërs dui op sy soeke na egte geregtigheid reeds in hierdie wêreld, gebou op genade, liefde en trou. Uit sy onvermoeide bemoeienis met mense, ook die vergetenes en Uit die pen van die redakteur ds Willem Botha verworpenes, leer ons dat liefde en geregtigheid nie net in groot sisteme soos kerk en samelewing vergestalt moet word nie, maar ook en veral in die ontmoeting met mense en noodlydendes. Daarom moet ons steeds besig wees om die koninkryk te bou wanneer die koninkryk in sy volheid op die laaste dag deurbreek. Wat ons preek en profeteer en doen om van hierdie wêreld n beter plek te maak moet nie net tekens wees van die eendag nie maar God se koninkryk moet elke dag gevestig en gebou word wanneer ons Jesus volg op die spore wat Hy in hierdie wêreld en in mense se lewe getrap het. Dit gaan ook van ons selfontlediging en offervaardigheid vra. Mag ons elkeen, maar ook die kerk en CLF meehelp dat die mensgeworde Christus deur ons boodskap, toewyding, offervaardigheid en diensbaarheid steeds n lewende en groeiende werklikheid sal wees in hierdie wêreld, tot sý eer maar ook in die mense n welbehae. Vroeër vanjaar het ons n boek (Ons kyk na die donkiemaan) uitgegee van die bekende joernalis en skrywer, Jeanne Henning Els. Jeanne is n bekende joernalis wat jare lank vir Die Burger en Sarie geskryf het. Sy hou van reis en is n ywerige Camino-stapper. Jeanne se eerste boek (2009), Ligdans: Depressie-vegters se verhale van hoop, was n topverkoper en het haar landwyd as motiveringspreker gevestig. In haar tweede boek (2011), As die stroom jou vat, beskryf Jeanne hoe sy, danksy genade, volgehoue terapie en medikasie, haar lewe vanuit depressie kon hervat. In die boek ondersoek sy die raaisel van selfdood en gesels openhartig met ander bekendes wat selfdood oorweeg het. In Ons kyk na die donkiemaan het ons n klomp van Jeanne se rubriekstukke gebundel. Sy skryf oor n wye reeks verskeie temas en het n sewetal onderhoude met bekendes ingesluit. Haar onderhoud met die radio-en-tvpersoonlikheid Amore Bekker, wat ook al die skadukant van die lewe beleef het, is treffend. In die onderhoud vertel Amore waar haar entoesiasme vir die lewe vandaan kom. Ek was al werkloos, daarom is ek entoesiasties dat ek ʼn werk het. Ek was al lank siek, daarom is ek dankbaar dat ek gesond is. Ek is geesdriftig oor die gehalte van my verhoudinge, want ek het al vriende verloor. Die eina van my lewe het my entoesiasme meer kleur en diepte gegee. Ek glo aan wyle sangerskrywer Leonard Cohen se filosofie dat jy moet bly wees oor die krake in jou lewe, want dis hoe die Lig inkom. Amore skryf elke aand vyf dinge neer wat in haar dag gebeur het waaroor sy dankbaar is. Ná ʼn paar dae het ʼn mens nie genoeg papier nie, want soos jy bewustelik soek na dinge vir dankbaarheid, trek jy dit op jou pad aan en maak dit jou geesdriftig oor jou lewe. Raak ontslae van jou vrese. Jy kan nie ʼn gees van vrees hê én blymoedig wees nie.

The Message of the BIble to all through free and affordable Christian reading material 3 Ons neem afskeid van n baanbreker Dit is met groot hartseer dat CLF in Oktober van ds Johan Botha se afsterwe kennis geneem het. Ds Johan het oor al die jare n groot bydrae gemaak nie net in CLF as publikasiebestuurder nie, maar ook in die drukkersbedryf in die kleine met die publikasies wat hy vanaf sy huis die lig laat sien het. Dit is veral die Sondagskoolwese wat hom na aan die hart gelê het en hy het gepoog om die teksboekies wat in die NGKA gebruik word lewend te hou. Ds Johan is in 1961 tot die bediening toegelaat. Hy is n produk van die sendinginstituut van Wellington. Hy was leraar van NGKA-gemeentes in King Williamstown en Soweto en sedert 1974 het hy hom voltyds gewy aan die skep van Christelike lektuur in Zoeloe op Greytown. In 1980 het hy publikasiehoof van die CLF geword, n pos wat hy CLF se nuwe webtuiste en toepassing is hier! CLF se nuut ontwerpte webtuiste en toepassing is op 15 Oktober geloods! n Animasievideo het die bekendstelling vergesel wat CLF se reis van dr Dekker se roeping om die Woord van God aan alle tale en kulture te verkondig tot vandag waar al CLF se lewensveranderende literatuur vir almal beskikbaar is, enige plek, enige tyd en op enige toestel. Die CLF webtuiste dien as die kommersiële platform met n aanlyn winkel waar ons gratis en bekostigbare literatuur maklik gekoop kan word. Die CLF toepassing is jou bron van inspirasie, oordenking en ons gratis pamflette, leesbaar, in die palm van jou hand! Besoek www.clf.co.za vandag nog en laai ons Toep af op die Google Playstore en App Store. Hoekom n Toep? Die dae toe dit genoeg was om net n webtuiste te hê is lank verby. Gebruikers is deesdae meer vaardig en kieskeurig met al die inligting wat beskikbaar is. Baie handelsmerke en besighede kompeteer vir hul aandag. Daarom is dit noodsaaklik dat CLF vir 18 jaar beklee het. Hy het hom veral toegelê op pamflette, en vanaf 1981 het hy muurkalenders gemaak wat ook as Bybelleesprogram gebruik kon word. Duisende tot 30 000 in een jaar is jaarliks in verskillende tale versprei. Hy het ook gereelde werkswinkels vir skrywers in Afrikatale georganiseer en n verskeidenheid boeke in kleiner oplae in verskillende tale laat verskyn. Hy het onder andere ook drie baie belangrike huldigingsbundels uitgegee: vir prof W J van der Merwe en prof W D Jonker (saam met die Fakulteit Teologie in Stellenbosch) en prof P B van der Watt (saam met die Fakulteit Teologie van Pretoria). Veral in die bundel oor prof Van der Merwe is daar rigtinggewende artikels gepubliseer wat n ou sendingera afgesluit en n nuwe era help inlei het vir die toekoms. ook ons webtuiste op datum hou en op die hoogte bly van ontwerptendense, tegnologiese vooruitgang en algoritmes vir soekenjins (as u SEO verstaan). Verouderde temas en tegnologieë beïnvloed ons besoekers se ervaring op die webtuiste. Old school is cool geld nie vir funksionaliteit nie. Die internet en digitale wêreld verander en ontwikkel voortdurend. Webstandaarde verander elke jaar, wat nuwe gereedskap en tegnologieë vir die bou van n goeie webtuiste afdwing. CLF se potensiële ondersteuners en kliënte se voorkeure en smaak verander selfs vinniger. Wat gister nuwerwets was, is nie môre nie. CLF wil daarom seker maak dat ons webtuiste op datum bly ten opsigte van voorkoms, funksionaliteit, sekuriteit, laaispoed en hoe dit op verskillende toestelle reageer. Oom Johan, soos hy geliefd onder die personeel bekendgestaan het, laat n groot leemte binne CLF en ons is dankbaar vir wat ons by hom kon leer. Seën en vrede aan sy familie.

4 Die Boodskap van die Bybel aan almal deur gratis Christelike lektuur in elkeen se taal In partnership with churches, missions and organisations the Christian Literature Fund (CLF) has a dream! A dream to gift one million children, with one million Bibles. A dream to teach them about the love of Jesus by blessing them with their very own Storybook Bible, IN their own language. We envision kids that are morally equipped as the leaders of tomorrow, rooted in Biblical values and confident in living out their faith. In line with our current initiative reaching out to children with cancer, Bibles were handed out at Tygerberg Children s Hospital as well as the Red Cross Childrens hospital. The pictures on the right show some of the children receiving Bibles. Geskiedkundige boek ook tuis in museum n Kopie van die publikasie, Naamdraers van Jesus Wellington se donkies is onlangs deur CLF aan die Wellingtonse Museum geskenk. Olivia le Cordeur het dit in ontvangs geneem. Naamdraers van Jesus vertel die verhaal van die 567 Donkies wat in die loop van 85 jaar by die Sendinginstituut gestudeer het. Hulle het die naam van Christus en die evangelie oor grense heen met ongeëwenaarde ywer gedra. In die kerkgeskiedenis sal hulle altyd bekendstaan as die toegewyde naamdraers van Jesus. Dit kos R350 en is by CLF beskikbaar.

The Message of the BIble to all through free and affordable Christian reading material 5 CLF stal uit Donateursfunksie Dit was voorwaar n geseënde oggend toe nagenoeg dertig CLF donateurs op 15 September saam met CLF te Jan Kan in die Paarl gekuier het. Dit was CLF se hartewens om hul getroue donateurs te bedank vir hul finansiële ondersteuning deur die jare en met n heerlike ontbyt en kuier te kon bederf. Dit was n oggend van heerlike samesyn, hegter bande smee en die Here te dank vir al ons seëninge. Dit was ook ons doel om dit n familieoggend te maak en sodoende ons Gedurende ons huidige finansiële jaar was CLF by nege sinodesittings óf direk teenwoordig met n uitstalling óf betrokke deur die skenking van gratis bemarkingsmateriaal en bywonerspakke. Afgesien van die sinodesittings het CLF by nege ander geleenthede uitgestal, onder andere by NetACT, Getuienisaksie, Reformed Family Forum, MOMCON en n kinderkonferensie. Die doel was om blootstelling aan ons handelsnaam en gratis en bekostigbare literatuur te verskaf. Ons beplan om hierop voort te bou om steeds meer bewustheid te skep om sodoende organisasies, gemeentes, uitreike en ander met ons literatuur te ondersteun. donateurs se gesinne en kinders te kon ontmoet. Hierdie geleentheid sal verseker meer gereeld in die toekoms plaasvind! Elke donateur se bydrae maak dit moontlik vir CLF om volhoubaar voort te gaan met ons missie, bedieninge en projekte. Janette Hurter is onlangs aangestel as die Boekwinkelbestuurder van CLF se Bloemfontein Boekwinkel. Sy bly haar lewe lank in Bloemfontein. Haar dogter Xandria Botha is 22 jaar en haar seun Juandre Botha is 19 jaar. Sy ondersteun graag haar kinders in alles wat hulle wil doen. Janette is n lewenslustige mens wat van uitdagings hou. Sy is lief vir mense en stel belang in hul lewe. Sy is ook lief vir kinders en diere. Haar man is in Desember 2017 aan n hartaanval oorlede. Tog is Janette n positiewe mens en hou van lag. Sy beskryf haarself as n nederige en dankbare mens. Haar stokperdjies is visvang en om motorfiets te ry. Janet behoort aan n motorfietsklub in Bloemfontein, die Free Bikers Association. Hul klub is betrokke by die Toyrun en doen andersins baie dinge vir die gemeenskap. Volgens haar is hulle nie rowwe bikers nie, maar n klein groepie mense op hulle eie. Janet glo en vertrou dat sy n sukses gaan maak van die CLF Boekwinkel in Bloemfontein. Sy en Isaac Moriti werk lekker saam en as span is hulle oorgehaal om die boekwinkel te laat floreer.

6 Die Boodskap van die Bybel aan almal deur gratis Christelike lektuur in elkeen se taal Oorweeg n boek as Kersgeskenk CLF het n verskeidenheid publikasies beskikbaar. Bederf jouself of iemand na aan jou met n boek. n Dagstukkieboek sal vir die hele jaar n positiewe boodskap bring. Meld Kersnuusbrief by u bestelling en ontvang n welkome 25 % afslag op u aankope tot en met 31 Desember 2018! R110 elk of R200 vir twee** *Posgeld uitgesluit **Netto prys