BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Direkte en indirekte rede *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

STRUKTUUR - UITLEG - BOODSKAP*

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking 1. Prof. GDS Smit

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die belydenisuitspraak Kolossense 1: 13-20: Eenheid, struktuur en funksie

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Filippense 4:10-20 as n gekwalifiseerde danksegging

Tariewe

ʼn Model vir die gebruik van Bybelse narratiewe in die pastoraat aan kinders tussen die ouderdom van 6 en 13 jaar

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Kerssangdiens. SA Gemeente

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

Hoe om krag te spaar

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

SIZA takes the sting out of auditing

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling: noodsaaklik, wenslik of onnodig?

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

n Nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans: die praktiese aanvaarbaarheid van n nuwe vertaalmodel 1

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Resensies. J Waters, David Livingstone. Trail Blazer, Inter-Varsity Press, Leicester 1996, 288pp. Prys onbekend.

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Pasteur en Lister oorwin kieme *

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Transcription:

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE Geagte Tessa-bybelstudiegroep, 1 Hieronder vind julle drie belangrike aspekte aangaande ons bybelstudiegroep vir hierdie eerste helfte van die jaar: 1. Die program van ons is n 12 weeklange bestudering van 1 Tessalonika. 2. Die basiese struktuur (agenda) van elke byeenkoms. 3. Belangrike hulpmiddels vir ons bybelstudie. Dit is my gebed en hoop dat ons waarlik toegerus en verryk mag word deur hierdie groepsbybelstudie. O ja, die Bybelstudieboek wat ons saam oor besluit het om te gebruik as raamwerk Studies in 1 Thessalonians deur ds. C. Hanko, behoort volgende week hier te wees. Bring geld saam asb. Groete Slabbert 1. DIE 1 TESSALONIKA - PROGRAM Ons beplan om DV, die 15de Maart te begin en dan vir 9 weke daarna te ontmoet. Afhangende hoe die bybelstudie verloop, kan ons ook wel langer aangaan. Hier is die basiese program met die indeling van die teksgedeeltes (perikope) wat ons elke keer gaan behandel: Week 1 (15 Maart): Inleiding en oorsig van die Boek - sien veral die inleidende werke van JC Coetzee, Die Blye Boodskap: n Gids deur die Boeke van die Nuwe Testament (die Briewe van Paulus), asook V.E. d Assonville se Oorsig oor die Nuwe Testament. Week 2 (22 Maart): Groete en danksegging, 1:1-10 Week 3 (29 Maart): Paulus se verdediging van sy prediking, 2:1-12 Week 4 (19 April): Die ontvangs van die evangelie deur die Tessaloniseërs, 2:13-20 Week 5 (26 April): Paulus se antwoord op Timoteus se verslag, 3:1-13 Week 6 (3 Mei): Algemene oproep tot oorvloediger lewenswandel, 4:1-2 Week 7 (10 Mei): Oproep tot reinheid in huwelikslewe, 4:3-8 1 Denkbeeldige naam van die bybelstudiegroep: Tessa van Tessalonisense.

Week 8 (17 Mei): Oproep tot liefdesbetoon en gehoorsaamheid, 4:9-12 Week 9 (24 Mei): Die finale opstanding, 4:13-18 Week 10 (31 Mei): Christus se skielike terugkeer, 5:1-11 Week 11 (7 Junie): Verskillende evangeliese opdragte, 5:12-22 Week 12 (14 Junie): Afsluiting, 5:23-28 (+ ons eie samevatting en hersiening) Week 13 (21 Junie): Bring en braai! 2 2. DIE AGENDA Ons agenda vir elke bybelstudie gaan min of meer soos volg loop, afhangende van die omstandighede: Inleiding (20 minute) i. Sang: 3 Psalms ii. Opening met gebed iii. Verwelkoming iv. Lief en leed Inhoud (40 minute) iv. Hersiening van vorige weke se perikope v. Lees van betrokke week se perikoop vi. Geleentheid vir enige vooraf vrae wat tydens eie voorbereiding na vore gekom het, sodat dit ook in die bybelstudie behandel kan word. vii. Behandeling van spesifieke vrae wat die vorige week uitgedeel is, saam met nuwe vrae en bespreking. viii. Samevatting van perikoop en vers om te memoriseer Slot (30 minute) ix. Rondvraag: geleentheid vir administratiewe geleenthede reëlings vir volgende Bybelstudie (by wie, wanneer, wie bring die verversings, ens.) x. Afsluiting en saamkuier

VOORBEELD: 3 Inleiding (20 minute) i. Sing: Psalm 25:2; 46:1; 105:5 ii. Opening met gebed: Oom Johan se beurt iii. Verwelkoming: Slabbert iv. Lief en leed: tannie Sannie Inhoud (40 minute) iv. Hersiening van vorige weke se perikope: weke 1 tot 6 weer deurgaan asb, veral week 5 se deel: 1 Tess 4:1-12. Ons gebruik nogsteeds Du Preez (1981) se detail makrostruktuur om ons te help verstaan waar ons huidige bybelstudie inpas: DIE EERSTE BRIEF AAN DIE TESSALONISENSE Eerste hoofdeel: geskiedkundig en persoonlik (hfst 1 3) 1. Skrywer(s), lesers, openingsgroet (1:1) 2. Redes om God vir die arbeid in Tessalonika te dank (1:2 10) 3. Hoe die evangelie in Tessalonika verkondig is (2:1 12) 3.1 Die sendelinge se vrymoedigheid te midde van stryd (2:1 2) 3.2 Suiwer bedoelinge, suiwer liefde (2:3 9) 3.3 n Lewenswandel tot eer van God beoefen en verkondig (2:10 12) 4. Opnuut rede vir danksegging (2:13 16) 4.1 Die Tessalonisense het die verkondigde woord as woord van God ontvang (2:13) 4.2 Vervolging getrotseer deur die krag van die Woord (2:14 16) 5. Uit die oog maar nie uit die hart (2:17 3):13 5.1 Paulus se begeerte om weer n geliefde gemeente te besoek (2:17 20) 5.2 Timoteus gestuur om die gemeente te bemoedig (3:1 5) 5.3 Blydskap oor goeie nuus uit Tessalonika (3:6 8) 5.4 Blydskap mond uit in dank en gebed vir die gemeente (3:9 13) Tweede hoofdeel: vermanend en lerend, hfst 4 5 6. Oproep tot oorvloediger Christelike wandel (4:1 12) 6.1 Algemene oproep tot oorvloediger Christelike wandel (4:1 2) 6.2 Oproep tot oorvloediger reinheid in die huwelikslewe (4:3 8) 6.3 Oproep tot oorvloediger liefde getoon in groter arbeidsaamheid (4:9 12) 7. Onderrig oor die einddinge (4:13 5):11 7.1 Oor gelowiges wat voor die wederkoms sterf (4:13 18) Ekskursie 1: Wat 1 Tess. 4:13 18 oor die laaste dinge leer Ekskursie 2: Oor Paulus se woordgebruik in 1 Tess. 4:13 18 7.2 Gelowiges se kennis van, en gereedheid vir die dag van die Here (5:1 11) 8. Verskillende evangeliese opdragte (5:12 22) 8.1 Vermanings aangaande onderlinge verhoudinge in die gemeente (5:12 15) 8.2 Opdragte aangaande die basiese lewenshouding van die gemeente (5:16 22) 9. Afsluiting (5:23 28) 9.1 Gebedsversugting en -versekering (5:23 24) 9.2 Laaste opdragte (5:25 27) 9.3 Slotseën (5:28)

4 v. Lees van betrokke week se perikoop: Ons behandel in week 7, 1 Tess.4:13-18 wat handel oor die finale opstanding. Hier is n baie aktuele onderwerp, veral omdat baie van ons charismatiese vriende en bure hierdie gedeelte gebruik om hul dwalinge te bevorder. vi. Geleentheid vir enige vooraf vrae wat tydens eie voorbereiding na vore gekom het, sodat dit ook in die bybelstudie behandel kan word. vii. Behandeling van spesifieke vrae: a. Wat was die spesifieke probleem in die gemeente wat Paulus hier aanspreek? b. Wie is die ontslapenes wat hierna verwys word in vers 13? c. Aktuele vraag: waar hulle wat in die Here ontslaap het nou (Ps.16:10; Luk.23:44; 2 Kor.5:1) d. Bestudeer die konsep slaap in die volgende teksgedeeltes: Hand.7:60; 1 Kor.11:26-30; 1 Tess.4:13-18 e. Dus: wat beteken slaap in hierdie perikoop? f. Hoe volg die opstanding van die gelowiges die opstanding van Christus (sien HK, So.17)? g. Hoe gaan die volgorde van Christus se koms wees vanuit hierdie en ander Skrifgedeeltes (Matt.24:30; Joh.5:28; Dan.10:13,21;12:1; Judas 9; Op.12:7) h. Wat is die simboliek van die trompet wat blaas? i. Wat sal gebeur met hulle wat nog in die lewe is met Christus se wederkoms (1 Cor.15:51-54)? j. Aktuele vraag: verwys vers 17 na Die Wegraping soos dit bekend geword het in charismatiese en dispensasionele kringe? k. Waarvan is die wolke simbolies in vers 17 (sien Hand.1:9-11)? l. Wat is die verhouding tussen vers 17 en 3:13 en 4:14? m. Watter troos bring hierdie gedeelte vir jou (sien Sondag 19, v/a 52)? viii. Samevatting van perikoop en vers om te memoriseer Nadat ons week 7 gedoen het moet ons die volgende vrae kan beantwoord: - wat leer dit ons aangaande God Drie-enig (sien HK, v/a 24)? - wat leer dit ons aangaande die mens? - wat moet ons daaruit glo én doen (gehoorsaam)? Doen dus voorbereiding en studie met hierdie vrae in gedagte. Verse om te memoriseer: 57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. 58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie. 1 Kor.15

5 Slot ix. Rondvraag: geleentheid vir administratiewe geleenthede en reëlings vir volgende Bybelstudie (by wie, wanneer, wie bring die verversings, ens.) x. Afsluiting en saamkuier Eie voorbereiding - volgens die program/agenda hierbo uiteengesit met die volgende doelwitte en gedagtes om die bybelstudiegroep te begelei: My oorhoofse doelwit met bybelstudies: Strewe daarna dat die bybelstudielede die the big main idea kry van die bepaalde perikoop: i) die telos, die doel van die spesifieke Skrifgedeelte en, ii) hoe dit ons eie lewe raak. Die verdere doel: 2 Tim.3:15-17 Die volgende struktuur volg om daarby uit te kom (LO Richards se Creative Bible Teaching): a. Waarneming: wat staan daar geskrywe? Wat het die skrywer oorspronklik gesê vir die mense wat dit die eerste keer gelees het. Let daarom op die volgende vrae: Konteksvrae (veral vir week 1): 1. Wie is die skrywer of spreker? 2. Waarom is die boek geskryf? 3. Wat is die historiese agtergrond? 4. Waar was dit geskryf? Struktuele vrae: 1. Watter woorde/frases word herhaal? 2. Vergelykings en kontraste? 3. Watter vrae word gestel en watter word beantwoord? 4. Enige oorsaak en gevolg verhoudings? 5. Progressie en oorgang in die teks? 6. Klimaks van die teks? 7. Enige stylfigure wat gebruik word? 8. Enige sentrale gesegdes of woorde? 9. Watter voegwoorde word gebruik wat belangrik is? 10. Watter werkwoorde word gebruik?

6 b. Verklaring: wat beteken dit? Die Skrif kan verskillende toepassings hê maar slegs een ware interpretasie en verklaring. Wanneer die Skrif verklaar word, moet die volgende drie reëls in ag geneem word: 1. die Skrif moet met Skrif verklaar word, want daar is n eenheid in die boodskap van die Skrif. 2. die teks moet binne sy konteks verklaar word. 3. die letterlike betekenis moet gevolg word, d.w.s. die grammaties-historiese metode, wat beteken dat elke vers of Skrifdeel moet volgens sy literatuursoort waarbinne dit voorkom verklaar word. c. Toepassing: watter verskil maak dit? Om korrekte toepassings te maak, moet die volgende riglyne gevolg word (leer dit aan bybelstudielede): 1. Verklaring moet toepassing voorafgaan. 2. Toepassing fokus op Bybelse antwoorde vir algemene kwessies van vandag. 3. Die Bybel moet toegepas word soos God dit bedoel het (2 Tim.3:15-17). Vervolgens kan die volgende vrae ook gevra word met die oog op die toepassing: - Is hier n lering wat geglo en gedoen moet word? - Is hier n waarskuwing wat gehoor en gehoorsaam moet word? - Is daar iets wat moet verander? - Wat leer die teks ons oor hoe om regverdig te lewe? d. Implementering: wat moet ek verander? - verskillende persone en situasies in ag neem. - probeer lede aan die gesels kry oor hul eie situasies - baie belangrik: elkeen moet homself afvra waar en hoe hy moet verander? 3. HULPMIDDELS - hierdie is hulpmiddels wat jul kan saambring of ten minste kan gebruik in jul eie voorbereiding. a. Bybel: enige vertaling (probeer albei vertalings bring). In jou voorbereiding, gebruik soveel as moontlik vertalings en paraphrases en vergelyk dit met mekaar. As jy in enige ander taal kan lees, bring dit gerus saam sodat ons dit met die ander vertalings in die groep kan vergelyk. Voorstel: dalk kan ons met mekaar ooreenkom dat elkeen naas sy eie keuse vir n spesifieke vertaling ook nog elkeen n ander vertaling bring sodat ons soveel as moontlik vertalings het om te vergelyk. b. Studiebybels: o.a. die Bybel met Verklarende Aantekeninge; die Bybel Verklaar; The Reformation Study Bible; Life Application Study Bible; NIV Study Bible, ens. Hierdie gaan veral nodig wees vir ons eerste les as inleiding op die behandeling van die hele boek. c. Psalmboeke: ons gaan ook lekker saam sing!

7 d. Konkordansie en Bybelse Woordeboek (bv. Bybels ensiklopedie) e. Enige goeie kommentare. Ek kan die volgende aanbeveel: - Calvyn se kommentaar op Tessalonisense (in Engels of Nederlands) - Die Briewe aan die Tessalonisense, J. du Preez (Swart reeks) - De Brieven aan de Thessalonicensen, JAC van Leeuwen (Korte Verklaring-reeks) - 1 & 2 Tessalonians, W. Hendriksen (NTC) - First and Second Thessalonians, GH Clark - Commentary on 1 & 2 Thessalonians, C.A. Wanamaker (NIGTC). Hierdie kommentaar is meer tegnies van aard en veronderstel n basiese kennis van die Grieks. ( n mens kan ook een volume kommentare soos bv. die New Bible Commentary of Matthew Henry gebruik). f. Bring ook pen en papier saam om notas te maak. Bronnelys BYBEL. 1953. Die Bybel: dit is die ganse Heilige Skrif wat al die kanonieke boeke van die Ou en die Nuwe Testament bevat. Kaapstad: Bybelgenootskap Van Suid Afrika. COETZEE, J.C. 1975. Die Blye Boodskap: n Gids deur die Boeke van die Nuwe Testament (die Briewe van Paulus). Potchefstroom: Pro Rege. DU PREEZ, J. 1981. Die Briewe aan die Tessalonisense. Kaapstad: Lux Verbi. HANKO, C. 1994. Studies in 1 Thessalonians. Grand Rapids, MI: RFPA. D ASSONVILLE, V.E. 1984. Oorsig oor die Nuwe Testament. Potchefstroom: Marnix. RICHARDS, L.O. & Bredfeldt, G.J. 1998. Creative Bible Teaching. Chicago: Moody.