Maand-Krant. RIGLYNE OOR BEGRAFNISSE IN WAPADRANT-GEMEENTE. (Begrawe of Verassing?)

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Tariewe

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Direkte en indirekte rede *

Tariewe

HOëRSKOOL PORTERVILLE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Maand-Krant OKTOBER sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Kerssangdiens. SA Gemeente

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Maand-Krant JULIE te laat kom. EENHEID EN VERSKEIDEN- HEID IN ONS EREDIENSTE

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Uit Moerdijk se pen Man en Media

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SIZA takes the sting out of auditing

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Gold Results. Daily Entry Surname Name Class Number

Maand-Krant OKTOBER 2013

September Na God se hart...

Hoe om krag te spaar

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Maand-Krant DESEMBER 2013 & JAN 2014

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Geagte Ouers / Voogde en Florries

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Dialoog en paragrawe *

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Maand-Krant. Desember 2014/Januarie 2015

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Sterdansers by Vensters.

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Transcription:

Maand-Krant JULIE 2013 RIGLYNE OOR BEGRAFNISSE IN WAPADRANT-GEMEENTE. (Begrawe of Verassing?) Die volgende riglyne is deur die Raad van Ouderlinge (RvO) goedgekeur as ons gemeente se standpunt oor die genoemde saak. Dit spruit uit n ondersoek en rapport wat onder leiding van Dr Klasie Heystek gedoen is: 1. Riglyne gevra vir Christelike begrafnisse: 1.1 Begrafnisse is primêr n gesinsaak, coram Deo (voor die aangesig/teenwoordigheid van God). Uiteraard betrek die gesin ook familie, vriende, gemeente(s) en medegelowiges. Gesinne wil en behoort hul ontslapenes eervol, troosvol, sinvol en tot eer van God te begrawe. Hiervoor bestaan n behoefte by lidmate, aan leiding van die kerkraad en predikante. Dié behoefte groei namate begrafnisse steeds wyer gedifferensieerd ingeklee en uitgevoer word. 1.2 In die verlede was die Gereformeerde Kerke versigtig om voorskriftelik hieroor te wees. Daarom slegs die baie beknopte bewoording van Artikel 65, Kerkorde: Lykpredikasies en lykdienste mag nie ingevoer word nie. Beginsel: Na die dood kan lewendes nie meer vir oorledenes intree/voorbidding doen nie (vgl Spoelstra by Art 65 KO, p 357, met verwysing na RK praktyke destyds). 1.3 Verskeie kerkrade (o.a. GK e Centurion, Magalieskruin, Bellville) het in die jongste verlede begrafnisriglyne bekendgestel. Hierdie riglyne verskil prinsipieel en in praktyk van ander kerke/teoloë se siening. Voorgenoemde kerke se riglyne is op internet beskikbaar, en kan lidmate van ander gemeentes, waar ander gebruike bestaan, in twyfel en verwarring bring. 1.4 Om bogenoemde redes het dit nodig geword dat die kerkraad van die WPR n eie standpunt kernagtig en duidelik formuleer. Alhoewel n Christelike begrafnis primêr n gesinsaak is, is die gemeente ook organies/geestelik daarby betrokke. Dis immers n lid van die liggaam van Christus (gemeente) wat ontslaap het en begrawe moet word. 1.5 Teenswoordig (met moderne hulpmiddele) is daar net twee wyses van begrafnisse: Kremasie en Teraardebestelling. Daarom word daar slegs vir hierdie twee begrafniswyses riglyne gegee. 1.6 Staatsregtelike en -gesondheidsvoorskrifte word geïgnoreer, aangesien dit wetlik duidelik beskryf is, en vir alle begrafnisse geld. 2. Watter voorskrifte gee die Bybel oor begrafnisse?: 2.1 Geen pertinente voorskrif vir begrafnisse is in die Skrif te vind nie (vgl JH v Wyk, Mrt 1977, ea). 1

2.2 Christelike begrafnisse is na gelang van omstandighede, in geloof gedoen: Waterbegrafnisse op see, verbranding na n slagveld, kremasie in lande met weinig grond beskikbaar (Nederland, Japan, Indië, China), teraardebestelling waar moontlik. 2.3 Verskeie GKSA-sinodes het teen kremasie, ten gunste van begrafnisse, besluit (1933:117; 1952:208,216; 1964:82). Hierdie besluite rus op simboliek, sentiment, voorkeur en subjektiewe afleidings aan die hand van (enkele) Bybelse voorbeelde (Gen 23:19, 35:4, ea). 2.4 Deurslaggewend is eerder die omstandighede, motief, geloof, hoop en verwagting wat heers by die beplanning en uitvoer van n begrafnis. 3. Standaardprosedures na die afsterwe van n geliefde: 3.1 Wanneer n geliefde sterf, tree die familie onmiddellik met n begrafnisondernemer in verbinding, wat sal help om die liggaam te versorg, n sterftesertifikaat te bekom - na oa n mediese verklaring deur n geregistreerde geneesheer - en om ander staatsregtelike vereistes na te kom. 3.2 Daar word ook so gou doenlik met n Woordbedienaar, die familie se keuse, in kontak getree, sodat die familie in hul rousmart getroos en bygestaan kan word. (Moenie van u ouderling en kleingroep vergeet nie.) Die Woordbedienaar sal ook (kan) help, indien so verkies word, om die teraardebestelling of kremasie-liturgie te beplan en gereed te kry (met gepaardgaande Woorddiens(te)). 3.3 Dit is belangrik dat n troosdiens/woordbediening in naam van God Drie-enig gehou word en die ewige lewe aan kinders van God verkondig word (1 Tim 4:1 ev). 3.4 Sogenaamde lykpredikasies (vgl Art 65 KO) is onskriftuurlik. Aanvullend tot die troosdiens(te) kan n terugblik op die oorledene se lewe in beeld (foto s, video) gedoen word. Indien dit sinvolle en troosvolle herinneringe oproep, met dank en eer aan God, is n plek daarvoor te vind. Die begrafnis gaan tog oor iemand besonders, n voorganger in die geloof, wat God gegee en geneem het (Hebr 13:7). 3.5 Aanwesiges kan na die tyd saamverkeer rondom verversings om bande van geloof, hoop en liefde te versterk. 4. Riglyne vir n teraardebestelling begrafnis: 4.1 Oorledenes word in private of publieke begraafplase (met goedkeuring van die staat) begrawe. Voorbeelde in die Skrif: 1 Konings 14:13, Johannes 11: 29 ev, en Johannes 19:38 ev. 4.2 Soos reeds genoem kan die begrafnisondernemers hiervoor genader word om die nodige reëlings te tref. 4.3 Die verloop en volgorde van verrigtinge gaan afhang van die behoeftes van die familie. (bv roudiens voor of na die teraardebestelling). 5. Rigyne vir n kremasie begrafnis: 5.1 Kremasie is van die vroegste tye, na gelang van omstandighede, op een of ander wyse deur Christene toegepas. Teenswoordig word die liggaam van die oorledene in n kis met n lykswa tot by die plek van Woordbediening gebring. So word die werklikheid van die begrafnis geaksentueer. Dis egter nie noodsaaklik dat die liggaam daar hoef te wees nie. 2

5.2 Hier is dit wel belangrik dat n Troosdiens/Woordbediening in naam van God Drie-enig gehou word en die ewige lewe aan kinders van God verkondig word (1 Tim 4: 1 ev). 5.3 Die as wat die gesin van die krematorium ontvang, kan bewaar, iewers gestrooi of in n gedenkmuur/-tuin geplaas word. Doelmatige argitektonies-ontwerpte gedenkmure of tuine is op verskeie plekke in Pretoria beskikbaar. Die RvO is tans ook besig met n ondersoek om te bepaal of dit haalbaar gaan wees om so n gedenkmuur op ons kerkterrein op te rig. Beredenering - So word aan n groot behoefte voorsien. Die name van en gedagtenis aan die oorledenes skryf so op n besondere wyse die geskiedenis van die (plaaslike) kerk; hulle wat voor ons hier op aarde deel van God se gesin was, wat hier geleef en gedien het. 5.4 Vir kennisname en agtergrond: Goedkoop kiste van karton of hardebord word aanvanklik binne n aanskoulike kis geplaas, maar voor kremasie word die bodem verwyder en die kis herwin. Sodoende word lugbesoedeling beperk en hout bespaar. Tydens kremasie word net een liggaam op n keer, in n gas-/dieseloond, teen n baie hoë temperatuur (870 1158 C), tot die basiese chemiese komponente van die liggaam afgebreek. Metaalgedeeltes word later deur n magneet uitgeneem en onverteerde bene gemaal (soms selfs iewers begrawe vgl artikel in Rapport Nov 2012). 6. Slotsom: In WPR word beide kremasie en teraardebestelling as wyse van n Christelike begrafnis aanvaar en word dit uitgevoer in die geloof, hoop en verkondiging van 1 Korintiërs 15, 1 Tess 4:16, Openbaring 20:11-15 en Openbaring 21:1 22:5 en ander Skrifuitsprake. AROS-BEURSE BESKIKBAAR AR IN 2014 ######## Vir Aros is dit nie net belangrik om goeie onderwysers op te lei nie, maar ook om mense te identifiseer wat oor die medium- tot langtermyn Christelike, passievolle, roepingsgedrewe, knap en bekwame skoolhoofde sal word. Vir hierdie doel het Aros superbeurse van R50 000 per jaar beskikbaar gestel. Stuur gerus jou naam, van, kontakbesonderhede en CV aan lydia.vanderkooy@aros.ac.za voor of op 31 Julie 2013 sodat ons met jou kan kontak maak. Andersins maak gerus met ons kontak. <<<<<<>>> 3

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT-GEMEENTE Die gemeente se finansiële state vir 2012 is dan ook reeds klaar geoudit en volgens die ouditeure wat aangestel was, het hulle n baie positiewe verslag gelewer. Meeste sake wat in die vorige boekjaar as aanbevelings gedien het, is dan ook reeds in 2012 geïmplementeer deur die kerkkantoor. Met dank aan almal betrokke by die bestuur en beheer van die gemeente se finansies. ************ DANVILLE-UITREIK Daar is n blanke plakkerskamp in die omgewing van Zandfontein. Die gesinne bly meestal in Wendy-huisies met die minimum geriewe. President Zuma het die plakkerskamp onlangs besoek en belowe dat daar iets aan die situasie gedoen sal word. Alet Stroebel van die Geref Kerk Elandspoort sorg al vir baie jare dat die kinders (ongeveer 130) van hawelose en ander hulpbehoewende mense uit die omgewing, elke dag iets te ete kry. Twee kleingroepe van ons -eel-nte is betrokke deur elke Maandag voedsel daar -eel- lewer. Ongeveer 20 gesinne wat deur Alet gehelp word, het nou van die regering huise gekry asook 1 bed. Die huise is in Elandspoort gebou en is baie klein en nie toegerus nie. Die kombuis het bv net n wasbak met n kassie daaronder. Die gesinne, wat meestal uit enkellopende ma s met kinders bestaan, het werklik niks om die huisies leefbaar te maak nie. Die nood is dus hoog en hiermee word n beroep op ons -eel-nte gedoen om asseblief te help waar ons kan met die volgende: Meubels, kaste, matte, gordynrelings, gordyne, beddegoed, handdoeke, tweeplaatstofies (hotplates), kombuisgoed soos eetgerei, borde, kastrolle, ens. Enigiets wat die huisies leefbaar kan maak sal waardeer word. 4

U kan die kleiner items in n sak of kartondoos gemerk Danville-uitreik, agter in die saal laat en vir groter items kan u Alet Stroebel kontak by 082 771 5318 sodat sy kan -eel dat dit by u afgehaal word. Wie vir n arm mens iets oorhet, sal self niks kortkom nie. Spreuke 28:27 God maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees, julle vrygewigheid bring mee dat God gedank word. 2 Korintiërs 9:11 >>>>>>>>>>>>>>>>> UITREIK NA DIE KRUIK-BEDIENING IN FICKSBURG n Groepie van ons het in Junie 2013 gaan kuier by ds Petrus (Sloet) Grové, sy vrou Marietjie en hulle twee kinders, Antonie en Mieke. Ons is baie gasvry deur hulle ontvang, en het hulle vir n volle dag vergesel na al hulle aktiwiteite in die omgewing van Ficksburg. Die geesdrif waarmee hulle alles aanpak was vir ons baie duidelik sigbaar. Dit was wonderlik om te sien wat hulle alles daar doen, en om die absolute oortuiging en geloof waarin hulle dinge aanpak, te beleef. Alles begin by opleiding in dissipelskap. Dit is n deurlopende aksie waar voortdurend nuwe leiers opgelei word, wat dan weer ander mense oplei. Die leiers kom minstens drie keer per week bymekaar om saam te bid en onderling versterk te word. As uitvloeisel hiervan het hulle met heelwat praktiese aksies begin. Hulle het n kleuterskool begin waar daar tans omtrent 25 kinders is. Hulle is besig om n skool te bou en beoog om van 2014 af met graad een te begin, en die skool so jaar vir jaar te laat vorder met die grade waarin skoolgegaan word. Hulle het twee jaar gelede met n hospies begin, waar plek is vir ongeveer 15 tot 20 mense, en het daarmee saam ook n tuisbediening vir siek mense. Dit alles word gedoen tesame met MISSIO DEI, waar n groep mense van die omgewing al hulle bates saamsnoer om te werk vir uitbreiding van die Koninkryk. Daar was groot dankbaarheid vir die goedere wat die gemeente bygedra het en wat ons vir hulle saamgeneem het, en ons dra hiermee hulle dank oor aan die gemeente daarvoor. Hulle versoek dat ons asseblief vir al hulle aktiwiteite moet bid, veral vir die suksesvolle registrasie van die nuwe skool, vir n onderwyser by die skool, en vir nog n verpleegsuster by die hospies. Ons dra hiermee die gebedsversoeke oor aan die gemeente. Hulle doen wonderlike werk in die Koninkryk en het ons ondersteuning nodig. Ons is bly ons kon dit alles beleef en spoor ander aan om hulle ook te gaan besoek. Wicus en Naomi Olivier, Ockie en An Fourie, Jan en Elna Coetzer, Jan en Helene Tollig, Gerhard en Thea Groenewald, Gerrit en Cina Myburgh. *********** DIE GROOT TREK (TOPIA SE BESOEK MAART TOT MEI 2013: DEEL 2) Covenant College Zambian Trust (TOPIA besoek) Stap saam met TOPIA op n reis van verandering. Sien die impak van n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. By TOPIA is samewerking baie belangrik. Ons wil deel wees van n beweging wat saam met ander werk om kerke en kerkleiers in Afrika te dien. Een van die netwerke waarmee ons 5

saamwerk, is Covenant College Zambian Trust (CCZT). Johannes is n trustee van die CCZT en hy het van 4-6 April die jaarlikse trusteevergadering bygewoon. CCZT het drie bedienings. Die eerste is die opleiding van predikante, die tweede fokus op skole en onderwys en die derde is n landboubediening. By die afgelope trusteevergadering was die verwisseling van leierskap van die landboubediening vanaf Phil Bailey na Jackson Kasolo n mooi ontwikkeling. TOPIA dien CCZT deur twee keer per jaar by CCZT klas te gee en deur n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing vir kerkleiers in die gemeenskappe van oudstudente van CCZT te fasiliteer. In die eerste week van April is n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing aan onderwysers van die CCZT en vir die sertifikaatstudente van CCZT gefasiliteer. Kyk gerus na die foto s en Marjanne Hendriksen se evaluasie van die fasilitering op die Voetspore van Hoop-blog. Daarna is Christelike Etiek vir die diplomastudente van CCZT aangebied. Kyk ook na n voorbeeld van n groepswerksopdrag deur studente op die Voetspore van Hoop-blog. Vir Lourens en Arina was n besoek aan CCZT n fees. Daar was baie maatjies en natuurlik kuikens, varke, bokke, hasies, en nog meer. Saterdagmiddae trek die hele omgewing se kindertjies saam vir sing, speel, om Bybelverhale aan te hoor, Bybelverse te leer en broodjies te eet. Lourens het veral die opwinding van al die maatjies geniet. Hier het Lourens dit ook vir die eerste keer reggekry om sy nuwe fiets te ry. Hy het ons verbaas met die kort tydjie waarin hy balans ontwikkel het. Ons het ook Lizanne se verjaarsdag met pannekoek, vlaggies en ystee gevier. Dankie vir die vlaggies, Marjanne. Buiten al die gewone goed wat n mamma doen soos wasgoed was en kos maak, het Lizanne my ook gehelp om hulpmiddels vir die fasilitering te maak. Sy is baie kreatief en het ook die pragtigste speelgoed vir ons kinders van papier en gom gemaak. Ek moes weer my lyf autolek en mecanic hou en probeer uitvind wat die probleem met ons trok se batterye en ratte was. Ek het die sonpanele skoongeskuur in n poging om ons batteryprobleem te verbeter. n Kabel wat die trok van hoë na lae ratte laat verwissel, het net buite Lusaka gebreek gelukkig terwyl ons in n hoë rat was. Ek het gou-gou gesien dat die herstel van die ratkabel bo my vuurmaakplek was en het maar n werktuigkundige gekry om te kom help. Johannes het ook een keer by die Confession Church wat deur Ds. Charles Zulu begin is, gepreek. Ons het twee Sondae die diens by die Boomkerk (Lourens se benaming) bygewoon. Die Boomkerk is n kerkplanting van een van die CCZT-studente in n naburige dorpie. Ons moes daarheen stap en toe ons die tweede Sondag terugstap, het my voet gegly en het ek my enigste kerkbroek flenters geval. Gelukkig het Arina net groot geskrik en nie seergekry toe ons geval het nie. Vir foto s en n meer volledige weergawe van ons besoek, lees asseblief die Voetspore van Hoop-blog. Gebede: Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se koninkryk op alle vlakke van die samelewing in Afrika. Bid vir CCZT se dienswerk en vir kerke en kerkleiers in Afrika. Dank God vir tweedegeslag-fasiliteerders en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Dank die Here vir ons beskerming tydens hierdie besoek aan Botswana, Zambië, Malawi en Mosambiek. Voetspore van hoop-blog teken in vir nuus en foto s: (1) Gaan na die TOPIA-webblad (www.topia.org.za). (2) Klik op die blog-skakel. (3) Tik jou e-posbesonderhede in die Voetspore van Hoop-blokkie in. (4) Klik op subscribe. Koninkryksbelegging Indien God jou roep om by TOPIA n koninkryksbelegging te maak: ABSA-tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319 6

CHRISTUS HET OPGESTAAN IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM! Lizanne, Lourens, Arina en Johannes Aucamp IGREJA REFORMADA EM MOÇAMBIQUE (TOPIA BESOEK MAART TOT MEI 2013: DEEL 3) Stap saam met TOPIA op n reis van verandering. Sien die impak van n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. Na drie weke in Zambië het ons via Malawi na Milange in die noorde van Mosambiek vertrek. Ons is die Here baie dankbaar dat alles voorspoedig afgeloop het. Albei die kinders het baie hoë koors ontwikkel, maar hulle het genadiglik negatief vir malaria getoets. In die noorde van Mosambiek werk TOPIA saam met die Igreja Reformada em Moçambique, Sínodo de Tumbine (IRM). Die eerste week het Johannes n Visiekonferensie met die jeugleiers van die Liazi-, Luala- en Tumbine-klassisse in Milange gedoen. Die jeugleiers is ouer as wat n mens sal dink en vervul n belangrike leierskapsrol in hulle gemeentes. Die konferensie het goed verloop en die Lualagroep het n drama opgevoer as antwoord op een van die praktiese oefeninge waardeur na die leuens in hulle gemeenskappe gekyk moes word. Die drama het uitstekend daarin geslaag om die groep by die praktyk uit te bring en Johannes het besluit om vorentoe meer van rolspel gebruik te maak. In Milange kon die kinders weer lekker met maatjies speel en oom Kobus en tannie Nana het vir baie lekker dinge gesorg. Hulle kon die bokkies mielies voer en die bababokkies vashou. Oom Kobus het ook vir Lourens een oggend met n kuiken verras. Die outjie het n bietjie later as sy ander boeties en susies uitgebroei en is alleen in sy nessie gevind. Vir Lourens was dit n wonderlike dag. Hy het die hele dag die kuiken versorg en vasgehou. Daardie week het dit ook aanhoudend in Milange gereën. Ons het toe agtergekom dat ons trok se dak lek. Ten spyte van nat beddegoed, skottels water (en skottels water wat omval), modder en waterplasse, is ons die week deur. Die laaste konferensie is by die gemeente van Mikongoni gehou. Die pad na die gemeente was vir n gedeelte net n fietspad. Hierdie stamppad het die ware karakter van Lizanne opnuut na vore laat kom. Die Here het waarlik vir my n ystervrou gegee. Hoe meer sy kon uitklim om piesangbome uit die pad te druk en hoe rowwer die paadjie geword het, hoe breër was die glimlag. Dit is vir ons as gesin wonderlik om die Here op so n wyse met ons gawes te kan dien. Maklik is dit egter ook nie altyd nie. Ons trok se batterye het toe finaal gegroet tydens die week in die bos. Eers wou die pomp nie meer water pomp nie, toe moes ons die vrieskas afsit en later kon ons nie eers die rekenaar of selfone laai nie. Die grootse opoffering vir ons gesin was egter om ons privaatheid in te boet. In die gemeenskap was daar die hele dag n skare mense rondom jou. Die Mikongoni Visie-konferensie is by die Itchi prayer house (wyk) gehou. Die gemeente bestaan uit 15 prayer houses. Die dominee kom hoogstens twee keer n jaar by elke prayer house uit en sy groot taak is om die leiers van die prayer houses toe te rus. By die konferensie het die praktiese toepassings deur musiek en rolspel baie goed gewerk. Donderdagmiddag het die kerkleiers Christus se liefde aan bejaardes in die gemeenskap betoon deur sogenaamde saadaksies en Vrydag het hulle aksiestappe beplan hoe die ouderlinge van elke prayer house aan die gelowiges in hulle prayer house sou oordra wat hulle by die konferensie geleer het en hoe hulle deur middel van saadaksies na hulle gemeenskappe sal uitreik. 7

Vir foto s en 'n meer volledige weergawe van ons besoek, lees asseblief die Voetspore van Hoop-blog. Gebede: Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se koninkryk op alle vlakke van die samelewing in Afrika. Bid vir kerke en kerkleiers van die IRM. Dank God vir tweedegeslag-fasiliteerders en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Dank die Here vir sy beskerming aan ons tydens hierdie besoek aan Botswana, Zambië, Malawi en Mosambiek. Voetspore van hoop-blog teken in vir nuus en foto s: (1) Gaan na die TOPIA-webblad (www.topia.org.za). (2) Klik op die blog-skakel. (3) Tik jou e-posbesonderhede in die Voetspore van Hoop-blokkie in. (4) Klik op subscribe. Koninkryksbelegging Indien God jou roep om by TOPIA n koninkryksbelegging te maak: ABSA-tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319 CHRISTUS HET OPGESTAAN IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM! Lizanne, Lourens, Arina en Johannes Aucamp *********** SUNRISE: AKADEMIE EN TERAPIE-ONDERSTEUNING: Uitbreiding na ander skole Vir die afgelope 3 jaar ondersteun ons Garsfontein Laerskool se Garsie Hulplyn met die verskaffing van remediërende onderrig aan minderbevoorregte kinders, asook ander vorme van terapie, soos arbeidsterapie en medikasie vir n ADHD-kind waar ouers in finansiële nood verkeer of waar sosiaal maatskaplike toestande nie na wense is nie. Ons was tot dusver baie geseënd en op wonderbaarlike wyse was daar nog altyd genoeg geld om hierdie kinders te help. Ons dank gaan ook aan die Here wat terapeute gee wat hierdie dienste teen minimale tariewe aanbied. Daar was deurlopend gemeentelede wat gevra het waarom net Garsfontein? Kan ons nie ook ander skole in ons omgewing met soortgelyke projekte ondersteun nie? Hoe wonderlik sal dit nie wees as ons meer kinders kan help om optimaal te presteer nie! Dit doen geweldig baie vir 'n kind se selfbeeld en sy gevoel van eiewaarde as hulle volgens vermoë presteer. Deur ons nie-winsgewende maatskappy SUNRISE ROAD wil ons dus graag in die komende 5 jaar hierdie aksie uitbrei na ten minste 2 tot 3 ander skole in ons omgewing. Daarvoor bid ons en vra ons hulp uit ons gemeente en ons gemeenskap. Ons benodig vrywilligers om op ons komitee te dien wat 'n passie het om kinders tot hulle volle akademiese potensiaal te sien groei en wat: as kontak- en skakelpersone by verskillende skole kan optree; hulp kan verleen met die koördineering en administrasie rondom die hulpverlening by die betrokke skool; aktief kan help met fondsinsamelingsprojekte vir die befondsing van hierdie aksies. Indien jy: geroepe voel om by jou skool betrokke te raak met hierdie projek, of indien jy graag as borg wil optree, of geld wil skenk vir hierdie projek, of 8

indien jy weet van iemand in jou omgewing of in die gemeenskap hier wat graag betrokke sal wil raak, kontak gerus vir Machel Leuschner by 083 467 6437 of stuur verkieslik epos aan machel.leuschner@gmail.com. Ons kinders is ons toekoms. Ons lees in Markus 9:36-37 waar Jesus 'n kindjie tussen hulle laat staan het en gesê het: "Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang ook vir Hom wat My gestuur het." Laat ons die kinders in ons omgewing wat swaarkry met Jesus se liefde ontvang en hulle help om hulle volle potensiaal te bereik. ************* HEIDELBERGSE KATEGISMUS 450 JAAR Toer in Duitsland en Nederland 18 tot 28 September 2013 Een van ons bekendste en mees geliefde belydenisskrifte, die Heidelbergse Kategismus, is hierdie jaar 450 jaar oud. Dit is waarlik ʼn belydenisskrif wat die toets van die eeue deurstaan het en een wat elke gereformeerde kind van kleins af leer ken. Om die 450ste bestaansjaar van die Kategismus te herdenk, is daar hierdie jaar verskeie uitstallings in Nederland en Duitsland wat die ontstaan en die invloed van die Kategismus uitbeeld. Hierdie uitstallings is nie permanent nie, maar word spesiaal vir die feesjaar voorberei. As deel van die wêreldwye herdenkingsjaar reël dr. Victor d Assonville en ds. Malan van Rhyn ʼn toer na dié lande om die uitstallings te kan besigtig en om die bakermat van die Kategismus te kan beleef. Kategismuskenners is ook gereël om ons te vergesel en toeligting by elke uitstalling en plek te gee. Daarmee saam bied die toer geleentheid vir besoeke aan van die belangrikste toerisme-besienswaardighede in Nederland en Duitsland. Die taal op die toer is Afrikaans! Ons bly in luukse hotelle, reis met n luukse bus en doen o.a. aan by Amsterdam, Gouda, Dordrecht, Apeldoorn, Bourtange, Emden, Münster, Keulen, Trier en uiteindelik Heidelberg! Ons vlieg terug na SA vanaf Frankfurt. Natuurlik sluit die toer o.a. n onvergeetlike bootvaart op die Rynrivier in. Seagulltoere (www.seagulltoere.co.za) tref al die reëlings. Vir navrae en n volledige toerprogram, kontak ds. Malan van Rhyn by mvanrhyn@telkomsa.net of 082 858 0538, of dr. Victor d Assonville by vieddas@yahoo.de. Gereformeerde Kerk Pretoria-Noord. Tel: +27 (0)12 546 5177 / Sel: +27 (0) 82 858 0538. ########## KOEKVERKOPING Baie dankie aan almal wat ons koekverkopings so getrou ondersteun (deur gebak te skenk en deur te koop). Ons het alweer ongeveer R9 000 ingesamel en die geld sal gebruik word om die inwoners van Paul Jungnickel Tehuis by te staan, op verskillende maniere. Die volgende koekverkoping vind plaas op 21 Julie, na die eerste oggenddiens. Vir meer inligting kontak vir Riana Stapelberg by 083 324 1005. Baie dankie, Kleingroep G28. 9

FORMELE DINEE 14 SEPTEMBER Onthou jy nog 1983? Verlang jy na n ete waar jy formeel kan aantrek? Is julle laaste mooi foto op julle troue geneem? Lus vir n grand ete sonder onderbreking? Saterdag 14 September hou ons n formele dinee met die tema: 1983... (Dis toe ons gemeente begin is!) Hou solank die datum oop besonderhede volg! *********** Attestate ontvang: Geref Brooklyn: Lourens Jakobus & Elsabé Wihelmina Erasmus; Leeufontein B28 Geref Cachet: Juné Pieterse; Solidatus 405 Geref Olifantshoek (Kathu): Willem & Liezl met dooplidmate Wihan, Milandi en Elri Botha; Elandshoek 11, Rayton Attestate na: Geref Wierdapark: Johannes Hendricus & Liezl Inge Venter Geref Wonderboom-Suid: Johannes Hermanus & Moira-Marié Kloppers Geref Wesrand: Hendrik Louis du Plessis Bewys van Lidmaatskap ontvang: Elizabeth Margaretha Robberts; Uilstraat 181 Jurgens Jacobus en Reynet Doman; Mooiplaas #44 Renzo & Esmé Derksen; Lavender Close 14 Lydia Winterbach; Greyhoundstraat 705 10

Bewys van Lidmaatskap aangevra: Marianda Venter Chrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 997 2678 of 082 6446 741 KONTAK PERSOON: Collette Nienaber: 012 991-2702 of 072 314 1416 PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 1-7 JULIE Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 8-14 JULIE Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 (Di / Do) 15-21 JULIE Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 22-26 JULIE Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 29 JULIE 4 AUGUSTUS Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 (Di / Do) 5-11 AUGUSTUS Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S) Mariaan vd Walt: 083 2398 913 KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Ria Vorster: 012 997 1261 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 1-7 JULIE Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); Dirk van Zyl: 807 7878 / 082 923 5088 (Ma); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 8-14 JULIE John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So); Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 15-21 JULIE Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold : 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 22-26 JULIE Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); Dirk van Zyl: 807 7878 / 082 923 5088n (Ma); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 11

29 JULIE 4 AUGUSTUS John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So); Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 5-11 AUGUSTUS Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold : 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: Keimpe de Groot: 807-7977; André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGéNE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID- AFRIKAANS Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen EUGéNE MARAIS Clara de Jonge: 083 609 9259 / 565-4485 MUELMED, HART- & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIES Aat & Thea v d Dussen: 343-0390 X 246 / 082 332 0855 André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 013 932-1740 TUISVERPLEGING: Slegs vir Wapadrant gemeentelede: Hetta Henning: 991-1793; Irene Hugo : 991-1269 / 084 208 6924; ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Colette Nienaber: 991-2702 / 072 314 1416 (S); Meisie v Wyk: 807-3600, Elsabé Coetzee: 365-3470; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; Thea Heckroodt: 991-0803 SENIORS - TUISBESOEK: Rineke Derksen: 807-2324; Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Lettie Louw 991 8855; Hetta Henning: 991 1793; Karla Boer: 998 6575; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; >>>>>>>>>> VERJAARDAE: GELUKWENSING VIR JULIE 2013 By Verjaar word die maand eers gegee en dan die dag van die verjaardag. Noemnaam Van Verjaar Cornelis Boersema 07/01 John Botes 07/01 Pauline Janse Van Rensburg 07/01 Niel Janse Van Rensburg 07/01 Lizel Kotzé 07/01 Nelia Koelewyn 07/02 Klaudia Nienaber 07/02 Mieke Oelofse 07/02 Marco Van Der Walt 07/02 Daleen Van Wyk 07/02 Elna Verhoef 07/02 12

Hannie Botes 07/03 Dawid Cloete 07/03 Stephan Fick 07/03 Raymond Johnson 07/03 Lydia Venter 07/03 Damian Visser 07/03 Julene Griesel 07/04 Chanel Grobler 07/04 Marié Jansen Van Rensburg 07/04 Ewoud Malan 07/04 Andy Nell 07/04 Diedrich Parsons 07/04 Riaan Pet 07/04 Bouie Bauermeister 07/05 Emsie Coetzee 07/05 Dawie De Beer 07/05 Jan Ferreira 07/05 Elzabe Kruger 07/05 John Meyer 07/05 Johann Venter 07/05 Helena Aucamp 07/06 George Booyens 07/06 Maryna De Beer 07/06 Gerhard Engelbrecht 07/06 Estelle Hechter 07/06 Bart Kooi 07/06 Marko Oosthuizen 07/06 Lynette Schreurs 07/06 Rouan Snyman 07/06 Tinus Heystek 07/07 Naomi Holding 07/07 Mimmie Janse Van Rensburg 07/07 Wynand Marais 07/07 Sunelle Oakes 07/07 Johan Boersema 07/08 Annette De Beer 07/08 Phil Grobler 07/08 Beatrix Oelofse 07/08 Phillipe Temmerman 07/08 Conrad Theron 07/08 Buks Van Niekerk 07/08 Ina Cesare 07/09 Adri Gertenbach 07/09 Eben Jansen 07/09 Mari Minnaar 07/09 Rassie Smit 07/09 Lizette Worst 07/09 Bill Gie 07/10 Leonie Meyer 07/10 Michelle Neveling 07/10 Sannie Van Rooyen 07/10 13

Johan Barnard 07/11 Daniela Els 07/11 Julie Germishuizen 07/11 Hester Ries 07/11 Karlien Alberts 07/12 Charl Du Plessis 07/12 Monique Ferreira 07/12 Jaco Leuschner 07/12 Izette Lubbe 07/12 Véra Tollig 07/12 Marike Ubbink 07/12 Helen Van Der Merwe 07/12 Julia Bloem 07/13 Gert Kok 07/13 Betsie Lessing 07/13 Elené Maree 07/13 Johnny Booyzen 07/14 Adri Bouwer 07/14 Van Der Ahee Coetsee 07/14 Eric Coetzee 07/14 Thea De Bruyn 07/14 Nicolien De Klerk 07/14 Tharin Van Der Merwe 07/14 Stephan Van Der Walt 07/14 Heindrich Groothof 07/15 Gerrit Jacobsz 07/15 Marlene Louw 07/15 Hannelie Taljaard 07/15 Helene Tollig 07/15 Martie Van Der Walt 07/15 Jo Venter 07/15 Daleen De Beer 07/16 Rouxné Prinsloo 07/16 Ruben Schlebusch 07/16 Rénard Tollig 07/16 Johan Coetzee 07/17 Tarah Ferreira 07/17 Paul Kruger 07/17 Lionel De Beer 07/18 Schalk Eagar 07/18 Barend Erasmus 07/18 Philique Fick 07/18 Rian Van Der Merwe 07/18 Mimi Van Der Merwe 07/18 Dedré Van Zyl 07/18 Jeanette Venter 07/18 Zanel Jonker 07/19 Luan Mulder 07/19 Elsa Oberholzer 07/19 Dihan Roos 07/19 Marthinus Botha 07/20 14

Anita Hicks 07/20 Liesl Jansen v Rensburg 07/20 Louise Kense 07/20 Sunel Pet 07/20 Tarien Van Rooy 07/20 Henri Brummer 07/21 Nicolay Cornberg 07/21 Phil Minnaar 07/21 Izabel Pretorius 07/21 Francois Smit 07/21 Remig Cellarius 07/22 Tanya De Bruyn 07/22 Elmarie Minnaar 07/22 Chevaugn Pelser 07/22 Chloé De Boer 07/23 Petro Duvenage 07/23 Amanda Erasmus 07/23 Frans Moolman 07/23 Riana Moore 07/23 Heinrich Pieterse 07/23 Ronel Reyneke 07/23 Karien Van Der Merwe 07/23 Zander Esterhuizen 07/24 Isabelle Smit 07/24 Pieter Viljoen 07/24 Danita Weideman 07/24 Joey Fourie 07/25 Martin Knox 07/25 Herman Lombard 07/25 Tanay Van Greuning 07/25 Andre Van Niekerk 07/25 Burghilde Van Wyk 07/25 Bernhard Wilcocks 07/25 Susan Olivier 07/26 Karin Prinsloo 07/26 Mare-Lene Strydom 07/26 Trevor Strydom 07/26 Gerrie Terblanche 07/26 Hendrika Van Der Walt 07/26 Andri Williams 07/26 Louis De Villiers 07/27 Jaco Kruger 07/27 Behan Ries 07/27 Peet (Dr) Vermeulen 07/27 Antoinette Kruger 07/29 Bianca Terblanche 07/29 Ronnie Van Lochem 07/29 Yolande Vermeulen 07/29 Petro Arnoldi 07/30 Christiaan Els 07/30 Lappies Labuschagne 07/30 15

Danelle Prinsloo 07/30 Werner Prinsloo 07/30 Hettie Venter 07/30 Marieke Boersema 07/31 Petro Bouwer 07/31 Monica Du Preez 07/31 Naas (Snr) Ferreira 07/31 Jean-Dane Malan 07/31 Alta Oosthuizen 07/31 Anja Pollard 07/31 Sylvia Van Ryneveld 07/31 ALMAL SE MANDJIE ******** Vakature vir haarkapster by El-pidà Dienssentrum: Toegeruste haarsalon beskikbaar by die dienssentrum te Valleisig NG-kerk teen slegs R250 huur per maand, water en elektrisiteit ingesluit. Herstel van ou klokke: Het u n mooi ou/antieke klok wat stilstaan, vuil is of sommer in n vergete hoekie staan omdat hy nie werk nie? Ek herstel en restoureer klokke. Skakel Cor Meindertsma by 012 991 2719. Valley View nr 3, Haymeadowstraat, Faerie Glen (langs Renaissance Aftree-oord). Aandeel in n wildplaas/vakansie-oord te koop. Die aandeel behels n 3- slaapkamerhuis en kumulatiewe verblyf van 9 maande per jaar. Die oord is noord-wes van Warmbad (Bela-bela) ongeveer 10 km buite Warmbad en aan n groot dam geleë. Prys: R750 000 (onderhandelbaar). Kontak Lou Coetzer by 012 991 1241 of 082 332 5786. Verhurings: Soek jy n goeie huurder vir jou huis of meenthuis in die ooste van Pretoria? Ons leuse is nie verniet: Jou eiendom is ONS verantwoordelikheid. Skakel ons gerus vir meer inligting oor ons werkswyse en besoek ook ons webwerf: www.proprent.net. PROP RENT. Estelle 012 993 0033 of 072 785 3935. Te koop, splinternuwe volledige, verpakte Duits-ingevoerde uurwerk vir ʼn Grand Father s Clock of staanhorlosie. Geskik vir ʼn persoon wat belangstel in die vervaardiging van staanhorlosies. Kontak Kattie Heslinga by 076 412 8535. Gesoek ouma-/tuinwoonstel: in die omgewing van Silver Lakes waar my kat en plante welkom is. Ek woon tans by my kinders in Silver Lakes. Kontak Elsabé Kemper by 082 3565 899. Gesoek Toyota Fortuner in ʼn goeie toestand vir ons kinders wat van Dubai terugkom. Kontak asb vir Jaap by 082 453 2236 of Rita Schoen by 082 662 3964. 16

CITY GIFTS AND TOYS Sel 083 284 5174 / 5 ONS HET VERSKUIF NA ATTERBURY VALUE MART OP 1 JUNIE 2013 EN HET GEOPEN OP 26 JUNIE LANGS BUILDERS WAREHUSE GROTER EN BETER ATTERBURY VALUE MART WINKELSENTRUM CITY GIFTS BUILDERS BABIES & TOYS WAREHOUSE WEG SELIKATSWEG PARKERING PICK & PAY ATTERBURY OOGINSTITUUT 17

THATO PAYROLL SERVICE Meenthuis-spesialis sedert 1997 www.nelis.co.za Kontak my gerus vir n GRATIS waardasie van u meenthuis in Faerie Glen, Garsfontein, Wapadrand en Olympus. 012 991 7981 (kantoor) 082 455 9766 (Nelis) 076 023 3190 (Lacia) www.realnet.co.za Pastel Payrol-produk word gebruik om die volgende diens vir u profesioneel en bekostigbaar te doen: Verwerking van weeklikse, tweeweeklikse en of maandelikse salarisse. Indien van LBS, UIF, SDL op n maandelikse basis. Navrae en opvolg van uitstaande navrae by SARS. Indiening en rekonsilisasie van u halfjaarlikse asook jaarlikse IRP5- sertifikate. Kontak: Engela v d Walt, Sel 082 905 4654 Epos : kleintjievdwalt@gmail.com VERHURINGS Soek jy 'n goeie huurder vir jou huis of meenthuis in die Ooste van Pretoria? Ons leuse is nie verniet: Jou eiendom is ONS verantwoordelikheid. Skakel gerus vir meer inligting oor ons werkswyse en besoek ons webwerf: www.proprent.net Estelle: 072 785 3935 of Magda: 072 510 6531 18

Ons verskaf die volgende dienste aan individue en klein- tot mediumentiteite: - Maandelikse en jaarlikse boekhouding Individue se belastingopgawe opstel en indien Maatskappy-, Beslote Korporasie- en Trust-belastingopgawe opstel en indien Maandelikse salarisdienste Konsultasie en sekretariële dienste/cipro-dienste Epos: Nadia van Rooy (nadia@liravanrooy.co.za) Sindy Lira (sindy@liravanrooy.co.za) Tel: 012 807 4981 HOEDSPRUIT WILDLIFE ESTATE BALLITO SELFSORG OP DIE SEE Vakansiewoonstel vir ʼn lekker wegbreek na Ballito. Nuwe selfsorgwoonstel, 3 slaapkamers, 2 badkamers. Stapafstand vanaf strand en winkels. Uitstekend vir n familie-seevakansie. Mooi see-uitsig en geriewe. Veilige eenheid met swembad teen die kus. Kontak Pieter Vermaak by 076 673 5595 of pieter@academytraining.co.za Besit 5000m2 van u eie stukkie bosveld in hierdie 340 ha-landgoed geleë teen Hoedspruit. Hierdie ses-bed-, drieslaapkamer- eenheid met drie badkamers, staan tussen die maroelas en ander bome. Diere wei tot op jou voorstoep want die tuin is in die bos. Slegs 60 km vanaf die Krugerwildtuin, wat dit maklik maak om n dag in die wildtuin deur te bring. Volledig toegerus (4-ster-gehalte) met meubels, beddegoed en kombuistoerusting vir meer as ses persone. Prys R890 000 Kontak Hennie Breytenbach by 082 923 1428 19

Best Build (Pty) Ltd NHBRC geregistreer Nuwe huise Motorhuise Grensmure Badkamers Waterdigting Verf Teëls Plafonne Aanbouings GRATIS KWOTASIES Adriaan Smit 083 457 4301 Andrè Vermeulen 082 878 1634 MEYBURGH ONDERNEMINGS ELEKTRIESE OMHEININGS Installering Onderhoud Sertifikaat van Voldoening (CoC) ELEKTRIESE WERK Algemene elektriese onderhoud Sertifikaat van Voldoening (CoC) Skakel Jan Meyburgh (Geregistreer by Departement van Arbeid) Sel nr 079 509 9919 of jaried@mweb.co.za MEYBURGH ONDERNEMINGS ALGEMENE BOEKHOUDIENSTE Van Grootboek tot Proefbalans E-filing Skakel Jan Meyburg (Geregistreer by SAIPA en SARS) Sel nr 079 509 9919 of jaried@mweb.co.za 20