Beoordelaars tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2015

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Rut: n Liefdes Verhaal

HOLLYWOOD IN MY HUIS

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN HIERDIE UITGAWE OORSIG 4 OPSOMMINGS 5 DIE STORIE AGTER DIE STORIE 6 ROMAN 7

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

PROGRAMME PROGRAMMES

make your dream a reality

Mandala Madness Deel 2

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ʼn Kritiese ondersoek na die stand van Afrikaanse professionele Jeugteater in Suid-Afrika na 1994

Ons Borge. Naamborg Clover. Hoofborge AngloGoldAshanti, ATKV, Beeld, kyknet, Lotto & Vodacom. Stigtersborg Media24

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

DIE GHOEMA AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

SIZA takes the sting out of auditing

Brugbouer tussen generasies: Koos Roets se samewerkingsnetwerk in die Afrikaanse filmbedryf

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

\ \\\\\\ \\\\\ \\\\\ \\\~ \\\\\ \\\\\ \\\\\ \\\\ 1\\\ THE BACKGROUND, ARCHITECTURAL PHILOSOPHY AND WORK OF HELLMUT WILHELM ERNST STAUCH

Voorgrond VOORBLAD 44 TaalgenooT somer 2015

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

LETTER. Nuusbrief van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe Newsletter of the Faculty of Arts and Social Sciences VISUELE KUNSTE 2

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Indeks. Kinderproduksies

Sport lok duisende na Pukkampus. is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied.

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Sterdansers by Vensters.

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

ALGEMENE INLIGTING TONEEL KUNSTE ONBEPERK-PRYSE. FEESPROGRAM 8-15 APRIL

gflitse Puk-prof Power Alert se flitse soos dit op TV verskyn Mei/Junie Uitgawe 4

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Visekanselier voorste in Afrika. Letterkunde bly dekaan se eerste liefde. Minister prys NWU-navorsing. Eish! is n wenner

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SUIDLAND MEDIA MONUMENTE WAT LEWE ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

woordfees 6 15 MARCH 2009 VOLUME 4

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOOFSTUK 1 INLEIDING

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

n Historiese ondersoek na die aard van enkele aktrises se vertolking van broekrolle en n kreatiewe verkenning van geslagverruiling op die verhoog

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Annebelle Smit. Curriculum Vitae. ID Number: Cell number: +27 (0) address:

Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2011

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

ink Onvervulde. Hierdie. Lewe. FOTO: NARDUS ENGELBRECHT Digkuns, kortverhale en vlymskerp gesprekke Bl

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep. SKA SA en Absa span kragte saam. Kinders leer speel-speel oor SKA SA. Carnarvon matrieks kry beurse

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans Universiteit van die Vrystaat E-pos:

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Transcription:

Elma Postma Beoordelaars tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2015 Elma Postma verwerf haar Dramagraad (Cum Laude) in 1999 aan die Universiteit van Pretoria. Daarna werk sy as residensiële aktrise by die Witbank Stadsteater. Kort daarna steel sy harte as Dezi van 7de laan op SABC2. Elma was aanbieder van Ontbytsake en Boer soek n vrou reeks 1, 2 en 3 en in Binnelanders te sien as Bea Basson tot Mei 2014. Sy was die aanbieder van Waardevol op kyknet vanaf Oktober tot Desember 2014. Sy verskyn ook in Kruispad (kyknet) en The Mating Game (SABC2). Haar mees onlangse projek is die film n Man soos my Pa (regie deur Sean Else) wat in November in teaters sal draai. Elma het ook n passie vir teater en het in verskeie produksies tydens Kunstefeeste gespeel onder andere Hartsondes (regie deur Henry Mylne), Haaks en Monsters saam met Chris Vorster onder leiding van Pierre van Pletzen, Hel-op-Hemel-en-Aarde (regie deur Vicky Davis), Vaselinetjie (regie deur Henry Mylne), Bladsy 3 (Tara Notcutt), Jou gat my skat (Elizma Badenhorst) en Trousseau, n eenvrouproduksie vir damesoggende (gebaseer op sketse van Ilne Fourie). Elma het al verskeie hoofrolle in radiodramas op RSG gespeel, onder andere Hedda Gabler en Die vrou uit die see van Ibsen. Sy geniet al die aspekte, genres en uitdagings wat die toneelwêreld aan haar bied en het in die afgelope 15 jaar wye kennis en ervaring opgedoen.

Hennie van Greunen Hennie verwerf sy BA(HOD)-graad aan die voormalige Universiteit van Port Elizabeth en sy honneursgraad in Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierna gee hy vir 8 jaar Engels by Hoërskool Brackenfell en dis waar sy verhouding met tienertoneel begin. Sy toneelgroepe het in daardie jare die toneelkringloop in die Wes-Kaap oorheers met produksies soos Cello(sy) and Violin(ce), Normality, World Wide Web en Lara Smit: Boernooi. In 2000 stig hy saam met Pedro Kruger die Wordsmith's Theatre Factory, die oudste, suksesvolste selfonderhoudende Afrikaanse teatermaatskappy in die land. n Lys van sy toneelstukke lees soos n lys van die topteaterproduksies oor die afgelope dekade-en- n-half. Hy oorkruis genres vanaf komedie tot kabaret en drama. Sy produksies strek vanaf Lyf en Blougat tot by Die Hangkas Haas, Shirley Valentyn, Die Naaimasjien, Festen, Janneman, Green Man Flashing, Die Leo s, Die Monster in die Gang en Rondomskrik. Die vele toekennings wat hy tot dusver ontvang het, is divers en sluit pryse in vir teks, regie, vervaardiging en vertaling. Sy tienerwerk, wat op n professionele vlak aangebied is, sluit produksies in soos sy verhoogverwerking van Fanie Viljoen se BreinBliksem, asook die tienerkabaret gly en die gemeenskapslypskole #Checkityt@Route62. Hennie het ook al op vele beoordelingspanele gedien, insluitende tienertoneelfeeste en tekskompetisies. As deel van Wordsmith's Theatre Factory is hy ook betrokke by die samestelling en aanbieding van werkswinkels, sowel as die ontwerp en uitvoer van mentorskapprogramme. Hennie is n bekende by die Afrikaanse kunstefeeste en sy produksies word gereeld in teaters regoor die land gesien. Sy werk is ook al met groot sukses opgevoer in Nederland, Londen, Edinburgh en New York.

Ilse Oppelt Ilse is gebore in die Paarlvallei, grootgemaak in die Kalahari-woestyn (Rietfontein, Mier) en het matrikuleer aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, Paarl. Sy verwerf haar dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch en begin haar akteurs- en skrywersloopbaan met die gewilde SABC2-sitkom, Fishy Fêshuns, in die rol van Katrien ( ou Tjop se vrou ) en was ook medeskrywer en teksredigeerder van dié reeks. Ander televisiewerk sluit in SOS, Big Okes, Orion, Home Affairs 3, Marc Lottering and Friends en Liriekeraai. As filmaktrise begin sy met Oh Shucks, I m gatvol, as Rose van Mitchells Plain met ernstige anger issues. Meer onlangse flieks sluit in Klein Karoo, Die Laaste Tango, Stuur groete aan Mannetjies Roux, Born to Win en Verskietende Ster. Haar verhoogwerk sluit in Die Joseph en Mary Affair, Angels Everywhere, Doubt (Fleur de Cap- en Naledi-nominasie), Suip en Die Proponentjie (Kanna- en kyknet Fiësta-nominasie). Sy was ook die mede-skrywer van Die Joseph en Mary Affair (gepubliseer in die bundel, Kwintet), Angels Everywhere en Nancy!. Sy bestuur haar dramaskool, Ilse s Acting Factory, in die Suid-Kaap vir skoolleerders, asook die gemeenskap. Alle tekste word self geskep en dit fokus op die aanleer van basiese teater- en opvoertegnieke wat ooreenstem met die theatre in the trenches-styl. Hier werk sy meer didakties en in haar kapasiteit as regisseur. Haar ander passie is teksontwikkeling en -redigering, en sy noem haarself soms die script surgeon. Sy werk met tekste in enige toestand, van amateurskrywers tot ervare, gesoute skrywers basies enigiemand wat n ware begeerte het om n goeie storie te vertel en n teks van topgehalte te skep. Ilse is tans n vryskutskrywer vir die sepie 7de Laan. Sy woon in Kleinkrantz, Wildernis saam met haar dogter, Rebecca.

Ira Blanckenberg Ira behaal haar honneursgraad in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch en word vir n Fleur de Cap-toekenning genomineer in haar finale jaar. As professionele teater-aktrise speel sy onder andere in Othello (Kunstekaap), asook in Kat-en-muis-speletjies (TRUK). In 2011 vertolk sy die rol van Olga Knipper in die bekroonde Oom Anton by die see tydens die US Woordfees. As televisie-aktrise word sy onder meer onthou vir haar vertolkings as Shay in Egoli, Petra in Binnelanders en 7de Laan se Erika Landsberg. Sy was te sien in Vloeksteen, asook Toevlug, wat aangewys word as die beste kortflim tydens 2013 se kyknet-silwerskermfees. Vroeg in 2016 sal sy weer op die kassie verskyn in die nuwe reeks Byl. Sy het deur die jare verskeie hoofrolle in oorgeklankte reekse vertolk en was by verskeie radiodramas betrokke. Ira is n SACE-geregistreerde drama-onderwyser. In 2009 begin sy haar eie dramaskool, Stageright Drama, waar sy kinders van 6 tot volwassenes van 21 jaar in Teaterkuns onderrig. Sy behartig ook die regie van n wye genre van kinder- en tienerproduksies. Sy is reeds gevestig as Eisteddfod-beoordelaar en is sedert 2011 betrokke by die AIR-projek wat leiding en afrigting gee aan matriekleerders ter voorbereiding van hul Drama-eindeksamen. Ira tree in 2010 vir die eerste keer op as beoordelaar vir die ATKV-Tienertoneelkompetisie. Om deel van die ATKV-Tienertoneelkompetisie te wees is n voorreg, n inspirasie en n hoogtepunt op haar kalender.

Marí Borstlap Marí behaal haar BA-graad in Taal en Kultuur in 2007 en in 2012 haar meestersgraad in Drama met Regie as praktiese komponent aan die Universiteit van Stellenbosch. Gedurende haar studies vervaardig, skryf en behartig Marí die regie van meer as 17 onafhanklike teaterproduksies vir verskeie skole asook professionele geselskappe. Behalwe vir die gesogte Mark Grahamtoekenning wat sy as beste studenteregisseur aan die Universiteit van Stellenbosch in 2009 ontvang, wen Marí ook meer as een keer pryse vir die beste nuutgeskrewe teks, beste regisseur, beste tegniese produksie en beoodeelaarstrofee vir haar toneelstukke vir skole: Vlerk (2003), Mees (2008), Die Dood kan Dans (2009), Die Oop Geheim (2012) en WolkKop (2014). WolkKop is as algehele wenner van die ATKV-Tienertoneelkompetisie en Marí as die beste regisseur aangewys in 2014. Van haar ander werke sluit die skryf van, regie en ontwerp vir Lament in G (2011/2012), Die Oop Geheim (2012), Stamlint (2014) en die regie en ontwerp vir 2092: God van Klank (2013/2014) in. Vir 2092: God van Klank word Marí in vier katergorië vir n Fleur du Cap-toekenning benoem: beste regisseur, beste stelontwerp, beste klankbaanontwerp asook vir die Rosalie van der Guchtjong regisseurstoekenning. In 2011 stig Marí die produksiehuis, Dubbelpunt [:] Produksies saam met musikant en skrywer Wilken Calitz en choreograaf Deon Lourens. Hulle vervaardig kort daarna hul debuutteaterproduksie getiteld Lament in G (met die bekroonde Inge Beckmann in die hoofrol) en geniet n uitverkoopte speelvak in Junie 2011 by die Arena-teater in Kaapstad en n verdere speelvak by die Absa-KKNK in 2012. In 2013 debuteer 2092: God van Klank by die Woordfees in Stellenbosch met n uitverkoopte speelvak, word genomineer as beste dramaproduksie by die fees en word bekroon met die ATKV-WoordTrofee vir Uitskieter dramaproduksie. Marí doen ook vryskut stel- en beligtingsontwerp. Haar mees onlangse werk in dié veld sluit in Mike van Graan se drama Rainbow Scars (2013) waarvoor Marí n benoeming vir n Naleditoekenning kry, asook stelontwerp vir die Maynardville Shakespeare-produksie van Richard the Third (2014) met regie deur Lara Bye, stelontwerp vir Dirk Ligter (2015) met regie deur Lara Bye, asook beligtingsontwerp vir Vaselinetjie (2015) met regie deur Shirley Ellis. Daarby was Marí vir die laaste vier jaar die senior verhoogbestuurder by die Universiteit van Kaapstad se Dramadepartement waar sy Stage Craft onderrig het en as departementele produksies se beligtingsontwerper opgetree het. Marí het n passie vir teater, film, stories, musiek, fotografie, literatuur en kuns en streef daarna om uit hierdie belangstellings inspirasie te put vir haar eie werk.

Pedro Kruger In 1985, as standerd 6-leerling, vertolk Pedro sy eerste professionele rol as die jong Benjamin in die Nico Malan-teater (nou Kunstekaap) se opening van Fiela se Kind. Die volgende jaar toer hy die land plat saam met die geselskap van Pieter Fourie se Die Koggelaar. In 1988 en 1989 word hy aangewys as die beste akteur van die ATKV-Tienertoneelkompetisie. Na skool sluit hy aan by die Breughel-teatergroep en werk ook vir die Baxter Story Spinning Theatre Company. Dit is tóé dat Hennie van Greunen, bekroonde dramaturg, hom oorreed om sy eerste eenmanvertoning aan te pak. Blougat (regie deur Shirley Ellis) debuteer in 1998 by die KKNK en akteur en skrywer deel die gesogte De Kat Slurpie-prys vir spel en teks. In 1999 is hy spankaptein op Liriekeraai, kyknet se gewilde musiekspeletjiesprogram. Buiten Liriekeraai word Pedro gereeld gesien in televisiereekse soos Die Boland Moorde en Liefste Kayla. Sy teaterhoogtepunte sedert 2000 sluit Lyf, Junkiedrome, Vrou wat haar man gekook het, Op die vrou af 1 en 2, Festen en Dinsdae by Morrie in. Pedro het tydens die 2009 Edinburgh International Fringe Festival sy produksie Normality vir die wêreld gaan wys. Die internasionale resensente het dit beskryf as mesmerising, exceptional, a tour de force en brilliant en sy eerste besoek aan die internasionale fees was n triomf, met nie minder nie as ses vyfsterresensies. Hy ontvang dan ook die gesogte Hidden Gem - toekenning. Normality speel ook op Broadway as deel van die United Solo Festival. n Eerste vir Pedro én vir n Suid-Afrikaanse produksie. Die produksie word bekroon met die 2012-United Solo Academy-toekenning vir die beste musiekteaterproduksie. In 2012 wen Pedro n Safta-toekenning as deel van die skryfspan vir kyknet se Proesstraat en in 2015 tree hy op as aanbieder/spelleier. As hy nie self op die verhoog is nie, doen hy regie en musiekregie. Wordsmith s Theatre Factory, Pedro en Hennie van Greunen se maatskappy, vervaardig topgehalte teaterproduksies. Onlangse suksesse sluit in Rondomskrik, Shirley Valentyn, Die Naaimasjien, Vir ewig en altyd, Die Leo s en Wentel.

Wilhelm van der Walt Wilhelm verwerf in 2007 sy honneursgraad in Drama en Teaterkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2009 voltooi hy sy meestersgraad in Toneelspel aan die Universiteit van Stellenbosch en ontvang na sy studies n Fleur du Cap-nominasie vir mees belowende student vir sy spel in Yasmina Reza se ART onder leiding van Marthinus Basson. In 2010 verhuis hy na Kaapstad en tree op in verskeie produksies soos die Maynardville Shakespeare opelug-teatervertonings van Antony and Cleopatra en The Comedy of Errors, asook die internasionale musiekblyspel High School Musical Live on Stage! wat vir vier maande in China en Taiwan toer. Ander musiekblyspele en operas sluit in Cabaret, The Little Shop of Horrors, Oklahoma!, Lost in the Stars, Madame Butterfly en Tosca. In 2012 word hy benoem vir n kyknet Fiësta-toekenning in die kategorie beste opkomende kunstenaar en in 2014 vir n Fleur du Cap-toekenning as beste ondersteunende akteur vir sy spel in Tertius Kapp se opspraakwekkende tronkdrama, Rooiland onder regie van Jaco Bouwer. Wilhelm was vroeër vanjaar vir n ATKV-WoordTrofee benoem vir sy spel in Son.Maan.Sterre wat ook tans by Aardklop speel. Ander nominasies die jaar sluit die Huisgenoot Tempo-toekenning en die Royal Soapie Award in vir sy rol as Ty in 7de Laan. Onlangse teaterhoogtepunte sluit in Land van Skedels, Chechov se Die Kersieboord, Die Rebellie van Lafras Verwey, Poppekas, Die Vrou Vantevore, Droom, en Sakrament deur Willem Anker. Wilhelm is deel van die veelbekroonde Kaapse teatergeselskap, The Mechanicals. Ander televisiewerk vir kyknet sluit in Ouma en Oupa sit op die stoep en Die Boland Moorde. Hy speel in die kortfilms Nantes, Bloedson en Onder die tafel vir die kyknet-silwerskermfees, asook die rolprente Stuur groete aan Mannetjies Roux en Rooiland.