Hoe om krag te spaar

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

BenguFarm Bestelvorm

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Mandala Madness Deel 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Tonga die olifant - 01 *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Dialoog en paragrawe *

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Uit Moerdijk se pen Man en Media

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SIZA takes the sting out of auditing

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Afrikaans Huistaal Graad 5. By: Siyavula Uploaders

Pasteur en Lister oorwin kieme *

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Stede en bedienswaardighede *

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

G. J. du Preez

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Tariewe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXPLORE. Natuurwetenskappe Onderwysersgids Graad 7-B (CAPS) A World Without Boundaries. Natuurwetenskappe Graad 7-B.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

Die gebruik van letterkunde vir die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal op skool binne 'n taakgebaseerde benadering

Rubriek vir skeppende werk

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS SYLLABUS GRADES 1-3 AFRIKAANS VERSION

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Tariewe

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

LW: Algemene navrae oor Kix, Kix.Komintekenings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Transcription:

= Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering your world www.eskom.co.za J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 1

Hoe om krag te spaar Elektrisiteit word gemaak van materiale soos steenkool, water, diesel en uraan, wat beperkte hulpbronne is. n Alternatiewe opsie as om nuwe kragstasies te bou om die groei in die vraag na elektrisiteit te voorsien, is om wat ons het, doeltreffender te gebruik (d.w.s. sonder om te mors). Een van die maniere om dit te doen, is om die manier waarop ons elektrisiteit gebruik, te verander. Eskom se Geïntegreerde Aanvraagbeheer (GVB) kragopvoedingsprogram motiveer mense om die manier waarop hulle elektrisiteit gebruik, te verander. Een van die maniere is om kragopvoeding in die skoolleerplan te integreer. Die kragopvoedingsprogram word in die Grondslagfase ingesluit sodat leerders kragbesparing as n belangrike deel van hulle lewe kan sien en dit toepas wanneer hulle grootword. Die aktiwiteite is eenvoudig en kan deur die opvoeder aangepas word. Die aktiwiteite is binne die konteks van die Kurrikulum en Assesserings-beleidsverklaring (KABV) van die Departement van Basiese Onderwys (DBO). Gedurende die Graad R-jaar word die rooster die daaglikse program genoem en bestaan dit uit drie hoofkomponente, naamlik onderwysergerigte aktiwiteite, roetines en kind-geïnisieerde aktiwiteite of vrye spel (KABV, DBO, 2011, bl 20). Die aktiwiteite vir Graad R is onderwysergerig. Die vakke in Graad R is: Huistaal Wiskunde Lewensvaardighede Let wel: Die Eskom-gidse is in Afrikaans. Die opvoeder sal dit in die Huistaal of ander tale moet vertaal. Opvoeders moet die Departement van Basiese Onderwys se KABV-beleidsgidse raadpleeg vir besonderhede oor die vaardighede, inhoud en assessering in die toepaslike Fase en Grade. 1 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 2

Hoe om krag te spaar Huistaal Die vaardighede in Huistaal is (KABV, DBO, 2011): Luister en praat Lees en klanke Skryf en handskrif Dink, redeneer en taalstruktuur en -gebruik is in al vier taalvaardighede geïntegreer (luister, praat, lees en skryf) n Geïntegreerde benadering word gevolg om die vaardighede wat vir Huistaal nodig is in die konteks van kragopvoeding te ontwikkel. Wiskunde In die laer grade moet kinders blootgestel word aan wiskundige ondervindinge wat hulle baie geleenthede gee om hulle wiskundige denke te doen, te praat en te demonstreer (KABV, DBO, 2011, bl. 10). Die kragopvoedingsaktiwiteite kan gedoen word gedurende onderwysergerigte syfervaardigheidsleergeleenthede wat gedurende ringtyd gedoen word. Die Eskom-kragopvoedingsprogram is ontwerp in ooreenstemming met die doen, praat en demonstreer -benadering. Lewensvaardighede Die vak Lewensvaardighede is daarop gemik om leerders vir die lewe en die moontlikhede daarvan voor te berei, insluitende om leerders toe te rus vir n betekenisvolle en suksesvolle lewe in n gemeenskap wat vinnig verander en transformeer (KABV, Lewensvaardighede Gr 1-3, DBO, 2011, bl.8). Deur middel van Lewensvaardighede word leerders blootgestel aan n verskeidenheid kennis, vaardighede en waardes. Gestruktureerde lewensvaardighede aktiwiteite moet kort onderwysergerigte aktiwiteite wees (KABV, Lewensvaardighede Gr 1-3, DBO, 2011, bl.11). Die aktiwiteite in die Eskom-kragprogram kan deur die opvoeder by die Graad R-program aangepas word 2 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 3

Vir die opvoeder om op te let: Om kragslim te wees is die boodskap wat integraal is aan al die aktiwiteite. Jy kan die aktiwiteite gebruik soos hulle is. Jy kan die aktiwiteite aanpas of verander. Jy kan ander aktiwiteite gebruik wanneer dit na jou mening gepas is. Pas die aktiwiteite aan by die graad waarvoor jy klas gee. Pas die aktiwiteite aan volgens die vlak van die leerders (neem taal en ander omstandighede in ag). Deel en bespreek die aktiwiteite met ander opvoeders in dieselfde fase en graad. Jy kan aktiwiteite van die verskillende grade gebruik, maar pas dit aan by die vlak van jou leerders. Jy kan jou eie aktiwiteite ontwerp wat die beste pas by die vlak van die leerders en die graad vir wie jy klas gee. Pas asb die besparingswenke self toe, sodat jy as n voorbeeld kan dien van wat verwag word. Deel jou kennis en gedrag oor kragslim onderwys met almal by die skool, huis en in die gemeenskap. As almal krag spaar, hoef ons nie soveel krag op te wek nie - so spaar ons natuurlike hulpbronne, verminder besoedeling deur sommige kragstasies en help ons omgewing. Dankie dat jy vir ons aarde sorg 3 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 4

Krag spaar Aktiwiteit 1: Lewensvaardighede Tel (Kwartaal 2) [Opvoeder] Inleiding vir die leerders: Leerders in die Grondslagfase leer die beste wanneer hulle konkrete voorwerpe kan sien. Die opvoeder moet met die volgende inleiding begin. Wys vir die leerders die werklike ou gloeilamp (gloeidraadlamp) en n kragbesparende lig (kompakte fluoresseerlig CFL). Moenie wetenskaplike woorde gebruik nie. Gebruik eerder eenvoudige woorde soos ou gloeilamp, mors krag, nuwe lig, spaar krag. Gloeidraadlamp Ou tradisionele gloeilamp Kompakte fluoresseerlig (CFL) Kragbesparende lig Die kragbesparende lig word nie so warm soos die ou gloeilamp nie maar dit word warm. Dit het gas binne-in. Dit gebruik minder krag Die ou gloeilamp word baie warm. Dit het n dun draad binne-in. Dit gebruik meer krag Ons moet die kragbesparende lig gebruik omdat dit minder krag gebruik. Vertoon n A4-grootte prent van die kragbesparende lig en skryf langsaan spaar krag. Vertoon n A4-grootte prent van die ou gloeilamp en skryf langsaan mors krag. Aangesien dit Graad R-leerders is, help die leerders met die res van die aktiwiteite. Gee die instruksies stadig en duidelik. Let wel: Dit is noodsaaklik vir Suid-Afrika dat CFL e of kragbesparende ligte veilig weggegooi word. CFL e wat almal saam in stortingsterreine weggegooi word, kan jare later gevaarlik wees vir waterhulpbronne. Die kragbesparende lig het kwikgas in en as dit breek, sal die opvoeder dit met spesifieke voorsorgmaatreëls moet opruim en die klas 15 minute lank moet ontruim.] 4 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 5

Krag spaar Groepaktiwiteit Gee elke groep (4-5 leerders) n koevert met n verskeidenheid prente van die gloeilampe (3 kragbesparende ligte en 2 ou gloeilampe). Knip dit uit die blad wat op die volgende bladsy voorsien is. Vra die leerders: Wat is in die koevert? [Prente van gloeilampe.] Vra die leerders om die koeverte oop te maak en die prente uit te haal. As jy nie koeverte het nie, gee die leerders n stel van 5 prente en gaan reguit oor na die leidende vrae hieronder. Leerders kan ook die blad gegee word en gevra word om die gloeilampe uit te knip of uit te skeur. Vra die leerders die volgende vrae of gee hulle die volgende instruksies. [Gaan stadig stap vir stap voort.] 1.1 Tel hoeveel prente daar altesaam is en skryf neer hoeveel. [5] 1.2 Sorteer die prente in 2 groepe [kyk na hulle vorm om die prente in die 2 groepe te sorteer]. [Ou gloeilampe en kragbesparende ligte.] 1.3 Teken n geel sirkel onder die ligte wat krag spaar. [Teken n sirkel/driehoek op die bord om vir die leerders die vorm te wys.] 1.4 Teken n rooi driehoek onder die ligte wat krag mors. 1.5 Tel hoeveel ligte n geel sirkel het. [3] 1.6 Tel hoeveel ligte n rooi driehoek het. [2] 1.7 Van watter een het jy meer? die kragbesparende ligte of die ou gloeilampe? [Kragbesparende ligte] 5 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 6

Krag spaar en ou ligte 6 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 7

Aktiwiteit 2: Geïntegreerde aktiwiteit wat Wiskunde, Lewensvaardighede en Taal dek. Gebruik die prent van die gesin Gebruik krag verstandig vir hierdie aktiwiteit. Neem die leerders stap vir stap deur die aktiwiteit. Vra die leerders om die trap op die prent te vind. Kyk of jou vriend die trap gevind het. Kom ons klim nou met die trap op. [Vra die leerders om op te staan. Loop dan op die plek asof julle met die trap opklim. Die leerders kan sit as julle almal bo is.] Sê vir die leerders om mooi te luister. Vra die leerders die volgende vrae of gee die instruksies. Gee hulle tyd om te antwoord voordat jy die volgende vraag vra. Vrae: 1.1 Hoeveel vertrekke is daar? [3] 1.2 Kom ons noem die vertrekke. [Wys die leerders in elke geval wat aan die linkerkant is en wat aan die regterkant is.] 1.3 Tel hoeveel ligte daar in al die vertrekke is. [4] 1.4 Watter vertrek het die meeste ligte? [Sitkamer 2] 1.5 Watter vertrekke het ewe veel ligte? [Trap en kombuis 1 elk] 1.6 Hoeveel verwarmers is daar in die huis? [1] 1.7 Vra die leerders die volgende leidende vrae: Hoeveel mense is daar in die huis? [3 ma, pa en seun.] Waar is hulle? [In die eetkamer/kombuis.] Wat doen hulle? [Eet aandete.] 1.8 Is dit nodig dat al die ligte in die huis aan moet wees? Wat dink jy? [Luister na die leerders se antwoorde.] [Nee Die gesin eet in die eetkamer/kombuis; daarom hoef die sitkamerlig nie aan te wees nie. Die traplig kan aan wees as n veiligheidsmaatreël sodat niemand val wanneer hy met die trap opklim nie.] 1.9 Wat gaan jy vir almal sê wat in jou huis woon? [Opvoeder praat oor spaar en mors. Som op met die boodskap: Skakel ligte af wat nie nodig is nie ]. 7 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 8

Aktiwiteit 3: Lewensvaardighede Skeppende Kunste (Kwartaal 2 Klasaktiwiteit) Skeppende speletjies en vaardighede Luistervaardighede: reageer op tekens, seinwoorde, stories, rympies en liedjies, aksiewoorde soos Vries!, Op!, Af! Leerders moet die kragbesparende lig uitbeeld (aksie gebruik om te wys) deur die aksies en seinwoorde van die opvoeder te volg. Vra al die leerders om na die prent van die kragbesparende lig te kyk. Die opvoeder lees reël 1 stadig en duidelik en voer die aksie uit. Die leerders moet die aksie uitvoer wanneer die opvoeder klap. [Opvoeder klap ] Leerders voer die aksie uit en herhaal die woorde terwyl die opvoeder reël 1 weer lees. Herhaal dieselfde vir elke reël hieronder. Ou gloei-lam-pe! Ou gloei-lam-pe! Mors ons geld, mors ons geld. Hul word baie warm, hul word baie warm. Gooi hul weg, gooi hul weg! C-F-L e C-F-L e Hul hou lank, hul hou lank Hulle mors nie krag nie, hulle mors nie krag nie, Gebruik en spaar, gebruik en spaar. [Let wel: Dit is noodsaaklik vir Suid-Afrika dat CFL e of kragbesparende ligte veilig weggegooi word. CFL e wat almal saam in stortingsterreine weggegooi word, kan jare later gevaarlik wees vir waterhulpbronne. Die kragbesparende lig het kwikgas in en as dit breek, sal die opvoeder dit met spesifieke voorsorgmaatreëls moet opruim en die klas 15 minute lank moet ontruim.] 8 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 9

Aktiwiteit 4: Huistaal storie vertel KABV: Afrikaans Luister en praat (Kwartaal 2) Luister na stories en voer hulle op. Luister na en reageer op eenvoudige vrae. KABV: Lewensvaardighede Skeppende Kunste Uitvoerende Kunste (Kwartaal 1) Improviseer stories gebaseer op fantasie of eie lewensondervinding deur die stem (sing/ praat), beweging, musiek, hulpmiddele/voorwerpe en dramategnieke te gebruik. Beeld gevoelens en idees uit deur beweging en lied (bv. bly om krag, water en kos te spaar; hartseer om te mors). [Nota vir opvoeder: Om stories te vertel, moet die opvoeder handpoppe, maskers en ander hulpmiddele gebruik. Aktiwiteite wat met die storie verband hou, is mondeling (luister en praat). Sluit rolspelaktiwiteite in as opvolg vir die storie wat vertel en gelees word. Gebruik die prent van die gesin Gebruik krag verstandig om die leerders te help om die storie te visualiseer. Leidende vrae word verteenwoordig deur LV. Wanneer jy die storie lees, herhaal die reëls wat gevoelens uitbeeld (as n leidende vraag LV) sodat die leerders n aksie kan uitvoer vir die gevoel bv. Pa het in n sagte maar duidelike stem gesê: Ssssjjjjj. Die opvoeder moet vir die leerders vra [LV] Wat het Pa gesê? Die leerders moet hulle wysvinger op hulle lippe sit en sê: Ssssjjjjj. Lees die storie vir die leerders voor met aksie en emosie. 9 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 10

Goeie gewoontes My naam is Max, en dit is wat gisteraand by aandete gebeur het. Pa het kom sit om saam met Ma en my aandete te kom eet. Ma het n heerlike ete gekook. [LV: Watter soort ete het Ma gekook? Mmmm heerlik ] Ma het na n program op die televisie gekyk terwyl sy aan tafel gesit het [LV Wat het Ma gedoen? geëet en televisie gekyk]. Pa het baie vriendelik vir Ma gevra om die TV af te skakel. Toe skreeu ek: Ag nee, Pa, my program gaan netnou begin. Pa het in n sagte maar duidelike stem gesê: Ssssjjjjj. [LV: Wat het Pa gesê? Wys aksie: Die leerders moet hulle wysvinger op hulle lippe sit en sê: Ssssjjjjj. ] Geniet die kos en moenie TV kyk terwyl jy eet nie. Dis in elk geval ongeskik om mekaar aan tafel te ignoreer. Max, het Pa gesê, ek sien dat jy al die ligte bo aangelos het. Ou seun, ek vra mooi dat jy die ligte bo gaan afskakel. Maar hoekom, Pa? het ek gevra. Pa het geglimlag [LV: Wat het Pa gedoen? Laat die leerders glimlag] en geantwoord: Elke keer as ons iets aanskakel, gebruik ons krag. Ons is nou hier onder, en daarom is dit glad nie nodig dat die ligte bo aan moet wees nie. Ons mors nou net krag. Wanneer ons krag gebruik en al mors ons krag, moet ek daarvoor betaal. Moenie kos mors nie [LV: Vra die leerders om dit te herhaal], Moenie water mors nie [LV: Vra die leerders om dit te herhaal], Moenie krag mors nie [LV: Vra die leerders om dit te herhaal], Moenie geld mors nie [LV: Vra die leerders om dit te herhaal], en Moenie tyd mors nie [LV: Vra die leerders om dit te herhaal]. Ons moet wat ons het, slim gebruik dis die regte ding om te doen. [LV: Vra die leerders om dit te herhaal]. Ek het na my pa geluister en Ma het ook. Al het ons verkeerd gedoen, was Pa geduldig en het hy baie mooi verduidelik dat dit n goeie gewoonte is om te spaar en krag slim te gebruik. Vrae oor die storie: Aangesien dit Graad R-leerders is, moet die vrae mondeling gestel word. Moenie jaag nie en gee die leerders kans om te antwoord. Wanneer jy die vrae vra, wys na die prent Gebruik krag slim. 1. Wie is die mense wat by die etenstafel sit? [Ma, pa en Max.] 2. Wat het Ma verkeerd gedoen? [Sy het televisie gekyk terwyl sy geëet het.] 3. Wat het Max verkeerd gedoen? [Hy het aan tafel geskreeu; hy wou ook televisie kyk terwyl hy eet; hy het die ligte bo aangelos.] 4. Wat het Pa die gesin oor krag geleer? [Wanneer jy enigiets aanskakel, gebruik jy krag; jy betaal vir krag; skakel af wat jy nie gebruik nie.] 5. Noem 3 ander dinge wat Pa die gesin geleer het. [Moenie water mors nie, moenie tyd mors nie, moenie kos mors nie, moenie eet wanneer jy televisie kyk nie, wees kalm.] 6. Was Pa kwaad? Wat laat jou so dink? [Nee. Pa het kalm en sag gepraat.] 7. Wat is al die dinge wat jy uit die storie geleer het? [Moenie mors nie; praat kalm;...] [Luister na die leerders se antwoorde en vra verder uit waar nodig.] 10 J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 11

= How to save energy Foundation Phase (Grade R,1,2 & 3) Educator Guide English Home Language + # Vir verdere inligting besoek asseblief www.eskom.co.za/idm www.eskom.co.za Powering your world J2085 Eskom_Grade R_Educator guide_afr Rev 4.indd 12