WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Tariewe

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Direkte en indirekte rede *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Tariewe

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

September Na God se hart...

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Hoe om krag te spaar

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Kerssangdiens. SA Gemeente

RAADSLEDE / COUNCILLORS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SIZA takes the sting out of auditing

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

19. Kerkargief en -museum

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Maand-Krant OKTOBER sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Maand-Krant OKTOBER 2013

Dialoog en paragrawe *

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

Transcription:

Dit is weer sulke tyd! WAPADRANT GEMEENTE nooi jou na die FEES op 2 Maart 2109. Maak n knoop! Dagboek dit! Kom ek en jy aanvaar hierdie uitnodiging en word deel van hierdie wonderlike Vreugdefees! Die vraag is: Waar skakel jy in wat gee ek en jy? Jesus was bereid om sy lewe te gee vir jou en my. Om op 2 Maart 2019 iets te gee jou inskakeling, jou betrokkenheid, is een van talle maniere om vir Hom dankie te sê. Jy kan n verskil maak... Gee met liefde en help ons om hierdie Fees as n fees van vreugde aan te bied om mekaar beter te leer ken. Om te gee maak n mens gelukkiger as om te ontvang (Hand 20:35). Wat benodig ons? Hierdie laaste stuiptrekkings van die jaar 2018 is mos Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Ons het hier jou hulp werklik nodig. Daardie items wat in jou pad staan: laat hulle asseblief hier in ons saal n staanplek kry. Bring dit asseblief nou reeds. Moenie vergeet van gebruikte klere nie ons wil n spesiale spasie inrig om hierdie items te bemark en te verkoop. Boeke is ook welkom. Snuffel daardie items nou al uit. Moenie langer wag nie. Wapadrant Kwekery Wapadrant se tuinspesialiste het jou hulp baie nodig. Begin nou om: * n Struik of plant - of twee in n pot te plant en ons te verras daarmee. * Leë planthouers, koffie- of formulemelk-blikke is baie welkom. Moet dit nie weggooi nie! Bring dit asseblief kerk toe. Onthou: The world is a garden... Love makes it grow. Handgemaakte Items Tydens verlede jaar se Wapadrant Basaar het hierdie stalletjie die karakter en storie vertel van ons trotse Doppers met hulle kreatiewe handwerk want hulle KAN. Surprise ons weer met julle vindingrykheid. Houtwerk, hekel- en breiwerk, metaalwerk, speelgoed, juweliersware, seep, ensovoorts is welkom. Tuisgebak Dames, asseblief, moenie dat ons die manne vra om hierdie taak te verrig nie! Ons wil mos nou n sukses daarvan maak, of hoe? Ons mikpunt is om 100 koeke daardie dag te verkoop. Jou bereidwilligheid word waardeer. Donasies Hierdie Wapadrant Basaar word aangebied sonder om enige fondse van die Kerk te vra. Dis n fees wat deur die gemeente aangebied word. Ons het verlede jaar n wins van R130 000,00 gemaak ons doelwit vir 2 Maart 2019 is R200 000,00. Ons het jou hulp nodig! Daarom neem ons die vrymoedigheid om vir donasies te vra: n Donasie is nie altyd geld nie dit kan ook n skenking van bestanddele wees (rys, maalvleis, wors, blatjang, tamatiesous, ens.). >>

Jy kan nou al begin om inbetalings te maak by: Naam: Gereformeerde Kerk Wapadrant Bank: ABSA TjekNommer: 3490151957 Kode: 632005 Verwysing: Basaar Kontant in n gemerkte koevert kan ook in die liefdegawesakkie geplaas word. Jou donasie en/of skenking nou al sal help om die beplanning van die Basaar met sukses aan te bied. Poeding Wie sal verlede jaar vergeet? Wat n sukses! Kom ons help die Senior Bybelstudie weer om 100+ bakke te bewerkstellig deurdat jy van nou af al jou bydrae sal bevestig. Potjiekoskompetisie Dit was verlede jaar n lekker kuier - n Feesgeleentheid waartydens bykans 40 potte op die vuur geprut het. Dit gaan op 2 Maart 2019 weer die kern van die Basaar wees. Ons beplan om 80+ potte aan te bied. Hou hierdie spasie dop. n Verrassing of twee is op die spel! Kennisgewingbord Skakel in deur jou naam te plaas waar jy betrokke wil wees. Dit word waardeer. As Wapadranters sien ons uit na 2 Maart 2019. Jou hulp en ondersteuning word waardeer....gee MET LIEFDE... Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade (Heb 10:24) Mooiloop Reëlingskomitee: Wapadrant Basaar. 2

Hervormingsondag INVITATION TO CELEBRATE 2018 REFORMATION Dear brothers and sisters, Greetings! New Life City Church is inviting you to attend the 2018 Reformation Sunday as follows: Date: 28 October 2018 Time: 17h45 for 18h00-19h30 Venue: Gereformeerde Kerk Wapadrant Building Theme: Celebrating 500 Plus years of Reformation, Evangelism and Church Growth Special requests: A special collection for the day will be directed towards the three church planting projects of New Life City Church in Wapadrant under Rev Mdonga, Andeon under Dr Mushayabasa and Brooklyn under Evangelist Ndou. We are looking forward to hosting you and hoping and praying that it will be a celebration to remember. On behalf of the Church Council Prof TD Mashau 02 October 2018 3

Missio Dei Kruik NPO het in 2009 begin as n koninkryk-gebaseerde bediening om te help om boerderygemeenskappe op te hef. In 2010 was Kruik deel van die oprigting van die MDstigting (MD staan vir Mission Dei), n boerderymaatskappy met die uitsluitlike doel om God se Koninkryk sigbaar te maak deur besigheid, dissipelskap en om die armes op te hef. Kruik en die MD-stigting is vennote in al die projekte en dra die nodige fondse by op n 50-50-beginsel. Besoek ons webblad by www.mdfoundation.co.za vir meer inligting. Missio Dei-skool In 2012 is n Graad R-klas begin vir die plaaskinders. n Buitegebou op een van die plase is toegewys as perseel vir die skool, aangesien dit strategies geplaas is in die middel van die gemeenskap. Daar is tans 145 kinders ingeskryf by die skool, van Gr RR tot Gr 5. In ons skool word kinders nie slegs akademies en fisies toegerus nie, maar word ook gelei na n nabye verhouding met Jesus. Instapsentrums Die behoefte aan onderwys is so hoog en skole is so duur om op te rig dat ons gekyk het na goedkoper maniere om n groter impak te maak. In 2015 het God ons daartoe gelei om met n instapsentrum-projek in die dorpsgebied te begin. Die doel van hierdie sentrums is om die liefde van Christus aan die kinders te bewys en hulle ook te help met Wiskunde en Engels. Ons lei plaaslike mense op as tutors in Engels en Wiskunde om die kinders te help. Daar is tans 2 sentrums in die dorpsgebied en 150 kinders ontvang van Maandag tot Donderdag onderrig. dat die kliniek koste-effektief is en dit help ons om goeie diens aan die gemeenskap te lewer. Dissipelskap vorm deel van elke projek. Meeste van ons projekte is totaal afhanklik van donasies, slegs die kliniek ontvang steun van die staat. Ons is dus baie dankbaar teenoor God dat Hy ons gedurende die afgelope 8 jaar gehelp het om al hierdie projekte te laat groei tot waar hulle vandag staan. Ons dank aan elke persoon wat bydra om al hierdie aktiwiteite moontlik te maak. Wapadrant se projek het begin op Vrydag 21 September toe 57 mense die reis na Fiksburg aanpak en nesskrop êrens op die plaas. Die ruim huis (met 6 kamers en 2 groot leefvertrekke), klaskamers en tente in die tuin bied huisvesting aan die gewillige hande. Vroeg Saterdag neem die projekleiers die leisels en word ywerig gewerskaf aan die installering van 2 wastrôe, verf van die nuwe Gr 3 Klas (72m²), slaan van die nuwe Gr 3 klas se plafon (36.6m²), lê van rubber matte in die nuwe Gr 3 Klas (36.6m²), installering van elektrisiteit, silo verf (10m hoog) asook n afdak met tafels en stoele (vir ete tydens pouse). Die Kookspan het hul uitstekend van hul taak gekwyt en ons het heerlik gesmul as beloning op harde werk. Hartlike dank aan elkeen wat so ruim vir hierdie projek geskenk het. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie. Missio Dei-versorgingsentrum In 2011 is n plaashuis opgeknap om as n hospies gebruik te word. Hier word pasiënte wat HIV-positief is en ernstig siek is, versorg. Veertien pasiënte kan hier versorg word. Daar is 17 voltydse versorgers in diens by die sentrum. Ons het ook n tuisversorgingsprogram ontwikkel waardeur siekes tuis versorg kan word. Tans word meer as 60 pasiënte in hulle huise versorg. Missio Dei-kliniek Op een van die plase is n gebou opgeknap om as n kliniek vir die gemeenskap te dien. Dit word bestuur deur n gekwalifiseerde suster en die doel is om die plaaslike gemeenskap van basiese gesondheidsorg te voorsien. God het vir ons deure geopen en die staat het ingestem om al die basiese medikasie te voorsien. Dit dra daartoe by 4

Dinsdag 23 Oktober 10:00 By Moreletapark Gemeente R80 per persoon Gaskunstenaars Linette vcan der Merwe en Chris Mostert Bespreking by www.tixsa.co.za Navrae: Clare Williams 0214063477 Johan Talma 0835568711 Die verjaarsdae van Oktober is op die kennisgewingbord in die saal aangebring. Lig het geen skaduwee nie. God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie 1 Joh. 1:5 5

Finansiële sake van die gemeente Tot en met einde Augustus 2018 Opsomming: Dit is duidelik uit die grafiek hierbo dat die blou kolomme, wat die maandelikse persentasie-inkomste aandui, nog baie onstabiel en wisselvallig voorkom. Dit maak enige projeksies en vooruitskattings moeilik. Die Finansiële Werkgroep (FWG) kon aflei uit die gemeentevergaderings wat gehou is dat daar tans baie misverstande en verkeerde afleidings bestaan by sommige lidmate, o.a. hoe daar aan die gemeente verslag gedoen word. Daar was selfs n opmerking of twee dat daar valse en verdraaide inligting gegee word. Hiermee wil ons weer die lidmate verseker dat die FWG net met die ware feite en syfers werk en dus die nuutste afgesluite syfers aan die lidmate kan deurgee. Ons gee die syfers soos wat dit in die betrokke jaar uitkristalliseer, gemeet teenoor die begroting vir die jaar. Daar is wel n onderskeid in ons rapportering as gevolg van twee verskillende benaderings: 1) In die Maand-Krant rapporteer ons die werklike maandelikse inkomste- en uitgawevergelyking vir 2018 verwerk na n persentasie, soos dit plaasgevind het, met ekstra vergelykings soos teenoor die gemiddelde verspreiding van die begroting oor die 12 maande, plus n aanduiding watter deel tans vaste uitgawes is en ook die vorige jaar se gemiddelde begrotingsvergelyking. (Sien dit alles in die grafiek hierbo.) 2) Op die dataprojektors rapporteer ons die bereiking van die inkomstedoelwitte gemeet aan die 2018-begroting, tot by n gegewe maand, soos ons die geld ingekry het en verdeel dit tussen die twee hoofinkomstemetodes, naamlik LIEFDEGAWES en DANKOFFERS. (Sien dan ook n verklaring hiervan op die dataprojektors.) Ons probeer om elke keer n kort opsomming van die werklike syfers te gee in vergelyking met die begroting. Gewoonlik lyk dit dan soos volg (hierdie is die syfers vir en teen die einde van Aug. 2018): Totale inkomste vir die maand van R873k was R14k hoër as begroot. Bydraes van R727k (laagste vir die jaar) was R16k minder as begroot. Terreine het egter R35k se huurinkomste in die maand ontvang, terwyl slegs R6k begroot 6

is. Totale uitgawes vir die maand het R946k beloop teenoor die begrote R949k. Dit laat ons met 'n netto tekort vir die maand van R73k. Jaar tot datum beloop die netto surplus R300k teenoor 'n begrote tekort van R458K. (Die surplus kan tans nog toegeskryf word aan die paar fondsinsamelingsinisiatiewe wat hierdie jaar gehou is, die Bedieninge wat steeds hulle uitgawes so veel as moontlik probeer inkort en so besparings bewerk, en hoofsaaklik as gevolg van tydsverskille in werklike spandering teenoor begroot. Met dié dat daar n eenmalige skeidingspakket aan Wilhelm Leuschner uitbetaal gaan word, gaan hierdie situasie baie anders lyk in volgende rapporterings.) Dankoffer-inligting Maand Aantal potensiële *bydraepunte Aantal punte wat geen beloofde bydrae gemaak het nie Aantal punte wat beloof het maar geen bydrae maak nie Aantal punte wat agterstallig is Getroue bydraers Julie 2018 *(1 149) **(1 732) 351 30.55% 72 6.27% 132 11.48% 594 51,70% Augustus 2018 *(1 149) **( 1 730) 354 30,81% 64 5,57% 144 12,53% 587 51,09% *Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt ** Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Potchefstroom (Gaan kyk na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir volledig inligting oor Ramings.) Daar was lidmate wat gevra het hoe die uitgawes tans verdeel word en dit word in die volgende grafiek uitgebeeld. (Dit verteenwoordig die werklike syfers tot op datum einde Julie 2018.) Lidmate is ook welkom om enige ander finansiële verwante navrae te rig aan die kerkkantoor by: kantoor@gkwapadrant.co.za Hou asseblief in gedagte dat die gemeente verplig is om R90 (nuutste syfer) per maand per belydende lidmaat oor te betaal aan die Administratiewe Buro te Potchefstroom, selfs al kry ons geen dankoffer van n betrokke lidmaat nie. Daarom maak ons staat op elke lidmaat se dankoffer. Moet asseblief nie die R90 in die liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes gaan nie vir dieselfde doel nie. (Maak gebruik van dankoffervorm) Maniere van afdra van Dankoffer Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van n anonieme inbetaling.) Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen n elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening. Debietorder: Reël met kerkkantoor by kantoor@gkwapadrant.co.za of volg hierdie skakel vir vorm http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html Nog n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal: Snapscan Vir gerieflike en vinnige betaling Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies 7

NUUS UIT D KAR Hendrik du Plessis is betrokke by die sendingprojek in D Kar, Botswana. Aan die tuisfront word hierdie sendingprojek ondersteun deur die kleingroep van Cor Meindertsma. Ons deel graag n uittreksel uit Hendrik se nuusbrief. As n mens na alles terugkyk, kan ons nie anders as om die Here te dank vir n Paasnaweek waar ons gedagtes weer gevoed kon word met dit wat die Vader deur Sy Seun vir ons gedoen het nie. Die wonderlike is hoe God Drie-enig hierby betrokke was. Die Vader het Sy Seun gestuur om vir ons sondes te betaal en die dood te oorwin en die Heilige Gees wat lewend maak. Met die kerk in Motopi gaan dit goed. Meer ouer mense begin die eredienste bywoon waar dit in die verlede meerendeels kinders was. Dit is ons bede dat die Here vir ons die regte mense op die regte tyd sal stuur om oom Thys en tannie Dorette se skoene vol te staan. Die pragtige wildernisdorpie waaroor ek voorheen geskryf het, Mababe, leef maar van kampeerterreine wat in die bosse opgerig en deur Amerikaaners ondersteun word. Almal daar wil Bybels hê. Wanneer ek n Bybel aan iemand gee, gee ek hom gewoonlik die opdrag om die boek Johannes vier of vyf keerk deur te lees. Wanneer ons mekaar weer sien kan ons praat oor hoe hy/sy die Here Jesus sien en wat hulle van Hom dink. Dit is maklik om n Bybel uit te deel en die persoon te laat verdwaal tussen die bladsye. Hy verloor dan belangstelling, maar gee jy hom n spesifieke opdrag lees hy die nodige gedeeltes wat sy belangstelling verder kan prikkel. Ons sal dankbaar wees teenoor enige gemeente wat ons met Bybels kan help. Ons het ook begin om twee keer n week intensief Bybelstudie met die kerkraad te doen veral om ons samehorigheid te versterk. Ons het baie klem gelê op Evangelisasie en die uitbreiding van God se koninkryk. Die gelykenisse van die verlore penning, die verlore skaap en die verlore seun is aan die gemeente voorgehou. Al drie hierdie gelykenisse gaan gepaard met n allesoorweldigende vreugde en bring ons by die vraag: mis ons nie dalk uit op die ware feesvieringe in die kerk omdat ons alles bekyk deur die oë van die oudste seun wat die kabaal rondom sy jonger broer nie kon verstaan nie? Een van ons getroue lidmate is nou-die-dag oorlede. Hy was al die jare ons hoofman (kgosi) hier in D kar. Onder die blanke boere, oral was hy baie gewild en geliefd. Met sy aksent kon hy baie goed Afrikaans praat. Hy het in 1973 hier na Gantsi toe gekom as 'n boorman vir 'n boer. Daarna het hy op verskeie plekke gewerk tot hy as hoofman of tussenganger hier in D kar vir die regering begin werk het. Toe ek hier gekom het, het hy geen erg aan die kerk gehad nie. Eendag kon ek met hom 'n indringende gesprek in Gantsi voer. Ons het mekaar by 'n garage raakgeloop waar hy op sy bakkie gewag het. Ons gesprek het gegaan oor die onsekerheid van hierdie lewe as jy jouself nog nie totaal en al aan die Here Jesus oorgegee het nie. Ons het omtrent 'n uur gesels. Dit kon langer wees. Ek het gesien hy luister baie aandagtig. Daarna was sy opmerking: Dit wat jy sê is die waarheid. Hy het dit gesê soos iemand wat nog nie so daaroor nagedink het nie. Die volgende Sondag was hy in die kerk. Daarna het hy vir jare gereeld die dienste hier bygewoon. Later was hy in die belydenisklas. Hy het belydenis van geloof afgelê en is gedoop. Daarna het hy al ses sy kinders laat doop. Toe het sy vrou begin met die belydenisklasse. Twee keer 'n week het hy sy vrou vergesel na die belydenisklas tot ook sy belydenis van geloof afgelê en gedoop is. Daarna het dit hom baie gepla, die feit dat hy wel tradisioneel met haar getroud is, maar nie in die kerk en voor die howe nie. In 2013 het ek hom in die huwelik hier bevestig. En steeds was hulle van ons getrouste lidmate tot en met sy afsterwe die 12de Mei. Dit was hartseer, want hy was vir my 'n vriend en 'n vaderfguur. Ek en hy was baie saam en waar ek gekom het sonder hom, het die mense my altyd gevra, waar is April en so was dit ook met hom die geval. Die troos lê vir ons in sy lewe wat so handomkeer verander het toe hy met die Evangelie in aanraking gekom het. Die woorde van 'n bekende teoloog bly my altyd by: Nature forms, sin deforms, school informs, but only Christ transforms. Een of ander tyd word mense gekonfronteer met valse leringe, en as jy nie 'n antwoord het nie staan jy weerloos. Die woorde van ons Here Jesus word 'n werklikheid elke dag. En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak. (Johannes 8:32). Dit is 'n kwessie van lewe en dood. Ons groot stryd is nie net teen sangomas nie, maar veral teen valse predikers wat mense tydens hulle sogenaamde seremonies verbied om hulp by klinieke of hospitale te soek. Weereens word die voorbidding van ons gemeentes gevra vir mense wat so maklik mislei word omdat hulle die waarheid van die Woord nie het en nie verstaan nie. Hendrik du Plessis 8

Attestate Van GK Rietvallei: Phillipus en Erna Louw (van Blerk) en dooplidmate Hugo, Ivan, Arné en Klarise Van GK Akasia: Douw Gerbrand Kruger Van GK Linden: Pieter Daniël en Erica Hartzer (Northcote) en dooplidmaat Lukas Cornelius Rudolf Van NG Pta Oosterlig: Johannes Francois en Helena Cilliers (Myburgh) Van GK Rietvallei: Johan Adriaan Brouwer Van NG Moreleta: Meruschka Brouwer (Swanepoel) Van NG Viljoenskroon: Lynette Esterhuizen (van den Berg) Van Herv Pietersburg: Mouritz Opperman Van NG Krokodilrivier: Mirelda Opperman (Taljaard) Van GK Vanderbijlpark Trinitas: Ankie Snyman (Grimbeek) Van GK Cachet: Donné van der Westhuizen Van NG Florauna: Eduard Heinrich Borcher Van GK Wonderboompoort: Leandré Borcher (de Leeuw) Van GK Newcastle: Pieter Philip Heijstek Van NG Driehoek: Zelri Heijstek (van Zyl) Van GK Magol: Carina Beatrix Labuschagne (de Klerk) Mariska Wessels Anthony Hugo en Anja van Driel (van der Veen) en dooplidmate Andrea, Aninke en Anko Johanna Maria Annandale (Smit) Martha Jacoba Coetzee (Duvenage) Conrad Tobias en Christina Johanna van Rooyen (Erasmus) en dooplidmaat Clara. Na NG Tygerpoort: Johan Wilhelm Christian Riekert Na GK Benoni: Susan Magdalena Schalekamp (Clasens) Na GK Strand: Martha Maria Coetzee (Neethling) Na GK Piet Retief: Maria Elizabeth Roeloffze (Geere) Na Doxa Deo Brooklyn: Werner en Lydette Roos (du Toit) en dooplidmate Melindi en Juan-Louw Beroepenuus BEROEPE ONTVANG * Dr JA Erasmus (Jannie) van Odendaalsrus na Lichtenburg. * Ds MJ Lourens (Thys) van Vaalpark na Nelspruit as medeleraar. BEROEPE BEDANK * Ds W Jobse (Wilhan) van Jeffreysbaai na Kemptonpark. * Ds TMJ Moletsane (Jeremia) van Sanveld na Zamdela, Boipatong, Sharpeville en Sebokeng. * Ds EJ van Jaarsveld (Janré) van Tsumeb na Durban-Noord. 9

Wapadrant Brokkies Kleingroep G015 nooi alle uitreikers, vasvatters en raakvatters om deel te neem aan hul jaarlikse Desemberuitreik na 100 gesinne van Rainbow Kids in Danville. Skenkings vir een gesin (2kg rys, 2 blikkies groente, 2.5kg koekmeel, 2.5kg suiker & 750 ml kookolie) sal hoog op prys gestel word. Gemerkte pakkies kan in die kerksaal gelaat word. Elke Desember word so n kospakkie, sowel as al die benodigdhede vir n volledige Kers-ete aan hierdie gesinne voorsien. Een maal per week word brood, vleis, groente en vrugte by Rainbow Kids afgelaai. Kontak Helene Tollig by 0839477835 as jy betrokke wil raak of meer inligting wil bekom. SUNRISE se geouditeerde state is ter insae beskikbaar by die kerkkantoor Gemeentekamp Waar: Bosveld Oase (± 1 uur van Pretoria) Wanneer: Naweek 26-28 Okt 2018. Koste: Staanplekke R440/ nag; 6-bed chalet R1500/nag, 4-bed chalet R1300/nag; 2-bed kamers R590/nag Kontak die volgende persone vir inligting en besprekings: 1. PC Kruger Kruger.pc@gmail.com 076 812 7610 2. Gerhard Groenewald elhandreg@gmail.com 082 447 7737 Elpida hou op 27 Oktober rommelverkoping. Bring asb enige items wat u van ontslae wil raak Ons soek veral klere, linne en gordyne. Sit dit in 'n sak gemerk "Elpida" agter in die saal. Dit kan ook aan Johanna Hellberg gegee word. He chose Moses. He chose David. He chose Peter and Paul. He chose me. He chose you. Common people. Simple people. People with nothing special about them. Nothing special except they said yes. They obeyed. The took the task God assigned them and they did it. They didn t always do it well, but they said yes, and with His help they did it anyway. Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig. 2 Kor 1:3-4 (Ingestuur deur Celia de Beer) GKSA-ALMANAK 2019 Bestelling vir die GKSA-Almanak 2019 kan nou soos volg geplaas word: Skryf jou naam, van en kontaknommer op n koevert, met R84 kontant in koevert. Plaas koevert in liefdegawesakkie of gee af by kerkkantoor gedurende die week. Bestellings sluit 28 Oktober 2018 Kleingroep G028 se volgende koekverkoping vind plaas Sondag 21 Oktober tussen die oggenderedienste in die amfi. Fondse word gebruik om getraumatiseerde en gestremde volwassenes te ondersteun. Kontakpersoon Annemarie Schoeman 0826013526 10

Almal se mandjie Huurder gesoek op retreatplaas in Modimolle (Nylstoom) omgewing. Een slaapkamer met sit/eetkamer en stoep. Volledige badkamer. Motorafdak. Enkelman of getroude paar tussen 30-65 jaar. Persone moet lief wees vir stilte en besoekers in ag kan neem. R2500,00 p/m Krag / water ingesluit. Geen troeteldiere. Kontak Louis / Karina 0836754876 / 0769200336 www.pacemretreat.co.za Ek is op soek na n persoon om van 13 tot 30 Des. in my huis te bly om honde op te pas. R200 per dag. Swembad en lekker stoep - vakansie in Pta. Kontak Annatjie by 0835603432. DRINGENDE VERKOOP Simpleks in Faerie Glen Baie netjiese kompleks in Tipperarystraat The Glen. 2 slaapkamers, 2 badkamers, sit-eetkamer, kombuis, dubbelmotorhuis en klein tuin. Oppervlak 119m². Perfek vir n jong paartjie of enkelpersoon. Prys R1.1m onderhandelbaar. Foto s beskikbaar by: www.proprent.net.za Kontak Magda 0725106531 of Estelle 0727823935 TE HUUR Netjiese meenthuis in The Wilds Flamingo Place, 2 slk, 2 bdk, sit-eetkamer, kombuis mooi kaste en granietoppervlakke, patio met ingeboude braai. Dubbelmotorhuis direk langs patio. Onderste eenheid. Mediumgrootte tuin besproeiing. Klubhuis, swembad en tennisbane. Huur R9 500 pm onderhandelbaar Okk onmiddellik Foto s: www.proprent.net.za Kontak Magda 0725106531 of Estelle 0727853935 KOMPOSKONINGS Laboratoriumgetoetste organiese kompos ideaal vir volspektrum-voeding vir jou plante met die aanvang van die groeiseisoen. Sakke @ R20.00. 1 m³ @ R300.00. Kontak gerus Nick 0835892393 Dienswerkgeleentheid! Die klimrame in die kinders se speelarea het n nuwe baadjie nodig. Is daar dalk n kleingroep wat bereid is om dit te kom verf? Kontak asb. die kerkkantoor by 0129915623 Dringend gesoek: Omkapmasjien (4-tol model of enige ander), nog in werkende toestand, teen n bekostigbare prys of as gawe, vir n lidmaat wat met naaldwerk n inkomste wil verdien. Kontak: Thea Heckroodt by 0822208439, 0129910803 of adheckroodt@telkomsa.net. (Namens Diakonie: Bediening: Barmhartigheid) Woonstel te huur: Bergenbos 20, Oberonstraat, Faerie Glen (Langs Faerie Glen Hospitaal) Simpleks ongeveer 150 vk meter groot 3 Slaapkamers, 2 Badkamers, Sitkamer, Eetkamer, Kombuis, Toesluitmotorhuis, Motorafdak, Stoep, Voortuin Huurprys: R10 000 pm (Elektrisiteit en Waterverbruik uitgesluit vir eie rekening) Beskikbaar vanaf 1 Oktober 2018. Kontak Paul Steyn by 0828827976 TE HUUR Meenthuiskompleks in Newlands Riverside. Stapel-eenhede. Onderste eenheid 2 slk, 1 bdk, sitkamer-kombuis, balkon, 1 afdak en oop parkering. Klubhuis en swembad, gemeenskaplike tuine, Geen diere toegelaat. Goed geleë naby Menlyn en snelweë. R6000-00 per maand. Okk onmiddellik Foto s by www.proprent.net.za Kontak Magda 0725106531 of Estelle 0727853935 El-Pida Nuusbrief beskikbaar by http://www.wapadrant.co.za/el-pidanuusbrief.html of in bruinkas in voorportaal Woonstel te huur: Een slaapkamer, oopplan sit- en eetkamer en kombuis. Stoepvertrek met ingeboude braai. Motorafdak. Water en ligte ingesluit. Geleë binne n sekuriteitsoord. R 4700 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Ooste van Pretoria. Geen troeteldiere. Kontak Lientjie by 0829551509. Verblyf vir damesstudente (2 plekke) beskikbaar op die NWU-kampus by GK Cachet se gemeentesentrum. - Koste R2100/persoon wat n kamer deel. - Water&ligte, internet, parkering, skoonmaakdiens ingesluit. Kontak Ds Brahm by 0646561374. 11

Rainbow Tromspeelsessie Het jy al ooit gewonder wat n mens kry as jy n tromspeelsessie en jeugkore meng? Lofprysing soos nog nooit tevore! Op 8 Julie het Rainbow Christian Fellowship n onvergeetlike geleentheid aangebied. n Jeugkoor uit New York in die VSA, The Genesis Chorale, asook n groepie laerskoolleerders uit Nelmapius, het almal teenwoordig getrakteer met engelstemme. Daarna het almal deelgeneem aan n tromspeelsessie sonder weergawe! Hoewel n hele aantal kinders uit die bloute opgedaag het, het almal entoesiasties deelgeneem. Op gepaste wyse is die oggend afgesluit met pannekoek, boereworsrolle en mieliepap. Hoewel die meeste van die Amerikaners avontuurlustig geëet het aan pap and sheba het sommige hul by die bekende mustard and ketchup geskaar. Die terugvoer - veral uit die Amerikaanse kamp - was oorweldigend positief. Die tromspeelsessie was vir hulle n absolute hoogtepunt. Selfs tot in die laatmiddag het die ywerige sangers in die amfi hul lied laat hoor. Wat n wonderlike ondervinding was dit nie om deur n groep jongmense op musikale wyse bemoedig te word nie!...bemoedig mekaar en bou die een die ander op... (1 Tess 5:11) Rekenaarherstelwerk Rekenaarverkope Virusverwydering Rugsteunoplossing Netwerke Moreleta Plaza Uitroepdienste 12

Inskrywingsvorm by http://www.wapadrant.co.za/jeug--en-gesinsbediening.html Kaartjies sal op 14, 21 en 28 Oktober tussen die eredienste in die saal beskikbaar wees. 13

Van die kerkraad se tafel By n spesiale Kerkraadsvergadering wat plaasgevind het op Dinsdag 25 September 2018, is nabetragting gehou oor die terugvoer wat die Kerkraad ontvang het uit die afgelope gemeentevergaderings wat op 26 Aug. en 16 Sept. 2018 gehou is, asook ander bronne, wat grootliks bestaan het uit e-posse en telefoonoproepe wat ontvang is. Een van die sake wat nogal duidelik en gereeld as n leemte genoem is, is n behoefte dat die Kerkraad meer gereeld met die lidmate kommunikeer. Die Kerkraad het deeglik kennis geneem daarvan en besluit dat daar in die toekoms daadwerklike pogings aangewend sal word om met verskeie metodes so deursigtig en volledig as moontlik met die lidmate te kommunikeer. n Gereelde insetsel in die Maandkrant, soortgelyk aan hierdie berig, sal onder andere in die toekoms hiervoor gebruik word. Tans is die Kerkraad (KR) besig met die volgende sake: 1) Langtermynsake wat voortdurend aandag kry: 1.1) Daar is n werkgroep van die KR wat met die res van die kerkverband kontak hou en verskeie sake hanteer. Hulle is tans besig is om met n deputate van die Klassis te skakel oor n adviesvraag wat ons KR aan die Klassis gerig het, rakende die toekomstige betrokkenheid van WPR by die Klassis en die hantering van ons vroue-ouderlinge as afvaardigings na meerdere vergaderings, soos o.a. die Klassis. 1.2) Die Strategiese Werkgroep (SWG) werk ook deurlopend aan die implementering en monitering van die gemeente se nuwe bedieningsplan. 1.3) Die SWG en die Finansiële Werkgroep (FWG) is ook voortdurend besig om die finansiële stand van die gemeente te monitor en nuwe pogings te identifiseer om die betrokke saak aan te spreek en verbeterings te bewerk. 2) Korttermynsake wat nou aandag kry: 2.1) Die 20 bedieninge vanuit die nuwe bedieningsplan, gaan verslag doen oor hulle beplanning vir 2019 by n volgende KR-vergadering wat voorlopig geskeduleer is vir 17 Okt. 2018. 2.2) Deel van bogenoemde beplanning sal insluit om die 2019-begroting opgestel te kry en saam met die FWG te hanteer en goed te keur. 2.3) Die Jeugbediening het n aparte opdrag gehad om ondersoek te doen oor die moontlikheid dat jonger lidmate ingesluit mag word by die toekomstige nagmaalvierings. Hierdie verslag sal ook by die bogenoemde vergadering dien. 2.4) Die Jeugbediening is o.a. besig om na die volgende sake te kyk: 2.4.1) Algemene ouer- en jeugtoerusting vir spesifieke fokusareas. 2.4.2) Terugvoer oor die implementering van die kleingroepkonsep en kleingroepleiers se toerusting. 2.4.3) Terugvoer oor die jeug se betrokkenheid by die gemeente. 2.4.4) Betrokkenheid van predikante, jeugwerker, jeugkleingroepleiers, erediensbediening, kleingroepebediening. 2.4.5) Die vestiging van n gefokusde bediening vir die naskoolse jeug; n soort jeugvereniging (JV). 3) Ander sake wat nou aandag kry op toekomstige KR-vergaderings: 3.1) WPR se ouderlingeformulier / verstaan van die amp. 3.2) Toerustingsgeleenthede vir ouderlinge. 3.3) WPR se eie geloofsbelydenis hersiening. 3.4) Om nog nuwe ouderlinge en diakens ter approbasie voor te hou aan die gemeente om daarna bevestig te word en die ampte op te neem. By hierdie punt wil ons ook graag die geleentheid gebruik om die misverstand wat hier by sommige lidmate ontstaan het, te probeer uitklaar: Dit blyk dat daar by n groep lidmate n misverstand bestaan dat die kerkraad slegs hulle eie voorstelle tot nuwe ouderlinge oorweeg het en so die res van die lidmate wat geroepe sou wees tot die amp, uitgesluit en nie oorweeg het nie. Dit word weerlê deur die oop kommunikasie aan al die lidmate per e-pos op 05 Junie 2018, om voorstelle in te dien vir ouderlinge en diakens. Hieruit was daar 20 voorstelle vanuit die gemeente vir die ouderling- of diakenamp, waarna die kerkkantoor saam met die voorsitter van die Kerkraad dit met elkeen van die benoemdes opgevolg het. Die uitkoms daarvan is dat daar slegs 5 lidmate was wat ingestem het en nou ter approbasie vir ouderlinge aan die lidmate voorgelê gaan word. Daar is intussen weer n geleentheid waar die lidmate uitgenooi word om nog name van lidmate aan die kerkkantoor deur te gee vir die ampte van ouderlinge en diakens vanuit die gemeente. (Veral jonger lidmate, maar ook van die vroulike lidmate.) 14

BEDIENINGEVRAELYS Klik op wapadrant.co.za/bedieninge.html Voltooi gerus en stuur na die kerkkantoor by kerkkantoor@gkwapadrant.co.za of admin@gkwapadrant.co.za om betrokke te raak in die gemeente se aktiwiteite. NOMINERING VAN OUDERLINGE EN DIAKENS Ons nooi alle belydende lidmate uit om deel te wees in die uitoefening van jou amp as gelowige en so ook deel te wees van die nomineringsproses, deur jouself beskikbaar te stel of lidmate met gawes of passie vir die dienswerk in ons gemeente te benoem vir ouderling of diaken (veral jonger en ook aan diakens. Gee asseblief inligting deur na skriba@gkwapadrant.co.za of 012 991 8877. VRYWILLIGERS BENODIG * KOMBIBESTUURDERS Tans het ons slegs 2 lidmate wat op Sondagoggende na Paul Jungnickel Huis in Lynnwoodweg met die kerk se kombi ry om die Wapadrantlidmate te gaan oplaai. Dit plaas baie druk op die twee persone. Ons vra om asseblief met Ilda by die kerkkantoor 012 991 5623 in verbinding te tree. Hoe meer persone bereid is om die diens te lewer hoe minder beurte kry jy. * BEGRAFNISDIENSGROEP Die groep raak uitgedun! Is jy bereid om op kort kennisgewing toebroodjies te Gee asseblief jou naam deur na Ilda by die kerkkantoor 012 991 5623. * DATABORD Opleiding sal verskaf word aan enige iemand wat bereid is om te help met die databord tydens eredienste. Kontak Ilda by die kerkkantoor 012 991 5623. Die bediening van die doop verskuif na 9 Desember 15

Chrisante Hospitaalbediening SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of tollig@woodlandsnet.co.za PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 7-13 OKTOBER 2018 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 4-10 NOVEMBER 2018 Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719; Suzette Schoeman (Woe & Do): 076 452 3371; Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; Anmarie Steyn: 082 562 2839 14-20 OKTOBER 2018 Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Marius van Dyk (Di): 083 657 2608 21-27 OKTOBER 2018 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 28 OKTOBER 3 NOVEMBER 2018 Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Marius van Dyk (Di): 083 657 2608 LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Henrikus Verhoef: 082 558 4450 / 012 993 0919 KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869 Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 7-13 OKTOBER 2018 Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Cora Vorster: 012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856 / 072 275 9134; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698; Anmarie Steyn: 082 562 2839 14-20 OKTOIBER 2018 Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719; Suzette Schoeman (Woe & Do): 076 452 3371; Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; Anmarie Steyn: 082 562 2839 21-27 OKTOBER 2018 Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); Annemarie Bekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma); Anmarie Steyn: 082 562 2839 28 OKTOBER 3 NOVEMBER 2018 Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Cora Vorster: 012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856 / 072 275 9134; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698; Anmarie Steyn: 082 562 2839 7-13 OKTOBER 2018 Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Cora Vorster: 012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856 / 072 275 9134; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698; Anmarie Steyn: 082 562 2839 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen; MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIES André Sandilands: 081 205 8669 / 071 302 4593 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Vorster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Anet Hofmeyer: 072 5312 378 Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509 INTERCARE SUB-ACUTE HOSPITAL HAZELDEAN: TEL: 012 880 0700 Adri Gertenbach: 076 201 4412 BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616: Jan de Beer: 083 286 3960 Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel indien jy hospitaal toe gaan vir enige operasie of mediese prosedure by admin@gkwapadrant.co.za of (012) 991 5623 16

60-plussers @ Mustang Sally Hoe soet wil jy wees? Die antwoord op hierdie vraag lê in Hatfield en in trappe van vergelyking, naamlik stroopsoet, Mustang Sally en diabetiese koma. 'n Groepie senior lidmate het Dinsdag 2 Oktober gaan ondersoek instel om te kyk of hulle nog op dieselfde vlak as in die 1970s kan meeding. Dit was 'n gesellige geleentheid waar ons op 'n nostalgiese rit geneem is deur die dekor en die spyskaart. Te laat het sommige uitgevind dit is 'n beter plan om porsies te deel! Nou weet ons beter vir volgende keer en daar sal 'n volgende keer wees. Watter ouma en oupa sal nie die kleinkinders se guns wil wen met 'n uitstappie vir skommels nie? Ons hoop dat die groepie seniors sal groei met ons volgende funksies. Kom leer mekaar ken en deel in die pret. Ons wys graag vir die jonger lidmate dat daar nog baie dinge is waar hulle geleer kan word hoe om dit te doen. Johanna Hellberg Hannes en Ina dink hulle gaan steeds in hulle trouklere pas 17

Verklaring vanaf die kerkraad Verklaring vanaf die Kerkraad oor die aanloop tot, gevolglike hantering en afhandeling van die dringende saak toe dr. Wilhelm Leuschner n aanbod gemaak het aan die Kerkraad om afgelê te word, wat later op Wilhelm se aandrang verander is na opsegging van lidmaatskap Dit is dalk eers belangrik om n kort opsomming te gee van twee narratiewe tot die aanloop van hierdie dringende saak wat hanteer moes word: Daar was twee losstaande sake wat oor die laaste 2 jaar deur die Kerkraad apart hanteer is: a) Wilhelm Leuschner se aansoek aan die Kerkraad (KR) om n nuwe bediening te begin, wat kerklos- jongmense moes bereik. b) Die aaneenlopende druk waaronder die gemeente se finansies die afgelope 5 jaar verkeer het, en die voortdurende poging om oplossings daarvoor te kry. Niemand kon voorsien dat hierdie twee sake skielik vermeng sou raak en die Kerkraad gevolglik baie vinnige besluite daaroor moes neem nie. Tot onlangs nog by twee aparte vergaderings van die Kerkraad ( n spesiale KR-vergadering gehou op 25 Junie 2018, slegs oor die finansiële situasie van die gemeente, en n geskeduleerde kwartaalvergadering gehou op 25 Julie 2018) was die twee sake, of sommige noem dit narratiewe, nog totaal apart van mekaar. In die daaropvolgende proses om verskeie oorwegings te skenk aan moontlike oplossings vir die finansiële druk wat die gemeente ervaar en op aanbevelings van die Kerkraad aan n komitee om ook o.a. die predikante te nader vir hulle moontlike oplossings daarvoor, het dit Wilhelm tot aksie laat oorgaan en het hy saam met die ander predikante in n verslag aan die komitee die volgende voorstel op 30 Julie 2018 gemaak: Slegs n relevante uittreksel uit bogenoemde predikanteverslag: Tentmakerbediening/nuwe bediening: Wilhelm word van 1 Maart 2019 50% losgemaak om n nuwe, onafhanklike gemeente in ons omgewing te begin. Hier word dieselfde model gebruik as Sloet se bediening, waar hy as predikant van Wapadrant bevestig is, gedeeltelik vir sy eie versorging verantwoordelik is, maar sy bediening apart van Wapadrant funksioneer. Vir die ander 50% van Wilhelm se inkomste word hy vanuit die gemeente gehelp om moontlik n koffiewinkel (of soortgelyks) te begin, waarbinne verhoudingsgerigte bediening kan plaasvind. Die mikpunt is om teen einde 2021 50% van sy versorging ten volle vanuit hierdie bedryf te verseker. (Hierdie verslag het tot op datum nog nie gedien by enige opvolgende KR-vergadering nie, slegs by die Strategiese Werkgroep wat die volgende aanbeveling daarvoor aan die KR wou voorlê: Die nuwe onafhanklike gemeente val in beginsel in by die doelstellings en sal met kundiges bespreek word vir n geskrewe voorstel.) Skielik teen die verloop van sake in, gaan Wilhelm weer oor tot aksie en handig n amptelike brief in wat aan die KR gerig is op 05 Augustus 2018, waarin hy n aanbod maak vir vrywillige aflegging (om dus n pakket te vat). In sy eie woorde n uittreksel uit die genoemde brief: Gegewe die huidige bespreking rakende die vermindering van die uitgawes aan predikante, wat waarskynlik die vermindering in die aantal predikante in die gemeente gaan beteken, tender ek hiermee my vrywillige toetrede tot die gesprek en stel myself beskikbaar vir vrywillige aflegging. Dit was dus uitsluitlik Wilhelm se eie gevolgtrekking en persoonlike afleidings wat hy gemaak het uit die kontak tussen die bogenoemde komitee en die predikante. Daar was nog geen besluit of aanbeveling aan en van die KR tot op daardie tyd en datum, om enige van die predikante beroepbaar te stel, of enige inkortings te maak aan hulle begrotings nie, of om alternatiewe onafhanklike bedieninge te begin nie. Van hier af het sake vinnig gebeur en in nabaat/terugskouing is dit waar die twee sake vermeng begin raak het: Die KR se Dagbestuur (DB) het die brief eerste hanteer en het o.a. soos volg aanbeveel (uittreksel uit die notule van genoemde DB-vergadering gehou op 08 Augustus 2018): Besluite: 2.1.1 Dat hierdie dus verwys moet word na die komitee wat aangewys is deur die KR en wat tans besig is in n konsultasieproses met die predikante, nav die voorstelle wat die SWG gemaak het en nou met hulle bespreek word. Dat hulle intussen dan ook n gesprek met Wilhelm sal gaan voer om daarna voorstelle en aanbevelings te gaan maak aan die KR op die volgende spesiale vergadering wat daarvoor geskeduleer word. 2.1.2 Dat hulle in hierdie proses wel ook van ander regsadviseurs kan gebruik maak oor die impak en hantering van hierdie versoek. Hierna het die aangewysde komitee verslag gelewer by n spesiale KR-vergadering wat hoofsaaklik hiervoor geskeduleer is op 21 Augustus 2018 (al 4 predikante was teenwoordig). In hierdie verslag is 6 aanbevelings aan die KR gemaak om te oorweeg, waarvan die volgende twee spesifiek op hierdie berig betrekking het (uittreksel uit die genoemde verslag): 2. Die kerkraad keur in beginsel goed dat die aanbod van Wilhelm Leuschner om vrywillig afgelê te word, aanvaar word; 3. Die komitee kry opdrag om met kundige persone te vergader rakende arbeidsreg en ook kerkreg ten einde die onduidelikhede uit te klaar en daarna met Wilhelm Leuschner te vergader Die KR se besluit spesifiek hieroor handel soos volg (uit die notule): 5.2.3 By aanbeveling 2: Dat dit so aanvaar word, na n stemmingproses (uitkoms hiervan soos dit in die notule beskryf word, met volstrekte meerderheid), wat dit ook so bevestig het. 5.2.4 By aanbeveling 3: Word so goedgekeur en kan die komitee dus nou ook daarmee voortgaan. Dat die arbeidsregtelike sowel as kerkregtelike proses nou begin moet word. 5.2.5 Dat Rassie Smit se voorstel, punt c), aanvaar is en bygevoeg kan word soos volg: Die komitee kry>> 18

opdrag om ook nadat hulle die bg inligting (soos genoem by punt 3), ingewin het, eers weer sal terugrapporteer aan die KR, om so die KR in staat te stel om n ingeligte finale besluit hieroor te kan neem. Dat die volgende KR-vergadering op 12 September 2018, as die eerste teikendatum daarvoor gebruik sou kon word. Intussen word die gemeente dienooreenkomstig verder ingelig op n inligtingsvergadering geskeduleer vir Sondag 26 Augustus 2018. Na afloop van die KR se vergadering op 21 Augustus 2018 was daar heelwat reaksie rondom hierdie saak ter voorbereiding vir n opvolg KR-vergadering, wat gereël is vir 4 September 2018. Wat die saak egter in hierdie tyd nog meer kompliseer, is die bemarkings -dokumente oor Wilhelm se nuwe inisiatiewe en kerkplanting wat hy opgestel het en selektief in die gemeente begin versprei het. Dit het gelei tot groot verwarring by lidmate oor die saak en weer by ander lidmate verwagtinge geskep. In dieselfde dokument verwoord Wilhelm ook sy redes vir sy aansoek tot aflegging (uittreksel uit die bogenoemde dokument): Hoekom het ek myself aangebied vir vrywillige aflegging? Daar is 2 redes: Die gemeente het dringende groot besparing nodig op die uitgawes en dit kan net by die predikante gebeur. Ek wil graag my predikante kollegas spaar en beskerm. Die KR kon egter nie die saak net afhandel nie, omrede die Kerkorde van die GKSA bepaal dat n predikant nie net afgelê mag word nie en dat daar spesifieke redes gegee moes word. Die spesifieke redes bepaal dan volgens watter kerkorde-artikel dit afgehandel mag word. Hierdie totale hantering van die KR word deur die Klassis en n Deputate van die Streeksinode gekontroleer en finaal bevestig. Omdat aflegging dus nie as n aanvaarbare rede gesien word nie, sou dit nie slaag nie en gevolglik het Wilhelm, op aanbeveling, besluit om eerder die weg te volg van opsegging van sy lidmaatskap met die kerkverband. Dit het hy amptelik skriftelik gedoen op 10 September 2018. Dit het natuurlik tot nog groter verwarring in die gemeente gelei en stem dus nie ooreen met die oorspronklike redes wat Wilhelm gegee het nie. Die Kerkraad het n komitee aangewys om saam met die gemeente se konsulent, dr. Douw Breed, met Wilhelm te vergader om alternatiewe meganismes met hom te bespreek, die redes vir sy besluit te dokumenteer en om n verslag voor te berei vir die Klassisvergadering van 17 September. Dr. Breed het aan Wilhelm verduidelik dat hy nog kans het om sy besluite te heroorweeg. Na die gesprek het Wilhelm aangedui dat hy die saak wil afhandel en het hy die rede vir sy besluit gegee dat hy nie meer geroepe voel om n predikant in die GKSA en in Wapadrant- gemeente te wees nie. Op n daaropvolgende gemeentevergadering op Sondag 16 September 2018 kry Wilhelm n spreekbeurt en bevestig hy aan die gemeente wat die werklike rede vir sy besluite was (slegs uittreksels uit die transkripsie daarvan): * Ek voel al vir 6 jaar die roeping om op n ander manier kerk te wees, wat veral jongmense bereik... * Ek dink die realiteit is dat my droom nog altyd was om iets te begin vanuit WPR-gemeente, want ek was oortuig dat die gemeente kan baat vind daarby. Ek dink die realiteit is, dat as jy met kerklos-mense werk, moet daar die nodige vryheid wees om dalk buite Gereformeerde reëls en beginsels te werk. * En ek het op n punt gekom wat ek net besef het dat as ons so iets doen vanuit die Gereformeerde kerk, gaan daar heeltyd moeilikheid en lawaai wees, vanuit die kerkreg en die kerklike prosesse. * Ek het net op die punt gekom waar ek met soveel kerklos mense te doen gekry het, dat ek net besef het ek kan nie meer wag vir prosesse om afgehandel te word, voordat ons met die daardie mense n pad loop nie. * Ek dink net die nood in die wêreld maak dat dit vir my bitter, bitter moeilik gaan wees om te sê: Kom ek vat nog n jaar in WPR en hoop ons gaan iewers uitkom... * En hoe lief ek ook al vir WPR is en hoe lief ek ook vir die Gereformeerde kerke is, dink ek nie op hierdie stadium is daardie reis moontlik binne die grense van hierdie gemeente of hierdie kerkverband nie. Al is dit vir my hoe hartseer om dit te sê. So het die twee narratiewe vermeng geraak en die regte redes word verskaf. Die KR het egter nie vir Wilhelm en sy gesin aan hulle genade oorgelaat nie en onderhandel met hom n soort skeidingspakket, gelykstaande aan 9 maande se versorging, volgens sy huidige pakket. (Dit is intussen aan hom uitbetaal.) Die KR en die gemeente dra hom, sy gesin en sy bediening steeds op aan die liefde van die Here. Die voorlopige datum van hulle afskeid is gereël vir Sondag 25 November 2018. (Die datum is op hulle versoek, so met hulle ooreengekom.) 19

Rondomtalieraai 1 2 5 Begin by 1 en werk al in die rondte. Die laaste letter van elke woord is altyd die eerste letter van die volgende woord. 4 6 7 3 1. Hierdie seun van Saul het koning geword oor die tien stamme van Israel (2 Sam 2). 2. Paulus het hom siek in Mileté agtergelaat (2 Tim 4). 3. Die eerste van die sewe diakens (Hand. 6). 4 Hy het vir hom n paar horings van yster gemaak (1 Kon 22). 5 Hierdie kopersmid het my baie kwaad aangedoen (2 Tim 4). 6. Salomo se seun wat koning was oor Juda (1 Kon14). 7. Simson se pa (Rig 13). Sunrise Traumasentrum Die Sunrise Traumasentrum en RealPay het Saterdag 29 September 2018 Pregorolletjies verkoop by Pick n Pay Faerie Glen. Nie net het hulle n bewusmakingsveldtog geloods nie, maar hulle het die mooi bedrag van R6715,60 ingesamel 20