FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Finansieel Gesproke 1

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

BenguFarm Bestelvorm

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING: KOOPVORM

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS KOOPVORM VIR INDIVIDUE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

) waar van toepassing.

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

Rut: n Liefdes Verhaal

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

NUUSBRIEF JUNIE 2008

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS KOOPVORM VIR ENTITEITE

Mandala Madness Deel 2

Die geestelike tuiste van suiwer beleggings. Shari ah-beleggings aangebied deur Old Mutual Unit Trusts

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Uit Moerdijk se pen Man en Media

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

SIZA takes the sting out of auditing

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Direkte en indirekte rede *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

RAADSLEDE / COUNCILLORS

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Gefokus, standvastig en oopkop

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

streef na uitnemendheid

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Transcription:

FINANSIEEL GESPROKE SEPTEMBER 2016 INHOUD BELEIDVORMERS VERSKERP POGINGS OM WÊRELDEKONOMIE WEER AAN DIE GANG TE KRY EN GOEIE PLAASLIKE DATA GEE SA HUPSTOOT RIAN LE ROUX & TINYIKO NGWENYA WÊRELDWYE SOEKE NA OPBRENGSTE VERBERG SA SE EKONOMIESE PROBLEME WIKUS FURSTENBERG SA AANDELE VEERKRAGTIG ONDANKS STRAWWE OMGEWING PETER BROOKE BLY OP HOOGTE STUUR VIR ONS U BYGEWERKTE BESONDERHEDE BELINDA DUFF

ONS LEEF IN INTERESSANTE TYE KERRIN LAND HOOF UITVOERENDE BEAMPTE, OLD MUTUAL WEALTH ONS BELEEF INTERESSANTE TYE As ons na die internasionale arena kyk, lyk 2016 na n baie interessante jaar. Wie sou n jaar gelede gedink het dat ons vandag n ander Minister van Finansies sal hê, dat Brexit kon gebeur en dat die Amerikaanse Federale Reserwe (die Fed) negatiewe rentekoerse ernstig sal oorweeg! By Old Mutual Unit Trusts beskou ons al hierdie veranderings en beroeringe as n geleentheid om die voordele van ons skaal en verskeidenheid vaardighede in te span om seker te maak dat ons besigheid steeds goeie uitkomste vir ons kliënte lewer, en ek is opgewonde oor hierdie uitdaging. IMPAK VAN BREXIT Die Verenigde Koninkryk se stemming om die Europese Unie te verlaat, het wilde skommelinge op finansiële markte regoor die wêreld veroorsaak, maar as u vir die lang termyn belê, sal u waarskynlik nie rede hê om u beleggings te verander nie. Markte oorreageer gewoonlik op onverwagte gebeurtenisse, soos die uitslag van die referendum in Brittanje, en sal waarskynlik onbestendig bly terwyl die uitkoms en die implikasies daarvan verwerk word. In n goed gediversifiseerde fonds sal ons kundige beleggingsbestuurders die nodige taktiese skuiwe maak om te verseker dat hulle die fondse op n veilige koers deur die onstuimige waters stuur, om die opbrengste te lewer wat u oor die langer termyn nodig het. HERRYSING VAN DIE RAND? Wêreldwyd is daar n hernude soektog na opbrengste, aangesien dit duidelik geword het dat rentekoerse in die ontwikkelde mark waarskynlik langer laag gaan bly. Dit beteken dat ontluikende markte met hul hoër opbrengste weer gewild is. Die rand kan ook baat vind by die verstewiging van kommoditeitspryse sedert die begin van die jaar. Goud is bo VS$1 300 per ons en platinum bo VS$1 000, terwyl steenkool en ystererts gedeeltelik verlore veld herwin het met pryse wat vanjaar met meer as 40% gestyg het. Hierdie vier kommoditeite verteenwoordig die grootste deel van ons uitvoerverdienste, terwyl die prys van ons grootste invoerproduk, olie, sedert Junie verswak het. Dit het ons handelsbalans in die tweede kwartaal aansienlik laat verbeter. Die vraag bly egter of ons by hierdie internasionale tendense sal baat vind, en of plaaslike kwessies verbeterings sal rem. PLAASLIKE REGERINGSVERKIESINGS POSITIEF VIR SUID-AFRIKA, MAAR GEBEURE DAARNA SKEP VERWARRING Die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing van 2016 is om verskeie redes positief uit n beleggersoogpunt. Eerstens was die verkiesing vry en vreedsaam, afgesien van n paar geïsoleerde voorvalle, en dit is oor die algemeen goed bestuur deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Kiesers het duidelik gewys dat hulle gereed is om politici verantwoordelik te hou, veral in die metro-gebiede. Dit versterk Suid-Afrika se demokratiese statuur en beloof goed vir bestuurstoesig oor die langer termyn. Verder het al die betrokke partye die uitslag van die verkiesing aanvaar. Plaaslike regerings beïnvloed nie die makro-ekonomiese beleid nie, en daarom word daar nie groot beleidsveranderings verwag nie. Dit is egter opmerklik dat die twee grootste partye (wat saam 80% van die stemme gekry het) albei n redelik konserwatiewe ekonomiese beleid voorstaan, terwyl die partye met n radikale 2

ekonomiese agenda nie groot veld gewen het nie. Die risiko van n algehele verskuiwing na populistiese of linksgesinde beleid lyk dus beperk. Dit is nog n gunstige faktor vir beleggers. Dit is teengewerk deur volgehoue onsekerheid rondom die ondersoek na Finansminister Gordhan en verdere vrae oor staatsingryping en aktiwiteite binne staatsondernemings. GEDIVERSIFISEERDE, RASIONELE BELEGGING BLY UITERS BELANGRIK Aangesien die internasionale omgewing die afgelope 12 maande soveel verander het, sukkel sommige van verlede jaar se beleggingstrategieë vanjaar. Dit beklemtoon die belangrikheid van toepaslike diversifikasie, aangesien tendense vinnig kan verander en dit onmoontlik is om konsekwent tydsberekening op die mark toe te pas om sulke keerpunte in die markte te bepaal. Dit onderstreep ook hoekom u by n vaste finansiële langtermynplan (wat verkieslik in samewerking met u finansiële beplanner opgestel is) behoort te bly, in plaas van toe te laat dat u reaksie op markbewegings u beleggingskeuses bepaal. OLD MUTUAL INVESTORS FUND VIER 50 JAAR Die Old Mutual Investors Fund bereik vanjaar n groot mylpaal met die viering van sy 50ste bestaansjaar. As die oudste effektetrustfonds in die land, is dit n gewilde keuse vir beleggers wat breë blootstelling aan die Suid-Afrikaanse aandelemark wil hê. Die fonds belê in prima aandele wat goed nagevors is deur die span by Old Mutual Equities. Die Old Mutual Investors Fund het sedert sy ontstaan langtermynprestasie van 8.4% per jaar na inflasie (d.i. inflasie plus 8.4%) gelewer. Dit beteken as u by aanvang van die fonds R100 daarin belê het, sou u belegging R294 302 werd gewees het teen 30 Junie 2016. Dit beklemtoon die krag van n langtermynbelegging en bevestig ons verbintenis om n positiewe toekoms vir ons kliënte moontlik te maak. Die Old Mutual Global Equity Fund en Old Mutual International Growth Fund of Funds het albei toekennings in hul onderskeie kategorieë ingepalm by die 20ste jaarlikse Raging Bull-toekenningsgeleentheid, wat in Januarie 2016 in Kaapstad gehou is. Die Old Mutual Global Equity Fund het twee toekennings ontvang. Die fonds het vir die vierde opeenvolgende jaar n Raging Bulltoekenning gekry vir Topprestasie deur n Plaaslike Kollektiewe Beleggingskema vir die 3-jaartydperk geëindig 31 Desember 2015, as die Beste (SA-gesetelde) Internasionale Algemene Aandelefonds. Dit het ook erkenning ontvang met n sertifikaat vir Beste Prestasie op die grondslag van Risiko-aangepaste Opbrengste deur n Plaaslike Kollektiewe Beleggingskema vir die 5-jaartydperk geëindig 31 Desember 2015, in die kategorie vir (SA-gesetelde) Internasionale Algemene Aandelefondse. Die Old Mutual International Growth Fund of Funds het n sertifikaat ontvang vir Topprestasie deur n Plaaslike Kollektiewe Beleggingskema vir die 3-jaartydperk geëindig 31 Desember 2015, in die kategorie vir (SA-gesetelde) Internasionale Multibate Veelsydige Fondse. Hierdie toekennings weerspieël die uitnemendheid van ons buitelandse fondse in beide die internasionale aandele- en die internasionale multibate-kategorie, wat aan kliënte gediversifiseerde blootstelling aan kwaliteitbates regoor die wêreld bied. Beide fondse is ideaal vir beleggers wat hul eie oplossings wil struktureer of addisionele buitelandse blootstelling by hul portefeuljes wil voeg. DANKIE Terwyl die laaste deel van die jaar voorlê, sê ek graag vir u dankie vir u volgehoue ondersteuning en die vertroue wat u in ons stel. Ons is toegewyd om te sorg dat ons sterk en ervare beleggingspanne, robuuste besigheidsprosesse en risikobewuste benadering tot die bestuur van u geld vir u gemoedsrus sal gee, terwyl ons hierdie uitdagende tye bestuur. DRIE BEKRONINGS BY RAGING BULL-TOEKENNINGS 3

BELEIDVORMERS VERSKERP POGINGS OM WÊRELDEKONOMIE WEER AAN DIE GANG TE KRY EN GOEIE PLAASLIKE DATA GEE SA HUPSTOOT RIAN LE ROUX HOOFEKONOOM EN TINYIKO NGWENYA EKONOOM VAN OLD MUTUAL INVESTMENT GROUP Die uitwerking van Brexit word nog in die Britse ekonomie gevoel terwyl beleggers hul fokus na die onderhandelinge met die Europese Unie (EU) oor Brittanje se onttrekking verskuif. Die skerp devaluering van die Britse pond, en onlangse datavrystellings soos die VK se aankoopbestuurdersindeks (PMI) en verskeie vertroue-aanwysers, dui daarop dat die land binnekort n resessie kan beleef. Dit het die Bank van Engeland genoop om aan te dui dat hy bereid is om addisionele monetêre stimulering te verskaf. Daar is ook toenemende spekulasie dat fiskale stimulering bygevoeg sal word. JAPAN SE NUWE PLANNE OM GROEI WEER OP DREEF TE KRY Dit is nie net die VK wat fiskale stimulering oorweeg nie Japan het onlangs n groot staatspakket aangekondig wat daarop gemik is om infrastruktuurprojekte te finansier en kontant te gee aan persone wat n lae inkomste verdien. Voor die aankondiging het die Bank van Japan blykbaar helikoptergeld oorweeg om met die oog op fiskale stimulering nie-rentedraende en nie-terugbetaalbare kontant aan die regering te verskaf. In n grotendeels stagnante ekonomie plaas die skerp styging van die Japanse jen en bedrukte inflasieverwagtings druk op die owerheid om al hoe meer onortodokse ekspansionêre beleidsmaatreëls te oorweeg. Die konsep van helikoptergeld klink miskien verspot, maar dit dui op n wêreld wat nog steeds deflasionêre druk ondervind en sentrale banke wat bekommerd is dat monetêre stimuleringsmaatreëls se vermoë om groei en inflasie aan te vuur dalk uitgeput is. Gevolglik is daar toenemende druk op regerings regoor die wêreld om fiskale beleidstimuleringsmaatreëls in te stel. RENTEKOERSVERHOGING IN DIE VS VERWAG In teenstelling met owerhede elders in die wêreld, was die Amerikaanse Federale Reserweraad (die Fed) n bietjie meer optimisties in hul verklaring na afloop van hul vergadering in Julie danksy beter indiensnemingsyfers in Junie. Hoewel verbruikerverwante aanwysers sterk bly in die VS, is bestellings vir duursame goedere nou al etlike maande betreklik swak en besigheidsbeleggings het al n paar opeenvolgende kwartale ingekrimp. Hoewel individuele lede van die Fed steeds laat blyk dat twee rentekoersverhogings nog gedurende die res van die jaar moontlik is, reken markkommentators oor die algemeen dat die Fed rentekoerse net een keer later vanjaar gaan verhoog en heel waarskynlik in November of Desember. ONTLUIKENDE MARKTE N GEWILDE BESTEMMING Die toenemende moontlikheid van nog n reeks beleidsverslappingsmaatreëls wêreldwyd, tesame met verwagtings dat die Fed eers later vanjaar koerse sal verhoog, is positief vir ontluikende markte. Ondanks die hernude skerp daling in die olieprys, het die totale kommoditeitsmandjie redelik bestendig gebly. Dít, tesame met toenemende verwagtings dat internasionale rentekoerse selfs nog langer laag sal bly, het die aantreklikheid van ontluikende mark-bates met hoër opbrengste verhoog. Gevolglik het die geldeenhede van ontluikende markte onlangs gestabiliseer, terwyl sommige inderdaad nogal beduidend versterk het, soos die rand. Aangesien die uitwerking van Brexit waarskynlik meer in ontwikkelde markte gevoel sal word, sal die groeidifferensiaal tussen ontluikende en ontwikkelde markte vanjaar en volgende jaar waarskynlik nog groter word, en dit laat die relatiewe vooruitsigte vir ontluikende markte verbeter. 4

Dit het natuurlik n soektog na opbrengste laat ontstaan, met n sterk invloei in ontluikende mark-skuld. Hierdie tendens het so sterk posgevat dat dit die groot migrasie genoem word. Al bogenoemde ontwikkelinge onderstreep nog steeds onderliggende kommer oor wêreldwye ekonomiese groei. Aangesien inflasie feitlik oral nog heel gunstig is, sal die fokus vir die res van die jaar waarskynlik wees op verdere pogings deur internasionale beleidvormers om meer lewe in die sukkelende wêreldekonomie te blaas. WÊRELDWYE VOORUITSIGTE Te midde van toenemende onsekerheid is die beleidsvooruitsigte weer eens van groot belang en sal fiskale stimulering waarskynlik vir die res van 2016 en nog in 2017 n besprekingspunt bly terwyl die wêreldekonomie sukkel om dryfvere vir groei te kry. Sentrale banke sal egter steeds die grootste steun verleen, veral in ontwikkelde markte, waar beleidsmaatreëls langer ekspansionêr sal bly. Plaaslik het Suid-Afrika n redelik goeie maand agter die rug. Wat belangrik is, is dat ons baat gevind het toe internasionale beleggers hul toevlug geneem het tot die effekte van ontluikende markte as gevolg van n groeiende persepsie dat internasionale sentrale banke rentekoers selfs nog langer laag gaan hou ná die Brexit-uitslag. Dit het die rand verder laat verstewig tot sowat R13,80 teenoor die Amerikaanse dollar teen einde Julie heelwat sterker as die amper R17/VS$ teen middel Januarie. Die sterk prestasie van die rand was in teenstelling met voorspellings in sommige kringe dat dit in die aanloop tot die plaaslike verkiesings sou verswak (weens politieke risiko s rondom dié geleentheid). Die verkiesings was nie net uit n logistieke oogpunt suksesvol nie. Alle partye het die uitslag aanvaar en daar was nie ernstige geweld gedurende of net na die verkiesings nie. van 2016 beduidend sal krimp. Ons skat die tekort op die lopende rekening kan vernou tot sowat 2.5% van BBP in die tweede kwartaal, of ongeveer die helfte van die 5.1% van BBP wat in die eerste kwartaal aangeteken is. Vooruitsigte van n heelwat laer algehele tekort op die buitelandse handelsrekening het ook die rand ondersteun. Nog goeie nuus, al is dit tentatief, is dat dit lyk of die ekonomie in die tweede kwartaal nogal skerp teruggespring het ná die eerste kwartaal se geannualiseerde inkrimping van meer as 1%. Beter produksiesyfers, veral in die myn- en vervaardigingsektore, asook sterk groei in buitelandse toerisme, dui tentatief op n styging van ongeveer 2% in die geannualiseerde groeikoers vir die tweede kwartaal. Dit impliseer dat die ekonomie waarskynlik n tegniese resessie in die tweede kwartaal vrygespring het, hoewel die goeie groei van die tweede kwartaal waarskynlik nie in die tweede helfte van die jaar herhaal sal word nie. n Derde brokkie goeie nuus was aan die inflasiefront. Hoewel inflasie effens gestyg het, van 6.1% in Mei tot 6.3% in Junie, het die inflasie-aanwysers vooruitskouend merkbaar verbeter. Belangrike faktore is die olieprys wat onlangs aansienlik verswak het (en die daaropvolgende groot brandstofprysverlaging vroeg in Augustus), die heelwat sterker rand, en graanpryse wat die afgelope paar maande skerp gedaal het. Die jongste syfers dui daarop dat die draaipunt in die inflasiesiklus nie nog voorlê nie, maar dat inflasie heel moontlik reeds in Februarie vanjaar n spits bereik het op 7.0%. SAMEVATTEND PMI dui op n resessie in die VK. Japan inisieer nuwe stimuleringspakket. Is fiskale stimulering aan die orde vorentoe? n Wêreldwye migrasie na ontluikende markte. TEKORT KRIMP, GROEI VERSNEL WEER EN INFLASIE VERLANGSAAM Daar was brokkies goeie ekonomiese nuus in Julie. Eerstens het die maandelikse buitelandse handelsbalans, wat in Mei onverwags n groot surplus van R18 miljard getoon het, ook in Junie n aansienlike surplus van R13 miljard getoon. Die implikasie is dat die totale saldo op die lopende rekening, wat ook SA se groot tekort op die inkomsterekening teenoor die res van die wêreld in ag neem, in die tweede kwartaal Ten slotte het die sterker rand, tesame met die beter inflasievooruitsig, daartoe gelei dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) rentekoerse onveranderd gehou het by sy vergadering in Julie. Ontwikkelinge oor die afgelope maand het inderdaad ons oortuiging sedert vroeg in Junie versterk dat die SARB nie weer rentekoerse in hierdie siklus sal verhoog nie, al sal inflasie waarskynlik vir die res van die jaar buite die teikenband van 3% - 6% bly. 5

Hoewel ons nie verwag dat die SARB weer rentekoerse in hierdie siklus gaan verhoog nie, verwag ons ook nie dat die Bank koerse binnekort sal verlaag nie. Die SARB sal waarskynlik nie rentekoersverlagings oorweeg voordat inflasie behoorlik terug is binne die teikenband nie, en op hierdie stadium moet inflasie-aanwysers vooruitskouend nog steeds belowend lyk voordat die SARB rentekoersverligting sal begin oorweeg. GROEIVRIENDELIKE HERVORMINGS SKITTER IN HUL AFWESIGHEID Hoewel Suid-Afrika ongetwyfeld n ietwat uitsonderlike stroom goeie nuus ontvang het die afgelope maand, het ons nog steeds aansienlike strukturele uitdagings, waarvan die grootste n baie swak groeidinamika is. Boonop is n belangrike les uit Brexit dat die huidige groter daalrisiko s vir die wêreldekonomie beteken dat Suid-Afrika nie op n wêreldwye groeiversnelling kan staatmaak om ons eie trae groeitempo weer op dreef te kry nie. Breë makro-ekonomiese hervormings wat groei en vertroue sal lig, bly uiters belangrik, maar was tot dusver nog n afwesige bestanddeel vir beter plaaslike ekonomiese vooruitsigte oor die medium tot langer termyn. PLAASLIKE VOORUITSIGTE Al bogenoemde beteken dat vooruitsigte vir 2016 en 2017 ongelukkig nog taamlik droewig lyk. Daar was die afgelope maand n seldsame stroom redelik goeie ekonomiese nuus in Suid-Afrika. Hoewel dit verwelkom is en ook die rand ondersteun het, sal die fokus weer val op die kwessie of die regering in die komende maande groeivriendelike ekonomiese hervormings sal instel wat vertroue sal lig. SAMEVATTEND SA vind baat by uittog na effekte van ontluikende markte. Ekonomie kan tegniese resessie vryspring. Het inflasie reeds n spits bereik? 6

WÊRELDWYE SOEKE NA OPBRENGSTE VERBERG SA SE EKONOMIESE PROBLEME WIKUS FURSTENBERG PORTEFEULJEBESTUURDER BY FUTUREGROWTH Die wêreldwye stormloop na effekte van ontluikende markte het in Julie voortgeduur. Die negatiewe uitwerking van Brexit het minstens gehelp om markverwagtings te laat styg dat die ongekende verslapping in monetêre beleid, veral in die ontwikkelde ekonomieë, langer sal voortduur as wat voorheen verwag is. Selfs beleidsnormalisering in die VS word nou later verwag. Terwyl die opbrengskromme van verskeie G7-lande se staatseffekte al hoe meer negatief raak, en die kanse skraal is dat hulle binnekort gaan styg, is die wêreldwye soeke na beleggings met hoër opbrengste (en hoër risiko) wat kredietmarkte en die skuld van ontluikende markte insluit n natuurlike reaksie. As n direkte uitvloeisel hiervan het buitelanders se netto aankope van rand-gedenomineerde staatseffekte steeds skerp gestyg tot vlakke wat herinner aan die groot invloei van 2012 (op daardie tydstip aangevuur deur n vroeëre wêreldwye soeke na opbrengste en ook tegniese faktore soos die insluiting van Suid-Afrika by die Citi Group Global Bond Index). Hierdie invloei het netto aandeelverkope deur buitelandse beleggers ruim geneutraliseer en was duidelik een van die grootste dryfvere vir die onlangse sterk randappresiasie. SWAK GROEI DUI OP SPITS VAN RENTEKOERSSIKLUS Benewens die hoër buitelandse vraag na rand-gedenomineerde effekte, het die meeste plaaslike datavrystellings positiewe rentekoersverwagtings ondersteun. Vir markdeelnemers was die buitelandse maandelikse handelsyfers van besondere belang, omdat dit dui op n beduidende herstel in die lopende rekeningposisie in die tweede kwartaal van vanjaar. Soos allerweë verwag is, het die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) die repokoers onveranderd gehou by die beleidsvergadering in Junie. Die feit dat die SARB sy eie BBP-groei- en inflasieramings afwaarts aangepas het, het groeiende verwagtings ondersteun dat die rentekoerssiklus reeds n spits bereik het en dat die moontlikheid van koersverlagings volgende jaar ten minste oorweeg behoort te word. Teen hierdie agtergrond het effektekoerse verder terugbeweeg na vlakke wat laas voor die Nenegate-debakel in Desember 2015 gesien is. Die opbrengs van die maatstaf-r186 (vervaldatum 2026) het die maand amper 20 basispunte laer afgesluit op 8.625%. Gevolglik het die JSE Alle Effekte-indeks n sterk opbrengs van 2.2% vir die maand getoon, ver bo die amptelike inflasiegekoppelde indeks (0.1%) en kontant (0.6%). INTERNASIONALE RISIKO-APTYT SAL ONBESTENDIG BLY Die wêreldwye herstel in groei bly broos en wisselvallig, en dit baan die weg vir n laer toekomstige inflasieprofiel asook sterk uiteenlopende monetêre beleidsrigtings. Dit impliseer ook n geleidelike en beperkte verskerpingsiklus vir die paar ekonomieë wat in staat is om monetêre beleid te normaliseer, veral die VS. Dit behoort internasionale effektekoerse te beperk. Aan die negatiewe kant bly die voortgesette onsekerheid oor wêreldwye groei, en spesifiek die groeivooruitsigte in China, n risiko veral vir kommoditeitsprodusente in ontluikende markte wat, uit n absolute sowel as n relatiewe oogpunt, n swak buitelandse posisie het, soos Suid-Afrika. Ons verwag ook dat internasionale risiko-aptyt onbestendig sal bly, en markstygings wat deur verwagtings van groter beleidsverslapping deur veral monetêre owerhede ondersteun word, is na ons mening nie n volhoubare dryfveer nie. 7

SOEKE NA OPBRENGSTE VERDOESEL SA RISIKO S Plaaslik sal die onlangse verstewiging van die rand vrese oor die korttermyn-inflasievooruitsig verlig, hoewel ons nog steeds oor die volgende paar maande n bietjie opwaartse inflasiedruk verwag. Ons moet egter toegee dat dit vir die SARB al hoe moeiliker geword het om n strenger beleidsbenadering te handhaaf, veral as die volgehoue swak groei in ag geneem word. Hoewel die Minister van Finansies duidelik vasberade is om die skade aan die geloofwaardigheid van fiskale beleid te herstel, en by implikasie n afgradering van soewereine krediet tot nie-beleggingstatus te vermy, sal die tyd leer of dit werklik sal gebeur. Ons wag byvoorbeeld nog op broodnodige veranderings by die beleërde staatsondernemings. Die risiko van n afgradering van ons kredietstatus oor die volgende 12 maande is nog steeds n bedreiging. Oor die kort termyn bly politieke onsekerheid n knaende risiko. Dit is veral kommerwekkend as in ag geneem word hoeveel risiko die afgelope paar weke uit die mark verdiskonteer is, grotendeels as gevolg van die wêreldwye soeke na opbrengste, wat geneig is om die ekonomiese sondes van ontluikende markte soos Suid-Afrika te verberg. In die lig van bogenoemde sal ons die mark nog steeds versigtig benader. Die klem is steeds op kapitaalbewaring. Om hierdie rede het ons n groot blootstelling aan veranderlike koers-effekte en langertermyn-geldmarkinstrumente wat teen redelike opbrengste aangebied word, maar met aansienlik laer markrisiko. Ons is ook van mening dat inflasiegekoppelde effekte nog steeds kan baat vind by die verwagte styging in inflasie vanaf huidige vlakke gedurende die tweede helfte van die jaar. Afgesien van laer as verwagte inflasie, is die grootste risiko vir ons versigtige benadering n volgehoue invloei van buitelandse fondse na die effektemark. SAMEVATTEND Buitelanders stroom na effekte van ontluikende markte. Randverstewiging verlig inflasievrese. Groeiende oortuiging dat SA koerse spits bereik het. Ons benadering bly versigtig. INFLASIE-AANGEPASTE 10-JAAR STAATSEFFEKTEKOERSE (PLAASLIKE GELDEENHEID) Suid-Afrikaanse effektekoerse in reële terme is minder aantreklik op n relatiewe grondslag, ná die sterk lopie. 10 Griekeland 8 10-jaarkoers tot vervaldatum (%) 6 4 2 0-2 Singapoer Suid-Korea China Australië VSA Japan Frankryk Kanada Denemarke Duitsland Swede VK Noorweë Pole Indonesië Mexiko SUID-AFRIKA Hongarye Spanje Italië Filippyne Slowakye Sri Lanka Brasilië Portugal Turkye AAA AAA AAA AAA AAA AAA AAA AA+ AA AA AA- AA- A+ A+ BBB+ BBB+ BBB+ BBB BBB- BBB- BB+ BB+ BB+ BB BB B+ B- S&P Valutagradering Bronne: Bloomberg, Futuregrowth 8

SA AANDELE VEERKRAGTIG ONDANKS STRAWWE OMGEWING PETER BROOKE HOOF VAN MACROSOLUTIONS Die internasionale omgewing dui op n voortgesette tydperk van lae groei, lae inflasie, lae rentekoerse en lae opbrengste. Ons het voorheen hierna verwys as n vagevuur (suiweringsproses) of niemandsland en ons meen dít is wat die soeke na opbrengste dryf. In hierdie omgewing bied groeibates die enigste geleentheid om skaflike reële opbrengste te behaal, ondanks die hoër risikovlak. n Onlangse verandering is dat ontluikende markte stygpotensiaal bied danksy sterker geldeenhede, sikliese herstel vanaf baie lae vlakke en redelike waardasies. Met uiters lae opbrengste wêreldwyd, lyk die waarde wat ontluikende markte bied aantreklik. Plaaslik is die grootste klemverskuiwing dat ons nader aan die inflasiespits beweeg, en dus n spits wat rentekoerse betref. Oor die langer termyn (tot in 2017/18) verwag ons n rentekoersverlaging. KOMMENTAAR OOR BATEKLASSE SUID-AFRIKA SA aandele Plaaslike aandele het veerkragtig gebly ondanks n baie strawwe makro-ekonomiese omgewing, danksy die vermoëns van SA se uitstekende maatskappybestuurspanne om verdienstegroei te behaal. Vooruitskouend verwag ons dat sterker gemiddelde randwisselkoerse n hindernis sal wees vir ons randverskansingsmaatskappye. Ons verwag egter n matige verbetering in die vooruitsig vir plaaslike maatskappye in 2017. Die omgewing bly beslis moeilik, en daarom word n redelik lae reële opbrengskoers van 4.5% per jaar oor die volgende vyf jaar verwag. SA eiendom Hierdie sektor, veral kantore, ervaar steeds n moeilike bedryfsomgewing, maar die bo-na-onder omgewing lyk meer gunstig. Baie lae wêreldwye opbrengste beteken die defensiewe opbrengste wat SA genoteerde eiendom bied, is aantreklik. Ons reken daar is selektiewe waarde en ons verwag n reële opbrengs van 5% per jaar vorentoe. SA effekte Soos die effekte van alle ontluikende markte, bied SA effekte n goeie reële opbrengs in vergelyking met dié van ontwikkelde markte. Met die inflasiespits in die tweede helfte van 2016, en die gevolglike spits in rentekoerse, lyk hierdie opbrengste aantreklik. SA kontant Kontant in SA bied nog steeds goeie opbrengste, maar ons dink rentekoerse het n spits bereik. Dit beteken dit sal moeiliker wees om hierdie goeie opbrengste oor die langer termyn vas te pen. Hoewel dit nog te vroeg is om te sê, kan rentekoersverlagings laat in volgende jaar oorweeg word. INTERNASIONAAL Internasionale aandele Internasionale aandele bied n hoër opbrengs as internasionale kontant en effekte, maar verdienstegroei is nodig om skaflike reële opbrengste te lewer. Daar is tentatiewe tekens van n sikliese verbetering, maar die hoë vlak van politieke onsekerheid sal onbestendigheid laat voortduur. Internasionale aandele bly ons voorkeur-opsie vir diversifikasie ten opsigte van SA risiko s. 9

Internasionale effekte Die onsekerheid wat deur Brexit ontketen is, het veroorsaak dat internasionale effektekoerse skerp gedaal het in so n mate dat baie van hulle op n nominale grondslag negatief is. Ons het ons reële opbrengsvooruitsig vir die langer termyn verlaag tot -2% per jaar vir die volgende vyf jaar, tesame met n hoë vlak van kapitaalrisiko. Internasionale kontant Ons suiweringstema dui op n voortgesette slap monetêre beleid en laer kontantopbrengste en dus geen opbrengs op kontant nie, terwyl die Amerikaanse Federale Reserwe (die Fed) die grootste onvoorspelbare faktor is. n Aggressiewe Fed is een van die grootste risiko s vir markte en die rand. Ons pas ons siening van bateklasse vir die medium termyn (vyf jaar) twee keer per jaar aan, of indien toestande beduidend verander. Hierdie siening beïnvloed ons strategiese sowel as ons taktiese beleggingsbesluite. Neem asseblief kennis dat dit riskant kan wees om eenvoudig hierdie sienings in n portefeulje toe te pas sonder om die dinamiese aard van die omgewing in ag te neem, en hoe verandering elke bateklas beïnvloed. Aangesien ons deurentyd hierdie omgewing ontleed, was ons tot dusver baie suksesvol om ons siening ten opsigte van batetoewysing in prestasie vir ons beleggers te omskep. SAMEVATTEND Lae groei wêreldwyd dryfveer vir soeke na opbrengste. Ontluikende markte bied stygpotensiaal. Internasionale aandele verskans SA-spesifieke risiko s. SA verdienste uitgelewer aan beleërde ekonomie. VYF-JAAR BATEKLAS VOORUITSIG (JULIE 2016) REËLE OPBRENGS (P.J.) SIENING SA + Rand het beduidend verswak. Aandele 4.5% Neutraal Sleutelrisiko is verdiensteprestasie terwyl ekonomie sukkel Eiendom 5.0% + Defensiewe opbrengs in n wêreld waar opbrengste skaars is Effekte 3.0% Neutraal+ Inflasie bereik spits vanjaar Kontant 1.0% Plaaslike rentekoers het spits bereik Internasionaal Ontluikende markte lyk relatief aantrekliker Aandele 5.0% + Tentatiewe tekens van n sikliese verbetering Effekte -2.0% Rekordlae koerse = lae opbrengste Kontant -1.0% Kontant is niks werd Nota: Dit is reële langtermyn-opbrengste wat oor die volgende vyf jaar verwag word, soos op 15 Julie 2016. Die internasionale opbrengsverwagtings word in Amerikaanse dollar gekwoteer; enige REËLE randdepresiasie sal plaaslike beleggersopbrengste verhoog. Bron: Old Mutual Investment Group DIE SIMBOLE Neutraal: Reële opbrengste sal by of naby die langtermyn historiese gemiddelde wees oor die volgende vyf jaar. Die gewig in elk van ons portefeuljes is min of meer gelyk aan dié van hul maatstaf, waar van toepassing. Neutraal +: Reële opbrengste sal waarskynlik by of naby die langtermyn historiese gemiddelde wees oor die volgende vyf jaar. Aangesien daar egter vir ons geleenthede kan wees om alfa te verkry, kan die gewig in elk van ons portefeuljes effens oorgewig teenoor hul maatstaf wees, waar van toepassing. + (positief): Reële opbrengste sal bo die langtermyn historiese gemiddelde wees oor die volgende vyf jaar. Ons portefeuljes is oorgewig teenoor hul maatstaf, waar van toepassing. Neutraal : Reële opbrengste sal waarskynlik by of naby die langtermyn historiese gemiddelde wees oor die volgende vyf jaar. Weens heersende negatiewe toestande sal ons portefeuljes egter waarskynlik effens ondergewig teenoor hul maatstaf wees, waar van toepassing. (negatief): Reële opbrengste sal onder die langtermyn historiese gemiddelde wees oor die volgende vyf jaar. Ons portefeuljes is ondergewig teenoor hul maatstaf, waar van toepassing. 10

BLY OP HOOGTE STUUR VIR ONS U BYGEWERKTE BESONDERHEDE BELINDA DUFF KLIËNTEBELANGHEBBER-BESTUURDER, OLD MUTUAL UNIT TRUSTS Het u onlangs getrek of u foonnommer verander? Hou ons asseblief op hoogte van alle veranderings in u persoonlike besonderhede, om seker te maak u ontvang u state en kommunikasie betyds. HOE ONS DIT DOEN Indien u u staat elektronies ontvang, kies die Your Details -skakel op ons webtuiste (www. omut.co.za) om u kontakbesonderhede en inkomstebelastingnommer by te werk. As u geregistreer is om transaksies te doen, kan u u kontakbesonderhede, inkomstebelastingverwysingsnommer en bankbesonderhede bywerk. Anders kan die vorm vir die bywerking van kliëntbesonderhede afgelaai, ingevul en saam met u stawende dokumente geskandeer of gefaks word na +27 21 509 7100. U kan ook al u besonderhede bywerk deur n e-pos te stuur na unittrusts@oldmutual.com, of u kan ons Kliëntedienssentrum by 0860 234 234 (+27 21 503 1770) skakel. As u persoonlike interaksie verkies, is u welkom om u naaste Old Mutual-tak te besoek. BYGEWERKTE AANSOEKVORMS As gevolg van onlangse regulatoriese veranderings ten opsigte van verslagdoening, is wysigings aan die vereistes van ons beleggingsaansoekvorms aangebring. Hierdie veranderings is outomaties ingesluit by ons aanlyn-beleggingsfasiliteit. As u egter verkies om ons standaard-aansoekvorms in gedrukte of elektroniese PDF-formaat te gebruik wanneer u belê en transaksies aangaan, gebruik asseblief altyd die jongste vorms op ons webtuiste (www.omut.co.za) en vul die vorms volledig in, of vra u finansiële adviseur om hulp. IS U VIR BELASTINGDOELEINDES IN N ANDER LAND GEREGISTREER? FATCA (Foreign Account Tax Compliance Act) is Amerikaanse wetgewing wat vereis dat buitelandse finansiële instellings help om die beleggings en verdienste van Amerikaanse rekeninghouers op te spoor en daaroor verslag te doen. Die Suid-Afrikaanse regering het n inter-regeringsooreenkoms met die Amerikaanse IRS (Internal Revenue Service) aangegaan en ooreengekom om inligting uit te ruil wat deur finansiële instellings in Suid-Afrika verskaf word. Dit beteken finansiële diensmaatskappye moet jaarliks aan die SA Inkomstediens (SAID) verslag doen oor alle finansiële rekeninge wat direk of indirek deur Amerikaanse persone gehou word, en die SAID sal dan hierdie inligting aan die IRS stuur. Indien u vir belastingdoeleindes in n ander land geregistreer is, het ons besonderhede daarvan en u persoonlike belastingnommer nodig. VERIFIËRING VAN U BESONDERHEDE In ooreenstemming met regulatoriese vereistes, kan ons beleggingsopdragte eers verwerk nadat ons: 1. u identiteit geverifieer het stuur asseblief vir ons duidelike, geskandeerde bewys van u ID of paspoort en u woonadres (bewys mag nie ouer as drie maande wees nie); en 2. bekendmaking van die bron van inkomste vir die belegging ontvang het. 11

EJK MAATSTAF VAN DIE JAARLIKSE KOSTE VAN U BELEGGING Die Effektiewe Jaarlikse Koste (EJK) is n maatstaf wat deur die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA) ingestel is as n standaard-bekendmaking van die koste wat u waarskynlik sal aangaan wanneer u in n spesifieke finansiële produk belê en dit besit. Vanaf 1 Oktober 2016 sal u skriftelike bevestiging van u EJK ontvang nadat u belegging verwerk is. U kan ook www.omut.co.za besoek om toegang te kry tot ons nutsprogram (EAC Illustrator) vir die berekening van die EJK van enige nuwe of addisionele beleggings wat u oorweeg. AANLYNTOEGANG Old Mutual Unit Trusts bied u maklike toegang tot u beleggingsinligting, op enige tydstip. Ons beveiligde aanlynwerf stel u in staat om u effektetrustbeleggings te bestuur en insiggewende grafieke te sien wat u portefeuljeprestasie of batetoewysing aandui. U kan ook enige tyd toegang kry tot u belastingsertifikate en state en hulle aflaai of per e-pos stuur, of onderaandele koop, verkoop en omskakel. As u dit nog nie gedoen het nie, registreer sommer nou by www.omut.co.za. Ons opwindende beveiligde mobi-werf bied n wye reeks waardetoevoegingsdienste op u slimfoon. U kan na u volledige portefeulje effektetrustbeleggings kyk, en ook toegang kry tot u state, belastingsertifikate, persoonlike besonderhede, bankrekeningbesonderhede vir debietorder-opdragte, en u kommunikasiegeskiedenis alles op u slimfoon. Vir toegang tot u beleggingsinligting op u slimfoon, meld aan by Old Mutual Unit Trusts se tuisblad by www.omut.co.za en kies die beveiligde aanmeldfunksie vir selfone. 12

STATUTÊRE INLIGTING Ons streef om ons kliënte billik te behandel deur vir u die inligting wat u nodig het, op so n eenvoudige wyse as moontlik te gee sodat u ingeligte besluite oor u beleggings kan neem. Ons glo aan die waarde van gesonde advies en daarom beveel ons aan dat u n finansiële adviseur raadpleeg voordat u effektetrusts koop of verkoop. U kan egter sonder die hulp van n finansiële adviseur koop en verkoop. Indien u wel die dienste van n finansiële adviseur gebruik, herinner ons u dat die adviseur op sekere onderhandelbare adviseursfooie of kommissie geregtig is. Die fooie en koste wat ons vra om u belegging te bestuur, word in die betrokke fonds se minimum openbaarmakingsdokument (MDD) of in die tabel met fooie en koste verskaf. Albei is op ons openbare webtuiste of by ons dienssentrum beskikbaar. Ideaal gesproke behoort u effektetrusts as n medium- tot langtermynbelegging te beskou. Die skommelinge van bepaalde beleggingstrategieë het n invloed op n fonds se prestasie. U fondswaarde kan styg of daal. Ons kan dus nie die beleggingskapitaal of die opbrengs op u belegging waarborg nie. Hoe n fonds in die verlede gevaar het, is nie noodwendig n aanduiding van hoe dit in die toekoms sal presteer nie. Ons afsnytyd vir kliëntopdragte (bv. koop en verkoop) is om 15:00 elke werkdag vir alle fondse behalwe die geldmarkfondse, waarvan die prys daagliks om 13:00 vasgestel word. Dit is ook die tye wanneer ons ons fondse waardeer om die heersende prys van die dag te bepaal (behalwe teen die maandeinde, wanneer ons die waarde van die Old Mutual RAFI 40 Tracker Fund, Old Mutual Top 40 Fund, Old Mutual Multi-Managed Equity Fund en Old Mutual Multi-Managers Equity Fund of Funds om 17:00 bepaal). Daaglikse pryse is op ons openbare webtuiste (www.omut.co.za) en in die media beskikbaar. Fondse kan lenings aangaan om kliënte se onttrekkings te befonds, en kan sekuriteite uitleen. Die heersende prys van die dag berus op die huidige markwaarde van die fonds se bates plus inkomste minus uitgawes (NBW van die portefeulje), gedeel deur die getal uitgereikte eenhede (onderaandele). Old Mutual Unit Trusts het die reg om n portefeulje vir nuwe beleggers te sluit om dit meer doeltreffend ooreenkomstig sy mandaat te kan bestuur. Old Mutual Unit Trust Managers (RF) (Pty) Ltd is n geregistreerde bestuurder ingevolge die Wet op Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas 45 van 2002. Old Mutual is n lid van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA). Geldmarkfondse: n Geldmarkfonds is nie n bankdepositorekening nie. Hierdie tipe fonds se eenheidsprys poog om konstant te wees, maar beleggingskapitaal word nie gewaarborg nie. Die totale opbrengs bestaan hoofsaaklik uit rente (wat daagliks om 13:00 verklaar word), maar kan ook enige wins/verlies op n bepaalde instrument insluit. In die meeste gevalle sal dit bloot die daaglikse opbrengs verhoog of verlaag, maar in die geval van abnormale verliese kan dit die kapitaalwaarde van die fonds verminder. Die gepubliseerde opbrengs word bereken deur die gemiddelde van die fonds se netto inkomste oor die vorige sewe dae te gebruik (en aanvaar dat alle inkomste herbelê is). Hierdie syfer word dan geannualiseer en die resultaat is die geweegde gemiddelde saamgestelde groeikoers. Inkomstefondse: Inkomstefondse verkry hul inkomste hoofsaaklik uit rentedraende instrumente soos omskryf. Die gepubliseerde opbrengs is n lopende opbrengs en word daagliks bereken. Die waarde van onderliggende bates van inkomstefondse word daagliks teen markwaarde gewaardeer. Fondse van fondse: n Fonds van fondse is n portefeulje wat in ander fondse belê om die beleggingsdoelwitte van die fonds van fondse te verwesenlik. Fondse van fondse kan in plaaslike of buitelandse fondse belê wat hul eie koste hef, en dit kan n hoër fooistruktuur tot gevolg hê. Voederfondse: n Voederfonds is n portefeulje wat al sy kapitaal in n enkele onderliggende fonds belê. Hierdie onderliggende fonds kan n plaaslike of buitelandse fonds wees en hef sy eie koste, wat n hoër fooistruktuur tot gevolg kan hê. Derdeparty-benoemde fondse (gekombineerde handelsmerke): Old Mutual Unit Trust Managers (RF) (Pty) Ltd is die bestuurder van Adviceworx en Old Mutual Multi-Managers fondsreekse met gekombineerde handelsmerke en behou volle regsverantwoordelikheid. Fondse met buitelandse bates: Hierdie tipe fondse hou bates in ander lande en kan in hierdie lande dus risiko s inhou ten opsigte van likiditeit, die repatriasie van fondse, die politieke en makro-ekonomiese situasie, buitelandse valuta, belasting, verrekening, en die beskikbaarheid van inligting, ens. Kontak ons asseblief vir spesifieke risiko s ten opsigte van elke land. 13