WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Rut: n Liefdes Verhaal

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

SIZA takes the sting out of auditing

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Mandala Madness Deel 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

WATERLISENSIERING EN WATERPRYSBELEID IN DIE NUWE WATERWET GERHARDUS FRANCOIS JOUBERT

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Direkte en indirekte rede *

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

Tariewe

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Regstellende aksie: n etiese perspektief18

Mosselbaai Munisipaliteit

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

deur HENDRIK PETRUS LODEWYK MATTHEUS voorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR EDUCATIONIS in die vak VERGELYKENDE OPVOEDKUNDE aan die

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Tariewe

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Hoe om krag te spaar

SECOND DAY TWEEDE DAG MORNING SESSION OGGENDSITTING. Municipal Undertaking " as published in Volume (1)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

Transcription:

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso - is verantwoordelik vir Inligting, Media en Veldtogte by SPP. Hierdie publikasie was voorberei deur Surplus People Project in Kaapstad. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder die skriftelike toestemming van SPP reproduseer word nie. Surplus People Project - Junie 2008 ISBN No: 978-0-9814325-3-3 Posbus 468 Athlone 7760, Suid Afrika Tel: +27 21 448 5605 Faks: +27 21 448 0105 Epos: spp@spp.org.za Webwerf: www.spp.org.za Erkennings Bae dankie aan ons donateurs [United Church of Canada en CIDA] vir hulle finansiële ondersteuning. Hierdie publikasie is baseer op die Navorsingsverslag soos deur Gwendolyn Wellman saamgestel, Water Verbruikers in die Olifants- Doorn Waterbestuursgebied.

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT DAAROOR? Suid Afrika se waterwetgewing het n geskiedenis van dominering en onteiening, aldus Kader Asmal tydens sy termyn as Minister van Waterwese en Bosbou. Hulle [die koloniale wetmakers] het die wet en die water aangewend in die belang van n dominante klas en groep, wat bevoorregte toegang tot grond en ekonomiese mag gehad het. Om hierdie rede is die nuwe regering in n situasie waar die grootste gedeelte van Suid Afrika se bewoners nie grond besit nie, maar ook nie direkte toegang tot water vir produksie het nie of die voordele van die gebruik van die land se water het nie.. Die nuutverkose en uitgesproke minister betreur hierdie toestand en verklaar: Die oorwinning van ons nuwe demokrasie eis nou n hersiening (van die vorige waterbeleid) op grond van regverdigheid en gelykheid, waardes wat bewaar moet word as die hoeksteen van ons nuwe samelewing. Lede van die uitgeslote meerderheid wat in 1997 na hierdie passievolle en veelseggende woorde geluister het, het geweet dat dit tyd gaan neem om dit in n beleid op te neem. Dit sal ook nog meer tyd neem voordat hierdie nuwe beleide resultate toon, maar hoeveel tyd? Dit is nou tien jaar later. Min mense het verwag dat alle spore van Suid Afrika se rassistiese verlede al sou verdwyn het. Nog minder sou twyfel dat 10 jaar genoeg tyd is vir die nuwe beleide om hulle verwagte resultate, aard en rigting aan te dui. Indien hulle regtig in staat is om mense wat in die verlede op grond van ras en geslag uitgesluit was in te sluit, sou hulle dit teen hierdie tyd al op n betekenisvolle vlak gedoen het. 1

In die Olifants-Doorn Waterbestuursgebied, wat 56745 vierkante kilometer in die Westelike en Noordelike Kaapprovinsies beslaan oorheers wit boere grondeienaarskap en in die Waterverbruikers Verenigings, plaaslike instellings in beheer van water vir landboudoeleindes, is daar n lae vlak van insluiting en deelname deur voorheen benadeelde groepe ; soos bevind in n onlangse studie aangevra deur Surplus People Project. Met ander woorde, die sogenaamde voorheen benadeeldes word steeds benadeel ongeag baie toesprake soos dié deur Minister Asmal; dit is ten spyte van die reg tot toegang tot water, nuwe wetgewing en instellings soos die Waterverbruikers Verenigings wat veronderstel is om verandering teweeg te bring. Wat het verkeerd gegaan? Dít is wat die landelike armes en hulle bondgenote vra. Is dit omdat ons nie die vaardighede en toewyding het om die nuwe wette en instellings vir ons te laat werk nie? Of is daar iets verkeerd met die wette, beleide en instellings? 2 Die eerste een van hierdie twee sienings is die dominante een in Suid Afika. In die oë van die regering, die meeste akademici en media meningsvormers is die grondwet, wette en beleide van die beste waarvoor die armes kan hoop en dat probleme wat ondervind word die gevolg is van korrupsie en onbevoegdheid wat behoorlike implementering kniehalter. So beskou, lê die antwoord in opleiding vir die armes om hulle bewus te maak van hulle regte en die vaardighede om dit op te eis, groter toewyding tydens deelname aan strukture soos die Waterverbruikers Verenigings en beter polisiering teen korrupsie. Dikwels word na alles saam verwys as bemagtiging. Dit beteken om n aktiewe lid, met n goeie stand in die sosiale sisteem te wees en om op te eis wat jou toekom. Vir die swart elite is daar bemagtigings transaksies en vir die armes is daar bemagtigings werkswinkels. Tot dusver het die transaksies baie beter resultate as die werkswinkels vir onderskeie deelnemers opgelewer. Maar onthou, herinner hulle ons, Rome is nie in een dag gebou nie. Wat ook al die verdienstelikheid van hierdie siening is, dit is broodnodig vir die regeerders en die wat regeer word om die oorheersing te verklaar. Die regeerders trek voordeel daaruit dat die samestelling van die post-apartheid sisteem as n reuse prestasie vir die mensdom gesien word. Dit spreek n egte, heilige seën uit oor hulle mag en die voordele wat hulle daaruit trek en dit verskaf duidelike, vinnige argumente teen kritici en rebelle.

Vir die wat regeer word is dit n bron van hoop en vertroosting, terwyl dit ook n duidelike plan van aksie uitspel. Dit sien die voortdurende armoede en onderdrukking van vroue en swart mense as onopsetlik en daarom makliker om reg te maak as wanneer dit plaasvind in n sisteem wat spesifiek só ontwerp is. Die idee dat daar ten spyte van al die probleme slim en invloedryke mense is wat aandag gee aan die welstand van die armes is sekerlik meer opheffend as om te glo dat niemand omgee nie. En natuurlik was onkunde en apatie nog nooit goed vir iemand nie. Persone wat moeite gedoen het om vaardighede aan te leer en deelnemend was aan regeringsaspekte het oor die algemeen een of ander voordeel daaruit getrek. Die bemagtigings idee skep die hoop van n stukkie welvaart in die see van ellende. Dit gee armes en hulle bondgenote die gevoel dat daar iets aan armoede gedoen kan word sonder om met die regering, besighede en omtrent elke ander instelling met n mate van mag in hedendaagse samelewing, te baklei.. As die siening aanvaar word dat in die stryd om armoede te oorkom dit nodig is om die huidige stelsel op n ander manier te implementeer, eerder as om die fundamentele instellings te verander, is daar n geweldige koste aan verbonde indien die siening verkeerd sou wees. Indien mense net fokus om te probeeer om die huidige grondwet, wette en instellings behoorlik te laat werk en dit eintlik ontwerp is om uitbuiting en onderdrukking, wat armoede veroorsaak, in stand te hou, dan sal die armes altyd met ons wees. Vroue en swart mense sal altyd die oorweldigende meerderheid van die armes uitmaak. Die rassistiese en seksistiese sosiale struktuur van die verlede - met wit manlikes aan die bokant en swart vroulike armoede aan die onderkant - sal aanhoudend herhaal word. Plaasbewoners, klein-skaalse opkomende boere en hulle bondgenote moet weet wat om te doen om armoede wat op hulle afgedwing word, stop te sit. Is dit genoeg om pligsgetrou te werk binne die huidige bestel? Of is daar n nood om vir nuwe instellings, ander beleide, n beter grondwet en miskien n hele nuwe samelewing te baklei? Kom ons weeg die waarheid en gevolge van hierdie siening op aan die hand van die gevallestudie van Waterverbruikers Verenigings in die Olifants-Doorn Waterbestuursgebied deur die volgende sake te bespreek: Wat is Waterverbruikers Verenigings? Resultate van Waterverbruikers Verenigings Redes vir hierdie resultate Gevolge vir die landelike armes 3

" Die sogenaamde voorheen benadeeldes word steeds benadeel, ten spyte van die reg tot toegang tot water in die grondwet, ten spyte van nuwe waterwetgewing en ten spyte van instansies soos Water Verbruikers Verenigings wat veronderstel is om agente van verandering te wees."

1. WAT IS WATERVERBRUIKERS VERENIGINGS? Waterverbruikers Verenigings is wetlike instellings wat beteken dat hulle in wetllike terme gestig is, in hierdie geval die Nasionale Waterwet, Wet No 36 van 1998. Die wet skryf voor wat hierdie verenigings moet doen, wie deel daarvan moet uitmaak en hoe hulle moet funksioneer. Die hoof doelwitte van die Waterverbruikers Verenigings soos voorgeskryf is: regstelling van die resultate van die rassistiese en geslagsdiskriminasie van die verlede bespoediging van die gelyke verdeling van toegang tot water daarstelling van n effektiewe, lewensvatbare en voordelige gebruik van water, wat in die belang van die publiek is om sosiale en ekonomiese ontwikkeling aan te help (a) Take van Waterverbruikers Verenigings Waterverbruikers Verenigings is in beheer van die bestuur van water op plaaslike vlak. Elke vereniging moet hul eie grondwet opstel wat die hoof en sekondêre take uitspel. Die wet lys die volgende as moontlike hooffunksies: om water vermorsing afkomstig van enige hulpbron te verhoed om waterhulpbronne te beskerm om onwettige verbruik van water te voorkom om enige obstruksie wat onwettig in n waterweg geplaas is te verwyder of te verskuif om enige onwettige dade wat die gehalte van die water in enige waterbron sal verlaag, te voorkom om toesig te hou en beheer uit te oefen oor die verspreiding en gebruik van water vanuit n hulpbron in terme van die tersaaklike gebruiksreg. 5

Van meer belang, Waterverbruikers Verenigings mag nie die verspreiding van water lisensies verander nie. Hierdie mag berus by die Departement van Waterwese en Bosbou, totdat hulle dit afwentel na die Opvangsgebied Bestuurs Agentskap. Sekondêre funksies vind net plaas as dit nie n risiko vir die finansiële lewensvatbaarheid van die vereniging inhou nie. Hierdie funksies sluit in opleiding, ondersteuning en insette in die Geintegreerde Ontwikkelingsplanne en Water Dienste Ontwikkelingsplanne van Munisipaliteite. Opsommend; die vernaamste funksie van die Waterverbruikers Verenigings is toesig oor die implementering van die Nasionale Waterwetgewing, die beleide van die Departement van Waterwese en Bosbou en hul water lisensies. Die verenigings neem nie besluite nie. Hulle sien toe dat besluite wat elders geneem word, toegepas word. Hulle sekondêre funksie is om opleiding, ondersteuning en raad te gee. Die Nasionale Waterwet stel dit duidelik dat n waterverbruikers vereniging bestuursopsies en pligte mag uitvoer sover as aan hulle toegeken of afgewentel is. Die mag bly by die minister.. (b) Lede van Waterverbruikers Verenigings Die wet stel dat enige persoon wat water gebruik n potensiële lid van n Waterverbruikers Vereniging mag wees. Dit sluit lisensiehouers vir landbou, huislike, industriële, mynbou, munisipale en ontspannings-gebruike in. Klem word daarop geplaas om deelname van voorheen benadeelde waterverbruikers, insluitend opkomende boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe in te sluit. In die Olifants-Doorn Waterbestuurs Gebied word die volgende groepe verteenwoordig: kommersiële boere opkomende boere huishoudelike verbruikers (hoofsaaklik plaaswerkers) groot industrieë klein industrieë waterverbruikers in dorpies 6

Waterverbruikers Verenigings bestaan uit n diverse groep mense met uiteenlopende en dikwels kontrasterende belange en hulle moet saamwerk om gemeenskaplike doelwitte te bereik. Die idee is dat die verskillende groepe sektore van dieselfde gemeenskap is en sosiale vennote is wat mekaar vind deur sosiale dialoog / gesprekvoering. Soos die Nasionale Water Wetgewing dit stel is die Waterverbruikers Verenigings koöperatiewe verenigings van individuele waterverbruikers wat waterverwante aktiwiteite onderneem vir gemeenskaplike voordeel. Nadere ondersoek na die getalle vertel n interessante storie oor die maatskaplike samestelling en politieke oriëntering van hierdie verenigings. Ten tyde van die ondersoek na Waterverbruikers Verenigings in die Olifants-Doorn Waterbestuurs Gebied was daar 97 deelnemers, waarvan 47 kommersiële boere was; almal wit en 45 mans. Hierdie patroon van wit en manlike oorheersing het totaal en al uitgestaan in die nege verteenwoordigers van die industrie en sterk uitgestaan teenoor die nege verteenwoordigers van munisipaliteite. Daar is 15 opkomende boere en 17 huishoudelike verbruikers (meestal plaaswerkers) verteenwoordigers; die meeste swart mans. Dit skep n situasie waar 66 van die 97 verteenwoordigers wit is, met 75 manlike verteenwoordigers. As dit beteken dat hierdie Waterverbruikers Verenigings manlike en wit dominansie weerspieël, wat dan van klasse verhoudings? Kommersiële boere het n verteenwoordiging van 47 en as die industrie verteenwoordiging bygetel word het die pro-besigheid n meerderheidstem van 56 uit 97. Die meerderheid is egter groter as dit. Die nege munisipale verteenwoordigers moet ook bygetel word want die regerings volg die neo-liberale, pro-besigheids benadering soos uiteengesit in die Groei, Werkverskaffing en Herverdeling (GEAR) strategie van die nasionale regering. Dit bring die totaal op 65. 7

Hierby kan die huidige en aspirant besigheidsmense onder die opkomende boere en huishoudelik gebruikers, getel word. Dit is dus duidelik dat die kapitaliste en hulle ondersteuners die Waterverbruikers Verenigings domineer. (c) Dag tot dag werkverrigting Uit die ses Waterverbruikers Verenigings in die Olifants-Doorn Water Bestuursgebied kan slegs die een in die Laer Olifants gebied as funksioneel beskryf word. Hulle hou gereeld vergaderings wat goed bygewoon word en beplan en monitor die bestuur en verspreiding van water na huishoudings en besighede in die gebied. Besluite word deur middel van konsensus geneem. Deelnemers het hulle tevredenheid met die funksionering sowel as hul eie geleentheid vir deelname te kenne gegee. Dit is belangrik om te noem dat dit die enigste vereniging is wat vir vervoer en tyd van lede betaal om vergaderings by te woon. Hulle het ook personeel gehad wat bestuur is, alhoewel daar probleme was ten opsigte van die oordrag van die personeel van die Departement van Waterwese en Bosbou. Hierdie vereniging het spesifieke aktiwiteite gehad om hulle lede van voorheen benadeelde groepe te help om opleiding in besigheid en bestuursvaardighede, wat verband hou met water en landbou, te ontvang. Byvoorbeeld kursusse in toesighouding, die afkap van bome en voorraad opname is aangebied. Die ander verenigings het probeer om op dieselfde wyse te werk te gaan, maar dit was baie moeiliker. Nie een van hulle kon vir die tyd en vervoer van lede na vergaderings betaal nie en vergaderings is swak bygewoon, veral deur mense wat nie hulle eie vervoer het nie. Dit is dikwels gesien as n tekort aan toewyding. Die gevolg was n hoë ommeswaai in verteenwoordiging van die landelike armes, wat beteken het dat mense nie die nodige vaardighede en selfvertroue kon ontwikkel om effektief deel te neem nie.. 8 Nie een van die verteenwoordigers van die armer groepe het terugvoering aan hulle kiesafdelings gegee nie. Die gevolg was dat die verteenwoordigers hulle eie nougesette belange of dié van die gemeenskap waar hulle woon, weergegee het. Sulke verteenwoordigers het n sekere arrogansie ontwikkel wat ontaard het in n elite, wat neersien op die armer mense wat nie so goed met sake en prosedures van die vereniging vertroud is nie.

2. RESULTATE VAN WATERVERBRUIKERS VERENIGINGS Dit is dit werd om die vernaamste doelwitte van die Waterverbruikers Verenigings te herhaal: regstelling van die resultate van die rassistiese en geslagsdiskriminasie van die verlede bespoediging van die gelyke verdeling van toegang tot water daarstelling van n effektiewe, lewensvatbare en voordelige gebruik van water, wat in die belang van die publiek is om sosiale en ekonomiese ontwikkeling aan te help Is hierdie doelwitte bereik? regstelling van die resultate van die rassistiese en geslagsdiskriminasie van die verlede Die vernaamste resultaat van rassistiese en geslagsdiskriminasie van die verlede was n samelewing van wit en manlike oorheersing. Wit mans het water vir landbou en huishoudelike gebruik beheer. Waar swart mense toegang gehad het, was dit volgens die terme en voorwaardes van die dominante groep. Die enigste manier waarop pogings van die Waterverbruikers Verenigings om bogenoemde aan te spreek beskryf kan word is as n dramatiese mislukkig. Manlike en wit oorheersing is nie vasgestel in die Nasionale Water Wetgewing soos in die koloniale en Apartheid wetgewing nie. Die wet stel dit duidelik dat daar n verbintenis is om dié wie voorheen uitgesluit was, te bemagtig. Dit verander nie die feit dat in die Olifants-Doorn Water Bestuurs Gebied die oorgrote meerderheid wit mans steeds die grootste deel van die landbougrond besit nie, byna al die kommersiële boere insluit, die meeste water lisensies kry en die Waterverbruikers Verenigings oorheers nie. 9

Daar kan redeneer word dat die toestand beter is as in die verlede. Swart mense en vroue besit tog grond, het toegang tot water en neem deel aan en in die Waterverbruikers Verenigings. Dit is waar, maar solank as wat die basiese sosiale struktuur van die verlede wit en manllike oorheersing in plek is, kan ons nie sê dat die resultate van diskriminasie van die verlede aangespreek is nie. In die geval van die Waterverbruikers Verenigings is hierdie sosiale struktuur steeds in plek en word voortdurend herhaal. bespoediging van die gelyke verdeling van toegang tot water Die twee vernaamste hindernisse om gelykwaardige toegang tot water is die ongelykheid in toegang tot grond en rykdom. Die navorsing het getoon dat waar histories benadeelde groepe toegang tot grond het, hulle ook toegang tot water het, maar dat die nodige besproeiingstoerusting kortkom om beskikbare water ten beste te gebruik. Dit is egter nie gelyke verdeling van toegang tot water nie en die oorgrote meerderheid swart mense het nie toegang tot landbougrond nie. Wit mans, wie die meeste van die grond besit het toegang tot die meeste water.. Die Nasionale Water Wetgewing sien water as n ekonomiese artikel. Een gevolg hiervan is dat water n gebruiksartikel word wat gekoop en verkoop kan word. Die armes word onmiddellik benadeel. Water word nie net beperk vir die wat nie daarvoor kan betaal nie, maar dit trek n skeidslyn in die bestuur van water. Die persone wat vir water betaal voel dat hulle die leiding kan neem in die Waterverbruikers Verenigings. Weereens veroorsaak dit dat wittes en mans, wat in die verlede bevoordeel was op grond van geslag en ras, steeds vandag bevoordeel word. daarstelling van n effektiewe, lewensvatbare en voordelige gebruik van water, wat in die belang van die publiek is Die evaluering van hierdie doelwit hang af van wat onder publieke belang verstaan word. Die Waterverbruikers Verenigings in die Olifants-Doorn Water Bestuurs Gebied verstaan dit beteken om eerstens die belange van die kommersiële boere te beskerm. Dit bevraagteken dadelik toewyding aan lewensvatbaarheid want kommersiële boerdery in die gebied volg die chemiese-industriële model wat baie nadelig en skadelik vir die omgewing is.. 10 om sosiale en ekonomiese ontwikkeling aan te help Dit is n vae en breë doelwit en moeilik om te evalueer. Daar kan slegs genoem word dat die soort sosiale en ekonomiese ontwikkeling wat deur die Waterverbruikers Verenigings aangehelp word die neo-liberale, kapitalistiese model is soos deur die Suid Afrikaanse regering verkies word.

3. REDES VIR HIERDIE RESULTATE Die redes vir die resultate van die Waterverbruikers Verenigings sluit die volgende in: Nie genoeg mag om hul mandaat uit te voer nie. Die vereniging het mandate om die sosiale verhoudings met n geweldige historiese gewig tussen ras, klas en geslag te verander, maar het nie die mag om besluite wat dit neem uit te voer en af te dwing nie. Ongefinansierde mandate. Die verenigings het n tekort aan befondsing om optimaal te funksioneer, wat nog te sê wyer projekte aan te pak. Die hardnekkige Apartheid grondeienaarskap patrone. Die feit dat wit mans steeds die die beste en meeste landbou grond besit plaas n demper op die kapasiteit van Waterverbruikers Verenigings om die historiese ras en geslag patrone vir toegang tot water te verander. Veronderstellings van kulturele minderwaardigheid. Pogings van die Waterverbruikers Verenigings om voorheen benadeelde onderdrukte groepe op te lei is gebaseer op die veronderstelling dat persone wat nie vertroud is met die metodes van wit en manlikoorheersde handel nie, n tekortkoming het. Dit verklaar gedeeltelik die arrogante houding wat sommige van die voorheen benadeelde groepe het wat die nodige vaardighede en vertroue ontwikkel het om in hierdie milieu te funksioneer. Neo-liberale beleidsverbintenisse. Neo-liberalisme ag kompeterende besigheid baie hoog. Dit verbind die staat tot mark gebaseerde, geprivatiseerde grond en water herverdeling wat ontwerp is om seker te maak dat kommersiële landbou glad verloop. Dit onderskryf al die ander redes wat n rol speel om Waterverbruikers Verenigings die voortplantings meganisme vir wit, manlike en kapitalistiese oorheersing te maak. 11

4. GEVOL GE VIR DIE LANDELIKE ARMES Die vernaamste implikasie vir landelike armoede is tweeledig. Eerstens, om die klas-, rasen geslags- hierargie wat kolonialisme en Apartheid aan die hedendaagse Suid Afrika nagelaat het te oorkom, is dit nodig om groot veranderinge aan instellings en beleide aan te bring. Die huidige wetlike, institusionele en beleidsraamwerk gee voor om pogings aan te wend om werkers, vroue en swart mense te bemagtig sonder om die mag en rykdom van die wit manlike kapitaliste onnodig te versteur, maar dit is duidelik nie moontlik nie. Dit skep slegs valse hoop, wat dadelik weer verraai word. n Uiterste herverdeling van mag en rykdom (waarvan grond die mees voor die hand liggende is) is nie moontlik sonder om dit weg te neem van die begunstigdes van Apartheid en dit aan die slagoffers toe te ken nie. Die ander belangrike implikasie is dat pligsgetroue werk binne die huidige raamwerk nie die nodige herverdeling aan die landelike armes gaan lewer nie. Daar is n duidelike nood vir n rewolusionêre stryd, waar die aktiviste mag besluit om deel te neem aan die Waterverbruikers Verenigings en soortgelyke instellings, maar met n oop agenda om die huidige mag van staatsamptenare en besigheidspersone wat nou in beheer is, weg te neem. 12

KAAPSTAD NAMAKWALAND HANTAM KAROO 45 Collingwood Weg Eenheid C106, Hopley 18 Stigling Straat OBSERVATORY 7925 Sentrum, Hoek van Hof / Van CALVINIA Tel: 021 448 5605 Riebeeck / Van der Stel Strate 8190 Faks: 021 448 0105 SPRINGBOK Tel: 0273 411753 SURPLUS PEOPLE PROJECT Besoek ons webwerf: www.spp.org.za E-pos: spp@spp.org.za 8240 Tel: 02771 81370 Faks: 02771 81302 Faks: 0273 412548