THABAZIMBI AKSIEGROEP PROF KOBUS VAN ROOYEN (VOORSITTER) MNR RATHA MOKGOATLHENG DS DANIE DU TOIT

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SIZA takes the sting out of auditing

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

MALHERBE RP et HATTINGH R

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten. aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

Mandala Madness Deel 2

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

LOMBARD, HATTINGH et BECKLEY RR. Die respondent is op 12 Februarie 2003 op n klagte van moord deur

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

RAADSLEDE / COUNCILLORS

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990

Tariewe

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Transcription:

SAAKNR: 12/2001 DATUM VAN VERHOOR: 19 APRIL 2001 THABAZIMBI AKSIEGROEP KLAER vs SABC2 RESPONDENT TRIBUNAAL: PROF KOBUS VAN ROOYEN (VOORSITTER) MNR RATHA MOKGOATLHENG DS DANIE DU TOIT NAMENS DIE KLAER: MNR AJ NEL NAMENS DIE SAUK: ME DOROTHY VAN TONDER, BESTUURDER : SENTRALE KLAGTEKANTOOR SAAM MET HAAR MNR PEET VAN STADEN, UITVOERENDE REGISSEUR AFRIKAANSE NUUS. SUMMARY Complaint that inappropriate time was given to allegations by TV team that they had been removed from a meeting, where speeches were held after a peaceful protest march by 700 farmers, protesting the bail granted to alleged murderers of farmers and their families on their farms. SABC, properly in the BCCSA s view, apologizing for not having been in time to photograph the protest march through the streets. Tribunal requesting representative of Complainant Action Group to convey this apology to his organisation. 1

BCCSA holding that it was not its task to inquire into the allegations of threats of assault, abduction and damage to property. The matter was sub judice, since charges were filed with the Police. It should be noted that the Complainants state that there was a justification for the removal of the team. This is, however, a matter for the Court to decide upon. BCCSA, however, noted that coverage was given to the fact that the host of the camera team, the local Chair of the Transvaal Agricultural Union, had apologised to the camera team. In this sense, given the circumstances, balance was to a certain extent attained. BCCSA holding that it does not fall within its jurisdiction to censure a broadcaster for its choice of news. This is a matter which falls within the broadcaster s discretion. Complaint not upheld. Tribunal however expressing its gratitude to both parties for taking part in the debate before it in a constructive manner. UITSPRAAK JCW van Rooyen Op 26 Maart 2001 het die Respondent, SAUK2, gedurende die 19:00 nuus, dekking gegee aan `n vreedsame betoging van boere op Thabazimbi wat protesteer het teen die borgtog wat verleen is aan `n aantal persone wat aangekla is van plaasaanvalle. Omdat die SAUK-kameraspan na bewering deur van die boere verwyder is van die rugb yveld waar die boere deur verskeie persone toegespreek is, kon alleen fotomateriaal gebeeldsend word van die groot aantal boere wat op die stadion gesit het. Soos blyk uit die klagte, word beweer dat daar gegronde redes was vir die verwydering. Die volgende klagte teen die uitsending is van die klaer-organisasie ontvang: Die wanstelling van die protesoptrede te Thabazimbi op 26 Maart 2001 en die uitsending van die sogenaamde hardhandige verwydering van die SABC 2 joernalis van die terrein. Ons is van mening dat die beriggewing van die saak soos deur die SABC2 gebeeldsend n wanvoorstelling van die waarheid is en dat die saak dringened aandag moet geniet. As openbare uitsaaier het die SABC die plig om die waarheid objektief uit te saai. 2

AGTERGROND: Die vermeende plaasaanvallers het o 26 Maart 2001 in die landdroshof vir verhoor verskyn. Die gemeenskap het n protesoptog gereël om hulle teenkanting teen plaasmoorde en die misdaadsituasie in Suid-Afrika te toon. Die organisasie van die dag is besonder goed gehanteer en so beplan dat so min moontlik steuring en ongerief aan inwoners van Thabazimbi veroorsaak word, terwyl terselfdertyd n duidelike boodskap oorgedra word. Die organisasie was só goed dat die SAPD een van die organiseerders geskakel het om hom met die rustige, kalm en gedissiplineerde houding van die optoggangers geluk te wens. Na die optog is na n naasliggende stadion beweeg waar sprekers die optoggangers toegespreek het. Hier het die hoofspereker die skare dan ook bedank vir hul goeie gedrag en die wyse waarop hulle protesteer het. Onderwyl die laaste spreker, Ds Willie Marais, n welbekende en gerespekteerde geestelike leier, n diep geestelike boodskap oorgedra het, het die SABC 2- joernalis in n onderonsie met n loslopende hond betrokke geraak. Omstanders beweer dat die betrokke joernalis die hond uitgetart het sodat die hond ernstig begin blaf het en terwyl hy dit doen wys hy die fotograaf om dit op band vas te lê. Van die omstanders het hierdie aksie van die joernalis as n steuring en skending van hulle vryheid tot die onbelemmerde aanhoor van die spreker gesien en is die joernalis deur van die protesgangers van die terrein verwyder. Op die genoemde nuusprogram is geen dekking aan die protesoptog of die kommer van die boeregemeenskap oor plaasmoorde en misdaad gegee nie. Daarenteen is die insident rondom die verwydering van die joernalis buite verhouding opgeblaas met die uitsluitlike doel om die nuusgebeure te manipuleer en n wanvoorstelling van die waarheid te maak. VERSOEK TOT ONDERSOEK Die Thabazimbi Aksie Groep, n liggaam waarby die breë gemeenskap ingeskakel het met die doel om teen misdaad op te staan, wil met hierdie klagte klem plaas op die feit dat die SABC n verantwoordelikheid tot akkurate en billike nuusdekking het. Die wanvoorstelling soos op SABC2 om 19:00 op 26 Marrt 2001 uitgesaai gee nie erkenning aan die ware gebeure van die dag nie, en laat die indruk dat die SABC daardeur toon dat hulle geen reg het aan die kommerwekkende misdaadsituasie in Suid-Afrika en die gruwelike moorde op boere, plaasgemeenskappe en hulle afhanklikes nie. Die Thabazimbi Aksie Groep doen n beroep op die Uitsaaiklagtekommissie om die aangeleentheid te ondersoek en die wanvoorstelling van SABC2 ten opsigte van die protesoptrede te Thabazimbi aan die kaak te stel. `n Klagte van aanranding, saakbeskadiging en vryheidsberowing is by die Polisie teen van die boere gelê. As gevolg van die sub judice reël kan daar dus nie by hierdie ondersoek ingegaan word op die meriete van wat die klaer sê oor die redes vir die verwydering van die kameraspan van die veld nie. Die verwydering het natuurlik daartoe gelei dat daar geen beeldmateriaal beskikbaar was oor die verdere verloop van die vergadering nie. Mev Van Tonder het namens die SAUK 3

verskoning aangeteken teenoor die Aksiegroep dat die kameraspan laat opgedaag het en dus nie die optog, wat vreedsaam verloop het deur die strate van Thabazimbi, op beeld kon vaslê nie. Sy het egter ook betoog dat Televisie ingestel is op beeldmateriaal en dat daar dus nie sinvolle TV- kommentaar gelewer kon word oor die res van die gebeure nie. Mnr Peet van Staden, Uitvoerende Regisseur van Afrikaanse Nuus, het getuig dat daar juis pogings aangewend is om uit te vind by die kameraspan of daar nie verdere beeldmateriaal beskikbaar was nie. Daar was ongelukkig nie sodanige materiaal beskikbaar nie as gevolg van die gebeure en hulle laat aankoms. Die vraag is nou of dit geregverdig vir die Nuusredaksie was om tyd te gee aan die bewerings van die twee lede van die kameraspan. Elkeen het sy weergawe gegee van hoe hulle verwyder is en van beweerde gedrag teen hulle. Die keuse van wat nuuswaardig is, val binne die uitsluitlike diskresie van die uitsaaier. Dit val dus nie binne die bevoegdheid van hierdie Kommissie om `n oordeel uit te oefen oor die insluiting van die kommentaar van die twee lede van die kameraspan nie. Daar sou geredeneer kon word dat die Respondent ook moes gepoog het om die standpunt van die boere, teen wie die klagte gelê is, te bekom en te beeldsend. Dit sou egter onrealisties wees om dit te verwag in die lig van die voorafgaande beweerde gebeure. Mnr Nel het toegegee dat hy verneem het dat die kameraspan verwyder is en dat daar dus nie `n dispuut is oor die feit dat kontak deur die boere verbreek is nie. Op die redes vir die verwydering en of dit geregverdig was, kan ons, soos vermeld, nie ingaan nie. Die SAUK het egter tereg in die item vermeld dat die plaaslike Voorsitter van die Transvaalse Landbou-Unie, wat die kameraspan genooi het, teenoor hulle verskoning aangeteken het. In die sin is `n mate van balans darem bereik. Die kern van die klaer se klagte is egter dat daar nie op gebalanseerde wyse na die dag se gebeure gekyk is nie. Die klem was ten onregte op die bewerings van die kameraspan. Soos reeds vermeld, is dit nie ons taak om aan die SAUK voor te skryf oor wat hulle as nuuswaardig mag beskou nie. Vir die SAUK was dit nuuswaardig dat die kameraspan nie verder toegang tot die gebeure gehad het nie. Wêreldwyd sou TV dieselfde benadering 4

gevolg het. Die vryheid van toegang van die media tot openbare gebeure is `n fundamentele reg en waar dit verbreek word, word daaroor verslag gedoen. Aan die ander kant het ons simpatie met die boere-gemeenskap dat hulle nie die dekking gekry het wat hulle verdien het nie. Soos vermeld, was die SAUK -span ongelukkig te laat om die vreedsame optog deur die strate te fotografeer. Hiervoor is reeds verskoning aangebied deur die SAUK. Vir sover dit die algemene klag betref dat die SAUK nie genoeg tyd aan die plaasmoorde in die land gee nie, is dit betekenisvol dat die berig wat onmiddellik voor die huidige berig gebeeldsend is, juis gegaan het oor die tragiese moord op `n egpaar naby Elliot in die Oos-Kaap. Die SAUK se veteenwoordigers het dan ook vermeld dat hulle bewus is van die vermelde klagte. Hulle het egter daarop gewys dat daar ook in ag geneem moet word dat kritiek ook diwels teen die SAUK uitgespreek word dat die Korporasie te veel slegte nuus uitsaai. Dit demoraliseer, na bewering, die publiek en is sleg vir internasionale toerisme. Weer eens, dit is `n saak van beleid wat nie onder ons jurisdiksie val nie. Ons kan egter nie wegkom van die basiese beginsel dat dit nie die taak van hierdie liggaam is om te besluit wat nuuswaardig is nie. Die feit dat die span te laat aangekom het vir die optog is natuurlik te betreur maar, weer eens, is dit nie `n saak vir ons om oor te beslis nie. In elk geval is verskoning hiervoor aangebied tydens ons ondersoek en ons het mnr Nel versoek om hierdie verskoning aan sy bestuur oor te dra. Ons kan dan ook meld dat dit ons mening is dat hierdie verskoning tereg aangebied is; die protesoptog deur boere is `n belangrike nuusitem en dis jammer dat dit nie gewys is nie. Die klagte word om bogenoemde redes van die hand gewys. Die Tribunaal wil egter sy dank uitspreek teenoor beide partye dat hulle in `n sinvolle en opbouende manier aan die ondersoek deelgeneem het. Dit is vir ons en die SAUK van kardinale belang dat die publiek op sinvolle en opbouende wyse deelneem aan die debat oor die taak van die Tribunaal en die uitsaaiers wat onder sy jurisdiksie val, vir sover dit die Uitsaaikode betref. 5

JCW van Rooyen SC 29 April 2001 Die ander lede van die Tribunaal het met bogenoemde uitspraak saamgestem. 6