SKEPPEND / CREATIVE. GEDIGTE / POETRY 173 Ab(so)lusie Loftus Marais 174 Sleepdam Dave Lubbe 175 Dieretuinmaanhaar Dave Lubbe

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Rubriek vir skeppende werk

Direkte en indirekte rede *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Dialoog en paragrawe *

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hoe om krag te spaar

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

G. J. du Preez

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

BenguFarm Bestelvorm

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

University of Cape Town

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Tariewe

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

University of Cape Town

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Tariewe

Chanette Paul-Hughes oor lig en donker

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Sterdansers by Vensters.

Tonga die olifant - 01 *

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Boekbespreking / Book Review

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

LW: Algemene navrae oor Kix, Kix.Komintekenings

Gerrie gesels tennis. Gerrie Berner

Dinsdag 6 Maart saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES! Jaargang 4 Uitgawe 2

100 DIE GETATOEEERDE K"

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

SIZA takes the sting out of auditing

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Helderberg Fishers Community

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Pasteur en Lister oorwin kieme *

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van van onsdorp.com. 'n Publikasie onsdorp.com TOULEIER. Chili het lekker kos, soos 'gotdogs'

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

Transcription:

SKEPPEND / CREATIVE GEDIGTE / POETRY 173 Ab(so)lusie Loftus Marais 174 Sleepdam Dave Lubbe 175 Dieretuinmaanhaar Dave Lubbe KORTVERHALE / SHORT STORIES 176 El Toro Annemarie Marais 177 Boeta Elsa Engelbrecht 182 As hy weer kom Christine Barkhuizen le Roux RESENSIES / REVIEWS 186 The Dassie and the Hunter. A South African Meeting (Jeff Opland) Russell H. Kaschula 188 En skielik was dit aand (Joan Hambidge) Zandra Bezuidenhout 190 Boomplaats (Gilbert Gibson) Zandra Bezuidenhout 192 In die lig van vuur (Pieter Stoffberg) Heilna du Plooy 193 Art South Africa. Vol. 3 (4) Amanda du Preez 194 Seisoene (Engela van Rooyen) Annette Jordaan 196 A Gandhi s Prisoner? The Life of Gandhi s Son Manilal (Uma Dhupelia-Mesthrie) Cornelius Thomas 198 Jan Rabie, prosapionier en politieke wegwyser (J.C. Kannemeyer) Abraham H. de Vries 199 Willem Boshoff (Ivan Vladislavic) é Elfriede Dreyer 202 Sandile Zulu (Colin Richards) Elfriede Dreyer 203 South African Visual Culture (Jeanne van Eeden & Amanda du Preez, eds.) Viola Candice Milton 205 Gender and Sexuality in South African Music (Chris Walton & Stephanus Muller, eds.) Franklin Larey 207 Every step of the way. The journey to freedom in South Africa (Michael Morris) Marisa Pineau 208 Ek ken jou goed genoeg Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G Louw 1936 1939 (J.C. Kannemeyer) Ampie Coetzee 172 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 13 Kreatief 03.pmd 172

Loftus Marais Ab(so)lusie gisternag het drie karoosusters (anna, jakoba en sara) hulle weg vanaf merweville tot by my slapende lyf gevind met hulle maer vingers het hulle begin grawe en my siel uit my linkerneusgat getrek en is daarmee weg terug plaas toe daar het hulle my siel op n wasplank geskrop en dit heelnag in n kom jik laat week met eerstelig het hulle die ding uitgehang skraal en deurskynend op die wasgoeddraad (rooikatte het daaraan kom ruik en n geelslang het daaronder deur geseil) maar voor die eerste treinfluit van die dag het die susters weer hulle sondagrokke aangetrek gehaas tot by my bed en my siel deur my naeltjie teruggeryg TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 173 13 Kreatief 03.pmd 173

Dave Lubbe Sleepdam waar hy op en af oor die betonblad geloop het swart pak en pet en blink kentekens en das is nou net sand die wisselkoppe hang vergetestil die blink rye lê diepversteek onder rooibruin kors op kors waar tablette vuurstrepe gespoeg het bars kweek en osgras deur skeure die groen dak is weg glasstoppels kou dof aan die lug die honeysuckle beur woes om stukkies son en reën te vang kinderdrome het stil geword 174 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 13 Kreatief 03.pmd 174

Dave Lubbe dieretuinmaanhaar as jy om en om die muf nou tonnel onder die hoë mure stap kan jy nog die wye kalaharivlakte onthou die reuk van rosyntjiebos en kameeldoring en vars elandspore hoe hoog die duingras in goeie jare kon groei as jy die koue lewelose donkievleis vreet kan jy nog onthou hoe warmsag n springboklewer en binnegoed is hoe die louwarm bloed van n gemsbok aan jou maanhare kon kleef die behae voel om moeg na n jagtog die pensvel van n zebra oop te skeur te koes vir die venynige hoewe die doodsvrees in die oë as jou kake om die lugpyp sluit hoe jy vir jou lewe moes veg as jou wyfies op hitte kom onthou jy nog hoe jý bepaal het wie by die watergat kon drink of het die beton en staal jou gees en drome getem jou n plastiekwêreldburger gemaak soos jou apiebuurman wat sigarette rook en marshmallows eet TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 175 13 Kreatief 03.pmd 175

Annemarie Marais El Toro Miskien het ek net nie gesien hoe Ernest Hemingway die gemerkte oor van die Spaanse bul met een haal van sy pen lossny tot binne-in die hande van die vrou agter die barrera van Plaza de Toros Las Ventas nie. Die laatdagson was in elk geval in my oë en die boek se naam het tog destyds al verander van Fiesta na The Sun also Rises. Dit kon ook andersom gewees het. Buitendien sit ek in die heel agterste ry van die plaza. En Brett, vir wie die matador Romero die bloederige en ylbehaarde oor gegee het net omdat Hemingway dit so wou skryf, is nie hierdie Meimiddag op haar gewone plek vlak langs die arena nie. Die res van Madrid is wel daar. Plaza de Toros Las Ventas is in 1929 gebou met klaarblyklik dieselfde klein rooi bakstene as soveel ander geboue in die stad. Dit is nie die helfte so oud soos die meeste ander geboue nie, maar ek hou n stukkie verf dop toe dit van die plafon val op n ouerige vrou se koper hare. Dit bly daar; n roerlose duif. Die onbedoelde kalwery van my knieë in die man voor my se rug laat hom terugleun sodat ek nie meer kan beweeg nie. Sy skof is weerloos. Aan my regterkant is n ou man wat nie een keer tydens die ses stiergevegte een geluid sal uiter nie behalwe toe die tweede bul vier keer reg onderdeur die rooi muleta hardloop, heeltemal teen maar tog verby die matador se lyf. Ek het toe eers besef só n beweging word beloon met n hartroerend bloeddorstige olé. Olé, olé, olé, olé. Vier keer, klokslag met elke versoeking van die muleta. Nou probeer ek nog sin maak van wat ek sien. Voor die eerste stiergeveg was daar die optog van die nege matadors elkeen op sy beurt draer van die dodelike puntillo; die picadors op hul gepantserde perde, lang lanse arrogant in die lug, en die twee spanne van drie muile elk opgetooi in klokkies en skelhelder pluime. Onder die skare is daar die onsienbare hooggeplaaste in sy losie wat met n knik van sy kop die trant van n stiergeveg kan verander; n vrou en drie mans in n bulkende ry trompette wat die binne- en uitkoms van die picadors aanblaas; n glinstering koperblasers, almal skuilend agter die enkele tuba, en n vrou met koper hare waarop n duif se vlerk af en toe wit ril. Die eerste matador gaan sit op sy knieë, aan dié kant van die arena, net-net buite die dubbele wit kalkstreep wat die skoongeharkte sand van die arena op n grynslag trek. Dalk het n klok of iets gelui, want toe ek weer sien is die bul byna op die matador wat die geel-en-pienk muleta om sy pols laat swik. Die bul ignoreer matador en muleta uitgelate. 176 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 13 Kreatief 03.pmd 176

Al langs die kante van die arena is dít die barrera? pronk vier ander matadors tergend met hul onderskeie muletas en ballet agter klein skermmure in wanneer die bul dit na hul kant toe waag. Die hoofmatador se driekantige hoed waai af en die bul trap speels daarop. n Sagte gesis waai soos sand deur die skare en skielik gaan staan die hoofmatador ongeduldig reg voor die bul. Almal, ek ook, hou hul asem in maar die bul is te ver van die matador se lyf en die muleta word te gou gelig en die skare druk hul tonge teen die verhemelte van die Plaza de Toros Las Ventas vas en sis weer tussendeur die afgeskilferde pilare. Iewers onder my wapper die trompette op een noot. Die twee picadors op hul gepantserde en ek sien nou eers geblinddoekte perde, kom die arena binne en beweeg stadig na die oorkant, versigting om nie aan die kalkstrepe te raak of dit oor te steek na die skoongeharkte sirkel daarbinne nie. Die hoofmatador bly amper besluitloos staan terwyl die ander die bul suutjies, suutjies na die lans op die perd aai. Don t look at the horses I told (Brett) about watching the bull, not the horses, when the bulls charged the picador, and got her to watching the picador place the point of his pic so that she saw what it was all about Die eerste keer is die enigste van die ses stiergevegte wat ek van begin tot einde kyk hoe die picador die lans indruk, weer en weer indruk in die skof van die bul wat die perd gaffel sodat die perd naderhand blindweg op twee pote leun, met sy hele gewig en die van picador téén die bul leun wat soos n bruidegom beloon word met n rooi angelier van bloed. Weer eens stol die skare se asem in n gesamentlike keelholte: tevrede omdat die picador nie oor die buitenste wit lyn beweeg het nie; ingenome omdat die bul al drie kere gesteek is toe hy binne die dubbele houvas van die lyne was. Terwyl die picadors op n galop die arena uitry, verruil die hoofmatador sy pienk-en-geel muleta vir n rooi een. Miskien vermoed die bul die kleur wat oor sy donker skof blom en is dít die rede waarom hy dán verwoed, dán gelate, op die rooi doek afstorm. Ek bly kyk na die smal swaai van die matador se heupe; probeer die volgende tree van sy vermoedelik gespierde bobene voorspel, en wonder of die kleur van sand ooit uit sy kouse was. Die eerste keer toe die bul sy flank teen dié van die matador skuur, skuif die skare na die punt van die betonbanke. Skielik kan ek my bene weer beweeg, en langs my klap die ou man se kake hoorbaar opmekaar al sê hy steeds niks nie. In die arena flankeer die man en die bul langsaam met mekaar. Twee, drie keer weerstaan die bul die verleiding; twee, drie keer draai die matador berekenend eers sy skouer, toe sy rug op die dier. Die laaste keer haal hy die swaard uit die voue van sy rooi muleta net toe die bul sy skof laat sak asof die laaste laatdagson in sy oë skyn. Al is die swaard so lank soos die matador se been, is dit slegs die goudkleurige roset van die handvatsel wat by die bul se skof uitsteek. Die vier ander matadors probeer die bul binne die kalkkring hou, en uit die hoek van my oog sien ek n stukkie wit verf met n vlerkgeklap boontoe vlieg vanuit die koper hare van die ou vrou. TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 177 13 Kreatief 03.pmd 177

Die bul ontduik elke dansende matador, en gaan kniel met sy agterstewe teen die arenamuur: eers knak die regterpoot, maar hy staan weer op asof sy eie kloutjie hom seermaak, en toe vou hy die linkerpoot onder hom in en gee die regterpoot in elk geval mee. Die swart snoet druk in die gelerige sand en ek vryf hard heen en weer oor my neus om ontslae te raak van die stof. Dit is eers die vyfde steekhou met die puntillo, reg agter die kop, wat die bul doodmaak. Een van die ánder matadors doen dit terwyl die hoofmatador n entjie weg staan met sy rug teen die arenamuur, sy arms bo-oor die muur gehaak en sy een been na agter gebuig sodat sy voet teen die muur rus. Hy bly só staan terwyl een van die muilspanne klaterend oor die sand hardloop na die bul, en hy sny ook nie die bul se oor af nie. Ek het nie gedínk Brett óf Hemingway is vanmiddag hier nie. Dit begin al donker word toe die laaste stiergeveg verby is. Daar is ses plekke waar die bulle deur die wit kalklyne gebreek het toe hulle deur die muile weggesleep is. n Mens kan nie die bloed ruik wat van die klam sand opslaan nie: net mense se filterlose sigaretrook; n dralerige soet parfuum; ou mans se stom sweet, en n sin wat teen jou hande om die ysterrelings van die Plaza de Toros Las Ventas verslaan: Don t look at the horses. 178 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 13 Kreatief 03.pmd 178

Elsa Engelbrecht Boeta Die ou vrou kom die kamer ingeskuifel, vroetelend aan die voorskoot waarsonder sy nie beweeg nie. Die gesprek in die sitkamer stol. Al die gesigte draai na haar en staar haar half-verskrik aan soos jare gelede wanneer hulle oor die kole gehaal is omdat hulle nie goed genoeg na Boeta gekyk het nie. Vir n oomblik lyk dit amper asof iets vir haar bekend wil lyk; sy bly hande-wrywend voor hulle staan met amperse begrip in haar leë oë, maar besluit dan blykbaar dat dít waarna sy soek nie daar is nie en verlaat weer skuifelend die vertrek. Die gesigte bly haar agterna staar, half-weemoedig, half-skuldig omdat húlle daar is en nie hy na wie sy soek nie. Kobus is die eerste wat sy stem terugkry: Dink julle sy weet dat hy dood is? Wel, antwoord Rita, sy weet dat iéts verkeerd is, daarom dat sy so skarrel en soek, maar ek weet nie of sy nog enige begrip het van dood en lewe nie. Tog is dit vir my bitter om haar so te sien. Sy was altyd so n sterk en selfversekerde mens dat ek nie kan glo dat sy nou so lyk nie. Dit moet ook vir jou swaar wees, wat elke dag na haar moet omsien, om te besef dat sy al hoe meer soos n kind word. Dit is nie altyd maklik nie en somtyds huil ek in my hart oor haar, maar dink julle nie dat dit ook n kwessie is van die blinde sambok nie? Wat bedoel jy daarmee Rita? vra Lenie verskrik. Dink daaroor hoe onregverdig sy teenoor ons opgetree het toe ons klein was en nou het die lewe haar gebring tot by hierdie plek waar sy van ons afhanklik is. Ons wat maar altyd tweede viool moes speel teenoor Boeta wat die appel van haar oog was. Hemel Rita, dit is darem iets vreeslik om van jou eie ma te sê. Ek weet. En wees veseker dat ek haar die beste vesorging gee waartoe ek in staat is en dat ek ook nog êrens vandaan liefde kry waarmee ek dit doen, maar ek sal nie vergeet hoe dikwels ons pak gekry het oor dinge wat Boeta gedoen het nie. Ja, Rita, jy is eintlik reg alhoewel ek dit nooit aan myself wou erken nie. Ma was onregverdig teenoor ons. Ek onthou een dag toe ek saam met Boeta moes stap Sondagskool toe. Dit het gereën en Ma het my aangesê om toe te sien dat hy nie met sy nuwe skoene in die modder loop nie. En wat dink julle doen hy net toe ons om die draai gaan? Hy gaan loop doelbewus met sy nuwe skoene in die diepste modderpoel en lag vir my: wê, wê wê, nou gaan Ma tog met jou raas. Ons moes net daar omdraai en ek moes Ma se gramskap gaan trotseer. Die ergste was dat n mens hom nie eens agteraf kon bykom nie, want dan hardloop hy weer net na Ma toe. Ek weet nie of julle daardie vreeslike dag onthou toe ek van winkeldiefstal be- TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 179 13 Kreatief 03.pmd 179

skuldig is nie, voeg Kobus nou by. Hy het blykbaar goed geneem en dit in sy sakke gesteek toe Ma my winkel toe gestuur het om iets te gaan koop. Toe ons met die uitgaan deur die winkel se sekuriteitsmense voorgekeer word, het hy aan die grens gegaan en my beskuldig dat ek hom aangesê het om dit te doen. Julle kan julle indink in my verleentheid toe die winkelbestuurder met ons by die huis aankom en Ma my net daar onder hande neem. Sê jy dan toe nie vir Ma dat dit nie jy was nie? vra Lenie, maar voeg dan self by: Net asof dit sou help; sy het mos altyd net geglo wat hy sê. Ja, ek het probeer, maar sy het net gesê Boeta sou nooit so iets doen nie en my net harder geslaan. Dit was asof sy haar onrus op my wou uitslaan. Tog het ek al baie gewonder of die feit dat sy so skielik begin agteruitgaan het nie daarmee te doen het nie. Dat sy in haar onderbewuste geweet het dat hy skuldig was aan al die dinge waarvoor sy hom altyd verdedig het, en dat dit bygedra het daartoe dat sy liewer nie meer in die realiteit wou lewe nie. Ja, ek moet sê, dit kon tog nie altyd ander mense se skuld wees dat hy kort-kort in die tronk n draai moes maak nie, voeg Lenie droog by. Nouja, nou is hy dood, sy seniel en ons oud en maak al die dinge nie meer saak nie. Al wat nou nog vir ons oorbly, is om hom te begrawe en saam met hom al die bitterheid wat hy veroorsaak het, sê Rita en staan op: Ek gaan maak vir ons tee dan gaan slaap ons maar. Môre gaan n lang dag wees. Ek wou nog vir jou vra, Rita, dink jy dit is wys dat ma die begrafnis bywoon? Ek bedoel ook die verrigtinge by die graf? Ja wat, ek dink so, Kobus, anders sal sy dalk nooit ophou soek nie. Ek het klaar gereël vir n rystoel by die graf en sal probeer om haar te laat verstaan wat gebeur. Die verrigtinge in die kapel verloop rustig en sonder veel emosie. Vriende het die oorledene nie gehad nie en sy vrou en kinders is lankal van hom vervreem. Twee van sy kinders het wel gekom om die begrafnis by te woon en iets te pobeer verstaan van die man wat hulle pa was, maar vir wie hulle nooit geken het nie. By die graf staan Rita langs haar ma in die rystoel en hou haar hand vas. Die ou vrou volg blykbaar die verrigtinge met ernstige aandag, maar haar oë bly leeg en sonder begrip. Stadig begin die kis afsak in die graf en skielik klink haar stem helder en duidelik op: Wie is in die kis? Vir n oomblik is Rita heeltemal uit die veld geslaan en onverklaarbaar bewoë, maar antwoord dan met so n vaste stem moontlik: Dis mos Boeta, Ma. Nou hoekom sit hulle hom dan in die kis? Hy is mos dood, Ma. Ek het mos vir Ma gesê. O, ek het nie geweet nie. 180 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 13 Kreatief 03.pmd 180

Dit lyk asof sy wil opstaan en na die graf gaan, maar dan trek n duif wat in n nabygeleë boom begin koer haar aandag; sy sak terug in die rystoel en neem weer Rita se hand in hare. Dié is skielik so verstorwe dat sy haarself met moeite beheer, want baie emosies van baie jare soek nou om verligting te vind in trane. Na aandete sit almal rustig in die sitkamer, uitgeput na n dag van kontrasterende emosies. Dit is Kobus wat almal se gevoelens opsom toe hy sê: Sjoe, ek is bly dit is verby. Ek is net jammer vir sy arme kinders wat iets kom soek het wat hulle sekerlik nie gevind het nie. Ons is eintlik maar vreemdelinge vir hulle en wat kan n mens nou vir hulle sê wat vir hulle enige betekenis sal hê? Almal skrik op toe hulle die ou vrou in die deur sien staan. Sy kyk hulle een vir een deur maar skud elke keer haar kop asof sy nie tevrede is met wat sy sien nie. Sy begin weer met haar skuifelstappie uit die vertrek loop, maar draai skielik terug en vra met n onverwagse helder stem: Waar is Boeta dan? Dit is Rita wat op die ingewing van die oomblik antwoord: Hy slaap al, Ma. O. Julle moet tog kyk dat hy nie koud slaap vannag nie. Ek voel juis daar waai so n koue windjie. En asof uit een mond antwoord hulle haar: Ja Ma, ons sal kyk dat hy nie koud slaap nie. TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 181 13 Kreatief 03.pmd 181

Christine Barkhuizen le Roux As hy weer kom Waarna luister jy? Ek kyk na die vrou voor my se agterkop. Vosserige hare wat uitsprei oor haar skouers. n Outydse rooi soos die van skoolmeisies uit my hoërskooljare. Die son deur die tralies maak n gloed om haar kop. Sy hoor nie. Hoekom tog ook? Die hoeveelste maatskaplike werker, predikant, berader, advokaat. Niks van die opgeleerde teologiese boekekennis, patorale bedieningswyses, soveel uitgewerkte preke, of eie vrou en kinders het my hiervoor opgelei nie. Moordenaar, -res. Dis erger as dit n vrou is. My eerste moordenares. Toevoeging op my CV. Die geluid van die swaar sleutel van die bewaarder sing nog teen die staal. Die voetstappe raak dof. Langsaan praat vroue vieslike goed. Met baie vloeke tussenin. Die sel ruik na yster, klink na tronk. Al is daar n geel dekentjie op die bed, n sagte matjie op die vloer. Die onderdele bly dieselfde. Wat kan ek sê vir n vrou wat haar man koelbloedig doodgeskiet het? Christus het jou lief as jy berou toon? Die lêer wat ek deurgewerk het, gee die feite. Vyf-en-dertigjarige vrou. Vyftien jaar getroud. Geen kinders. Huisvrou. Geen selfstandige inkomste. Kwalifikasies: matriek gemiddelde B. Werk vir twee jaar as bankkassiere. Trou met n klerk wat by die landboukoöperasie werk en rugby speel. Bedank haar werk. Voltyds by die huis. Hý sal ry tusssen die silo s en die Koöp. Onnodig dat sy geld uitgee vir mooi aantrek vir die bankbestuurder en ander mans se oë. Fanie kan self vir sy trouvrou sorg. Sy glip weg voor my oë. Wat weet n berader van die steenhuisie naby die graansilo s, die dorp vyftien kilometer weg. Op die klipwerf groei niks nie. Een doringboom. Net soms kom die trein om die stilte te breek. n Outydse stoomtrein vyfuur in die middag, met ontploffende stoom soos n ruiker in die lug. Twee stukkies blink van son op die waens in n week van stilte en droogte en niks. Fanie kom nie huis toe voor half elf in die aand nie. Rugby-oefening, en op die ander aande rugby-praat en bier. Dan is die kos wat sy gekook het sonder smaak en uitgedroog. Dikwels smyt hy dit in die wasbak. Soms op die vloer. Sy sorg dat daar altyd eiers is. Die kan sy altyd gou gaarmaak. En vars brood. As hy onthou het om te bring. Anders as Saterdae kom sy nie op die dorp nie. Wat hóór jy? Sy staan steeds by die venster en uitkyk. Bo-op die stoel, op die punt van haar tone. Gou sal die son se lig oortrek, en die klein strepie lig ook weg wees. 182 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 13 Kreatief 03.pmd 182

Stadig draai sy om. Haar gesig lyk soos dié van Sissy Spacek effense sproetjies oraloor, en besonders vanweë die kleurloosheid en onopgesmuktheid. Sy gaan op die bed sit; trek haar knieë onder haar in, soos n dogtertjie. Kyk, sê ek moedeloos. Ek moet hier wees. Ek is nuut aangestel as die pastorale bediener, en ek het nou eenmaal hierdie afspraak met jou. Wil jy nie maar met my praat nie? Dalk help dit tog? Sy staan op, loop na die staalkassie in die hoek en haal n album uit en hou dit woordeloos voor my. Gaan sit weer met haar rug teen die muur. Die omslag het n klompie tieners uit die sestiger-sewentigerjare op. Amper hippie-agtig. Ek sou haar nogal kon vereenselwig met so n klomp as sy sou losbreek. n Meisie met lintjies en blomme tussen haar tone, verwyderd van die werklikheid. Maar die foto s maak n ander prentjie. Ordentlikheid tot in die veseltjie. Ma, Pa, kinders in Sondagsklere, gesin in die motor op pad met vakansie, Sissy se matriekafskeid kuise rokkie, selfgemaak deur moeder, raai ek. Sissy se huis. Die steenhuisie vlak langs die spoorlyn. Familie om die feestafel, susters (lyk dit my), broers, skoonfamilie, ma en pa in netjiese klere uitgedos. Sissy voor die stoof, glimlaggend, blink oë. Een van die heel min foto s wat iets van geluk uitstraal. n Eerste Kersfees by Ousus se huis? Die geleentheid om te bewys ek is gelukkig tussen die ander foto s met Fanie rooi-en-oor-die-rand-heen gedrink? In die agtergrond die karige maar netjies meubels, bierkiste. Hoekom dan? Ek gaan op die punt van die bed sit, en sy stryk die kreukeltjie wat ontstaan werktuiglik met haar regterhand weg uit die deken. Haar asemhaling is lig, onbeweeglik en onsigbaar. Agter haar ligblou oë speel n film wat ek nie kan sien nie. Asseblief? Ek weet dat dit niks verander aan dit wat hier en nou is nie, maar dalk help dit tog om te kan praat? Die blomme hy t die blomme gebreek. Haar stem is so sag en so sonder emosie dat ek sukkel om te hoor. Nie seker is of ek rég gehoor het nie. Moord? Om blomme? Sy staan weer op en klim op die stoel. Nou is haar stem nog sagter, want sy praat na die buitekant toe uit. Maar ek hoor. En sien. Ek sien haar in haar ingeplooide uitgewaste rok die wasgoed van die draad afhaal. Ruik die son en die lou van die lug in die bondel wat sy teen haar gesig vasdruk. Ek voel die klipperigheid onder haar voete, sien die weerloosheid van die skraal wit tone teen die rooigrond. Die trein kom nader, van ver af voel ek die trilling van die grond en die ysterstawe, hoor die fluit. Toe die trein regoor die werf kom, kyk sy oor die bondel wit lakens op. Die masjinis lig sy hand en wuif. Sy druk haar warm gesig in die wasgoed sonder om terug te waai, hardloop by die sifdeur in. Sy sit die ketel aan, gooi kookwater op die teesakkie wat sy gebêre het van voormiddag af, kry die stryktafel en -yster reg. Sy klim op die lakens en vlieg, hoog bo die trein, op reis saam met die trein... Die vierde keer weet sy seker. Elke Maandag en Donderdag. Vyfuur. Dit word al TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 183 13 Kreatief 03.pmd 183

herfs, maar sy los die wasgoed tot laat op die draad, al klam dit effens aan. Sy stryk dit maklik droog as die trein verby is. Sy wág vir die fluit. Opgewonde. Haar hart ruk in haar bors. Soos vroeër toe Fanie haar by die huis kom haal het vir n fliek. Soos wanneer hy haar teen hom vasgegryp het, en sy met moeite sy hande moes keer. Die fluit klink anders as vroeër, meer uitbundig, harder, jubelend. Vol drang en begeerte. Toe dit kom, hardloop sy met die nuwe rok van die materiaal wat haar jongste suster laas vir Kersfees gegee het, van die rooi agterstoepie tot by die draad. Sy begin die pennetjies van die klere aftrek, haar vingers bewerig. Toe kom die trein om die hoek, fluit wéér. Dringend. Die stoom dring in die blou verbleikte lug in. Hy leun ver by die venster uit, wuif met oorgawe voor die trein om die draai wegslink, die trokke se eggo s stampend op die spore. Stadig lig sy haar hand,die onderkant van haar bo-arm wit en sag teen die liggroen mou. Sy draai effentjies skuins vanwaar sy op die stoel staan. Haar hare val oor die kant van haar gesig. Die laaste keer het hy van ver af die stoomfluit oopgetrek. Drie keer, voordat die trein by die huis verbykom. Sy staan by die wasgoedraad, die kant heel naaste aan die spoor. Asof sy weet. Toe hy haar sien, lig sy hand om die hefboom weer te trek. Die fluit is anders, sagter as ooit tevore. n Streling oor haar digte hare. Toe sien sy die bos heide wat hy deur die venster na haar toe werp. Sy vang mis. Op die kale, onherbergsame stuk grond lê die bos. Pienkrooi. Gebind met n groen raffia-tou. Hy is al amper om die draai toe sy weer opkyk van die grond, die blomme in haar hande. Net n heel klein stukkie van sy arm en hand nog sigbaar teen die agtergrond. Ek hoor hoe die hekke langsaan oopgesluit word, die vrouens hard en skel begin te praat, wonder oor die spyskaart en die oneetbaarheid van die kos. n Halfuur se buitelug in die vierkant voor n vroeë aandete. In die sel het die son nou weggetrek. Die gloed wat teen haar hare geskyn het, is weg. Maar sy bly op die stoel staan. Praat nie weer nie. Die inmaakfles met die heide lê versplinter; die fyn-fyn kelkies kleur verslinger en platgetrap oor die vloer. Sy vee die stukke glas in die skoppie. Tel die oorblyfsels blomme en takkies op en sit dit op die wasbak neer. Die man wat oor die tafel hang, se kop het aan die slaap geraak, sy arms weerskante uitgesprei, tam gedrink. n Halwe bottel bier loop stadig uit, en skuim af oor die tafelrand. Hy hoor haar nie as sy naderkom nie. Ook nie die klik nie. Nóg die skoot. n Nuwe bos blomme vorm oor die vloer. Ook rooi. Eenkleurig helder en blink. n Blou uniform staan voor die deur. Jy moet afklim daar. Dis teen die reëls, jy weet dit. Kom, besoektyd is verstreke. Dis etenstyd. Jy s klaar laat. Wat staan jy ook heeldag voor die tralies jy sal die buitekant nie gou sien nie! Ek skuif tussen haar en die bewaarderes in, probeer in haar oë kyk, maar sy sien 184 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 13 Kreatief 03.pmd 184

my nie raak nie. Haar oë lyk soos wolke, wasig en onbereikbaar. Haar lippe beweeg, maar sy praat nie met my nie. As hy weer kom Sy loop n ander rigting met die bewaarderes in, teenoorgestelde kant van die buitehek waar ek uitgelaat moet word deur die sipier. Toe die hek agter my toeslaan, kyk ek terug. Ek sien haar nog; sy t stil gaan staan. Tussen die tralies gevang in die enigste oomblik van haar tyd. Ek lig my linkerarm op. Die kort wyster staan op die vyf. n Siddering trek deur my. Ek hoor dit, die Here hoor my. Dit dríng deur my die weeklaag van n trein se fluit. TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 43 (1) 2006 185 13 Kreatief 03.pmd 185