ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Tariewe

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

Tariewe

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Rut: n Liefdes Verhaal

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Mandala Madness Deel 2

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS


Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

SIZA takes the sting out of auditing

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

INSKRYWINGSVORM

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

Mosselbaai Munisipaliteit

24 Februarie /2017

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

Die Hoërskool DF Malan

Uit Moerdijk se pen Man en Media

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

STELLENBOSCH RUGBYAKADEMIE

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

Sterdansers by Vensters.

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Vinkie. Laerskool Fairland

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Hoe om krag te spaar

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

STELLENBOSCH RUGBYAKADEMIE

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Transcription:

LAERSKOOL PRIMARY SCHOOL Weyerslaan Telefoon 976 8115 Telephone Weyers Avenue Durbanville 7550 Durbanville 7550 Faks / Fax: 021-975 1706 (Kantoor / office) E-pos / E mail: office@durbieland.com ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS Omsendbrief 4/2018 24 Januarie 2018 Geagte Ouer ALGEMENE INLIGTING : SPORT 2018 is reeds in volle swang en ons sien uit na die massa-atletiekbyeenkoms wat op Donderdag, 25 Januarie 2018 en Saterdag, 27 Januarie 2018 plaasvind. Na afloop van die Interhuis swemgala op Maandag, 29 Januarie 2018 is dit ook tyd vir al die ander somer-sportsoorte om te begin. Die buitemuurse program sal volledig vanaf 5 Februarie 2018 gevolg word. Ons het dit goedgedink om inligting rakende sport aan u deur te gee om u algemene vrae te beantwoord. Ons uitgangspunt is om massadeelname aan te moedig, want ons besef die belangrikheid vir kinders om aan sport deel te neem, nie net vir hul fisiese ontwikkeling nie, maar ook vir sosiale ontwikkeling. Laerskool Durbanville roem hom boonop op sy holisme, daarom word leerders aangemoedig om ten minste een somersport en een wintersport by die skool te beoefen.

1. SPORTSOORTE Weens n gebrek aan fisiese fasiliteite, die feit dat ons nie wil dupliseer nie en die goeie verhouding wat ons met die dorpsklubs van die verskillende sportsoorte het, is besluit om nie die sportprogram wat ons tans het, verder uit te brei nie. Krieketwedstryde vind bv. slegs in die week plaas, aangesien die dorpsklub Saterdae hul wedstryde speel. Ons huidige sportspyskaart is: hokkie (seuns en dogters); netbal; krieket; tennis; rugby; skaak; gholf; MTB; swem; landloop, tweekamp en atletiek. Alle buitesporte kry erkenning binne die skool vir prestasies behaal. Ons wens is dat u u kind sal aanmoedig om n sport te beoefen. 2. AFRIGTERS Aangesien ons slegs n beperkte aantal personeellede het wat as afrigters vir die spanne kan dien, word ons genoodsaak om van buite-afrigters gebruik te maak om ons met die afrigting van al die spanne in die onderskeie sportkodes te help. Ons doelwit is om vir elke span n afrigter te kry en ons doen baie moeite om geskikte kandidate te bekom. Ons sportprogram is omvangryk en kan nie slegs deur personeel gediens word nie. 3. WEDSTRYDE Indien u kind n wedstryd vir sy/haar span moet speel, sal hy/sy ± 2 dae voor die wedstryddag n wedstrydbriefie van sy afrigter ontvang. Indien hy/sy nie so n briefie kry nie, is hy/sy nie vir daardie wedstryd vir die span gekies nie. As die afrigter n buite-afrigter is, sal so n wedstrydbriefie deur die sportkantoor of spanbestuurder aan hom/haar gegee word. U ontvang aan die begin van die seisoen die datums waarop die wedstryde gaan plaasvind. Dit is ook op die skoolkommunikeerder beskikbaar. Ons rig n versoek tot u dat u nie naweke waarop u kind aan n wedstryd moet deelneem, sal weggaan nie. 4. VERVOER Algemeen Ons is baie trots daarop om te roem dat ons dit nog nooit nodig gehad het om n bus te huur om leerders na wedstryde te vervoer nie. Ons wil n beroep op u doen om u kind te ondersteun deur bywoning van sy/haar wedstryde. Dit skep n aangename atmosfeer. Nadat die leerders die wedstrydbriefies ontvang het, word almal die volgende dag in die saal bymekaar geroep waar dan gekontroleer word watter kind nie vervoer het nie en dan sal die afrigter verdere reëlings tref. n Kind se plek in n span sal nie benadeel word omdat n ouer nie vervoer kan verskaf nie. Swem Indien u kind nie vervoer na die swembad by die hoërskool het nie, kan u self met n vriend/in reël om u kind te neem of u kan die swemorganiseerder vra om vervoer vir u kind te reël saam met een van die menige gewillige ouers. Ons besit n derde aandeel in die swembad by Hoërskool Durbanville. Vanaf twee jaar gelede het ons ook n tydgleuf by Durbanville Voorbereidingskool se swembad bekom. Ons swemspan oefen daar. Leerders stap direk na skool deur die duikweg na die voorbereidingskool. Hulle sal deur n volwassene vergesel word. Hokkie Ons bied ons o.14a-spanne weekliks die geleentheid om n oefening op die astro -baan by Hoërskool Durbanville te hê. Die o.14a-spanne sal elke week een gras en een astro -baanoefening hê. Indien u nie self u kind na Hoërskool Durbanville kan vervoer nie, vra ons dat u onderling met ander ouers in die span sal reël. 5. SPORTPRESTASIES Ons het in 2017 heelwat sportprestasies gehad wat ongesiens verbygegaan het. Ons wil u versoek dat u getrou u kind se prestasies aan die sportkantoor sal deurgee (e-pos : sport@durbieland.com / faks : (021) 976-7160). Ons wil hierdie jaar weer eens poog om alle noemenswaardige prestasies meer gereeld op die skoolkommunikeerder aan ouers deur te gee. Om dit suksesvol te doen, het ons u samewerking in hierdie verband baie nodig.

6. KANSELLASIE VAN OEFENINGE EN WEDSTRYDE Kansellasie word sover moontlik beperk. Laerskool Durbanville kanselleer nooit n wedstryd of oefening nie, tensy weersomstandighede dit noodsaak. Indien n oefening of wedstryd gekanselleer word, sal u per sms in kennis gestel word. 7. SMS-STELSEL Die sms-stelsel het verlede jaar baie goed gewerk. Ons beplan om die stelsel verder te verfyn met die skep van groepe, sodat sms e slegs aan die betrokke leerders se ouers gestuur word. Die stelsel maak slegs vir een ouer se selfoonnommer voorsiening en daarom wil ons u versoek om die korrekte persoon se nommer, of enige verandering van u nommer, aan Mev. A. Brummer by adele@durbieland.com te verskaf. Sms e word op reëndae om ± 13:15 uitgestuur. 8. OUERGEDRAG TYDENS WEDSTRYDE Dit is vir ons n riem onder die hart om so baie ouers langs die bane/velde te sien. Met u teenwoordigheid wys u dat u in u kind se doen en late belangstel. Ons wil egter n versoek tot u rig dat u NOOIT die skeidsregters sal kritiseer nie. Waak daarteen om op- of aanmerkings teenoor hulle of teenoor die spelers te maak. Die spelers floreer op positiewe aanmoediging en wil nie negatiewe opmerkings hoor nie. GEEN alkoholiese drank is langs sportvelde toelaatbaar nie. Ons sien dit in n baie ernstige lig en sal u summier vra om die sportgronde te verlaat indien dit gebeur. Durbanville-groete F. Roux J.C. Swart SPORTBESTUURDER SKOOLHOOF

BUITEMUURSE PROGRAM LAERSKOOL EXTRA-MURAL PROGRAMME EERSTE KWARTAAL 2018 PRIMARY SCHOOL FIRST TERM 2018 AKTIWITEIT ACTIVITY ORGANISEERDER ORGANISER MAANDAG MONDAY DINSDAG TUESDAY WOENSDAG WEDNESDAY DONDERDAG THURSDAY VRYDAG FRIDAY SENIOR KOOR SENIOR CHOIR MEDIASENTRUM MEDIA CENTRE SKAAK CHESS A. Dippenaar 17:30-19:00 G. Louw 14:00-15:30 as booked by didactical teachers 1 ste & 2 de pouse Private Classes after School 14:30 16:30 N. Bekker 14:15-15:15 Groep 14:15 15:15 Span 1 ste & 2 de pouse 14:00-15:30 soos bespreek deur didaktiese onderwysers 14:00-15:30 soos bespreek deur didaktiese onderwysers KUNSKLUB ART CLUB H. de Bruijn M. Botes S. Vertue Keramiek Gr 4 (De Bruijn) Teken & Verf Gr 4 (Vertue) Drawing & Painting Gr 4 (De Bruijn) Drawing & Painting Gr 4 (Botes) Keramiek Gr 6&7 (De Bruijn) Ceramics Gr 5 (Vertue) Drawing & Painting Gr 6&7 (Botes) SWEM SWIMMING W. Kruger 14:30-15:30 Swemspan 14:45-15:30 Beginners 15:30-16:30 Swemgroep 14:30-15:30 Swemspan 16:00-17:00 Swimming Group 14:30-15:30 Swimming Team 14:30-15:30 Beginners TENNIS A. Oberholzer 14:30-15:30 Gr 5 (Eng & Afr) 15:30-16:30 Gr 6 & 7 sosiaal 16:30-17:30 3 de,4 de, 5 de spanne Durbanville Tennisklub 1 st & 2 nd teams Wedstryde Matches 14:30-15:15 Gr 4 (Seuns) 15:15-16:00 Gr 4 (Dogters) 16:00-16:45 o.10 Voederspan Durbanville Tennis Club 1 st & 2 nd teams 17:30-18:30 o.11-spanne KRIEKET CRICKET J. Claassens o.13a + o.13 Lions o.12 Tigers + o.13 Titans U/10A + U/10 Warriors U/12 Disas + U/10 Dolphins U/12A + U/11 Cobras U/11A + U/11 Eagles

ATLETIEK ATHLETICS S. Nolan 07:00 07:40 Langafstand & Naellope 14:30-15:15 0/10 + 0/11 Hoogspring & Verspring 0/12 + 0/13 Hekkies, 15:15-16:00 0/10 + 0/11 Hekkies, Naellope 0/12 + 0/13 Hoogspring & Verspring Spiesgooi 14:30-15:30 Gewigstoot 07:00 07:40 Long distance & Sprints 14:30-15:30 Shot put 14:30-15:15 u/12 + u/13 Hurdles u/10 + u/11 High Jump & Long Jump 15:15-16:00 u/10 + u/11 Hurdles u/12 + u/13 High Jump & Long Jump Javelin GHOLF GOLF S. Burger Beginners as per the Golf Programme for 2018. Gholfspan soos in die Gholfprogram vir 2018. Beginners soos in die Gholfprogram vir 2018. TWEEKAMP BIATHLON H. Cronje As per the Biathlon Programme for 2017/2018. Soos in die Tweekamp inligtingsbrief vir 2017/2018 aangedui. As per the Biathlon Programme for 2017/2018. Soos in die Tweekamp inligtingsbrief vir 2017/2018 aangedui. MTB S. de Witt 16:30 17:30 Soos op program deurgegee. DRAMAKLUB DRAMA CLUB M. Kleinhans M. van Zyl W. Kruger ENGLISH Gr.4-7 14:30 15:30 Drama AFRIKAANS Gr.4 & 5 AFRIKAANS Gr.6 & 7 17:00 18:00 Drama AFRIKAANS Gr.4-7 ENGLISH Gr.4 & 5 ENGLISH Gr.6 & 7 Theatre Group 17:00-19:00 Toneelgroep 17:00-19:00