SUID-AFRIKAANSE NASIONALE SAADORGANISASIE SERTIFISERING STAANDEKOMITEE

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SIZA takes the sting out of auditing

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Tariewe

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

RAADSLEDE / COUNCILLORS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Rut: n Liefdes Verhaal

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Tariewe

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Mandala Madness Deel 2

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Mosselbaai Munisipaliteit

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

NOTULE OIV. 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed.

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

Direkte en indirekte rede *

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

THE ASSOCIATION OF MUNICIPAL ELECTRICITY UNDERTAKINGS OF SOUTH AFRICA DIE VERENIGING VAN MUNISIPALE ELEKTRISITEITSONDERNEMINGS VAN SUID-AFRIKA

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

PRESENT APOLOGY MINUTES

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

CLASSICAL ASSOCIATION OF SOUTH AFRICA KLASSIEKE VERENIGING VAN SUID-AFRIKA

MALHERBE RP et HATTINGH R

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

CLASSICAL ASSOCIATION OF SOUTH AFRICA KLASSIEKE VERENIGING VAN SUID AFRIKA. Die voorsitter, Michael Lambert, verwelkom almal teenwoordig.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

Transcription:

SUID-AFRIKAANSE NASIONALE SAADORGANISASIE SERTIFISERING STAANDEKOMITEE NOTULE VAN DIE VERGADERING VAN DIE SERTIFISERING STAANDEKOMITEE GEHOU OP 17 APRIL 2012 OM 09:30 TE SANSOR, PRETORIA TEENWOORDIG: LEDE: EG van Pletsen (Voorsitter - Agricol) A Prinsloo (Advance Seed) W van der Merwe (Monsanto SA) JC Marais (Pannar Saad) JH Bezuidenhout (Klein Karoo Saad Bemarking) C Kleingeld (Dry Bean Seed) P van Zyl (Pannar Saad) WAARNEMERS: E Goldschagg (Sekretaris SANSOR) AG Reitsma (SANSOR) SJF Pienaar (SANSOR) J Sadie (DAFF Registrar PIA) MC Botha (DAFF APIS) VERSKONINGS: A Venter (Starke Ayres) A Herholdt (Pannar Saad) M Botha (Monsanto SA) 1. OPENING EN VERWELKOMING Mnr Pine Pienaar open die vergadering met gebed, waarna die voorsitter almal welkom heet met n spesiale woord van verwelkoming aan verteenwoordigers van die Departement Landbou, Bosbou & Visserye (DAFF). 2. PRESENSIELYS, VERSKONINGS EN ANTITRUST Die Voorsitter hou die Antitrust Beleid van SANSOR aan die vergadering voor wat aan die keersy van die presensielys gedruk is en wat deur ondertekening daarvan deur die teenwoordigers onderskryf word. Die presensielys word vervolgens gesirkuleer en die teenwoordiges, asook verskonings, word aangeteken soos hierbo genotuleer. 3. BESPREKINGSPUNTE VIR ALGEMEEN EN GOEDKEURING VAN SAKELYS Die sakelys word goedgkeur soos gesirkuleer.

4. GOEDKEURING VAN NOTULE VAN 8 NOVEMBER 2011 2 Die notule is aan lede gesirkuleer en word as gelese beskou. Die notule word bladsy vir bladsy voorgehou vir goedkeuring en word dit sonder enige wysigings aanvaar as n werklike weergawe van die besprekings en besluite. Voorsteller: Willie van der Merwe, Sekondant: Alwyn Prinsloo. 5. OPDRAGTE 5.1 Phytosanitary Authorization: Directorate Plant Health With the retirement of Mr M Holtzhausen, Mr Ernest Phoku, Deputy Director, Inspection Services was appointed to take over the responsibility for phytosanitary matters concerning SANSOR authorized inspectors. It was agreed that an official procedure should be put in place according to which authorized SANSOR inspectors could work in future in assisting DAFF in accumulating phytosanitary information on seed units. A Phytosanitary Official Procedures document drawn up by SANSOR was discussed with DAFF on 1 February 2012. The latter undertook to evaluate the procedures and make further input if necessary. On 6 February 2012 DAFF agreed by e-mail to the following summary of the discussions: In future all matters concerning Phytosanitary issues would be in English (Report back, manual, training, etc). The memo according to which procedures inspectors should submit their practical reports would be evaluated by their Training Committee for acceptance/further input. The Phytosanitary Procedures document for the authorization of SANSOR inspectors would be evaluated and if agreed upon, form part of a formal agreement between DAFF and SANSOR. Also to be taken up in the formal agreement: The possibility of a refresher course every three years for authorized Phytosanitary Inspectors. Revision and the updating of the present Phytosanitary Manual. All the above would be taken up in a MoU between DAFF and SANSOR. One practical report was submitted to Mr Phoku for evaluation, further information was required and the acceptance of the Inspector concerned was still pending. To date no applications for the theoretical examination was received. Requirements for this would be as stipulated in the formal agreement, which was basically the same as in the past.

3 5.2 SANSOR Inspekteurswerkswinkel Soos deur hierdie vergadering besluit moet daar in 2012 twee werkswinkels gehou word, een in die Noorde en een in die Suide. Die vraag word gevra of dit vanjaar werklik nodig is? Die afgelope twee jaar was altesaam agt werkswinkels gehou en daar word gevoel dat al die betrokkenes nou op datum is. Die vergadering stem saam en beveel vervolgens aan dat daar eers weer in 2013 meer uitgebreide werkswinkels gehou hoef te word. 5.3 SANSOR Na-kontroles Hierdie saak is met betrokkenes by die betrokke maatskappye opgeneem wie aangedui het dat hulle self baie min na-kontroles van hulle basters uitplant dit word gewoonlik beperk tot lotte wat deur die produksiebeamptes ge red-flag is, of wat deur die laboratoriums tydens hulle elektoforese en DNA ontledings geïdentifiseer word. Die maatskappye het aangedui dat hulle nie die nodige kapasiteit het om na-kontroles op al hulle basters te doen nie en spits hulle eerder toe op die ouerlyne en probleemgevalle. Hierdie aspek is ook tydens die DAFF/SANSOR vergadering bespreek DAFF het aangedui dat hulle bereid is om op dieselfde basis as in die verlede daarmee voort te gaan. Die saak word nou as afgehandel beskou. 5.4 Identifikasie van Wilde Hawer Die Registrateur berig dat die kurator van die Nasionale Saadversameling hul in kennis gestel het dat die hawer wat kommersieël in Suid-Afrika aangeplant word van die spesies Avena sativa, A. nuda en A. strigosa is. Die hawer wat algemeen vir voer en graan aangeplant word, Avena sativa, is saamgestel uit n aantal wilde spesies. Die Registrateur beveel vervolgens aan dat alle hawer gesertifiseer moet word om degenerasie te verhoed. Die spesies wat as wilde hawer of vals wilde hawer beskou word, is Avena fatua, A. barbata en A. sterilis. Sien die aangehegte verslag van Alta Gildenhuys Bylaag A. Om eenvormigheid in die sertifiseringsvereistes van al die kleingraanspesies in die Skema te verkry, sal die vereistes gestandardiseer moet word. Dit kan gedoen word deur al drie die wilde hawer spesies in al die betrokke aanhangsels te lys, andersins om wilde hawer te defineer en die drie spesies dan in die definisie te spesifiseer. Daar sal egter eers vir terugvoer van die ASTL gewag word. Hierdie aspek sal aandag geniet tydens die hersiening van die Skema wat vir die derde week van Mei vanjaar geskeduleer is. Dit het aan die lig gekom dat alle saadanaliste n ISTA Handleiding met beskrywings en fotos van die hawer het, dus is dit nie nodig om addisionele sketse te bekom nie.

4 5.5 Verklaring van Swarthawer Me Sadie noem dat DAFF besig is met impakstudies vir die betrokke gewasse in samewerking met ander Departemente, asook Afdelings binne die Departement, soos byvoorbeeld Plantgesondheid dit sluit ook sekere klawers, wat reeds verklaar is, in. Die saak is nog hangend. Aksie: Registrateur Avena spp. is ingevolge die Wet op Planttelersregte verklaar, dus is dit reeds moontlik om planttelersregte vir variëteite van swarthawer te verkry. Daar is ook n behoefte vir die sertifisering daarvan, dus sal daar meganismes geskep moet word om dit moontlik te maak. Daar word voorsien dat wanneer die gewas wel ingevolge die Plantverbeteringswet verklaar is, daar n oop variëtietslys daarvoor sal wees, maar variëteite wat vir sertifisering kwalifiseer sal wel as sodanig gelys word. 5.6 Sertifiseringstariewe Soos deur die komitee goedgekeur is die sertifiseringstariewe met ingang van 1 Maart 2012 met die inflasiekoers, gebaseer op die Produksie Prysindeks (PPI), plus 1% aangepas dit het te staan gekom op n gemiddeld van ongeveer 6%. 5.7 Aksielys: Mentors Kommer is tydens die vorige vergadering uitgespreek oor die min persone in die bedryf wat die hele spektrum van sertifisering kan doen. Daar sal kapasiteit gebou moet word vir wanneer die kundiges uit diens tree dit sluit die Sekretariaat in. Daar word voorgestel dat SANSOR n aksielys vir mentors met n tydlyn vir die vervanging van personeel wat gaan aftree, saamstel. Assessors kan dalk die mentors wees. Daar word voorgestel dat die verskillende gewasse gelys moet word en dat name dan vir elke gewas bygevoeg moet word. Kundiges van die LNR kan as basis gebruik word. Die lys moet dan na alle maatskappye gestuur word vir voorstelle oor wie mentors op watter gewasse kan wees. 5.8 Databasis opgradering na web-gebaseer Daar is tans n nuwe IT maatskappy besig om n voorlegging in hierdie verband voor te berei, terugvoer word nog van die progammeerders afgewag. 5.9 Sclerotinia op Sonneblom Die voorkoms van die sklerotia van Sclerotinia in veral sonneblomsaad word weereens bespreek. Om die toevalligheid van die voorkoms van die sklerotia in die saadmonster wat ontleed word te neutraliseer, word daar aanbeveel dat die grootte van die monster waarop die ontleding vir die voorkoms van sklerotia gedoen word, na 1kg te verhoog.

5 Die komitee aanvaar hierdie voorstel en beveel aan dat dit op alle gewasse toegepas moet word. Dit sal tydens die hersiening van die Skema ingekorporeer word. 5.10 Hersiening van die Saadsertifiseringskema Daar word beoog om die SA Saadsertifiseringskema in sy geheel te hersien. Verskeie verwikkelinge die afgelope tyd het dit noodsaaklik gemaak. Dit sluit die SADC Protokol in ten opsigte van Sertifisering, OECD wysigings en SANSOR se lidmaatskap van AOSCA (Association of Official Seed Certifying Agencies). Daar het ook n behoefte ontstaan om basters van gewasse te sertifiseer waarvoor daar nie tans voorsiening gemaak word nie - dit sluit korog en verskeie koolsoorte in. Daar word ook nie voorsiening gemaak vir die sertifisering van etlike gewasse waarvoor verklaring ingevolge die Plantverbeteringswet afgewag word, soos byvoorbeeld swart hawer, brokkoli en katoen kruisings. Daar word beplan om n werksgroep saam te stel wat vir n paar dae bymekaar kan kom en die aspek in diepte vanaf die 14 de tot die 18 de Mei 2012 te bespreek. Die Sertifisering Staandekomitee, insluitende die Registrateur en Christo Botha sal die werkswinkel bywoon. n Vorm is reeds uitgestuur na die bedryf vir voorstelle vir wysigings aan die Skema, slegs enkele terugvoer is ontvang. Komiteelede word ook spesifiek versoek om voorstelle te maak. Die konsep wat tydens hierdie werkswinkel saamgestel gaan word, sal eers deur hierdie komitee bespreek word voordat dit aan die Registrateur deurgegee word vir oorweging en publikasie. 5.11 DAFF Oudit van Sertifiseringsisteem Geen verdere komminikasie is van DAFF in hierdie verband ontvang nie. Die voorsitter versoek dat die vorige Oudit dokument aan die Notule geheg word sien Bylaag B. 6. SERTIFISERING 6.1 Voorraad Seëls en Etikette soos op 2012-03-31 Plakseëls 88 000 Tyvac blou Nul Blou manilla aanbind Nul Tyvac wit Basis Nul Wit manilla aanbind 6 000 Tyvac teler Nul Manilla Siektevry Groen Nul Tyvac OECD blou Nul Agrifilm blou 50 480 Tyvac OECD wit 9 661 Agrifilm wit 31 600 Tyvac OECD grys Nul Agrifilm pre-basis 12 000 Self-plak blou 56 000 Agrifilm teler 4 000 Self-plak wit 11 500 Agrifilm siektevry 39 000 Self-plak Pre-Basis 15 000 Agrifilm OECD blou 36 000 Self-plak Telersaad 8 000 Agrifilm OECD wit 24 000 Self-plak OECD blou 16 000 Agrifilm OECD grys 16 000 Self-plak OECD wit 10 000

6 Linnesakkies 1 412 Monsterneming aanbind 6 595 Mnr Johan Marais noem dat n versoek van hulle Verpakkingsbestuurder ontvang is waarin voorgestel word dat die komitee oorweging moet skenk dat daar weggedoen moet word met die nommers op die seëls en etikette, asook die rekordhouding daarvan. Na bespreking besluit die Komitee dat hierdie addisionele kontrolepunte wel nodig is dit dien ook as kontrole dat seëls en etikette nie onregmatig gebruik word nie. 6.2 Gewasregistrasies soos op 2011-03-01 tot 2012-02-29 Akkerbou 1 615 Tuinbou 54 Voergewas 280 Totaal 1 949 6.3 Na-kontroles soos op 2011-11-01 tot 2012-02-29 Akkerbou 622 Tuinbou 13 Voergewas 122 Totaal 757 6.4 Besoeke ten opsigte van sertifisering vanaf 2011-11-07 tot 2012-04-15 In hierdie tydperk is daar oor 48 dae besoeke by eenhede en/of verwerkingsfasiliteite van All-Gro, Agricol, Dry Bean Seed, Capstone Seeds, JW Saad, Monsanto, LARRS, Limpopo Departement van Landbou, Pannar, Pioneer, Sensako en VKB gebring. Die aanplantings sluit in Pre-Basis-, Basis- en Gesertifiseerde Saadeenhede van gewasse soos Mielies, Sojabone, Grondbone, Sonneblom, Grasse, Rog, Koring, Hawer, Droëbone, Graansorghum en Tabak wat vir Nasionale sertifisering geregistreer is. 6.5 Etikette en Seëls bestelling: 2012/2013 Volgens die verskaffer is meeste bestellings reeds afgelewer en is min probleme ondervind. Die prosedure dat n noodvoorraad te SANSOR gehou word, is nog steeds in plek. Hierdie etikette en seëls word teen n ekstra 10% aan maatskappye, wat dit op kort kennisgewing benodig, verskaf, indien dit nie meer as 10% van die oorspronklike bestelling van die betrokke maatskappy oorskry nie. Daar is weer vanjaar ondervind dat laat bestellings tot dubbel die prys van die grootmaatbestelling kan wees. Maatskappye word jaarliks dan ook daarop attent gemaak dat bestellings so akkuraat as moontlik gedoen moet word sodat etikette en seëls koste-effektief gedruk kan word en ekstra administratiewe werk tot die minimum beperk kan word.

7 7. OECD SAADSKEMA VERGADERINGS Die sekretaris hou punte van belang, wat tydens die Werksgroep- en Uitgebreide Advieskomiteevergaderings wat vanaf 23-27 Januarie 2012 te Parys, Frankryk plaasgevind het. Dit sluit die volgende aspekte in: Die rol van Biochemiese en Molekulêre Tegnieke in die Beskrywing/Identifisering van Variëteite. Uitbreiding van die magtiging vir landinspeksies na Basis en Pre- Basissaad. Sertifisering van saad wat nog nie gelys is nie en identifisering daarvan vir internasionale beweging. Elektroniese sertifisering. Vermeerdering van saad in ander lande, en Fisiese standaarde vir OECD Sertifisering Die volgende AJV van die OECD Saadskemas vind vanaf 9 tot 13 Julie 2012 in Helsinki, Finland plaas. 8. INSPEKTEURS OPLEIDING Daar word beplan om weer vanjaar n SANSOR opleidingskursus aan te bied dit sal op aanbeveling van hierdie komitee weer by die WNNR Konferensiesentum wees en wel vanaf 20 to 24 Augustus 2012. Die omsendskrywe is reeds uitgestuur en Registrasies moet voor 20 April 2012 plaasvind. Tot op datum is daar reeds 41 inskrywings ontvang, wat genoeg is om die kursus wel te laat voortgaan. 9. ALGEMEEN 9.1 SADC Harmonisering Saadskema SANSOR het n Memorandum van Ooreenkoms (MoU) met Food, Agriculture and National Resources Policy Analysis Network van Afrika (FANRPAN) onderteken. Volgens die MoU sal SANSOR ondersteuningsdiense, veral ten opsigte van opleiding en standardisering van sertifiseringprosedures vir hul Harmoniserings projek (HaSSP) verskaf. 10. DATUM VAN VOLGENDE VERGADERING. Die volgende vergadering sal op 6 November 2012 te SANSOR, Pretoria gehou word.

8 11. AFSLUITING Aangesien daar geen verdere punte vir bespreking is nie, bedank die voorsitter almal vir hul deelname en verdaag die vergadering om 13:15 ----------------------------------------- ------------------------------ VOORSITTER DATUM ----------------------------------------- ------------------------------- SEKRETARIS DATUM