KAMPUSNUUS. end. Junie Uitgawe 5. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SIZA takes the sting out of auditing

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Sport lok duisende na Pukkampus. is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Lees binne: Nog foto's op p 16. Puk se KBMM trek internasionale. p 5. November Uitgawe 9

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

30 jaar se toptalent tree op BINNE. NWU wil sy koolstofvoetspoor verklein Alumnus verken die heelal Kernkrag is veiliger as wat jy dink

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

gflitse Puk-prof Power Alert se flitse soos dit op TV verskyn Mei/Junie Uitgawe 4

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Hoe om krag te spaar

Tariewe

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

VOLUME 6 No 5 September 2012 Personeelblad van die NWU. Bedreigde padda leef voort. Wen R600 met Eish! Een voet in Amerika en die ander een in Europa

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

8 No 5 Augustus 2014 Personeelblad van die NWU. Kook kos met sonkrag. Voorkoms van finansies verander. NWU reageer op bewerings van ontgroening

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

'n Kolhou vir skoon lug

; Standard Bank. Met ons bring jy dit veel verder. Nie net is my tjeks tot R500. as net kunstenaarsbevrediging bied.

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Visekanselier voorste in Afrika. Letterkunde bly dekaan se eerste liefde. Minister prys NWU-navorsing. Eish! is n wenner

Sterdansers by Vensters.

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Direkteur van die NWU-PBS nou voorsitter van die AHi

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Transcription:

Junie 2005 - Uitgawe 5 KAMPUSNUUS Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit NWU ís progressief innover erend end Die Noordwes-Universiteit is as die mees progressiewe innoverende opvoedkundige instelling vir 2004 aangewys. Dié prestige-toekenning is in Mei deur die innovasiefonds van die department wetenskap en tegnologie gemaak. Daarmee het die universiteit n half miljoen rand ontvang. (Die Universiteit van Stellenbosch het n miljoen rand ontvang ná hy as die mees innoverende gevestigde universiteit aangewys is.) Saam met dié toekenning is die NWU ook die enigste universiteit wat met al drie sy studenteinskrywings onder die top twaalf finaliste geëindig het. Die tweede prys in dié deel van die kompetisie van R200 000 is vir die intelligente vonkprop wat deur Paulus Krüger, Barend Visser, Gerard Moerdyk en prof. Okkie de Jager van die eenheid vir ruimtefisika ontwerp is. Die ander twee inskrywings was vir die kansgetal generator (ook van die eenheid vir ruimtefisika met Riaan Botha, Roelf Botha, Barend Visser, Gerard Moerdyk en prof. Okkie) en die JS1 Revelation nuwe generasie 18 m klas sweeftuig van die skool vir meganiese ingenieurswese (met Johan Bosman, Riaan de Bruin, Attie en Uys Jonker). Dr. Rudi van der Walt, direkteur van innovasie en kommersialisering, sê daar was oorspronklik 21 inskrywings waarvan hulle twaalf kon kies en uiteindelik drie bestes ingeskryf het. Die innovasiefonds het altesame 57 inskrywings ontvang waar die NWU se drie onder die twaalf bestes geëindig het. Hy het gesê universiteite sal nie kan innoveer sonder die hulp van die innovasiefonds nie. Hy het die fonds geprys omdat hulle uit hul pad gaan om met die oordrag van tegnologie en die bevordering van innovasie te help. Die kompetisie vir 2005 het reeds afgeskop. Bo: Dr. Rudi van der Walt en me. Ilse Louw van innovasie met die tjek wat die universiteit ontvang het as die mees progressiewe tegnologiese innoverende universiteit. Links: Paulus Krüger en Barend Visser verduidelik wat se revolusie die nuwe generasie vonkprop in petrolenjins kan meebring.

Kampusnuus - 2 PUK-Spieël Institusionele hoofkantoor Dr. Theuns Eloff, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, is aangewys as die nuwe voorsitter van die direksie van die Aardklop Nasionale Kunstefees. Hy volg dr. Frederik Van Zyl Slabbert op in die posisie. Dr. Slabbert sal steeds as direkteur op die direksie dien. In gesprek oor sy verkiesing sê Eloff dat dit vir hom n voorreg is, en dat dit toon dat die Noordwes-Universiteit en spesifiek sy PUK-kampus, ernstig is oor Afrikaans en diversiteit. Hy het die hoop uitgespreek dat Aardklop onder sy voorsitterskap, verbind sal bly aan Afrikaanssprekende gemeenskappe, maar ook vir ander gemeenskappe toeganklik gemaak sal word. Op díe manier, kan die langtermynvolhoubaarheid van die fees op alle vlakke verseker word. Aardklop vind vanjaar vanaf 27 September tot 1 Oktober in Potchefstroom plaas. Vir enige navrae kontak Haddad Viljoen by 082 347 8640 of haddad@aardklop.co.za. Departement bemarking en kommunikasie Mnr. Winton Windell, bemarkingsbestuurder, is pas verkies tot ondervoorsitter van Unitech se sentrale streek. Unitech is n liggaam waaraan al die tersiêre instellings in die land behoort. Die liggaam fokus hoofsaaklik op bemarking, kommunikasie en ontwikkeling. Die sentrale streek bestaan uit die NWU, Wits, Universiteit van Johannesburg, Vaal University of Technology, Central University of Technology, Unisa en Kovsies. Inwoning en voedseldienste Die volgende huisvaders is met ingang 1 Julie by die kampuskoshuise benoem: Kasteel mnr. Herman van Vuuren, Karlien prof. Lukas Meyer, Excelsior dr. Tiaan Kirsten, Patria mnr. Winton Windell, Caput prof. Nic Kotzé en Hombré dr. Pierre Jordaan. Fakulteit teologie Binne die fakulteit teologie is twintig meestersgrade op 12 Mei toegeken. Onder die onvangers was onder andere ses predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Op 13 Mei is in totaal 57 doktorsgrade toegeken, waarvan dertien in die fakulteit teologie, die meeste van al die fakulteite aan die Noordwes-Universiteit. Onder diegene wat graad ontvang het, was die volgende predikante van die GKSA: drr. Edmund de Beer (Tzaneen), Wilhelm Leuschner (Wapadrant in Pretoria), Ettiene Schalekamp (Roodepoort), Nico van der Merwe (Klerksdorp), Chris van der Walt Phalaborwa en Sarel van der Walt (Benoni-Noord). Dr. Rantoa Letsosa is tans dosent in Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie te Potcefstroom. Verder was daar die predikant van die N.G. Kerk Potchefstroom-Suid, dr. R.J. du Plooy en n Nederlandse sendeling uit Mosambiek, dr. Johan Kommers. Mnr. At Lamprecht, (foto) lektor in semitiese tale by die skool vir Bybelwetenskappe en Bybeltale het in Montreal (Kanada) die American Academy of Religion streekkongres met die oorhoofse tema van Story, myth, ritual and art, bygewoon, asook die Pre-kongres wat gehandel het oor die metodiek van veldwerk (inligtingsversameling) en die etiek in veldwerk. Hy lewer by die AAR-kongres n referaat oor die beginsel van pars pro toto as nosie van kategorisering binne kognitiewe grammatika met toepassing op die intrinsieke ruimtelike verwysingsraamwerk binne taalgebruik in die Hebreeuse Bybel. Hy woon die departementele voorsitterswerkswinkel by wat gehandel het oor die professionele standaarde in die akademie, politiek van kennis, programkoördinering, temporele akademiese assistente en etiek en arbeidswetgewing. Van 9 tot 11 Mei woon hy n seminaar by die Universiteit van Vic, Barcelona, Spanje by wat handel oor vertalingsmetodiek met toepassing op kinderlektuur. Fakulteit regte Dr. Frank Diedrich, medeprofessor van die Institute of International Law, University of Rostock, Germany en die Faculty of Law and Economics, Georgian Technical University, Tbilisi, Georgia, doen vir twee maande navorsing by dié fakulteit oor prosedurele aspekte van die werk van die waarheid- en versoeningskommissie as n voorbeeld of model vir alternatiewe dispuutoplossings. Sy navorsing word gerugsteun deur n toekenning van die Humbodt-Foundation. Hy spesialiseer ook in verskeie internasionale regsvelde. Fakulteit ekonomiese bestuurswetenskappe Prof. Melville Saayman, hoof van die instituut vir vryetydstudies en toerisme aan die skool vir entrepreneurskap, bemarkings- en toerismebestuur is deur die Wêreld Toerisme Organisasie (WTO) genader om op n internasionale paneel van toerisme deskundiges te dien. Die paneel waarop hy dien sal kwartaalliks projeksies doen met betrekking tot reis en toerisme. Die inligting word gebruik om n barometer vir toerisme op te stel om te bepaal in watter wêrelddele toerisme groei en in watter dele toerisme afneem en wat daartoe aanleiding gee. Saayman is die enigste Suid-Afrikaner wat op die paneel dien. Navorsing wat deur dr. Peet van der Merwe en prof. Melville Saayman oor die ekonomiese bydrae wat biltongjag gedoen is toon dat dié jagters in Noordwes ongeveer R90 miljoen per jaar oplewer en steeds die basis van die wildbedryf is. Dit is bykans dubbel wat trofeejagters bestee. Ons voorsien dat die biltongjagter in die toekoms n belangriker rol gaan speel. Wat egter onseker is, is die rol wat die nuwe wapenwetgewing op veral biltongjag gaan hê. As die impak daarvan negatief gaan wees gaan dit die wildbedryf n geweldige nekslag toedien en kan dit selfs n impak op die prys van wild hê, het Van der Merwe gesê. Prof. Wim Naudé, direkteur van WorkWell: navorsingseenheid vir mense, beleid en prestasie, is pas deur minister Trevor Manual op die raad van statistiek Suid-Afrika benoem. Naudé is ook genooi om n seminaar oor ekonomiese geografie by die Research Centre for Southern African Studies aan die Universiteit van Sussex aan te bied. Kort daarna besoek hy Finland waar hy genooi is om n referaat te lewer op n internasionale konferensie van die United Nations University in Helsinki oor die toekoms van ontwikkelingsekonomie. Laastens is hy genooi om deel te neem aan die Gaudy-Conference van St. Antony s College, Oxford wat einde Junie aan die Universiteit van Oxford gehou word. Dié navorsingseenheid het ook op versoek van die NEPAD (New Partnership for Africa s Development) n sessie oor direkte buitelandse beleggings in Afrika gereël vir n internasionale NEPAD-konferensie oor handel en belegging in Afrika wat in Mei in Oos-London gehou is. Die paneel wat vir die sessie bymekaar gebring is, is gelei deur prof. Wim Naudé (wat ook die sessievoortsitter was) en het bestaan uit n aantal Suid-Afrikaanse en internasionale kundiges op die terrein, prof. Elsabé Loots (Universiteit van die Vrystaat), dr. Johannes Jordaan (Universiteit van Pretoria), mnr. Gaba Tabane (Invest North West), proff. Aloys Hutterman (Universiteit van Göttingen) en Paul Collier (Universiteit van Oxford). Uit die paneel se aanbiedings en beraadslagings is n aantal belangrike aanbevelings gemaak vir ondersteuning deur die Nepad sekretariaat. n Aantal hiervan is ter ondersteuning van aanbevelings in die onlangse Afrika-kommissieverslag wat binnekort voor die G8 groep van lande dien. Op die foto is mnr. Gaba Tabane, proff. Wim Naude, Aloys Hutterman, Elsabe Loots, dr. Johannes Jordaan en prof. Paul Collier. Ettiene Pretorius, n honneursstudent in B Com (internasionale handel en ondernemingsbestuur) is vanjaar die PUK se wenner van die ABSA Entrepreneurskap kompetisie. Hy het sy eerste onderneming in 2003 begin, n klere-onderneming wat korporatiewe geskenke verskaf. In 2004 het hy sy tweede onderneming Solutrix Property Development CC gestig. Hy is tans besig om tien woonstelle in Potchefstroom op te rig. Ettiene (enigste een van NWU), twee ander studente en sewe skoolleerders (uit 800 inskrywings), sal as deel van hulle prys gedurende die Julievakansie vir vyftien dae na Moroko, Spanje en Duitsland toer. Die doel van die toer is om ondernemings te besoek en om hulle kennis rondom entrepreneurskap te verbreed. Fakulteit natuurwetenskappe Prof. Gerhard du Toit (foto), direkteur van die fokus-area omgewingswetenskappe en - bestuur, is tot 31 Desember 2005 as waarnemende dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe benoem.

Kampusnuus - 3 Kampuspar ampusparkering n ewig wige kopseer Parkering op die kampus is vir menige personeellede n reuse kopseer, veral wanneer jy die dag by jou gereserveerde (en betaalde) parkeerplek opdaag en iemand se motor staan daar. Volgens n meningsopname op die intranet (BBS) voel personeel sterk daaroor (48%) dat bykomende parkeergarages gebou moet word en dat weskampus se studente moet voetslaan (38%) in n poging om die probleem op te los. (Sien grafiek.) Mnr. André Marais van verkeer en toegangsbeheer by beskermingsdienste sê hulle is deeglik bewus van al dié probleme. Parkeerboetes Hy sê parkeerboetes as afskrikmiddel werk vanjaar beter aangesien hulle n maksimum boete van R300 oplê (in die verlede was dié boetes R100). Studente en personeel kan egter vertoë rig en Marais sê n eerste oortreding word gewoonlik kwytgeskeld. Hy sê die hoë boetes werk veral met studente aangesien dit hulle nou na die kantoor neem waar personeel aan hulle kan verduidelik waar alternatiewe parkering vir hulle beskikbaar is. Marais sê hulle het in die eerste vyf maande meer boetes as gewoonlik uitgereik. Hulle het nou vier beamptes teenoor die twee wat hulle in die verlede gehad het wat verkeerbeheer doen en word daar veral gepoog om plekke te reserveer en plekke aan te wys en ook boetes uit te reik. Eerstejaarparkering In n poging om meer ruimte vir personeel en senior studente te skep, word eerstejaar-koshuisstudente slegs tot koshuise se parkeerruimtes beperk met wit motortjie-parkeerskyfies en eerstejaardorpstudente by die anneks met groen motortjieparkeerskyfies Daarmee word nagenoeg 1 300 voertuie weg van die hoofkampus gehou. In n poging om die parkering verder te orden word wit (inwonende studente), groen (dagstudente) en maroen (personeel) motortjies op die teerblad van parkeerruimtes oral op die kampus geverf. Marais sê hulle hou weekliks vergaderings met koshuisrade om onder meer dié probleme aan te spreek. Klagtes van eerstejaars dat die Anneks-parkering baie ver van opvoedingswetenskappe (suidkampus) geleë is, word ook ondersoek en nuwe parkeerruimtes is reeds langs die sirkelpad geïdentifiseer. Dit kos egter R100 000 vir slegs 45 ekstra parkeerplekke. Gradeplegtighede Marais sê die dae waarop gradeplegtighede plaasvind besorg hulle eindelose hoofpyne. Besoekers word wel beperk tot die Cachet-parkeerarea, maar hulle beland tog op ander se parkeerplekke. In twee gevalle het personeel wat onder afdakke stop, besoekers se voertuie tot groot verleentheid vir die universiteit, met kettings aan pale vas gesluit. Hulle het n voorstel dat dié plegtighede tydens semestertoetsreekse moet plaasvind aan die registrateur gerig. Dit word tans oorweeg, maar sal nog nie vanjaar verander kan word nie. Parkeergarages Marais sê hulle het reeds ondersoek ingestel na n parkeergarage op Cachetpark, maar dat so n garage Hoe voel jy oor die parkeringsprobleem op kampus? Daar moet meer boetes wees om onwettige parkeerders af te skrik Weskampus-studente moet voetslaan Bou parkeergarages Probleem sal nooit opgelos word nie Totale stemme: vir n bykomende slegs 1 000 parkeerplekke die universiteit tot R34 miljoen uit die sak sal jaag. Dit is nie ekonomies haalbaar nie selfs al vra hulle toegang van tot R10 per dag. n Tweede voorstel was die kwotasie van n reuse betonblad bo-oor die spoorlyn. Dié opsie sal ook sowat R30 miljoen kos en word nog ondersoek. Marais sê die lugruim bokant die spoorlyn sal ook eers van Spoornet aangekoop moet word. Ander voorstelle Dié foto's (bo en links) is deur beskermingsdienste geneem van waar personeel besoekers se voertuie met kettings vasgesluit het. Nóg n voorstel wat ondersoek word is die koop van erwe in Tomstraat regoor die kampus. Die erwe kan in parkeerruimtes omskep word wat naby genoeg aan die sentraalkampus sal wees en boonop n belegging kan wees. Dit sal waarskynlik nie so duur soos parkeergarages wees nie en van nut wees tydens Aardklop en geleenthede in die Sanlam-ouditorium. Marais sê n pendeldiens van n sentrale parkeerruimte is nog n voorstel 7% (11) 38% (58) 48% (73) 6% (10) 152 waarna gekyk word. Die universiteit besit grond naby Medi-Clinic (ou Joolplaas) waarvandaan n pendeldiens bedryf kan word. n Soortgelyke stelsel bestaan by die Ikeys. Dié diens is boonop geprivatiseer wat op sy beurt weer werkgeleenthede kan skep. Beskermingsdienste ondersoek ook die moontlikheid om valhekke by die G1- parkeerruimtes by natuurwetenskappe op te rig. Dié stelsels kos egter ook tot R55 000 om te installeer. Afdakke Afdakke op die kampus reserveer parkeerplekke. Probleme wat ontstaan is personeel wat vir lang tye afwesig is op oorsese besoeke of langverlof en dan kan dié gereserveerde parkeringplekke nie gebruik word nie. Opnames toon dat tot 20% van onderdakparkering op n daaglikse basis onbenut staan. Die werkekomitee fisiese fasiliteite kyk tans na n beleid waar nie meer as 30% van bestaande parkeerruimtes in afdakparkering omskep mag word nie. Enigste Marais sê die NWU is die enigste universiteit in die land waar daar nie geld vir parkering gevra word nie. Op Ikeys betaal mense tot R165 per maand vir die voorreg om op kampus op n oop parkeerruimte te stop. Hy sê besoekers en studente van die stede sê die mense hier besef nie hoe bevoorreg hulle is nie. Tukkies laat glad nie studente met motors op die kampus toe nie. Slegs nagraadse M- en D-studente mag slegs na 18:00 saans met motors op die kampus kom.

Kampusnuus - 4 Welstand Malaria dit neem net een byt Dit is daardie tyd van die jaar wat baie personeel dele van die land en aangrensende lande besoek waar malaria voorkom. Besoek gerus die volgende webwerf vir meer besonderhede: www.malariahot spots.co.za Wat is malaria? Malaria is n ingewikkelde, aansteeklike siekte wat deur parasiete veroorsaak word. Die parasiete word deur muskiete oorgedra. Wie loop gevaar om malaria op te doen? Indien voorsorgmaatreëls nie getref word nie, kan enigeen wat reis na n land waar malaria voorkom die siekte opdoen. Malaria is veral n probleem by swanger vroue aangesien die infeksie by hulle ernstiger kan wees. Babas en kinders jonger as vyf jaar is ook meer vatbaar vir malaria as volwassenes en behoort nie malaria-areas te besoek nie, tensy dit absoluut onvermydelik is. Kinders moet te alle tye teen muskietbyte beskerm word. Hoe kry n mens malaria? n Enkele byt van n besmette muskiet kan malaria veroorsaak. Kan ek van malaria doodgaan? Die ergste vorm van malaria word deur P.falciparum veroorsaak en kan dodelik wees indien behandeling langer as 24 uur uitgestel word. Waar loop ek die grootste risiko om malaria te kry? Malaria kom hoofsaaklik in tropiese, ontwikkelende lande in Sentraal- en Suid- Amerika, Afrika, Asië en Oseanië voor. Malaria kom in beperkte streke in Suid- Afrika voor, hoofsaaklik in die laerliggende gebiede van Limpopo, Mpumalanga en Noord-Oostelike KwaZulu-Natal. Beperkte lokale oordrag kan in die Noord-Westelike en Noord-Kaap provinsies langs die Molopoen Oranjerivier voorkom. Malaria is seisoenaal in Suid-Afrika. Die hoogste risiko is gedurende die nat somermaande. Kan malaria voorkom word? Malaria kan voorkom word deur n teenmalariamiddel te gebruik. Hierdie middels moet voor die aankoms in n malaria-endemiese streek gebruik word tot na terugkeer uit die gebied. Vra jou gesondheidsadviseur vir n toepaslike middel wat jou beskerming sonder kompromie sal bied. Watter verdere voorsorg kan ek tref? Vermy blootstelling aan muskiete, veral tussen vroegaand en oggend (tye van die grootste muskietaktiwiteit). Trek gepas aan (bv. langmouhemp en langbroek) as jy buite is. Gebruik insekweermiddels op die vel. Slaap onder n muskietnet deurweek met n geskikte insekdoder. Vensters en deure moet van sifdraad voorsien wees. Bron: gsk - Glazo- SmithKline Minister Geraldine Frazer-Moleketi, minister van die staatsdiens en administrasie was die gasspreker tydens die ASSADPAM (Associations for Schools and Departments in Public Administration and Management) kongres wat onlangs op die PUK-kampus van Noordwes-Universiteit gehou is. Van links staan prof. Gerrit van der Waldt, wat die kongres gereël het, min. Frazer-Moleketi, prof. Annette Combrink, rektor van die PUK-kampus, en dr. Theuns Eloff, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit. Sewentig mense, meestal akademici in die dissipline openbare bestuur van tersiêre instellings in die land, het die kongres bygewoon. Die hooftema was navorsing en aspekte soos die rol van die NRF en die gradering van navorsers, die rol van SANPAD, nagraadse studiebegeleiding en nuwe fokusse vir navorsing is uitgelig. Nagenoeg 3 000 skoolkinders het die nuwe wetenskapsentrum op die kampus sedert sy opening verlede maand besoek. Prof. Jan Smit van die skool vir natuurwetenskap-, wiskunde- en tegnologie-onderwys, is baie in sy noppies met die belangstelling van die kinders (klein en groot) in die uitstallings. Hier is twee personeellede van die departement bemarking en kommunikasie, mnre. Charles Ntsizi (middel voor) en Martiens Masiea (agter), by leerders van Mokgareng hoërskool van Taung, wat die sentrum besoek het. By hulle is twee onderwysers, me. Stella Malebo en mnr. Bantseke Molatlhwa. Van die rektor se tafel Dit is reeds die einde van die eerste semester van die jaar. Die jaar snel voort soos die spreekwoordelike sneltrein, en dit is goed om bietjie terug te staan en voorraad op te neem. Met die substantiewe samesmelting al hoe meer van n werklikheid is dit goed om hieroor terugvoer te gee. Soos al bekend geword het, is die statuut deur die minister van onderwys aanvaar, maar dit moet nog in die Staatskoerant onder haar handtekening gepubliseer word voordat dit van krag word. Dit sal die gang van sekere prosesse by die universiteit verander (en dalk vergemaklik). Die funksionering van die bestuur met die raad bly maar moeilik. Die pasafgelope raadsvergadering het nie baie besluite opgelewer nie slegs ongeveer die helfte van die sakelys kon afgehandel word (dus word nog n vergadering in Augustus beplan). Wat wel afgehandel kon word is die finansiële state van die universiteit vir 2004 (dit is aanvaar) en die goedkeuring van die voorstelle oor die nuwe personeel- en finansiële stelsel vir die universiteit. Die visie en missie soos voorgestel aan die raad na afloop van al die prosesse is grootliks deur die raad goedgekeur en sal nou gebruik word as die onderliggende stuurmeganisme vir die institusionele plan wat aan die einde van Junie moet ingedien word. Die dekane is besig om te kyk na die onderdele van die plan dit sal die basis vorm van die driejaar rollende plan van die universiteit (2006-2008). Die datumrooster vir 2006 is ook goedgekeur. Ek wil graag daarop wys dat die eerste weergawe van die datumrooster, soos dit by die institusionele senaat gedien het, aansienlik gewysig is om voorsiening te maak vir n skoon Januarie vir personeel om te benut vir navorsing en/of voorbereiding. Die datumrooster is op die intranet beskikbaar. Wat nie afgehandel is nie is die Mankwe-kwessie en verskeie ander moeilike sake. Op akademiese gebied is goeie inisiatiewe aan die gang. Die hele saak van die PQM word bekyk met die oog op afhandeling. Daar is ook besluit dat al die werk wat oor evaluering en kwaliteitsorg gedoen word oor al die kampusse heen baie goed belyn moet word met die voorbereiding vir die institusionele oudit deur die Hoër Onderwys Kwaliteitskomitee (HOKK, of dan in Engels HEQC). Hierdie oudit sal nou in die tweede helfte van 2008 plaasvind ons het dus die geleentheid om seker te maak dat alles ten beste voorberei is. Ons navorsingsuitsette bly groei, hoewel die groei nie weer so indrukwekkend was as die vorige jaar nie. Ek en die viserektor het byna n hele reeks informele gesprekke (oor middagete in die personeelklubhuis) voltooi die doel daarvan was om terugvoer te kry oor sake wat goed en sleg gaan by die fokusareas/navorsingseenhede. Die inligting wat so bekom word, word dan weer gebruik vir beplanning. Vier fokusareas word in Augustus internasionaal geëvalueer. Baie sterkte met die eksamenwerk ons moet onthou dat enige assessering/evaluering wat ons doen deel vorm van die uiteindelike breë prentjie van kwaliteitsorg aan die universiteit dit word deel van die sogenaamde paper trail waarna die HOKK gaan kyk. As aanvulling tot die visekanselier se ontbytgesprekke het ons op die kampus begin met Kenmekaars in die klubhuis gewoonlik teen 16:00, sodat mens met n skoon gewete n glasie wyn kan drink en lekker gesels. Ons probeer die uitnodigings mooi versprei oor die hele kampus heen en oor alle range en posvlakke heen. Dit is nogal gesellige geleenthede wat ek probeer sê is: As jy genooi word, kom asseblief! Die begroting is in volle swang. Alle akademiese groeperinge se begroting word deur Daan van Wyk hanteer, en alle ondersteuningsgroeperinge deur Bobo van der Westhuizen. Skakel dus gerus met hierdie kollegas oor enigiets wat julle wil vra oor die begroting. Intussen oefen ek hard vir Kilimandjaro (die studente het mos gesê ek sal moet...). Sien nogal uit daarna. En almal moet baie lekker vakansie hou julle verdien dit.

Kampusnuus - 5 Prof. Annette Combrink (Mad Max se Moses) op die vierwielmotorfiets in die duine by Swakopmund. By haar is prof. Manie Spamer. Grade in Windhoek toegek eken en Die fakulteit opvoedingswetenskappe het die afgelope agt jaar groot sukses met sy indiensopleiding van onderwysers in Namibië behaal. Vanjaar is weer 280 grade tydens n plegtigheid in Windhoek toegeken. Prof. Manie Spamer, direkteur van die onderwyserssentrum op die Potchefstroomkampus, sê hulle het ook die kontrak met die Institute for Open Learning vir die volgende drie jaar verkry om met die indiensopleiding van onderwysers in Namibië te help. Die span wat na Namibië vertrek het, het behalwe vir die amptelike take, ook groot pret gehad. Die berugte Duin 7 is aangepak en groot pret is op die vierwielmotorfietse in die duine beleef. Daar is later ook weer goeie bande gebou met sowat dertig oud-pukke in Namibië tydens n reünie in Swakopmund. Internasionale eer vir plaaslike ontwerper n Ontwerp van Richardt Strydom, dosent in grafiese ontwerp by die skool vir kommunikasiestudies, het onlangs in die internasionale boek Design of Dissent: Socially and Politically Driven Graphics verskyn. Die boek is deur twee prominente ontwerpkenners saamgestel en wys die belangrikheid van protes en verdeeldheid in die moderne samelewing, deur politiese-en-aktivistiese ontwerpe vanaf die 1960 s tot die hede. Strydom se werk, getiteld Act Against Globalization, is n plakkaat wat n nuwe perspektief op die bekende Molotov-cocktail in terme van Coca-Cola gee. Die plakkaat word ook in Junie saam met geselekteerde werke uit die boek by die School of Visual Arts in New York uitgestal. Dit sluit oor n honderd plakkate, boeke, knope, tydskrifte en ander grafiese kuns van regoor die wêreld in. Die uitstalling sal ook oor die VSA toer. Design of Dissent word deur Rockport Publishing in New York uitgegee en is reeds op die internet beskikbaar. Onder: Richardt Strydom met sy ontwerp, Act Against Globalisation (inlas). Na aanleiding van n onlangse hofuitspraak is die werkgewer wetlik verplig om elke klagte oor seksuele teistering in die werkplek ernstig op te neem en om onmiddellike stappe te doen om n herhaling van die beweerde teistering te probeer voorkom. Volgens die werknemersondersteuningsbeleid van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus moet: alle werknemers, aansoekers en ander persone wat met die universiteit te doen het, die reg om menswaardig behandel te word. Seksuele teistering in die werkplek word gevolglik nie toegelaat of oorgesien nie. Persone wat blootgestel is/word aan seksuele teistering in die werkplek het die reg om n grief te registreer as dit sou gebeur en toepaslike optrede sal deur die werkgewer volg. Prosedure Die universiteit het duidelike prosedures ontwikkel om met dié vorm van teistering te handel. Die prosedures is in plek om te verseker dat enige soda- Boek lei tot internasionale veldtog om bobbejane in Noordwes te beskerm n Boek oor bobbejane deur prof. Attie Gerber van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het n invloedryke internasionale organisasie tot die stryd oor die bewaring van bobbejane in Noordwes laat toetree. Baboons (Tales, Traits and Troubles) is n fotografiese ondersoek van twee bobbejaantroppe wat n paar jaar gelede in die omgewing van Venterskroon deur n bewaringsorganisasie van Phalaborwa losgelaat is. Baboons is ook in Afrikaans as Bôgom deur Lapa uitgegee. Dit het Gerber bykans drie jaar geneem om die foto s te neem. Resensies landwyd bestempel die foto s as uniek en merkwaardig, en dr. Shirley McGreal, voorsitter van die International Primate Protection League (IPPL), beskryf die foto s as better than any we ever saw before. In die jongste uitgawe van die IPPL-News word Baboons geprys as a wonderful coffee-table book full of marvelous, sensitive portraits of these large, savanna-dwelling monkeys. Voor op IPPL-News pryk n foto wat Gerber vir Baboons/ Bôgom se voorblad gebruik het. Personeelsake Hoe gemaak met seksuele teistering? nige situasie sensitief én effektief hanteer word. Advies en hulp Seksuele teistering is n sensitiewe aangeleentheid en n slagoffer mag voel dat hy of sy nie die oortreder kan nader, n formele klag kan indien of ander kollegas vir ondersteuning kan nader nie. Om hierdie rede het die universiteit die senior mensehulpbronbeampte: arbeidsverhoudinge, werknemerwelstand en opleiding, mnr. Peet du Toit, as die persoon aangewys na wie slagoffers vir vertroulike advies kan gaan. Hy is by uitbr. 2694 of by psdjpdt@puk.ac.za beskikbaar. Prosedure Beide n informele en formele grieweprosedure bestaan waarop n bewering/ klag van seksuele teistering opgelos kan word. Geen druk sal egter op n werknemer geplaas word om enigeen van die twee opsies te kies nie. Lees meer by www.puk.ac.za/open cms/export/puk/html/wellness/hulp/ Werknemer ondersteuning/seksuele teistering

Kampusnuus - 6 n Eerste vir me. Sanet van Deventer, sekretaresse by die skool vir chemiese en mineraalingenieurswese is dat sy onlangs n geakkrediteerde internasionale diploma verwerf het. Sanet is volgens prof. Faan Waanders die eerste ondersteuningspersoneellid wat dié diploma ontvang. Sanet is vanaf 2001 tydelik by die skool aangestel waar sy die fokusarea energiestelsels en die skool se administrasie hanteer het. Sy is in 2003 permanent aangestel en werk tans saam met die nuut aangestelde skooldirekteur, prof. Frans Waanders. Hierdie kwalifikasie word wêreldwyd aanvaar en erken en Sanet is waarskynlik die eerste sekretaresse in Noordwes wat die erkende professionele kursus deurloop en geslaag het, sê Waanders. Biochemici klink glasie op eerste tree Biochemici het n glasie geklink op die eerste tree na n toegeruste funksionele molekulêre laboratorium en navorsingsprogram. Die Noordwes-Universiteit het prof. Albie van Dijk (derde van links), self n oud-puk, ses maande gelede in Finland gewerf en aangestel om n diepgaande molekulêre navorsingsprogram te begin sodat die NWU ten volle deel kan wees van die opwindende biologie revolusie wat tans besig is om te ontvou. Die skool vir chemie en biochemie het onlangs n toekenning van R620 000 uit die strategiese fonds ontvang spesifiek vir die vestiging van prof. van Dijk se navorsing. By dieselfde geleentheid is die nuwe honneurs laboratorium ook ingewy. Vakgroep Biochemie het n bydrae van veertien rekenaars gemaak in die eerste stap na n volwaardig toegeruste laboratorium wat spesifiek ontwerp is om aan nagraadse studente ruimte te bied vir studie en verwerking van resultate. Op die foto is Maniesh van der Vaart, biochemie honneursstudent, mnr. Elardus Erasmus, vakvoorsitter van biochemie, proff. Albie van Dijk, molekulêre bioloog, Carools Reyneke, senior dosent, Frikkie van Niekerk, institusionele direkteur van mensehulpbronne, studente en innovasie, en prof. Kobus Pienaar, skooldirekteur van chemie en biochemie. Vrou beste presteerder by MBA s Die Potchefstroomse Besigheidskool het vanjaar 158 MBA-grade tydens n spoggeleentheid toegeken. Me. Judy Cilliers (middel), n voorsieningskettingkonsultant by Sasol Ltd., het n Ou Mutual goue medalje ontvang as die beste student, asook n silwermedalje vir die beste skripsie in haar studiegroep. Van links staan proff. Tommy Plessis, direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool, Annette Combrink, rektor van die PUK-kampus, Cilliers, prof. Deon de Klerk, dekaan van die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe, en dr. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-Universiteit. Taalwenk Word my hart nou -omlyn of -omlei? Daar is nogal onsekerheid oor wat die regte skryfvorm is as daar gepraat word van daardie operasie waar iemand se hart aanpassings ( bypass ) kry om beter te funksioneer. Het so n persoon nou n hartomleiding of hartomlyning gehad? Die HAT (2000, 4de uitgawe, bl. 364) sê duidelik dat dit hartomleiding is: Operasie waarby die bloedsomloop na die hart deur n alternatiewe gang gelei word. Opmerking: die foutiewe vorm hartomlyning word dikwels gehoor. Deur kontrole in goeie naslaanbronne word hierdie soort onsekerheid maklik opgeklaar. WAMC Die Ngoma Africa-perkussiegroep van die Potchefstroomkampus het pas hul eerste CD vrygestel. Die woord Ngoma is Swahili (Oos-Afrika en sentraal Afrika) en beteken in Xhosa en Zoeloe ook musiek, sang, tromme, dans en ritme. Peter Okeno (middel), n internasionale student van Kenia, het die groep onder leiding van Horst Bütow, hoof van die departement kultuur, begin. Die groep het ook n noue verbintenis met die Serenaders-koor. Die groep tree tans in Nederland op. Ngoma Africa, sien ook uit na samewerking met ander studente-organisasies van die universiteit. Hulle tree graag by geleenthede op en bied werkswinkels, seminare, opnames, lesse en konserte aan. By Peter is twee lede van die groep, Anita Feitsma en Miliswa Thompson.

Dié meisie is taai Kampusnuus - 7 Johan Sander van die Oud-PUK-gholfklub ontvang die trofee van Shaun Davis. Agter hulle is sy pa, Brian Davis, wat al jare by die kompetisie betrokke is. Oud-Pukke palm Davis Cup in Die Oud-Puk-gholfklub het vanjaar geskiedenis gemaak deur die internasionale Davis Cup in Swaziland te wen. Die span van elf spelers, onder leiding van Johan Sander het bestaan uit n mengsel van ou hande en n paar nuwelinge, Eugene Hare, Piet Scholtz, Christo Meintjies, Jan du Plooy, Steyn van Loggerenberg, Dries du Plooy, Johan Sander, Wynand Putter, Michiel de Kock en Tonie Henning. Met die PUK op volstoom was daar geen keer nie en wen hulle toe ook die Ryder Cup, wat n uitdaagtrofee is. Die houer van die trofee (dit was die keer die Oud-Maties) het ons gedaag en die kaptein het agt spelers gekies om te speel. Die Pukke het gemaklik met 5-3 gewen. Die Oud-PUK-gholfklub is reeds vanaf 1976 n aktiewe lid van die Davis Cup-gholforganisasie. Oor die jare het die klub wisselende sukses gehad, ten spyte daarvan dat hulle minder spelers as ander alumniklubs het. Hulle het die Davis Cup-liga ook in 2003 gewen. Dié meisie is taai en n val van n motorfiets gaan nie sommer haar spoed breek nie. Lynette Pieterse, senior administratiewe assistent by mensehulpbonne, is onder die beste vroue vierwielmotorfietsrenjaers ( quads ) in die land. Dié prestasie het sy boonop sommer binne n paar maande ingepalm. Haar vriend, Alexander Diederiks, het die lus vir quads -ry by haar aangesteek. Sy is een keer saam met hom na n byeenkoms en net daar het die gogga gebyt en het sy besluit sy wil nou self ry. Ná n oefenlopie by n streekbyeenkoms het sy haar eerste nasionale wedren in November verlede jaar gery en onder die drie bestes geëindig. Sy ding mee in die K-klas vir vroue met n 400 cc quad. Die vierwielpret het hulle al met nasionale byeenkomste na Swaziland, Lesotho en Pietermaritzburg geneem. Sy kon egter nie aan die nasionale wedren op 4 Junie by Port Elizabeth deelneem nie aangesien haar motorfiets tydens die vooraftydtoets gebreek het. Lynette vertel dat so n wedren tot ses ure duur en dat die vroue die helfte (200 km) van die mans se roete ry. Ek is soms bang voor n wedren, maar sodra ek alleen is kan ek op die roete konsentreer en dan verdwyn die bangheid. Sy sê sy het baie seer geval in n onlangse wedren by Rustenburg en sommer met quad en al gerol. Die bloukolle op haar bene en gesig was gelukkig al wat sy daarvan oorgehou het. Ek het gelukkig nog nie so seer geval dat ek nie meer wil ry nie. Lynette sê sy geniet die ryery en byeenkomste baie want dis lekker mense wat deelneem en hulle kuier Lynette Pieterse (inlas) is onherkenbaar vol modder tydens een van die byeenkomste. lekker by sulke plekke. Ek en Alex is seker maar in n mate avontuur- junkies want ons deel dieselfde belangstellings en het ook al hengel en gholf probeer. Bemarking en kommunikasie het onlangs as deel van hul interne kommunikasiestrategie n kort werkswinkel vir die onderskeie skakelbeamptes van die fakulteite en skole aangebied oor hoe om e-nuusbriewe saam te stel. Voor is Karien Brits (BEK), Welmarie Steenkamp (natuurwetenskappe) en Christel Eastes (ingenieurswese). In die is middel is me. Izette Schouwstra (ekonomiese wetenskappe), Nicolene Lubbe (gesondheidswetenskappe) en Francis Labuschagne (opvoedkunde). Agter staan Heinrich Grobbelaar (sport), Belinda Scrooby (verpleegkunde), Antoinett Moerdyk en dr. Callie Coetzee (teologie). Totsiens Frans, hello Greg Frans de Lange, rekenmeester by finansiële administrasie: inkomste tree ná 33 jaar by die PUK af. Hy het destyds by die magasyn begin werk en nog altyd met syfers gewerk. Hy het die afgelope 22 jaar met studente rekenings te doen gehad. Links sit Greg Roberts wat vanaf 1 April die afdelingshoof en senior rekenmeester by finansiële administrasie inkomste is. Greg was die afgelope tien jaar by Eco Rehab betrokke.

Kampusnuus - 8 PROFIEL Die vrou ou agter die vriendelike e stem n Mens stap daar uit en wonder, sjoe, hoe kry sy dit reg? Sy lyk en klink altyd vriendelik, haar stemtoon is sag en kalmerend en haar oë glimlag saam met haar mond. Dit is Rosinah Kganticoe, hulplynassistent by inligtingstegnologie en bestuur (ITB). Dit is duidelik dat haar dag nie altyd n reguit en gelyk paadjie loop nie, maar dat sy haar pose kan hou en n moeilike klant kan ontlont, is duidelik. Hoe het jy by die PUK beland? Ek was op n Saterdagoggend by n ontbyt by die Jonge Akker op die kampus as lid van die Black Management Forum. Daar het ek die advertensie by administrasie vir n hulplynassistent gesien en besluit om aansoek vir die pos te doen. Ek het die Maandag n aansoekvorm kom haal, maar iemand moes my help om dit in te vul aangesien dit in Afrikaans was. Ek het op daardie stadium byna niks van Afrikaans geweet nie, ek kon dit nie verstaan of praat nie. Hulle het my die volgende week gebel vir n onderhoud en ek was doodsbenoud omdat ek geweet het ek kan nie Afrikaans praat nie. Hulle het my n week later gebel en gesê ek het die werk gekry. Ek het twee keer gevra of hulle die regte persoon beet het want ek kon nie glo dat ek dit gekry het nie. Ek onthou baie goed dit was om en by die 17de van die maand en hulle het gevra of ek die volgende week kan begin werk. Jy kon glad nie Afrikaans praat of verstaan nie, hoe het jy dit so vinnig geleer? Ek is die PUK baie dank verskuldig want hulle het my die kans gegee om Afrikaans te leer, asook die verskillende kultuurverskille tussen mense. Dit is makliker as mens dit elke dag kan praat. Ek leer gelukkig maklik. Die Afrikaanse kursus het my baie gehelp en dit is n lekker taal. Ek het baie gevra as ek nie verstaan nie, want ek voel ek moet my feite reg hê. Die ergste was egter om die rekenaartaal in Afrikaans onder die knie te kry. Daar bestaan geen boeke daaroor in Afrikaans nie. Ek het egter nie n keuse gehad nie en kon darem elke dag oefen deur die blootstelling wat ek gekry het. Mense het aan die begin baie met my baklei omdat ek nie Afrikaans met hulle kon praat nie. Ek het dit maar afgelag en my nie vreeslik aan hulle gesteur nie. Hulle monde is egter vandag stil. Waar het jy jou kennis oor rekenaars opgedoen? By die Vaaldriehoek Technikon het ons baie teorie daaroor gedoen, maar my praktiese ervaring het ek hier opgedoen. Dit was baie vreemd aan die begin, maar my werksomgewing was baie rustig en die mense het my geweldig baie gehelp. Jy klink altyd so vriendelik. Hoe kry jy dit reg? Ek moet! Ek het gelukkig n rustige persoonlikheid. Ek moet baie polite wees en moenie toelaat dat mense my kwaad maak nie. Hier is egter baie mense wat NOU aandring op hulp en nie van nou-nou iets wil weet nie. Maar my werk is my werk. Ek kry baie moeilike mense, maar ek moet baie vriendelik met hulle wees. Hier moet n mens BAIE geduld hê. ( n Kollega kom op dié stadium op ons af en las aan dat sy altyd vriendelik, behulpsaam en bedagsaam is.) Hoe hanteer jy moeilike of ongeskikte mense? As ek by die deur inkom sê ek vir myself niemand gaan my dag verneuk nie. Ek sê vir myself ek gaan my nie vererg nie. Ek vra dikwels vir so n moeilik mens of ek hulle nie eerder kan terug skakel nie. Dit gee my kans om asem te skep en rustig terug te skakel. Dit is my motto om beleef en geduldig te wees. Ek neem gelukkig niks saam met huis toe nie. Ek skakel myself in die oggend daar by die deur aan en skakel weer af as ek hier uitstap. Hoe lyk jou tipiese dag? Dit is BAIE besig en hectic. ITB het nooit n ontvang gehad nie, nou sit ek hier en ek moet absoluut weet wie doen wat en wat hier aangaan. Ek ontvang baie besoekers en studente (baie van hulle ook buitelandse studente met vreemde aksente en tale). Dit veroorsaak dat ek die meeste tale moet verstaan, veral Engels om die internasionale besoekers te kan help. Ek het darem n goeie kennis van Afrikaans, Engels en Tswana en daarby ook nog Pedi, Noord-Sotho, Suid- Sotho, Venda, Xhosa en Zoeloe. Daarby moet ek n deeglike kennis hê van hoe alles hier inmekaar steek, van hoe die projektors, CD-skrywers en rekenaars werk. Waarmee wil jy graag bederf word? Ek leef vir my familie en is baie lief vir my seuntjie, Itumeleng (die woord beteken blydskap). My grootste geskenk sal n oorsese besoek aan Amerika saam met my familie wees. Ek was nog nooit oorsee nie. Wat gee jou nagmerries? As ek nie goed kan regkry waarvan ek niks weet nie. Soos as iets aan my motor breek en ek kry nie iemand om my daarmee te help nie. Ek kan dit nie hanteer as ek nie iets self kan regkry nie. Dit gee my horries. Kan jy kwaad word? ( n Kollega hoor die vraag en sê dadelik nie kwaad nie, maar boeta, sy kan baie ferm wees.) Soms, maar ek wil nie kwaad wees nie. Dit gebeur tog, maar dan loop ek liewer n draai om my in n ander situasie te bevind totdat ek beter voel. Noem drie dinge waarvan jy hou? Skoene, dit is my swak punt. Mooi versierings in n huis en van kuier saam met my vriende en familie met n verjaardag of n lekker geleentheid. Watter bekende persoon sal jy graagste wil ontmoet? Oprah Winfrey. Sy s n vrou wat bo uitgekom het ten spyte van haar struikelblokke. Sy is n vrygewige persoon wat geniet wat sy doen. Sy het styl. Wat wil jy graag as verjaarsdaggeskenk ontvang? n Nuwe motor. n RAV 4. Waarsonder kan jy nie? Uit my hart uit, my kind. Ek wil tog nooit trou nie want ek soek nie iemand wat vir my vertel wat ek en hoe ek dinge moet doen nie. Wat is jou wildste droom? Dat iemand vir my sal sê ek het n reuse prys gewen soos n make over. Wat is jou gunsteling kleur? (Sy het toe sommer drie.) Rooi, swart en n ligte mauve-kleur. Gebore: Potchefstroom Skool: Laerskool in Ikageng en hoërskool in Pretoria Central High School. Onderrig: Sake-adminstrasie by die destydse Vaal Technikon in Vanderbijlpark. Verskeie diplomas (omtrent tien) by die Potchefstroom Besigheidskool van die PUK. Loopbaan: Sy het haar eie onderneming, Rose Hair Salon, vir sowat vier jaar in Ikageng bedryf. Was lid van die Black Management Forum. By ITB in 2001 as hulplynassistent begin. Redakteur: Kiewiet Scheppel e-pos: bkkhss@puk.ac.za Tel: (018) 299-2761 Sel: 083-274-8931 Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus