NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 9 APRIL 2014 OM 11:00

Similar documents
NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERS- KOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 21 JANUARIE 2015 OM 11:00

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 9 NOVEMBER 2016 OM 11:00

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP DONDERDAG, 13 DESEMBER 2018 OM 11:00

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

NOTULE: UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE / EXECUTIVE MAYORAL COMMITTEE 14 FEBRUARIE / FEBRUARY 2017

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

MINUTES OF A MUNICIPAL PLANNING TRIBUNAL MEETING HELD ON TUESDAY, 11 SEPTEMBER 2018 AT 14:00 IN THE COMMITTEE ROOM: CORPORATE SERVICES

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

NOTULE: UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE / EXECUTIVE MAYORAL COMMITTEE 1 DESEMBER / DECEMBER 2017

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

RAADSLEDE / COUNCILLORS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 APRIL

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE SPESIALE RAADSVERGADERING

2 No. 161 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JUNE 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documen

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 JANUARIE 2017 OM 11:00

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

2 PROVINCIAL NOTICES 99 Removal of Restrictions Act, 1967 (Act No. 84 of 1967): Bloemfontein (Bainsvlei): Rezoning Pertaining to Portions 5 (of 1), 6

2 No. 178 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 4 JULY 2008 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. LOCAL AUTHORITY NOTICES 2483 Town-planning and Townsh

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

AIDS HELPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. 1 oaoo o Selling price Verkoopprys: R2,50

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 30 AUGUSTUS

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 OKTOBER / OCTOBER

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERS- KOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 9 DESEMBER 2015 OM 08:00

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Provincial Gazette. Provinsiale Koerant INHOUD CONTENTS. Friday, 27 July Vrydag, 27 Julie 2007 PROVINCE OF WESTERN CAPE PROVINSIE WES-KAAP

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

AIDS HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No oaoo o, Selling price Verkoopprys: R2,50

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

RAADSLEDE / COUNCILLORS

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

AI.DS 'H LPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50 DEPARTMENT OF HEALTH

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MALHERBE RP et HATTINGH R

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Which includes I Waarby ingesluit is-

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

2 Province of the Western Cape: Provincial Gazette Extraordinary June 2017 SWARTLAND MUNICIPALITY CREDIT CONTROL AND DEBT COLLECTION BY-LAW Und

i ffistiile licarrattt

AIDS IIIII I 1111 II I HElPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle ...

RAADSLEDE / COUNCILLORS

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Transcription:

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 9 APRIL 2014 OM 11:00 TEENWOORDIG: Uitvoerende Burgemeester, rdh T van Essen (voorsitter) Uitvoerende Onderburgemeester, rdh M S I Goliath Lede van die Burgemeesterskomitee: Rdl C H H Hunsinger Rdl R F van der Westhuizen Rdl M van Zyl Rdl W Wilskut Beamptes: Munisipale Bestuurder, mnr J J Scholtz Direkteur: Finansiële Dienste, mnr K C Cooper Direkteur: Beskermingsdienste, mnr P A C Humphreys Direkteur: Korporatiewe Dienste, me M S Terblanche Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, mnr R du Toit Direkteur: Ontwikkelingsdienste, mnr J T Steenkamp Snr Bestuurder: Tegniese Dienste, mnr L D Zikmann Bestuurder: Sekretariaat en Rekords, me N Brand 1. OPENING Rdl C H H Hunsinger open die vergadering met gebed op versoek van die voorsitter. 2. VERLOF TOT AFWESIGHEID Die komitee is voltallig, maar word verlof tot afwesigheid aangeteken vir rdh N J A Rust. 3. VOORLEGGINGS/AFVAARDIGINGS/SPREEKBEURTE Geen 4. NOTULES 4.1 NOTULE VAN N GEWONE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE- VERGADERING GEHOU OP 13 MAART 2014 Dat die notule van n Gewone Uitvoerende Burgemeesterskomiteevergadering gehou op 13 Maart 2014 goedgekeur en deur die Burgemeester onderteken word. 5. SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE NOTULE Geen 6. MAANDVERSLAG TEN OPSIGTE VAN FEBRUARIE 2014 VAN DIE ONDERSKEIE DIREKTORATE 6.1/...

6.1 MUNISIPALE BESTUURDER (7/1/2/2-7) 2 Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Munisipale Bestuurder, sowel as vordering met die Dienslewerings- en Begrotingsimplementeringsplan (SDBIP) vir Februarie 2014. 6.2 KORPORATIEWE DIENSTE (7/1/2/2-1) Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat: Korporatiewe Dienste vir Februarie 2014. 6.3 FINANSIËLE DIENSTE (7/1/2/2-2) Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat: Finansiële Dienste vir Februarie 2014. 6.4 SIVIELE INGENIEURSDIENSTE (7/1/2/2-4) Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat: Siviele Ingenieursdienste vir Februarie 2014. 6.5 ELEKTRIESE INGENIEURSDIENSTE (7/1/2/2-6) Die Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, mnr R du Toit gee agtergrond aangaande die kapasiteitsprobleme wat Eskom tans ervaar, en die moontlike blackout wat voorsien word. Mnr Du Toit noem dat die instelling van beurtkrag n meer geskikte manier sal wees om Eskom se kragbronne te beskerm, maar is dit nie op die oomblik n opsie nie. Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat: Elektriese Ingenieursdienste vir Februarie 2014. 6.6 BESKERMINGSDIENSTE (7/1/2/2-3) 6.6.1 PRESTASIEMETINGSVERSLAG 6.6.2 VERKEER- EN WETSTOEPASSINGSDIENS 6.6.3 BRANDWEERDIENSTE Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat: Beskermingsdienste vir Februarie 2014. 6.7 ONTWIKKELINGSDIENSTE (7/1/2/2-5) 7. Nuwe sake/... Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat: Ontwikkelingsdienste vir Februarie 2014.

3 7. NUWE SAKE 7.1 WYSIGING VAN STRUKTUUR: KORPORATIEWE DIENSTE: EIENDOMME, KONTRAKTE EN REGSADMINISTRASIE (4/1/1/2/1) Die pos van Bestuurder: Eiendomme en Kontrakte wat tans deur mnr Isak Adams beklee word, raak vakant op 28 Februarie 2015 vanweë laasgenoemde se aftrede. Die voorgestelde wysiging van die Aanstellingsbeleid maak voorsiening vir n opvolgbeplanningsproses. Dit behels dat die betrokke pos binne die 12 maande voor die posbekleër se aftrede intern geadverteer word, om die suksesvolle kandidaat geleentheid te gee vir mentorskap en opleiding deur die bestaande posbekleër voor aftrede. Die Direkteur: Korporatiewe Dienste is van die opinie dat die pos geskik is om ook die regsadministrasie van die munisipaliteit te hanteer. Hierdie funksie is toegevoeg tot die posbeskrywing en volgens TASK evalueer die pos nogsteeds op n T14. Die struktuurwysiging hou dus slegs verband met die verandering van die posbenaming na Bestuurder: Eiendomme, Kontrakte en Regsadministrasie. Dat die Uitvoerende Burgemeesterskomitee die wysiging van die posbenaming van die pos Bestuurder: Eiendomme en Kontrakte na Bestuurder: Eiendomme, Kontrakte en Regsadministrasie op die organisatoriese struktuur aanbeveel vir voorlegging aan die Raad. 7.2 VERSLAG AANGAANDE DIE IMPLEMENTERING VAN DIE VOORSIENINGSKANAAL- BESTUURSBELEID VIR DIE PERIODE 1 JANUARIE TOT 31 MAART 2014 (8/1/B/2) Die Supply Chain Management Regulations vereis dat daar kwartaalliks verslag gedoen word aan die Uitvoerende Burgemeester aangaande die werksaamhede van die Voorsieningskanaalbestuursafdeling. Dat daar kennis geneem word van die kwartaalverslag ten opsigte van die implementering van die Voorsieningskanaalbestuursbeleid vir die periode 1 Januarie tot 31 Maart 2014 wat ingevolge artikel 6(3) van die Regulasies voorgelê moet word. 7.3 VERVREEMDING VAN NYWERHEIDSERWE, MOORREESBURG INDUSTRIËLE PARK (ONDERVERDEELDE ERF 1133): PRE LAUNCH VEILING (12/2/B) Daar is op 29 Augustus 2013 deur die Raad goedkeuring verleen dat die erwe in sowel fase 1 (8 erwe) en fase 2 (11 erwe) van onderverdeelde erf 1133, Moorreesburg per openbare veiling op n pre launch basis aangebied word ten einde die belangstelling in gemelde erwe te toets. Die veiling het op Saterdag, 29 Maart 2014 plaasgevind en die aanbeidinge wat vir fase 1 (in totaal R666 000,00) en vir fase 2 (in totaal R311 000) ontvang is, is heelwat laer as die reserweprys. Die uitslag van die veiling regverdig dus nie verdere ontwikkeling van die nywerheidsgebied nie. Dat kennis geneem word van die aanbiedinge wat tydens die pre launch veiling op 29 Maart 2014 ontvang is vir die erwe geleë in fases 1 en 2 van die Moorreesburg Industriële Park, soos vervat in Aanhangsel B tot hierdie verslag; Dat gemelde aanbiedinge in terme van klousule 4.3 van die voorwaardes van verkoop van die hand gewys word, omrede die opbrengs van die veiling nie regverdiging bied vir die ontwikkeling van die nywerheidserwe nie, nòg in die geheel nòg ten opsigte van fase1 of fase 2 afsonderlik.

4 7.4 AFSTANDDOENING VAN VOORKOOPSREG: ERF 1002, RIEBEEK-WES (12/2/R) Die voormalige munisipaliteit van Riebeek-Wes het op 30 November 1990 vakante erf 1002 (groot 397m²), geleë te Kuilersingel, Riebeek-Wes verkoop aan J J & S C Claasen ten bedrae van R5 730,00. Die eienaar is voornemens om die vakante erf te verkoop, maar moet die erf ingevolge die voorkoopsooreenkoms eers aan die Raad aangebied word vir die uitoefening van die voorkoopsreg, al dan nie. Gemelde erf word egter nie deur die Raad benodig nie, en afstanddoening van die voorkoopsreg deur die Raad, sal n ander gewillige koper in die posisie stel om die erf vir woondoeleindes te kan benut. Dat die Raad van sy voorkoopsreg ten opsigte van erf 1002, Riebeek-Wes afstand doen en toestemming verleen vir die verkoop daarvan deur J J & S C Claasen aan n nuwe eienaar; Dat die nuwe eienaar die voorgeskrewe skriftelike onderneming teken alvorens uitklaring verleen word. 7.5 HUUROOREENKOMS TUSSEN SWARTLAND HANDELSHUIS BELEGGINGS BEPERK EN SWARTLAND MUNISIPALITEIT (CHECKERS-SENTRUM) (12/1/2-8/4) Die huurooreenkoms aangegaan tussen die Raad en Swartland Handelshuis Beleggings Beperk ten opsigte van die huur van kantoorakkommodasie (±335m²) op die eerste vloer van die Checkers Sentrum, Malmesbury verstryk op 30 November 2014. Op versoek van die verhuurder het die Munisipale Bestuurder toestemming verleen dat die opsie uitgeoefen word om vir n verdere termyn, dit is vanaf 1 Desember 2014 tot 30 Junie 2018, die kantoorakkommodasie te huur, onderhewig aan die bestaande voorwaardes. Dat die Raad die Munisipale Bestuurder se besluit kondoneer om die opsie uit te oefen om die huurperseel geleë op die 1 ste vloer van die Checkers Sentrum (groot ±335m²) vir n verdere termyn van 3 (drie) jaar en sewe (7) maande te huur, onderhewig aan dieselfde terme en voorwaardes as wat tans geld; Dat goedkeuring verleen word vir die betaling van huurgeld, as volg: (i) Vir die periode 1 Desember 2014 tot 30 November 2015 n bedrag van R17 302,14 plus BTW per maand; (ii) Vir die periode 1 Desember 2015 tot 30 November 2016 n bedrag van R18 686,31 plus BTW per maand; (iii) Vir die periode 1 Desember 2016 tot 30 November 2017 n bedrag van R20 181,22plus BTW per maand; (iv) Vir die periode 1 Desember 2017 tot 30 November 2018 n bedrag van R21 795,71 plus BTW per maand. Dat kennis geneem word dat bogenoemde huurgeld n eskalasie van 8% per jaar verteenwoordig. 7.6 HUUROOREENKOMS TUSSEN SWARTLAND HANDELSHUIS BELEGGINGS BEPERK EN SWARTLAND MUNISIPALITEIT (PEP STORES-GEBOU) (12/1/2-8/4) Die huurooreenkoms aangegaan tussen die Raad en Swartland Handelshuis Beleggings Beperk ten opsigte van die huur van kantoorakkommodasie (±600m²) op die grond- en 1 ste vloer van die Pep Stores-gebou op erf 1818, Malmesbury, verstryk op 30 June 2014. Op versoek van die verhuurder het die Munisipale Bestuurder toestemming verleen dat die opsie om vir n verdere termyn, wat teneerkom op vyf jaar (1 Julie 2014 tot 30 Junie 2019) te huur, uitgeoefen word onderhewig aan die bestaande voorwaardes.

5 7.6/... Dat die Raad die Munisipale Bestuurder se besluit kondoneer om die opsie uit te oefen om die huurperseel geleë op die grond- en 1 ste vloer van die Pep Storesgebou op erf 1818, Malmesbury (groot ±600m²) vir n verdere termyn van 5 (vyf) jaar te huur, onderhewig aan dieselfde terme en voorwaardes as wat tans geld; Dat goedkeuring verleen word vir die betaling van huurgeld, soos volg: (i) Vir die periode 1 Julie 2014 tot 30 Junie 2015 n bedrag van R36 045,57 plus BTW per maand; (ii) Vir die periode 1 Julie 2015 tot 30 Junie 2016 n bedrag van R38 568,76 plus BTW per maand; (iii) Vir die periode 1 Julie 2016 tot 30 Junie 2017 n bedrag van R41 268,57 plus BTW per maand; (iv) Vir die periode 1 Julie 2017 tot 30 Junie 2018 n bedrag van R44 157,37 plus BTW per maand; (v) Vir die periode 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2019 n bedrag van R47 248.39 plus BTW per maand; Dat kennis geneem word dat bogenoemde huurgeld n eskalasie van 7% per jaar verteenwoordig. 7.7 UITSTAANDE DEBITEURE MAART 2014 (5/7/1/1) n Volledige verslag aangaande die stand van uitstaande debiteure vir die tydperk Maart 2014 is met die sakelys gesirkuleer. Dat kennis geneem word van die verslag aangaande die stand van Swartland Munisipaliteit se uitstaande debiteure vir Maart 2014. 7.8 UITSTAANDE VERSEKERINGSEISE (5/14/3/5) n Verslag aangaande die uitstaande versekeringseise moet ingevolge die Batebestuursbeleid maandeliks aan die Uitvoerende Burgemeester voorgelê word. Dat kennis geneem word van die die aantal uitstaande versekeringseise, sowel as die kommentaar daarop; Dat die Direkteur: Finansiële Dienste by die volgende vergadering n opsomming voorlê van die eise-geskiedenis ten opsigte van die 2013/2014 finansiële jaar. 7.9 AFWYKING VAN VOORGESKREWE VERKRYGINGSPROSEDURES VIR DIE HANTERING VAN N NOODGEVAL: DRINGENDE VERVANGING VAN ELEKTRIESE HOOGSPANNING RINGHOOFEENHEID (15/3/B) Die hoogspanning ringhoofeenheid van die John Moller Estate het op 25 Maart 2014 opgeblaas wat n kragonderbreking in die Tafelzicht-gebied veroorsaak het. n Mobiele noodkragopwekker is aangewend vir kragvoorsiening totdat die ringhoofeenheid vervang kon word. Dat kondonering verleen word vir die afwyking van die voorgeskrewe verkrygingsprosedures deur slegs een kwotasie te oorweeg met die dringende nood vervanging van die foutiewe hoogspanning ringhoofeenheid; Dat kennis geneem word dat die uitgawe van R39 900,00 (BTW uitgesluit) beloop het en teen posnommer 833430000284 vir netwerk instandhouding verreken is;

7.9/... 6 Dat, in terme van klousule 36(2) van die Voorsieningskanaalbestuursbeleid, die geval met rede as nota by die betrokke finansiële state waar van toepassing, ingesluit word. 7.10 AANSOEK VIR DIE HERALLOKASIE VAN GOEDGEKEURDE FONDSE VANAF DIE NASIONALE LOTERY VIR DIE KALBASKRAAL SPORTFASILITEITE (5/9/2/8) n Aansoek is in Oktober 2012 by die Nasionale Lotery ingedien vir die opgradering van verskeie sportfasiliteite. Die National Lottery Distribution Trust Fund (NLDTF) het die munisipaliteit in September 2013 in kennis gestel dat n bedrag van R980 400,00 geallokeer is vir die opgradering van sportfasiliteite in Kalbaskraal. n Versoek is vanaf die Coronations RVK ontvang om, aangesien die besproeiingstelsel wat deel was van die oorspronklike aansoek intussen geïnstalleer is, die aansoek te wysig om voorsiening te maak vir die vestiging van n speeloppervlak op die rugbyveld. Dat die Uitvoerende Burgemeesterskomitee die versoek van die Coronations RVK ondersteun en derhalwe goedkeuring verleen vir die herallokasie van die goedgekeurde fondse dienooreenkomstig die skrywe van eersgenoemde gedateer 8 Maart 2014; Dat die Departement: Siviele Ingenieursdienste n skriftelike aansoek voorberei en aan die NLDTF voorlê vir die herallokasie van die fondse; Dat die uitkoms van die aansoek en die finale allokasie deur die NLDTF aan die Raad gekommunikeer word ten einde n formele ooreenkoms aan te gaan, indien nodig. 7.11 SWARTLAND MUNISIPALITEIT: BUSINESS CONTINUITY AND DISASTER RECOVERY PLAN (17/5/B) Die Business Continuity and Disaster Recovery Plan is op 15 Mei 2013 deur die Uitvoerende Burgemeesterskomitee goedgekeur en moet op n jaarlikse basis hersien word. Die plan is apart tot die sakelys gesirkuleer. Dat kennis geneem word van die wysigings wat aangebring is aan die Business Continuity en Disaster Recovery Plan; Dat die Business Continuity en Disaster Recovery Plan goedgekeur word ten einde te voldoen aan Uitkoms 7.3 van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan wat bepaal dat die plan op n jaarlikse basis hersien moet word; Dat kennis geneem word dat die verwagte blackout deur Eskom, soos vroeër vermeld, wysigings aan die plan mag noodsaak. 7.12 YZERFONTEIN: VERKLARING VAN PLEKKE WAAR DIE BEDRYF VAN DIE BESIGHEID VAN STRAATHANDELAARS, VENTER OF SMOUSE BEPERK WORD (17/12/2/2/1/2) Versoeke vanuit Yzerfontein, die wykskomitee van Wyk 5, asook die SAPD is ontvang om n ondersoek te loods om informele handelaarsgebiede in Yzerfontein af te baken, aangesien smouse wat rondloop n groot probleem raak. n Proses is gevolg, in oorleg met die wyksraadslid, rdl J H Cleophas, die Yzerfontein Inwonersvereniging en mnr Wihan Carstens, om n geskikte perseel te identifiseer vir die afbakening van staanplekke vir informele handelaars. Daar is besluit op n gedeelte van erf 495, Yzerfontein en die voorneme van die Raad is in die plaaslike media geadverteer.

7.12/... 7 n Skrywe is ook aan die eienaars van eiendomme aangrensend aan die voorgestelde staanplekke gestuur. Met die publieke deelname proses is hewige teenkanting vir die vestiging van n informele handelaarsgebied vanaf inwoners van Yzerfontein ontvang aanhangsels tot die verslag verwys. Dat kennis geneem word van die proses wat gevolg is om moontlik informele handel staanplekke in Yzerfontein af te baken; Dat verder kennis geneem word van die hewige publieke teenkanting teen die voorgestelde staanplekke vir informele handelaars; Dat, na oorweging van die publieke teenkanting, daar volstaan word met die status quo ten opsigte van die hantering van informele handelaars in Yzerfontein en dat daar dus nie nou staanplekke afgebaken word nie. 7.13 VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ERF 611, MOORREESBURG (15/3/3-9, 15/3/4-9) (WYK 2) Aansoek word gedoen vir die hersonering van erf 611 (groot 1146m²), geleë op die hoek van Lang- en Rivierstraat, Moorreesburg vanaf motorhawesone na sakesone ten einde die bestaande grondgebruike, naamlik n drankwinkel, stoffeerdery en wegneemete restaurant te wettig. Aansoek word ook gedoen ten einde af te wyk van die vereiste 8 op-perseel parkeerplekke deur slegs 3 op-perseel parkeerplekke te voorsien. A Dat die aansoek vir die hersonering van erf 611 (groot 1146m²), geleë op die hoek van Lang- en Rivierstraat, Moorreesburg vanaf motorhawesone na sakesone ten einde die bestaande grondgebruike, naamlik n drankwinkel, stoffeerdery en wegneemete restaurant te wettig, ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word onderhewig aan die volgende voorwaardes: A1 (e) A2 A3 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER dat die toepaslike bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; dat sodanige bouplanne binne n tydperk van 30 dae na die datum van hierdie goedkeuring ingedien word; dat ten minste 4 op-perseel parkeerplekke en 4 gedeeltelike op-perseel parkeerplekke voorsien word soos aangedui op die plan gemerk D. Die parkeerplekke moet van n permanente stofvrye oppervlakte hetsy teer, beton of plaveisel of n materiaal vooraf goedgekeur deur Swartland Munisipaliteit voorsien word en dat die parkeerplekke duidelik gemerk word; dat n finansiële bydrae vir die nie-voorsiening van op-perseel parkering vir 2 parkeerplekke ten bedrae R8 250,00 op bouplanstadium gemaak word; dat die nodige aansoek vir die vertoning van n advertensietekens by die Direkteur: Ontwikkelingsdienste gedoen word; WATER dat daar van die bestaande wateraansluiting gebruik gemaak word en dat geen addisionele aansluitings voorsien sal word nie; RIOOL dat daar van die bestaande rioolaansluiting gebruik gemaak word en dat geen addisionele aansluitings voorsien sal word nie;

7.13/... A4 8 VULLISVERWYDERING dat n basiese vullisverwyderingstarief gehef word van toepassing op besighede, wat aangepas sal word volgens hoeveelhede wat verwyder word; dat vullis op die naaste munisipale sypaadjie in swartsakke op die oggend van verwydering geplaas word; B Dat die aansoek om afwyking ten einde af te wyk van die vereiste 8 op-perseel parkeerplekke deur slegs 4 op-perseel parkeerplekke en 4 gedeeltelike op-perseel parkeerplekke te voorsien (nie-voorsiening van 2 parkeerplekke) ingevolge artikel 15(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word. 7.14 VOORGESTELDE HERSONERING, ONDERVERDELING MET AFWYKING VAN ERF 607, RIEBEEK-WES (15/3/3-12, 15/3/6-12, 15/3/4-12) (WYK 3) n Aansoek is ontvang vir die hersonering van n gedeelte (groot ±1201m²) van erf 607, geleë in Kerkstraat, Riebeek-Wes, vanaf institusionele sone II na residensiële sone I, sowel as die onderverdeling van die erf. Die aansoek het ten doel om die nodige grondgebruiksregte te bekom om die bestaande woonhuis op die eiendom te kan verkoop as n entiteit. Die geregistreerde eienaar is die NG Kerk. A B Dat die aansoek om hersonering van n gedeelte van erf 607 (groot ±1201m²), geleë te Kerkstraat, Riebeek-Wes ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf institusionele sone II na residensiële sone I goedgekeur word; Dat die aansoek om onderverdeling van erf 607, Riebeek-Wes ingevolge artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985 goedgekeur word soos voorgestel op die onderverdelingsplan hierby aangeheg, onderhewig aan die volgende voorwaardes: B1 B2 B3 B4 B5 STADSBEPLANNING / BOUBEHEER dat n brandmuur op die onderverdelingslyn in die geboue aangebring word; dat geen vensters of deure tussen die twee onderverdeelde geboue toegelaat word nie; dat bouplanne wat die bogenoemde aandui by die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; WATER dat elke onderverdeelde gedeelte van n aparte wateraansluiting en meter op koste van die eienaar/ontwikkelaar voorsien word. Hierdie voorwaarde is op onderverdelingstadium van toepassing; RIOOL dat elke onderverdeelde gedeelte van n aparte rioolsuigtenk op koste van die eienaar/ontwikkelaar voorsien word. Hierdie voorwaarde is op onderverdelingstadium van toepassing; VULLISVERWYDERING dat die basiese vullisverwyderingstarief vir elke beboude perseel gehef word; dat die vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie op oggend van verwydering geplaas word; ALGEMEEN dat enige bestaande dienste wat die restant en die onderverdeelde gedeelte aan mekaar koppel, verskuif en/of ontkoppel word sodat elke erf se pypwerk op die betrokke erf geleë is;

7.14/(B5)... (e) 9 dat indien dit nodig sou wees om bestaande dienste op te gradeer ten einde die ontwikkeling van dienste te kan voorsien dit vir die koste van die ontwikkelaar sal wees; dat die wetlike sertifikaat wat oordrag van die onderverdeelde gedeelte magtig nie uitgereik sal word alvorens daar aan alle voorwaardes voldoen is nie; dat daar voorgestel word dat daar nie vaste kapitaalbydraes in hierdie geval gehef word nie, aangesien daar nie nuwe verbruikerseenhede met die onderverdeling tot stand kom nie; dat die applikant die reg het om appèl aan te teken teen die voorwaardes vervat in hierdie dokument; C Dat die aansoek vir die afwyking in terme van artikel 15(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word ten einde die 2m kantboulyn ten opsigte van die voorgestelde gedeelte A te verslap tot op 0m soos voorgestel op die goedgekeurde onderverdelingsplan; D Dat die aansoek vir die afwyking in terme van artikel 15(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word ten einde die 10m kantboulyn ten opsigte van die restant, te verslap tot op 0m soos voorgestel op die goedgekeurde onderverdelingsplan. 7.15 VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING VAN GEDEELTE 27 VAN PLAAS NO. 560, AFDELING MALMESBURY (15/3/3-15, 15/3/6-15) n Aansoek is ontvang vir die onderverdeling van gedeelte 27 van die plaas no. 560 (groot 542ha), Afdeling Malmesbury geleë direk oos van Yzerfontein in n restant (±534ha) en gedeelte A (±8ha). n Verdere aansoek is ontvang vir die hersonering en onderverdeling van gedeelte A, ten einde twee residensiële erwe en oopruimte te skep. A Dat die aansoek vir die onderverdeling van gedeelte 27 van die plaas no. 560 (groot 542ha), Afdeling Malmesbury geleë direk oos van Yzerfontein in n restant (±5542ha) en gedeelte A (±8ha), ingevolge artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word; B Dat die aansoek vir die hersonering van gedeelte A (±8ha) van gedeelte 27 van die plaas no 560, Afdeling Malmesbury vanaf landbousone I na onderskeidelik residensiële sone I (twee gedeeltes van ±0,25ha) en oopruimtesone III (±7,5ha), ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word; C Dat die aansoek vir die onderverdeling van gedeelte A (±8ha) in gedeelte 1 (±0,25ha residensiële sone I), gedeelte 2 (±0,25ha residensiële sone I) en gedeelte 3 (±7,5ha oopruimtesone III), ingevolge artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word; en D Dat die goedkeurings onder paragrawe A, B en C onderhewig is aan die volgende voorwaardes: D1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER dat die ontwikkeling van die nuutgeskepte erwe volgens die gewysigde omgewingsgoedkeuring gedateer 11 Maart 2014 met verwysing 16/3/1/5/F5/31/3022/13 gemerk E sal plaasvind; dat n 10m reg-van-weg serwituut op gedeelte 3 ten gunste van gedeeltes 1 en 2 geregistreer word; dat die eienaar/ontwikkelaar die oopruimte sone 3 gedeelte sodanig hanteer dat dit deel vorm van die groter bewaringskorridor; D2/...

7.15/... D2 D3 D4 D5 D6 (e) 10 WATER dat elke onderverdeelde gedeelte van n aparte aansluiting voorsien word. Hierdie voorwaarde is van toepassing op bouplanstadium; dat die bestaande waterverspreidingsnetwerk uitgebrei word ten einde die onderverdeelde gedeeltes van diensteaansluitings te kan voorsien. Hiervoor moet n ingenieur toepaslik geregistreer ingevolge die bepalings van Wet 46 van 2000, aangestel word; dat die ingenieur die uitbredings ontwerp en aan die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste vir goedkeuring voorlê; dat die uitbreidings aangebring word onder die toesig van die ingenieur; RIOOL dat elke onderverdeelde gedeelte van n aparte riooluitsuigtenk wat vir die dienstevragmotor toeganklik is voorsien word; VULLISVERWYDERING dat n basiese vullisverwyderingstarief vir elke perseel gehef word en waar meer as een wooneenheid op n perseel is vir elke wooneenheid; dat vullis in swart sakke op die naaste munisipale sypaadjie op die oggend van verwydering geplaas word; ELEKTRISITEIT dat elke onderverdeelde gedeelte van 'n afsonderlike elektriese aansluiting op koste van die eienaar/ontwikkelaar voorsien word; dat die elektriese aansluiting aan die bestaande mediumspanning netwerk gekoppel sal word en dat die vooraf goedgekeurde ontwerp, die konstruksie en toesig onderleiding van 'n raadgewende ingenieur sal geskied; dat die ontwikkelaar verantwoordelik is vir werklike kostes, wat behels die insny van 'n nuwe mini-substasie in die bestaande mediumspanning netwerk; KAPITAALBYDRAE dat die eienaar/ontwikkelaar kennis neem van die kapitaalbydrae wat gemaak moet word vir die grootmaat voorsiening van water wat bepaal is deur die Weskus Distrikmunisipaliteit teen R10 795,80 (BTW ingesluit) per kiloliter jaarlikse gemiddelde daaglikse aanvraag (R10 795,80/kl AADD). Hierdie kapitaalbydrae (totaal van R21 591,60) is betaalbaar aan Swartland Munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag is geldig vir die finansiële jaar van 2013/2014 en kan daarna hersien word en is betaalbaar teen posnommer 50-80-75-72-7990; dat die vaste kapitaalbydrae ten opsigte van grootmaatwaterdienste ten bedrae van R7 277,00 gemaak word aan hierdie munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag (totaal van R14 554,00) is betaalbaar teen posnommer 77-92-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2013/2014 en kan hierna hersien word; dat die vaste kapitaalbydrae ten opsigte van grootmaatriooldienste ten bedrae van R3 600,00 gemaak word aan hierdie munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag (totaal van R7 200,00) is betaalbaar teen posnommer 59-76-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2013/2014 en kan hierna hersien word; dat die vaste kapitaalbydrae ten opsigte van strate en stormwater ten bedrae van R5 363,00 gemaak word aan hierdie munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag (totaal van R10 726,00) is betaalbaar teen posnommer 71-82-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2013/2014 en kan hierna hersien word; dat die vaste kapitaalbydrae ten opsigte van elektrisiteit ten bedrae van R4 321,00 gemaak word aan hierdie munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag (totaal van R8 642,00) is betaalbaar teen posnommer 83-84-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2013/2014 en kan hierna hersien word;

7.15/... (f) D7 11 dat ingevolge die Raadsbesluit gedateer Mei 2013 daar n 50% korting is op die kapitaalbydraes van toepassing op Swartland Munisipaliteit. Hierdie korting is geldig vir die finansiële jaar van 2013/2014 en kan hierna hersien word; ALGEMEEN dat indien dit nodig sou wees om bestaande dienste op te gradeer ten einde die onderverdeelde gedeeltes van dienste te kan voorsien dit vir die koste van die ontwikkelaar sal wees; dat die wetlike sertifikaat wat oordrag van die onderverdeelde gedeeltes magtig nie uitgereik sal word alvorens daar aan alle voorwaardes voldoen is nie. 7.16 VOORGESTELDE HERSONERING VAN N GEDEELTE VAN ERF 10432, MALMESBURY (15/3/3-8) (WYK 9) n Aansoek is ontvang vir die hersonering van n gedeelte van erf 10432 (groot 133m²) vanaf enkelwoningsone na sakesone ten einde n gedeelte van die bestaande woonhuis op die perseel te kan aanwend as kantore. A Dat die aansoek om hersonering van n gedeelte van erf 10432 (groot 133m²), geleë te Vergenoegsingel, Malmesbury ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf enkelwoningsone na sakesone goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes: A1 A2 A3 A5 A6 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER dat bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; WATER dat daar van die bestaande wateraansluiting gebruik gemaak word en dat geen addisionele aansluitings voorsien sal word nie; RIOOL dat daar van die bestaande rioolaansluiting gebruik gemaak word en dat geen addisionele aansluitings voorsien sal word nie; VULLISVERWYDERING dat die basiese vullisverwyderingstarief vir die wooneenheid sowel as vir die besigheid gehef word en in die geval van die besigheid sal die tarief aangepas word namate die hoeveelheid vullis wat verwyder word; dat die vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie op oggend van verwydering geplaas word; ELEKTRISITEIT dat die Departement: Finansiële Dienste van Swartland Munisipaliteit in kennis gestel word om die nodige tarief bepaling doen. 7.17 VOORGESTELDE HERSONERING EN VERGUNNINGSGEBRUIK OP DIE PLAAS KLOOVENBURG NO 661, AFDELING MALMESBURY (15/3/3-15, 15/3/10-15) (WYK 12) n Aansoek is vanaf die eienaar van die plaas Kloovenburg ontvang om die nodige grondgebruiksregte te bekom vir die bedryf van die wynkelder en toeristefasiliteit ten einde n wynproe- en verkopelokaal te bedryf. In terme van die nuwe geïntegreerde soneringskemaregulasies wat 1 April 2014 in werking getree het is daar geen vergunningsgebruik verder nodig om n wynproe en wynverkope fasiliteit by n wynkelder te akkommodeer nie.

12 7.17/... A Dat die hersonering van n gedeelte van die plaas Kloovenburg no. 661 (±275m²), Afdeling Malmesbury, geleë direk wes van Riebeek Kasteel ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf landbousone I na landbousone II ten einde die bestaande wynkelder te wettig, goedgekeur word onderhewig aan die volgende voorwaardes: A1 (e) (f) A2 A3 A4 A5 A6 STADSBEPLANNING/BOUBEHEER dat die nodige bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; dat die nodige aansoek vir advertensietekens aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; dat die wynkelder tot die bouplatvorm (±275m²) van bestaande geboue soos voorgehou in hierdie aansoek beperk word; dat die wynproe- en verkopelokaal beperk word tot n grootte van ±120m² soos voorgehou in hierdie aansoek; dat ten minste 17 parkeerplekke voorsien word vir besoekers; dat die parkeerareas sodanig ontwerp word dat dit prakties uitvoerbaar is; WATER dat geen munisipale drinkwater beskikbaar is nie; RIOOL dat riooldienste slegs deur middel van n suigtenkvragmotor vir huishoudelike riool voorsien kan word; ESKOM dat indien die voorgestelde ontwikkeling veroorsaak dat enige Eskom dienste verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees; dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van n Eskom kraglyn verbode is; dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die perseel; VULLISVERWYDERING dat daar skriftelik by Swartland Munisipaliteit aansoek gedoen word indien gebruik gemaak gaan word van enige van die stortingsterreine binne die munisipale area; WESKUS DISTRIKMUNISIPALITEIT dat daar vir n geskiktheidsertifikaat vir die bedryf van die wynproe- en verkopelokaal aansoek gedoen word; dat voldoende toiletgeriewe vir beide geslagte op die perseel voorsien word; dat ander gesondheidsvereistes van tyd tot tyd gestel mag word. 7.18 VOORGESTELDE HERSONERING VAN N GEDEELTE VAN GEDEELTE 8 VAN DIE PLAAS LAMMERSHOEK NO 842, AFDELING MALMESBURY (15/3/3-15 (WYK 12) n Aansoek is ontvang om hersonering van gedeelte 8 van die plaas Lammershoek, no. 842 (±705m²), Afdeling Malmesbury, geleë ±9,5km suidoos van Malmesbury vanaf landbousone I na landbousone II ten einde die bestaande wynkelder uit te brei. A Dat die hersonering van n gedeelte van gedeelte 8 van die plaas Lammershoek no. 842 (±705m²), Afdeling Malmesbury, geleë ±9,5km suidoos van Malmesbury ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf landbousone I na landbousone II ten einde die bestaande wynkelder uit te brei, goedgekeur word onderhewig aan die volgende voorwaardes:

7.18/... A1 A2 A3 A4 A5 A6 13 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER dat die nodige bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; dat die nodige aansoek vir advertensietekens aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; dat die uitbreiding van die wynkelder tot die bouplatvorm (±705m²) soos voorgehou in hierdie aansoek beperk word; WATER dat geen munisipale drinkwater beskikbaar is nie; RIOOL dat riooldienste slegs deur middel van n suigtenkvragmotor voorsien kan word vir huishoudelike riool; ESKOM dat indien die voorgestelde ontwikkeling veroorsaak dat enige Eskom dienste verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees; dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van n Eskom kraglyn verbode is; dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die perseel; VULLISVERWYDERING dat daar skriftelik by Swartland Munisipaliteit aansoek gedoen word indien gebruik gemaak gaan word van enige van die stortingsterreine binne die munisipale area; WESKUS DISTRIKMUNISIPALITEIT dat daar aansoek gedoen word vir n geskiktheidsertifikaat; dat voldoende toiletgeriewe vir beide geslagte op die perseel voorsien word; dat die beskikking van afloopwater nie n oorlas veroorsaak nie; dat ander gesondheidsvereistes van tyd tot tyd gestel mag word. 7.19 VOORGESTELDE HERSONERING EN VERGUNNINGSGEBRUIK VAN N GEDEELTE VAN RESTANT PLAAS NO 1127, AFDELING MALMESBURY (WYKE 3 & 4) n Aansoek is ontvang vir die hersonering van n gedeelte van die restant plaas no. 1127 (±70m²), Afdeling Malmesbury, geleë ±12km wes vanaf Riebeek-Wes vanaf landbousone I na landbousone II ten einde olyfolie te produseer en te bottelleer, boutique wyne te maak en te bottelleer, asook om op n mikroskaal te distilleer. Aansoek word ook gedoen vir n toeristefasiliteit wat bestaan uit n proe- en verkopelokaal, konferensie/spanbou fasiliteit en n restaurant. A Dat die hersonering van n gedeelte van restant plaas no 1127 (±70m²), Afdeling Malmesbury, geleë ±12km wes vanaf Riebeek-Wes ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf landbousone I na landbousone II ten einde olyfolie te produseer en te bottelleer, boutique wyne te maak en te bottelleer, asook om op n mikroskaal te distilleer, goedgekeur word onderhewig aan die volgende voorwaardes: A1 STADSBEPLANNING/BOUBEHEER dat die nodige bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; dat die nodige aansoek vir advertensietekens aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste voorgelê word vir oorweging;

7.19/(A1)... A2 A3 A4 14 dat die landbounywerheidsaktiwiteite beperk word tot ±70m² soos in hierdie aansoek voorgehou; dat die nodige dranklisensies bekom word en n afskrif daarvan aan Swartland Munisipaliteit voorsien word vir rekorddoeleindes; WATER dat geen munisipale drinkwater beskikbaar is nie; RIOOL dat riooldienste slegs deur middel van n suigtenkvragmotor voorsien kan word vir huishoudelike riool; ESKOM dat indien die voorgestelde ontwikkeling veroorsaak dat enige Eskom dienste verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees; dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van n Eskom kraglyn verbode is; dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die perseel; A5 VULLISVERWYDERING (7) dat daar skriftelik by Swartland Munisipaliteit aansoek gedoen word indien gebruik gemaak gaan word van enige van die stortingsterreine binne die munisipale area; A6 WESKUS DISTRIKMUNISIPALITEIT dat daar aansoek gedoen word vir n geskiktheidsertifikaat vir die bedryf van die voedselperseel; dat die voedselperseel voldoen aan die volgende vereistes: (i) effektiewe ventilasie; (ii) alle binne oppervlakke van mure en vloere moet n gladde afwerking hê; (iii) opwasfasiliteite moet van warm en koue water voorsien wees; (iv) moet beskik oor n goedgekeurde afvalwaterbeskikkingstelsel; (v) sanitêre geriewe, insluitend handewasgeriewe moet beskikbaar wees; dat ander gesondheidsvereistes van tyd tot tyd gestel mag word; A7 (e) (f) DEPARTEMENT WATERWESE dat geen besoedeling van bo- of ondergrondse waterbronne mag plaasvind as gevolg van aktiwiteite op die perseel nie; dat maatreëls in plek geplaas word om te verhoed dat die ongemagtigde storting van bourommel plaasvind wat mag veroorsaak dat bogrondse en afloopwater besoedel word; dat geen onttrekking van bo- of ondergrondse water mag plaasvind sonder die goedkeuring van die Departement Waterwese, tensy dit n skedule 1 gebruik of bestaande wettige gebruik is; dat die Departement Waterwese adviseer teen die gebruik van sypelriool en septiesetenke siende die potensiële besoedeling van ondergrondse waterbronne; dat die Departement Waterwese adviseer dat n watergebruiklisensie verkry word alvorens die aktiwiteite van die landbounywerheid in aanvang neem; dat daar met soliede afval weggedoen word by n geregistreerde afvalbestuursfasiliteit en moet bestuur word volgens die voorskrifte van die toepaslike wetgewing; (g) dat alle voorskrifte van die Nasionale Water Wet, 1998 (Wet 36 van 1998) ten alle tye nagekom word; B Dat die aansoek vir n toeristefasiliteit wat n konferensie/spanbou fasiliteit en n restaurant ingevolge artikel 7, Hoofstuk 14.4.2 van die Swartland Munisipaliteit se soneringskemaregulasies van Ordonnansie 15 van 1985 ingesluit, goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:

7.19/(B)/... 15 dat die toeristefasiliteit beperk word soos voorgehou in hierdie aansoek; dat ten minste 24 parkeerplekke wat prakties werkbaar en duidelik gemerk is voorsien word; dat daar vir n handelslisensie by die Direkteur: Ontwikkelingsdienste aansoek gedoen word; dat die nodige dranklisensies bekom word en n afskrif daarvan aan Swartland Munisipaliteit vir rekorddoeleindes voorsien word. 7.20 VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING VAN GEDEELTE 27 VAN PLAAS NO 560, AFDELING MALMESBURY (15/3/3-15, 15/3/6-15) (WYK 5) n Aansoek is ontvang vir die onderverdeling van gedeelte 27 van die plaas no. 560 (groot 542ha), Afdeling Malmesbury geleë direk oos van Yzerfontein in n restant (±538ha) en gedeelte B (±4ha). Aansoek word verder gedoen vir die hersonering van gedeelte B (±4ha) van gedeelte 27 van die plaas no. 560, Afdeling Malmesbury vanaf landbousone I na onderskeidelik sakesone II en vervoersone II (pad) ten einde 3 sakepersele asook n toegangspad te skep. Aansoek word ook gedoen vir die onderverdeling van gedeelte B (±4ha) in gedeelte 1 (±1,27ha sakesone II), gedeelte 2 (±1,2ha sakesone II), gedeelte 3 (±1,2ha sakesone II) en gedeelte 4 (±0,33ha vervoersone II pad). A Dat die aansoek vir die onderverdeling van gedeelte 27 van die plaas no. 560 (groot 542ha), Afdeling Malmesbury geleë direk oos van Yzerfontein in n restant (±538ha) en gedeelte A (±4ha), ingevolge artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word; B Dat die aansoek vir die hersonering van gedeelte A (±4ha) van gedeelte 27 van die plaas no 560, Afdeling Malmesbury vanaf landbousone I na onderskeidelik sakesone II en vervoersone II (pad) ten einde 3 sakepersele asook n toegangspad te skep, ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word; C Dat die aansoek vir die onderverdeling van gedeelte A (±4ha) in gedeelte 1 (±1,27ha sakesone II), gedeelte 2 (±1,2ha sakesone II), gedeelte 3 (±1,2ha sakesone II) en gedeelte 4 (±0,33ha vervoersone II pad, ingevolge artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985, goedgekeur word; D Dat die goedkeurings onder paragrawe A, B en C onderhewig is aan die volgende voorwaardes: D1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER dat daar volgens die nuwe Swartland Munisipaliteit soneringskemaregulasies bevestig word dat die soneringskategorieë van gedeeltes 1, 2, 3 is sakesone I en gedeelte 4 is vervoersone II; dat die ontwikkeling op die nuutgeskepte sakepersele voldoen aan die parameters van die Swartland Munisipaliteit soneringskemaregulasies van Ordonnansie 15 van 1985; D2 WATER dat elke onderverdeelde gedeelte van n aparte aansluiting voorsien word. Hierdie voorwaarde is van toepassing op bouplanstadium; dat die bestaande waterverspreidingsnetwerk uitgebrei word ten einde die onderverdeelde gedeeltes van diensteaansluitings te kan voorsien. Hiervoor moet n ingenieur toepaslik geregistreer ingevolge die bepalings van Wet 46 van 2000, aangestel word; dat die ingenieur die uitbredings ontwerp en aan die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste voorlê vir goedkeuring; dat die uitbreidings aangebring word onder die toesig van die ingenieur;

7.20/... D3 D4 (e) D5 D6 16 RIOOL dat elke onderverdeelde gedeelte van n aparte riooluitsuigtenk wat vir die dienstevragmotor toeganklik is voorsien word; STRATE EN STORMWATER dat die interne straat gebou word sodat voorsiening gemaak word vir toekomstige ontwikkelings wat via hierdie pad toegang sal verkry; dat daar in die interim voorsiening vir die draaibeweging van diensvragmotors gemaak word. Hiervoor moet n ingenieur toepaslik geregistreer ingevolge die bepalings van Wet 46 van 2000, aangestel word; dat die ingenieur die ontwerp aan die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste vir goedkeuring voorlê; dat die konstruksie onder die toesig van die ingenieur plaasvind; dat die aansluiting van die interne pad by MR215 gebou word ooreenkomstig die voorwaardes van die Departement van Vervoer en Openbare Werke; VULLISVERWYDERING dat n basiese vullisverwyderings tarief vir elke besigheid gehef word en dat die tarief aangepas sal word namate die hoeveelheid vullis wat verwyder word; dat vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie op die oggend van verwydering geplaas word; dat indien hierdie munisipaliteit van mening is dat verwydering van vullis vanaf die sypaadjies nie haalbaar is nie, n wasbare geboude vullisarea met skoonwater toevoer en vuilwater afvoer na die riool geskep word. Die vullisarea moet ontoeganklik wees vir ongewenste elemente mens en dier, maar toeganklik vir vullisverwyderingspersoneel; ELEKTRISITEIT dat elke onderverdeelde gedeelte van 'n afsonderlike elektriese aansluiting op koste van die eienaar/ontwikkelaar voorsien word; dat die elektriese aansluiting aan bestaande mediumspanning netwerk gekoppel sal word en dat die vooraf goedgekeurde ontwerp, die konstruksie en toesig onderleiding van 'n raadgewende ingenieur sal geskied; D7 (e) DEPARTEMENT WATERWESE dat geen onttrekking van bo- of ondergrondse waterbronne mag plaasvind sonder goedkeuring van die Departement Waterwese, tensy dit n skedule 1 gebruik of n bestaande wettige gebruik is; dat geen ontwikkeling mag plaasvind binne die 1:100 vloedlyn of binne 500m van die grens van n vleiland nie. As dit onvoorkombaar is moet goedkeuring van die Departement Waterwese verkry word voordat die ontwikkeling in aanvang neem; dat geen bo- of ondergrondse waterbronne of stormwater besoedel mag word as gevolg van aktiwiteite op die perseel. In gevalle waar dit onvoorkombaar is moet die besoedelde water behandel word en weggedoen word by n geregistreerde fasiliteit; dat indien stormwater wat op die persele opgevang word besoedel is, moet dit behandel word alvorens dit die persele verlaat. Stormwater mag nie gemeng word met afvalwater nie en moet so van mekaar verwyder word; dat soliede afval bestuur en weggedoen moet word by n goedgekeurde soliede afvalfasiliteit wat voldoen aan al die wetgewing; (f) dat alle voorskrifte van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet 36 van 1998) ten alle tye nagekom word; D8/...

7.20/... D8 17 ALGEMEEN dat indien dit nodig sou wees om bestaande dienste op te gradeer ten einde die onderverdeelde gedeeltes van dienste te kan voorsien dit vir die koste van die ontwikkelaar sal wees; dat die wetlike sertifikaat wat oordrag van die onderverdeelde gedeeltes magtig nie uitgereik sal word alvorens daar aan alle voorwaardes voldoen is nie. 7.21 VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING OP ERF 775, ABBOTSDALE (15/3/3-1, 15/3/4-1) (WYK 7) Die Ou Apostoliese Kerk het erf 775, Abbotsdale in 2012 bekom met die doel om n kerk daar te vestig. Die erf is soneer as residensiële sone I, wat nie die bedryf van n kerk daarop magtig nie, en is die Kerk aanbeveel om n aansoek vir hersonering by die Raad in te dien. A Dat die aansoek om hersonering van erf 775 (groot 1200m²), Abbotsdale ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf residensiële sone I na institusionele sone II goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes: A1 A2 A3 A4 A5 A6 A7 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER dat bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word; WATER dat n enkele wateraansluiting vir die kerk voorsien word; RIOOL dat n enkele normale spoelrioolaansuiting vir die kerk gebruik word; STRATE EN STORMWATER dat die voorgestelde parkeerarea van n permanente stofvrye oppervlak voorsien word, hetsy teer, beton of plaveisel of enige materiaal vooraf deur Swartland Munisipaliteit goedgekeur; dat stormwater afgevoer word tot die naaste geskikte munisipale versamelpunt; VULLISVERWYDERING dat die basiese vullisverwyderingstarief vir die erf gehef word; dat die vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie op die oggend van verwydering geplaas word; ESKOM dat indien die voorgestelde aansoek veroorsaak dat enige Eskom dienste verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees; dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van n Eskom kraglyn verbode is; dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die perseel; ALGEMEEN dat indien dit nodig sou wees om enige dienste uit te brei ten einde die kerk van diensaansluitings te kan voorsien dit vir die koste van die aansoeker sal wees; dat die applikant die reg het om appèl aan te teken teen die voorwaardes vervat in hierdie dokument.

7.21/... B 18 Dat die aansoek om afwyking van die voorgeskrewe 10m boulyne van toepassing op die voorgestelde sonering na onderskeidelik, ±4.1m (suidelike grens), ±5m (oostelike grens), sowel as ±5m (noordelike grens) ingevolge artikel 15(1) van Ordonnasie 15 van 1985, goedgekeur word. (GET) T VAN ESSEN UITVOERENDE BURGEMEESTER