UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

HOëRSKOOL PORTERVILLE

BenguFarm Bestelvorm

Vinkie. Laerskool Fairland

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

Rut: n Liefdes Verhaal

Direkte en indirekte rede *

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Vinkie. Laerskool Fairland

Vinkie. Laerskool Fairland. In liefdevolle herinnering Louise le Roux 1 Februarie April 2015

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Mandala Madness Deel 2

Vinkie. Laerskool Fairland

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Vinkie. Laerskool Fairland

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Marketstraat 145, Fairland (011) /2 Jaargang 24 Nr November 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR. Mnr.

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Tariewe

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 22 nr Junie 2015

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is n honger hart

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Kos vir ons skoolkatte

Die jaar se kaskar was

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Hoe om krag te spaar

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

Volgende Kruiner Klets verskyn op 10 Oktober 2017.

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Geagte Ouers / Voogde en Florries

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Dialoog en paragrawe *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

UIT DIE HOOF SE KANTOOR BELANGRIKE DATUMS VAN DIE BEHEERLIGGAAM

WILGERLOOT TOKKIES KRY RAPPORTE

Kerssangdiens. SA Gemeente

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief Mei 2018

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

SIZA takes the sting out of auditing

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Sterdansers by Vensters.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Die Hoërskool DF Malan

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

die ArtKat Jaar program

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Transcription:

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 20 20 Julie 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR n Hartlike welkom aan een en elk. Mag die derde kwartaal vir almal n aangename ervaring wees. Personalia Baie welkom terug aan Klarike Fouché na haar bevallingsverlof. Dit is heerlik om jou weer terug te hê in ons midde! Baie welkom aan Thea Penberthy wat as assistent-opvoeder vir die gr. 2-klasse by ons aangesluit het. Ons wens is dat jy sommer baie gelukkig hier by ons sal wees. Ons dink aan Melissa Breedt en haar gesin wie se dogtertjie, Phoebe, baie ernstig siek is. Ons dink ook aan verskeie ander personeellede of hulle gesinslede wat tans behandeling ontvang. Julle bly in ons gebede. Oueraand Op Maandag 23 Julie is die oueraand vir die gr. R- (16:30-18:30) tot gr. 7-ouers (17:00 18:30). Na afloop van die oueraand word daar n praatjie oor die gevare van sosiale media aan ouers gelewer om 18:45. Ons wil n dringende beroep op ons ouers doen om die insiggewende praatjie asb. by te woon. Nuwe leerders Baie welkom aan die volgende leerders wat hierdie kwartaal by ons aangesluit het. Ons hoop dat jul baie gelukkig gaan wees hier by Laerskool Fairland: Kara Smith - Gr. 2 Reddfordhouse Amy-Lee Erasmus - Gr. 3 Laerskool Horison Olivia Olivier - Gr. 4 Tsumeb Gimnasium Jaco van der Westhuizen - Gr. 5 Laerskool Tinie Vorster Dewald Smith - Gr. 5 Reddfordhouse Rucindé Grisselle Ahlström - Gr. 5 Laerskool Orion Van die personeel Mnr. Willie, baie welkom terug. Ons glo u het baie lekker gerus. Ons wens u n aangename kwartaal toe en verseker u van ons volle samewerking en ondersteuning. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT ALGEMEEN 1 September Kaskardag 15 September VVF-funksie AKADEMIE 1 Augustus AMESA Wiskunde Olimpiade Finale ronde (Gr. 4- tot gr. 7-leerders) SPORT 7 11 Augustus Seniortennis: Bethlehemtoernooi KULTUUR 3 Augustus LFK Visuele Kuns ronde 3 7 27 September Laerskool Fairland Kunswedstryd

A wise man once said NOTHING! 2 REDAKSIE Ek wens partykeer dat n mens n rooi af -knoppie gehad het, want dan kon jy as jy voel dat jou tong onwillekeurig begin om daardie onbehoorlike of ongevraagde sinne te formuleer, bloot deur die regte knoppie te druk, ontslae raak van gemelde faux pas. Wat meer is, jy kan dieselfde doen met die tannie wat iets te sê het oor alles en almal onder die son. In Engels praat hulle van so n persoon as opinionated of noem hom/haar n busy body, maar in Afrikaans praat ons sommer van n snip of n beterweter. Hierdie mense kan die lewe van almal wat op n voortdurende basis met hulle te doene kry, in n totale rampgebied verander deur hulle voortdurende gekyf. Die spreekwoord lui ook dat n toe bek n heel bek is. Hoe versoen jy egter die goeie reg tot n opinie van jou eie met die stilbly-teorie? Dis ingewikkeld. Ek vermoed dat dit meestal te doene het met n instinktiewe wete van die grens wat jy nie moet oorsteek nie. Blykbaar het party mense se sogenaamde instink afgestomp geraak as gevolg van die aanhoudende dreuning van hulle eie stemme in hulle ore. Oefen dus om nie iets te sê, tensy jy gevra word vir jou opinie nie. As jy eers gaan inval met: Ek weet dit het nou niks met my te doen nie, maar, het jy klaar die stryd verloor.in hierdie geval moet jy juis NIE luister na die stemmetjie in jou ore nie, want dis waarskynlik jou eie! Die geheim lê bloot opgesluit in die gesigsuitdrukkings van jou gehoor. As hulle besig is om hulle oë vir jou te rol, iewers in die vêrte te staar, of skielik iemand te sien vir wie hulle dadelik iets MOET vertel, moet jy dalkies net jou tande ferm opmekaar plaas, jou lippe sluit en geen geluid verder uiter nie. Erika Beste Ouers VAN DIE BEHEERLIGGAAM Baie welkom terug. Alle sterkte vir die 2de gedeelte van die jaar wat reeds volstoom begin het. Ons doen graag kortliks verslag oor leerdergetalle en die 2017 finansiële state. Leerdergetalle Op datum hiervan is daar 1201 leerders in ons skool. Ons het 155 gr. R-2019 en 187 gr. 1-2019 inskrywings ontvang. Finansiële state Aan die hand van ons rotasie-beleid, is Watermanns, Pretoria as ons nuwe ouditeure aangestel. Die geouditeerde finansiële state vir 2017 is voltooi en by die GDO ingehandig. Ons nooi u uit om n afspraak met mnr. Willie te maak indien u die state wil kom besigtig. Dit gaan steeds goed met die skool se finansies en ons is dankbaar dat die 2 groot bouprojekte binne die begroting afgehandel is. Johan Kilian Voorsitter: Beheerliggaam SOSIALE MEDIA Sosiale media vernietig gesinne, want daar word hopeloos te veel tyd aan klets op selfone spandeer lieweras om oor kosbare gesinstyd te bekommer. Dit beïnvloed ook ander velde soos akademie. Ons kan na dit verwys as n dwelm, want dit is verslawend en tydrowend. Dit is duidelik dat sosiale netwerke baie voordelige en nadelige aspekte het, maar as dit reg bestuur word deur ouers en met selfbeheersing, sal die voordelige aspekte baie duideliker wees. Die beheerliggaam en skoolbestuur van Laerskool Fairland besef die erns van die gevare en risiko s van sosiale mediagebruik en het daarom die volgende aksie geloods:

- Op Maandag 23 Julie 2018 word n praatjie deur Carla de Beer gedurende skoolure vanaf 08:30 tot 09:30 vir alle gr. 5- tot gr. 7-leerders in die saal aangebied. Dit is n gevorderde gesprek wat spesifiek gerig is op die ontwikkelingsvlakke van 11- tot 13-jarige leerders. 3 - Op Maandag 23 Julie 2018 word n praatjie om 18:45 in die saal aangebied deur Emma Sadleir, internasionaal-erkende kenner op die gebied van sosiale mediareg, vir ALLE ouers en volwassenes. Dit word direk na die oueraand aangebied en daar sal toesig wees en toepaslike DVD s vir die kinders in klaskamers gewys word vir die volle duur van die aanbieding. Ons doen n ernstige beroep op ons ouers om hierdie datum in u dagboek aan te teken en die aanbieding by te woon. Hierdie geleentheid moet benut word tot voordeel van elke ouer en kind. Ebbe le Roux Adjunkhoof VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeellid wat in die komende week verjaar: Melissa Breedt - 22 Julie Mag dit vir jou n wonderlike geseënde en voorspoedige lewensjaar wees. AKADEMIE Toetsrooster Derde Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Vr. 3 Augustus Wiskunde Afrikaans Engels Afrikaans Wo. 8 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels Vr. 17 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde Di. 24 Augustus Vr. 31 Augustus NW NW NW NW Vr. 7 September SW SW SW SW Di. 11 September KULTUUR LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD Tegnologie EBW Belangrike inligting aangaande LFK-inskrywings Alle belangstellende leerders moet asb. vanaf einde volgende week begin kyk vir die inskrywingsvorms en prospektusse vir die Uitvoerende Kuns (LFK). Die inskrywings vir drama, sang, instrumentaal, dans en revue, geskied elektronies en sal op die School Communicator geplaas word. Sluitingsdatum: 10 Augustus 2018

4 REDENAARS LFK- Redenaars Ronde 3: Datum gaan verander en sal bekend gemaak word! LFK VISUELE KUNS LFK- Visuele Kuns Ronde 3: Vrydag 3 Augustus DANS Alle dansklasse sal weer vanaf volgende week voortgaan. Maandae: 14:00-14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30-15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 16:00 (gr. 5 gr. 7) DRAMA Donderdae: 15:00-15:45 ( gr. 3) 15:45-16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45-17:45 ( gr. 6 en gr. 7) Junior- en seniorkoor SENIOR- en JUNIORKOOR Welkom terug na n welverdiende blaaskans. Ons hoop elkeen het goed uitgerus en is weer gereed vir n kwartaal vol opwinding en musiek. Die belangrike datums vir die kwartaal is soos volg: 24 Julie Musiekfees, Foyer Produksies (SLEGS Juniorkoor) 31 Julie Koorfees, NG Weltevredenpark 03 Augustus Con Spirito Koorfees, Hoërskool Florida 14 Augustus MegaFest 18, 25 September Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK) Teken asseblief die volgende datums aan in u dagboek. Ons sien uit na n opwindende nuwe kwartaal waar ons die harde werk van die eerste twee kwartale kan ten toon stel. Belangrike datums REVUE 21 Julie 09:00 13:00 (danswerkswinkel saal) 23 Julie 16:00 17:00 juniors (oefening vind in aktiwiteitsentrum plaas onderste gedeelte van lapa) 17:00 18:00 seniors (oefening vind in aktiwiteitsentrum plaas onderste gedeelte van lapa) 4 Augustus 09:00 16:00 (danswerkswinkel saal) 8 September 09:00 16:00 (danswerkswinkel saal) Oefentye Maandae - SANG [aanleer van musiek] 16:00 17:00 juniors en 17:00 18:00 seniors SPORT RUGBY Die afgelope vakansie het Malan Graham, Tiaan le Roux (Goue Leeus A-span) en JP Reichel (Goue Leeus Vyftiental) aan die o/12 mini-crawenweek te Hoërskool Pioneer in Vryheid deelgeneem het. Hulle het Laerskool Fairland se naam hoog gehou.

5 NETBAL Nicola Nel het ook die afgelope vakansie vir die Gauteng o/12a-span wedstryde gespeel. Hierdie span eindig algeheel 8ste uit 22 deelnemende spanne van die 9 provinsies. HOKKIE Belangrike datums: Hokkie-aandreeks: 1 Augustus Hokkie-oefentye (3 de Kwartaal): Dogters Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE o/9 14:10-15:10 13:40-14:40 13:40-14:40 o/10 & o/11 14:15-15:25 13:40 14:55 13:40 14:55 o/12 & o/13 15:10 16:25 14:40-15:55 14:40-15:55 Wedstryddae: Dinsdae Maandae: Let wel: Senior-dogterspanne oefen by Northcliff High se astrobane (vanaf 23 Julie tot 24 September). Die spanne wat by Northcliff High se astrobane gaan oefen, sal voor die tyd ingelig word. Hokkie-oefentye (3 de Kwartaal): Seuns Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE Ontwikkeling 14:10-15:10 13:30-14:30 Geen oefening Geen oefening Juniorseuns Geen oefening 13:30-14:30 Geen oefening 14:10-15:10 Seniorseuns 15:30-16:30 Geen oefening 14:40 15:40 14:10-15:10 Wedstryddae: Vrydae Maandae: Seniorseuns oefen by Northcliff High se astrobane (vanaf 23 Julie tot 24 September). MINI-HOKKIE Belangrike datums: Mini-hokkietoernooi 30 Augustus; 6 September Oefentye: (vanaf 23 Julie) Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE o/7 & o/8 13:40-14:15 13:10-13:45 13:10-13:45 Belangrike datums: KRIEKET Vriendskaplike wedstryde (Laerskool Randhart) (w) 24 Julie o/9- en o/11-spanne 25 Julie o/10- en 2de spanne 26 Julie o/8- en 1ste spanne Oefentye: (3de en 4de kwartaal) Maandae: 14:10-15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45-15:15 Wedstryddae vir opkomende liga (vanaf 13 Augustus): Maandae Dinsdae Woensdae Donderdae Oopspanne o/9a- en B-spanne asook o/8-hardebalspan o/10a- en B-spanne o/11a- en B-spanne

6 MINI-KRIEKET Krieketvaardighede (o/7 en o/8): (Begin 23 Julie tot en met begin van mini-krieketseisoen) Oefentye: Maandae : 13:30-14:10 Dinsdae : 13:00-13:40 o/6 - Gr. R Oefentye: SLEGS VANAF 4 de KWARTAAL Dinsdae en Woensdae: 13:10-14:10 SKAAK Oefentye Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30-14:20 Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00-15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00-16:30 EN/OF Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00-14:00 LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon. Seniortennis TENNIS Belangrike datums: 7 11 Augustus Bethlehemtoernooi Juniortennis (Voorlopige bepalings vir die liga) 31 Julie Seuns A vs Bye Seuns B vs Louw Geldenhuys (weg) 1 Augustus Dogters A vs Unika (weg) Dogters B vs Trinity Randpark (weg) 7 Augustus Seuns A vs Fontainebleau (tuis) Seuns B vs Bye 8 Augustus Dogters A vs Bye Dogters B vs Bryneven (weg) 14 Augustus Seuns A vs Bryandale (weg) Seuns B vs Crawford Lonehill (tuis) 15 Augustus Dogters A vs Crawford Sandton (weg) Dogters B vs Unika (tuis) 21 Augustus Seuns A vs Crawford Sandton (weg) Seuns B vs Trinity Randpark (tuis) 22 Augustus Dogters A vs BPMS (weg) Dogters B vs Bryandale (weg) 28 Augustus Seuns A vs Kind David Sandton (tuis) Seuns B vs Bryandale (tuis) 29 Augustus Dogters A vs Trinity Randpark (tuis) * Dogters B vs Louw Geldenhuys (tuis) * 4 September Seuns A vs Trinity Randpark (tuis) Seuns B vs Bryneven (weg) 5 September Dogters A vs Bryandale (tuis) Dogtes B vs Crawford Sandton (weg) 11 September Seuns A vs Louw Geldenhuys (weg) Seuns B vs Unika (tuis) 12 September Dogters A vs Louw Geldenhuys (weg) Dogters B vs Bye n Bye beteken dat die spesifieke span nie daardie week n wedstryd speel nie. Oefentye Senior A-spanne Ma. 23 Jul. 07:00 08:00 Jean Do.2 Aug. 06:30 07:30 Ruan Do. 16 Aug. 06:30 07:30 Ruan Do. 23 Aug. 06:30 07:30 Ruan Di. 28 Aug. 06:30 07:30 Jean Ma. 3 Sept. 07:00 08:00 Jean Do. 13 Sept. 06:30 07:30 Ruan Do. 20 Sept. 06:30 07:30 Ruan

Senior B-spanne 7 Do. 26 Jul. 06:30 07:30 Ruan Di. 31 Jul. 06:30 07:30 Jean Di. 14 Aug. 06:30 07:30 Jean Ma. 20 Aug. 07:00 08:00 Jean Do. 30 Aug. 06:30 07:30 Ruan Do. 6 Sept. 06:30 07:30 Ruan Di. 11 Sept. 06:30 07:30 Jean Ma. 17 Sept. 07:00 08:00 Jean Almal wat Bethlehem toe gaan Ma. 6 Aug. Juniorseuns 07:00 08:00 Jean Di. 24 Jul. 06:30 07:30 Philip Wo.1 Aug. 06:30 07:30 Lizahn Di. 7 Aug. 06:30 07:30 Philip Ma. 13 Aug. 07:00 08:00 Philip Wo. 22 Aug. 06:30 07:30 Charne Wo. 29 Aug. 06:30 07:30 Lizahn Di. 4 Sept. 06:30 07:30 Philip Ma. 10 Sept. 07:00 08:00 Philip Wo. 19 Sept. 06:30 07:30 Charne Juniordogters Wo. 25 Jul. 06:30 07:30 Charne Ma. 30 Jul. 07:00 08:00 Philip Wo. 8 Aug. 06:30 07:30 Charne Wo. 15 Aug. 06:30 07:30 Lizahn Di. 21 Aug. 06:30 07:30 Philip Ma. 27 Aug. 07:00 08:00 Philip Wo. 5 Sept. 06:30 07:30 Charne Wo. 12 Sept. 06:30 07:30 Lizahn Di. 18 Sept. 06:30 07:30 Philip LANDLOOP Oefentye: Maandae Donderdae 15:45 17:00 (verpligtend) Voorlopige datums vir landloopbyeenkomste 3de kwartaal 26 Julie; 2 Augustus; 7 Augustus; 14 Augustus en 18 Augustus. Die plek waar dit gaan plaasvind, sal op n latere stadium bekend gemaak word. VERE-KAS-TYE: ALGEMEEN MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit Kontak vir Thea Kilian (theakilian@vodamail.co.za) / Debbé Potgieter (debspot@mweb.co.za) vir enige navrae in verband met die Vere-kas. STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/14: Kegan Schoeman Gr. 1/22: Wian Coetsee Gr. 1/24: LJ Louw Gr. 1/25: Ulrich van der Merwe Gr. 1/26: Kaywin de Bruin Gr. 1/27: Marcel Ferreira Gr. 2/15: Leandi van Rensburg Gr. 2/16: Anrich Campher Gr. 2/17: Megan Kleynhans Gr. 2/18: Vian Oelofse Gr. 2/21: Aidan Fick Gr. 2/23: Juan Botha Gr. 3/12: De Wet le Roux Gr. 3/13: Lee-Anay Louw Gr. 3/28: Kiara Nel Gr. 3/29: Maya Adendorf Gr. 3/45: Steph Niemand Gr. 3/46: Bridgetta Kleynhans

KASKARDAG SA. 1 SEPTEMBER 2018 Teken asb. hierdie datum in u dagboeke aan! Voorlopige verkorte program Optog gr. R- tot gr. 7-leerders om 10:00 Kaskarwedrenne vir gr. R- tot gr. 7-leerders vanaf 10:30 14:30, oueronderwyser-resies van 14:30-15:00 Gaskunstenaar vanaf 15:00 16:00 Opwindende vermaak vir alle kleuters, gr. R- en gr. 1-leerders Gladiatorbane vir gr. 2- tot gr. 7-leerders Braaivleisvure KOM KUIER SAAM! 8 SENIOR DOGTERS SE KLEEDKAMERS LYK ALTE SPOGGERIG! n Opregte woord van dank aan Theresa Coetzer en die span van Granny B wat die seniordogters se kleedkamers so spoggerig verfraai het. Dit lyk voorwaar pragtig en ons dogters geniet die bederf terdeë en onderneem om dit baie mooi op te pas! Ondersteun gerus vir Granny B, hul advertensie verskyn elders in die Vinkie. BAIE DANKIE n Opregte woord van dank aan al die leerders, ouers en ook juffrou Marelize van gr. 1/25 wat my so verskriklik baie bederf het vir my verjaarsdag! Julle is voorwaar n besonderse groep en ek het baie spesiaal gevoel. Juf. Marilet DANS AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND Kiara Prall (gr. 7/01) het op Saterdag 14 Julie aan die St. Benedicts Highland Danskompetisie deelgeneem. Sy het 2 silwermedaljes verower. Sy verwerf ook Gautengkleure vir Highland Dancing en word gekies om haar provinsie op Sondag 29 Julie by die interprovinsiale Highland Danskompetisie in Fourways te verteenwoordig. Baie geluk, Kiara!

9 ADVERTENSIES RESONANZE MUSIEKSKOOL "MUSIEKLESSE te kies en te keur vir elke tipe musikant-in-wording! Skryf nou in vir sang, kitaar, drom, viool, klavier en marimbas. Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351 7491, info@musicteach.co.za".

10 Col Cacchio, L Corro Sentrum

11

12

13 DEURE TE KOOP Met die veranderinge van die ou kantoorblok na klaskamers, is hierdie stel deure nou oortollig en wil die skool dit graag verkoop. Enige iemand wat belangstel kan n aanbod daarop maak en dit in n toegeplakte koevert by Karén Reyneke in die kantoor inhandig. Indien u die deure wil besigtig, stuur asb. n e-pos aan karen@lsfairland.co.za. Sluitingsdatum: 27 Julie om 12:00