HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die Hoërskool DF Malan

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Rut: n Liefdes Verhaal

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

Spelling our way to a lot of prizes

Die jaar se kaskar was

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2

Tariewe

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

Sterdansers by Vensters.

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

SIZA takes the sting out of auditing

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Kerssangdiens. SA Gemeente

CONGRATULATIONS to the following Malherbiete and their parents:

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Vinkie. Laerskool Fairland

14/2016 Schalk Reynders HOOF

Government Gazette Staatskoerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Laerskool Gene Louw Primary

Vinkie. Laerskool Fairland

Kos vir ons skoolkatte

Ons verwelkom ook vir Mev. Prinsloo na haar bevallingsverlof en is saam met haar dankbaar dat alles goed verloop het.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Interskole: waar kan ons verbeter?

Tariewe

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Finansies / Finances

Stellenberg IN THIS ISSUE TIE. Oklahoma! Krieket. SRC 2019, p. 13. Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Edgehog

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

die ArtKat Jaar program

Laerskool KENRIDGE Primary School

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Transcription:

HOËRSKOOL DURBANVILLE SEDERT 1827 UITGAWE 8/2018 Uit die Kantoor Geagte ouers Die afgelope paar weke was weer vol aktiwiteite. Die sportseisoen is vir die meeste spanne op n einde dit is nog net hier en daar n wedstryd wat afgehandel moet word, n paar sewestoernooie en dan die finale van die netbal. Ons Interskole met Stellenberg was ook vol hoogtepunte dit is altyd lekker om teen hulle te kompeteer die kompetisie is hewig, maar altyd regverdig. Ek dink al ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Ons eerste netbalspan was weer eens op hulle allerbeste; en dan is hulle bitter goed. Baie dankie vir u ondersteuning die afgelope seisoen. Dit was altyd lekker om u langs die velde en bane te sien. Dankie ook aan al die afrigters, organiseerders en spanbestuurders vir al die oefensessies, die toere, die naweke en vakansies wat u moes opoffer. Ons weet dat die spelers dit baie waardeer. Ons toneelspan is nog fluks aan die gang baie sterkte vir julle met die seisoen wat nou vinnig sy hoogtepunt nader. Nog iets wat vinnig nader skuif is die matrieks se eksamens beide is net om die draai. Voorspoed aan elke matrikulant vir die harde werk wat voorlê. Voorspoed ook aan al ons matrikulantouers vir die veterane onder u en vir die nuwelinge dit bly maar senutergend. Voorspoed ook met die reëlings vir die matriekafskeid. Die skool gaan dit werklik iets besonders maak. Matriekouers gaan belangrike stukke rondom die matrieks se laaste dag en die finale eksamen saam met die rapporte ontvang. Maak asseblief seker dat u dit onder oë kry en deeglik bestudeer. Dan is ons aan die einde van die jaar weer n nasiensentrum. Dit beteken dat ons eksamen noodgedwonge heelwat vroeër as die res van die skole in die omgewing gaan begin. Ons het vandag begin werk aan die eksamenrooster en sodra alles gefinaliseer is en finaal deur die WKOD afgeteken is, sal ons u op die hoogte hou van die datums. Maak maar gerus gereed vir n baie kort vierde kwartaal. Ons is bewus van sg after parties wat van tyd tot tyd gehou word na groot geleenthede. Ek wil net graag weer die volgende onder almal se aandag bring. Die Hoërskool Durbanville, as instelling, is nie betrokke by die reël van enige sg. after party nie. Ons wil ook nie ons goedkeuring vir die bywoning van sulke partytjies deur leerders van ons skool gee nie. INHOUD 2 2 2 2 3 3 3 4 6 6 6 7 8 8 8 11 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD DURBIES HOKKIE PRESTEER DURBIES VAAR GOED BY SA TOPSKOLE NETBAL DURBIES SPEEL 50 1STE HOKKIESPAN WEDSTRYDE DURBIE AANGEWYS AS WP SKUT VAN DIE JAAR DURBIES VAAR GOED BY SPUR #4 MTB BYEENKOMS DURBIESTONEEL PRESTEER BY FRASERBURG DURBIES LANDLOOP PRESTEER OUD-DURBIES VEREER BY SILWERSKERMFEES INTERSKOLE DURBIES GEE OM DURBIES ONDERSTEUNERS- DRAG BESKIKBAAR C2M RAAK BETROKKE SPORTUITSLAE Ouers het egter die volste reg en kan self besluit of hulle hulle kinders gaan toelaat om na sulke geleenthede te gaan. In laasgenoemde gevalle is dit belangrik om daarop te let dat die partytjiegangers as private individue en met hulle ouers se toestemming na sulke funksies gaan en nie die Hoërskool Durbanville op enige manier verteenwoordig nie. Groete tot volgende keer. Groete G.L. Germishuys SKOOLHOOF Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za 1

DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE Durbies presteer met syfers. Gegrond op die uitslae van die UCT Wiskunde Kompetisie en die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade is die volgende leerders verkies wat die Boland by hierdie jaar se Suid-Afrikaanse Wiskundespan Kompetisie (SAMTC) gaan verteenwoordig: Liam Slabbert, Masson Joubert en Juan Barnard. DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD #DurbiesOrkes Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. #DurbiesAkademie Ons Durbies orkeste het weer soos oudergewoonte puik presteer by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod. Ons saxofoon- en klarinetensembles het Hoogste Lof ontvang. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! DURBIES HOKKIE PRESTEER DURBIES PRESTEER BY VASVRA #DurbiesHokkie Die Hoërskool Durbanville het op Donderdag 16 Augustus 2018 aan die jaarlikse SAIIA Quiz by Bishops, in Kaapstad deelgeneem. Baie geluk aan Esna Bouwer, Stephan Carstens, Abraham Smuts en Nellie Slabbert vir n opwindende aand. Ons Seunshokkie-spanne het vanjaar gesorg vir mooi aanskoulike hokkie en het goed gevaar in die WP liga. Baie geluk aan ons Durbie-afrigters, spelers en getroue Durbie-ondersteuners met vanjaar se uitslae. Ons Durbies presteer as volg: SEUNSHOKKIE Eerstespan - 2de o16a - 3de o14a - 1ste #Durbies Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za 2

DURBIES VAAR GOED BY SA TOPSKOLE NETBAL Ons Durbies o15a Netbalspan het die Wes-Kaap verteenwoordig by die SA Topskole Netbaltoernooi. Ons Durbies het as volg gevaar: #DurbiesNetbal vs Diamantveld wen 13-4 vs Cambridge wen 18-8 vs Helpmekaar verloor 15-17 vs Ben Vorster verloor 13-14 vs Sentraal verloor 7-12 vs Crawford wen 16-13 vs Pietersburg verloor 7-12 vs Upington wen 16-13 Die wedstryde was almal baie naby en die resultaat kon baie maklik in ons guns gegaan het. Ons verloor nooit, maar leer wel uit al ons wedstryde. Ons sien reeds daarna uit om volgende beter te presteer by hierdie nasionale netbaltoernooi. DURBIES SPEEL 50 1STE HOKKIESPAN WEDSTRYDE Baie geluk aan ons Durbies wat vanjaar hul 50ste hokkiewedstryd vir die Eerste Dogtershokkiespan van die Hoërskool Durbanville gespeel het. Die dogters wat hierdie mylpaal behaal het: Jessie Brink Mia de Villiers Karla Kilian Elouise Koegelenberg Monica Stander Izaan de Wet (afwesig) Baie geluk Durbies met hierdie pragtige prestasie en dankie vir die voetspore wat julle laat in Durbanville Hokkie, ons is trots op julle. #DurbiesHokkie DURBIE AANGEWYS AS WP SKUT VAN DIE JAAR Zandré Hansen word aangewys as die WP Luggeweerskiet se Skut van die jaar vir 2018. Zandré het op 24 & 25 Augustus 2018 aan die SAARA Westelike Provinsie Luggeweerskiet Kampioenskappe en as volg presteer: - 10m Sporter Mans o14 Goue Medalje - 10 m 3P Sporter Mans o14 Goue Medalje - Westelike Provinsie 3P 10m Sporter (Mans) Skut van die jaar 2018 UITGAWE 8/2018 #TrotsDurbanville 3 Zandré het na afloop van die provinsiale kampioenskappe sy WP kleure ontvang en is verkies tot die span wat die WP sal verteenwoordig by die SAARA Nasionale Kampioenskappe in Durban gedurende die Oktober skolevakansie. Baie geluk Zandré, ons is trots op jou! #DurbiesSport Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

DURBIES VAAR GOED BY SPUR #4 MTB BYEENKOMS #DurbiesMTB Durbies vaar goed in die SPUR MTB (Bergfiets) Skoleliga. Die Durbies het ongelukkig n paar laat onttrekkings gehad voor die SPUR #3 byeenkoms by Bloemendal gehad, maar steeds skaflik gevaar en net 1 plek afgeskuif na algeheel 5de in die reeks. Die Durbies het wel by die SPUR #4 byeenkoms by Montana opgemaak en hul 4de plek teruggeneem by DF Malan, wat dubbel die hoeveelheid ryers het. Ons Durbie het as volg presteer: JUNIOR MEN YOUTH MEN Wilhbert von Ludwig 10de Phillip Kotze 4de Johan Kruger 13de Pierre le Roux 11de Gerrit Woudstra 31ste Christiaan Human 16de Hilton Barnard 32ste Barend de Preez 23ste SUB JUNIOR BOYS Roché Malherbe 2de Callaghan Human Lachlan Mundie 35ste 45ste Charl van der Merwe Arno Geyser 25ste 35ste YOUTH GIRLS Danielle Barnard 2de Mari Kotze 6de Durbies MTB spog steeds met twee voorlopers in hul kategorieë. Baie geluk Danielle Barnard en Roché Malherbe wat die voorlopers in hul onderskeie kategorieë is. Met nog net een byeenkoms oor, is die kanse goed dat die Hoërskool Durbanville, in slegs sy eerste jaar as amptelike skoolsport, kan kwalifiseer vir die SA kampioenskappe in Magaliesburg. Dankie aan ons borge en Durbie-ondersteuners wat dit vir ons moontlik maak, ons waardeer julle insette en bydraes. Geluk Durbies, ons is trots op julle. Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za 4

DURBIES ADS UITGAWE 8/2018 #TrotsDurbanville 5 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

DURBIESTONEEL PRESTEER BY FRASERBURG #TrotsDurbanville Die Durbies se Tienertoneelstuk 90/10 presteer by Fraserburg Toneelfees. Die Durbies se toneelstuk 90/10 verwerf goud vir alle afdelings en almal in die stuk. Die Durbies wen: - beste teks - beste aktrise (Alexa as Lea) - beste ondersteunende akteur (Trompie as Armand) - beste ondersteunende aktrise (Jeanrie as Aletta) - genomineer vir beste regie & produksie Baie geluk aan al ons Durbies sowel as die Toneelspan, ons is trots op julle. OUD-DURBIES VEREER BY SILWERSKERMFEES Oud-Durbie, Cindy Swanepoel is onlangs aangewys as beste aktrise in n kortfilm by die Silwerskermfees 2018. Nog n Oud-Durbie, Jaak Erasmus se kortfilm Oorgang, is vanjaar by verskeie filmfeeste genomineer en so ook by vanjaar se Silwerskermfees 2018. Baie geluk Cindy en Jaak, ons is trots op julle. #DurbiesTienertoneel DURBIES LANDLOOP PRESTEER Baie geluk aan ons Durbies wat gekwalifiseer het om aan die WP- Kampioenskappe deel te neem. Ons Durbies wen brons in die o14 afdeling en silwer in die o17 spanafdeling. Baie geluk aan al ons deelnemers, ons is trots op julle. #DurbiesLandloop Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za 6

INTERSKOLE UITGAWE 8/2018 #TrotsDurbanville 7 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

DURBIES GEE OM C2M RAAK BETROKKE DURBIES ONDERSTEUNERSDRAG BESKIKBAAR C2M Chartered Accountants Inc. gooi hulle gewig behoorlik in by Hoërskool Durbanville. C2M, een van die trotse borge van Hoërskool Durbanville het n projek geloods waar hardwerkende, behoeftige leerders die geleentheid gebied word om by Hoërskool Dur-banville skool te gaan. Om by te dra tot hierdie projek, gaan laai die gratis applikasie af vanaf die Apple App Store of Google Play. Soek met die sleutelwoord C2M. Vir elke applikasie wat afgelaai word, sal C2M R50 bydra tot hierdie projek. Ons waardeer C2M Chartered Accountants Inc se bydraes tot ons skool en ons skolegemeenskap en vra dat ouers hierdie inisiatief sal onder-steun, siende dat dit gratis is. #DurbiesGeeOm Durbies gee om vir die gemeenskap. Ons graad 10 s het weer dierekos ingesamel vir die FAW (Fisantekraal Animal Welfare). Hier is FAW verteenwoordiger en Oud-Durbie-ouer, Mev. Belinda van Tonder saam met van ons graad 10 s wat gehelp het met die insameling. Baie dankie aan al die Durbies, wat bygedra het tot die projek. Die Durbie Ondersteunersdrag-projek word saam met Laer-skool Durbanville gedryf om te verseker dat ons Durbie-ondersteuners eenvormig kan ondersteun langs die velde en bane. Bestelvorms is beskikbaar op die d6 Connect en op die Facebook blad. Maak seker om betyds u bestelling te plaas. Die ondersteunersdrag sal in die Durbanville Klerewinkel beskikbaar wees. Pryse van ondersteunersdrag: Kep R100.00 Hemp R260.00 Baadjie R560.00 Hoodie R 465.00 Moulose puffer baadjie R599.00 Puffer baadjie R999.00 Ondersteun asb. hierdie insisiatief en ondersteun ons Durbies met trots langs die bane en velde. #Durbies 8

DURBIES ADS Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maatskappy te neem langs die hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld. Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport. Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188. #Durbies WOOLWORTHS MY SCHOOL- & MAKRO KAARTE Raak betrokke en maak n verskil. Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur-banville kan sonder veel moeite, deurlopend bydra tot die skool. #Durbies Deur die implimentering van hierdie projekte, word n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban-ville die begunstigde te maak op u Woolworths My School kaart sowel as u Makro kaart. Indien u nog nie n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188. The Small Acorn Learner assistance / Tutor with proven results Personal step-by-step Tutorial Exam Preparation Testing (in a nutshell: you CAN be proud of your marks) 076 834 63 65 thesmallacorn@gmail.com 7 Chelmsford Pinehurst Make an appointment 9

DURBIES ADS UITGAWE 8/2018 #TrotsDurbanville 10 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

SPORTUITSLAE VS Outeniqua: Saterdag 04 Augustus 2018 RUGBY DOGTERSHOKKIE o.19 A verloor 13 47 o.19 B verloor 19 37 o.19 C wen 28 5 o.19 D vs Paul Roos G verloor 7 8 o.16 A verloor 3 62 o.16 B verloor 5 38 o.15 A wen 22 13 o.15 B wen 7 5 o.15 C vs Paul Roos E wen 46 7 o.14 A wen 33 17 o.14 B wen 19 7 o.14 C vs Paul Roos E verloor 7 26 NETBAL o.18 A Wen 24-16 o.18 B verloor 15-20 o.17 A Wen 22-12 o.17 B Verloor 11-17 o.17 C Verloor 7-15 o.16 A Wen 25-14 o.16 B verloor 13-15 o.16 C Wen 13-6 o.16 D Wen 22-4 o.15 A Wen 26-11 o.15 B Wen 21-15 o.15 C verloor 11-16 o.15 D verloor 4-16 o.14 A Wen 33-9 o.14 B Wen 27-14 o.14 C Wen 16-13 o.14 D Wen 15-13 o.14 E Wen 12-3 o.19 A Verloor 0-1 o.19 B Verloor 0-3 o.19 C Verloor 0-5 o.16 A Wen 1-0 o.16 B Verloor 1-2 o.16 C Verloor 1-7 o.14 A Gelykop 2-2 o.14 B Verloor 0-1 SEUNSHOKKIE o.19 A Verloor 0-3 o.19 B Verloor 0-3 o.16 A Verloor 0-3 o.16 B Verloor 0-2 o.14 A Wen 3-0 o.14 B Verloor 0-1 VS Tygerberg: Dinsdag 07 Augustus 2018 NETBAL: Dinsdag 07 Augustus 2018 o.18 A Wen 48-17 o.18 B Wen 22-16 o.17 A Wen 34-9 o.17 B Verloor 11-17 o.17 C Wen 7-15 o.16 A Wen 39-5 o.16 B Wen 20-8 o.16 C Wen 21-3 o.16 D - - o.15 A Wen 36-11 o.15 B Wen 27-8 o.15 C Wen 28-10 o.15 D Wen 13-8 o.14 A Wen 27-15 o.14 B Wen 32-6 o.14 C Wen 28-4 o.14 D Wen 21-7 Fitness Sport Aerobic and Hip Hop Here with a list of athletes who have participated at the Western Cape Fitness Sports Aerobic and Hip Hop Championships Competition in May 2018 and qualified to represent Western Cape at the SA National Championships Competition that was held in Cape Town, from 22-24 June 2018. UITGAWE 8/2018 #TrotsDurbanville 11 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

SPORTUITSLAE VS Stellenberg: Saterdag 18 Augustus 2018 DOGTERSHOKKIE RUGBY o.19 A Verloor 7 36 o.19 B Verloor 0 14 o.19 C Verloor 14 26 o.19 D Verloor 7 15 o.19 E Wen 25 24 o.16 A Verloor 5 7 o.16 B Verloor 0 24 o.15 A Wen 16 13 o.15 B Verloor 7 19 o.15 C Wen 48 0 o.14 A Wen 10 8 o.14 B Verloor 0 10 o.14 C Verloor 0 40 NETBAL o.18 A Wen 34-16 o.18 B Wen 23-18 o.17 A verl 22-30 o.17 B Verloor 11-17 o.17 C verl 7-15 verl 15-28 25-14 7-20 verloor 13-15 o.16 A verl 17-22 o.16 B verl 19-23 o.16 C Wen 20-12 o.16 D verl 11-24 o.15 A gelyk 18-18 o.15 B verl 14-32 o.15 C verl 12-26 o.15 D verl 6-26 o.14 A verl 12-18 o.14 B verl 16-23 o.14 C verl 15-25 o.14 D verl 9-27 Hip Hop Small Crew Junior 12-17years Team: Evolve Dominique Ellis, Cari Pienaar, Karla Delport, Rouxné Maritz Small Crew Junior 12-17 years Team: Exalt Zandri Schnetler, Monique Nortje Small Crew Junior 12-17 years Team: Fuerta Yanke Erwee o.19 A Verloor 1-4 o.19 B Verloor 2-4 o.19 C Verloor 0-5 o.16 A Verloor 0-4 o.16 B Gelykop 0-0 o.16 C Verloor 0-3 o.14 A Verloor 1-2 o.14 B Verloor 0-1 SKAAK: Woensdag 15 Augustus 2018 o.19 verloor o.15 Verloor SEUNSHOKKIE o.19 A Gelykop 0-0 o.19 B Verloor 1-4 o.16 A Verloor 0-4 o.16 B Verloor 0-1 o.14 A Wen 2-1 o.14 B Verloor 0-2 A B GHOLF: Woensdag 08 Augustus 2018 wen wen Ligawedstryd: Curro Durbanville: Dinsdag 21 Augustus 2018 DOGTERSHOKKIE o.19 A Wen 1-0 o.16 A Wen 3-1 o.14 A Wen 2-0 B- en C-spanne het nie gespeel nie. VS Amy Foundation. Oude Molen & Khayelitsha: Saterdag 25 Augustus 2018 SEUNSHOKKIE o.19 A (Khayelitsha) Wen 2-0 o.19 B Geen Wedstryd o.16 A Geen Wedstryd o.16 B (Amy Foundation) Wen 1-0 o.14 A (Oude Molen) Wen 6-0 o.14 B (Amy Foundation) Verloor 0-2 Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za 12