Hierdie uitgawe van die Munisipaliteit Swartland se nuusbrief fokus op dienslewering en hou jou op hoogte van alle munisipale bedrywighede.

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

RAADSLEDE / COUNCILLORS

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Rut: n Liefdes Verhaal

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SIZA takes the sting out of auditing

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Direkte en indirekte rede *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Mandala Madness Deel 2

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Swartland Sentraal/Central Area Plan. Malmesbury Wyke 8,9,10,11 / Wards 8,9,10,11. Swartland Munisipaliteit / Municipality.

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Uit Moerdijk se pen Man en Media

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 JANUARIE 2017 OM 11:00

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE SPESIALE RAADSVERGADERING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 OKTOBER / OCTOBER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP DONDERDAG, 13 DESEMBER 2018 OM 11:00

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

RAADSLEDE / COUNCILLORS

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 30 AUGUSTUS

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

RAADSLEDE / COUNCILLORS

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SECOND DAY TWEEDE DAG MORNING SESSION OGGENDSITTING. Municipal Undertaking " as published in Volume (1)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

RAADSLEDE / COUNCILLORS

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Government Gazette Staatskoerant

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Tariewe

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Mosselbaai Munisipaliteit

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERS- KOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 21 JANUARIE 2015 OM 11:00

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Transcription:

September 2016 In hierdie uitgawe Hierdie uitgawe van die Munisipaliteit Swartland se nuusbrief fokus op dienslewering en hou jou op hoogte van alle munisipale bedrywighede. Bladsy 1 Tijmen van Essen herverkies as burgemeester Tydens sy inhuldiging as uitvoerende burgemeester na afloop van die onlangse plaaslike verkiesing het raadsheer Tijmen van Essen gefokus op die uitdagings wat die hoof gebied moet word ten einde die Munisipaliteit se finansiële volhoubaarheid oor die lang termyn te verseker. Bladsy 2 Scholtz vir nóg vyf jaar aan stuur van sake Joggie Scholtz is onlangs eenparig deur die munisipale raad vir ʼn derde termyn as munisipale bestuurder aangestel. Bladsy 3 Toerisme-studie vir Swartland Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) gaan binnekort op eie inisiatief ʼn studie onderneem om die Swartland se unieke handelsmerk te bepaal. Bladsy 4 Erkenning vir uitstekende kliëntediens Indien jy onlangs uitstekende kliëntediens van ʼn munisipale werknemer ontvang het, nomineer asseblief daardie amptenaar vir ons spesiale toekenning. Nominasievorms is by alle munisipale kantore en biblioteke asook op ons webtuiste beskikbaar. BLADSY 1 Burgemeester herkies om nuwe raad te lei Raadsheer TIJMEN VAN ESSEN is op 11 Augustus 2016 ingehuldig as uitvoerende burgemeester van die Swartland munisipale raad, ʼn amp waartoe hy meer as sewe jaar gelede vir die eerste keer verkies is. Hieronder volg ʼn oorsigtelike samevatting van sy inhuldigingstoespraak: Die Demokratiese Alliansie (DA) se onlangse vertoning in die plaaslike verkiesings was ʼn baie sterk mandaat aan die party om voort te gaan met die bestuur van dié beste munisipaliteit in die land. Met 70,4% van die uitgebragte stemme in die guns van die DA, het Swartland Munisipaliteit dan ook die hoogste DA-stempersentasie in Suid-Afrika behaal, met Stellenbosch Munisipaliteit se 69,07% die naashoogste persentasie DA-stemme. Die verkiesing van 3 Augustus 2016 is egter nou iets van die verlede, en onderneem ek (en my raadslede) om die gemeenskap van die Swartland te dien sonder om te vra vir watter party ʼn kieser gestem het. Ons het reeds die afgelope 16 jaar bewys dat ons nie met dienslewering faal soos baie ander munisipaliteite landwyd nie, en bly dit ons strewe om toe te sien dat bekostigbare dienste op ʼn volhoubare wyse gelewer word aan al ons inwoners. Soos alle ander munisipaliteite funksioneer Swartland Munisipaliteit ook in ʼn baie komplekse omgewing. Nuwe wetgewing wat voortdurend van staatsweë geïmplementeer word en ʼn komplekse bedryfsomgewing skep, is maar een van die uitdagings wat plaaslike owerhede die hoof moet bied. Die groot verwagtinge van die gemeenskap, waaraan eenvoudig nie voldoen kan word nie weens beperkte (en steeds krimpende) finansiële hulpbronne, plaas ook al meer druk op die munisipaliteit. Die bou van laekostebehuising (vir mense wat nie oor die vermoë beskik om vir dienste te kan betaal nie) en so ook ʼn toename in inmigrasie na ons gebied, vergestalt ook van dié grootste risiko s wat ons finansiële volhoubaarheid in gedrang bring. Op plaaslike regeringsvlak is die ontwikkeling van menslike hulpbronne tweeledig. Aan die een kant moet raadslede en amptenare inhuis ontwikkel en geskool word in die wetgewende vereistes wat goeie regering vereis, asook die kuns van strategiese denke en beplanning, wat ʼn sterk ontwikkelingsgerigte fokus moet hê. Aan die ander kant moet ons deur ons meerdoelige sentrums en op ander wyses die vermoë van die gemeenskap ontwikkel om hulle uit die kringloop van armoede te lei.

Vir mede-raadslede was sy boodskap kort en kragtig: We were elected to make a difference, not to make excuses. Or, in the words of Robert Kennedy, recently quoted by President Obama: The future is not a gift. It is an achievement. [Die burgemeester se volledige toespraak, in sowel Afrikaans as Engels, is op die tuisblad van die munisipale webtuiste beskikbaar.] FOTO ONDERSKRIF: By die eerste vergadering van die vierde Swartland munisipale raad is raadsheer Tijmen van Essen (regs) herverkies as uitvoerende burgemeester. Saam met hom is raadslid Michael Rangasamy, nuut verkose speaker en raadsdame Maude Goliath, uitvoerende onderburgemeester. Foto: dié courant BLADSY 2 Joggie Scholtz vir nóg vyf jaar aan die stuur van sake Tydens die raadsvergadering van 31 Augustus 2016 is JOGGIE SCHOLTZ se aanstelling as munisipale bestuurder van Swartland Munisipaliteit (SM) eenparig vir ʼn verdere (derde) termyn van vyf jaar verleng. Die feit dat al die raadslede ja gestem het, het my verwagtinge oortref, want ek moet dikwels ongewilde besluite neem. Dit is inderdaad so dat gewilde besluite nie altyd reg is nie, en dat die regte besluite nie altyd gewild is nie, het Scholtz oor sy heraanstelling te sê. Sedert sy aanstelling (2 de termyn) in Junie 2011 het die munisipaliteit onder sy leierskap vyf opeenvolgende skoon oudits ontvang, wat van SM die eerste plaaslike munisipaliteit gemaak het wat dit kon vermag. Scholtz se slagspreuk van Happiness is five in a row a la WP Rugby in die gloriejare van die vroeë tagtigs, sal dalk nou moet verander na Happiness will be ten in a row, meen hy beskeie oor dié besondere prestasie. Behalwe vir die vyf skoon oudits, sluit die Munisipaliteit se suksesse die afgelope vyf jaar die volgende in ʼn gemiddelde spandering van 97,2% van die kapitaalbegroting, wat volg uit ʼn gentlemen s agreement dat ʼn direkteur wat sonder substantiewe redes nie 90% van sy/haar kapitaalbegroting spandeer nie, vrywillig sal bedank; ʼn merkbare verbetering in finansiële volhoubaarheid. Op Ratings Africa se indeks het die munisipaliteit se finansiële volhoubaarheid van 58% in 2012 verbeter na 73% in 2016; ʼn gemiddelde invorderingspersentasie van 101% van begrote inkomste; beloning met die Red Tape Reduction Award vir die effektiwiteit waarmee bouplanne goedgekeur word; die nie-betaling van prestasiebonusse aan direkteure, wat volgens Scholtz mos reeds betaal word om te presteer. Hierdie suksesse is gebaseer op ʼn kollektiewe spanpoging waar elke werknemer kan presteer in ʼn omgewing waar politici stabiliteit geskep het. Ons suksesse moet ons egter nie arrogant maak nie, want gister se sukses waarborg ongelukkig nie môre s n nie, sê Scholtz. Grootste teleurstellings Iets wat hom bly grief is die manier waarop die publiek na ure met munisipale personeel praat. Die na-ure diens wat ons vanaf 17:00 tot 08:00 lewer is iets spesiaals, maar wanbetalers laat ons onder hulle skerp tonge deurloop, ongeag die feit dat hulle hul rekeninge laat betaal. Dat daar ook voorvalle van korrupsie voorkom in die organisasie, stem hom ongelukkig. Alhoewel ons ʼn geen toleransie benadering volg jeens korrupsie, diefstal en oneerlikheid in ons midde, is dit ongelukkig ook by SM aanwesig. Die waarborg wat ek egter kan gee, is dat dit net ʼn kwessie van tyd is voor ons diegene uitvang wat hulle daaraan skuldig maak en waarskynlik, na die korrekte toepassing van prosedure, sal ontslaan. As aktiewe burgers kan ons nie toelaat dat korrupsie en finansiële wanbestuur plaasvind nie, en leiers moet daarvoor verantwoordelikheid aanvaar, anders versaak ons ons verpligtinge. Grootste uitdagings Om die munisipaliteit finansieel volhoubaar te hou en bekostigbare dienste te lewer, bly ʼn uitdaging. Verder moet ons, met ons beperkte hulpbronne nie net die bestaande infrastruktuur in stand hou nie, maar ook nuwe infrastruktuur skep. Dit sou natuurlik ook help as ons oor die vermoë beskik het om die Voëlvleidam vol te hou, skerts hy. Ons sal ook ons wykskomitee en kommunikasiestelsel moet aanpas om met die jongste tegnologie tred te hou. Ons verwelkom ook die positiewe wat gepaardgaan met die opgradering van die N7, maar ons sal die negatiewe aspekte daarvan behoorlik moet bestuur en ontleed, en die nodige kontroles moet ontwikkel om die impak te minimaliseer. Die munisipaliteit sal veral ʼn meer aktiewe rol moet speel om ʼn geïntegreerde misdaadvoorkomingsplan te ontwikkel en te implementeer. As ons misdaad nie kollektief aanspreek nie, kan ons nie

die klimaat skep waar die ekonomie kan groei nie. Laasgenoemde is die katalisator om armoedeverligting aan te spreek. Vir Scholtz staan geduld, deursettingsvermoë en dankbaarheid uit as van die belangrikste lesse van die afgelope vyf jaar. Dit is ʼn ongelooflike voorreg om die munisipale bestuurder te kan wees van Swartland Munisipaliteit ʼn toonaangewende munisipaliteit. Ek weet ook dat ons nie alle mense tevrede kan stel nie, en sommiges nooit nie. Verder is spanwerk van kardinale belang. As individue moet ons altyd ondergeskik wees aan die span en die instansie wat ons dien. FOTO ONDERSKRIF: Joggie Scholtz se derde termyn as munisipale bestuurder van Swartland Munisipaliteit is onlangs eenparig deur die munisipale raad goedgekeur met ingang vanaf 1 Mei 2017. Foto: dié courant Swartland Munisipaliteit is finansieel stabiel Ratings Afrika (RA) is ʼn graderingsagentskap wat spesialiseer in graderings en soortgelyke menings wat die gesondheid van staatsbestuur in onder andere munisipaliteite, provinsies en sentrale regerings meet. Kriteria vir die gradering wat toegeken word, is gegrond op internasionale beste praktyk en is op een lyn met die definisies wat deur RA gebruik word. Hier onder is ʼn uittreksel uit RA se September-oorsig van die Swartland Munisipaliteit se finansiële stabiliteit, waarna die munisipale bestuurder elders verwys. BLADSY 3 Toerisme-studie vir Swartland Die Swartland gaan voordeel trek uit ʼn ten volle geborgde navorsingstudie oor toerisme wat oor die volgende ses tot nege maande gedoen gaan word, vanaf September dié jaar. Hierdie unieke navorsingswerk word deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) geborg. Die Universiteit het fondse vir navorsing opsy gesit deur hul inisiatief vir befondsing van universiteitsnavorsing, wat spesifiek geoormerk is om navorsingskapasiteit en -uitsette onder sowel studente as dosente te bou. Die Swartland-toerismestreek is as fokusgebied vir hierdie navorsingstudie gekies. Daar is ook besluit om dr Pieter Steenkamp van die Departement Bemarking by die KSUT se nuut ontwikkelde model vir handelsmerkgewing van dienste, oftewel die servbrand-raamwerk, toe te pas om die handelsmerkekwiteit van die Swartland te meet. Handelsmerkgewing in hierdie opsig kan gesien word as ʼn skuif weg van konvensionele bemarking waar bestuurders probeer om hul produkte en dienste te verkoop deur as t ware besigheid na te jaag. ʼn Handelsmerkproduk of -bestemming word byvoorbeeld nie inwaarts bemark nie, maar wel uitwaarts. Met ander woorde, hulle probeer eers vrae soos die volgende beantwoord: Wat is die Swartland-streek? Watter beeld dra dit uit? Wat verteenwoordig die streek?. Dan bou hulle ʼn kollektiewe handelsmerkidentiteit van die streek, wat oorgedra moet word aan reisigers wat soortgelyke ervarings en uitkomste soek. Handelsmerkgewing in hierdie konteks dien as ʼn bemarkingskompas wat alle bemarkingswerk oor die lang termyn rig. Die uiteindelik doel van die studie is dus om die Swartland-handelsmerk as ʼn bestemming te vestig in die harte en gedagtes van toeriste ten einde ʼn gelyke en verdiende aandeel van die toerismebedryf te lok. Ten einde die handelsmerkekwiteit van die Swartland-streek te meet, sal vyf onderling afhanklike en ten volle geborgde studies oor die volgende nege maande onderneem word. Die eerste fase van die navorsing word vroeg September van stapel gestuur. Tydens hierdie fase sal groepbesprekings met die Swartland BBO (Bestemmingbemarkingsorganisasie) en substreke, naamlik Yzerfontein, Darling, Moorreesburg, Malmesbury, Koringberg en Riebeekvallei, gehou word. Dit sal gevolg word deur ʼn groot opname onder meer as 300 mense in Kaapstad as potensiële reisigers na die streek om te bepaal hoe hulle die Swartland as ʼn toerismebestemming sien en wat hulle na die streek sal lok. Dan is dit inwoners van die Swartland se beurt om hul mening te lug. ʼn Opname onder sowat 200 plaaslike inwoners sal vroeg in Desember gedoen word. Ons sal hulle vrae soos dié vra: Hoe sien jy jou streek? Wat verteenwoordig die streek? Wat maak dit uniek? Jou samewerking met hierdie projek sal hoog op prys gestel word. In die nuwe jaar sal onderhoude met sowat 20 uitgesoekte toerisme-ondernemings in die Swartland gevoer word en hulle sal gevra word hoe hulle die Swartlandhandelsmerk sien. Hierdie ondernemings sal onder andere plaaslike besienswaardighede, geleentheidsbestuurders, akkommodasieverskaffers en vervoerondernemings insluit. Die navorsing sluit met ʼn geheime toeristebesoekersbeoordeling af. Ongeïdentifiseerde groepe besoekers van Kaapstad sal gevra word om die Swartland-streek te besoek en hul dienservarings aan te teken. Hierdie studie sal ons wys presies hoe dit werklik voel om die Swartland te besoek! Baie interessante inligting sal gedurende die proses aan die lig kom. Teen die middel van 2017 sal ʼn volledige stel uitslae met aanbevelings ter oorweging aan die Swartland BBO en sy rolspelers voorgelê word. Dit sal gevolg word deur ʼn ope openbare aanbieding waar die uitslae bespreek sal word en die pad vorentoe vir die Swartland -handelsmerk bekend gemaak sal word.

Enige navrae met betrekking tot die projek kan aan dr Norbert HAYDAM (projekbestuurder) van die Departement Bemarking by die KSUT (haydamn@cput.ac.za) gestuur word. FOTO ONDERSKRIF: Tydens 'n byeenkoms in die Malmesbury Stadsaal op 12 Augustus het 121 werknemers van die Munisipaliteit erkenning gekry omdat hulle nie een dag gedurende die 2015/2016 finansiële jaar (1 Julie 2015 tot 30 Julie 2016) siek was nie. Die mense op die foto is deel van die 121 wat ʼn sertifikaat ontvang het. Weens werksverpligtinge kon nie almal die byeenkoms bywoon nie. Beperk waterverbruik Totdat die watersituasie in die Swartland dramaties verbeter, bly die sogenaamde Vlak 2- (20%) waterbeperkings van krag. Die gebruik van drinkwater vir die natlei of besproeiing van tuine en die volmaak van swembaddens is verbode. Daarby word die gebruik van tuinslange, byvoorbeeld om harde oppervlakke of geplaveide areas af te spuit en motors te was (wat ontspanningsvoertuie en vaartuie insluit), nie toegelaat nie. Ons bedank al ons inwoners vir hul werk en toewyding om hierdie kosbare hulpbron te help bespaar. Vir weeklikse nuus oor die vlak van die Voëlvleidam, volg ons op Facebook. BLADSY 4 Ken jou wykskomiteelid Hier onder is foto s van die twaalf wykskomiteelede en regs is ʼn kort beskrywing van die betrokke wyk om jou te help om jou wyksverteenwoordiger te identifiseer. Wyk 1: Noordelike en westelike dele van Moorreesburg, Koringberg asook die landelike gebied noord van Moorreesburg Wyk 2: Suidelike en oostelike dele van Moorreesburg Wyk 3: Riebeek-Wes, Ongegund asook die landelike gebied noord van Riebeek-Wes Wyk 4: Mount Royal (Malmesbury), Riverlands, Chatsworth asook die landelike gebied noordwes, wes en suidwes van Malmesbury Wyk 5: Gedeelte van Darling wes van Kerk-, Pastorie-, Cole-, Donkin- en Smith-straat, Yzerfontein, Jakkalsfontein, Grottobaai, Dasseneiland asook omliggende landelike gebied Wyk 6: Gedeelte van Darling oos van Kerk-, Pastorie-, Cole-, Donkin- en Smith-straat asook die landelike gebied noord en noordoos van Darling Wyk 7: Kalbaskraal, Abbotsdale asook die landelike gebied suid en suidoos van Malmesbury Wyk 8: Malmesbury (gedeelte van Amandelrug, Dalsig, De Molen, Die Wingerd, Garden Village, Prison-uitbreiding en gedeelte van Wesbank) asook die landelike gebied direk oos van Malmesbury Wyk 9: Malmesbury (Illinge Lethu en ʼn gedeelte van Wesbank) Wyk 10: Malmesbury (gedeelte van Amandelrug, Bergzicht, Newclair, Panorama, Sunnyside en Tafelzicht) Wyk 11: Malmesbury (gedeelte van Saamstaan en gedeelte van Wesbank) Wyk 12: Glen Lily (Malmesbury), Riebeek-Kasteel en die landelike gebied noordoos, oos en suidoos van Malmesbury en omliggende Riebeek-Kasteel Verkiesing van wykskomitees Met saktyd het die nominasie van kandidate vir verkiesing tot die wykskomitees vir elkeen van die twaalf wyke in die munisipale gebied reeds gesluit. Besonderhede van die verkiesings, wat tussen 17 en 26 Oktober 2016 sal plaasvind, sal binnekort op die munisipale webtuiste en in die plaaslike en sosiale media deurgegee word. Volg ons op Facebook om seker te maak dat jy by die regte lokaal opdaag om jou stem uit te bring. Onthou om jou identiteitsdokument saam te bring. Jy sal ook nie toegelaat word om te stem as jy nie op die betrokke wyksegment van die kieserslys geregistreer is nie. Laat jou stem tel! Nomineer werknemers vir toekenning

Help ons om ʼn werknemer of werknemers in munisipale geledere te identifiseer wat uitstekende kliëntediens lewer aan die publiek. Nominasievorms is beskikbaar by alle munisipale kantore en biblioteke, op ons webtuiste en ook op ons Facebook blad. Die optrede wat jou beïndruk het en waarvoor jy so ʼn persoon wil nomineer, moet iewers tussen Mei en Oktober 2016 plaasgevind het. Die sluitingsdatum vir nominasies is 31 Oktober 2016.