IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

BenguFarm Bestelvorm

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MALHERBE RP et HATTINGH R

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

Direkte en indirekte rede *

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Die verkryging van getuienis deur middel van gedwonge chirurgie

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

LOMBARD, HATTINGH et BECKLEY RR. Die respondent is op 12 Februarie 2003 op n klagte van moord deur

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

Government Gazette Staatskoerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

RAND WATER RAAD. Eiser

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Transcription:

Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape Division) 26/05/2004 Saakno: / Case number: K/S 97/03 Datum gelewer: / Date delivered: In die saak: DIE STAAT teen WILLIAMS, ANTHONY Beskuldigde Coram: Lacock R UITSPRAAK 1] Hierdie uitspraak moet saamgelees word met my uitspraak van 10 Februarie 2004. 2] Na ontvangs van my voormelde uitspraak het die Streekhoflanddros skriftelike redes verstrek vir sy besluit om nie die beskuldigde kragtens art 79 van die Strafproseswet vir waarneming te verwys nie, sowel as sy redes vir skuldigbevinding. Die Landdros word hiervoor bedank.

2 3] Na bestudering van die Landdros se redes en na aanhoor van die advokate vir die Staat en die verdediging, is ek die mening toegedaan dat dit alleen reg en billik teenoor die beskuldigde sal wees dat ek hom vir sielkundige waarneming ingevolge die voorskrifte van art 79 van die Strafproseswet sal verwys. Beide advokate is dit dan ook eens, en versoek dat die beskuldigde aldus vir waarneming verwys word. 4] Ingevolge die voorskrifte van artikels 77 en 78 van die Strafproseswet kan n verwysing kragtens art 79 van die Wet te enige stadium gedurende strafregtelike verrigtinge gedoen word. Art 52 (3) (e) van Wet 105 van 1997 verleen aan hierdie Hof n wye diskresie om, na ontvangs van die Landdros se redes soos bedoel in art 52 (3) (b) van hierdie Wet, sodanige bevel te maak as wat die Hof in belang van geregtigheid gerade mag ag. Ek vind niks in hierdie artikel wat my sou belet om op hierdie stadium van die strafregtelike verrigtinge van hierdie saak sodanige lasgewing uit te reik nie. 5] Die redes waarom ek meen dat dit reg en billik sal wees dat die beskuldigde vir waarneming deur n psigiater of psigiaters verwys behoort te word, is kortliks die volgende: [51] Gedurende die verloop van die verhoor van die

3 beskuldigde voor die Streekhoflanddros, het die prokureur wat namens die beskuldigde verskyn het, teenoor die Landdros aangedui dat daar twyfel bestaan of die beskuldigde die vermoë het om die verrigtinge te begryp tot so n mate dat hy sy verdediging na behore kon voer. Die prokureur het aangedui dat hy probleme het om sonder die hulp van die pleegmoeder van die beskuldigde instruksies van hom te bekom. [52] Ten spyte daarvan dat die Landdros op sterkte van die voormelde mededeling die beskuldigde na n maatskaplike werker verwys het, het hy nooit hierdie verslag ter insae geneem nadat dit voorberei is nie, maar bloot die mededeling van die prokureur aanvaar dat dit nie nodig sal wees om die beskuldigde te verwys nie. [53] Nadat die saak vir vonnis na hierdie Hof verwys is, het ek op versoek van die advokate die getuienis van Mev Oiphant, die grootmaak moeder van die beskuldigde, en Dr Lesley Corrie, dieselfde persoon wat op versoek van die Landdros n verslag aangaande die beskuldigde voorberei het, aangehoor.

4 Mev Oliphant het getuig dat, na aanleiding van inligting deur haar ingewin was die ma van die beskuldigde onder die invloed van drank met sy geboorte, was ook die beskuldigde by geboorte besope en het die suster wat hom in die lewe gehelp het gesukkel om hom wakker te kry. Sy het verder getuig dat die beskuldigde heelwat stadiger as kind ontwikkel het as haar ander kinders, en dat hy ook moeilik op skool gevorder het en swaar geleer het. voorts het sy getuig dat sy gedrag tuis soms verdag voorkom deurdat hy byvoorbeeld oënskynlik sonder rede en sonder dat hy dit besef met kos mors en senuagtig heen en weer stap. Hy is ook baie vergeetagtig, doen nie graag handearbeid nie, en kla soms van n pyn in sy bors. Soms slaap hy met n kussing oor sy oor omdat hy glo mense hoor praat:. Sy getuig ook dat hy soms in die nag praat, en as sy hom wakker maak en vra waarom hy praat antwoord hy dat daar mense by (hom) is. Sy het by geleentheid die mense van die kerk gevra om met die beskuldigde te praat want sy verstaan hom nie altyd nie. [54] By n vorige geleentheid waarop die beskuldigde

5 deur n distrikhof vir sielkundige waarneming verwys is wou Insp. Van der Merwe van die kinderbeskermingseenheid hom self na Bloemfontein neem omdat sy ook van mening was dat die beskuldigde geestelik ongesteld was. Die dag waarop hy na Bloemfontein geneem is, kon sy hom egter nie vergesel nie. [55] Uit Dr Corrie se getuienis het dit geblyk dat sy geensins verstaan het dat sy n verslag oor die geestestoestand van die beskuldigde aan die Hof moes lewer toe die beskuldigde deur die Landdros na haar verwys is nie. Sy was onder die indruk dat sy n voor vonnis verslag vir die Hof moes voorberei. Haar destydse verslag het dan ook nie gehandel met die geestesgesteldheid van die beskuldigde nie. In haar getuienis het sy aangedui dat sy nie n psigiater is nie en nie die beskuldigde psigiatries kon evalueer nie. Sy het nietemin aangedui dat sy bekommerd was oor die stemme wat die beskuldigde hoor, en ook oor die moontlike gevolge van die sogenaamde fetale alkohol sindroom (FAS) wat sy as moontlik aanwesig by die beskuldigde

6 oorweeg het. Sy is ook onseker of FAS as n geestesongesteldheid aangemerk kan word. Wat sy wel vermeld is dat dit uit die literatuur blyk, en ek haal haar getuienis aan, dat die persoon nie altyd besef wat die gevolge van hulle dade is nie, wat dan tot n mate impulsiwiteit by die persoon aanwesig is. In hierdie spesifieke geval is daar egter twyfel, het die persoon nie geweet wat reg en verkeerd is nie? Dr Corrie getuig dan ook dat, indien sy gevra sou word om die beskuldigde te evalueer ten einde te bepaal of hy toerekeningsvatbaar was, sy dit nie sou kon doen nie, maar waarskynlik sou aanbeveel het dat die beskuldige weer psigiatries evalueer word met spesifieke ondersoek deur n deskundigde op die gebied van FAS. 6] Uit hoofde van die voorgaande het ek tot die gevolgtrekking gekom dat daar n redelike moontlikheid bestaan dat, vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek, die beskuldigde nie oor die vermoë beskik het om die hofverrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na behore kon voer nie; en of hy, ten tye van die pleeg van die tersaaklike misdrywe, oor die vermoë beskik het om die ongeoorloofdheid van sy handelinge te besef, of om ooreenkomstig n besef van die ongeoorloofdheid van sy handelinge op te tree.

7 7] Bygevolg word die volgende bevele hierin verleen: A] DIE SAAK WORD UITGESTEL NA 30 JUNIE 2004 OM 09:00 TE UPINGTON. B] BEHALWE VIR DIE DOELEINDES SOOS HIERONDER GELAS, BLY DIE BESKULDIGDE IN HEGTENIS TOT EN MET DIE VOORMELDE DATUM. C] N LASGEWING WORD HIERMEE INGEVOLGE DIE VOORSKRIFTE VAN ARIKELS 77 (1) EN 78 (1) VAN WET 51 VAN 1977 UITGEREIK WAARKRAGTENS N ONDERSOEK EN VERSLAG INGEVOLGE DIE VOORSKRIFTE VAN ART 79 VAN HIERDIE WET VERLANG WORD OF DIE BESKULDIGDE VANWEË GEESTESONGESTELDHEID OF GEESTEGEBREK a) OOR DIE VERMOË BESKIK HET OM DIE HOFVERRIGTINGE DERMATE TE BEGRYP DAT HY SY VERDEDIGING NA BEHORE KON VOER; EN

8 b) TEN TYE VAN DIE PLEEG VAN DIE MISDRYWE NIE VIR DIE TEN LASTE GELEGDE MISDRYWE STRAFREGTELIK TOEREKENBAAR IS, DIT WIL SÊ OF HY BEVOEG WAS OM i) DIE ONGEOORLOOFDHEID VAN SY HANDELINGE TE BESEF; EN/OF ii) OOREENKOMSTIG N BESEF VAN DIE ONGEOORLOOFDHEID VAN SY HANDELINGE OP TE TREE. D] VIR DOELEINDES VAN UITVOERING VAN DIE VOORMELDE LASGEWING WORD GELAS DAT DIE BESKULDIGDE NA DIE VALKENBURG HOSPITAAL VERWYDER WORD OM DAAR DEUR N PANEEL VAN TWEE PSIGIATERS, EEN WAARVAN N DESKUNDIGDE OP DIE GEBIED VAN FETALE ALKOHOLSINDROOM, ONDERSOEK TE WORD. E] DIE VOORMELDE PANEEL WORD GELAS OM ONDER ANDERE EN PERTINET AAN TE DUI OF

9 a) DIE BESKULDIGDE GELY HET AAN DIE FETALE ALKOHOLSINDROOM; b) DIE FETALE ALKOHOLSINDROOM N GEESTESONGESTELDHEID OF GEESTESGEBREK IS SOOS BEDOEL IN ARTIKELS 77, 78 EN 79 VAN WET 51 VAN 1977; c) INDIEN DIE BESKULDIGDE LY AAN DIE FETALE ALKOHOLSINDROOM, HY i) OOR DIE VERMOË BESKIK HET OM DIE HOFVERRIGTINGE DERMATE TE BEGRYP DAT HY SY VERDEDIGING NA BEHORE KON VOER; EN ii) TEN TYE VAN DIE PLEEG VAN DIE MISDRYWE VIR DIE TEN LASTE GELEGDE MISDRYWE STRAFREGTELIK TOEREKENBAAR OF VERMINDERD TOEREKENBAAR IS, SOOS BEDOEL IN ARTIKELS 77 (1) EN 78 (1) VAN WET 51

10 VAN 1977. F] DIE GENEESKUNDIGE SUPERINTENDENT EN/ OF DIE VOORMELDE PSIGIATERS WORD GELAS OM HUL SKRIFTELIKE VERSLAG INGEVOLGE ART 79 VAN DIE STRAFPOSESWET, NR 51 VAN 1977 IN VIERVOUD AAN DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGING, KIMBERLEY, VOOR TE LÊ VOOR OF OP 30 JUNIE 2004. G] DIE UITSPRAAK VAN DIE LANDDROS IN SAAKNOMMER RC124/2002, DIE OORKONDE VAN DIE HOFVERRIGTINGE VOOR HIERDIE HOF VAN 10 FEBRUARIE 2004, DIE REDES VAN DIE LANDDROS VERSTREK INGEVOLGE ART 53 (3) (b) VAN Wet 105 van 1977, HIERDIE VOLLEDIGE UITSPRAAK, EN ENIGE VERDERE DOKUMENTASIE WAT DIE PARTYE TERSAAKLIK AG OF WAT DEUR DIE VOORMELDE PSIGIATERS VERLANG WORD, MOET AAN DIE GENEESKUNDIGE SUPERINTENDENT VAN DIE VALKENBURG HOSPITAAL EN/OF DIE GEMELDE PSIGIATERS

11 VOORGELÊ WORD. HJ Lacock REGTER Nms die Staat: Nms die Beskuldigde: Adv R Calitz Adv RJ Pieterse (i.o.v. die Regshulpraad, Kimberley)