MALHERBE RP et HATTINGH R

Similar documents
Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

BenguFarm Bestelvorm

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mosselbaai Munisipaliteit

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Government Gazette Staatskoerant

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

RAADSLEDE / COUNCILLORS

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Provincial Gazette. Provinsiale Koerant INHOUD CONTENTS. Friday, 27 July Vrydag, 27 Julie 2007 PROVINCE OF WESTERN CAPE PROVINSIE WES-KAAP

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Transcription:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr : 1935/2003 In die saak tussen: CHRISTIAAN HENDRIK BOSHOFF Applikant en NKETOANA MUNISIPALITEIT Respondent CORAM: MALHERBE RP et HATTINGH R VERHOOR OP: 27 NOVEMBER 2003 UITSPRAAK: MALHERBE RP GELEWER OP: 11 DESEMBER 2003 Inwoners van stede en dorpe in die Vrystaat is gewoond daaraan om munisipale belasting op hulle onroerende eiendom te betaal. Boere nie. Applikant is n boer van die distrik Reitz. Respondent is die plaaslike munisipaliteit Nketoana wat vir die gebied van Reitz, Petrus Steyn, Lindley en Arlington ingestel is. Applikant is die geregistreerde eienaar van sekere plaaseiendomme wat in hierdie gebied geleë is. Op 26 Julie 2002 publiseer respondent n kennisgewing in die Provinsiale Koerant waarvan die tersaaklike gedeelte soos volg lees:

2 NKETOANA MUNICIPALITY 2002/2003 FINANCIAL YEAR ESTIMATES AND GENERAL ASSESSMENT RATE: 1. Notice is hereby given in terms of section 10G(7)(C) of the Local Government Transition Act, 1993, as amended (`the Act ) and section 81(1)(C) of the Local Government Ordinance, 1962, as amended, (`the Ordinance ) that the Municipal Estimates of Revenue and Expenditure for the 2002/2003 financial year has been approved on 26 June 2002 of which a copy is available for inspection at the office of the Municipal manager during office hours of the Council. 2. That property tax/rental be set at: (i) the general assessment rate for the financial year ending 30 June 2003 has been assessed in accordance with the provisions of section 10G(7)(a) of the Act and section 114(3)(a) of the ordinance at: Cent/Rand Property 0% rebate Urban Land 0.20000 Urban Improvements 0.01145 Rural Land 0.02000 Rural Improvements 0.02000

3 Gedurende Januarie en Februarie 2003 pos respondent belastingfakture (Aanhangsels CHB1 CHB8) aan applikant waarkragtens eiendomsbelasting op applikant se plase gevorder word. In sy kennisgewing van mosie vorder applikant die volgende regshulp: 1. n Bevel waarkragtens verklaar word dat die heffing deur die respondent van belasting ingevolge die bepalings van artikels 10G(7)(a) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, Nr 209 van 1993 en ingevolge die bepalings van artikel 114(3)(a) van die Ordonnansie op Plaaslike Bestuur, Nr 8 van 1962 (VS) op die applikant se eiendomme bedoel in paragrawe 4.1 tot 4.8 van die applikant se funderende beëdigde verklaring ultra vires en onregmatig is. 2. n Bevel waarkragtens verklaar word dat die respondent se kennisgewing ingevolge die bepalings van artikel 10G(7)(c) van die voormelde Wet en artikel 81(1)(c) van die voormelde Ordonnansie wat op 26 Julie 2002 in Provinsiale Koerant (VS) Nr 47 en op 25 Julie 2002 in die `VRYSTAAT gepubliseer is, ultra vires en onregmatig is. 3. n Bevel waarkragtens verklaar word dat die belastingfakture gemerk aanhangsels `CHB1 tot `CHB8 tot die applikant se funderende beëdigde verklaring ultra vires en onregmatig is. 4. n Bevel dat die respondent die applikant se koste van die aansoek betaal op die skaal soos tussen prokureur en eie kliënt. In hulle betoogshoofde namens applikant, asook in hulle mondelinge betoog,

4 vra Mnr Jordaan, bygestaan deur Mnr Knoetze, slegs vir smeekbede 1, smeekbede 2 (met die byvoeging van die volgende woorde aan die einde daarvan: vir soverre as wat die kennisgewing voorgee om betrekking te hê op landelike eiendomme in die respondent se regsgebied ) en koste, wat die koste van twee advokate insluit. Dit is gemenesaak dat respondent se voorneme om plase in sy gebied te belas, n beroering in boerderykringe veroorsaak het. Reeds op 10 Junie 2002 het afgevaardigdes van die Vrystaatse Landbou Unie en die Distriksboere Unie op Reitz vergader met verteenwoordigers van respondent om die aangeleentheid te bespreek. (Die notule van die vergadering is Aanhangsel CHB14.) Op 6 Augustus 2002 stuur n prokureur namens n groot aantal boere n beswaarskrif teen die voorgenome belasting op plaasgrond aan respondent. Op 12 Februarie 2003 spreek n afvaardiging van die Vrystaatse Landbou Unie die Premier en die LUR vir Plaaslike Regering en Behuising, Mnr Tsenoli. Op 3 Maart 2003 voer n afvaardiging van die Vrystaatse Landbou Unie en die Distriks Landbou Unie (waarvan applikant voorsitter is) weer samesprekings met Mnr Tsenoli. Laasgenoemde het onderneem om spoedig n oplossing voor te lê, maar daar het niks van gekom nie.

5 Hierdie aangeleentheid is nie net op provinsiale vlak in die Vrystaat bespreek nie maar het ook op nasionale vlak aandag gekry. Op 18 Maart 2003 publiseer die Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering n wetsontwerp wat bestem is to regulate the power of a municipality to impose rates on property... (Aanhangsel CHB25) Volgens applikant se onbetwiste bewering is hierdie die 19de konsep wetsontwerp oor hierdie aangeleentheid. Hierdie wetsontwerp beoog klaarblyklik om n bedeling daar te stel wat landwyd op alle munisipaliteite van toepassing sal wees. Uit wat hierbo gesê is, is dit duidelik dat die georganiseerde landbou in die Vrystaat nog tot in Maart vanjaar gepoog het om die provinsiale Regering te oorreed om respondent te laat afsien van die belasting op plase en gewag het op n antwoord van Mnr Tsenoli. Die aansoek (wat lywig is) is op 3 Junie 2003 aanhangig gemaak. Met verwysing na die beslissing in WOLGROEIERS AFSLAERS (EDMS) BPK v MUNISIPALITEIT VAN KAAPSTAD 1978(1) SA 13 (A) en ander beslissings wat daarop gevolg het, het Mnr Kemp namens respondent aangevoer dat applikant onredelik vertraag het om die aansoek te bring om, onder andere, die kennisgewing van 26 Julie 2002 tersyde te stel. In die lig van die geskiedenis van hierdie aangeleentheid, wat gemenesaak is, steek daar niks in hierdie betoog nie. Respondent ontleen sy bevoegdheid om eiendomsbelasting te hef onder andere aan artikel 229(1) van die Grondwet (Wet Nr 108 van 1996) wat soos volg lees: Behoudens subartikels (2), (3) en (4) kan n munisipaliteit a) eiendomsbelasting... oplê;

6 Artikel 229(2)(b) bepaal dat die bevoegdheid van n munisipaliteit om belasting op te lê deur nasionale wetgewing gereguleer kan word. (Dit is waarskynlik hierdie nasionale wetgewing wat in die vooruitsig gestel word deur die wetsontwerp waarna hierbo verwys is.) Artikel 83(1) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture (Wet Nr 117 van 1998) bepaal dat n munisipaliteit die funksies en bevoegdhede het wat ingevolge artikel 229 van die Grondwet opgedra is. Artikel 10G(7)(a) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering (Wet Nr 209 van 1993) bepaal ook dat n munisipaliteit by resolusie eiendomsbelasting kan hef en vorder met betrekking tot onroerende eiendom binne die regsgebied van die betrokke munisipaliteit. Benewens hierdie betreklik onlangse wetgewing het die Vrystaatse Ordonnansie op Plaaslike Bestuur (Ordonnansie 8 van 1962) meer as 40 jaar gelede reeds aan n munisipale raad die bevoegdheid verleen om eiendomsbelasting te hef. Die tersaaklike gedeeltes van artikel 114 van die Ordonnansie lui soos volg: (1) n Raad kan n algemene eiendomsbelasting op alle belasbare eiendomme binne sy munisipaliteit hef, en sodanige belasting word, behalwe soos anders bepaal by subartikel (3), gehef op die totale munisipale waardering van sodanige eiendom.

7 3) n Raad kan by besluit die algemene eiendomsbelasting hef a) net op die munisipale waardering van die belasbare eiendom sonder enige verbeterings, soos bedoel in artikel 105(c) (hierna die hele terreinwaarderingstelsel genoem); of b) gedeeltelik op die munisipale waardering bedoel in paragraaf (a) en gedeeltelik op die munisipale waardering van die verbeterings wat deel uitmaak van die belasbare eiendom, soos bedoel in artikel 105(d) (hierna die gedeeltelike terreinwaarderingstelsel genoem); In die mondelinge betoog voor ons is respondent se bevoegdheid om eiendomsbelasting te hef nie aangeval nie maar wel die wyse waarop respondent te werk gegaan het om die belasting te hef. Voordat belasting gehef kan word, moet die waarde van die belasbare eiendom bepaal word. Deel IV van die Ordonnansie onder die titel Waardering van Belasbare Eiendom bevat uitvoerige voorskrifte oor die waardering van belasbare eiendom binne n munisipaliteit se gebied. Artikel 101 verplig n munisipaliteit om alle belasbare eiendom minstens een keer gedurende n kringloop van 5 jaar te waardeer. Artikels 102 104 maak voorsiening vir die aanstelling van waardeerders en hulle bevoegdhede. Artikel 105 skryf die vorm van die waarderingslys voor; artikel 106 omskryf die begrippe waarde van belasbare eiendom en waarde van verbeterings ;

8 artikel 107 maak voorsiening vir besware teen die waarderingslys en artikel 108 bevat voorskrifte met betrekking tot n waarderingshof. Daar is in artikels 109 en 110 voorsiening vir hersiening van die waarderingslys en appèlle teen beslissings van die waarderingshof ens. Vir doeleindes van hierdie aansoek is dit nodig om die volgende artikels aan te haal: 107(1) Sodra n waarderingslys voltooi is, lê die waardeerder of waardeerders wat dit opgestel het, dit aan die raad voor, en moet die raad a) n afskrif daarvan gedurende die kantoorure van die raad by die munisipale kantoor ter insae van die eienaars van die belasbare eiendom wat in die lys aangeteken is, beskikbaar stel; en b) die eienaars en okkupeerders by kennisgewing in die Offisiële Koerant en die pers aansê om binne 30 dae na die eerste publikasie van sodanige kennisgewing, enige besware wat hulle teen die waardering van enige sodanige eiendom mag hê skriftelik, in die vorm soos deur die raad voorgeskryf, by die stadsklerk in te dien. 108(1) Vir die hersiening van n waarderingslys en om besware wat ingevolge artikel 107 ingedien is, te verhoor en daaroor te beslis, word vir elke munisipaliteit n waarderingshof ingestel waarvan die lede deur die raad aangestel word en bestaan uit (a) n landdros of n afgetrede landdros of iemand wat minstens vyf jaar praktiese ondervinding as regspraktisyn gehad het en wat

9 die voorsitter van die hof is; en (b) minstens twee maar hoogstens vier ander lede wat oor voldoende kennis en ondervinding aangaande die waardering van belasbare eiendom beskik: Met dien verstande dat n raadslid of n werknemer van die raad nie n lid van die waarderingshof mag wees nie. (3) Die hof moet op die vergaderings wat deur die stadsklerk belê word, die waarderingslys en die besware wat soos voormeld ingedien is, in oorweging neem, en kan sodanige wysigings aan die lys as wat hy billik ag, aanbring: Met dien verstande dat indien die hof dit uit eie beweging nodig ag om die waardering van n belasbare eiendom te wysig, hy minstens 7 dae voordat die wysiging gemaak word, kennis moet gee aan die eienaar van sodanige eiendom en aan die stadsklerk van sy voorneme om dit te doen. (4) Die hof laat notule van sy verrigtinge en besluite hou. 109 Wanneer die waarderingshof al die besware besleg het en die hersiening van die waarderingslys voltooi het en sodanige wysigings daarin wat hy nodig mag ag, aangebring het, moet die voorsitter van die hof n afskrif van die lys, soos hersien, sertifiseer en onderteken en aan die stadsklerk voorlê wat daarna (a) by kennisgewing in die Offisiële Koerant en die pers bekend maak dat n afskrif van die lys, soos hersien, gedurende die kantoorure van die raad by die munisipale kantoor ter insae van die eienaars, van belasbare eiendom wat daarin aangeteken staan, beskikbaar is vir n tydperk van 14 dae vanaf

10 die datum van die eerste publikasie van sodanige kennisgewing; en (b) n afskrif van die hersiene lys dienooreenkomstig ter insae beskikbaar laat stel. 111.Behoudens enige wysiging wat ingevolge artikel 110 daarin aangebring kan word, is n waarderingslys soos hersien deur die waarderingshof finaal en bindend en tree dit in werking met ingang van n datum deur die raad bepaal en bly dit van krag totdat die volgende sodanige lys in werking tree. Applikant se saak is dat respondent in verskeie opsigte nie aan hierdie voorskrifte voldoen het nie. 1. Die kennisgewing ingevolge artikel 107(1)(b): Artikel 107(1) skryf voor dat die betrokke kennisgewing in die Offisiële Koerant en die pers moet verskyn en aan eienaars en okkupeerders 30 dae tyd moet gee om skriftelik beswaar te maak teen die waarderingslys. Respondent se advertensie in die pers gedateer 14 Maart 2002 (Aanhangsel CHB24) verleen aan voornemende beswaarmakers slegs 21 dae om beswaar te maak en verwys boonop nie na al die onroerende eiendom binne respondent se gebied nie maar slegs na alle onroerende goed in die landelike gebied. Respondent voer aan dat die gebrekkige kennisgewing reggestel is deur n

11 kennisgewing wat op 13 Junie 2002 in die pers verskyn het (Aanhangsel O). Ook hierdie poging tot regstelling was gebrekkig deurdat dit eerstens, weereens net na landelike eiendomme verwys en, tweedens, deurdat dit glad nie die voorgeskrewe metode van beswaar, nl skriftelik beskryf nie. Benewens hierdie gebreke is dit tans nog onbekend of hierdie twee kennisgewings ooit in die Offisiële Koerant verskyn het soos voorgeskryf deur artikel 107(1)(b). Applikant het by wyse van n kennisgewing ingevolge Hofreël 35 gedateer 10 November 2003 van respondent geverg om die oorspronklike of n afskrif van aanhangsels CHB24 en O soos voorberei vir publikasie in die Offisiële Koerant beskikbaar te stel. Dit was nie by die verhoor van die aansoek op 27 November 2003 beskikbaar nie. Die Hof het gelas dat respondent moet antwoord op die betrokke kennisgewing nie later nie as 12 middag op Maandag 1 Desember 2003. Respondent het op 28 November 2003 geantwoord dat applikant se kennisgewing onreëlmatig is omdat applikant by wyse van kennisgewing van mosie aansoek moes gedoen het om n bevel wat respondent verplig om bloot te lê. Applikant se houding was tydens betoog baie duidelik, nl dat tensy respondent die gevraagde dokumente blootlê, die Hof geregtig is om af te lei dat die voorgeskrewe advertensies in die Offisiële Koerant waarskynlik nie verskyn het nie. Respondent het verkies om die uitnodiging om die advertensies in die Offisiële Koerant te bewys, te systap. In die

12 omstandighede van hierdie saak meen ek dat op waarskynlikhede bevind kan word dat die advertensies nie in die Offisiële Koerant verskyn het nie. In WEENEN TRANSITIONAL LOCAL COUNCIL v VAN DYK 2002(4) SA 653 (HHA) was die geldigheid van voorgeskrewe advertensies met betrekking tot eiendomsbelasting ook ter sprake. Die gewraakte advertensie het verwys na artikel 105 van die betrokke Natalse Ordonnansie. Die appellant se saak was dat die bewoording van die advertensie ook voldoening aan die voorskrifte van artikel 166 van die Ordonnansie daarstel. Ek haal uit die uitspraak aan: [14] It seems to be clear that the object of s 105(1A) was to inform all the ratepayers in the particular borough of the council s estimates of its income and expenditure for the next financial year, and of the amount of the assessed rates. The estimates are to be made available for inspection at the municipal office for a period of at least seven days after the publication of the notice.... [15] On the other hand, s 166 envisages a stage where the period mentioned in s 105(1A) (ie at least seven days after the publication of the notice envisaged thereby) has elapsed. It requires specification of the amounts at which the rates have been assessed and of the final date for payment thereof. Clearly, s 166 serves a purpose other than that of s 105(1A).... [16] While one might have been able to debate the necessity and importance of the second notice required by s 166 if there had been due compliance in respect of the first notice, the question in the matter before us is whether there

13 was a valid first notice. In my view, the answer must be no. The published notice purports, in its own terms, to be a s 105(1A) notice. It does not now lie in the mouth of the council to say that it is a s 166 notice.... [17] In the result, I am of the view that there was no compliance with the requirements of s 166 in the present matter. The amounts claimed by the appellant were not due and payable when the action was instituted. The claim was consequently rightly dismissed. Ek bevind derhalwe dat respondent in die onderhawige geval nie voldoen het aan die voorskrifte van artikel 107 van die Ordonnansie nie. 2. Die kennisgewing van 26 Julie 2002: Die tersaaklike gedeelte van hierdie kennisgewing is reeds hierbo aangehaal. Applikant wys in sy funderende stukke daarop dat die verwysing in die kennisgewing na artikel 114(3)(a) van die Ordonnansie nie korrek kan wees nie omdat hierdie subartikel verwys na belasbare eiendom sonder enige verbeterings terwyl die kennisgewing onder die opskrif Property 0% rebate voorsiening maak vir belasting op verbeterings ook. In sy antwoordende verklaring sê respondent se deponent, Mnr Maxatshwa, uitdruklik: The reference in the Notice to section 114(3)(a) is, with respect, simply an incorrect reference 114(3)(b) is the appropriate reference. In GERBER AND OTHERS v MEC FOR DEVELOPMENT PLANNING AND

14 LOCAL GOVERNMENT, GAUTENG AND ANOTHER 2003(2) SA 344 (HHA) op pp 356 357 word die volgende gesê: The council cannot be heard to say that the wrong reference to legislation is cured by the fact that it has original powers to impose property rates. The question is whether it had the power to act in the manner complained of and to impose the rates in question... The Republic of South Africa is a constitutional State. Local authorities and other State institutions may act only in accordance with powers conferred upon them by law. This is the principle of legality, an incident of the rule of law. Benewens die verwysing in die kennisgewing na die verkeerde subartikel van die Ordonnansie, is applikant se saak verder dat respondent nooit formeel besluit het om eiendomsbelasting te hef soos wat die inleidende woorde van subartikel (3) voorskryf nie. Respondent ontken hierdie bewering en steun op die notule van die vergadering gedateer 26 Februarie 2002 (Aanhangsel CHB 23). Volgens hierdie notule is daar vier besluite geneem wat soos volg verwoord is: Resolved that 1. the valuation roll on farms, which is included in the Agenda, be accepted in principle. 2. the valuation roll be advertised as soon as possible and a date for the valuation court be determined 21 days after the advertisement in the media;

15 3. the tariff as applicable to the residents in towns be made applicable to the farming communities, properties in town be made applicable also to the properties in the rural areas; 4. the tariff be made applicable with effect from 1st of July 2002. Dit is duidelik dat hierdie notule nie respondent se bewering staaf nie. Dit blyk uit FEDSURE LIFE ASSURANCE LTD AND OTHERS v GREATER JOHANNESBURG TRANSITIONAL METROPOLITAN COUNCIL AND OTHERS 1999(1) SA 374 (CC) op pp 391H I; 395A E; 396D F en 397B D dat n munisipaliteit n sogenaamde deliberative legislative assembly is en dat the deliberation ordinarily takes place in the assembly in public where the members articulate their own views on the subject of the proposed resolutions. Each member is entitled to his or her own reasons for voting for or against any resolution... maw n besluit of resolution word nie by implikasie geneem nie maar uitdruklik. Na my mening volg dit dat respondent nog nie besluit het om eiendomsbelasting te hef ingevolge artikel 114(3)(b) van die Ordonnansie nie. 3. Die samestelling van die waarderingshof: Ingevolge die voorskrifte van artikel 108(1) van die Ordonnansie bestaan die waarderingshof uit n voorsitter en minstens 2 maar hoogstens 4 ander lede, dws uit minstens 3 en hoogstens 5 persone. Op sy vergadering van 4

16 Desember 2001 is die volgende besluit geneem: That 2. the following people be appointed to constitute the evaluation court for a period not exceeding one year; 2.1 the Magistrate of Reitz Mr Jacobz 2.2 the estate Agent of Reitz Mr Pienaar van Zyl; 2.3 the Conveyancer of Reitz Mrs Christie van Wyk; 2.4 the Regional Court Magistrate Mr Msimanga. 3. the District Agricultural Union be approached to nominate two people who will form part of the evaluation court. Met verwysing na hierdie besluit sê respondent se deponent die volgende: The resolution, read in context, provided for a Valuation Court of 3 members. Thus Mr Msimanga was the alternative for Mr Jacobz. Die notule steun nie hierdie konstruksie nie. Dit is duidelik uit hierdie besluit dat respondent n waarderingshof bestaande uit 6 persone saamgestel het en nie n voorsitter aangewys het nie. Geldige besuite kan net deur n behoorliksaamgestelde raad of liggaam geneem word. (Sien OSMAN v JHAVARY AND OTHERS 1939 AD 351 op p 360 en COHEN v SOUTH AFRICAN PHARMACY COUNCIL 1993(1) SA 297 (K) op p 303.) WATCHENUKA AND ANOTHER v MINISTER OF HOME AFFAIRS 2003(1) SA 619 (K) het

17 gehandel met die samestelling van n Standing Committee ingevolge artikels 9 en 10 van die Wet op Vlugtelinge (Wet Nr 130 van 1998). Artikel 9 het vereis dat die komitee sonder enige vooroordeel funksioneer en onafhanklik moet wees. Die komitee is saamgestel uit amptenare van die betrokke Staatsdepartement. Op pp 626F G en 627F G sê die geleerde Regter die volgende: The second ground on which the applicants attack the validity of the condition is that the members of the Standing Committee were appointed unlawfully and accordingly any determination made by it is unlawful and unconstitutional. In this regard the applicants rely on the proposition that any act by an improperly constituted tribunal is ultra vires the tribunal so constituted and is invalid. The provisions of a statute as to the constitution of a board or similar body must be strictly complied with (see LA Rose Innes Judicial Review of Administrative Tribunals in South Africa (1963) at 120). The object of the Legislature seems to have been to provide the Minister and the Director General with a source of independent advice, and to have decisions of Refugee Status Determination Officers reviewed by an independent tribunal. A committee consisting of employees of the Department of Home Affairs can hardly be a source of independent advice, nor constitute an independent review tribunal. Ek stem met eerbied saam. Hieruit volg dit dat die waarderingshof nie behoorlik saamgestel is nie. 4. Die werksaamhede van die waarderingshof:

18 In paragrawe 40 en 41 van die funderende stukke sê applikant die volgende: 40. Bosman bevestig dat landdros Jacobz hom by navraag meegedeel het dat hy, Jacobz, nooit ingevolge die voormelde besluit aangestel is nie, en dat die Waardasiehof ook nooit gesit het om enige beswaar in verband met waardasies oor plaaseiendomme aan te hoor nie of die waarderinglys te hersien nie. 41. Nieteenstaande landdros Jacobz se aanduiding dat die Waardasiehof nie ten opsigte van plaaseiendomme gesit het nie, het Ebersöhn n dokument onderteken in sy hoedanigheid as waardeerder sowel as die `Chairman of the Valuation Court of the Local Authority of Nketoana. n Afskrif van die betrokke dokument is hierby aangeheg gemerk, aanhangsel `CHB16(a). Bosman bevestig dat `CHB16(a) en `CHB16(b) ingebind is in die waarderingslys wat op plaaseiendomme betrekking het. Aanhangsels `CHB17 tot `CHB21 is afskrifte van daardie bladsye van die betrokke waarderingslys waarop my eiendomme aangedui word. Hierop antwoord respondent soos volg: 55. Magistrate Jacobz has not deposed to an affidavit. The Valuation Court exists and functions. The Valuation Court has heard objections as to urban properties and has had the valuation list at its disposal. Jacobz has, like the other persons in the extract 2.1 to 2.4, been appointed to the Valuation Court. The Valuation Court has not sat to hear any objections to rural property valuations for the simple reason that none have been received to date. 56. It is correct that Ebersohn signed the document in question. However, he never intended to

19 sign on behalf of Jacobz, nor was it ever so interpreted. He simply signed in anticipation of Jacobz signature beneath his. His second signature as valuer simply appears where he should have elected his signature. The necessary certificates were also duly signed by the members of the Valuation Court, Ebersohn and myself. I annex hereto copies of the same duly signed and mark it `M and `N. These certificates form part of the valuation roll. In repliek sê applikant die volgende: 25.3 Ek is die Voorsitter van die betrokke distriks Landbou Unie en bevestig dat die Unie nooit versoek is om iemand te nomineer in terme van paragraaf 3 van `CHB15 nie. 25.4 Landdros Hendrik Jacobus Jacobs, die Landdros van Reitz, bevestig, soos blyk uit sy stawende beëdigde verklaring wat hierby aangeheg is gemerk aanhangsel `CHB35, dat die respondent se sogenaamde Waardasiehof wel by een geleentheid gesit het. Hy het as Voorsitter opgetree en besware oor die waardasies van enkele dorpseiendomme is aangehoor. 25.5 Landdros Jacobs bevestig voorts dat hy nooit n skriftelike kennisgewing van sy aanstelling as lid van die Waardasiehof ontvang het nie. Hy is slegs verbaal daarvan ingelig. Hy is ook nooit ingelig van die inhoud van besluite nrs 2 en 3 soos op `CHB15 nie. 25.6 By die voormelde geleentheid waarop hy wel as Voorsitter van die Waardasiehof gesit het, het die Hof bestaan uit homself, Mnr Pienaar van Zyl en Mev Christie van Wyk. Hy het aangeneem dat hy en die twee ander persone die enigste persone is wat as lede van die Hof aangestel is. 25.7 Landdros Jacobs wys verder daarop dat indien hy tydens die voormelde sitting bewus was van die inhoud van besluite nrs 2 en 3 soos op `CHB15, sou hy nie met die sitting voortgegaan het nie, omdat hy dan bewus sou gewees het daarvan dat die Waardasiehof nie

20 behoorlik saamgestel is nie. 25.8 In die lig van die voormelde sal daar by die aanhoor van hierdie aansoek namens my regsargument aangevoer word dat die respondent se Waardasiehof nog steeds nie bestaan nie, en dat die handelinge wat voorgee om deur of namens daardie Hof gedoen te gewees het, nietig is. 25.9 Die stelling dat geen besware ten opsigte van landelike eiendomme ontvang is nie, is verkeerd. Ek herhaal paragraaf 42 van my funderende beëdigde verklaring en handel verder met hierdie aangeleentheid in paragraaf 27 hieronder. 26.2 Meer onbegryplik is die feit dat die fout nie reggestel is nie. Landdros Jacobs bevestig dat hy tot op datum hiervan nog nie die waardasielys ten opsigte van landelike eiendomme geteken het nie. 26.3 Hy bevestig verder dat die waardasielys ten opsigte van landelike eiendomme tot op datum hiervan nog nie aan hom voorgelê is nie. Hy, Mnr Pienaar van Zyl en Mev Christie van Wyk het ook nog nooit die waarderingslys ten opsigte van die plaaseiendomme in oorweging geneem soos bedoel word in artikel 108(3) van die Ordonnansie nie. 26.4 By gevolg word eerbiedig aan die hand gedoen dat daar nog nie voldoen is aan die bepalings van artikel 109 van die Ordonnansie nie. Respondent se aangehaalde bewerings wat daarop neerkom dat die waarderingshof behoorlik saamgestel is en sy pligte behoorlik nagekom het, is so klaarblyklik onhoudbaar dat dit met gerustheid op die stukke verwerp kan word. Aanhangsels M en N waarna respondent verwys, gee voor geteken te gewees het op 23 April 2003 deur die waardeerder, Mnr Ebersohn, Mnr

21 Jacobs, n sekere P van Zyl en respondent se deponent. Artikel 109 van die Ordonnansie verg net een handtekening, nl dié van die voorsitter. Al die ander handtekeninge waarna respondent verwys, en waarop hy blykbaar steun, neem sy saak geensins verder nie en in elk geval is die gewraakte belastings lank voor 23 April 2003 gehef. Benewens die beswaar van Slabbert waarop applikant steun, blyk dit uit respondent se notule van die vergadering van 10 Junie 2002 dat a few objections van boere ontvang is which will be placed under the scrutiny of the Evaluation Court, under the Chairpersonship of Magistrate Jacobs. Dit blyk nou dat respondent onder die indruk was dat geen besware ontvang is nie. Dit is in elk geval gemenesaak dat die waarderingshof nie n enkele beswaar van plaaseienaars oorweeg het nie. 5. Inwerkingtreding van die waarderingslys: Artikel 111 van die Ordonnansie is hierbo aangehaal. Mnr Jordaan het betoog dat dit duidelik uit die aangehaalde getuienis blyk dat die voorskrifte van die Ordonnansie met betrekking tot die samestelling van die waarderingslys nie nagekom is nie en dat daar vandag nog nie n finale en bindende waarderingslys ten opsigte van plaaseiendomme in respondent se regsgebied bestaan nie. Die basis waarop die gewraakte belasting bereken is, ontbreek derhalwe, aldus die betoog. In hierdie verband verwys ek na wat gesê is in die GERBER uitspraak, supra op p 357: [36] In my view, it is abundantly clear that the rates in question were not imposed as required by law.... [37] It is not necessary for present purposes to consider the general validity of provincial legislation in relation to the Constitution or to examine every

22 legislative path open to local authorities seeking to impose rates or other levies on residents within their area of jurisdiction. It is regrettable that revenue will be lost because of the council s failure to exercise its powers and functions within the law. It is clear that this will be a setback to the now distinct local authorities that succeeded the council. However, we must not lose sight of principles that underlie our democracy. All, especially institutions of State, must respect the principle of legality. It is clear that the process and reasoning resorted to by the council was fundamentally flawed and that it acted outside its powers and functions. In line with this conclusion the appeal must succeed. Met betrekking tot Mnr Jordaan se betoog dat die waarderingslys nog nie finaal en bindend was nie en dat eiendomsbelasting daarom nog nie gehef kon word nie, het Mnr Kemp soos volg geredeneer: Omdat die waarderingslys nog nie finaal en bindend was nie, was dit n voorlopige waarderingslys. Artikel 93(9) van Wet 117 van 1998 magtig n munisipaliteit om waardasies wat op n voorlopige of aanvullende waardasielys verskyn, te gebruik wanneer eiendomsbelastings opgelê word. Ingevolge artikel 93(10) is artikel 93(9) van toepassing op aangeleenthede wat die onderwerp is van bestaande gedingvoering. Mnr Kemp se steun op artikels 93(9) en (10) van hierdie Wet, is misplaas. Eerstens, is beide sub artikels in die Wet ingevoeg deur artikel 21 van Wet 51 van 2002 wat eers op 5 Desember 2002 op die Wetboek geplaas is, dws

23 nadat respondent gepoog het om die gewraakte belasting te hef. Tweedens, is daar geen sprake van n voorlopige of aanvullende waardasielys wat deur respondent gebruik is om die belasting te hef nie. Derdens, het hierdie gedingvoering tussen die partye nog nie op 5 Desember 2002 bestaan nie. Ek bevind derhalwe dat Mnr Jordaan se betoog korrek is, nl dat die basis waarop respondent die gewraakte belasting bereken het, te wete n finale en bindende waarderingslys, ontbreek. Na my mening kan respondent se heffing van belasting op plaaseiendomme binne sy gebied nie bly staan nie. Beide partye het, vir goeie redes, van die dienste van twee advokate gebruik gemaak. Mnr Kemp voer aan dat applikant sy eie koste moet betaal indien hy suksesvol is omdat die essensie van applikant se saak nie was dat respondent nie die korrekte prosedure gevolg het om die belasting te hef nie, maar dat respondent nie gemagtig was om belasting op plaaseiendomme te hef nie. In sy funderende verklaring val applikant weliswaar die heffing van belasting op sy plaaseiendom op verskeie gronde aan. Respondent se beweerde versuim om te voldoen aan die voorskrifte van Deel IV van die Ordonnansie vorm n belangrike deel van die aanval en is vervat in paragrawe 34 tot 48 van die funderende verklaring. Daar is geen goeie rede waarom die suksesvolle applikant sy koste ontneem moet word nie. Gevolglik slaag die aansoek met koste, wat die koste van twee advokate insluit en word Smeekbedes 1 en 2 van die kennisgewing van mosie (soos gewysig) toegestaan.

24 JP MALHERBE, RP EK STEM SAAM: GA HATTINGH, R Namens Applikant : Adv AF Jordaan, SC & Adv Barnard Knoetze Iov Naudes, Bloemfontein Namens Respondent : Adv KJ Kemp, SC & Adv CA Nel Iov Honey Prokureurs, Bloemfontein /Jacobs