NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 JANUARIE 2017 OM 11:00

Similar documents
KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP DONDERDAG, 13 DESEMBER 2018 OM 11:00

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 9 NOVEMBER 2016 OM 11:00

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERS- KOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 21 JANUARIE 2015 OM 11:00

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

RAADSLEDE / COUNCILLORS

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 30 AUGUSTUS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 OKTOBER / OCTOBER

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERS- KOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 9 DESEMBER 2015 OM 08:00

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 APRIL

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE SPESIALE RAADSVERGADERING

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

Mosselbaai Munisipaliteit

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

NOTULE: UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE / EXECUTIVE MAYORAL COMMITTEE 1 DESEMBER / DECEMBER 2017

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

MALHERBE RP et HATTINGH R

Provincial Gazette. Provinsiale Koerant INHOUD CONTENTS. Friday, 27 July Vrydag, 27 Julie 2007 PROVINCE OF WESTERN CAPE PROVINSIE WES-KAAP

NOTULE: UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE / EXECUTIVE MAYORAL COMMITTEE 14 FEBRUARIE / FEBRUARY 2017

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

RAADSLEDE / COUNCILLORS

2 PROVINCIAL NOTICES 99 Removal of Restrictions Act, 1967 (Act No. 84 of 1967): Bloemfontein (Bainsvlei): Rezoning Pertaining to Portions 5 (of 1), 6

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT MAHIKENG

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 24 OCTOBER 2008 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. GENERAL NOTICES ALGEMENE KENNISGEWINGS 334 Town-planning and T

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

PRESENT APOLOGY MINUTES

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

NORTH WEST NOORDWES PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Igazethi Yesifundazwe GAZETTE EXTRAORDINARY BUITENGEWONE KOERANT IGAZETHI EYISIPESHELI

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Transcription:

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 JANUARIE 2017 OM 11:00 TEENWOORDIG: Speaker, rdl M Rangasamy Uitvoerende Burgemeester, rdh T van Essen Uitvoerende Onderburgemeester, rdv M S I Goliath Bekebu, Z (ANC) Bess, D G (DA) Daniels, C (DA) De Beer, J M (DA) Fortuin, C B (DA) Maart, E S M (DA) McQuire, V D (DA) Mfutwana, L E (EFF) Papers, C H (DA) Penxa, B J (ANC) Philander, D B (ANC) Smit, N (DA) Sneewe, A M (ANC) Solomons, P E (DA) Stanley, B J (DA) Stemele, O M (DA) Van der Westhuizen, R F (DA) Van Zyl, M (DA) Zatu, N S (ANC) Beamptes: Munisipale Bestuurder, mnr J J Scholtz Direkteur: Finansiële Dienste, mnr M A C Bolton Direkteur: Beskermingsdienste, mnr P A C Humphreys Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, mnr R du Toit Direkteur: Korporatiewe Dienste, me M S Terblanche Snr Bestuurder: Tegniese Dienste (Siviel), mnr L D Zikmann Bestuurder: Sekretariaat en Rekords, me N Brand 1. OPENING Ds Jantjies van die Kalvynse Protestante Kerk open die vergadering met skriflesing en gebed op uitnodiging van die Speaker. Die Speaker verwelkom teenwoordigers en rig 'n spesiale woord van verwelkoming aan die afgevaardigdes van die Kantoor van die Ouditeur-Generaal, mnr Ashiq Allie en mnr Dewald Botha. Die Speaker dra sy gelukwense oor aan raadslede en beamptes wat gedurende Desember en Januarie verjaar. 2. VERLOF TOT AFWESIGHEID Verlof tot afwesigheid word verleen aan rdl F S Humphreys. 3. AFVAARDIGINGS/VERKLARINGS EN MEDEDELINGS/VOORLEGGINGS Geen 4. NOTULES VIR BEKRAGTIGING 4.1 NOTULE VAN N GEWONE RAADSVERGADERING GEHOU 24 NOVEMBER 2016 Besluit/...

2 4.1/... (op voorstel van rdl M van Zyl, gesekondeer deur rdl V D McQuire) Dat die notule van n Gewone Raadsvergadering gehou op 24 November 2016 goedgekeur en deur die Speaker onderteken word, onderhewig aan die regstelling van die woord mondelingse (ipv mondelikse) in item 9.2. 5. VERSLAGDOENING INSAKE GEDELEGEERDE NEMING DEUR DIE UITVOERENDE BURGEMEESTER Dat kennis geneem word van die Uitvoerende Burgemeester se besluite ingevolge gedelegeerde bevoegdheid, soos vervat in die onderstaande notules: 5.1 NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGE- MEESTERSKOMITEE GEHOU 9 NOVEMBER 2016 saamgelees met NOTULE VAN N VERGADERING VAN PORTEFEULJEKOMITEES GEHOU OP 2 NOVEMBER 2016 5.2 NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGE- MEESTERSKOMITEE GEHOU 13 DESEMBER 2016 saamgelees met NOTULE VAN N VERGADERING VAN PORTEFEULJEKOMITEES GEHOU OP 7 DESEMBER 2016 6. VERSLAGDOENING INSAKE GEDELEGEERDE NEMING DEUR DIE MUNISIPALE BESTUURDER Dat kennis geneem word van die Munisipale Bestuurder se besluite as Rekenpligtige Beampte ingevolge gedelegeerde bevoegdheid, in oorlegpleging met die bodbeoordelingskomitee, soos vervat in die onderstaande notules: 6.1 NOTULE VAN N BODBEOORDELINGSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 26 OKTOBER 2016 6.2 NOTULE VAN N BODBEOORDELINGSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 15 NOVEMBER 2016 VERDER Dat ook hierdie notules voortaan in Engels beskikbaar gestel sal word. 7. SAKE VIR BESPREKING 7.1 VOORLEGGING VAN KONSEP JAARVERSLAG: 2014/2015 FINANSIËLE JAAR (7/1/1/1 MY) n Afskrif van die konsep jaarverslag vir die 2015/2016 finansiële jaar is ingevolge artikel 127 van die MFMA ter tafel gelê en gee die Speaker geleentheid aan raadslede om insette te lewer. Die volgende aspekte word deur rdl D B Philander uitgelig met verwysing na die voorwoord van die Uitvoerende Burgemeester: alhoewel die verslag van die Ouditeur-Generaal melding maak van finansiële wangedrag, word dit nie in die jaarverslag gemeld nie; daar word verwys na die wyksraadslede en wykskomiteelede wat die Raad bystaan om 'n betaalkultuur onder verbruikers te vestig en vandalisme aan te spreek, en versoek rdl Philander dat die res van die raadslede wat ook 'n bydrae lewer, nie uitgesluit moet word nie;

3 7.1/... daar word slegs verwys na Silvertown wat nie oor basiese dienste beskik nie, maar daar is ongeveer 200 inwoners in Sibanye Square, Moorreesburg wat ook nie toegang tot basiese dienste het nie; die begroting ten opsigte van jeugontwikkeling in die Swartland moet bekend gemaak word; die bydrae wat opkomende boere in die Swartland lewer word nie gedek nie; die rol van die Nasionale Regering in die EPWP-projekte word misken; en 'n regstelling moet gemaak word dat befondsing vir behuisingsontwikkeling via die Provinsiale Regering gekanaliseer word, en die tekort aan befondsing nie slegs voor die deur van die Nasionale Regering gelê moet word nie. Die Munisipale Bestuurder behandel die verslag ter voorlegging van die 2015/2016 Jaarverslag. Mnr J J Scholtz bevestig (op punt van orde deur rdl Philander dat lg. graag die reaksie van die Uitvoerende Burgemeester as voorlegger van die jaarverslag op insette verlang) dat die volgende items die verantwoordelikheid van die rekenpligtige beampte is wat deel moet uitmaak van die jaarverslag, naamlik: die jaarlikse finansiële state van die munisipaliteit; die Ouditeur-Generaal se ouditverslag op daardie finansiële state; die jaarlikse prestasieverslag van die munisipaliteit. Die 2015/2016 Jaarverslag sal tydens n spesiale raadsvergadering op 23 Maart 2017 nadat dit vir publieke vertoë geadverteer is weereens voorgelê word vir oorweging in terme van artikels 129 en 130 van die Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuurswet, Wet 56 van 2003 (MFMA), met inbegrip van die Oorsigverslag wat deur die Munisipale Verantwoordbaarheidskomitee (MPAC) opgestel sal word. Die Uitvoerende Burgemeester, rdh T van Essen, bedank rdl Philander vir die insette gelewer, maar verduidelik dat die voorwoord tot die jaarverslag volgens baie streng riglyne geskryf word en enige kommentaar ontvang sal binne die riglyne hanteer moet word. Rdh T van Essen wens die Munsipale Bestuurder en Bestuurspan geluk met die verkryging van 'n sesde opeenvolgende skoon oudit en gaan voort om die verteenwoordigers van die Kantoor van die Ouditeur-Generaal te bedank vir die samewerking tydens die eksterne oudit. Die Speaker gee geleentheid aan mnr A Allie van die Kantoor van die Ouditeur-Generaal om die Raad toe te spreek. Mnr Allie noem dat Swartland Munisipaliteit een van die beste kliënte van die Ouditeur-Generaal is en bedank alle amptenare vir die effektiewe wyse waarop inligting beskikbaar gestel word, die progressiewe aard van denke van die munisipaliteit, die vlak van interaksie op vergaderings, sowel as die teenwoordigheid van die Uitvoerende Burgemeester op bestuurskomiteevergaderings wat 'n aanduiding is van die gedeelde belangstelling om die ouditproses suksesvol te laat verloop. Mnr Allie bedank verder die Raad vir die vervulling van die oorsigrol en wens Swartland Munisipaliteit geluk met die sesde opeenvolgende skoon oudit, wat as 'n uitmuntende prestasie beskou word. Mnr Allie bevestig verder dat ander munisipaliteite na Swartland Munisipaliteit opkyk vir leiding om ook hul stelsels en dienslewering te verbeter. (op voorstel van rdh T van Essen, gesekondeer deur rdl D B Philander) Dat kennis geneem word van die jaarverslag vir die 2015/2016 finansiële jaar soos voorgelê in terme van artikel 127(2) van die MFMA, en opgestel in die formaat soos voorgeskryf deur MFMA Omsendbrief 63 van 2012 van Nasionale Tesourie; Dat kennis geneem word van die opvolgaksies waaraan in terme van artikel 130 van die MFMA uitvoering gegee sal word, te wete (i) die openbaarmaking van die jaarverslag; (ii) die rig van n uitnodiging aan die publiek om vertoë daaromtrent te rig;

4 7.1/... (iii) uitnodiging aan die publiek en die relevante staatsorgane om die spesiale raadsvergadering op 23 Maart 2017 by te woon, wanneer die jaarverslag en oorsigverslag bespreek sal word; (iv) voorlegging van die jaarverslag aan die Ouditeur-Generaal, provinsiale tesourie en die provinsiale departement verantwoordelik vir plaaslike regering; (d) (e) Dat die MPAC in terme van artikel 79(2)(d) van die Strukturewet, 1998 gemagtig word om adviserende lede wat nie lede van die raad is nie te koöpteer, ingesluit die volgende: (i) die eksterne finansiële ouditkomitee; (ii) twee wykskomiteelede om op die prestasie-assesseringspaneel gekoöpteer te word; Dat lede van die wykskomitees ook n uitnodiging gerig sal word om (1) die MPAC-vergadering op voormelde datum en (2) die spesiale raadsvergadering op 23 Maart 2017 by te woon; Dat raadslede wat nie op die MPAC dien nie, kennis neem dat dit ook van hulle verwag word om hul eie evaluering van die jaarverslag te doen, onder andere in konsultasie met hul kiesers, wykskomitees en wyksverteenwoordigers om insette en kommentare aan te moedig vir oorweging by die volle raadsvergadering op 23 Maart 2017. 7.2 HALFJAARLIKSE BEGROTINGS- EN PRESTASIE-EVALUASIE (2/4/2) Artikel 72(1) van die MFMA bepaal dat die rekenpligtige beampte teen 25 Januarie van elke jaar die prestasie van die Munisipaliteit gedurende die eerste helfte van die finansiële jaar moet evalueer. Die Halfjaarlikse Begrotings- en Prestasieverslag is opgestel in lyn met die voorskrifte van die Munisipale Begroting en Verslagdoening Regulasies (Algemene Kennisgewing 393 soos afgekondig in die Staatskoerant gedateer 17 April 2009). (op voorstel van rdv M S I Goliath, gesekondeer deur rdl P E Solomons) Dat kennis geneem word van die Halfjaarlikse Begrotings- en Prestasieevaluasie met betrekking tot die eerste helfte van die 2016/17 finansiële jaar; en Dat, in opvolg op bogenoemde [en met verwysing na regulasie 23 hierbo], n aansuiweringsbegroting op die 2016/2017 begroting ter tafel gelê word vir oorweging deur die Raad op 26 Januarie 2017; Dat, in opvolg op bogenoemde, die volgende twee prestasieteikens gewysig word: (i) 09-0277 (by Pieter Swart): Teiken verander van "before end of November" na "before end of February"; (ii) 09-0234 (by Gaynore Pienaar): KPI verander na "Bi-annual write-off transactions completed" en die teiken na "By December and June annually". 7.3 AANSUIWERINGSKAPITAAL EN BEDRYFSBEGROTING VIR DIE 2016/2017 FINANSIËLE JAAR (5/1/4, 5/1/1/1-2016/2017, 5/1/1/2-2016/2017) Die Speaker gee geleentheid aan die Uitvoerende Burgemeester om ingevolge artikel 28 van die MFMA die Tweede Aansuiweringsbegroting vir die 2016/2017 finansiële jaar ter tafel te lê. Die volgende navrae deur raadslede ter opheldering van die inhoud van die Aansuiweringsbegroting word hanteer, naamlik: Rdl Philander aangaande publieke skenkings van R999 000,00 dit is die bydrae van R333 000.00 onderskeidelik deur Kaap Agri, Nova Voere en Pioneer vir die konstruksie van 'n verkeerslig op die Bokomo- en Spoorwegstraatkruising;

5 7.3/... Rdl Zatu aangaande die opgradering van die woonstelle daar word beoog om die projek oor twee finansiële jare te doen, vandaar die aansuiwering in die 2016/2017 finansiële jaar; Rdl Penxa aangaande die grondbesettingseenheid die R2 miljoen is aangesuiwer na R800 000,00, aangesien die Direktoraat Beskermingsdienste nog nie gereed is om die eenheid te vestig nie, onder andere, weens finalisering van posbeskrywings; Rdl Bekebu aangaande die aankoop van grond in Yzerfontein daar word beoog om, onder andere, die volgende persele aan te koop, naamlik (1) erf 2737, Malmesbury vir uitbreiding van munisipale store en opgradering van voetgangersroete en (2) erf 2716, Yzerfontein wat in die toekoms gebruik sal word as padreserwe en vir die bou van nuwe straat, waartoe die ontwikkelaar ook 'n kapitaalbydrae sal lewer. Die Speaker bring die aangeleentheid tot stemming en word (in die afwesigheid van een raadslid) beslis met 16 stemme ten gunste daarvan, en ses raadslede wat buite stemming bly. (op voorstel van rdh T van Essen, gesekondeer deur rdv M S I Goliath) (d) (e) (f) Dat die Direkteur: Finansiële Dienste voldoen aan die statutêre vereistes van die MFMA en dienooreenkomstig Nasionale en Provinsiale Tesourie inlig; Dat dit in ag geneem moet word dat die veranderinge in die begroting geen impak op tariewe het ten opsigte van die 2016/2017 finansiële jaar nie, maar sal lei tot n afname in die tekort van -R 12 139 579 na n surplus van R 11 753 115; Dat dit in ag geneem word dat die 2016/2017 Tweede Aansuiweringsbegroting 'n impak het op die 2017/2018 finansiële jaar as gevolg van die aanpassing teweeggebring deur die Planning/Refurbishment of the Municipal Flats wat in die finansiële jaar 2017/2018 voltooi sal wees; Dat die aangepaste begrotingskedules soos vereis deur die Begroting- en Verslagdoening Regulasies goedgekeur word, soos in Aanhangsel C uiteengesit; Dat die Dienslewerings en Begrotingimplementeringsplan (SDBIP) toepaslik dienooreenkomstig gewysig word; Dat goedkeuring verleen word om die hoë-vlak Kapitaal- en Bedryfsbegroting vir 2016/2017 as volg te wysig: Oorspronklike Begroting 2016/2017 Oorrol Aansuiwering s-begroting Tweede Aansuiweringsbegroting Oorspronklike Begroting 2017/2018 Gewysigde Begroting 2017/2018 Kapitaalbegroting R 74 689 669 R 75 643 467 R 81 428 433 R92 115 550 R 92 115 550 Bedryfsuitgawe R 654 711 941 R 655 585 750 R 636 140 909 R701 640 184 R 710 101 971 Bedryfsinkomste R 641 914 085 R 643 446 171 R 647 894 024 R 698 162 497 R 706 624 284 Begrote Surplus/ (Tekort) (R 12 797 856) (R 12 139 579) R 11 753 115 (R3 477 687) (R3 477 687) 7.4 KWARTAALVERSLAG (ARTIKEL 52 VAN MFMA): OKTOBER DESEMBER 2016 (7/1/2/2-2) Die voorlegging van die kwartaalverslag word voorgeskryf deur artikel 52(d) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 (MFMA).

6 7.4/... Die voorlegging van die verslag aan die Raad dien as een van die Uitvoerende Burgemeester se algemene verantwoordelikhede om die Raad in te lig aangaande die implementering van die begroting en die stand van die finansiële sake van die munisipaliteit. Die kwartaalverslag ten opsigte van Kwartaal 2 soos op 31 Desember 2016 is met die sakelys gesirkuleer. (op voorstel van rdl C B Fortuin, gesekondeer deur rdl V D McQuire) Dat die Raad kennis neem van die aangehegte kwartaalverslag, soos voorgeskryf deur Artikel 52 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 ten opsigte van die implementering van die begroting sowel as die prestasie teenoor die topvlak Dienslewerings- en Begrotingimplementeringsplan van die Munisipaliteit vir die periode 1 Oktober 2016 tot 31 Desember 2016. 7.5 EERSTE KONSEP: WYSIGING VAN DIE SWARTLAND RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK 2017-2022 (15/1/4/1) Die doel van die Swartland Munisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) is om 'n raamwerk met die nodige beleidsvoorskrifte daar te stel om ruimtelike ontwikkeling op 'n volhoubare en gewenste wyse in die munisipale gebied te bevorder. Die firma, CK Rumboll en Vennote, is deur die Raad aangestel om die gewysigde ROR op te stel onder andere om toe te sien dat die raamwerk voldoen aan nasionale, provinsiale en plaaslike wetgewing, en belyning te bewerkstellig met die strategieë vervat in die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP). Rdl D B Philander verneem na die koste verbonde aan die opstel van die ROR, en noem die volgende: Die mynbedryf is 'n baie belangrike sektor in die Swartland munisipale gebied en word nie voldoende in die verslag beklemtoon nie; Een van die doelstellings van die ROR is om die ongelykhede van die verlede reg te stel, maar die verslag spreek dit nie voldoende aan nie. Die Munisipale Bestuurder beklemtoon die belangrikheid van die ROR as 'n sektorale plan tot die GOP, en nooi raadslede uit na die opedae wat beplan word vanaf Maandag, 30 Januarie 2017. (op voorstel van rdl O M Stemele, gesekondeer deur rdl R F van der Westhuizen) (d) Dat daar kennis geneem word van die eerste konsep van die gewysigde Swartland Munisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR); Dat die Raad goedkeuring verleen om die eerste konsep van die gewysigde ROR te publiseer vir publieke kommentaar ingevolge artikel 7(1) van die Verordeninge insake Munisipale Grondgebruikbeplanning; Dat die eerste konsep van die gewysigde ROR aan die Provinsiale Minister vir kommentaar voorgelê word; Dat kennis geneem word dat die tydperk van publieke kommentaar gedurende Februarie tot Maart 2017 sal wees, met opedae in meeste van die dorpe in die Swartland munisipale gebied. 7.6 AANVAARDING VAN DIE VERORDENING INSAKE MUNISIPALE GRONDGEBRUIKBEPLANNING (1/1) Die konsep Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning, waarvan die Skemaregulasies 'n skedule daartoe is, was na voorlegging aan die Raad op 24 November 2016 vir publieke kommentaar ter insae.

7 7.6/... Geen kommentaar is vanaf die publiek ontvang nie. Die kommentaar ontvang vanaf Provinsie was reeds in die konsep verordening geakkommodeer. Die Speaker bring die aangeleentheid tot stemming en word beslis (in die afwesigheid van een raadslid) met 16 stemme ten gunste daarvan, en ses raadslede wat buite stemming bly. (op voorstel van rdl C B Fortuin, gesekondeer deur rdl M van Zyl) (d) Dat die verordeninge insake Munisipale Grondgebruiksbeplanning aanvaar word; Dat die verordeninge in die Provinsiale Koerant afgekondig word vir inwerkingtreding vanaf datum van publikasie in die Provinsiale Koerant. 7.7 AANSTEL VAN BOUBEHEERBEAMPTE (15/4/1) Mnr M Jacobs is deur die Raad aangestel as Boubeheerbeampte ingevolge die betrokke wetgewing. Verder is die bouinspekteur, mnr Bertus Keulder, aangestel om as Boubeheerbeampte waar te neem in die afwesigheid van mnr M Jacobs. Die behoefte bestaan egter om ook die ander bouinspekteurs as Boubeheerbeamptes aan te stel, sou dit gebeur dat beide mnre Jacobs en Keulder nie beskikbaar is nie. Die item het op 13 Desember 2016 voor die Uitvoerende Burgemeesterskomitee gedien, en aangesien die aanwysing van 'n Boubeheerbeampte deur die Raad nie delegeerbaar is nie, die besluit van die Uitvoerende Burgemeesterskomitee gekondoneer word, naamlik Dat mnr C Pietersen en me E van der Byl met ingang van 13 Desember 2016 aangestel word om die funksies en pligte van Boubeheerbeampte uit te voer in die afwesigheid van mnr M Jacobs, ingevolge Artikel 5(i) van die Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde Wet, Wet 103 van 1977; Dat voormelde amptenare hierdie pligte sal uitvoer onder omstandighede en sodanige periode as wat die Direkteur: Ontwikkelingsdienste dit mag nodig vind. 7.8 ONDERSOEKE NA ONREËLMATIGE UITGAWES ASOOK VRUGTELOSE EN VERKWISTE UITGAWES IN TERME VAN ARTIKEL 32 VAN DIE WET OP MUNISIPALE FINANSIËLE BESTUUR, 2003 (5/15/1/5) 7.9/... Sedert daar in Oktober 2016 aan die Raad gerapporteer was aangaande gevalle wat ondersoek word na onreëlmatige uitgawes asook vrugtelose en verkwiste uitgawes, was daar geen nuwe gevalle ondersoek nie. Die verslag tot die sakelys het dus ten doel om die vordering op bestaande gevalle te rapporteer. (op voorstel an rdl V D McQuire, gesekondeer deur rdl P E Solomons) Dat daar kennis geneem word van die vordering van die volgende sake m.b.t. die onreëlmatige uitgawes asook vrugtelose en verkwiste uitgawes: Ongerymdhede met die aankoop van materiaal In proses, hangende oorplasing van bedrag vanaf die SAMWU Voorsorgfonds; Onreëlmatigheid met aankoop van sement Ondersoek afgehandel; Vrugtelose en verkwiste uitgawes t.o.v. laatbetalings aan DBSA en CRF Ondersoek afgehandel. (Volledige ondersoekverslae is beskikbaar by die kantoor van die Bestuurder, Interne Oudit)

8 7.9 BEWEERDE SKENDINGS VAN DIE GEDRAGSKODE VIR RAADSLEDE EN/OF VERORDENING INSAKE DIE REËLS VIR DIE HOU VAN VERGADERINGS (3/1/6) 'n Verslag is deur die Speaker opgestel na aanleiding van die beweerde skendings van die Gedragskode vir Raadslede en/of Verordening insake die Reëls vir die Hou van Vergaderings nadat kommentaar, al dan nie, van die betrokke raadslede ontvang is. Die verslag van die Speaker is met die sakelys gesirkuleer. (op voorstel van rdl C Daniels, gesekondeer deur rdl C H Papers) Dat kennis geneem word van die verslag soos ontvang van die Speaker en dat die aanbevelings daarin aanvaar word; Dat die onderskeie aangeleenthede, waar toepaslik, na die Dissiplinêre Komitee verwys word om te ondersoek en n bevinding te maak oor die beweerde skendings van die Gedragskode vir Raadslede en/of Verordening insake die Reëls vir die Hou van Vergaderings en om gepaste aanbevelings aan die Raad te maak; Dat die uitkoms van die ondersoek aan die LUR vir Plaaslike Regering gerapporteer word. 7.10 GEDRAGSKODE VIR RAADSLEDE: VERKLARING VAN BELANGE (3/1/1) Ingevolge item 7 van die Gedragskode vir Raadslede moet raadslede binne 60 dae na hul verkiesing, asook jaarliks daarna, hul finansiële belange op skrif verklaar, asook geskenke wat in waarde die bedrag van R1 000,00 oorskry. (op voorstel van rdl P E Solomons, gesekondeer deur rdl V D McQuire) Dat raadslede kennis neem dat enige veranderinge in die aard of detail van die finansiële belange van n raadslid soos na verwys in Item 7 van die Gedragskode vir Raadslede, jaarliks op skrif aan die Munisipale Bestuurder verklaar moet word, ingesluit geskenke wat deur n raadslid ontvang word en wat in waarde R1 000,00 oorskry; Dat kennis geneem word dat enige wysigings van die besonderhede soos na verwys in paragraaf, teen nie later nie as 10 Februarie 2017 by die Direkteur: Korporatiewe Dienste ingedien moet word. GETEKEN: SPEAKER