INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Direkte en indirekte rede *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Mandala Madness Deel 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Uit Moerdijk se pen Man en Media

G. J. du Preez

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

SIZA takes the sting out of auditing

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Tariewe

Tariewe

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Edgehog

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hoe om krag te spaar

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

!"#2. Stiefgesinne DIE SLEUTELS TOT SUKSES OOK: WAAROM MOET ONS ANDER PRYS? BLADSY 28 APRIL 2012

DIE SELFBEELD VAN DIE SOSIOLOGIE - EN SOSIOLOË DEUR PROF DR J S OOSTHUIZEN

Afrikaans van die Kaapse Moslems

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Rubriek vir skeppende werk

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Transcription:

INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68

DEEL TWEE: STORMS Storms wat die Here oor ons laat kom... 77 Storms wat deur die duiwel veroorsaak word... 81 Storms wat deur ander mense veroorsaak word... 88 Onverklaarbare storms... 93 Geloof wat storms deurstaan... 104 Gevolgtrekking... 107 DEEL DRIE: WOESTYNE Woestyne in die Bybel... 112 Woestyne in ons lewe... 128 TEN SLOTTE

1 SEISOENE IN ONS LEWE

Ons almal is vertroud met die seisoene in die natuur: lente, somer, herfs en winter. Baie van ons het n voorkeur vir n spesifieke seisoen. Ek verkies die herfs. Herfs, wanneer die blare sulke pragtige kleure kry en die weer en temperatuur so heerlik is nie te warm en nie te koud nie. Ander verkies weer die winter; die koulikes onder ons weer die somer. Natuurlik is lente, wanneer alles na die winter ontwaak en daar oral te kens van nuwe lewe is, n spesiale seisoen vir die meeste mense. Verskillende lands- en wêrelddele se seisoene verskil natuurlik onderling. Sommige streke kry hulle reën byvoorbeeld in die winter, ander in die somer en in ander reën dit sommer die hele jaar deur. Tog het die onderskeie seisoene in verskillende landstreke sekere gemeenskaplikhede. As jy byvoorbeeld van winter praat, besef enige persoon van waar ook al dat dit die koudste seisoen is, dié een waar die groei afplat of tot stilstand kom en waar die bladwisselende bome hulle blare verloor. So ook kan n mens in enige land in die wêreld byvoorbeeld aan die plantegroei en die verkleu ring van die blare agterkom dat dit herfs is.

14 Isak Burger GOD VAN DIE SEISOENE As jou oë daarvoor oop is, is dit opmerklik watter belangrike rol seisoene ook in die Bybel speel. Daar is heelparty tekste waar die bepaling en instelling van seisoene aan God toegeskryf word. Natuurlik is God ook die Skepper van seisoene ál die seisoene. Die seisoene is deel van die skepping. God het nie net die materiële dinge soos planete en sterre geskape nie, Hy het ook die ritme in die skepping bepaal, die bane van planete en sterre, die verhouding van die hemelliggame tot mekaar en hulle wedersydse uitwerking op mekaar. As jy na die volmaakte balans en wisselwerking van al die hemelliggame kyk en dit bestudeer, word n Godlose evolusieteorie wat die rol van God as Skepper en Onderhouer ontken, al meer problematies. Net n Meester-argitek en Skepper kon so n betekenisvolle heelal daarstel! In hierdie groot prentjie pas die seisoene ook in. In die natuur word seisoene bepaal deur die gradiënt van die aarde en sy afstand vanaf die son op daardie spesifieke stadium van die jaar. Die feit is egter dat seisoene nie maar toevallig ontstaan het nie. Die Here is ook God van die seisoene. In die Bybel is daar meer as een woord in die grondtale wat met seisoene vertaal kan word. Terwyl dit interessant is dat die Engelse vertalings dit gewoonlik met season vertaal, word dit in die Afrikaanse vertalings meer dikwels met tyd, uur of geleentheid vertaal. n Tipiese voorbeeld is Prediker 3:1. In Afrikaans lees dit: Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak

Seisoene in ons lewe 15 onder die hemel is daar n tyd en in Engels: To every thing there is a season. A time for every purpose under heaven (NKJV). Nog so n voorbeeld is in Daniël 2:21: Hy tog verander die tye en die geleenthede terwyl dit in die NKJV soos volg vertaal word: And He changes the times and the seasons. Die rede vir hierdie verskil in vertalings is dat die woord seisoen in die grondtale nie op n vlietende, onbepaalde tyd dui nie, maar op n spesifieke, vasgestelde of bepaalde tyd a set time. Die woord seisoen laat myns insiens reg geskied aan hierdie Bybelse konsep van n bepaalde tyd wat deur God daargestel en beheer word. SEISOENE IS BELANGRIK VIR GROEI Enige natuur- en plantkundige weet dat die afwisseling en verandering van seisoene nodig is. Seisoene het n betekenisvolle plek en doel, beide in die natuur en in ons lewens. God het seisoene in die natuur gegee omdat dit nodig is, soos gesien kan word in Psalm 74:17: Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en win ter, Ú het hulle geformeer. Seisoene in die natuur speel n belangrike rol in die totale groeiproses, in die veranderings wat die plant moet deurgaan om in n volgende nuwe fase in te gaan en om die plant of boom tot volwassenheid te bring. As die natuur by een seisoen, soos somer, sou vashaak, sal die plant op die lang duur waarskynlik tot niet gaan. Daarom is daar n Goddelik-bepaalde ritme en sinvol-

16 Isak Burger heid ten opsigte van die verskillende seisoene wat mekaar opvolg. Dit is belangrik om te verstaan dat elke seisoen belangrik en onmisbaar is. Die feit dat ons miskien nie van n spesifieke seisoen hou nie, dat dit miskien n koue of droë of winderige tyd van die jaar is, beteken nie dat dit betekenisloos, onbelangrik of onnodig is nie. Dit laat my dink aan die denkbeeldige verhaaltjie wat ek eenmaal gehoor het van die boer wat altyd ontevrede was en gekla het oor een of ander abnormaliteit in die weersomstandighede op sy plaas. Hy kry toe die geleentheid om vir die volgende jaar die weer te bestel presies soos hy dit wou hê. Hy het alles perfek en in detail bestel: die regte temperature, spesifieke hoeveelhede reën op spesifieke tye alles perfek. Dit het gelyk of dit n rekord-oesjaar sou wees. Die mielies het groen en geil en hoog gegroei. Maar toe die oestyd kom, was sy verbystering groot: die mieliekoppe het net hier en daar n pit gehad. Die rede? Hy het nie van wind gehou nie en dit daarom nie bestel nie, en toe het die behoorlike bestuiwing van die mielies in die slag gebly. Hierdie verhaaltjie laat n mens net weer besef dat veranderings en skommelinge wat seisoene in die natuur (en in ons lewens) teweegbring betekenisvol en nodig is al dink ons nie so nie. Een van die kommerwekkende gevolge van die globale versteuring van die klimaat en die natuur is juis die effek wat dit op die seisoene het. Aardverwar ming en besoedeling het die balans van die natuur só versteur dat dit ook die seisoene deurmekaarkrap, met die gevolglike negatiewe effek op die plant- en die relewe.