MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DIE OBJEK VAN OUTEURSREG HLD HANEKOM

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

SIZA takes the sting out of auditing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Rut: n Liefdes Verhaal

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Uit Moerdijk se pen Man en Media

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Government Gazette Staatskoerant

Mandala Madness Deel 2

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Tariewe

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MRL3702/001/4/2011 DEPARTEMENT HANDELSREG ARBEIDSREG MRL3702

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

Die diskresie van 'n trustee van 'n inter vivos trust: wysiging en beperking S TACK

Mosselbaai Munisipaliteit

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Direkte en indirekte rede *

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

POTCHEFSTROOMSE ELEKTRONIESE REGSTYDSKRIF. VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD 1. Voorgeskrewe verwysingstyl van PER/PELJ,

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MALHERBE RP et HATTINGH R

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

DIE INKOMSTEBELASTING HANTERING VAN FRANCHISEFOOIE BETAALBAAR DEUR FRANCHISEHOUERS IN DIE SUID- AFRIKAANSE PETROLEUM-BEDRYF

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HANDLEIDING VIR DIE TOEPASSING VAN DIE VOORGESKREWE VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD VAN DIE FAKULTEIT REGTE (NWU, POTCHEFSTROOMKAMPUS)

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Transcription:

Leeruitkomste MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1 Nadat u hierdie eenheid bestudeer het, behoort u in staat te wees om: die filosofie agter outeursreg te verstaan; die beskerming verleen deur internasionale konvensies te bespreek; die definisie van outeursreg te ken; die verskillende elemente van outeursreg te identifiseer; die belangrikheid daarvan om n idee tot stoflike vorm te herlei te verstaan; in detail al die verskillende werke wat outeursreg beskerming geniet te identifiseer en te bespreek; die konsep outeur te verstaan; die uitsonderings op die gewone betekenis van outeur te identifiseer en toe te pas; die vereistes vir die ontstaan van outeurseg in detail te bespreek; voorgeskrewe regspraak en artikels te kan bespreek en toe te pas; enige addisionele materiaal in lesings bespreek te kan bespreek. Studiemateriaal Alle verwysings na paragrawe en bladsynommers verwys na die voorgeskrewe handboek vir Intellektuele Goederereg. Studeer Vd Merwe Deel 3 Hoofstukke 19-22 Dexion Europe Ltd v Universal Storage Systems (Pty) Ltd [2002] 4 All SA 67 (SCA) Haupt t/a Soft Copy v Brewers Marketing Intelligence (Pty) Ltd and others [2004] 4 All SA 67 (C) Helm Textile Mills (Pty) Ltd v Isa Fabrics CC & others [2005] JOL 14423 (T) Davis. What every singer/songwriter should know Wet op Outeursreg 98 van 1978 Verryking www.wipo.org www.adamsadams.com www.spoor.com 48

1. Kopiereg of outeursreg? / Geskiedenis Die term outeursreg is die korrekte een om te gebruik in Afrikaans aangesien dit baie meer bevoegdhede insluit as bloot die reg om te kopieer. Hierdie probleem bestaan nie in Engels nie en die term copyright word dienooreenkomstig gebruik. Lees deur die geskiedenis van die onstaan van outeursreg. 2. Filosofie van outeursreg Outeursreg dien as beskerming van die intellektuele skeppings van n outeur en dien as motivering om nog meer werke te skep. Soos met patente word outeursreg vir n sekere periode toegestaan, gewoonlik 50 jaar. 3. Beskerming van outeursreg 3.1 Statutêre beskerming Die Wet op Outeursreg 98 of 1978 ( die Wet ), tesame met die Regulasies daarop, reguleer die beskerming van outeursreg in Suid-Afrika. Hierdie wet is gebaseer op wetgewing vanaf die Verenigde Koninkryk. 3.2 Verdrae Soorgelyk aan handelsmerke is daar verskeie verdrae wat van toepassing kan wees op die beskerming van outeursreg in Suid-Afrika. Die Bern-Konvensie Suid-Afrika is n lid van hierdie konvensie wat outeursreg beskerm en maak voorsiening vir die internasionale erkenning van outeursreg. TRIPS Die Wet voldoen aan al die belangrikste bepalings van TRIPS, wat staan vir the Agreement on Trade Related Aspects of Intellectual Property Rights. WCT en WPPT Suid-Afrika is n lid van WCT ( WIPO Copyright Treaty ) en WPPT ( WIPO Performances and Phonograms Treaty ). 4. Definisie en elemente van outeursreg 4.1 Positiewe definisie Outeursreg word nie deur een enkele bepaling in die Wet gedefinieer nie, maar deur verskeie bepalings daaroor. Outeursreg kan gedefinieer word as die uitsluitlike reg 49

verleen aan die houer van outeursreg om sekere bevoegdhede uit te oefen soos gedefinieer en om die uitoefening daarvan goed te keur. 4.2 Negatiewe definisie Outeursreg word ook omskryf as daardie handelinge wat persone anders as die outeursregreghebbende nie mag verrig nie. 4.3 Elemente van outeursreg Die volgende elemente van outeursreg bestaan: dit is n reg wat in die eerste plek n outeur toekom; die werk waarin outeursreg vestig moet oorspronklik wees; die werk moet tot stoflike vorm herlei word; outeursreg kan net tov sekere werke bestaan; outeursreg kan nie vestig in werke wat contra bones mores is nie; die outeur moet n bevoegde persoon wees of die eerste publikasie/vervaardiging van die werk moes in Suid-Afrika geskied. 5. Objek van outeursreg n Idee is nie beskerm alvorens dit herlei is na stoflike vorm nie. Die vraag wat ontstaan is of die idee self bestaan uit outeursreg en of die outeursreg setel in die stoflike vorm waarna die idee herlei is. 6. Werke waarop outeursreg gevestig kan word Die werke waarin outeursreg vestig bestaan uit n geslote lys. Indien enige werk nie hieronder val nie, sal geen outeursregbeskerming in Suid-Afrika verleen word nie. Die volgende werke word beskerm deur outeursreg: letterkundige werke; musiekwerke; artistieke werke; klankopnames; rolprente; uitsendings; programdraende seine; gepubliseerde uitgawe; rekenaarprogramme. U moet weet wat presies bedoel word met elkeen, hoe dit beoordeel word en onder watter omstandighede n werk hiervoor sal kwalifiseer. 50

7. Vereistes vir die ontstaan van outeursreg Die eerste belangrike aspek om te besef is dat geen registrasie vereis word van enige werk nie. Sodra n idee herlei is na n stoflike vorm bestaan outeursreg. Die vereistes (soortgelyk aan die elemente van outeursreg) vir die totstandkoming van outeursreg is: die objek moet n werk wees soos uiteengesit in artikel 2(1); oorspronklikheid; stoflike vorm; die werk mag nie teen die goeie sedes wees nie; die outeur moet n bevoegde persoon wees OF die eerste publikasie van die werk moes in Suid-Afrika geskied het. Oorspronklikheid Dit is belangrik om te besef dat die outeur se eie arbeid en vernuf aan die dag moes lê met die skep van die werk. Dit kan nie van n ander bron af gekopieer word nie. Sekere spesifieke riglyne moet gevolg word wanneer daar gewerk word met: vertalings; verkorte werke; die gebruik van werke waarop daar outeursreg bestaan; samestellings; herdrukke. Bestudeer die beginsels hiervan deeglik. Stoflike vorm Geen outeursreg bestaan in idees per se nie. n Idee moet gereduseer word tot n stoflike vorm voor enige outeursreg kan bestaan. Bestudeer die spesifieke definisies wat uiteengesit is in artikel 2(2) en artikel 1 in verband hiermee. Teen die goeie sedes Indien n werk teen die goeie sedes is, sal geen outeursreg beskerming daaraan verleen word nie. Bevoegde persoon n Bevoegde persoon is n persoon wat: n Suid-Afrikaanse burger is; gedomisilieerd is in Suid-Afrika of n inwoner is van Suid-Afrika; in die geval van n regspersoon indien die entiteit ingelyf is kragtens die wette van Suid-Afrika. 51

Eerste publikasie/vervaardiging/uitsending Die beteken letterlik dat die eerste publikasie/vervaardiging/uitsending (kollektief na verwys as publikasie) in Suid-Afrika gemaak moes word. Indien die eerste publikasie oorsee geskied het, word n 30 dae periode toegelaat vir n verdere publikasie in Suid- Afrika wat steeds geag sal word as die eerste publikasie van die betrokke werk in Suid- Afrika. 8. Outeur van n werk Die outeur van n werk is die belangrikste persoon in omtrent alle gevalle. Die outeur is die aanvanklike houer van alle regte wat saamgaan met die betrokke werk wat geskep is deur die aanwending van die outeur se arbeid en vernuf. Dit is belangrik om te bepaal wie die outeur van n werk is waar verskeie outeurs betrokke is by n projek wat baie ure in beslag neem. Dink bietjie aan die ontwikkeling van n rolprent soos Shrek. Hoeveel mense dink u was betrokke by die maak daarvan? Dink u dis moontlik dat sekere dele van die werk gesubkontrakteer was aan eksterne partye? Kan dit dalk wees dat vryskut meesters op hulle betrokke gebiede gebruik was? Wie sal dan die outeursreg besit ten opsigte van hulle onderskeie bydraes tot die rolprent? Vanuit hierdie vrae sal u kan sien dat dit nie so eenvoudig is om te bepaal wie die outeur van n werk is nie! Dit is heeltemal moontlik om mede-outeurs te hê waar verskeie persone gehelp het met die skep van n werk. Die outeur van n werk moet n bevoegde persoon wees in terme van die Wet. n Regspersoon kan nooit die eienaar van letterkundige werke, musiekwerke en artistieke werke wees nie. Hoekom? Daar is sekere uitsonderings op die gewone betekenis van outeur. Spesifieke reëls word uiteengesit in artikel 1(1) van die Wet ten opsigte van: foto s; klankopnames; rolprente; uitsendings en programdraende seine; gepubliseerde uitgawes; rekenaarprogramme; rekenaargeskepte letterkundige, dramatiese, musiek- en artistieke werke. Bestudeer hierdie uitsonderings deeglik. 52

Aktiwiteit 1 (U sal eers hierdie vraag aan die einde van die module kan antwoord) Celine Dion het Suid-Afrika besoek op n uitgebreide konserttoer deur die land en het n nuwe CD opgeneem om hierdie toer te gedenk. Die CD se titel is A New Africa en is opgeneem deur die Suid-Afrikaanse maatskappy EMI. Celine het self die musiek en lirieke van die liedjies geskryf. Skytop Creations was verantwoordelik vir die omslag van die CD en het ook die bemarking daarvan hanteer. Voor die CD vrygestel is, het n radiostasie in Gauteng, Norules 99.9 FM, alreeds van die snitte op die CD oor die lug gespeel. Norules het ook die omslag van hierdie CD gebruik op hulle eie advertensies in n gemeenskapstydskrif, waarin Celine Dion se handelsmerk onveranderd gebruik is. Norules het tydens die Macufe fees in Bloemfontein kopieë van hierdie CD gratis weggegee aan feesgangers. 1.1 Identifiseer die werke wat outeursregbeskerming geniet deur Celine. (3) 1.2 Bespreek die outeursregbeskerming wat beskikbaar is aan EMI. (2) 1.3 Adviseer Celine of Norules se optrede inbreukmaking van haar outeursreg en handelsmerk daarstel. (10) Aktiwiteit 2 Steven is n kunstenaar wat onlangs van Kaapstad af verhuis het na Bloemfontein. Die kunstenaarsgemeenskap was van mening dat dit n fatale skuif was, maar binne die eerste maand het Steven alreeds nuwe werke geproduseer onder n skuilnaam Thorn. Hy het begin om gedigte te skryf, die woorde daarvan te neem en dit dan te gebruik as inspirasie om beeldhouwerke te skep. Die beeldhouwerke is elk voorsien van n silwer plaatjie waarop die gedigte gegraveer is en onderaan die beeldhouwerk aangebring is. 2.1 Evalueer die skeppings van Steven en adviseer Steven oor sy regte ten opsigte van outeursreg. (8) 2.2 Noem die twee vermoedens wat bestaan ten opsigte van die gebruik van n skuilnaam. (2) (U sal eers hierdie vraag aan die einde van die module kan antwoord) 53

Aktiwiteit 3 John Hlophe, a Suid-Afrikaanse burger, wil die Hoogste Hof van Appél uitspraak gelewer in Hurly v Hurly gebruik in n boek wat hy skryf oor sy lewe as n juris. Hy kon slegs n afskrif van die HHA se uitspraak op die uitstekende webwerf van die Fakulteit Regsgeleerdheid van die UV vind. 3.1 Bespreek die outeursreg implikasies vir John indien hy die HHA uitspraak woord vir woord sou kopieer in sy boek. (2) 3.2 Indien Juta die hofuitspraak in hulle regsjoernale gepubliseer het, sou dit n verskil maak aan u antwoord in 1.1 indien John die inhoud van die gepubliseerde hofuitspraak gebruik het? (2) 3.3 Besit die UV enige outeursreg in die HHA beslissings en die uitleg daarvan op die webwerf van die UV? (2) 3.4 Indien John tyd spandeer in die VSA om sy boek te skryf, sal dit enige invloed hê op die outeursregbeskerming wat tot sy beskikking in Suid-Afrika is? Bespreek. (4) Aktiwiteit 4 Die Groot Karoo Indaba is n organisasie wat hom beywer vir die vervaardiging en bemarking van plaaslike produkte vanaf die Groot Karoo na die res van die wêreld. Verskeie produkte word vervaardig en verwerk deur verskeie plaasbedrywe in die Groot Karoo, wat almal aan hierdie organisasie behoort en die GKI stempel van goedkeuring ( n geregistreerde handelsmerk in Suid-Afrika) op hulle produkte aanbring. Charles Sisulu, die eienaar van die plaas Boegoebos in dieselfde distrik, het n soortgelyke handelsmerk 1GK en is ontevrede oor die bestaan van die GKI handelsmerk. Hy het n skandeerder uitgevind wat koeie skandeer en aanbevelings maak oor die voeding van die diere. Sodoende word hulle melkproduksie aansienlik verhoog. Charles het n artikel geskryf oor sy nuwe uitvinding, maar het dit nog nie vir iemand anders gewys nie. Hy nader u om regsadvies. Charles het na u geluister en eers die patent geregistreer voordat hy die artikel in die Landbou Weekblad gepubliseer het. In reaksie op die artikel het n span oorsese joernaliste op Boegoebos toegesak om die uitvinding af te neem vir oorsese televisie. Dit is onder andere eerste uitgesaai deur n nuuskanaal CNN in die VSA en n dokumentêre program is daaroor gemaak deur die vryskut joernalis Max Williams wat daarna oor SAFM, n radiostasie in Suid-Afrika, 54

uitgesaai is. Identifiseer die verskillende werke waarin outeursreg vestig, klassifiseer dit volgens artikel 2(1) van die Wet op Outeursreg en dui aan wie oor watter aspek daarvan eienaarskap besit. (8) 55