RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

NUUSBRIEF JUNIE 2008

Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Rut: n Liefdes Verhaal

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

) waar van toepassing.

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Mandala Madness Deel 2

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING: KOOPVORM

SIZA takes the sting out of auditing

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Finansieel Gesproke 1

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

HOëRSKOOL PORTERVILLE

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Direkte en indirekte rede *

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

DIE INKOMSTEBELASTING HANTERING VAN FRANCHISEFOOIE BETAALBAAR DEUR FRANCHISEHOUERS IN DIE SUID- AFRIKAANSE PETROLEUM-BEDRYF

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS KOOPVORM VIR INDIVIDUE

Tariewe

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

Die geestelike tuiste van suiwer beleggings. Shari ah-beleggings aangebied deur Old Mutual Unit Trusts

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

BY DIE WERK. Die kuns van geluk. Hoekom is almal so behep met Pokémon Go? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie. Nóg wetgewing regtig?

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Transcription:

RSA MAKELAARS Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET Geseënde Kersfees Bladsy 1

IN HIERDIE UITGAWE 1 Finsolnet Nuus Bl. 2 2 Ekonomiese Barometers Bl. 4 3 Buitelandse Beleggings terug na RSA Bl. 10 1) FINSOLNET NUUS 4 Inkomstebelasting Bl. 10 5 Rente vooruitsigte Bl. 11 6 Prosedure na sterfte Bl. 11 7 Nuwe Produkte Bl. 12 8 GEPF Verhoging van Gadepensioen Bl. 13 9 Vlekvryestaalhouers Bl. 13 10 Webtuistes Bl. 13 11 Verdeling van Kapitaal Bl. 14 12 Maandelikse Reisprogram Bl. 14 13 Algemeen Bl. 15 Beperking op Tjeks Wees bedag op swak advies 14 Personeel Nuus Bl. 15 15 Bylaes Bl. 16-27 16 RSA Makelaars Personeel en Kontakbesonderhede Bl. 28 1. ADMINISTRASIEKOSTE Administrasiekoste van 0.10%pj op portefeuljes kleiner as R1m en 0.05%pj op portefeuljes groter as R1miljoen is effektief vanaf 30 September gestaak en nie op 1 Julie 2012 soos in ons Junie Nuusbrief bevestig nie. Hierdie kostebesparing beteken dus dat opbrengste reeds vanaf Oktober groter is. 2. BELEGGINGSPROSEDURE Bylae A (bl. 16) reflekteer die Finsolnet beleggingsprosedure deur die bemiddeling van Sygnia as die primêre Fondsbestuurder. U word versoek om daarop te let dat ons, vanaf 1 Julie 2012, behalwe AIMS ook Glacier van Sanlam, Investec en Allan Gray as administratiewe platforms mag gebruik. Hier is dit belangrik om daarop te let dat Sygnia die verantwoordelike Fondsbestuurder is. In terme van hul navorsing word die verdeling van die kapitaal volgens die 4 boublokke van die portefeuljes, nl kontant, Effekte, eiendom en aandele, bepaal; word die individuele Fondsbestuurders om die strategieë te bestuur aangestel en word veranderings in die individuele portefeuljes bepaal. Elf Fondsbestuurders word tans gebruik en die hele proses word daaglikse deur Sygnia gemonitor. Bladsy 2

3. MATRIKS VAN KOSTE Ons verduidelik graag die Koste Matriks wat alle ontledings vergesel en as Bylae B (bl. 17) aangeheg is: Die Matriks toon die volgende: 1) Kostebesparing as gevolg van RSA Makelaars se advies Hier toon ons die totale kostebesparing van aanvanklike en deurlopende administrasieen adviesfooie namens die kliënt deur RSA Makelaars beding. 2) Eenmalige aanvanklike administrasiekoste en adviesfooi: Die aanvanklike administrasie en advieskoste is slegs by nuwe ontledings van toepassing. Let in die voorbeeld op die geweldige besparing van administratiewe koste as gevolg van die feit dat ons dit na n nul-tarief kon beding. Let ook op die potensiële kostebesparing van advies. 3) Deurlopende Jaarlikse koste vir Fondsbestuur, Finansiële Adviseur en Administrasiekoste: Aan die linkerkant toon ons die boublokke van elke portefeulje asook die geweegde gemiddelde blootstelling, m.a.w. toedeling van die kapitaal per fonds. Verwys in hierdie verband na Bylae A se onderste gedeelte. Die Minimum fooi -kolom bepaal die koste van bestuur indien die Fondsbestuurders nie hulle individuele mandate behaal nie. Die maatstaf -kolom toon die koste van bestuur indien die doelwit prestasie wel behaal word. Die maksimum fooi -kolom toon die bestuurskoste indien die maatstawwe vêr oortref word. Op soortgelyke wyse word die matige en aggressiewe strategieë ook getoon. Dit is belangrik om by die onderskeie strategieë daarop te let dat die bestuurskoste as n gemiddeld in die orde van 0.67%pj van fondswaarde gereflekteer word. Aan die markgemiddeldes gemeet, is dit baie laag. Hierdie voordeel kon slegs as gevolg van die hoeveelheid kapitaal wat Sygnia en Finsolnet onder hulle bestuur het, nl. onderskeidelik ongeveer R135 biljoen en R5 biljoen, beding Bladsy 3 word. Sygnia het dus vir ons institusionele tariewe beding wat baie goedkoper is as tariewe vir individue. 4) Deurlopende advieskoste Dit word per die totale kapitaal per individu + gade + Trust + besigheid by RSA Makelaars onder bestuur bepaal. 5) Deurlopende administratiewekoste Hierdie fooie word deur die totale kapitaal per kliënt, per platform bepaal. Verwys na die tabel, Bylae C (bl.18) onderliggend aan die Matriks, wat dit uiteen sit. Let ook daarop dat hierdie n kumulatiewe berekening is vir die belegger + die Gade + enige besigheid en/of Trust wat hier betrokke mag wees. Dit maak dus goeie finansiële sin om beleggings van bogenoemde persone/ instansies op een administratiewe platform te konsolideer ten einde die administrasiekostes laer te beding. 4. KAPITAAL BY FINSOLNET/ SYGNIA: Finsolnet het so pas n belangrike mylpaal bereik deur meer as R5 biljoen namens kliënte op die AIMS platform te akkumuleer. Met die Finsolnet beleggingstrategie wat nou op die vooraf genoemde 4 beleggingsplatforms (AIMS, Glacier van Sanlam, Investec en Allan Gray) beskikbaar is, sal die hoeveelheid kapitaal uit die aard van die saak nog vinniger toeneem. Daarby word ons in n posisie geplaas om beleggings, annuïteite, pensioenfondse, bewaringsfondse en uitkeerpolisse wat reeds op enige van hierdie platforms bestaan, daar te behou en die individuele portefeuljes na die Finsolnet/Sygnia strategie te verskuif. Ons sal binnekort kliënte individueel hieroor inlig.

2) EKONOMIESE BAROMETERS Ons het so pas die kwartaallikse terugvoersessie met Sygnia en verskeie Fondsbestuurders bygewoon en ons haal graag op die volgende bladsye n paar interessante grafieke, met kort beskrywings daarby, aan. Die oorheersende boodskap was dat internasionale markte steeds onder geweldige druk verkeer. Selfs die pas afgelope verkiesing in die VSA het nie veel bygedra om Amerika se ekonomie te verbeter nie. Europa het nog steeds hul eiesoortige ekonomiese probleme en sukkel om genoeg fiskale dissipline toe te pas om hierdie probleem doelgerig aan te spreek. Die slotsom is dat dit steeds hoogs onwaarskynlik is dat internasionale markte voor 2014 noemenswaardig positief sal reageer. Ons eie markte ervaar stadig maar seker die impak van die stakings en onrus. Dit het die land reeds miljarde rande aan inen uitvoer gekos. Die effek van buitelandse kapitaal wat reeds uit RSA onttrek is, reflekteer duidelik in die ernstige devaluering van die Rand. Hierdie tendens gaan ongelukkig nog n geruime tyd voortduur. Dit is belangrik dat kliënte realisties na opbrengste sal kyk en nie dieselfde verwagtings soos in die periode van 2003 tot laat in 2007 sal koester nie. DEPRESSIEWE EKONOMIE Bladsy 4

KOMMENTAAR: Die land se betalingsbalans gaan reeds vir n geruime tyd deur n moeilike tydperk na aanleiding van stakings. As gevolg van die onsekerheid wat dit in die land meebring, is dit onwaarskynlik dat hierdie situasie gou gaan verbeter. Dit hou ongelukkig geen goeie nuus vir ons dalende Randwaarde in nie. KOMMENTAAR: As n ontwikkelende land is ons ook besig om die stryd teen ons konkurente te verloor. Dit beteken dat ons baie minder buitelandse beleggingskapitaal sal trek, ten einde werk in Suid- Afrika te skep. Bladsy 5

KOMMENTAAR: Die finansiële probleme wat duidelik in ons markte ervaar word, word in stygende koste weerspieël. Juis diegene wat dit die minste kan bekostig, gaan uit die aard van die saak die meeste daaronder ly. KOMMENTAAR Hierdie inligting is insiggewend om daarvan kennis te neem dat vir die volgende dekade ontwikkeling in besighede en die ekonomie oor die algemeen baie moeilik gaan wees. Dit beteken dat elke individu noodwendig die gordel sal moet intrek en baie mooi na hul kapitaal en uitgawes sal moet kyk. Bladsy 6

KOMMENTAAR: Die vooruitskatting vir internasionale en plaaslike groei vir 2013 lyk nie baie rooskleurig nie. KOMMENTAAR Plaaslike rente is steeds besig om te verminder en daar is ook n vermindering in die inflasiekoers te bespeur. Bladsy 7

KOMMENTAAR: Ten spyte van al die moeilike finansiële omstandighede het die Suid-Afrikaanse beurs tog daarin geslaag om die hoogste behaalde ekonomiese punt in 2008 uiteindelik verby te steek. Ons kan net vertrou dat hierdie tendens vir n redelike lang tydperk sal voortduur. KOMMENTAAR Dit is interessant om te sien hoe die verskillende sektore in die ekonomie besig is om te herstel. Die verminderde aanvraag na ons minerale rykdom word ook duidelik hier weerspieël. Bladsy 8

KOMMENTAAR: Hierdie inligting gee vir ons n breë oorsig van wat in 2013 verwag kan word. KOMMENTAAR: Hierdie grafiek dui daarop dat dit nie betalend is om in goedkoper aandele te belê nie, aangesien aandele met n hoër prys beslis beter vaar. Wees dus versigtig met die besluitnemingsproses wanneer aandele aangekoop word. Bladsy 9

3) BUITELANDSE BELEGGINGS TERUG NA RSA Ons het onlangs voorgestel dat sekere van ons kliënte wie beleggings in die buiteland besit, maar nie van plan is om dit binnekort te gebruik of te emigreer nie, dit moet oorweeg om die kapitaal na Suid-Afrika terug te bring. Die grootste gedeelte van hierdie kapitaal was reeds op die Investec Administratiewe platform in sogenaamde 5- jaar polisbaadjies belê en heelwat is reeds teruggebring.. 4) INKOMSTEBELASTING Ons het reeds gedurende Augustus die jaarlikse skrywes in verband met die sogenaamde omrol en/of inbetaling van nuwe kapitaal in n uittree-annuïteit aan alle betrokke kliënte gerig ten einde inkomstebelasting vir die 2013 belastingjaar te bespaar. Ons het dit goed gedink om n afskrif van die oorspronklike skrywe wat ons in 2008 aan alle kliënte gerig het en wat die prosedure duidelik uiteensit, weer by hierdie nuusbrief aan te heg. Bylae D (bl.19). Dit is belangrik om kennis te neem dat die huidige 15% van bruto belasbare (maar nie pensioendraende) inkomste wat in n uittree-annuiteit belê mag word, vanaf 01/03/2014 na 22.5% pj gaan verhoog. Ons sal ons kliënte wie van hierdie belastingbesparing en beleggingsopsie gebruik maak, weereens in ons skrywe van Augustus 2013, betyds hieroor inlig. Indien daar enige kliënte is wat nog nie hiervan gebruik maak nie, beveel ons aan dat u ons kantoor so gou doenlik skakel, Ons kon dus ook nou die Finsolnet/Sygnia beleggingstrategie toepas en is bly om te kan rapporteer dat die opbrengste van die afgelope kwartaal bo verwagting goed was. Verwys na die nuutste kwartaalverslae aangeheg. sodat ons u daarmee behulpsaam kan wees. Om kortliks die opbrengsvoordeel te illustreer: Indien byvoorbeeld R50,000 as n enkelbedrag in n uittree-annuiteit belê word en wel met n belastingskaal van bv. 30%pj, sal die belastingbesparing en opbrengs per jaar soos volg wees: Belastingbesparing op U/A van R50,000 @ belastingkoers Plus: Geraamde jaarlikse opbrengs op R50,000 belegging in konserwatiewe fonds @ 30% R15,000 8% R4,000 Minus koste van advies -2% -(R1,000) Netto Nie-belasbare opbrengs 36% R18,000 In hierdie verband heg ons ook vir u die belastingtabel vir die huidige belastingjaar aan: Bylae E (bl.20). U kan, per u eie belasbare inkomste, self vinnig die berekening maak om te sien wat u aan belasting kan spaar. Sou u dáárby n berekening maak indien u die sg. omrol -metode met dieselfde kapitaal kan toepas, impliseer dit dat u hierdie belastingbesparingsopsie JAARLIKS sou kon uitvoer, totdat u in Bladsy 10

totaal oor tyd die volle R315,000 belastingvrye voordeel van die Ontvanger van Inkomste gebruik het. Waar inkomstebelasting namens kliënte deur Pam Coetzee, Ronel Raubach of Cassie Venter hanteer word, ontvang ons reeds op n jaarlikse basis afskrifte van die belastingaanslae. Dit stel ons in staat om vroegtydig die nodige veranderinge aan portefeuljes voor te stel om vir ons kliënte belasting te bespaar. Ons rig weereens aan al ons kliënte die versoek om te verseker dat, waar hulle self hul belastingopgawes hanteer, hul vir ons n afskrif van die aanslag (IT34(a)) sal stuur. Indien daar van alternatiewe Ouditeure gebruik gemaak word, versoek asb. die Ouditeure skriftelik om jaarliks vir ons van n afskrif, hetsy per faks of epos, te voorsien. 5) RENTE VOORUITSIGTE Die Reserwe Bank het op 23 November 2012 vergader en besluit om rentekoerse onveranderd te laat. As gevolg van die stakings en die gepaardgaande probleme het die Reserwe Bank weinig keuse. Die ekonomie moet op een of ander wyse gestimuleer word om werk te skep om onrus sodoende te probeer hok slaan. Dit is ook hoogs onwaarskynlik dat Internasionale rentekoerse in die nabye toekoms sal styg, aangesien hul ook met 6) PROSEDURE NA STERFTE werkskep- dramatiese probleme rondom ping sit. Ongelukkig sukkel die Regering steeds om brutale bedrog, wat veral deur Staatsamptenare gepleeg word, te beheer en die biljoene Rande wat die land daardeur verloor, verswak ons ekonomiese posisie steeds verder. Bankrentekoerse van die meeste internasionale lande is so min dat, in die meeste gevalle, die administratiewe koste van beleggings die rentekoerse oorskry. Hoewel hulle verband uitleenkoerse wat daarteenoor in die orde van 3%- 5%pj is, geweldig positief klink, kan individue as gevolg van die feit dat internasionale markte nie positiewe opbrengste lewer nie, nie van hierdie lae koerse gebruik maak om bv. besighede op die been te bring wat die ekonomie kan stimuleer nie. Hoewel buitelandse kapitaal na sogenaamde derde wêreld ontwikkelende lande stroom en Suid-Afrika in die verlede heelwat van hierdie geld ontvang het, is ons as gevolg van die onrus, besig om groot dele daarvan te verloor. In die Junie 2012 Nuusbrief is hierdie onderwerp deeglik bespreek en ons bedank die kliënte wat so positief gereageer het. Om dit af te rond heg ons n kort bylae van Heyns en Vennote hierby aan ten einde die proses na afsterwe aan die gang te sit. Bylae F (bl.21). Ons stel voor dat u hierdie blad ook by u Testament liasseer. Verskeie kliënte het op ons voorstel om n Lewende Testament te reël, gereageer en ons spreek graag ons waardering daarvoor uit. Bladsy 11

7) NUWE PRODUKTE Ons heg oudergewoonte die jongste Fondsfeitestate van die drie Finsolnet/Sygnia portefeuljes, Bylae G (bl.22), asook van die twee Liberty Life portefeuljes wat ons gebruik, Bylae H (bl.25), hierby aan. Vanaf Oktober 2012 het Liberty Life begin om n poging aan te wend om die Liberty Life Versekeringsmaatskappy na n Beleggingsmaatskappy te verander. Hulle het onder andere, n nuwe beleggingsproduk bekend gestel wat op kapitaalgroei gemik is en wat oor die volgende dinamiese voordele beskik: Die Evolve-produk: 1) Die beleggingstermyn is 5 jaar. 2) Let daarop dat hierdie nuwe produk slegs vir kapitaalgroei is, en nie vir inkomste nie. 3) Indien Liberty Life nie jaarliks n opbrengs van 15%pj behaal nie, word daar vir die eerste 3 jaar geen bestuurs, administratiewe- of adviesfooi gehef nie, maar slegs n 0,5% pj diensfooi. 4) Indien Liberty Life wél n opbrengs van 15% per jaar oorskry, deel hulle ten volle in die oorskrydingsbedrag. 5) Indien hulle NA die eerste 3 jaar nie daarin slaag om die 15% per jaar te oorskry nie, sal hulle geen verdere koste vir bestuur, administrasie of deurlopende advies hef nie. Dit is baie beslis n eerste in die mark en ons wil Liberty Life hiermee gelukwens. 6) Die beleggingsmandaat vereis dat 60% van die kapitaal deur Liberty Life hanteer word. Dit laat elke belegger die reg om 40% in fondse van eie keuse te plaas, bv. die effektetrust portefeuljes van ander maatskappye soos Allan Gray, Investec, Coronation, ens. Die volle bedrag kan ook deur Liberty Life hanteer word. 7) Hierdie beleggingsopsie sal vroeg in 2013 vir bestaande beleggings beskikbaar wees. Sodra ons die groen lig daarvoor ontvang, sal ons die individuele kliënte wat reeds by Liberty Life oor groeiende kapitaalbeleggings beskik, dienooreenkomstig inlig en voorstelle maak. 8) Op hierdie stadium sal daar geen verskuiwingskoste wees om die nuwe portefeuljes te betree nie. 9) Die normale likiditeits-reëls soos in Art. 54 van Inkomstebelastingwet vervat, geld steeds vir hierdie belegging, nl., dat die oorspronklike beleggingsbedrag, plus 5% per jaar saamgestelde opbrengs, op enige stadium onttrek en ook n rentevrye lening op enige stadium gemaak mag word. 10) Dit impliseer dus dat, ten spyte van die 5- jaar beleggingstermyn, daar oorgenoeg likiditeit is. 11) n Verdere voordeel van n 5-jaar belegging is natuurlik die feit dat: a) inkomstebelasting gedurende die termyn van die belegging beperk word en selfs tot nul beplan kan word; b) kapitaalwinsbelasting beperk en verminder kan word; c) n begunstigde genomineer kan word om Eksekuteursvergoeding, wat tot n maksimum van 3.9% van boedelwaarde kan wees, te voorkom. 12) Aan die einde van die 5-jaar termyn kan die kapitaal in voortsetting geplaas word en n belastingvrye inkomste kan uit sodanige portefeulje(s) onttrek word. Heelwat van ons kliënte maak reeds vir baie jare en met groot sukses hiervan gebruik. Bladsy 12

8) GEPF VERHOGING VAN GADEPENSIOEN n Aantal van ons kliënte wat reeds uit Staatsdepartemente (Government Employees Pension Fund) afgetree het, het aan ons bevestig dat hulle die keuse uitgeoefen het om by dood hulle pensioen aan hulle gade na 75% van sterftewaarde te laat verminder in plaas van soos in die vorige bedeling, na 50% van sterftewaarde. Vir dié kliënte wat oor hierdie opsie getwyfel het en berekeninge van die voordele wou maak, het ons n tabel en rekenaarprogram voorberei. Ons heg graag vir u insae n voorbeeld hierby aan. Bylae I (bl.27). sisteem moet sit, is u baie welkom om u huidige jaarlikse BRUTO (voor belasting) pensioen sowel as u verminderde pensioen aan ons te bevestig. Ons is bewus van 2 gevalle waar kliënte te sterwe gekom het nádat hul hierdie keuse uitgeoefen het en hul gades nou die voordeel van n baie beter pensioen ervaar. Daar is op die aanvanklike opsiedatum uitstel gegee en sover ons kennis strek het hierdie opsie nog nie verval nie. Kontak dringend die GEPF om die tersake syfers aan te vra. Indien daar kliënte is wat wil hê dat ons hulle individuele pensioen deur hierdie 9) VLEKVRYESTAAL HOUERS MULTISTAR Ons sal binnekort individuele skrywes aan kliënte rig met die voorstel dat ons deur middel van n volmag toestemming aan n Britse maatskappy gee om te poog om die Agentskap met Multistar te verander en na hulle maatskappy oor te skuif. 10) WEBTUISTES INTERNATIONAL TANK CONTAINERS Ons is steeds tevrede met die opbrengs van ITC houers. Veral nou dat die Rand so ernstig devalueer, is die opbrengste aansienlik beter. Ons herinner u graag dat vir kliënte wat nie die opbrengs na RSA wil terugbring nie, daar n opsie bestaan om die geld direk in die buiteland te belê. Kliënte kan van ons bestaande beleggingsopsies, wat in die buiteland deur maatskappye soos Allan Gray en Investec beskikbaar is, gebruik maak. Indien daar so n behoefte is, verneem ons graag van u. www.rsabrokers.co.za www.finsolnet.co.za Beide ons eie RSA Makelaars, asook die Finsolnet webtuistes bevat interessante en insiggewende kommentaar, leesstof, artikels en beleggingsinligting en word gereeld opgedateer. Ons nooi u uit om dit gereeld te besoek. Bladsy 13 Kliënte wat direkte toegang tot hulle portefeulje op die AIMS platform verlang, kan met ons kantoor in verbinding tree om die nodige toegangskodes daarvoor te reël.

11) VERDELING VAN KAPITAAL As gevolg van die feit dat banke en geldmarkbeleggings tans baie swak opbrengste lewer en daar n moontlikheid bestaan dat rentekoerse nog verder mag daal, stel ons voor dat kliënte selfs so min as R30,000 per individu as noodfonds in n bank moet hou. Die balans van kapitaal kan op bestaande en/of nuwe portefeuljes op enige van ons 12) MAANDELIKSE REISPROGRAM gekose platforms in n kombinasie van die konserwatiewe en matige strategieë belê word. Verwys na die opbrengste van hierdie portefeuljes gereflekteer in die aangehegte feitestate, Bylae G (bl.22). Indien u meer inligting daaroor benodig, is u welkom om met ons in verbinding te tree. Ons maandelikse reisprogram bly steeds soos hieronder uiteengesit. Indien u n spesifieke situasie het wat u buite ons normale geskeduleerde opvolg vir u area wil bespreek, is u welkom om n afspraak deur Maria de Jongh of Eileen van Zyl te reël. Let egter daarop dat, indien u finansiële situasie tot so n mate verander het dat n herbeplanning benodig word, dit noodsaaklik is dat u volledige inligting aan ons verskaf. OOS-KAAP Hierdie area word gedurende die tweede week van n maand besoek. Ons begin by George, beweeg via Jeffreysbaai na Port Elizabeth en daarvandaan vlieg ons via Oos- Londen terug na Kaapstad. POTCHEFSTROOM, JOHANNESBURG EN PRETORIA Hierdie area word gedurende die laaste week van die maand besoek. In Potchefstroom werk ons vanuit die kantoor van Ronel Raubach, 203 Oktrongebou, James Morokalaan 62, Potchefstroom. In Pretoria werk ons vanuit Renwick House, Rubensteinrylaan 878, Moreletapark. Johannesburg kliënte word individueel besoek. Bladsy 14

13) ALGEMEEN 1) BEPERKING OP TJEKS Ons het onlangs n skrywe vanaf ABSA Bank ontvang (wat ook op alle ander banke van toepassing is) wat ons inlig dat vanaf 16 Julie 2012 die maksimum waarde waarvoor een tjek uitgeskryf mag word verminder word van R5 miljoen na slegs R500,000. Kliënte sal nie toegelaat word om tjeks te verdeel om bedrae groter as R500,000 te akkommodeer nie. Banke moedig kliënte aan om van alternatiewe elektroniese betalings-metodes gebruik te maak.. U mag steeds transaksies met waardes groter as R500,000 maak deur u kaart, die internet en selfoon te gebruik. Hierdie alternatiewe metodes maak dit veiliger, geriefliker en meer koste-effektief om groot bedrae te hanteer. 2) WEES BEDAG OP SWAK ADVIES Kliente word versoek om te verseker dat die persoon wat hulle adviseer wél by die FSB (Financial Services Board) geregistreer is. Elke Adviseur moet sy unieke registrasienommer aan sy kliënte openbaar en die nommer kan op die webtuiste van die FSB gekontroleer word. Baie adviseurs beweer bloot dat hulle gekwalifiseer en geakkrediteer is om advies te gee en dit lei tot groot verliese, soos onlangs met die Pretorius saga ervaar is. Die FAIS wetgewing is baie uitdruklik oor die prosedures wat gevolg moet word wanneer advies verskaf word. Ook hierdie inligting is op die internet beskikbaar. Die primêre rede vir hierdie beperking is om tjekbedrog te beveg en om risiko s binne die tjek paaiement stelsels aan te spreek. 14) PERSONEEL NUUS JAPIE LOUW het sedert Junie 2012 begin om ons kliënte van beleggingsadvies te bedien Hy sal vanaf 2013 vir Pieter op besoeke aan die Oos-Kaap, Johannesburg, Potchefstroom en Pretoria vergesel, wat ons in staat sal stel om meer kliënte op n gereelde basis, deurlopend van advies te bedien. Ons wens Maria de Jongh graag baie geluk met haar 20 jare diens by RSA Makelaars. Oor die jare het Maria n baie noue band met ons kliënte opgebou en ons is dankbaar vir haar uitstekende diens. Ons wens haar ook n vinnige en volkome herstel na haar onlangse operasie, toe.. Bladsy 15 Heidi se dogter, Di- Andi, en Ingrid se seun, Arjen, het vanjaar matriek geskryf en ons wens hulle sukses en sterkte toe met die lang wag vir die uitslae. Gelukwense gaan ook aan Eileen van Zyl wat vanjaar die groot 50 geslaan het. Seënwense vir die lewensjaar vorentoe. KANTOOR SLUIT OOR KERSTYD: Let asseblief daarop dat ons vanaf 14 Desember vir die feestyd sluit en begin weer met nuwe krag op 7 Januarie 2013. Ons maak van hierdie geleentheid gebruik om u almal n geseënde Kerstyd toe te wens, asook voorspoed en gesondheid vir die nuwe jaar wat voorlê.

15) BYLAES BYLAE A (Verwys punt 1.2 - Bl. 2) FINSOLNET BELEGGINGSPROSEDURE DEUR SYGNIA 1. Sygnia is die amptelike Fondsbestuurder a. Deur Sygnia se beleggingsnavorsing word besluit hoe die individuele portefeuljes in verskillende beleggingskatogorieë onderverdeel word. b. Sygnia stel die individuele Bestuursmaatskappye aan om die fondse te hanteer. c. Sygnia kommunikeer hierdie beleggingsproses deur die Finsolnet Beleggingskommitee. d. Die Beleggingskommitee rapporteer op hulle beurt aan die Finsolnet Direksie. 2. Voordele van hierdie proses: a. As gevolg van die kumulatiewe kapitaal waarmee Sygnia werk, is hulle by magte om uiters kompeterende Institusionele bestuurstariewe vir ons te beding. b. As gevolg van die groter volume kapitaal wat op die platforms hanteer word, word administratiewe kostes noemenswaardig verminder. c. As gevolg van die interaktiewe bestuursproses wat Sygnia toepas, kan beleggingssamestellings en/of wysigings vinnig by markomstandighede aangepas word. DIE VLOEI VAN NUWE KAPITAAL Kliënt Kliënt plaas die beleggingskapitaal per bankoordrag in bankrekening van betrokke Administratiewe platform. Administratiewe Platform Beskikbare Platforms AIMS Glacier (Sanlam) Investec Allan Gray Die Administratiewe Platform verdeel die beleggingskapitaal onder die 3 strategieë in die Finsolnet/ Sygnia Fondse per die kliënt se individuele risikoprofiel en die Finansiëlebeplanner se advies KONSERWATIEF MATIG AGGRESSIEF Oorkoepelend Fondsbestuurder INDIVIDUELE BOUBLOKKE VAN DIE PORTEFEULJES Cash / Kontant Bonds/Effektetrust Property/Eiendom Equities/Aandele Individuele Fondsbestuurders deur Sygnia aangestel Prescient Investec Coronation Investec PIMCO Sygnia Allan Gray Coronation Sygnia Investec Old Mutual Bladsy 16

BYLAE B (Verwys punt 1.3 - Bl. 3) Koste Matriks - VOORBEELD KOSTE UITEENSETTING - RSA BELEGGINGS- EN VERSEKERINGS BEPLANNERS KOSTEBESPARING AS GEVOLG VAN RSA MAKELAARS ADVIES: Admin. RSA Fonds TOTAAL Maatskappy Makelaars Bestuurder U BESPAAR DUS: Eenmalige aanvanklike advieskoste van: R 173,700 R 202,350 n.v.t. R 376,050 eenmalig 1 U BESPAAR DUS: Deurlopende Admin en Beplanningkoste van: R 91,910 R 14,250 n.v.t. R 106,160 per jaar U BESPAAR DUS: Deurlopende Bestuurskoste van: n.v.t. n.v.t. R 62,904 R 62,904 per jaar Fondsbestuurder: Geen Aanvanklike koste TOTALE KOSTE WAT KLIENT BESPAAR: R 545,114 Maks per Maks per Maks per BETAANDE AIMS PORTEFEULJE R - Beding Beding Beding wetgewing wetgewing wetgewing Produk Admin.Maatskappy Bedrag Persentasie p.j. Persentasie p.j. Persentasie p.j. 2 Lewende Annuiteit AIMS R 6,000,000 0.00% 2.23% 0.00% 1.71% 0.00% 3.94% Uittree Annuïteit AIMS R 500,000 0.00% 2.28% 0.00% 2.85% 0.00% 5.13% Effektetrust: Finsolnet Strategie AIMS R 2,500,000 0.00% 1.14% 0.00% 3.42% 0.00% 4.56% Fondsnaam Geweegde EENMALIGE AANVANKLIKE KOSTE & ADVIESFOOI Gemiddeld Administratiewe Minimum Fooi Maatskappy Maatstaf/ Opbrengs prestasie Beplanner - RSA Maks. Fooi Makelaars Geweegde Gemiddeld Totaal: Admin.Mpy + RSA Makelaars DEURLOPENDE JAARLIKSE KOSTE VIR FONDSBESTUUR, FINANSIËLE ADVISEUR EN ADMINISTRASIEKOSTE Beleggingsbedrag: R 9,000,000 KONSERWATIEF MATIG AGGRESSIEF SYGNIA+2 Portefeulje (Effektetrust) SYGNIA+4 Portefeulje (Effektetrust) SYGNIA+6 Portefeulje (Effektetrust) SA Aandele 30.0% 0.29% 0.63% 2.22% 45.0% 0.29% 0.63% 2.22% 60.0% 0.29% 0.63% 2.22% SA Effekte 30.0% 0.33% 0.33% 0.71% 15.0% 0.33% 0.33% 0.71% 10.0% 0.33% 0.33% 0.71% SA Eiendom 8.0% 0.17% 0.17% 0.17% 10.0% 0.17% 0.17% 0.17% 5.0% 0.17% 0.17% 0.17% SA Kontant 17.0% 0.19% 0.19% 0.19% 10.0% 0.19% 0.19% 0.19% 5.0% 0.19% 0.19% 0.19% 3 Buitelandse Aandele 5.0% 0.25% 0.25% 0.25% 15.0% 0.25% 0.25% 0.25% 15.0% 0.25% 0.25% 0.25% Buitelandse Effekte 10.0% 0.56% 0.56% 0.56% 5.0% 0.56% 0.56% 0.56% 5.0% 0.56% 0.56% 0.56% Totale Geweegde Gemiddelde 100.0% 0.30% 0.40% 0.99% 100.0% 0.28% 0.43% 1.21% 100.0% 0.29% 0.50% 1.49% Minimum Fooi Maatstaf/ Opbrengs prestasie Maks. Fooi Geweegde Gemiddeld Minimum Fooi Maatstaf/ Opbrengs prestasie Maks. Fooi Gemiddelde Bestuursfooi 0.30% 0.40% 0.99% 0.28% 0.43% 1.21% 0.29% 0.50% 1.49% Sygia Bestuursfooi 0.26% 0.26% 0.26% 0.26% 0.26% 0.26% 0.26% 0.26% 0.26% TOTALE BESTUURSKOSTE 0.56% 0.66% 1.25% 0.54% 0.69% 1.47% 0.55% 0.76% 1.75% Plus: DEURLOPENDE FINANSIËLE ADVISEUR ADVIESFOOI 0.57% 0.57% 0.57% 0.57% 0.57% 0.57% 0.57% 0.57% 0.57% 4 Plus: ADMINISTRASIEFOOI 0.23% 0.23% 0.23% 0.23% 0.23% 0.23% 0.23% 0.23% 0.23% 5 TOTALE KOSTE VIR KLIËNT (BTW ingesluit) 1.36% 1.46% 2.05% 1.34% 1.49% 2.27% 1.35% 1.55% 2.55% Handtekening Kliënt: Handtekening Beplanner: Peter-John Smitsdorff GETEKEN OP DATUM: Bladsy 17

BYLAE C (Verwys punt 1.3.5- Bl. 3) ADMINISTRASIEFOOIE INDIVIDUELE GLYSKALE AIMS INVESTEC GLACIER deur Sanlam ALLAN GRAY Table Glyskaal Glyskaal Glyskaal R 0 0.57% Eerste: R 500,000 0.63% Eerste: R 1,050,000 0.57% Eerste: R 1,500,000 0.46% R 1,000,000 0.40% Volgende: R 1,500,000 0.46% Volgende: R 3,950,000 0.29% Groter as: R 1,500,000 0.23% R 3,000,000 0.34% Groter as: R 2,000,000 0.34% Groter as: R 5,000,000 0.23% R 5,000,000 0.23% GEMIDDELDE MARKWAARDE Gemiddelde Markwaarde AIMS INVESTEC GLACIER deur Sanlam ALLAN GRAY R 500,000 R 2,280 R 3,135 R 2,850 R 2,280 R 1,000,000 R 4,560 R 5,415 R 5,700 R 4,560 R 2,000,000 R 8,000 R 9,975 R 8,693 R 7,980 R 4,000,000 R 13,680 R 16,805 R 14,393 R 12,540 R 5,000,000 R 17,100 R 22,235 R 17,243 R 14,820 R 6,000,000 R 13,680 R 2,655 R 19,523 R 17,100 R 15,000,000 R 34,200 R 54,435 R 40,043 R 37,620 Bladsy 18

Geagte <<Kliënt>> GROOT INKOMSTEBELASTINGBESPARING BYLAE D (Verwys punt 4 Bl. 10) November 2008 Ons verwys u vriendelik na ons vorige nuusbrief in terme waarvan ons u ingelig het oor verskeie wysigings aan die Inkomstebelastingwet en meer spesifiek die volgende: 1) Die Ontvanger van Inkomste het bepaal dat die vorige ouderdomsbeperking op bydraes tot uittree-annuïteite wat 70 jaar was, vanaf die huidige 2009 belastingjaar gaan verval. a) Dit beteken dat enige persoon ná 70 met bydraes tot bestaande annuïteite mag voortgaan tot by afsterwe b) en dat enige persoon ouer as 70 ook met n nuwe uittree annuïteit mag begin. Die reël met betrekking tot verhaalbare bydraes tot Uittree Annuïteite is dat u 15% p.j. van u belasbare inkomste in n uittree annuïteit mag belê en dat hierdie bydrae, met die gepaardgaande belastingbesparing, van u belasbare inkomste aftrekbaar is. Indien daar dus, per u jaarlikse IRP5, enige belasting van n inkomste wat u ontvang afgetrek word en veral indien u addisionele inkomstebelasting moet inbetaal, kwalifiseer u om van hierdie belastingbesparingsgeleentheid gebruik te maak. 2) ʼn Verdere baie belangrike verandering is dat, indien die totale waarde van u uittree-annuïteite per maatskappy, minder as R75,000.00 is, die uittree annuïteit te enige tyd belastingvry opgevra mag word. (In die verlede, kon slegs een-derde van alle annuïteite belastingvry onttrek word, onderhewig aan verdere gekompliseerde belastingreëls, en die balans moes in een van vyf opsies herbelê word, waaruit belasbare maandelikse inkomste sou voortvloei.) 3) Na aanleiding van bogenoemde Wetswysigings stel ons graag die volgende voor: a) Dat u jaarliks, voor die einde van die Belastingjaar in Februarie, 15% van u netto jaarlikse inkomste bereken en hierdie bedrag tot n Uittree-Annuïteit op die AIMS platform bydra; b) dat ons hierdie belegging teen ± April (van die nuwe belastingjaar) opvra en aan u laat uitbetaal, MAAR met die versoek dat u die bedrag weer aan ons (AIMS) in n Uittree Annuïteit oorbetaal sodat dit weer vir daardie belastingjaar as n belasting aftrekking kan geld. c) Hierdie reëling sal sodanig gestruktureer word dat u jaarlikse bydrae minder as die geagte R75,000.00 per maatskappy sal bly ten einde die onttrekking belastingvry te behou. d) Indien die 15% berekende bedrag egter groter as R75,00.00 sou wees, sal ons die bedrag tussen meer as een maatskappy verdeel. e) Dit impliseer dat u jaarliks geen addisionele kapitaal benodig om tot die annuïteit by te dra nie, maar dat ons dieselfde kapitaal bloot per jaar sal herbelê. Die maksimum belastingvrye bedrag wat só hanteer kan word, is R300,000.00. * Dit sluit dus alle vorige belastingvrye bedrae onttrek uit pensioen-, bewaringsfondse en/of uittree annuïteite in. 4) Die verdere voordeel wat u hierdeur sal toeval, is dat uittree-annuïteite nie aan boedel-, kapitaalwinsbelasting en eksekuteursvergoeding onderhewig sal wees nie. 5) Soos genoem, mag die annuïteit op enige stadium belastingvry, ten volle en/of ten dele, onttrek word per u behoefte. 6) Daarbenewens sal die kapitaal in ʼn konserwatiewe portefeulje belê word ten einde ʼn jaarlikse opbrengs op kapitaal te verseker. 7) Ons heg n eenvoudige voorbeeldberekening hierby aan om die effek van die voorstel te illustreer. 8) U is welkom om ons van u jongste belastingaanslag te voorsien indien u ons hulp benodig met u berekeninge. Ons sal dit waardeer indien u ons op die LAATSTE teen 31 Januarie 2009 van u finansiële situasie sal voorsien ten einde behulpsaam te kan wees. Indien u enige navraag oor bogenoemde het, verneem ons graag van u. Vriendelik die uwe PETER-JOHN SMITSDORFF FINANSIËLEBEPLANNER * NS: Die Maksimum het intussen na R315,000 verhoog. Bladsy 19

BYLAE E (Verwys punt 4 - Bl. 10) BELASTINGSKALE 2012/2013 AFTREKKINGS / KORTINGS INDIVIDUE RENTE PRIMÊR DREMPEL VOORLOPIG R - R 160,000 18% < 65 R 22,800 R 11,440 R 63,556 Inkomste > R 160,001 R 250,000 R 28,800 + 25% van R 160,000 >65 R 33,000 R 6,390 R 99,056 R 250,001 R 346,000 R 51,300 + 30% van R 250,000 >75 R 33,000 R 2,130 R 110,889 R 346,001 R 484,000 R 80,100 + 35% van R 346,000 Offshore max R 3,700 R 484,001 R 617,000 R 128,400 + 38% van R 484,000 Boedels R 3,500,000 R 617,001 EN BO R 178,940 + 40% van R 617,000 < R120,000 besoldiging, MEDIES <65 Medical T ax Credits as follows: R 230 eerste twee begunstigdes R 154 per elke addisionele afhanklike >65 of Ongeskik 100% (tot 01/03/2014 wanneer tax credit geld) BELASTING OP ENKELBEDRAE BY AFTREDE R 0 R 315,000 0% R 315,001 R 630,000 R 0 + 18% van bedrag bo R 315,000 R 630,001 R 945,000 R 56,700 + 27% van bedrag bo R 630,000 R 945,001 en bo R 141,750 + 36% van bedrag bo R 945,000 Bladsy 20

BYLAE F (Verwys punt 6 - Bl. 11) Bladsy 21

BYLAE G (Verwys punt 7 - Bl 12) Bladsy 22

Bladsy 23

Bladsy 24

BYLAE H (Verwys punt 7 - Bl 12) Bladsy 25

Bladsy 26

Pensioen BYLAE I (Verwys punt 8 - Bl 13) Klient naam: Huidige situasie Nuwe situasie Verlies van Hooflid Wins vir Gade A B C D E F Jaar Huidige Pensioen Gade 50% Verminderde Pensioen Gade 75% Pensioen verskil Gade verskil 1 R 17,612.00 R 8,806.00 R 16,082.82 R 12,062.12 -R 1,529.18 R 3,256.12 2 R 18,668.72 R 9,334.36 R 17,047.79 R 12,785.84 -R 1,620.93 R 3,451.48 3 R 19,788.84 R 9,894.42 R 18,070.66 R 13,552.99 -R 1,718.19 R 3,658.57 4 R 20,976.17 R 10,488.09 R 19,154.90 R 14,366.17 -R 1,821.28 R 3,878.09 5 R 22,234.74 R 11,117.37 R 20,304.19 R 15,228.14 -R 1,930.55 R 4,110.77 6 R 23,568.83 R 11,784.41 R 21,522.44 R 16,141.83 -R 2,046.39 R 4,357.42 7 R 24,982.96 R 12,491.48 R 22,813.79 R 17,110.34 -R 2,169.17 R 4,618.86 8 R 26,481.94 R 13,240.97 R 24,182.61 R 18,136.96 -R 2,299.32 R 4,895.99 9 R 28,070.85 R 14,035.43 R 25,633.57 R 19,225.18 -R 2,437.28 R 5,189.75 10 R 29,755.10 R 14,877.55 R 27,171.59 R 20,378.69 -R 2,583.52 R 5,501.14 11 R 31,540.41 R 15,770.20 R 28,801.88 R 21,601.41 -R 2,738.53 R 5,831.21 12 R 33,432.83 R 16,716.42 R 30,529.99 R 22,897.50 -R 2,902.84 R 6,181.08 13 R 35,438.80 R 17,719.40 R 32,361.79 R 24,271.35 -R 3,077.01 R 6,551.94 14 R 37,565.13 R 18,782.57 R 34,303.50 R 25,727.63 -R 3,261.63 R 6,945.06 15 R 39,819.04 R 19,909.52 R 36,361.71 R 27,271.28 -R 3,457.33 R 7,361.76 16 R 42,208.18 R 21,104.09 R 38,543.41 R 28,907.56 -R 3,664.77 R 7,803.47 17 R 44,740.67 R 22,370.34 R 40,856.02 R 30,642.01 -R 3,884.65 R 8,271.68 18 R 47,425.11 R 23,712.56 R 43,307.38 R 32,480.54 -R 4,117.73 R 8,767.98 19 R 50,270.62 R 25,135.31 R 45,905.82 R 34,429.37 -R 4,364.80 R 9,294.06 20 R 53,286.86 R 26,643.43 R 48,660.17 R 36,495.13 -R 4,626.69 R 9,851.70 21 R 56,484.07 R 28,242.03 R 51,579.78 R 38,684.84 -R 4,904.29 R 10,442.80 22 R 59,873.11 R 29,936.56 R 54,674.57 R 41,005.93 -R 5,198.54 R 11,069.37 23 R 63,465.50 R 31,732.75 R 57,955.04 R 43,466.28 -R 5,510.46 R 11,733.53 24 R 67,273.43 R 33,636.72 R 61,432.35 R 46,074.26 -R 5,841.08 R 12,437.54 25 R 71,309.84 R 35,654.92 R 65,118.29 R 48,838.72 -R 6,191.55 R 13,183.80 80000 70000 60000 50000 40000 30000 20000 10000 0 1 3 5 7 9 11 13 15 17 19 21 23 25 Jaar Jaar Huidige Pensioen Gade 50% Verminderde Pensioen Gade 75% Bladsy 27

16) PERSONEEL & KONTAK BESONDERHEDE AGTER VAN LINKS NA REGS: Eileen van Zyl; Linda Marais; Heidi Fontini; Colleen Knoetze; Magda Matthee; Maria de Jongh; Michelle Hüsselmann; Ingrid Singels VOOR VAN LINKS NA REGS: Japie Louw; Peter-John Smitsdorff; Derick Payne; E-POS: peterjon@rsabrokers.co.za derick@rsabrokers.co.za Uitbreiding Nr.: Peter-John Smitsdorff (FSB kode: 11108) Derick Payne Japie Louw japie@rsabrokers.co.za 112 Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) maria@rsabrokers.co.za 101 Ingrid Singels (Finansiële Analises) ingrid@rsabrokers.co.za 107 Colleen Knoetze (Ontvangs) colleen@rsabrokers.co.za 100 Administratiewe Assistente / Kliëntediens: Magda Matthee (A-D ) magda@rsabrokers.co.za 111 Linda Marais (F-H + V) linda@rsabrokers.co.za 110 Michelle Hüsselmann (E + I-N) michelle@rsabrokers.co.za 115 Heidi Fontini (O-U + W-Z) heidi@rsabrokers.co.za 109 Eileen Van Zyl (Portefeulje D Payne) eileen@rsabrokers.co.za 113 WEBTUISTE: www.rsabrokers.co.za Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 Epos: peterjon@rsabrokers.co.za Webtuiste: www.rsabrokers.co.za Tel: 021-9196916 Faks: 021-9199718 Mag die woorde van DALE EVANS ROGERS u inspireer: Kersfees, my kind, is liefde in aksie. Elke keer wanneer ons liefhet, elke keer wanneer ons gee, is dit Kersfees Bladsy 28