Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Gefokus, standvastig en oopkop

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Mandala Madness Deel 2

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Finansieel Gesproke 1

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Rut: n Liefdes Verhaal

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

SIZA takes the sting out of auditing

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Tariewe

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Uit Moerdijk se pen Man en Media

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Direkte en indirekte rede *

streef na uitnemendheid

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

BY DIE WERK. Die kuns van geluk. Hoekom is almal so behep met Pokémon Go? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie. Nóg wetgewing regtig?

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

NUUSBRIEF JUNIE 2008

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

N O V E M B E R

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

LEWENDE ANNUÏTEITE N UITGEREKTE DEBAT

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Dit gaan alles oor kommunikasie

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Hoe om krag te spaar

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Transcription:

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016 In hierdie Maandagoggend Vooruitsig bied Prestige Bulletin u die volgende: 1. Wees versigtig die JSE is uiters gevaarlik. 2. Verlede week op aandeelmarkte. 3. Ons voorspelling vir finansiële markte. 1. Wees versigtig die JSE is uiters gevaarlik Min, indien enige, finansiële adviseurs gee ooit waarskuwings, omdat hulle bang is dat hulle verkeerd bewys sal word, of omdat hulle kommissie verdien uit produkte wat verkeerd is vir krisistye. By Maandagoggend Vooruitsig en Prestige Bulletin is dit nie die geval nie. U kry by ons altyd reguit feite en 'n eerlike mening. Ons verdien ook nie enige vergoeding op die advies wat ons u gee nie. Al waarna ons streef is om u die advies te gee wat die beste vir u is. Dit is waarom Maandagoggend Vooruitsig en Prestige Bulletin u nou waarsku. Nie om swartgallig te wees of u te laat bekommer nie, maar om u te help om u finansies te beskerm, en om u in staat te stel om ryker te word wanneer meeste ander mense in die komende krisis armer word. Die aard van Amerika, Europa, Brittanje en Japan se finansiële probleme is deflasie, wat tot 'n wêreldwye depressie kan lei. 'n Ekonomiese depressie is baie erger as die resessies wat baie lande, insluitend Suid-Afrika, tans ondervind. As 'n depressie posvat, is dit onmoontlik vir sentrale banke en regerings om dit te keer. Dit is veel makliker om 'n resessie te hanteer. Tydens 'n depressie verloor 'n verdere een-derde van mense, bo en behalwe almal wat reeds werkloos is, hul werk. En dit gebeur in die hoogs ontwikkelde lande gebaseer op wat in die 1930's gebeur het. In opkomende lande verloor meer as 80% mense hul werk. Die huidige finansiële probleme in die ontwikkelde lande word onderskryf deur sentrale banke se (1) abnormale rentekoerse wat wissel van 0% tot selfs negatiewe koerse; en (2) sentrale banke se balansstate wat met triljoene dollar vergroot is met geldskepping waarmee hul lande se staatseffekte gekoop is. Amerika is die groot gevaar Alhoewel rentekoerse wêreldwyd tans hoër neig as gevolg van Trump se komende presidentskap, bly die moontlikheid groot dat ekonomieë nie binnekort die laer rentekoerse sal kan oorkom nie. 1 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

As Amerika se ekonomie 'n depressie binnegaan, sal die hele wêreld steier. Amerika is die enjin wat die wêreldekonomie aandryf. Die werking van dié enjin is eenvoudig: die wêreld vervaardig en Amerikaners koop. As Amerikaners se beursies leeg raak, is die wêreld in die moeilikheid. Solank as wat die Amerikaanse ekonomie net-net groei, soos tans die geval is, presteer die dollar en bly die stelsel sukkelend aan die werk. Maar wat gebeur as die Amerikaanse ekonomie struikel, die dollar sy aansien verloor en beleggers hul geld uit Amerika begin onttrek? Die antwoord is voor die hand liggend. Die massiewe kaartehuis stort in duie. Die Amerikaanse ekonomie vou. Bykans elke ander ekonomie in die wêreld word geaffekteer. Beleggings tuimel. Meeste mense verloor geld en word armer. Maar en hierdie stukkie inligting is belangrik diegene wat betyds die regte stappe geneem het, is beskerm en word selfs ryker! Beskerming is moontlik...as u weet wat om te doen Wat die huidige finansiële onsekerheid wêreldwyd betref, is dit moontlik dat aandeelbeurse in meeste lande 'n afwaartse korreksie kan maak. Kwaliteit aandele en effektetrusts, soos dié in Prestige Bulletin se groei-portefeulje en in ons oorsese portefeulje, sal egter na so 'n afswaai herstel en styg na nuwe hoogtepunte. Nou vir die goeie nuus. Dit is baie maklik om uself te beskerm. Deur net 'n klein bietjie geld in die regte skans te belê, sal dit vir u moontlik wees om reuse winste te maak indien 'n ernstige finansiële krisis die wêreld tref. Daardie skans is goud. Indien 'n werklik ernstige finansiële krisis losbreek, sal goud sy status as betroubaarste vorm van sekuriteit herwin, vir die eenvoudige rede dat daar absoluut niks anders bestaan waarna beleggers kan vlug nie. Hierdie rol word tans deur die Amerikaanse dollar vervul. Goud beskik oor 'n bewese rekord van meer as 6 000 jaar. Die suiwer papier-dollar se rekord strek oor net 43 jaar. In 'n ernstige finansiële krisis sal die goudprys na meer as $5 000 styg. (Huidige prys: $1 207). Dit sal herlei na 'n styging van tussen 300% en 900% in die prys van goudaandele. 'n Klein belegging in goudaandele kan dus 'n fenomenale wins oplewer. Maar wees vir eers versigtig met u goudbeleggings. Moenie nou op groot skaal goud begin koop nie. Ons ontledings toon dat die goudprys moontlik 2 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

eers tot minder as $1 000 kan val, voordat die massiewe styging wat ons op 'n stadium voorsien, plaasvind. Die regte tydsberekening om groot wins met goud te maak, sal alles wees. Maandagoggend Vooruitsig sal u deurlopend op hoogte hou van wat gebeur en wanneer u moet toeslaan om suksesvol in goud te belê. Saam met goudbeleggings in die toekoms, wanneer die tyd daarvoor ryp is, moet u die volgende doen. Belê tans net hoë risiko kapitaal, waarmee u 'n groot daling in die waarde daarvan vir meer as 5 jaar kan hanteer, in Prestige Bulletin se kwaliteit genoteerde aandele en effektetrusts. Dit sal bestendig langtermyn rykdom oor tydperke vir langer as 5 jaar, vir u bou. Die kwaliteit aandele en effektetrusts wat Prestige Bulletin aanbeveel sal na 'n groot val herstel. Maak seker u skuif uit beleggings wanneer ons u aanraai om dit te doen. 2. Verlede week op aandeelmarkte Globale aandeelmarkte het verlede week meestal hoër gesluit. So was die JSE op met 0.6%, terwyl die Dow Jones Nywerheidsindeks op was met 0.1%. Beurs Sluitingsprys Vrydag 18/11/2016 Beweging verlede week Huidige P/V JSE Algehele Indeks 50 626 +0.6% 22.9 VSA Dow Jones Nywerheidsindeks 18 867 +0.1% 20.9 VSA Dow Jones Vervoerindeks 8 856 +3.2% 16.2 VSA S&P 500 2 182 +0.5% 22.3 VSA Nasdaq Composite 5 322 +1.6% 25.6 VK FTSE 100 6 776 +0.7% 25.6 Frankryk CAC 40 4 504 +0.3% 20.4 Duitsland DAX 10 665-0.1% 18.8 Indië Sensex 26 150-2.5% 21.3 Japan Nikkei 225 17 967 +3.4% 20.5 Australië ASX All Ordinaries 5 428-0.4% 23.9 Suid-Korea Kospi 1 975-0.5% 18.3 China Shanghai Composite 3 193-0.1% 14.9 3. Ons voorspelling vir finansiële markte Anders as wat ons verwag het, het die JSE Algehele Indeks verlede week gestyg. Die JSE is egter tans besonder oorwaardeer en kan enige oomblik met 60% val. Wat kommerwekkend van die JSE is, is dat dit al vir bykans 2 jaar in 'n band tussen ongeveer 50 000 en 55 000 beweeg. Dit is duidelik dat beleggers op die 3 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

JSE oorversigtig is. Die geringste skok sal talle beleggers uit die aandeelmark verdryf, sodat 'n groot val baie vinnig sal plaasvind. Oor die korttermyn van die volgende paar weke is Amerikaanse-, Europese- en Asiese aandeelmarkte by kritieke draaipunte. Wees versigtig met u beleggings. Effektetrusts waarvoor u versigtig moet wees as rentekoerse daal Maandagoggend Vooruitsig se ontledings toon dat die Reserwe Bank eerskomende Donderdag rentekoerse met minstens 0.25% behoort te verhoog. Maandagoggend Vooruitsig en Prestige Bulletin het u al voorheen gewaarsku om versigtig te wees met sekere effektetrusts, wanneer rentekoerse begin styg. Wanneer rentekoerse styg, moet u versigtig wees vir effektetrusts soos Prudential Inflation Plus Fund; Stanlib Property Income Fund; en Allan Gray Stable Fund. Huispryse Genoteerde vaste eiendom op die JSE het die afgelope tyd skerp gedaal. Die JSE Vaste Eiendoms Indeks het met 23% geval; JSE Eiendoms Beleggings Trusts het tot nou met 14.7% gedaal; en die JSE Eiendoms Indeks is af met 9.4%. Huispryse sal binnekort ophou styg en kan in sommige gevalle selfs daal. Wat om nou te doen Versigtige beleggers wat geen daling in hul kapitaal kan hanteer nie, behoort nou uit die 3 effektetrusts hierbo te skuif na die geldmark. Die geldmark is nie risiko-vry nie, maar die risiko van kapitaalverlies is baie klein en goeie rente van 7% per jaar kan tans daarop verdien word. Die geldmarkbelegging vir effektetrusts wat Prestige Bulletin tans aanbeveel, is Allan Gray Money Market Fund. Onthou, omdat finansiële markte aanhoudend verander, is dit nodig om u beleggings gereeld aan te pas, om seker te maak dat u te alle tye die beste moontlike groei op u kapitaal kry. Met u hoë risiko kapitaal, waarmee u van tyd tot tyd 'n daling in die waarde daarvan kan hanteer, kan u voortgaan om in Allan Gray Balanced Fund, Old Mutual Global Equity Fund en Coronation Optimum Growth Fund te belê. Dit is moontlik om betyds vir die komende ekonomiese krisis wat Suid-Afrika gaan tref, te begin voorberei. Ons sal u in die komende maande vertel van winskope in aandele, effektetrusts, vaste eiendom en besighede waarin u op die regte tyd later, gedurende die krisis teen winskooppryse sal kan belê. Op 'n stadium bied die ergste krisisse uitstaande geleenthede om rykdom te bou. 4 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Wat valuta betref, het die dollar baie versterk oor die afgelope paar weke. 'n Korttermyn verswakking in die dollar kan enige tyd voorkom. Sien ook bladsy 6. Kommoditeite en ons voorspellings Ons voorspelling verlede week dat meeste kommoditeite kon daal, was reg. Die goudprys in dollar het verlede week gedaal. Vir verlede week was die daling 1.6%. Ons ontledings toon dat die goudprys, na 'n aanvanklike daling tot $1 150, oor die volgende paar maande kan styg tot $1 400. Verlede Vrydag het die goudprys op $1 207 gesluit. Die goudprys in rand het verlede week met 1.5% gedaal. Verlede Vrydag het dit op R17 402 gesluit. Oor die volgende paar weke kan die goudprys in rand styg tot R18 500. Dit bly raadsaam om 'n deel van u kapitaal, ongeveer 5%, in fisiese goud soos Krugerrande of NewGold op die JSE te belê. Suid-Afrika se onsekerhede sal dit 'n goeie belegging oor die langtermyn maak. Die platinumprys in dollar het verlede week met 2.4% gedaal. Verlede Vrydag het platinum op $924 gesluit. Ons ontledings toon dat die platinumprys, na 'n aanvanklike daling tot $890, geleidelik kan begin styg oor die volgende paar maande. Ons teiken vir die platinumprys is $1 030. Die Brent ru-olieprys het anders as wat ons verwag het, verlede week met 5.3% gestyg. Verlede Vrydag het Brent op $46.89 gesluit. Ons teiken vir Brent oor die korttermyn is ongeveer $40, waarna dit oor die volgende paar maande tot $60 kan styg. Die CRB Indeks het verlede week met 0.1% verswak. Verlede Vrydag het die CRB op $412.41 gesluit. Na 'n aanvanklike daling tot $390, kan die CRB geleidelik begin styg oor die volgende paar maande. Ons teiken vir die CRB is $460. Valuta en ons voorspellings Ons voorspelling verlede week dat die rand, euro, pond en jen kon daal teen die dollar, was reg. Die rand het verlede week met 1% teen die dollar verswak, tot die huidige waarde van R14.48. Die rand kan oor die volgende paar weke tussen R14 tot R15 vir 'n dollar beweeg. Langtermyn sal die rand verswak, daarom is dit belangrik om nou buitelandse beleggings te maak, terwyl die rand relatief sterk is. Die euro het verlede week met 2.8% teen die dollar verswak. Verlede Vrydag het dit $1.06 vir 'n euro gekos. Oor die volgende paar maande kan die euro so verswak dat dit net $1 vir 'n euro kan kos. 5 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Die pond het verlede week teen die dollar verswak met 2.4%. Verlede Vrydag het dit $1.23 vir 'n pond gekos. Oor die volgende paar maande kan die pond so verswak dat dit net $1.10 vir 'n pond kan kos. Die jen het verlede week teen die dollar verswak met 4%. Verlede Vrydag het dit 110.89 vir 'n dollar gekos. Oor die volgende paar maande kan die jen verswak tot 120 vir 'n dollar. Wat die dollar verder betref, sal enige swakheid wat oor die volgende paar weke mag voorkom, volgens Maandagoggend Vooruitsig se ontledings, tydelik van aard wees. Oor die volgende paar jaar kan die dollar heelwat sterker word teen alle geldeenhede, insluitend die rand, euro, pond en jen. Gevolglik bly die dollar na ons mening die beste geldeenheid om u langtermyn beleggings in te maak. Belangrike aankondigings vir die week wat voorlê Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, 21 Nov 2016 22 Nov 2016 23 Nov 2016 24 Nov 2016 25 Nov 2016 Finale resultate: Geen belangrike aankondigings Finale resultate: Rentekoers besluit: Geen belangrike aankondigings Klik hier (1) Om ons terugvoer oor nuus, wat maatskappye gedurende verlede week vrygestel het, te lees. (2) Ons aanbevelings oor aandele wat tans waarde bied, na aanleiding van maatskappynuus, verskyn ook by hierdie skakel. 6 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou

Die volgende Maandagoggend Vooruitsig Ons volgende Maandagoggend Vooruitsig sal u op 28 November 2016 bereik. Vriendelike groete Erika van der Westhuizen Kliënteskakeling Prestige Bulletin (Edms) Bpk sainfo@saconsult.co.za Tel (012) 660-2282 Vrywaring Die inligting hierin vervat word in goeie trou deur Prestige Bulletin (Edms) Bpk, uitgewers van Maandagoggend Vooruitsig, gegee maar die korrektheid daarvan kan nie gewaarborg word nie. Prestige Bulletin (Edms) Bpk aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade deur enige iemand gely as gevolg van die inligting hierin vervat nie. Prestasies van die verlede is nooit 'n aanduiding van toekomstige groei nie. Alle beleggings op die markte hou altyd risiko in en daar is 'n gevaar van kapitaalverlies. Markte styg nie net nie, hulle daal ook. Raadpleeg 'n gemagtigde adviseur voor u enige belegging maak of enige saketransaksie aangaan. 7 Kopiereg 2016 SA Konsultgroep (Edms) Bpk Alle regte voorbehou