KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SIZA takes the sting out of auditing

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Dialoog en paragrawe *

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Sport lok duisende na Pukkampus. is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Hoe om krag te spaar

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

KAMPUSNUUS. end. Junie Uitgawe 5. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Die toerismebedryf is hard hierdeur getref, selfs voordat die eerste fluitjie geblaas het.

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Kerssangdiens. SA Gemeente

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

die ArtKat Jaar program

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Lees binne: Nog foto's op p 16. Puk se KBMM trek internasionale. p 5. November Uitgawe 9

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

ekampusnuus NWU-tolkdienste brei uit Lees binne: Pansat-eer vir hoe NWU brûe bou tussen tale Skete en pyne op kampus

Transcription:

Maart 2005 - Uitgawe 2 KAMPUSNUUS Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Studente en personeel tydens die onlangse Waardewandeling. Hier tussen 'n klompie studente is Vincent Eastes van bemarking en kommunikasie saam met die motoveringspreker, Michael Moll, en agter hulle Roelf Laurens, voorsitter van prinsipiële leiding, en mnr. Russell Cagnacci van die Consumer Goods Council of SA, wat Moll se uitgawes geborg het. Waar aarde dewandeling Studente en personeel het op 3 Maart nog gewys dat hulle bereid is om vir hulle waardes op te staan. Die opkoms was vanjaar egter kleiner as verlede jaar. Dr. Michael Moll, gewilde aanbieder van Top Billing, het n inspirerende boodskap in die amfiteater gelewer voordat die wandeling die roete na die Sedgars Park-krieketstadion gevolg het. Mnre. Russell Cagnacci en Chris Havenga van die Consumer Goods Council of South Africa het Moll se optrede geborg. Die studentedekaan, prof. Hendré Reyneke, sê dit is vir hom positief dat studente nog by hulle waardes hou en bereid is om daarby te staan. Ek sou daarvan gehou het as meer studente daaraan wou deelneem. Dit is natuurlik belangriker dat studente nie net hulle waardes tydens n wandeling uitleef nie, maar ook bereid is om reg deur die jaar daarby te hou en hul waardes sterker sal uitleef, het Reynecke gesê. Die voorsitter van prinsipiële leiding van die studenteraad, Roelf Laurens, sê die verloop van die gebeure was uiters suksesvol. "Die uitdaging vir ons Pukke is egter nou om te bly by dit waarvoor ons gestap het en om soos Michael gesê het "not just being alive, but really living". Roelf sê hy sien uit na volgende jaar se wandeling en verwag dat studente elke jaar meer en meer betrokke sal raak.

Kampusnuus 2 Altesame 1 850 jare diens Verskeie mense met altesame 1 850 jare diens by die PUK het hul langdienstoekennings tydens die inhuldiging van prof. Annette Combrink op 11 Februarie ontvang. Twaalf personeellede het hul toekenning vir dertig jaar diens ontvang, hulle is: Mnr. Mothupi John Bopalomo by die skool vir chemie en biochemie. Me. Alta Cilliers, sekretaresse by die hoofdirekteur bedryfsdienste. Prof. Corrie du Toit by die skool vir chemie en biochemie. Mej. Mariana Lourens by die Ferdinand Postmabiblioteek. Mej. Rebecca Luka by die Dampad-eetsaal. Mej. Elizabeth Menyatso by die Oosterhofeetsaal. Me. Dirkie Nell by die skool vir musiek. Me. Truida Olivier by die skool vir musiek. Mnr. Reuben Moenedi Phakedi, dienswerker by die rektorswoning. Dr. Adrie Roux by die departement maatskaplike werk. Prof. Tjaart Steyn by rekenaarwetenskap en inligtingstelsels. Prof. Jan Swanepoel, direkteur van onderrig by die fakulteit regte. Die 22 personeellede wat hul 25 jaar toekenning ontvang het, is: Mev. Hettie Baxter Prof. Banie Boneschans Mnr. Willem de Klerk Prof. Jan Fourie Mnr. André Geldenhuis Prof. Johann Kirsten Dr. Hester Krüger Mev. Caroline Leburu Dr. Maides Malan Mnr. André Marais Mej. Jane Paarde Prof. Anita Pienaar Prof. Gerrit Pienaar Mnr. Peet Ryke Prof. Leonie Stander Mnr. Mias Steyn Mnr. Andrew Thaole Mnr. Ernest van Niekerk Prof. Herrie van Rooy Dr. Herman van Wyk Mej. Kitty Willemse Mej. Lena Xaba Nog 36 personeellede het hul 15 jaar toekenning ontvang en veertig hul tien jaar dienstoekenning. Dit gebeur nie aldag dat oupa vir kleinkind klasgee nie! Gedurende die oriënteringsweek wat vanjaar vir die SBO (skoolgebaseerde onderwysersopleiding)-studente aangebied is, het oupa (prof.) Dewey de Wet onder andere vir sy kleindogter, Talitha Buys, meer van studiemetodes geleer. Talitha hou skool in Knysna en is vir die nagraadse onderwyssertifikaat op die afkampus-leerderskapmodel by die PUK ingeskryf. Sy is reeds die vierde geslag Puk. Haar ouers, grootouers en oupa-grootjie was almal Pukke. PUK-Spieël Fakulteit opvoedingswetenskappe Sowat 160 akademici en onderwysers van Suid- Afrika en die buiteland het die jaarlikse OVSAkongres van 12 tot 14 Januarie by die Potchefstroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die universiteit van Calgary, Kanada en Sue Hasseler van die Calvin College in Michigan, VSA, was die hoofsprekers. n Unieke simposium met die tema, "Waar wêrelde ontmoet van die effektiewe opleiding van onderwysers na die uitdagings vir effektiewe skole", was deel van die kongres en plaaslike skoolhoofde het hieraan deelgeneem. Die kombinasie van hoofde van histories bevoordeelde en histories benadeelde skole in SA, tesame met internasionale perspektiewe oor leierskap in skole en sosiale geregtigheid het gesorg vir lewendige bespreking. Die jaarlikse J Chris Coetzee-gedenklesing is op Donderdag 17 Februarie gehou. Prof. JL van der Walt, vorige dekaan van die fakulteit opvoedingswetenskappe was die gasspreker en die titel van sy voordrag was, Ses dekades opvoedingsfilosofie sedert Chris Coetzee: waar staan ons vandag? Prof. Kobus Mentz was die organiseerder van dié lesing. n Artikelslypskool is van 21 tot 24 Februarie by die fakulteit aangebied. Prof. Izak Oosthuizen het die slypskool beheer. Dr. Susan Nieuwoudt van die skool vir onderwysersopleiding (natuurgerigte skoolvakke) is as lid van n ministeriële taakspan aangestel om die vlak van wiskunde-geletterdheid vas te stel. Die taakspan se werksaamhede het reeds in Desember n aanvang geneem. Die verslag is in Februarie aan die minister se kantoor oorhandig. Prof. Izak Oosthuizen het onlangs n NRF kategorie C3-toekenning op grond van die vestiging, bydrae tot en uitbouing sedert 1985 van onderwysreg aan n veelheid van tersiêre inrigtings ontvang. Oosthuizen is verbonde aan die skool vir opvoedkunde en opleiding. n Groot eer het mnr. Riaan van den Berg te beurt geval deurdat die bestuur van die NWU hom genader het om die oorkondes van die drie kampusrektore te ontwerp. Riaan is verbonde aan die skool vir onderwysersopleiding (mensgerigte skoolvakke). Skool vir entrepreneurskap, bemarking en toerisme Carina Uys en Adrinet Snyman van die Instituut vir toerisme en vryetydstudies het van 6 tot 11 Februarie die derde IIPT African Conference on Peace through tourism, in Lusaka, Zambië bygewoon. Referate wat gelewer is, was onderskeidelik Evaluating the efficacy of a government funded SME-programme in tourism in the RSA, asook Targeting the right market for SA National Parks. Die instituut het die idee van n African Tourism Chapter die lig laat sien wat aspekte soos navorsing en onderrig sal aanspreek. Dit het baie belangstelling by kongresgangers gewek. Skool vir ekonomie, risikobestuur en internasionale handel Die skool het op 11 Februarie n nagraadse werkswinkel vir honneursstudente, M- en PhDstudente van oral oor gehou. Prof. Wim Naudé het n lesing oor wat wetenskap en navorsing is, aangebied. Die verskillende navorsingsmetodes, - fases en -temas is ook bespreek. Me. Erika Rood, die vakkundige (ekonomie) spesialis van die Ferdinand Postma-biblioteek, het die verskillende dienste van die biblioteek literatuursoektogte verduidelik. Mnr. Waldo Krugell het n oorsig oor die nagraadse programme van SERI gegee. Fakulteit ingenieurswese Gerbrand Breed het n medalje as die beste voorgraadse ingenieurstudent van ECSA (Engineering Council of SA) tydens die Maart-gradeplegtigheid ontvang. Gerbrand het sy B.Ing (elektriese en elektroniese ingenieurswese) cum laude verwerf. Hy was verlede jaar een van die top ses finalejaarstudente in die fakulteit. Prof. Frank Berry van die Open University, Engeland was vanaf 17 tot 22 Januarie 2005 op besoek by prof. Frans Waanders van die skool vir chemiese en mineraalingenieusrwese. Berry is die voorsitter van die internasionale raad op die toepassings van die Mössbauer-effek en het n lesing oor sy navorsing in die skool gelewer. Berry het ook Sasol besoek en n gesamentlike werksooreenkoms tussen die NWU, Sasol en die Open University is georganiseer. Hy het ook die ander twee sentra in die land waar Mössbauerwerk gedoen word, besoek. Hier is hy en sy vrou, Gill, in die Vredefort-koepel tydens hulle besoek.

Kampusnuus 3 Projekte bring ver erligting in plaasgemeenska emeenskappe Armoede, onsekerheid oor waar die volgende bord kos vandaan gaan kom en Vigs is van die grootste sosiale probleme in Suid-Afrika. Uit navorsing wat die PUK gedoen het, is bevind dat mense wat op plase woon en werk besonder kwesbaar is wat gesondheid, inkomste, onderrig en voeding aanbetref. Hierdie studie staan bekend as die Thusa-studie (transition, health and urbinasation in South Africa). Uit dié studie het die Flagh-program (farm labour and general health) gevolg wat in 2001 as n ingrypingstudie op twee plase van stapel gestuur is. Die PUK glo in die spreekwoord, Motho ke motho ka batho (mens is n mens deur sy medemens), en daarom het die navorsingsfokusarea voorkomende en terapeutiese intervensies by die fakulteit gesondheidswetenskappe begin met gemeenskapsprojekte onder plaasgemeenskappe rondom Potchefstroom.Twee van die projekte in die Rysmierbultomgewing is n vaardigheidsontwikkelingsprojek van vroue op plase om tot armoedeverligting by te dra (Holding Hands) en die projek om groentetuine by plaasskole te vestig. Verder is daar ook navorsing oor huishoudelike voedselsekuriteit, lewensonderhoud en Vigs onder plaaswerkers. Flagh het gegroei in n multi-dissiplinêre, multisektorale program waarby verskeie dissiplines van die PUK by betrokke is. Die program het ook n internasionale kleur gekry met nie-winsgewende organisasies van Europa wat sy aan sy met Suid-Afrikaanse organisasies en onder meer die departement van onderwys in Noordwes werk. Navorsers en nagraadse studente wat met die program help is van Suid-Afrika, Duitsland, Botswana en Lesotho. Die Holding Hands-projek verskaf vaardigheidsontwikkeling aan sowat tien vroue met die maak van boeksakke en skouersakke. Die sakke van stewige denimmateriaal word van die hand gesit om n inkomste te genereer. Die leier van die vaardigheidsontwikkelingsprojek, Liezel van Niekerk, sê die vroue kan tot R1 200 per maand daarmee verdien. Liezel sê hulle het aanvanklik met sestien vroue by n sentrum op die plaas van mnr. Deon Oosthuizen en sy vrou, Christa, begin werk. Die groep het later tot vyf gekrimp, maar hulle werk tans met tien vroue. Die aard van die vroue se werk op die plase het die grootste invloed op die getalle. Hulle het met tuinvoorskote begin wat aanvanklik by Eb s Blommewinkeltjie bemark is. By die Ferdinand Die vroue word geleer om te verf. Postma biblioteek het hulle later n kontrak gekry om groot boeksakke vir studente te maak. Dié produk het egter groot aftrek onder PUK-personeel gehad wat dit vir inkopiesakke gebruik. Hulle mark het later ook na Johannesburg uitgebrei wat deur vriende en familie gevestig is. Die produkte word vir R40 en R50 verkoop. Ons kan sowat twintig boeksakke per week maak deur net twee dae per week te werk. Ons het die vroue volgens hulle vermoë gekeur en het n goeie vervaardigingslyn geskep waar sommige knip, ander masjienwerk doen en van die vroue ook borduurwerk doen. My volgende plan is om met meer kreatiewe mediums soos materiaalverf op tafelmatjies te begin. Liezel is ook baie opgewonde oor die skool vir tale wat n soortgelyke boekprojek soos wat onlangs in Promosa gedoen is, te begin. In die boekprojek kan mense hulle ervaringe op papier kry en op die manier hulle hartseer en moeilike omstandighede verwerk. Liezel sê hulle het veral n groot behoefte Die skoolkinders help graag met die werk in die groentetuine. Een van die plaasvroue besig met masjienwerk. aan magisterstudente wat ook Setswana magtig is. As daar lesers is wat weet van iemand wat kwalifiseer daarvoor of wil uitvind oor die projek of produkte kan hulle haar by 082-322-6044 skakel of vir Dorcas by 083-983-0132. Meer inligting oor die Flagh-projekte kan by dr. Stefanie Lemke by (018) 299-2461 verkry word. Die voorskote en skouersakke wat die vrou maak.

Kampusnuus 4 Wapenwet Die nuwe wapenwet is in 2000 goedgekeur en het middel 2004 in werking getree. Dit behels dat alle wapeneienaars wat tussen 1 Januarie en 31 Maart verjaar, vanjaar hul vuurwapenlisensies moet laat hernu. Vir die res lyk die spertyd soos volg: 1 April tot 30 Junie in 2006, 1 Julie tot 30 September in 2007 en 1 Oktober tot 31 Desember in 2008. PUK-Welstand het n wapenkomitee geskep om behulpsaam te wees met die kies van n opleidingsverskaffer in die verband. Ná verskeie voorleggings aangehoor is, is besluit om van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging gebruik te maak. U is steeds welkom om van enige diensverskaffer gebruik te maak, maar PUK- Welstand sal behulpsaam wees met die koördinering en organisering van opleiding verskaf deur bogenoemde geakkrediteerde opleidingsverskaffer. Vervolgens het PUK-Welstand twee inligtingsessies gereël wat deur SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging op die kampus gehou sal word op: 17 Maart, 14:00-16:00 in die Multimedialokaal, Gebou F20. Daar is ook reeds drie datums vasgemaak vir opleiding: 16 en 23 April en 21 Mei. Meer inligting hieroor tydens die inligtingsessies. U kan ook ons webtuiste vir meer inligting besoek: http://www.puk.ac.za/wellness/info.html kliek op Wette, Wapenwet. 'Venster' open vir Roald n Nuwe venster het vir Roald Eiselen, junior navorser verbonde aan CTexT oopgegaan toe hy onlangs vir n internskap by die International Proofing Tools Team van Microsoft in Ierland gekeur is. Roald is verbonde aan die sentrum vir tekstegnologie, n navorsing- en ontwikkelingsentrum van die navorsingsfokusarea: tale en literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie groep is verantwoordelik vir die aankoop en ontwikkeling van spel- en grammatikatoetsers, asook ander elektroniese skryfhulpmiddels vir die Middel-Oosterse, Europese en Afrikatale. Roald sal verantwoordelik wees vir die evaluering van die speltoetsers en ook 'n metode ontwikkel om die evaluering van speltoetsers van die verskillende tale te standaardiseer. Hy sal ook daar aan sy meestersgraad oor die standaardisering van speltoetser-evaluering onder leiding van prof. Gerhard van Huyssteen (hoof van CTexT) en een van die persone by Microsoft werk. Roald was as honneursstudent in Afrikaans en Nederlands by die Afrikaanse speltoetserprojek betrokke en was later ook deel van die span wat die isixhosa, isizulu, Sesotho sa Leboa en Setswana speltoetsers vir Microsoft ontwikkel het. CTexT se verhouding met Microsoft, asook Roald se rol as rekenaarlinguis in dié ontwikkelingsprojek, het letterlik die venster Ierland toe oopgemaak. CTexT was tot dusver betrokke by die volgende Roald Eiselen (voor) en prof. Gerhard van Huyssteen van die sentrum vir tekstegnologie. ontwikkelingsprojekte: Die Afrikaanse Speltoetser 2.1 en Woordafbreker. Ontwikkeling van speltoetsers vir isixhosa, isizulu, Sesotho sa Leboa, Setswana en Afrikaans. Bestuur van lokaliseringprojekte in samewerking met eksterne vertalers vir die vertalings van die gebruikerskoppelvlak ( interface ) van Windows XP en Office 2003 in Afrikaans asook Windows XP in Setswana en isizulu. Multimedia taalverwerwingprogramme vir Setswana ( Tsenang! ) en isizulu ( Ngenani! ). Tans word daar by CTexT ook aan die uitbreiding van die taalverwerwingsprogramme na ander tale, asook aan 'n Afrikaanse Tesourus gewerk. Van die rektor se tafel Begin Maart - die stand van sake op die kampus Net n vinnige opmerking om almal se harte bly te maak die plastiekmonstrositeite in die daktuin is verwyder, en word met werklike plante vervang. Ons beplan ook om die Boesmangravures wat vroeër voor die Biblioteek vasgemessel was, en wat nou al vir n paar jaar geberg word, deel van die uitstalling in die daktuin te maak, sodat dit toeganklik is vir mense wat dit graag wil sien. Die visioneringsproses vorder fluks en ons is op skedule. Kollegas word daarop gewys dat enige insette via hulle afdelings ingedien kan word maar ook direk aan my indien julle iets dringends op die hart het. Dieselfde geld vir die universiteitslied kommentaar word nog ingewag oor die melodieë en die woorde. Die volgende volumes van die PUK-geskiedenis is tans by die pers en word op 17 Maart tydens die PUK-forum bekendgestel. Die tweede weergawe van Sages en Legendes... en ander lekker stories (deur prof. Piet van der Schyff) bevat heelwat materiaal wat begin by die vyftigerjare en strek tot in die negentigerjare, en die opvolg van Wonderdaad!, met die titel In U Lig vanaf selfstandigwording tot samesmelting, 1951-2004 (geskryf deur n span onder die redakteurskap van prof. Elize van Eeden) is n omvattende kyk na die PUK in die tweede helfte van die 20ste eeu. Die afhandeling van hierdie massiewe projek word gesien as n belangrike mylpaal, aangesien die boekstawing van ons geskiedenis, veral in n oorgangstyd soos nou, van kardinale belang is. Ons is aan die einde van die eerste sarsie gradeplegtighede vir die jaar die afgelope twee weke het 13 gradeplegtighede gesien. Dit was n besondere geleentheid om te ervaar soos altyd is die bywoning by die plegtighede uitstekend, wat vir my tekenend is daarvan dat studente graag persoonlik hulle grade in ontvangs wil neem omdat die verkryging daarvan so belangrik is. Voorlopige inligting oor navorsing op die kampus is ook baie bemoedigend. Waar ons verlede jaar 63 NRF-gegradeerdes gehad het, is die syfer op na 72, en is n verdere 20 aansoeke aan die einde van Februarie 2005 ingedien. As ons hierdie soort getalle kan handhaaf sal ons navorsingsprofiel dramaties sterker word. Navorsingstoekennings vanaf die NRF en Thuthuka vir die jaar beloop R9 miljoen vergeleke met R6,5 miljoen in 2004 en R5,1 miljoen in 2003. n Laaste woordjie oor die instelling as geheel. Daar is heelwat in die pers berig oor die toestande op ander samesmeltende kampusse met n donderende stilte oor die Noordwes-Universiteit. Dit is natuurlik so dat goeie nuus nie verkoop nie, en die nuus is goed. Tydens die opening van die Mafikeng-kampus het die studenteraad in die openbaar daarna verwys dat hulle nie by die hekke aan die demonstreer is nie, maar in hulle klaskamers is en tydens die waardewandeling het lede van die SASCO-bestuur saamgestap. Iets positiefs broei beslis by die nuwe universiteit. Laat my gerus weet hoe julle voel oor die taalmedium van hierdie rubriek. Ek wil nie graag alles in twee tale skryf nie, want dan is die beskikbare ruimte te gou op. Terselfdertyd wil ek nie kollegas wat nie Afrikaans magtig is uitsluit nie. n Oplossing sal moontlik maar wees om paragrawe in Engels en Afrikaans af te wissel. Kommentaar na rktalc, asb.

Kampusnuus 5 Per ersoneel sê oor nuw uwe BBS Ek dink dis nou al te vroeg om te worry, Baie vreemd en n gesukkel in die begin, Dis oraait, Ek dink die nuwe BBS is uitstekend en gebruikersvriendelik, Ek hou van die nuwe formaat en funksionaliteit, Ek vind die BBS stukke beter. Dit is van die kommentaar wat personeel oor die nuwe BBS of intranet van die universiteit gehad het. In n meningsopname wat onder personeel gedoen is, het 164 mense gestem, waarvan 54% (89) gesê het hulle hou van die nuwe baadjie van die BBS, 36% (60) het gesê hulle hou glad nie daarvan nie en 9% (15) het gesê dis om t ewe. Ten spyte van die min stemme in die opname het personeel al meer as 1 030 keer daarna gekyk (views). Nagenoeg 1 443 personeellede is reeds op die BBS geregistreer en meer as 832 artikels is ook al op die Personeelsake Prestasie/merietebonusse intranet geplaas. Een van die aspekte van die nuwe BBS waarby gebruikers byval vind is die gesprekforum onder Sê jou sê. Van dié gesprekke is al bykans drie bladsye lank. Oor die onderwerp, A question about prayer at official university functions, is daar al 45 antwoorde (replies) oor ontvang en het personeel n rekord 5 069 keer daarna gekyk. Nog n onderwerp wat groot reaksie uitlok is die vraag, Is Apartheid s demise to blame for all SA s social ills?. Sewentien antwoorde is ontvang en is 1 168 keer na gekyk. Dit blyk asof diegene wat daarteen gekant is en dit as gebruikersonvriendelik beskou, dalk nog net nie aan die verandering gewoond is nie. Soos Eugene Coetzee dit gestel het, wees versigtig om nie dit wat jy persoonlik aan gewoond is, met gebruikersvriendelikheid te verwar nie. Dit blyk egter of die grootste hoeveelheid personeel van dié nuwe baadjie hou en voel dat sodra almal weet van hom, en dit kan gebruik, hulle vertroud sal raak en hopelik daarvan hou. Volgens Karien Brits het ITB en die departement bemarking en kommunikasie verlede jaar ander moontlikhede vir BBS ondersoek. Groupwise kon nie meer die BBS-verkeer hanteer nie en dit was ook nie ontwerp om n gespreksforum of BBS te huisves nie. In nog n opname het 75 mense gestem oor hoeveel tyd hulle op die BBS spandeer. Die uitslag is as volg (Di. 7 Maart): 5 10 min - 66% (50) 10 30 min - 32% (24) 30 60 min - 1% (1) As gevolg daarvan en ook in pas met die neiging in die IT-wêreld om meer van webgebaseerde toepassings gebruik te maak, is daar besluit om die Open Source produk, phpbb, vir n webgebaseerde BBS aan te pas. Die groot voordeel van die nuwe BBS is die interaktiewe aard daarvan. n Mens kan nou direk op ander se boodskappe antwoord (reply). Die BBS in die Groupwise-omgewing was in hierdie opsig baie staties. Ander pluspunte is die meningspeilings (opinion polls) waarmee die meningsopname oor dié BBS ook gedoen is en die sogenaamde smilies vir die gevoelens wat hoog loop op Sê jou sê. Open Source - dit is programmatuur of eintlik bronkode (source code) wat gratis beskikbaar gestel word en waaraan programmeerders regoor die wêreld kan werk. Hulle stel op hulle beurt hul bronkode en programme ook vrylik aan die res van die wêreld beskikbaar. Kampusnuus het navraag ontvang oor die kwessie van prestasie- of merietebonusse en die volgende vrae na prof. Chris van der Watt geneem: Hoe werk prestasie/merietebonusse? Om in aanmerking te kom vir n bonus moes n personeellid: 1. Volledig voldoen het aan die uitsetvereistes vir al die kritiese prestasie areas (KPA s) in die posbeskrywing en/of taakooreenkoms. 2. n Uitsonderlike bydrae gelewer het tot een of meer van die volgende: 2.1 n aantoonbare verbetering van kliëntediensvlak 2.2 n aantoonbare verbetering in die effektiwiteit van die werkomgewing se besigheidsprosesse 2.3 die besonder effektiewe uitvoering van n ad hoc opdrag of projek 2.4 n aantoonbare bydrae tot die vermeerdering van inkomste/vermindering van uitgawe vir die universiteit of betrokke afdeling, dog met behoud van kwaliteit en kliëntediensvlak. Die kliëntediensvlak, besigheidsprosesse ens. verskil van afdeling tot afdeling. Wanneer geskied die toekenning van bonusse? Dit word deurlopend gedoen. Wie moet dit doen? Die personeellid se bestuurshoof. Is die proses regdeur die verskillende afdelings of fakulteite dieselfde? Dieselfde riglyne en kriteria geld, soos van toepassing gemaak in n spesifieke werkomgewing. Is dit n geslote proses? Mag mens weet wie kry bonusse en hoeveel dit is? Alle vorme van vergoeding, ook bonusse, is vertroulik. Hoe werk bevordering? Dit geld slegs vir akademiese personeel en word volgens spesifieke prosedures met spesifieke kriteria gedoen in die vorm van n normprofiel per fakulteit aan die hand waarvan dekane en fakulteitsbesture moontlike bevorderings oorweeg. Prof. Fika praat oor 'Die Bybel in ons lewe' Prof. Fika Janse van Rensburg van die Teologiese Skool bied elke Sondagaand die program, Die Bybel in ons lewe, op versoek van Radio Sonder Grense aan. Die ander lede op die paneel is prof. Pieter Venter van die Universiteit van Pretoria en dr. Marius Nel van die AGS in Krugersdorp. Die program word elke Sondagaand om 18:30 uitgesaai. Op 20 Maart praat die paneel oor slawerny as samelewingsverskynsel in die Bybelse tyd, op 27 Maart het hulle n regstreekse program oor die groot verlossingsgebeure wat ons vandag gedenk aan en op 3 April handel die program oor vrae wat luisteraars gerig het. Hier is die paneel saam met dr. Flip Loods van CNW- Radio, die klankman, Jacques, prof. Pieter Venter, dr. Marius Nel en prof. Fika. Vriende en oudstudente van 1951 kuier saam n Paar vriende wat saam eerstejaars in 1951 was, het die PUK-kampus onlangs besoek. Van links is Billy Bosch, skakelbeampte vir die Bond van oud-pukke wat hulle op n toer van die kampus geneem het, mnr. Kobus Pienaar (het BA studeer), sy vrou Rolene (1954 eerstejaar wat huishoudkunde studeer het), mnr. Pieter Pretorius (het BP Ed studeer), sy vrou Susan (1954 eerstejaar by Pote), Nic van den Heever (het BA studeer), sy vrou Divina, (1954 by Pote), Frans Gräbe (het BP Ed studeer) en Theo Cloete, direkteur van bemarking en kommunikasie.

Kampusnuus 6 Pukke e help in voedselna oedselnavor orsing Die skool vir fisiologie, voeding en verbruikerswetenskappe van die PUK is opdrag gegee om in samewerking met nege ander universiteite navorsing te doen om vas te stel of die verrykingsprogram van stapelvoedsel alle gebiede in Suid-Afrika bereik. Prof. Salomé Kruger, voedingkundige, sê die voedselstatus van stapelvoedsel soos mieliemeel en brood is tans weer onder die vergrootglas. Die resultate van die navorsingsprojek sal belangrike inligting oor die gesondheid van vroue en kinders in Suid-Afrika verskaf. Die Noordwes-span het hulle navorsing in onder meer klein plattelandse dorpies soos Mmamebe, Bojating, Molelema, Buxton en Tladistad gedoen. Nege van die agtien studie-areas was in stamgebiede en daar moes eers toestemming van die stamhoof of kgosi verkry word alvorens die opnames gedoen is. Twee studie-areas was op plase en die res in informele en formele stedelike gebiede, waaronder ook n gedeelte van Potchefstroom was. Die studie gaan steeds voort en behoort eersdaags afgehandel te wees. Kruger sê n opvolgstudie sal oor vyf jaar gedoen word. Die regering het verlede jaar die verryking van stapelvoedsel verpligtend gemaak weens wydverspreide armoede en onkunde onder mense oor wat goeie voeding behels. Die voedselindustrie is volgens wet verplig om mieliemeel en broodmeel met vitamiene en minerale te verryk omdat drie uit elke vier huishoudings in die land onseker is of hulle in die toekoms genoeg voedsel sal hê om te eet. Die vyf mees algemene voedselsoorte in huishoudings is mieliemeel, suiker, tee, melk en bruinbrood. Die besluit om stapelvoedsel te verryk is baseer op Taalwenk Gebruik kundiges om jou taal te versorg! Dis weer daardie tyd van die jaar dat dienste op BBS aangebied word vir die versorging van die taalgebruik in verhandelings en proefskrifte. Diegene wat professioneel in die taalpraktisynsbedryf werk, is besorg daaroor dat personeel en studente wat van hierdie dienste gebruik maak, nie waarde vir hulle geld kry nie. Hoekom nie? Omdat die meerderheid van hierdie persone nie die nodige ervaring en agtergrond het om die werk behoorlik te doen nie en dan dikwels ook nog meer vra as die geldende tarief in die taalpraktisynsbedryf. Onlangs het iemand by ons kerk my gevra of ek nie weet van n student wat gou n stukkie vir my kan vertaal nie?. Ek kan dit werklik nie waag om sommer net so n student se naam te noem wat dit kan doen nie dis onverantwoordelik van my as taalpraktisyn om willens en wetens die naam van iemand deur te gee wat duidelik nog nie die ervaring het om behoorlike teksversorging of vertaling te doen nie. Opgeleide en geakkrediteerde taalpraktisyns (geakkrediteer by die SA Vertalersinstituut as vertaler, tolk, teksversorger) weet wat dit behels om taalwerk te doen en kan dit ook met die nodige vaardigheid en professionaliteit doen. Nader eerder Johan Blaauw (hoof: taalpraktyk op die PUK-kampus) om n verwysing ter gee na iemand wat opgelei en bevoeg is om die betrokke skryfproduk die afronding te gee wat dit verdien. Andersins gaan jy die produk kry waarvoor jy betaal onafgerond met die moontlikheid dat dit oorgedoen moet word en jy dan wéér moet betaal... WAMC bevindings van n vorige landwye studie toe daar gevind is dat die inname van energie, kalsium, yster, sink, selenium, vitamien A, D, C en E, riboflavien, niasien, vitamien B 6 en foliensuur minder as 67% van die aanbevole hoeveelheid was in helfte van die kinders wat by die navorsing betrek was, sê Kruger. Die departement gesondheid het nou opdrag gegee dat die situasie weer evalueer moet word. Met die navorsing van die nege universiteite wil voedselkundiges vasstel of die verrykingsprogram alle gebiede van die land bereik. Die studie staan onder leiding van prof. Demetre Labadarios van die Universiteit van Stellenbosch en in Noordwes word dit onder leiding van Kruger gedoen, met sr. Chrissie Lessing van die PUK as provinsiale koördineerder. Deur bloedmonsters te toets kan die hoeveelhede van vitamiene, yster en sink in bloed n aanduiding gee van hoe goed vroue en kinders gevoed is in hierdie vroeë stadium van die verrykingsprogram. Jong vroue en kinders is kwesbare groepe met relatief groter behoefte aan vitamiene en yster. Kruger sê tydens die studie is bloedmonsters geneem om die vitamien A, foliensuur, yster en sinkstatus van kinders tussen een en nege jaar oud en vroue tussen 16 en 35 jaar oud te bepaal. Uit elke huishouding is n klein hoeveelheid mieliemeel, sout Die opname van Le nozze de Figaro van Mozart, waarin die bekende tenoor, Kobie van Rensburg, n oud-puk en ook buitengewone professor aan die skool vir musiek twee rolle sing, het onlangs nog n toekenning ontvang. Die opname is pas met n Grammy-toekenning as beste opera-opname vereer. Dit het verlede jaar ook die Gramophone se opname van die jaar gewen, wat soortgelyk aan n Oscar in die filmbedryf is. Dié opname het ook nog agt ander toekennings ingepalm. Kampusnuus het hom op n stasie in n bitter koue Wenen (-6 C) opgespoor kort voor hy weer na München in Duitsland sou vertrek. Kobie woon die afgelope tien jaar in Wenen waar hy sy liefde vir musiek uit die agtiende eeu uitleef. Hy het sy sangloopbaan onder die leiding van prof. Werner Nel begin en verskeie kompetisies, waaronder die 1994 Pretoria International Singing Competition was. Hy het daarna sy studies onder Hanno Blaschke in Wenen voortgesit. Christelle de Witt en sr. Chrissie Lessing van die PUK saam met kinders ná bloedmonsters in Itsoseng naby Lichtenburg geneem is. en water geneem. Die vitamien A-inhoud van mieliemeel is getoets en water en sout word vir jodiumkonsentrasie getoets. Vraelyste is gebruik om die kennis van vroue oor vitamien en minerale te bepaal, asook hulle houding teenoor voedselverryking. Die voedselsekerheidstatus van gesinne is getoets en vroue en kinders geweeg om die groei van kinders en gewig van vroue te bepaal. Prof. Annamarie Kruger, me. Carla Fourie en dr. Machteld van Lieshout was ook by die studie betrokke. Nagraadse studente, Christelle de Witt, Izette van der Watt, Lisa Davis, sowel as drie derdejaar voedingstudente, France Nortje, Leone Mulle en Madeleen Smit, het saam met opgeleide Tswana-sprekende veldwerkers deur Noordwes gereis om die agtien ewekansig gekose studie-areas te besoek. Kobie van Rensburg sing Grammy los Kobie het n ellelange lys van rolle wat hy in uitvoerings in München, Berlyn, Lissabon, Genève en talle ander teaters gesing het. Hy het ook in Mei 2000 sy solo CD, Handel s Beard, uitgereik. Kobie sê hy reis baie rond en vertrek eersdaags weer op n toer na Duitsland en Frankryk. Mense dink dit is lekker om so baie te toer, maar dit raak later soos enige ander werk. Ek sien soveel uit na n vakansie en n ruskans. Ek is nog baie gelukkig in my werk, maar verlang ook maar na Suid-Afrika. Kobie sê hy probeer ten minste om een keer per jaar sy geboorteland te besoek. Dit is gedurende dié besoeke dat hy nog klas by die PUK gee. Mnr. Chris Windell onthou Kobie uit sy studentedae en vertel dat hy aan een van die eerste kampustalentfeeste deelgeneem het. Hy het ons destyds vermaak met sang van Willie Nelson en Elvis. Hieroor het Kobie net gelag en gesê dit was darem baie jare gelede.

Peter slaan wêreld aan brand met tromme Sy vriendelike gesig en spierwit tande is die eerste ding wat jou opval as hy met n uitgestrekte hand na jou toe aangestap kom. Peter Okeno, n Keniaan, is so talentvol met sy Afrika-tromme dat hy verlede jaar al n verhoog met Anton Goosen tydens Aardklop gedeel het. Peter is n musiekstudent wat so deur Potchefstroom inspireer is tydens sy dae as uitruilstudent by die PUK, dat hy besluit het om sy BA-graad te kom voltooi. Hy was die eerste keer in 2002 vir ses maande as uitruilstudent in Potchefstroom waar hy lesse gegee en konserte met sy tromme gehou het. Hy is egter terug om sy diplomakursus by die Daystar Universiteit in Nairobi te voltooi. Hy het verlede jaar teruggekeer vir sy BA-graad in musiek en society. Peter het intussen al saam met die Serenaders van die PUK na Duitsland getoer en het sy eie groep, Ngoma Afrika, met agt lede gestig wat eersdaags hulle eie CD gaan uitreik. Peter sê met blink oë hy het groot planne vir sy toekoms. Hy sal baie graag musieksentrums met ateljees, n musiekskool vir orkeste en kore, asook n eie teater in Kenia, Uganda en Tanzanië tot stand wil bring. Peter sê hy verlang baie na sy gesin in Kenia, maar dit is veral sy tweejarige dogtertjie se stem oor die foon wat sy hartsnare roer. Hy moet eers genoeg geld met optredes maak voordat hy weer huis toe kan gaan. Die talentvolle Keniaanse tromspeler, Peter Okeno (voor), by twee van sy dosente, Dunisani Chabalala, nuwe lektor in Afrika-musiek en jazz, en prof. Jaco Kruger, ook van Afrika-musiek. Kampusnuus 7 Die Amerikaanse egpaar, me. Debby en haar man, prof. Charles Russo, wat verlede jaar n eredoktersgraad van die universiteit ontvang het, het onlangs die PUK besoek. Charles Thembile Ntsizi het as gasheer opgetree en Potchefstroom en van die PUK se gemeenskapsprojekte aan Debby bekendgestel. Hulle het onder andere besoek afgelê by die stadsraad, Tshwaraganang-sentrum vir fisiese gestremdes, Boiki Tlhapi-gemeenskapskliniek, Central Primary School, Boitshoko Secondary School, die Thakaneng-straatkinderprojek en Ikageng. Voor sit Debby en agter staan Charles Thembile Ntsizi en Martiens Masiea (van die departement bemarking en kommunikasie). Sy het na afloop van die besoek geld aan die Ikateleng-projek geskenk. Dr. Jan du Preez, proff. Jaenetta du Plessis, Annette Combrink, rektor van die PUK-kampus en me. Anita Wessels tydens die amptelike ingebruikneming van die analitiese laboratorium. Opleiding van aptekers kry hupstoot Opleiding van veral nagraadse farmasie-studente aan die PUK-kampus het n verdere hupstoot gekry met die amptelike ingebruikneming van n analitiese tegnologie-laboratorium. Die laboratorium van etlike miljoene rande is n groot aanwins vir nagraadse studente wat hulle navorsingsresultate op n baie betroubare metode onder toesig van bekwame personeel wil ontleed. Die fasiliteit verseker dat die resultate wat die studente kry, betroubaar is wat die kwaliteit van navorsing ook hierdeur verseker. Die laboratorium, met n vervangingswaarde van sowat R15 miljoen, is moontlik gemaak deurdat die vakgroepe en subprogramme binne die skool vir farmasie en die navorsingsfokusarea geneesmiddelnavorsing en ontwikkeling alle gespesialiseerde analitiese toerusting na een fasiliteit verskuif het. Die skuif bring mee dat alle toerusting behoorlik onderhou kan word en dat die verbruikbare items wat benodig word om die toerusting operasioneel te hou, beter gekontroleer kan word. Onnodige duplisering van duur apparatuur word ook so voorkom, het prof. Jeanetta du Plessis, direkteur van die navorsingsfokusarea gesê. Die langtermyn doelwit van die laboratorium wat deur me. Anita Wessels bestuur word, is om as n ISO 17025 laboratorium geakrediteer te word en om hul dienste so uit te brei dat alle analitiese navorsingsbehoeftes binne die fokusarea op een punt hanteer word. Dr. Jan du Preez is verantwoordelik vir die operasionele bedryf van die laboratorium. Verskeie skole het die Chemie-opedag op die PUK-kampus bygewoon. Die direkteur van die skool vir chemie en biochemie, prof. Kobus Pienaar, het die leerders en onderwysers n kort oorsig oor die toekoms in chemie gegee voordat die leerders op n kampustoer geneem is en onderwysers verskillende laboratoriums besoek het. Dr. Gerhard Lochmann (links) het rekenaarprogramme aan onderwysers verduidelik. Voor sit me. Millie de Beer van Hoër Volkskool, mnr. Gerhard Britz van Hoërskool Bothaville, me. Gretha Joubert van Ferdinand Postma, Charene Zietsman van die Rooiskool in Kroonstad en Tersia Prinsloo van Ferdinand Postma. 17 Maart: PUK-forum. 17:00. Senaatsaal, Joon van Rooy-gebou. Tema is Transformasie n kritiese perspektief. Skakel Linda Styger met navrae by x1786. 15 April: Nataniël en sy volle orkes. 19:30. Sanlam-ouditorium. Kaartjies kos R80 per persoon. Bespreek by Alta by 082-345-2703. Gebeure 25 April tot 4 Mei: Twintigste PUKfilmfees. Sanlam-ouditorium. Hou BBS dop vir filmtye en kaartjieverkope. 2 Mei: PUK-Opedag. 08:30. Hennie Bingle-studentesentrum. 7 Mei: Kursus oor seksualiteit deur proff. Wentzel Coetzer (traumakenner) en George Lotter (pastorale berader). Saal van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Suid (Kruger/ Kortstraat). R250. Bespreek by me. Sonette Coetzer by 082-577-8810.

Kampusnuus 8 PROFIEL Prof of. Paul Schutte - die orator tor Dit is gou duidelik dat Paul (tog net nie professor nie) baie sterk oor regverdigheid en eerlikheid voel. Mense moet ook eerder reguit met hom wees en hom nie probeer mislei nie. Sê dan liewer vir my jy kan nie n ding doen nie, as om voor my te sit en dinge te belowe wat nooit gedoen gaan word nie. Wat is die grootste uitdaging vir jou by dié skool? Dat ek vir die personeel, waar enigsins moontlik, die geleenthede en werksruimte sal skep om hulle volle potensiaal te bereik. Nie alleen met onderrig nie, maar ook met navorsing. Waar lê jou grootste liefde in jou vakgebied? Dit lê veral in spraak- en interpersoonlike kommunikasie. Die dinamika van kommunikasie tussen twee mense interesseer my. Dit is ook so belangrik om goed in die openbaar te kan praat. Jy was al by talle aanbiedings, optredes en uitstallings betrokke. Watter een lê jou die naaste aan die hart? Optredes was deel van my eerste lewe en hier het die dramatisering van die twee vertaalde prosawerke, Charlotte se web en Die klein prinsie, met hulle talle lewenswaarhede, my die naaste aan die hart gelê. Deesdae doen ek meer beoordeling: van redenaars en debattering tot kunswedstryde. Dit is vir my ontsettend belangrik dat beoordeling regverdig, kundig en billik moet geskied. Jy is tans betrokke by n navorsingsprojek vir SANPAD oor die implementering van Vigs-programme in Noordwes. Wat is van die moeilikste brûe wat julle moes oorkom? Die navorsing ondersoek die organisasie- en kommunikasiekultuur van die Vigsrade om uiteindelik voorstelle aan die provinsiale regering te maak. Daar is struikelblokke soos om onderhoude met betrokkenes gereël te kry en om deelnemers van vier verskillende universiteite te laat saamwerk. Daar kleef nog n enorme stigma aan vigs. Die ontkenning hiervan by baie mense is n groot probleem, want iets wat oënskynlik nie bestaan nie kan nie aangespreek word nie. Die gebrek aan waardes in die gemeenskap is ook n probleem en ek voel daar moet n herlewing van alle waardes kom, nie net op seksuele terrein nie. Armoede speel ook n groot rol, hoewel dit nie die direkte oorsaak daarvan is nie. Dit is n uitdaging om die gemeenskap op grondvlak betrokke te kry sodat ons die proses kan omswaai om eerder die probleem van binne af eerder as van bo af aan te spreek. Die Vigs-probleem moet meer holisties beskou word. Blote inligting alleen gaan nie help nie, daar is te veel ander faktore wat ook n rol speel. Wat het die grootste indruk op jou gelaat tydens jou oorsese besoeke? Wat my tref is dat die kollegas en die studente van die Nederlandse universiteite so betrokke en committed is om n bydrae tot die Vigs-projek te lewer. Hier is nou vier studente wat uit hul eie gekom het om sportaktiwiteite by die Tshepong-Vigs-sentrum aan te bied. Hulle doel is om vir jongmense gesonde afleiding te bied en dit alles op eie onkoste. Wat is die lekkerste deel van jou werk? Dit is regtig my persoonlike kontak met personeel en om te help om probleme op te los. Ek het deesdae minder kontak met studente en ek mis dit baie. Wat is die belangrikste iets wat jy by studente wil laat vir hulle om op hulle lewenspad saam te neem? Vir my is die belangrikste om as kommunikeerder jou integriteit en geloofwaardigheid te behou. Mense moenie voorgee wat hulle nie is nie. Die beroep benodig mense op wie hulle kan peiltrek. Hoe ken mense jou? Dit moet jy vir hulle vra, want mens het mos maar n blinde kol vir jou eie foute en gebreke, maar mense ken my verskillend op verskillende terreine: Ek is Paul die dosent, die vertolker, die beoordelaar en ook Paul die kwilter. En jou gesin? As onprakties (hoewel ek al die kombuismure geteël het), ietwat ongeduldig en haastig van geaardheid, maar hopelik iemand wat n objektiewe mening kon gee as hulle raad nodig gehad het. Hoe ontspan jy? Gebore: Delareyville in Noordwes Skool: Potchefstroom Gimnasium Universiteit: PU vir CHO behaal BA, honneurs BA, MA cum laude en D Litt. Loopbaan: Hy is in 1973 junior lektor in spraakleer en drama by die PUK, n jaar later lektor in die vakgebied en in 1990 senior lektor in spraak en toneel. Van 1992 tot 2000 is hy senior lektor in die dept. kommunikasiekunde. Sedert 2002 is hy medeprofessor en neem vir agtien maande in 1996 as departementshoof van kommunikasie waar. Van 1998 tot 2001 is hy vakvoorsitter van kommunikasiestudies en beklee sedert 2003 die pos as direkteur van die skool vir kommunikasiestudies. Sedert 1992 is hy ook betrokke by opleiding van teologiese studente en sedert 2000 doseer hy kommunikasie aan ingenieurs in gesproke en geskrewe kommunikasie. Prof. Schutte het al verskeie artikels gepubliseer en referate gelewer. Hy het ook n handboek oor debattering en redevoering geskryf. Daar is drie dinge, om oefeninge te doen (om my cholesterol en bloeddruk in toom te hou) - so drie keer per week, om na operamusiek te luister en om my stokperdjie, kwiltwerk, te beoefen. Daarvoor het ek ongelukkig nie meer veel tyd oor nie. Wat sal jy nooit weer oor wil doen nie? (Hy dink lank). Om n derde keer van loopbaan te moet verander. Ek moes my van voor af in kommunikasiestudies ingrawe en ek sien nie kans om dit loopbaangewys weer te doen nie. Hoe hanteer jy stres? Die oefening help, en natuurlik my sporadiese stokperdjie. Dit help my om met onmiddellike stres ook die groter prentjie raak te sien en die oorsaak van die stres in perspektief te sien. Wanneer die probleem kleiner lyk, is dit goed om daaroor te praat. Ek kan my soms dinge nogal aantrek. Wat is jou passies in die lewe? Om n geloofwaardige en betroubare kommunikeerder te wees. Om n gelukkige en selfvergenoegde mens te wees om positief te wees. Waarsonder kan jy nie? My geloof. Dit is al wat my staande gehou het in moeilike omstandighede. Hoe sal jy wil hê moet mense jou onthou? As n informele mens, maar iemand wat met integriteit opgetree het. Dat mense nooit bang was vir my nie en vrymoedigheid gehad het om sake met my te bespreek. Waarvoor sal jy beslis nee sê? Om by omkopery en bedrog betrokke te raak. Waar sou jy wil aftree? In my huis in Potch, by my familie, gesin en vriende. Hier in my eie huis met al my geriewe om my. Wat laat jou nekhare rys? Ongeregverdigde beskuldigings. Teenoor myself en ander. Wat lê jou na aan die hart? My vrou, kinders en familie. Redakteur: Kiewiet Scheppel e-pos: bkkhss@puk.ac.za Tel: (018) 299-2761 Sel: 083-274-8931 Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus