WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 14/2017 WEE VAN DIE VETERANE. 1. Passing of Victor Walker of the Infantry

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 13/2017 ADMINISTRASIE

Direkte en indirekte rede *

HOëRSKOOL PORTERVILLE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SIZA takes the sting out of auditing

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 12/ /09/2018

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Tariewe

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

* Hans Kriek van die Kavallerie voeg by dat Ewald in 1 Mil Hosp aan kanker oorlede is. Sy weduwee, Carla, se selno is

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

WEE VAN DIE VETERANE 1. Afsterwe van van Norman Minne van die SALM Johan Bauer verwittig van die SALM it die NG Gemeente Garsfontein plaasgevind.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

* Dave Stevenson expressed the deepest condolences of the Parabat Veterans Organisation on the recent passing of Dr Anton (Proppies) Klomp.

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Hoe om krag te spaar

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Dialoog en paragrawe *

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

Transcription:

WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 14/2017 WEE VAN DIE VETERANE 1. Passing of Victor Walker of the Infantry John Redfern of the Infantry and the battlefields in Natal regrets to advise of the passing of Vic on 01/10/2017 in Kent, England, where he had settled after retiring from the SA Army. The photo below was taken while he was serving in the Rhodesian Army in 1980. 2. Afsterwe van Jan Theron van Logistiek Ed Ruziecki van Logistiek verwittig met leedwese... dat Jan op 03/09/2017 na n kort siekbed in 1 Mil Hosp op die ouderdom van 64 jaar oorlede is. Die roudiens het op 09/09/2017 plaasgevind. Jan het onder andere diens verrig by 16 Ondh Eenh in Grootfontein en by 82 TVD, terwyl hy die Bev van 81 TVD, die Log Steun Form en die Alg Steun Basis by VHK was. Jan het diep spore in die logistieke omgewing getrap. Sy vrou, Neels, se selno is 076 751 4848. 3. Passing of Neville Greyling of the SAAF Jaap Rossouw is the Secretary of the Pretoria Branch of the SAAF Association (SAAFA) and advises with regret of Neville s passing on 05/09/2017 at 1 Mil Hosp. Neville was a previous OC of the SAAF Gym, past National President of SAAFA and Chairman of the Pretoria Branch. Neville will be missed. Our sincere condolences go to Heila and the family. The funeral took place at the NG Kerk Valhalla on 11/09/2017. 4. Afsterwe van Marius Pheiffer van Vryetydsbesteding (VTB) Marius se broer, Chris Pheiffer van Afd Inl, verwittig met leedwese dat Marius (71) op 08/09/2017 oorlede is. Marius het die afgelope paar jaar met hartversaking gesukkel en het ook longprobleme gehad en was vanaf Apr 2017 feitlik deurgaans gehospitaliseer. Hy het verder verswak na twee beroerte-aanvalle in Jul 2017. Voor sy bedanking in 1976 was Marius Hoof van VTB in die SA Leër. My selno is 082 4774400 en Marius se dogter, Liezel Blignaut, is by 083 3083 110. 5. Passing of John Mawdsley of Defence Intelligence * Dr Jan Picard of the Language Buro advises with regret of John s passing at his home in Pretoria on 10/09/2017. He is sadly mourned by his many colleagues, family and friends. We will all miss him as a light has gone out. * Johan Schoeman of the Infantry added that John s memorial service took place at St Mary's DSG in Pretoria on 15/09/2017. Our sincerest sympathy to all his family and friends. The cell number of his wife, Christine, is 082 418 9568".

6. Passing of Piet Jooste of the TSC Piet s daughter had noted with regret on the Internet of her father s passing on 31/08/2017. He was a soldier all his life and we say goodbye to our father, grandfather and friend. To him the last post has sounded. RIP dad. We will always love you. 7. Regstelling : Afsterwe van Johan Crous van die Infanterie In die vorige Nuusbrief is foutiewelik genoem dat Johan op 16/09/2017 in die MediClinic Hospitaal in Milnerton, Kaapstad, na n beroerte-aanval oorlede is. Dit was my vingerfout. Die korrekte datum is 05/09/2017. 8. Passing of Cecília : Wife of the late Daniel Roxo, HC, of Spes Forces Manuel Ferreira of the SAAF advises with regret and with a very heavy heart of the passing of Cecília on 22/08/2017. My profound condolences to the whole Roxo family. Cecília, you are now together with Daniel. RIP my dear friend. 9. Terugslag vir Martin van Niekerk van die SALM * Hans Moller van die Parabats noem dat Martin nou 80 jaar oud is en tans ernstig siek is in Saal 16 van 1 Mil Hosp. Martin was oorspronklik een van die vlieënde Gunners van 42 Esk in Potchefstroom. * Philip Weyers van die SALM voeg by dat Martin se seun, Martin Jnr, hom verwittig het dat Martin gevorderde gewasse op die brein en die pankreas het. Die gesin het weens Martin se gevorderde ouderdom teen chemoterapie-behandeling besluit en hy word nou in 'n sorgeenheid naby hulle huis versorg. Martin Jnr se selno is 083 447 4864. 10. Terugslag vir Daan Nell van die Parabats Daan het die afgelope tyd dit moeilik gevind om te eet, baie gewig verloor en n stent is op 11/09/2017 in sy slukderm geplaas om die probleem op te los. Daan het egter op 14/09/2017 asemnood ontwikkel en daar is bepaal dat Daan aan aggressiewe longkanker ly. Daan is baie swak en word tuis deur Meisie versorg. Sy selno is 082 901 9183 wat Meisie sal antwoord.

11. Terugslag vir Koos Maritz van die Infanterie * Koos was in Saal 16 van 1 Mil Hosp, waar hy stadig maar seker besig was om te herstel na sy buikoperasie. Koos is op 28/09/2017 ontslaan en is terug na sy seun se plaas naby Rayton waar hy woon, maar is op 02/10/2017 weer by 1 Mil Hosp opgeneem nadat daar n terugslag was. Koos se selno is 082 754 8351. * Boela Muller van die Infanterie het die volgende boodskap aan Koos gestuur om hom op te beur: Ek soek jou elke oggend op die paradegrond en in die opleidingsterrein maar kry jou nie. Kom ou maat, want ons het jou nodig. Jy moet weer die leisels kom vasvat want die osse wil nie ploeg nie. Ek bid nie meer vir jou nie, want nou glo ek net vir wat ek reeds gebid het. HULDEBLYKE AAN HARRY FINLAY VAN DIE PARABATS 12. Albert van Driel van die Infanterie Ek en Harry het op n vroeë stadium in ons lewens en loopbane in 1960 by die LO Tak van die SA Leërkol saamgewerk. Harry was n Golden Gloves bokskampioen in die ligweltergewigsafdeling. Hy was n nederige mens, waarvoor ek en andere hom gerespekteer het. Harry was deel van die beroemde groep kandidate onder aanvoering van die destydse kmdt WP Louw wat as valskerminstrukteurs in Engeland gekwalifiseer het. Die groep moes eers n fiksheidskursus by die LO Tak slaag. Ons adviseur vanuit n valskermoogpunt was die destydse maj Pik van Noorden en hy het bepaal dat die groep se fiksheid sodanig moes wees dat die groep hulle kursus in England moet kan slaag. Ek het destyds die fiksheidsopleiding aangebied en n paar van groter groep het nie geslaag nie. Die kursus was nie n marteling soos sommige dit nou wil beskryf nie. Daar was oa valskermpakkers en n vlieënier soos Daantjie Lombard onder die groep, wat die samestelling interessant en uitdagend gemaak het. 13. Johan Lotter van die Medics Harry was een van die beste amateur-boksers wat nog ooit vir Suid-Afrika verteenwoordig het en sekerlik een van die beste boksers wat die SAW opgelewer het. Hy was 'n netjiese skoon vegter wat die sport baie wetenskaplik be-oefen het. Destyds is die beste amateur boksers in die wêreld genooi om in die VSA aan die Golden Gloves kompetisie deel te neem, wat Harry toe gewen het. Ek weet nie van enige ander SA bokser wat dit ooit gewen het nie. Hy was 'n voorbeeld vir die ander boksers van sy tyd en het vir 'n hele paar jaar die SA titel in die ligweltergewigsafdeling gehou. Ons salueer jou ou vriend. PERSOONLIKE BOODSKAPPE 14. Huldeblyk aan Neville Greyling van die SALM Jurie Bosch van Afd Inl verklaar sy innige simpatie met Neville se familie. Neville was n gewaardeerde kollega en ROMEO-vriend. Rus in Vrede ons ou maat! 15. News from Roy Jackson of the Cavalry Roy reports that he has finally retired as Honorary Colonel of the Light Horse Regt at the age of 82 after seven extensions, which marked the end of my military career. I have received a very friendly letter from GOC Armour Formation, Brig-Gen Retief, thanking me for my many years of service to the Armour Corps of the SA Army.

16. Albert van Driel van die Infanterie se Agtergrond Albert vertel dat hy graag deel van kmdt WP Louw se groep wou wees om die valskermkursus in England te gaan doen, maar die destydse Kmdt Bossie van der Riet het bepaal dat daar ander loopbaanplanne vir myself sou wees. Ek is op n Gevorderde LO Instrukteurskursus na Aldershot in England gestuur, waar ek met genade eerste gekom het. Ek is die enigste oorlewende lid van die SAW wat die kursus in Aldershot bygewoon het en was bevoorreg om destyds deur die Britse Gimnastiekkampioen, AO1 Nick Stuart, afgerig te kon word. Na my terugkeer het ek n Offisierskursus gedoen en later die Hoofinstrukteur van die LO Tak geword. In 1970 het kol Piet Goosen my opdrag gegee om n lang LO kursus van vyf maande vir n gekeurde NDP leiergroep te ontwerp en aan te bied ten eiende kandidate as volwaardige LO Instrukteurs op te lei. Chris Miles en Jan van Zyl was deel van my vermelde opleidingspan. 17. Kompliment aan Paul Els van die Seiners Johan van Wyngaard van Leërinligting verklaar dat hy weet dat Paul baie beskeie is, maar dat dit nodig is dat Paul weet dat sy werk as skrywer met die opteken van ons geskiedenis en uitreik na die militêre vriende vir ons almal baie beteken. Dis merkwaardig en ek glo dit het bygedra tot die onlangse erkenning wat hy van die SAWVA ontvang het. 18. Nog n Kompliment Lukas de Waal van die Burgerlike Administrasie in Owamboland wil nou met die afsterwe van Cecilia, net weer herinner aan die destydse daad wat Paul Els, Manual Ferreira en ander wat daarbý betrokke was, gedoen het om vir Cecilia vanuit Portugal na haar man, Daniel Roxo, HC, se graf in Voortrekkerhoogte te bring. Vir haar was dit n groot daad en het in haar gemoed berusting gebring. Dankie vir julle makkers se omgee vir mekaar. By die burgerlikes gaan dit nie ongesiens verby nie, want ek deel dit ook met my kollegas. Nota. Lukas was n amptenaar van die destydse Departement van Bantoe-Administrasie en Ontwikkeling wat aan Ovamboland se regering vanaf 1968 tot 1974 gesekondeer was. Weens sy intieme kennis van die gebied, skryf Lukas saam met Paul aan die boek oor Owamboland en die Kaokoveld. Lukas se inset handel veral oor die gebied se geskiedenis. 19. Verjaarsdag van AO1 Fred Brooker Koos van Vuuren berig dat Fred op 02/10/2017 sy 99ste verjaarsdag gevier het. Hy het in die verlede vir talle kinders in Voortrekkerhoogte by die Weermagsportklub geleer om perd te ry, te swem en te skerm.

MILITêRE AANGELEENTHEDE 20. Terminologie van die Vickers Mediummasjiengeweer * Verlede week het Johan Swanepoel van Leërinligting gevra wat die korrekte Afrikaanse naam vir die sluitstuk op die Vickers is wat in Engels as die lock mechanism bekend was. Hy noem nou dat die konsensus is dan dat die vertaling kokervandieloopsluitmoerkoeëlknip is. Net toe ek dog ek is nou ten volle ingelig, vra my ou Ingelse vriend vir my now what is that in English". * Lee le Crerar of the Infantry states that I do not know what that is in English, but am certain that lock should form part of the word. I am certain that the long word above refers to a ball bearing or spring in the barrel locking mechanism of a Bren Light Machine Gun. The sluitstuk of a Vickers mentioned by Johan has nothing to do with a loopsluitmoerkoeëknip which is probably only found on a Bren. WEARING OF MEDALS AND DECORATIONS AT FORMAL OCCASIONS 21. Voicing of Concern The editor of Spindrift, the Newsletter of the Naval Officers Association of Southern Africa, has voiced his concern about the haphazard application of dress regulations concerning medals, when attending memorial services. He states that the wearing of medals as a final mark of respect is usually specified, but there is confusion with the application. After retirement, medals are a personal possession and not subject to any rules with respect to the wearing, use or disposal other than etiquette. Simple guidelines should be drawn up to assist those planning services for fallen comrades or other commemoration events. Those planning services should determine first of all whether the family has requested or agreed to the wearing of medals and whether the member s medals will be displayed at the service with cap and sword. A full set of medals, and not miniatures, should be worn with a jacket and tie, but this can be relaxed where the medals have been lost. 22. Rules and Regulations for Military Veterans * At a recent funeral it was clear that no set system is being applied, as it was observed that many did not wear medals, although the family had requested it, while some wore full medals and others miniatures. The playing of the Last Post and Reveille was also not well organized, as a number of those attending were not aware of what was happening. Prof Deon Fourie of the Cavalry was approached to provide clarity on the applicable etiquette and on how the attire and procedure at a formal occasion should be arranged. * Prof Fourie states that the SA Legion and the CMVO have issued a guide to assist those planning and attending formal ceremonial parades, other formal ceremonies or occasions like funerals, where the family of the deceased has requested that military honours be worn. The full guide is available from Prof Fourie at dsfourie@lantic.net, but the following important extracts are shown here: South African honours, namely orders decorations and medals, are awarded by the President as head of state in accordance with the provisions Section 84 (2) (k) of the Constitution, 1996, not by Ministers or Heads of Departments. Only official decorations and medals, South African or foreign, may be worn. A Military Veteran shows respect for the Presidential office and for tradition and your personal soldierly discipline should ensure you continue to observe the rules.

Military personnel do not have the discretion as to whether or not to wear honours bestowed on them. They must wear the medals, ribbons and the insignia as the occasion warrants. The Presidential Warrants leave no doubt that only the full-size badges of orders, decorations and medals are the authentic insignia of honours. Miniature medals are not the proper insignia and are only worn with Mess Dress or civilian dinner jacket black tie. The fullsize insignia must be worn for all ceremonies like parades, commemoration services and funerals. Being a veteran should not make you lose your respect for the Service where you were proud to serve. Your own discipline should ensure that you observe the rules and good taste. * Prof Fourie has been requested to also provide guidelines on the wearing of headdress and saluting by Military Veterans at formal occasions. MILITêRE MEDIESE VERSORGING 23. Verklaring deur Tony Dippenaar van Cela oor die SM Mediese Voortsettingsfonds (SMMVF/PFMCF) Onlangse berigte oor die SMMVF benodig sekere feitelike regstellings en verdere toeligting, maar daar is goeie rede waarom lede oor die langtermyn vooruitsigte van die Fonds bekommerd is. Die onderliggende oorsake is redelik eenvoudig, alhoewel die regstelling baie meer kompleks is. Grondliggend is die feit dat uitgawes die inkomste oorskrei, want dienende lede se bydraes is nie voldoende aangepas om die verhoogde uitgawes te balanseer nie. Dit is waar dat sodanige verhoogde bydraes vir n voordeel in die verre toekoms nie deur meeste bydraers verwelkom sal word nie. Dit is n kortsigtige reaksie, maar die subjektiewe persepsies rondom so n verhoging maak die implementering problematies. Die kostes van mediese behandeling het wel betekenisvol gestyg, maar die belangrikste oorsaak is die SAMGD se onvermoë om die omvang van die diens te lewer, met n stygende toename in verwysings na die privaat sektor. Hierdie verwysings strek vanaf roetine voorskrifte tot algemene praktisyns, spesialiste en hospitalisasie. Dit is nou algemeen dat alledaagse items onvoorradig is en uitgekoop moet word. Hierdie onvoorradigheid is nie te wyte aan voorraadtekorte by leweransiers nie, want die items is vrylik in die kleinhandel beskikbaar is. Dit is ook verder opvallend hoe die verskaffers van identiese items van maand na maand wissel. Daar is in heelwat spesialisafdelings nie meer voltydse of selfs deeltydse personeel nie, wat privaat verwysing noodsaak. Die Operasie-teaters by 1 Mil Hosp is al lank nie in volle gebruik nie, vanweë n uitgerekte opknappingsprogram, wat DOW nie kan bespoedig nie. Pasiënte wat intensiewe sorg benodig word na die privaatsektor verwys, met n hoë kosteintensiewe implikasie. Die verhouding tussen inkomste en uitgawes moet weer in balans gebring word deur maandelikse bydraes te verhoog en uitgawes te verminder. Expenditure could be decreased by bringing private referrals within sustainable limits, by launching a concerted recruitment drive to fill vacant posts, especially in the ranks of general practitioners, and especially in the critical specialist disciplines. HR management needs to sharpen to expedite appointments and implement salary advancements timeously. The whole pharmaceutical service needs urgent attention to rectify shortages and should already be possible in the short term. The renovation program needs to be expedited. The SANDF as a whole is underfunded and this applies especially to the SAMHS which cannot cover the additional burden of outsourcing from their allocated budget. The PFMCF has consequently been footing the bill. The mandate of the SAMHS is to provide or ensure a medical service, while neither is happening as it should. One would think that

outsourcing due to delivery problems at the SAMHS should be re-imbursed to the PFMCF Fund, which was never intended to shoulder such a burden. Serious consideration needs to be given towards providing bridging capital for the SAMHS. 24. Jan van Zyl van die SALM Wat het ons as afgetredenes met die huidige SANW te doen, dat ons deur hulle gereël en beheer word. Is die SMMVF dan nie ons eiendom nie? Ek het nou ontsettend baie probleme met mediese voorskrifte en magtigings. Ek het geen generiese werk as vlieënier in my lewe, gedoen nie, maar moet nou generiese medikasie gebruik! Ek het nie 'n probleem daarmee as dit werk nie, maar om medikasie op ons ouderdom te verander is nie wenslik nie. My privaat dokter het my nou gesond gedokter na vier jaar van te veel Chemo, terwyl voorskrifte, opgestel deur Spesialiste en Professors, deur 'n Apteker en Bev 2 Mil Hosp afgekeur en verander word. Dit is oneties as my dokters se voorskrifte in twyfel getrek en gewysig word! Hoe kan my diensvoorwaardes, waarin uitdruklik staan dat ek vry medies by aftrede het, nou in elk geval verander word sodat ek bybetalings vir nie-generiese medikasie moet maak? Ons moet 'n liggaam soos die GEPF Moniteringsgroep skep om as ons mondstuk op te tree, asook om ons Fonds se uitgawes te monitor en ons teen die SANW te beskerm! 25. Ian Wessels van die SAV Ek was ook nie bewus van enige veranderings nie en kry toe die verrassing toe die Apteker by die Siekeboeg my meedeel dat hulle begroting uitgeput is en my toe met n uitkoopbewys uitreik. Toe ek by die Apteek met my Siekeboeg se uitkoopbewys aankom, word ek egter meegedeel dat die betrokke item nie meer deur die SMMVF betaal word nie. Ek moes toe maar self betaal. 26. Versorging van Verswakte Bejaardes Andy Malan van die Kavallerie en Museums noem dat ons Veterane-organisasies soos die SAWV en Verenigings van die Infanterie, Gunners, Savannah, Pantser, 8 Div, ens, kom gereeld bymekaar, ons dra ons medaljes en hou reuse jaarlikse gedenkparades vir almal wat gesneuwel het. Maar wat van dié wat dit oorleef het en sorg benodig. Daar was in die gryse verlede n Hospice in Voortrekkerhoogte vir verswakte oud-gediendes maar dit is gesluit. By die militêre hospitale behoort n deel van een saal beskikbaar gestel word om vir die min lede soos Vos Benade en Trudie Kerr (95) in die La Vie Aftree-oord, voorsiening te maak. Daar is nie baie nie, maar die behoefte vir verswakte sorg verg net basiese verpleegkunde en baie liefde, geduld en basiese Christenskap, sodat hulle hulle laaste dae in menswaardigheid kan deurbring. Ons as Veterane moet eenvoudig saamstaan en n drukgroep vorm om ons stem dik te maak. Met die oorlog het ons die die beste hospitale gehad en die beste medies sorg gekry, maar nou op ons kwesbaarste, is daar geen verder mediese bystand en sorg nie. Ons beroemde... gratis medies het opgeraak. TOEKOMSTIGE OORLOë 27. NTR.

EIETYDSE MILITêRE GESKIEDENIS 28. Onderhoud met Genl Jannie Geldenhuys Marius Botha het op FaceBook n artikel geplaas oor n onderhoud met genl Jannie Geldenhuys wat in 2008 vir die Universiteit van die Witwatersrand se Argiewe opgestel is. Hieronder is enkele uitreksels, terwyl die volle onderhoud vanaf Paul Els by paul@whoels.co.za aangevra kan word: "Gedurende ongeveer 1988 het die politici my ingesleep in samesprekings met die Kubane op die Kaap Verdiese eilande as leier van die militêre afvaardiging. Ek wou niemand van Leër HK saamneem nie, want ek wou bosmanne soos Eddie Viljoen en Fred Oelschig saam met my hê. Ek wou dat die Kubane sien hoe lyk 'n regtige SA soldaat. Die Kubaanse afvaardiging was onder leiding van genl Arnaldo Ochoa Sanchez, 'n Held van Kuba wie se plakkate teen die mure in Kuba gepryk het. Hulle het gedink hulle gaan ons intimideer, maar toe kom Eddie en Fred met hulle woeste baarde en snorre ingestap. In 1988 is samesprekings by die Brown's Hotel in Londen gehou. Terwyl die SA politieke afvaardiging onder Neil van Heerden met die Kubane onderhandel het, het die Kubaanse militêre afgevaardigde gevra of hulle privaat met my kon praat. Hulle wou ons intimideer en het vertel dat hulle 'n groot troepemag in Angola het en SWA maklik kan binneval. Toe hy klaar gepraat het, het ek gesê... dat as julle 'n voet oor daardie grens sit sal dit die donkerste dag in Kuba se geskiedenis wees. Be my guest, you do that and I promise you, you are going to get something you have never expected. Die twee politieke afvaardigings was nie beindruk daarmee nie, maar ek het nog altyd geglo dat as jy dreig moet jy daardie dreigement kan uitvoer. Na die oordrag aan die ANC in 1994 het genl Geldenhuys die boek Ons was Daar saamgestel omdat hy moeg was vir die... stortvloed van wroegpublikasies oor die Grensoorlog. Volgens hom het die oorlog n deurslaggewende rol gespeel om Sowjetekspansionisme in Afrika te stuit. Hy sê dat... die troepe kry nie die nodige erkenning wat hulle verdien nie, en dit maak my die moer in". Tydens een van sy laaste openbare optredes op 16/08/2009 het hy gesê dat... the SADF entered the war for SWA and in Angola at the peak of the expansion of the Soviet Union and its Marxist interest in Africa during the 1980s; the hot part of the Cold War in that region. The SADF left the region two decades later, at the time of the total withdrawal of the Soviet and Cuban proxy forces from Angola, as well as from countries such as Mozambique and others. The SADF prevented them from even putting as much as a toe over the border in Namibia and was the main factor in stopping communist Soviet expansion and that secured democratic and peaceful outcomes in Namibia and in South Africa. I salute the professional soldiers and part-time soldiers, volunteers and national servicemen. You seldom had air superiority, you were always outnumbered, you never had financial and international support, and never had the same political support as our enemies had. We will remember you and may God bless you". 29. Main Battle Tanks at Op Savannah Paul Els says that Mark Goller had placed an article on the Web describing the process to transport the tanks to Ovamboland and their eventual deployment late in the operation. The article is available on request from Paul Els.

30. 61 Meg Bn Gp Johann (Dippies) Dippenaar van die Kavallerie is n destydse Bev 61 Meg Bn Gp en noem dat... in die algemene spreektaal word net na 61 Meg verwys en dat die eenheid die enigste permanente struktuur van sy soort in die SAW se geskiedenis gehad het. Die eenheid was uit die volgende saamgestel: * Meg Bn Gp HK. * Twee Meg Komps. * Een Onst Komp. * Een Pant K Eskn met Onst Tp. * Een Art Med Bty. * Een Genie Tp. * Onst en Admin Elme. Die eenheid se geskiedenis oor die 37 operasies waaraan dit deelgeneem het, is in 2016 gepubliseer onder die naam Mobility Conquers. Ek is tans besig om dr Leopold Scholtz se nuwe boek, Ratels aan die Lomba : Die storie van Charlie Eskadron, te lees, waarin hy goed slaag om die soldaat se belewenis in die geveg vas te lê. 31. Redding van die Bemanning van die Dunedin Star Verlede week het Hennie Heymans van die ZARPe vertel van die reddingspoging toe die Dunedin Star in Mei 1942 gedurende WO2 langs die Seekus van die Dood gestrand het. Johann Engelbrecht van Leërinligting noem dat hierdie esondere verhaal van ontbering en deursettingsvermoë tussen Mei 1942 en Jan 1943 in Kaapstad, Walvisbaai, Windhoek, Otjiwarongo en Rocky Point afgespeel het. Die hele verhaal verskyn in die boek geskryf deur John H. Marsh en vertaal deur H.H. Wicht onder die titel, Seekus van die Dood. Die boek het in 1945 verskyn met `n voorwoord deur genl. Jan Smuts. `n Foto van die gedoemde Lockheed Ventura verskyn op bladsy 98 van die boek en ek het besluit om `n model daarvan te bou. Vreemd genoeg was die dorsale toring van die ligte bomwerper verwyder, ondanks die taktiese vereistes van die tyd. Ek sou graag wou weet of die betrokke vliegtuig, asook die opvolg-hulpverlener, vanaf 25 Esk in Kaapstad afkomstig was, aangesien die skrywer nie die eenheid van herkoms meld nie. Hieronder is die foto in die boek, asook van die model wat ek gebou het.

32. Treinongeluk in Voortrekkerhoogte In sy nuwe boek oor Voortrekkerhoogte vertel Paul Els van die ongeluk op 28/08/1942 by Milschool Halt langs SA Mil Kol op 28/08/1942. Twee soldate is in die ongeluk dood. Die volgende artikel het die volgende dag in die pers verskyn, terwyl die instruksie aan die werkers op Voortrekkerhoogte regs bo by die artikel ingesluit was: 33. Gebeure in die Outyd. Dr Kriek van der Merwe van die Infanterie vertel van hierdie historiese interessanthede wat hy tydens navorsing op afgekom het: * Die eerste skiettabel was tydens die Papegaai Skiet in 1686 deur Goewerneur Van der Stel in die Kaap De Goeie Hoop ingestel en was tydens die jaarlikse kermis geskiet. Voorts moes offisiere aanhoudende skietoefening kry en is beslis dat senior offisiere twee keer per week moes gaan jag sodat...hun dapperheid bij gebrek aan vyand niet te laten verflauwen, nog te gedogen dat hun kragten door wellusten en wulpsheid souden verslappen *In 1745 is die jaarlikse kermis vervang deur die jaarlikse optrek wat ook as die militêre nagmaal bekend was en het plaasgevind op n terrein by Stellenbosch genaamd Die Braak en wat in alle waarskynlikheid as die eerste militêre opleidingsterrein bestempel kan word. * Sovêr bekend het die eerste sabelstormloop aan die Oosgrens in 1846 tydens die Sewende Grensoorlog plaasgevind toe die Britse Kavalerie en die Cape Mounted Rifles nagenoeg 270 Xhosa-krygers in daglig in die ope vasgekeer en met sabels uitgewis het. * In 1914 met die uitbreek van die Rebellie, het genl Jan Smuts n spesiale Motor Corps geskep wat uit 110 spesiale motors bestaan het en waarvan sommige met Motor-borne Machine Gun Sections met Rexer-masjiengewere toegerus is, om die opstand te onderdruk. * Op 26/09/1914 tydens die veldtog in Duitswes-Afrika het die Duitse Mag die eenheid van die UVM n verpletterende nederlaag te Sandfontein toegedien. Tydens dieselfde veldtog het die Duitse Mag gefokus op die ontsegging van waterbronne deur dit te vergiftig en met perdesiekte te besmet. As teenvoeter het genl Botha skriftelik beswaar aangeteken by die Duitse Bevelvoerder,

lt-kol Franke. Ter bekamping van perdesiekte, is elke perd daagliks 2 onse paraffien ingegee. n spesiale kougom is aan die troepe gegee om hulle dors te les. Teen Mei 1915 het die winterkoue met mening toegeslaan en is die troepe met gebreide jakkals- en skaapvelle uitgereik. * Tydens die veldtog in Duitsoos-Afrika Veldtog het die UVM nagenoeg 98 000 perde, muile, donkies en osse in Oos-Afrika aangewend maar weens tropiese siektes het slegs 2 762 diere oorleef. Tydens dieselfde veldtog is motorfietse aangewend om die mobiliteit van die infanterie in veral onherbergsame terrein te verhoog, asook om verliese vinnig af te voer. Die interafhanklikheid tussen die Infanterie en Pantser wat deurgaans in Oos-Afrika bestaan het, het waarskynlik aan die ontstaan van die Ondersteuningstroep in die pantserorganisasie beslag gegee. * Diensprodukte het net na die einde van die WO2 ontstaan toe Service Products deur die Navy War Fund in Kimberly opgerig is, waar n fabriek beskutte arbeid aan oorloggestremdes en -verminktes gebied het. Sodoende het talle Sheltered Employment Factories onder die naam Diensprodukte of Service Products ontstaan.

AKTIWITEITE VAN DIE GEPF MONITORGROEP (MG) 34. Aanslag teen die Pensioenfonds (GEPF) Olivier Henning van die SAGD verwys na die VF-Plus se mediaverklaring van 14/09/2017 waarin kapsie gemaak word teen pogings om die Staat se Pensioenfonds te stroop. Nuwe verwikkelings dui daarop dui dat die GEPF opnuut in die visier van ʼn georkestreerde stropingspoging is. Dit is kommerwekkend en pro-aktiewe optrede is nodig om die fonds te beskerm. Daar word agter die skerms planne gesmee om die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se uitvoerende hoof, dr Dan Matjila, met ʼn OBK-raadslid te vervang wat onlangs aangestel is. Die OBK, wat die GEPF bestuur, is met ʼn bate van R1,87 triljoen die grootste belegger in die land se ekonomie en daarom ook ʼn baie aanloklike teiken vir verskeie selfverrykingsaksies. Die party kan ʼn inisiatief ondersoek om ʼn aparte vereniging vir staatsamptenare en pensioenarisse op die been te bring, waarby alle pensioenfondslede kan aansluit ten einde ʼn regsfonds op te bou om waar nodig aggressief te kan litigeer. 35. AP Stemmet van die SVR vanuit Kaapstad Die MG het dringend lede nodig om ons met hierdie kritieke taak te help. Ons het byvoorbeeld nie n lid van die SALM en SAP nie, terwyl Evert Groenewald ons enigste Matroos is. Is die res nie oor hulle pensioen bekommerd nie? Waar is die lede en hulle maats wat in Op Savannah uitgeblink het om Unimogs met dixies uit die modder te grawe? Daar moet duisende potensiële lede in Pretoria wees, so nooi hulle om aan te sluit. Die soldate moet nie bang wees vir militêre oorheersing nie, want hulle kry dinge gedoen. Waarom skram bestuur so weg van die aanwending van tegnologie? Buite Pretoria is daar baie kundiges wat n bydrae kan lewer, maar wat weens afstand nie kan deelneem nie. Die OBK wend Skype aan so waarom kan ons ook nie? Die lede van die Bestuur moet raad vra by hulle kinders. Daar is ook kundiges sonder rekenaars. Hoe kan ons hulle gebruik? Hulle kry ook pensioen en wil ook help. Ons bestuurslede is almal besige mense, maar kyk net wat verrig hierdie Gideonsbende! 36. Hennie Roux van die Lugafweer Ons het regtig hulp nodig en ons kry weinig reaksie op ons versoeke. As ons kollegas dink dat dit net n klompie ou manne is wat tyd op hulle hande het, dan stel ek voor hulle lees wat andere ingeligte persone daaroor op die skakel by https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2017-09-05-pic-has-become-a-gravy-pouringzombie-for-cadres-on-the-graft-train/ sê. Ons fonds is regtig in gevaar, so kom help ons deur by die MG aan te sluit. Die persone wat ons webblad bedryf het die handdoek ingegooi en ons benodig iemand dringend wat die funksie kan oorneem. 37. Albert van Driel van die Infanterie Ons het dit reeds n slag met litigasie reggekry, wat net nog n bewys is dat die MG met baie ernstige sake besig is. Dit is belangrik dat ons voorkomend optree om te keer voordat dit te laat is, sodat hier nie weer n fiasko soos met die Spoorwegpensioenfonds plaasvind nie!

38. Koos Pretorius van Logistiek Om lede vir die MG te werf om n sterker drukgroep te vestig is goed. Ek dink egter ons moet ons lede ook aanmoedig om by Afriforum en Solidariteit aan te sluit. Lidmaatskap kos net n paar rand per maand en as ons in die suksesse wil deel wat hulle op alle terreine met regspleging behaal het, dan kan inskakeling en samewerking met hierdie organisasies bydra tot die vestiging van n sterker drukgroep wat vir alle betrokkenes voordeel sal inhou. KENTEKENS VAN BURGERLIKE BESKERMING (BURG B) 39. Hennie Heymans van die ZARPe Ek het n navraag van ene Mark Naude ontvang oor hierdie organisasie wat in die 1980s bestaan het en oor die twee kentekens hieronder. Mark wil weet of Burg B as n afdeling van Departement Justisie se funksie gestig en ontwikkel is en wie die stigteramptenare was. Elke wyk in die land moes n Burg B groep hê. Mark wil veral weet wie die leier van Burg B by Haakdoornboom net Noord van Pretoria was toe die Apiesrivier die karavaankamp by Bon Accord in n vloed weggespoel het. 40. AP Stemmet van die SSVR By die SSVR het ons die Burg B-komitee nasionaal gekoördineer. Ek weet die SAW was diep by Burg B betrokke. 41. Mark Naude The picture of the two Civil Defence (CD) armbands date from the 1980s and were issued to civilian volunteers engaged in Civil Defence. The one with the green cross was issued to qualified first aiders, but I am not sure what the other one was for. I remember there was also a fire fighting version of the triangular badge. CD volunteers also had stickers like these that they could put on their cars. I would be interested to know if anyone can shed some light on these and also on the Civil Defence Corps of the SA Army, whose badge appears in the centre of the one armband

NUWE MILITêRE BOEKE 42. Bush War Books. This publisher has made known that the following books could be ordered from the e-mail address at sales@warbooks.co.za: * Specialised Cooking : The Recce Way. By Justin Vermaak and Douw Steyn for R350. Top of Form * Journey Without Boundaries : The Operational Life & Experiences of a SA Special Forces Small Team Operator. By Col Andre (Diedies) Diedericks, HCS, HC, for R350. * A Greater Share of Honour : The memoirs of a Recce Officer. By Maj Jack Greeff, HC, for R350. T PAUL ELS SE BOEKE 43. NTR (Kan jy dit glo!) ALGEMENE ASPEKTE

44. Nostalgie oor 2 SAI Bn op Walvisbaai CC (Doepie) du Plessis van die Infanterie vertel dat... die RSM, Ernie Nel, my een Saterdagoggend opdrag gee om die opgewaaide sand teen n heining met my troepe te gaan weg werk en op pad terug die ses paaltjies uit te haal wat die parkeerplek belemmer. As ons klaar is kan die troepe dorp toe gaan, so almal was oorgehaal om die werk gou af te handel. Na ons die sand weggewerk het, wou ons gou die ses paaltjies uithaal, maar watse skok, want dit was n meter diep in beton ingemessel. Ons werk tot laat daardie aand. Die volgende oggend vra een van die troepe waarom ons nie net die paaltjies afgesaag het nie. My antwoord was dat die RSM beveel het om dit uit te haal en daarom het ons dit uitgehaal. Later in my loopbaan het ek dié storie met die oplei van seksieleiers gebruik om hulle te leer om rigiede denke te vermy. 45. Militêre Besonderhede van Kenneth Bouwer van die Kavallerie Celeste Scheepers is die Militêre Attaché in Swede en noem dat haar... oom, Kenneth Bouwer, 93 jaar oud is en nog in blakende gesondheid verkeer. Hy het so pas sy oorlogsverhaal aan my broer vertel wat dit in n boekvorm opgeteken het. Ons wil graag sy boek publiseer voor hy dalk doodgaan, soos wat ons ook met sy 95 jarige broer gedoen het en ek soek nou al maande na sy militêre rekords. Sy ID nommer en magsnommer is 2411175010088 en 226595V en het in 5 of 6 Pant Div gedien. Hy was n seuntjie van Graaff Reinet wat gaan oorlog soek het. As kavalleris is hy as padvinder gekeur en is deur die US Army as operateur opgelei. Hy het in n kleinspan gewerk en het tydens die Italiaanseveldtog as waarnemer opgetree om vuurbeheer vir die Artillerie te doen. Sy verstand is glashelder en hy woon steeds in Graaff Reinet. My e-posadres is celestescheepers23@gmail.com. 46. Hennie Le Roux, HC, van Leërinligting Paul Els het die foto van Hennie verskaf wat in sy studeerkaner afgeneem is. Hennie het die HC dekorasie vir dapperheid ontvang deurdat hy in Owamboland ʼn lid van Koevoet, wat sy been in ʼn mynveld verloor het, ongeveer 100 meter deur ʼn mynveld na n Puma helikopter gedra het. Hy kon enige oomblik self ʼn myn aftrap.

47. Return of Mig 21 to Angola Paul Els reports that the Chef of the Angolan Air Force, Gen Hanga, had announced on Angolan National Radio... that the Angolan Mig 21 (C340) in the SAAF Museum was returned to Angola on 17/09/2017. He stated that it was a good-will gesture by President Zuma to mark the official opening of the monument at Cuito Cuanavale celebrating Angola's heroic 'victory' over the RSA. The photo shows the Mig in the Museum. 48. Newsletter of the Naval Officers Association of Southern Africa Angel states that the Newsletter for Oct 2017 is available and can be requested from the Secretary, John Lamont, at glentyne@yebo.co.za. 49. Oprig van n Museum vir die SA Militêre Inligtingsveterane Assosiasie (SAMIVA) Deon Döhne is n lid van Leërinligting, n prokureur wat op Colesberg praktiseer en is besig om n Inligtingsmuseum op te rig op die gasteplaas (foto hieronder) wat hy buite Colesberg bedryf. Hy vertel dat... daar reeds met die bouery begin is, soos wat die foto hieronder aantoon. Die struktuur is amper voltooi en aan die binnekant sal glaskaste wees waarin inligtings-memrobilia bewaar sal word. Die memorabilia bly die eiendom van die skenker. n Graniet-gedenknaald (foto hieronder), wat deur SAMIVA se bestuur geïnisieer en gefinansier is, sal ter nagedagtenis van gestorwe Inligtingsfunksionarisse langs die museum opgerig word, om gereed te wees vir die Internasionale Inligtingsdag op 04/02/2018. As daar nie iewers anders vir Troepie se standbeeld by die SA Leërkol plek is nie, kan ons dit laat verwyder en hier saam met die SAMIVA gedenknaald oprig en bewaar. Dit sal kosbaar en bypassend wees.

50. Opneuk van 2 SAI Bn Gp se Paradegrond CC (Doep) du Plessis van die Infanterie vertel dat hy onlangs in Walvisbaai vir die reunie van ons matriekklas was en het die geleentheid gebruik om op die basis se paradegrond te gaan staan waar ek gereeld tydens die oggende se aantreeparades as merker aangetree het. Die foto wys my posisie en ook hoe hulle die RSM se paradegrond opgeneuk het. 51. Photo Range : Just a Common Soldier Paul Els provided this moving tribute to the passing of an old soldier, that can be seen on https://www.youtube.com/embed/ ees4ke7cdnq?feature=player_det ailpage%25 52. Beveiliging van die Landelike Gemeenskap AfriForum het met die beveiliging van ons landelike gemeenskap betrokke geraak en doen n beroep op boere en hoewebewoners om self verantwoordelikheid vir hulle veiligheidsituasie te neem. Verskeie kenners is genader om wenke te deel wat die verskil tussen lewe en dood kan beteken. Hierdie wenke is eenvoudig en logies, maar is goed wat dikwels nagelaat word omdat te veel boere steeds glo dat n omheinde opstal, n alarmstelsel en waghonde voldoende maatreëls teen plaasaanvalle is. Voorkom word om n slagoffer te word deur net een of twee van die wenke toe te pas. Die volle berig is op aanvraag vanaf isajohan@johannisa.co.za beskikbaar. WELSYNSINISIATIEWE 53. NTR.

SOEKTOGTE 54. Where is Willem Joachim Zacaharias Wagner? Patricia Wagner says that she had... on 20/07/2017 requested the SANDF to trace my father s military record, but have had no reply. Is it possible that there might be records of Willem Joachim Zacaharias Wagner at the Archives of the SANDF? My father was born on 17/06/1914 in Koffiefontein. I should think he was called up or enlisted from the dates of the births of his older children and I deduce that enlisting happened in 1936, 1938 or 1939, as he periodically come back and then a new baby arrived. He served in North Africa at Tobruk and El Alamein. I do not know what his service number was. Any information would be appreciated. My e-mail address is wagner.patricia026@gmail.com. GELEENTHEDE, FUNKSIES EN KURSUS- EN ANDER RE-UNIES 55. Herdenkingsdiens van Op Savannah op 10/09/2017 Paul Els verskaf die foto s hieronder en verwittig dat... die byeenkoms by die Voortrekkermonument (VTM) weereens n groot sukses was. Baie dankie aan Dan Lamprecht en die res van die komitee vir hulle harde werk. Die teenwoordigheid van genl Constand Viljoen en Ritsie was vir ons almal n riem onder die hart. Dankie ook vir die wonderlike ondersteuning wat ons van die staf van die VTM gekry het. Die foto s toon die gehoor, genl Viljoen en op die derde foto is genl Joffel van der Westhuizen van die Geskut en Fido Smit van die Kavallerie.

56. Infanterie-hinderlaag en Vergadering van die NUR Arlene Bronkhorst van die SA Infanterie-vereniging verwittig... dat die volgende vergadering van die NUR op Woensdag 07/10/2017 by die Leriba Lodge sal plaasvind. Die vergadering is om 09:00. Die maandelikse Hinderlaag is op 4 Oktober steeds te Bronberd Landgoed vanaf 12:00. Skakel Kobus Loubser by selno 072 918 3968 vir bywoning. Koste vir die Hinderlaag is R80 per persoon. Bring jou vrou, vriende en familie saam en kom kuier heerlike oor n bord smaaklike kos en geniet n drankie teen Weermagpryse by die kontantkroeg. 57. Byeenkoms van die Overstrand Veterane Jos Rabie van die Parabats verwittig dat die Overstrand Veterane die jaar se samekomste op 06/12/2017 met n spesiale middagete in Hermanus afsluit. Ons het verlede jaar by dieselfde geleentheid n aantal vakansiegangers gehad en nooi ook hulle wat in ons omgewing gaan wees, om saam met ons te kom kuier. Kontak my voor 24/11/2017 op 082 784 6373 of jrcr@vodamail.co.za sodat die bespreking gedoen kan word. Terloops, op 02/10/2017 sien ons vir Piet en Wilna Moolman om n 6 SAI re-unie in die kleine te hou! 58. Veterane is Plesierig in Centurion Die vierde middagete van die Centurion ete-groepie het op 19/09/2017 by die Bosvelder Restaurant in Centurion plaasgevind en dit was lekker. Daar gaan nou maar weer tot die derde Donderdag van die maand teruggekeer word, aangesien hierdie reëling so ingeburger is dat party skoon van die verandering na Dinsdag vergeet het. Die volgende middagete vind om 12:00 vir 12:30 op die derde Donderdag op 19/10/2017 plaas en verwittig isajohan@johannisa.co.za indien u wil inskakel. Paul Els het die foto hieronder van een van die tafels geneem en toon vir Attie Keeve en Chris Wehrmann wat nie oor die oesjaar kan besluit nie, terwyl Johnny Coetzer en Willem Theron agter gewigtige sake bespreek. 59. Trip to Angola Louie Greeff advises that he is arranging a trip to Angola in Jun 2017 and... invites Military Veterans to go along. We will cross into Angola at Ruacana and from there travel to Chitado, Namibe, Lubango Cuvelai, Cassinga, Jamba (Savimbi s HQ), Kuvango, Chitembo, Menongue, Longa, Cuito Cuanavale, Mavinga, Nankova, Cuangar, Ontjiva, Namacunda and back to Namibia. Those interested can contact me on my e-mail address at louie@beyondxtreme.co.za, with heading Namgola Motorcycles and 4x4s are welcome. I will be riding on my 1200 GS.

NETWORKING 60. Stig van 'n Nuwe Maatskappy Daan Kemp van Leërinligting het verlede week die proses verduidelik om n maatskappy te stig en het die CIPC [voorheen CIPRO] se webtuiste as www.ccipc.co.za aangedui. Die webtuiste se korrekte naam is egter www.cipc.co.za. 61. Maj Koos van der Merwe van die Parlement Ek is op soek na n volledige Sam Browne. Wie kan my asseblief help? My koordinate is 082 4444944 en koosvdm79@gmail.com. ADMINISTRASIE 62. Nuwe Lede * Chris Pheiffer * Dirk Jansen van Rensburg * Fanie Joubert * Jaap Rossouw * Jaap van der Poll * Martha Visser * Sias Claassen 63. Regstelling Verlede week is Cynthia Maré as n lid verwelkom, maar Cynthia noem dat my naam Cynthia-Maré Gouws is. Daar word maklik aanvaar dat my koppelvoornaam n van is. 64. Foutiewe E-posadresse. Wie het moontlik die volgende lede se korrekte e-posadresse: * Buks Koen * Dirk Greyvenstein * Gert Olivier * Johan Lötter (selfde Johan as by lotterjc@absamail.co.za?) * Dolores Theron LAASTE LAWWE (EN SOMS ERNSTIGE) STUKKE 65. Situasie in die RSA Die misdaad is nou so erg dat ek met n balaclava gaan slaap. As hulle inbreek dan dink hulle ek is deel van die span!

66. Points to Ponder * We may not be able to prepare the future for our children, but we can at least prepare our children for the future * Most of our problems are because we act without thinking or we keep thinking without acting. 67. The Disadvantage of Old Age Two elderly Military Veterans were sitting on a bench under a tree when Lee turned to the other and says Koos, I am 83 years old and I am just full of aches and pains. I know you are about my age. How do you feel? Koos replied that he was feeling just like a newborn baby. Really!? Like a newborn baby!? Koos replied with yes, no hair, no teeth, and I think I had just wet my pants. 68. Speaking English very Deliciously. Gert du Toit van die Infanterie noem dat ons soldate is mos beter aan die baklei as aan die skryf (behalwe vir die manne wat so gereeld boeke publiseer) en dit laat my dink aan die ware maar onbevestigde verhaal van die Boerseun wat n opstel moes skryf. Hy vertel van n dame wat op die trappe gestruikel het en verduidelik soos volg: The lady came down the stairs, tripped, fell and laid prostituted on the floor. Die onderwyser skryf wrong word choice my boy, the word that you were looking for is prostrated. Die onderwyser voeg toe by dat there is a subtle difference between a fallen woman and one who has merely lost her balance 69. New Springbok Coach. Mr Bean has applied for the post as new Springbok Coach. 70. Toets teen die All Blacks op Nuweland Paul Els waarsku dat... as julle op die paaie gaan wees die volgende week ry asseblief versigtig. n Spietkop het my nou net afgetrek en sommer twee kaartjies gegee. Dit is beide vir die Bokke se volgende toets. SLOT 71. En op daardie neerdrukkende noot, sterkte vir die res van die week. Johann