Twee produsente wen R1 miljoen terug

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

18 September op NAMPO Park, net buite Bothaville, plaasgevind het. Vol 4/2008 Inligtingsblad vir klante van Senwes September 2008

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

1 ste Senwes OFM bakkiedag. n treffer. Ten spyte van ʼn nat en mistroostige begin, het die Senwes OFM bakkiedag in. Lekker stories.

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

uitgawe In dié Marksituasie vir grane [2] Dit is nou makliker om n Senwes bedryfspunt te vind [6] Moderne tegnologie dra by tot klantediens [4]

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Spaar só met korting

SIZA takes the sting out of auditing

Lewer natter mielies by hiérdie silo s

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Mandala Madness Deel 2

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Direkte en indirekte rede *

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

RAADSLEDE / COUNCILLORS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Tariewe

Landbou is oor die algemeen n. n Kort oorsig oor plaaslike mieliepryse. Lees Binne: FEBRUARIE Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere

PULA IMVULA. As jy lief is om iets te vier en op soek. Met harde werk is daar geen perke nie. Lees binne: Januarie 2018

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SENWES Scenario Desember 2015/Januarie

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mosselbaai Munisipaliteit

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Edgehog

Transcription:

MARKTOEGANG INSETVERSKAFFING KREDIETVERSKAFFING Vol 3/2008 Inligtingsblad vir klante van Senwes Julie 2008 Twee produsente wen R1 miljoen terug Met n aansienlik voller beursie sal enige produsent van oor tot oor glimlag. Só het twee Senwes klante onlangs uitgevind by Senwes se tweede R1 miljoen trekking, wat in Junie in Klerksdorp gehou is. Anton Homsek (Bloemfontein) en Fanie Visser (Ventersdorp) het elk om en by n halwe miljoen terruggewen op hul Senwes somerproduksierekening. Fanie se rekening toon nou n nul-balans, terwyl Anton se rekening met n aansienlike afslag spog. Produsente wat somerproduksiefinansiering gedurende die 2007/2008-landboujaar by Senwes opgeneem het, het outomaties vir die kompetisie gekwalifiseer. Vyf finaliste het tydens die trekking op 11 Junie styf duim vasgehou, met die hoop dat hul rekening eerste aan die beurt sou kom vir die terugskryf van die balans daarop, tot en met n totale bedrag van R1 miljoen. Die drie finaliste wat nie vir die groot prys in aanmerking gekom het nie, kon steeds met n ligte hart huiswaarts keer, nadat hulle n Senwes koopbewys ter waarde van R10 000 ontvang het. Dié finaliste was: Hugo Gutsche (Hartbeesfontein), Giepie Rossouw (Bothaville) en Drikkie Dreyer (Bothaville). Beide die produsente wat die geluk van wen gesmaak het, het bevestig dat dit n ongelooflike ervaring is en moeilik om te glo. Dis soos erfgeld dié mens verdien dit nie, het Anton dit opgesom, kort nadat hy sy tjek van R540 334,37 ontvang het. n Bedrag van R459 665,63 is op Fanie se rekening teruggeskryf. Die seleksie van die finaliste en die trekking van die wenners is deur Senwes se onafhanklike ouditeure, Ernst & Young, geoudit. Die Senwes R1 miljoen-trekking vir die 2008/2009-seisoen het reeds afgeskop. Al wat produsente moet doen om te kwalifiseer, is om Senwes somerproduksiekrediet op te neem. Produsente staan hierdie keer ook n kans om een van 100 John Deere ride-on grassnyers te wen. Klante wat met Senwes sake doen sal in aanmerking kom vir dié trekking op grassnyers en dit is nie beperk tot klante met produksierekeninge nie. Vir meer inligting, skakel Senwes Handel of Kredietverskaffing by (018) 464-7800, besoek die Senwes webwerf by www.senwes.co.za of skakel die tolvry nommer: 080 941 4011. Die wenners van die R1 miljoen trekking is tydens n spesiale geleentheid by die Peru-saal in Klerksdorp op 11 Junie vanjaar aangewys. Van links is Gerrit van Zyl (Assistent Hoofbestuurder: Kredietverskaffing), Fanie Visser (wenner), Anton Hom sek (wenner) en Frans du Plessis (Hoofbestuurder: Handel). Senwes rapporteer n stewige wins Te midde van uitdagende landbou- en besigheidstoestande het Senwes vir die derde agtereenvolgende finansiële jaar uitstekende groei behaal en weer eens goeie waarde vir aandeelhouers geskep. In die jaar geëindig 30 April 2008 het die positiewe prysvlakke van kommoditeite aanleiding gegee tot goeie aanplantings deur produsente met n gevolglike positiewe besigheidsiklus vir die Insetverskaffing- en Kredietverskaffing-be - sigheid. Sterk druk op die graan-deursetkanaal weens lae volumes graan beskikbaar, het egter die prestasie van die Graan divisie gekniehalter. Die strategie om markaandeel te groei by wyse van produkaanbod en goeie klantediens werp vrugte af. Senwes glo daarin om die beste te wees in sy bestaande bedieningsgebied voordat aggressiewe uitbreiding van die voetspoor verder nagestreef word. Nuwe geleenthede word egter deurlopend ondersoek, veral met betrekking tot Afrika-markte. Vervolg op bl. 3 Laat SEB vir jóú werk doen sake met Senwes

GRAAN Thys Grobbelaar bied Senwes se graanmarkverslag aan elke weeksdag om 13:15 op Ofm. Marksituasie vir grane Thys Grobbelaar Graananalis: Graanbemarking Belangrike internasionale graan- en oliesaadkommoditeitspryse staan tans op rekordvlakke. Dit word aangevuur deur n groot aanvraag na hierdie kommoditeite deur ontwikkelende wêreldekonomieë, soos China en Indië. Verder is die berekende wêreldoordragvoorrade van die meeste graan- en oliesaadkommoditeite tans laag. Weerstand word reeds in die verbruikersmark waargeneem, wat pryse op die medium termyn mag laat afkoel. Internasionale graansituasie Die Amerikaanse kontantprys vir geelmielies het tot $7,42 per boesel gedurende Juniemaand gestyg. Met die aanvang van die nuwe produksieseisoen, het weerkundiges gespekuleer dat n droogte in dié seisoen verwag kan word. Wat toe gerealiseer het, is die grootste oorstroming in vyftien jaar wat in die Midweste van die VSA voorgekom het. State soos Iowa en Illinois, wat gesamentlik 36% van die VSA se mielie-oes produseer, het die ergste deurgeloop. Gevolglik blyk dit dat Amerika ernstig besig is om op hulle mielie-oordragvoorraad te teer. Volgens die nuutste USDA-verslag, verwag die Amerikaners hierdie seisoen n oes van 298 miljoen ton. n Klimaatstremming in die vorm van te veel of te min reën, kan die oesverwagting nog verder verlaag. Dit maak die mieliemark baie senuweeagtig en gevolglik is die mielieprys tans uiters volatiel. Hoewel daar groot druk van sekere sektore is oor die hoë mielieprys en Amerika se biobrandstofbeleid wat aangepas moet word, blyk dit dat die internasionale mielieprys hoog sal bly. Die wêreld en Amerikaanse koringoordragvoorrade is besig om te styg, nadat die meeste koringproduserende lande groter oppervlaktes aangeplant het en goeie opbrengste in die algemeen gaan realiseer. Verskeie koringproduserende lande het hul uitvoerbeperkings opgehef, wat ook die prys laat ontspan het. Australië (wat die tweede grootste uitvoerder van koring is) kan moontlik n normale oes realiseer, wat pryse redelik laat daal het op die meeste graanmarkte. Droogte het egter in veral die suid-oostelike gedeeltes van die land kop uitgesteek. Die oorstromings in die Amerikaanse Midweste kan tot opbrengsverliese en graadskade lei, wat die prys effens laat herstel het op die wêreldmarkte. Die onsekerhede maak die koringpryse tans redelik wispelturig. prys van plantaardige olies het intussen ook n bietjie afgekoel, wat die sojaboonmark laat afkoel het. Die staking deur Argentynse produsente het ook die internasionale prys ondersteun. Sou daar spoedig n oplossing in die konflik kom, kan dit weer druk op die internasionale prys plaas. Die prys van oliesade behoort egter hoog te bly vir die afsienbare toekoms. Plaaslike situasie vir Suid-Afrikaanse grane en oliesade Volgens Tabel 1 is die oppervlakte van die meeste gewasse aansienlik uitgebrei teenoor die vorige seisoen. Veral ten opsigte van witmielies is die oppervlakte aansienlik meer as wat die berekende markruimte is. Baie goeie klimaatstoestande het die afgelope seisoen geheers en hoë opbrengste gerealiseer. Die derde oesskatting het ook die mielie-oes heelwat hoër aangepas. Verdere aanpassings word verwag. Mielies Die berekende oordragvoorraad van mielies het gestyg van net oor die 1 miljoen ton vir die 2007/2008-bemarkingsjaar tot heelwat oor die 2 miljoen ton indien normale verbruik en uitvoere na die BNLS-lande en na Afrika in berekening gebring is. Dit het die mielieprys baie laat ontspan en die prys van mielies tot heelwat onder die berekende uitvoerpariteit (Randfonteinprys) laat vorm. Die drastiese styging in die internasionale mielieprys en seevragkoste het egter die berekende uitvoerpariteitsprys redelik laat styg. Die Safex-prys van mielies beweeg vir die afgelope jaar sywaarts in n band van R1 600 tot R2 000 per ton. Die Safex-prys van beide wit- en geelmielies is aansienlik laer as die berekende invoerpariteitsprys (Randfonteinprys). n Redelike aanvraag na mielies vir uitvoer word tans ervaar, omdat Suid-Afrikaanse mielies relatief goedkoop in die wêreldmark is. Die beskikbaarheid van GMO-vry mielies, soos vereis deur die meeste Afrikalande, is egter n probleem. Logistieke probleme by die uitvoerhawens maak diepsee-uitvoere ook moeilik. Daar is nog geen mielies in hierdie bemarkingsjaar ingevoer nie, weens die onkompeterendheid van internasionale mielies. In die algemeen het die koringprys taamlik afgekoel van die hoë prysvlakke van n paar maande gelede. Die vraag na voerkoring bly goed as gevolg van die hoë prys van mielies in die wêreldmark. Die aanplanting van oliesade het wêreldwyd redelik uitgebrei, hoofsaaklik as gevolg van die hoë pryse wat die oliesaad-kompleksprodukte gerealiseer het. Plantaardige oliepryse het by uiters hoë vlakke gedraai. Die groot vraag na plantaardige olies deur lande soos China en Indië, het die pryse deur die plafon laat skiet. Die internasionale Tabel 1: Die derde oesskatting vir die 2007/2008-produksieseisoen volgens die NOK. Gewas Oppervlakte (2006/2007- seisoen) (x 1 000 ha) Verskil ten opsigte van vorige seisoen Die drastiese styging in die produksiekoste van grane kan aanplan - tings die komende seisoen beperk, wat tot n kleiner oes aanleiding kan gee en oordragvoorrade weer kan verklein. Die mielieprys het n redelike opwaartse potensiaal oor die medium na langer termyn, sou die internasionale prys hou. Koring Die Safex-prys van koring bly steeds op redelike vlakke, danksy die hoë internasionale prys, die swakker rand en die klein oppervlakte Vervolg op bl. 3 Tweede oesskatting (x 1 000 ton) Derde oesskatting (x 1 000 ton) Verskil tussen twee oes - skattings (x 1 000 ton) Witmielies 1 737 +112,2 6 428,75 6 525,05 +96,5 Geelmielies 1 062 +135 4 336,2 4 472,8 +136,6 Mielies Totaal 2 799 +247,2 10 764,95 10 997,85 +232,9 Sonneblom 564,3 +247,9 769,08 785,88 +16,8 Graansorghum 89,8 +20,9 255,99 255,99 0 Sojabone 174,4-8,2 297,25 302,25 +5 2 Senwes Scenario [Julie 2008] BREEK NUWE GROND SENWES

Marksituasie vir grane Vervolg van bl. 2 Finansier met n termynlening GRAAN wat in Suid-Afrika aangeplant gaan word. Die Suid-Afrikaanse koringprys vorm tans op n vlak van ingevoerde Duitse Graad E sagte maalkoring. Volgens Sagis se weeklikse graanin - voerverslag is dit ook die tipe koring wat tans oorwegend ingevoer word. Suid-Afrika moet ongeveer 1,5 miljoen ton koring invoer en die prys sal vorm op die vlak van ingevoerde koring gelewer aan die kus. Die wisselkoers, skeepsvragtariewe en die internasionale prys van koring sal steeds die grootste beïnvloedingsfaktore bly. Finansier nou jou grond-aankope en ander langtermyn finansiële behoeftes met n Senwes termynlening. Skakel Senwes Kredietverskaffing of gesels met jou Inset - bemarker, Sleutelrekeningbestuurder of Kre - diet bestuurder by Senwes Hoofkantoor by (018) 464-7300. Sojabone en sonneblom Suid-Afrika het vanjaar 485 880 ton meer sonneblom geproduseer as die vorige seisoen. Suid-Afrika produseer maar ongeveer n derde van sy plantaardige oliebehoefte, asook olie - koekbehoefte. Redelike verwerkingsaanlegte vir sojabone wat tans in die pyplyn is, kan die kommoditeit op die medium en langer termyn bevoordeel in terme van vraag en prysstabiliteit. Dit kan ook surplus hektare van n gewas soos mielies wegneem. Daar is ook n aanvraag na sonneblom vir uitvoer, wat vreemd is. Die internasionale plant aardige oliepryse beweeg tans redelik sywaarts en verbruikersweerstand word waargeneem. Nieteenstaande behoort die sonneblom en sojaboonpryse op dié vlakke te bly vir die afsienbare toekoms. Senwes rapporteer n stewige wins Vervolg van bl. 2 Resultate Bedryfswins voor belasting het met 33% gegroei na R350 miljoen, wat die grondslag lê vir die netto resultaat van R173 miljoen toeskryfbaar aan aandeelhouers (2007 R125 miljoen). Die resultaat verteenwoordig ook n verhoogde opbrengs op ekwiteit van 22,4% teenoor verlede jaar se 18%. Die groei in verdienste per aandeel was 38,4%, vanaf 69 sent per aandeel na 96 sent per aandeel. Daarbenewens is dividende van 54 sent verklaar wat n spesiale en interim dividend van 40 sent asook 'n finale voorgestelde dividend van 14 sent per aandeel insluit. As deel van die waardeskeppingstrategie is die gaping tussen die netto batewaarde en verhandelingswaarde suksesvol oorbrug en aandele verhandel teen n prys-boek- verhouding van 129%. Notering op die JSE sal sorgvuldig oorweeg en op n gepaste wyse met aandeelhouers bespreek word, indien so n behoefte bestaan. Die afgelope finansiële prestasie sal na verwagting voortgesit kan word met die positiewe siklus wat die landboubedryf tans beleef en die gunstige prysvlakke van landboukommoditeite. Die huidige someroes lyk belowend en aanduidings is dat n terugkeer tot normale graanvolumes in die vooruitsig is. Verhoogde aanplantings van wintergraangewasse in die komende jaar word ook verwag. Sleutelsyfers Netto wins toeskryfbaar aan aandeelhouers: R173 m (+38,4%) Verdienste per aandeel: 95,7 c (+38,4%) Opbrengs op ekwiteit: 22,4% Aandeelprys groei: +31,3% Totale dividendopbrengs: 13,5% Finale dividend per aandeel voorgestel: 14 c Nuwe graanbunker op Tadcaster Stuart Thom, Lourens Strydom, Japie Strydom en Albie Venter, almal produsente in die Hartswater-gebied, vier die opening van Senwes se eerste graanbunker op Tadcaster. Dié graanbunker kan tot 25 000 ton mielies berg. Kyk uit in die Augustus-uitgawe van die Senwester vir meer inligting en foto s oor Senwes se nuutste opber - gingsfasiliteit. BREEK NUWE GROND SENWES [Julie 2008] Senwes Scenario 3

GRAAN Wees versigtig vir oesdruk, sê graankenners Senwes Graan het onlangs n reeks inligtingsvergaderings aangebied, waartydens kenners raad gegee het oor bemarkingsopsies, inligting deurgegee het oor die internasionale graansituasie en ander toepaslike kennis gedeel het. Volgens Thys Grobbelaar (Graananalis: Graanbemarking) is die internasionale marksituasie in terme van mielies en sonneblom tans positief en behoort hierdie situasie plaaslike produsente te ondersteun. Daar word aanbeveel dat produsente versigtig moet wees vir oesdruk, sodat hulle nie gedwing word om te verkoop as die mark onder druk kom nie. Wimpie Bouwer (Hoof Graanverkryging: Graanbemarking) het in sy aanbieding drie moontlike produkte aan produsente verduidelik. Hierdie produkte is aan die hand van drakostes verduidelik en kan vir produsente tot voordeel strek indien drakoste in sy guns is. Die drie produkte is: vaste prys met calls, n uitgestelde pryskontrak en kontantvloei-transaksies. Tydens die inligtingsvergaderings het kenners ook hul kommer gedeel oor planttyd, met die hoë produksiekostes wat tans produsente se sak ruk. Die vraag bly steeds: kan produsente teen die huidige prys met verhoogde insetkostes plant? Vir meer inligting oor bogenoemde prysingsopsies, skakel jou naaste Graanverkryger. Alle Graan verkrygers se kontakinligting is beskikbaar op die Senwes webwerf by www.sen wes.co.za. HANDEL Nuwe gesigte gereed om te help Willem Spies Frikkie Roeloffse Willem Spies, voorheen die onderdelebestuurder op Vereeniging, is bevorder na handelswinkelbestuurder op Hartbeesfontein. Bennie van Zyl is onlangs as nuwe onder - delebestuurder op Bothaville aangestel. Frikkie Roeloffse is die nuwe winkelbestuurder op Ottosdal. Hy was voorheen werksaam by OVK op Ventersburg as winkelbestuurder. Senwes winkels spog met hul bande Opgradering van winkels in pyplyn As deel van Senwes Handel se strategiese beplanning en fokus op klantediens, word n opgradering van die winkels binne die Senwes-gebied beplan. Deur die opgradering fokus Handel daarop om vir klante n skoon en netjiese winkel te bied, wat sal bydra tot n aangename inkopieervaring. Ons beplan om deur die loop van die jaar ten minste vyf winkels op te gradeer en sal vir eers konsentreer op die groter, stedelike winkels. Die ander sal later volg, het Jayson Segeel (Operasionele Bestuurder: Kleinhan del) gesê. Tydens die opgradering sal ook gekyk word na die winkels se kleurskemas, die dekor, verhoogde klantediens, die opleiding van personeel en die implementering van spesialis-afdelings, soos besproeiing en verf. Senwes se handelswinkel op Oberholzer het onlangs n bande-uitstalling in hul winkel gehad. Die Senwes winkels bied goeie pryse op hul bande, so as jy wil bande gesels, praat met jou Onderdelebestuurder oor die moontlikhede. Oberholzer winkel is tans ook in die proses om n oortrekmasjien, balanseermasjien en hyser te bekom, sodat ons klante van diens kan wees met die balansering en oortrek van bande, het Jaco van Graan (Bestuurder: Oberholzer winkel) gesê. Volgens Jayson beplan Senwes ook om die Village Grocer-konsep na drie ander dorpe uit te brei deur die loop van die jaar. Hou gerus die Scenario dop vir meer nuus oor die beplande ontwikkelings! 4 Senwes Scenario [Julie 2008] BREEK NUWE GROND SENWES

HANDEL Senwes en John Deere belê in opleiding n Ooreenkoms tussen Senwes en John Deere het gelei tot n geleentheid vir Senwes Meganisasie vakleerlinge om hulself deur intensiewe opleiding te bekwaam om sodoende vir Senwes-klante topgehalte diens te kan lewer. Senwes sal 15 vakleerlinge na n opleidingsentrum in Roodepoort stuur. Dié opleidingsentrum, Ikhaya Fundisa Techniskills Academy (IFTA), is geakkrediteer deur MERSETA (Manufacturing Engineering and Related Services) en vakleerlinge sal spesifiek op John Deere-modelle leer, het Connie van der Linde (Handel Meganisasie) gesê. n Vakleerling wat reeds sy N2-kwalifikasie het, kan na 82 weke sy vaktoets skryf. Indien die vakleerling nie sy N2-kwalifikasie het nie, moet hy egter n opleidingskursus van vier jaar volg. Die 15 Senwes vakleerlinge sal tydens hul eerste tien weke by die opleidingsentrum intensiewe basiese opleiding ondergaan in onder andere hidrolika, meting van krukaste, ewenaaropmetings, elektriese komponente, lugversorging, brandstofsisteme (hoofsaaklik diesel), asook handvaardighede en die basiese beginsels van diagnosering en opsporing van probleme. Hierna sal die vakleerlinge hul prakties by Senwes se werkswinkels voortsit, voordat hulle terugkeer na die opleidingsentrum vir verdere opleiding. Koop hiér voor jy bou en breek! Senwes se handelswinkels sal van 18 Julie tot 2 Augustus n boupromosie aanbied. Tydens die promosie sal nuwe produkte ook bekend gestel word wat produkte vir loodgieters, elektriese toebehore, verf en produkte vir baddens en storte sal insluit. Maak dus n draai by jou naaste winkel vir al jou boubenodighede en meer! Besoek Senwes op die web by www.senwes.co.za Die vakleerlinge bly in die John Deere House, n woonkwartier wat eksklusief vir vakleerlinge in die John Deere-netwerk gereserveer is. Hier ontvang die vakleerlinge die beste opleiding in omgewingsvriendelike omstandighede wat van gehalte spreek en die beste waarde terugneem na die handelaar, het Sarel Greyling (Assistent Hoofbestuurder: Handel Meganisasie) gesê. In die wegspringblokke, op jul merke, gereed... Wie s n is die vinnigste myne of joune? Twee broers van Grootpan in die Lichtenburg/Koster-distrik het n unieke manier gevind om hul liefde vir hul masjinerie te demonstreer en sommer n verskil in opinie ook te besleg deur resies te jaag met hul stropers! André en Kobus du Preez het onderskeidelik n Case en John Deere-stroper, waarmee hulle mekaar die stryd aangesê het. Dié wedywering het uiteindelik gelei tot n stroperdag, waar verskillende fabrikate teen mekaar gekompeteer het om te bepaal watter stroper die vinnigste is. Die stroperdag is op 22 Mei vanjaar gehou. Volgens André werk die kompetisie op dieselfde beginsel as n naelloop by enige atletiekbyeenkoms n lyn word op die land getrek, almal staan gereed en dan word gestroop dat die koppe spat! Die groot groen glimlag van n wenner. Die afstand wat gestroop word is ongeveer 500 meter en die wenner word bepaal volgens die spoed, kapasiteit, vermorsing en kwaliteit van die graan in die tenk. Vanjaar se stroperdag het ongeveer 500 produsente getrek en drie stropers het deelgeneem. André het in die eerste plek geëindig met sy 9770STS John Deere-stroper. Die doel van die kompetisie is nie om afbreek aan enige fabrikate te doen nie, maar eerder om n lekker adrenalien-gevulde dag saam te kan geniet, het Kobus gesê. Tydens die dag is demonstrasies van verskillende fabrikate se trekkers en implemente ook gedoen. Die John Deere 9770STS in volle vaart. BREEK NUWE GROND SENWES [Julie 2008] Senwes Scenario 5

LANDBOUDIENSTE Grond as hulpbron bespreek by opleidingsdag Landbouprojek wat fokus op ontwikkelende produsente in die Vanderbijlpark-distrik, is in November 2007 deur Senwes nlandboudienste begin. Gedurende April vanjaar is n opleidingsdag gehou om die deelnemende ontwikkelende produsente touwys te maak in aspekte rondom grond as hulpbron. Tydens die opleidingsdag is die volgende aspekte aangespreek: Grondtekstuur en -struktuur; Grondfisiese en -chemiese aspekte; Effektiewe diepte; Waterhouvermoë; Profielbeskrywings; en Bewerkingsmetodes. Die dag vorm deel van n opleidingsprogram wat deur Senwes Landboudienste saamgestel is, nadat die opleidingsbehoeftes onder die betrokke ontwikkelende produsente geïdentifiseer is. Vier individuele produsente en n vroue-produsentegroep word ook deur middel van finansiering, tegniese steun, n mentorskapprogram en bemarking ondersteun, het Johan du Toit (Bestuurder: Landboudienste) gesê. n Bespreking tussen Senwes Landboudienste personeel en ontwikkelende produsente by n profielgat. Do your shopping at Senwes! Senwes is giving away a voucher worth R600, to be used at the Senwes retail shop of your choice. All you have to do to stand a chance of winning this voucher, is answer a simple question and send in your entry form as soon as possible! Question: What is the new name of Sedgars Park in Potchefstroom? Send your entry form with your answer to: Infoworks (Attention: Adele Benade), Postnet Suite 32, Private Bag x10, Flam - wood, 2572. Fax: (018) 468-7782, email: adele@infoworks.biz, to reach us by no later than Friday, 8 August. Congratulations to our previous winner, Hugo Gutsche from Hartbeesfontein, who won a Lagoona Diner IV camping tent. Entry form Name and surname: _ Senwes member number: Address: _ Tel: Answer: _ Rules Only Senwes clients may enter the competition Senwes personnel may not enter The closing date for the competition is Friday, 8 August 2008 The prize may not be exchanged for cash Prizes will be sent to the nearest retail shop where the winner can collect it Die personeel van Senwes Landboudienste wat by die opleiding betrokke was, was Johan Thiart (Senior Grondtegnoloog), Gerrit Oosthuizen (Senior Agronoom) en Jasper Dreyer (Senior Grondtegnoloog). Landboudienste verwelkom nuwe personeel Ronnie Tshabalala Daneel Esterhuizen ALGEMEEN Senwes borg twee studente vir LBK kongres Twee studente van die landboufakulteit by die Universiteit van die Vrystaat, Walter van Niekerk en Lize Terblanche, het borgskappe van Senwes ontvang om die Landbou - besigheidskamer (LBK) kongres op 28 en 29 Mei, by die Indaba Hotel in Johannesburg, by te woon. Die kongres vorm deel van n professionele kapasiteit-ontwikkelingsinisiatief. Tien top studente van vyf landboufakulteite in Suid- Afrika is gekies om die kongres by te woon. Van die LBK lede-maatskappye het entoesiasties aangebied om dié studente te borg en sodoende die top landboustudente van ons land beter te leer ken, het Lindie Botha (Landbou-ekonoom: LBK) gesê. Ronnie Tshabalala is aangestel as Akkerboukundige op Odendaalsrus. Hy was voorheen werksaam in die Ontwikkelende Landbou-afdeling by NWK Beperk. Voornemende ontwikkelende graanprodusente kan Ronnie skakel vir advies en bystand. n Internskap is onlangs deur Senwes Landboudienste aan Daneel Esterhuizen aangebied. Daneel sal saam met die huidige Landboudienste-personeel rondbeweeg om meer van die bedryf te wete te kom. Die borgskap het die student se registrasie, akkommodasie, vervoerkoste, n klein toelaag en n promosiebaadjie ingesluit. Die tema van die kongres was: Mobiliseer landboubesigheid vir groei. Die kongres het n strategiese, dog praktiese aanslag gehad en daar was veral aandag gegee aan die sake waarmee die LBK besig moet wees om werklik n verskil te maak in die landbousektor. Ons het studente genooi om die kongres by te woon, omdat ons besef het dat studente nie ingelig is oor geleenthede in landbou nie en soms ongemotiveerd is om in landbou of selfs in Suid-Afrika te werk, het Lindie vertel. Die studente het na afloop van die kongres n opsomming geskryf oor die besigheid wat hulle geborg het. Die opsomming sal op n latere stadium op LBK se webwerf gepubliseer word. 6 Senwes Scenario [Julie 2008] BREEK NUWE GROND SENWES

ALGEMEEN Looking back on an era Senwes will be reaching a milestone in the history of the Company, when it turns 100 in 2009. Such a big event needs to be celebrated and offers the perfect opportunity to share stories from the past that reflects the rich history of this agricultural company. Senwes clients with memorabilia, like photos from the past, can contact Johan Grobler (Assistant General Manager: Corporate Marketing) on 083 409 5229. To share interesting stories or anecdotes, contact professor Elize van Eden (Historian and Research Consultant: North-West University) on 082 752 8839. Kry nuutste inligting nou Die nuutste weergawes van die 2008/2009 produksiekoste-handleidings is tans by Senwes se Landboudienste-afdeling beskikbaar. Hierdie handleidings weerspieël nuwe pryse vir insette, soos kunsmis en brandstof, soos op 1 Mei 2008. Die handleidings is gewild onder toonaangewende maatskappye wat binne die landbou-omgewing besigheid doen. Kostes beloop R200 vir Senwes klante, R300 vir nie-senwes klante en R500 vir besigheids- en korporatiewe instansies. BTW is uitgesluit. Vir meer inligting, skakel Marie Nielson by (018) 464-7394. Só verhandel die aandele Die volgende volumes Senwes en Senwesbel aandele het gedu - rende April 2008 en Mei 2008 verhandel: April 2008 Getal Senwes aandele Pryswisseling 424 984 R5,25 tot R5,60 Getal Senwesbel aandele 171 916 R3,70 Pryswisseling Mei 2008 Getal Senwes aandele Pryswisseling 468 722 R5,60 tot R6,00 Getal Senwesbel aandele 552 105 R3,70 Pryswisseling Belangstellende kopers of verkopers kan vir Ansa van Vuuren by Senwes se verhandelingskamer by (018) 464-7105 skakel. Besonderhede van aanbiedinge is ook daagliks beskikbaar op Senwes se webtuiste by www.senwes.co.za. Senwes Park an investment for the Company The name of Sedgars Park in Potchefstroom has officially been changed to Senwes Park on 29 May, after Senwes obtained the naming rights to the stadium from the North West Cricket Association (NWCA). This is an ideal opportunity for an agricultural company to get involved as a sponsor on a national level, because Senwes is a key role player in rural areas, said Johan Grobler (Assistant General Manager: Cor po - rate Services). Senwes Park, as it will be named for the following three cricket seasons, will host at least three international matches during the 2008/2009 season. This has recently been announced by Cricket South Africa, prof Fanie Gericke (President of NWCA) said. This agreement has its origin in the good relationship established between Senwes and the North West Cricket Association through the Senwes Spinners development project. The Senwes Spinners project is a cricket development programme amongst the youth in the Senwes area of operation. The programme is aimed at farm schools and includes coaching, all equipment and outfits for the players. From left: Hennie Dreyer, Japie Fransman (Marketing Assistant: Corporate Marketing), Johan Grobler, Jacques Faul (Chief Executive Officer: NWCA) and Ismail Minty (General Manager: Rural Development, North West, NWCA) at the inauguration of Senwes Park. Prof Gericke said that the North West Cricket Board s policy is to see their sponsors as their partners. We want them to receive dividends on their investment in the form of publicity as well as the knowledge that they have contributed to our success and the development of cricket in our province. Hennie Dreyer (currently the Chairman of the Senwes Pensioners Club and Managing Director of the Protea Hotel in Klerksdorp) was the first President of the Western Cricket Union, known as NWCA today, in 1983. Hennie also attended the function, where he said that Senwes and the NWCA s commitment comes a long way. BREEK NUWE GROND SENWES [Julie 2008] Senwes Scenario 7

Van R1 miljoen en wenperde... ít maak my nou blêddie warm onder die kraag Hy Dlaat sak die koerant so effens en loer bo-oor sy bril voor hy keurig verduidelik dat dit geen wonder is hy het nie Senwes se R1 miljoen produksiekrediet-kompetisie gewen nie, want niemand het gesê hy moet daarvoor inskryf nie! Kopie: Johan Smit Skets: Weyni Deysel Shareholders may now also vote electronically Senwes and Senwesbel shareholders will as from these annual general meetings, by choice, be afforded the opportunity to vote by means of electronic proxy. The annual general meetings of the above companies will take place on Thursday, 21 August 2008, and to facilitate the process for shareholders that may not be able to attend the meetings, proxy forms (which also serve as a ballot at the meeting) can now be completed and submitted via the Internet. During July, after the posting of the notices for the meeting, each shareholder will receive a unique pin code which has to be used to register on the website and to complete the proxy. Details of the meetings, notices and the process and the instructions to complete the proxy, will shortly be made available on the following website: www.senwes.co.za/agm. Shareholders will still have the option to mail or fax the proxies. Proxies have to be submitted by no later than Tuesday, 19 August at 9:00 at the companies. Queries may be directed to Elmarie Joynt (Company Secretary) at (018) 464-7104. As jy met Senwes-krediet geplant het, was jy outomaties ingeskryf, bring ek vir Grobbies tot bedaring. Maar die enigste moer wat tot dusver gesak het, is dié in sy koffiekoppie. Omdat ek weet my ou vrind is oor n kompetisie soos straatkinders oor gom snuif, luister ek hom maar geduldig uit By die Lotto moet jy n kaartjie koop; vir die oliekompetisie móét jy olie koop (die een het hy al, sonder sukses, probeer omseil) self by die kerkbasaar se boontjieraai-kompetisie, moet n man n lootjie koop. En nou het jy vir my te vertelle ek was outomaties ingeskryf? woed Grobbies voort. Die saak staan so, verduidelik ek toe maar stap vir stap: Met die Lotto is jou kans een uit miljoene om iets te wen, maar met Senwes se kompetisie is die poeiers aan jou kant, want jy staan n een-uit- npaar-duisend-kans om n finalis te wees. Sy uhh, uhh, bevestig my vermoede dat hy lankal weer in die koerant verdiep is. Ja, wragtig, se Grobbies, dit sê hier as jy somerproduksiekrediet by Senwes opneem wat voldoen aan die termes en voorwaardes, is jy outo - maties ingeskryf. Wat sê jy van Senwes se jongste finansiële resultate? Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat ons maatskappy netjies gegroei het, stuur ek die gesprek in n ernstiger rigting. Die omset het met 38% gegroei na R7,6 miljard en die bedryfswins voor belasting het met 41% gegroei. Die netto wins toedeelbaar aan aandeelhouers het te staan gekom op R173 miljoen. Dit is n stewige prestasie gemeet aan die toestande in landbou en boonop die algemene besigheids - toestande, vertel ek verder. Ja, WM. Ek het mos destyds voorspel die boere moet Senwes aandele koop terwyl die bloed in Senwes se strate gevloei het. Die aandeelprys het oor die afgelope jaar met 31% gegroei en met dividende van 54 sent vir die jaar op die koop toe. Dit bring my opbrengs op belegging op 45% op openingswaarde te staan, spog Grobbies en wei uit oor die waardeontsluitingstrategie van Senwes wat van die begin af vir hom na n wenperd gelyk het. En sonder verdere aankondiging, spring Grobbies op; Nou toe, die koeie kom al huis toe. Ek moet nog vinnig die dame van die aandeleverhandeling by Senwes bel oor n verdere transaksietjie wat ek wil doen en met die terugkomslag wil ek sommer by Missies Tot se winkel aanry vir n Lotto-kaartjie. Net vir die wis en die onwis...mens weet nooit! sê Grobbies skalks terwyl hy haastig aanstap na sy bakkie toe. REDAKSIE: Johan Grobler Johan Smit Elmarie Cronje (018) 464-7199 083 409 5229 johan.grobler@senwes.co.za (018) 468-2716 082 553 7806 johan@infoworks.biz (018) 468-2716 084 841 8204 elmarie@infoworks.biz Senwes Scenario is 'n bedryfsinligtingsblad wat vyf keer per jaar in opdrag van Senwes Korporatiewe Bemarking deur Infoworks saamgestel en uitgegee word. SUBSKRIPSIE: Marie Erasmus (018) 464-7568 marie.erasmus@senwes.co.za BLADUITLEG EN DRUK: Infoworks (018) 468-2716 www.infoworks.biz Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg. Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitla tings deur skrywers of medewerkers nie. 8 Senwes Scenario [Julie 2008] BREEK NUWE GROND SENWES