Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Mandala Madness Deel 2

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Direkte en indirekte rede *

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Die Hoërskool DF Malan

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

Sterdansers by Vensters.

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Tariewe

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Finansies / Finances

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

Die jaar se kaskar was

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Laerskool KENRIDGE Primary School

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

VANUIT DIE FINANSIëLE KANTOOR

Vinkie. Laerskool Fairland

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Tariewe

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:


ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

CONGRATULATIONS to the following Malherbiete and their parents:

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

die ArtKat Jaar program

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

SIZA takes the sting out of auditing

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

make your dream a reality

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Hoe om krag te spaar

Transcription:

Volume 1, Uitgawe 11/01 31 Maart 2011 De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801, Faks: 021 948 4140, general@bellvillehigh.co.za Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: SPORTDAE: 15/16 APRIL OUERAAND: 19 APRIL Boo dskap WINTERSDRAG: 3 MEI LAERSKOLE KOORFEES: 10 MEI MNR. & MEJ. BELLVILLE: 12 MEI Om dit te kan regkry, moet ons op die klein dinge fokus: Wees betyds by die skool en jou klas. Wees onverbiddelik oor voorkoms (Hare, kleredrag en netheid). Doen altyd jou huiswerk. Akademiese klastyd is ononderhandelbaar. Akademiese tyd is kosbaar vir elke kind. Fokus op n netjiese klaskamer - omgewing. Netheid van die terrein. Dra van skooldrag by alle aktiwiteite. Gedrag teenoor personeel en eie portuurgroep. Hierdie doelwitte sal nooit bereik kan word as dit in isolasie gebeur nie. Die waarheid is dat geen alleenloper nog iets van waarde bereik het nie. Die waarheid is egter dat spanwerk die kern van groot prestasies is. TONEELSPELKOMPE- TISIE (FINAAL): 21 MEI OPE-AAND: 23 MEI GR.8 (2012) INSKRY- WINGS: 24 26 MEI EKSAMEN BEGIN: 2 JUNIE BINNE HIERDIE UITGAWE Boodskap van die hoof 1 Akademie 2 Kultuur 2 Impulse & Orkes 3 Sport 4 Skooldrag & Voorkoms & Detensie Kwartaalprogram 6 5 Geagte ouer en leerder Dit voel soos gister dat ek by die Hoërskool Bellville aangeland het. Ek kan maar net terugkyk en dankbaar wees. Dankie dat ek en my familie deur personeel, leerders en ouers op die hande gedra is. Dit wat my altyd sal bybly, is die omgee-manier van dinge doen by die Hoërskool Bellville. Dit is geen maklike taak om as n vreemdeling (en n Gautenger daarby) sommer by n werksplek in te skakel nie. Geen boek of raad kan jou regtig voorberei waarvoor jy jou inlaat nie. Ek kan egter met eerlikheid sê dat ek met alle mag tot my beskikking probeer het om so gou as moontlik deel te wees van die Hoërskool Bellville. Dalk nog nie in alle gevalle suksesvol nie, maar soos die gesegde lui: God gebruik mense wat faal want dit is al mense wat daar is! Daar is baie dinge wat my die eerste kwartaal sal bybly. 1. Die eerste saalopening waar ek met ope arms ontvang is. Die tradisie van die indra van die vlae en skoolbybel het n blywende indruk op my gemaak. 2. My heerlike en insiggewende gesprekke met die leerderleiers Jade, Michaela en Nadia. Dankie dat julle my dadelik deel gemaak het van die skool. 3. Die wonderlike Gedagte vir die dag op Woensdae en Vrydae in die personeelkamer. Dit is n unieke juweel wat ten alle koste gekoester moet word. Dit gee my elke keer net weer n nuwe perspektief en krag vir die dag. 4. Die MTBS was n onvergeetlike ervaring. Alhoewel ek teleurgesteld was in ons atletiek, het ek werklik potensiaal by ons leerders raakgesien. Ek dink net dat ons meer moet glo in ons vermoë om te slaag. Ons sal opnuut moet glo ons kan en moenie sommer die status quo aanvaar nie. Dink na oor wat dit kan wees! 5. Die besef dat daar geweldige potensiaal in die skool is wat ontgin moet word as dit nie alreeds gedoen is nie. Op akademiese, kulturele en sportgebied is ek baie opgewonde. 5.1 Ons het baie hardwerkende en uiters professionele personeel, die basis van enige goeie skool. Die Hoërskool Bellville is bevoorreg in hierdie verband.die skool besit fantastiese rekenaarsentrums en n klaar geïnstalleerde netwerk. Opleiding van personeel en die effektiewe gebruik van die netwerk is een van my visies vir die skool. Die inskakeling van interaktiewe leer by die skool is egter by my nog n hoër prioriteit. 5.2 Op kultuurgebied het ek verseker tot die besef gekom dat ons hoogsopgeleide personeel het in elke genré van die kultuur. Dit wat ek in die dramadepartement, orkes- en kooroefeninge, asook die internasionale uitreikaksie beleef het, maak my baie opgewonde. Ek is seker ek het nog net die spits van die ysberg by die Hoërskool Bellville se kultuuraktiwiteite beleef. 5.3 Ek het n punt daarvan gemaak om soveel as moontlik sportaktiwiteite by te woon. Verseker was die oorwinning van die O/19A-krieketspan n hoogtepunt, maar ek was bevoorreg om pragtige wedstryde van die O/14- en O/15-, sowel as die O/17-spanne te beleef. Die potensiaal in krieket kan nog verder ontgin word. Ek glo dat n High Performance centre in die onderbenutte binneshuise sportsaal eerder vroeër as later tot stand moet kom! Ek hoop daar is n paar ouers wat nog meer opgewonde as ek is oor hierdie vooruitsig! Buiten die krieket is daar ook hard gewerk met al die netbal-, hokkie- en tennisspelers. Ek is oortuig daarvan dat ons in die komende jare n krag kan wees waarmee rekening gehou sal moet word. Die rugbymanne is al reeds hard aan die oefen en ek hoop dat hulle hierdie vakansie n heerlike en vrugtevolle toer sal hê. Dissipline is om te doen wat jy regtig nie wil doen nie, sodat jy kan doen wat jy regtig wil doen. Dis om die prys te betaal met die klein dingetjies sodat jy die groter ding kan koop. Die groter ding is natuurlik die visie om Hoërskool Bellville te verenig en te inspireer om saam n groot doelwit te bereik. n Trots by elke leerder te kweek dat alles wat hy/sy doen die moeite werd sal wees, binne die omgee-gedagte van jou alma mater. Ek sluit af met die woorde van Winston Churchill en wens almal n heerlike rustyd toe! I take up my task in buoyancy and hope. I feel sure that our cause will not be suffered to fail among men. I feel entitled at this juncture, at this time, to claim the aid of all and to say: Come

BLADSY 2 HOËRSKOOL BELLVILLE OOV 2011 OOV Bestuur vir 2011 Marius Nel (VOORSITTER) Iaan Theron (O/VOORSITTER) Elmarie Augustyn (SEKRETARESSE) Christo McDonald Anita Schwella Suzette Roux Mauritz du Plessis Marita Botes Danita Visser Annaleen Nel Nancy Joubert Lenata Kemp Francois Boonzaier Danie van Wyk Pieter Swart Francois Johnson (B/LIGGAAM) Deon du Plessis (SKOOLHOOF) George Theron (ONDERWYSER) Patrick Taljaard (Terreinbestuurder) AKADEMIE Ons is baie trots op ons matriekklas van 2010 se akademiese prestasies. In die vorige skrywe is al die presteerders van verlede jaar se matrieks reeds genoem. Intussen het baie van die matrieks van hulle vraestelle laat hernasien en ons het die goeie nuus ontvang dat Marlia Carstens en Anneri du Plessis nou ook kan spog met 7 A- simbole. Ruan Olivier het KOOR Die koor staan van hierdie jaar af onder die bekwame leiding van mev Hannelize du Plessis. Verskeie oudisies is aan die begin van die jaar gehou. Die koor se ledetal is tans 70. n Ouer-bestuurskomitee is op 1 Maart gekies en mev na die hernasien ook n gemiddelde A-simbool. Indien daar ander matrieks is wat beter simbole ontvang het, sal ons graag van hulle wil hoor. Elke leerder in die skool se akademiese prestasie is vir ons belangrik en ons vra alle ouers om hulle kinders aan te moedig om na die beste van hulle vermoë te presteer. Dit is belangrik dat u die oueraand op 19 April sal bywoon om u kind se akademie met sy / haar onderwysers te bespreek. Die tweede kwartaal is baie kort en die leerders moet vanaf die eerste dag baie hard werk. U kan ook gereeld die assesseringsprogram raadpleeg om te sien watter take in elke vak gedoen moet word. Réne Smit is as voorsitster aangewys. Op 11 Maart is n oefendag gehou en heelwat vordering is die dag gemaak. Daar is ook n leerder-bestuurspan gekies met Isabeau Durie as leier. Tydens die oefendag is ook n spesiale seremonie gehou waar die leerders amptelik as lid van die koor ingeteken het. Optredes volgende kwartaal is die Rotariërs-konsert en n paar Eiseddfods. Die finale datums sal deurgegee word. ATKV-REDENAARSKOMPETISIE, TAALOLIMPIADE, TAALBOND D i e A T K V - Redenaarskompetisie vind jaarliks plaas en daar is altyd leerders wat daaraan deelneem. Die eerste ronde is op 6 Mei 2011 by Hoërskool Monumentpark. Me Stella Loubser is op verskeie dae na skool beskikbaar om leerders te help met hul toesprake. Behalwe vir hierdie spesifieke dae is leerders te alle tye DRAMA Benewens uitstappies na opvoerings het leerders die geleentheid gekry om in die kinderteater-opvoering Liewe Heksie en die Orkes op te tree. Die grimeerspan het ook weer eens n groot bydrae gelewer om die gehoor (oud en jonk) te betower. Uitdunrondtes vir die Stad Kaapstad Toneelspelkompe- welkom om te kom vra indien hul hulp of ondersteuning nodig het. Leerders neem ook weer hierdie jaar deel aan die Engelse VN Debatkompetisie vir hoërskool leerders. Die ATKV-Senior Taalolimpiade vind vanjaar op 17 Mei plaas. Die eksamen word in die middag na skool afgelê. Daar is heelwat leerders wat jaarliks tisie wat deur die Hoërskool Bellville gereël word, is landswyd tydens Maart gehou en repetisies vir die opvoering by die KKNK wat n uitvloeisel is van die 2010-kompetisie, word tans by die skool gehou. Die sestig finaliste wat in 2011 na die eindrondtes van die kompetisie deurdring, word in April aangekondig. Belangstellendes word uitgenooi om aan die taalolimpiade deelneem en goeie punte behaal. Die Taalbondeksamen vind vanjaar op 15 April plaas. Hierdie eksamen is n tweetaligheids-eksamen en word gedurende skooltyd afgelê. Die inskrywings raak elke jaar meer. Leerders kry hier die geleentheid om hul taalkennis met dié van leerders regoor die land te vergelyk. die finale rondte in die Kunstekaap teater by te woon op 21 Mei 2011.

VOLUME 1, UITGAWE 11/01 BLADSY 3 IMPULSE (VCSV) Die kwartaal was sommer baie besig. Ons het begin by ons nuwe graad 8 s. Ons het Impulse aan hulle bekendgestel en n graad 8-dag vir hulle aangebied. Die middag was gevul met waterkaskenades, speletjies, paintball en lofprysing en aanbidding aangebied deur Timothy Leadership Project Jeugspan. Gedurende MTBS-oefeninge het Impulse elke oggend in die saal die opening behartig en lekker lofprysing en aanbiddingsliedjies bedien. Impulse voel dat dit baie belangrik is dat ons met al die gemeentes in ons omgewing moet saamwek, daarom het ons een keer n kwartaal n vergadering met die gemeenteleiers wat graag by die Hoërskool Bellville geestelik betrokke wil raak. By hierdie kwartaal se vergadering het ons 25 gemeenteleiers gehad en ons is baie opgewonde daaroor. Ons graad 8-kamp was vanaf 25 27 Februarie by die plaas- Tarantaalkraal naby Villiersdorp. Dit was n ongelooflike naweek vol pret saam met 40 van hierdie jaar se graad 8 s. Ons is ook baie opgewonde oor ons nuwe vorm van kringaanbieding wat ons elke week gedurende die Bybelperiode met die graad 8 tot 10 s doen. Ons bied elke week eers opleiding vir die kringleiers aan. By elke kleingroepie skakel ons n gemeenteleier en n kringleier in. Ons het oor die 75 leiers wat elkeen n groepie van 10 leerders het. Dit beteken dat ons oor die 750 leerders in kringe by BHS het. In hierdie groepe gee ons die leerders die geleentheid om die Bybel saam te ontdek. Hulle werk volgens die SOAP formaat. S Scripture Leerders kry Bybelverse en n tema wat hulle saam lees O Observation Leerders deel wat hulle van die tekste verstaan en wat dit vir hulle beteken A Application Leerders deel hoe hulle hierdie teks in hulle lewens kan toepas P - Prayer Leerders bid vir mekaar Ons eerste tema was Wie is Jesus en ons sien uit na hierdie week se tema, Sonde. Ons volgende groot geleentheid was ons talentaand. BHS Got Talent het baie goed afgeloop en ons sê baie dankie aan ons borge, The Stage Arts and Performing Theatre. Dankie ook aan ons deelneemers en almal wat ons kom ondersteun het. Ons gebedsmammas kom nog elke Dinsdag in Taryn se kantoor om 8:30 bymekaar waar hulle vir die leerders, onderwysers en ouers van die skool bid. Alle ouers is welkom hier! Taryn het saam met twee van ons leerders op die algemene hoërskolekamp gegaan. Wat n ongelooflike ervaring vir ons leerders om Jesus saam met ander leerders te loof en te prys. Hierdie kwartaal was ons ook bevoorreg om die Outeniqua Staptog te doen. Ons het 17 van ons leerders geneem om lekker saam in die Knysna bosse te gaan stap. Ons het ook die geleentheid gehad om op n boot na die Knysna Heads te vaar. Elke dag voorsien ons broodjies aan die van ons nie kos het nie. Ons gebedsmammas skenk die brood en die smeergoed aan die skool. Ons stuur ook een keer per maand hierdie leerders huis toe met n kospakkie wat ons van die Lief-en -Leed-fonds af kry. Ons benodig mense om ons te help om kos in te samel vir hierdie maandelikse pakkies. 28 Maart het Impulse na Huis Redelinghuys gegaan en sommer baie paaseiers. Impulse wou vir hierdie pasiënte en personeel wys hoeveel ons as skool vir hulle omgee. Ons hoop om nog baie soortgelyke projekte in die toekoms te doen. Ons nuwe bestuur en hulle portefeuljes is as volg: Jacques Pienaar en Anje Kruger Hoofleiers Mynhardt Kruger Sosiale Geleenthede Michael Badenhorst Lofprysing en aanbidding Albert de Vries Gebedsgeleenthede Athina Jansen Drama Tamlin Vries Danse Ilana Swanepoel D-Groepe/ Kringe ORKES era en Sway met Mynhardt Kruger as solis. Laasgenoemde was n groot treffer. Van ons goue -oues soos Funiculi Finicula en ABBA het weer eens vir groot vermaak gesorg. Die orkes is weer eens genooi om aan die einde van die kwartaal saam met die Stellenbosch Universiteitsblaasorkes op te tree in die Endlersaal hierdie is n baie besondere geleent- Die orkes het n baie besige jaar wat voorlê en daar is met groot opgewondenheid begin om dit n reuse sukses te maak. Ons is baie bly oor al die nuwe spelers wat by die orkes aangesluit het. Die eerste uitvoering van die jaar was by die Hugo Lambrechts Opedag waar onder andere twee nuwe items gespeel is, naamlik The Phantom of the Opheid en ons sien baie uit daarna. Die orkes gaan nou op hul jaarlikse oefenkamp waar die groot werke vir die WindWorx Fanfare en Tygerberg Eisteddfod ingeoefen sal word. Enige iemand wat belangstel om deel van die orkes te wees moet met mev Den Haan skakel.

BLADSY 4 HOËRSKOOL BELLVILLE KRIEKET Ons krieket het op n hoë noot geëindig deurdat die O/14A s en O/19A s deurgedring het tot die finale in hulle onderskeie kompetisies. Ongelukkig kon die O/14- span dit nie deurtrek teen Tygerberg nie, maar die O/19-span reken oortuigend af met Fairbairn. Die O/17A-span wen al hulle wedstryde in die Noordelike RUGBY Ons rugby is reeds goed op dreef. Die O/19-span was betrokke by Boland Landbou se rugbydag terwyl al die A- spanne deelgeneem het aan Brackenfell se Sportdag. Die O/14- span was ook deel van n rugbytoernooi/kliniek by DF Malan. Gedurende die Aprilvakansie onderneem die volgende Voorstede behalwe teen Brackenfell waar hulle verloor in n finaal. n Spesiale woord van dank aan al die afrigters, skeidsregters en tellinghouers. Ook aan mev. Pansegrouw (wedstrydreëlings) en mnr. Taljaard (voorbereiding van spanne toere: O/14 - Riversdal O/15 - George O/19 - Riversdal Ons wens hierdie spanne sukses en voorspoed toe!!! Op 13 April bied ons n rugbykliniek aan vir afrigters en die O/19A-span. Ons is bevoorreg om Balie Swart, velde). Ons is werklik trots op ons geriewe. Dan wil ons ook die ouers bedank! Nie net vir die ondersteuning nie, maar spesiaal ook vir diegene wat gesorg het dat die seuns Saterdae iets te ete en te drinke kry. Dit word opreg waardeer! tans voorspelerkonsultant van die SA-span, se kennis en ervaring te deel. Om 18:30 word ALLE rugbyouers genooi om n motiveringspraatjie by te woon in die skoolsaal. Hierdie praatjie word gehou deur Balie Swart met die klem op die rol van die ouer in sy kind se sport. ATLETIEK Baie geluk aan Zani Kruger en Ruan Maree wat gekies is vir die WP Atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het. Zani verwerf n bronsmedalje in die 800m en behaal n vierde plek in die 1500m. Ruan verwerf n bronsmedalje in die skyfwerp en behaal n vierde plek in die gewigstoot. Ons is trots op julle! NETBAL Netbal is ook reeds goed aan die gang. Die O/19A-span neem deel in die Matiestoernooi en verower die titel. HOKKIE Hokkie het reeds n baie suksesvolle somerseisoen agter die rug en n opwindende winterseisoen lê voor. TENNIS Baie geluk aan Lize- Marie Cilliers wat verkies is tot die WPspan wat aan die Suid- Gedurende die Aprilvakansie neem die O/18 dogters deel aan n nasionale hokkiekursus/ toernooi waar Afrikaanse Kampioenskappe deelneem gedurende die vakansie. die land se top 30 spanne betrokke is. Ons het n baie suksesvolle tennisseisoen agter die rug. Drie seuns- en drie dogterspanne het in verskeie ligas gespeel. Hier het ons gemengde welslae behaal. In die O/15-liga neem een seuns- en een dogterspan deel. Beide hierdie spanne het besonder goed gevaar. Ons het gebruik gemaak van n professionele afrigter en by die oefeninge het dit baie goed gegaan. n Spesiale dankie vir die matrieks wat gespeel het. Dit was hulle laaste tennisseisoen vir die Hoërskool Bellville. Hulle is: Dylan Bantjes (Seuns 1 ste span) Elsie Kruger Dogters 1 ste span) Lize-Mari Kotze (Dogters 2 de span) Ons wens julle sterkte toe vir die res van die jaar!

VOLUME 1, UITGAWE 11/01 BLADSY 5 SKOOLDRAG EN VOORKOMS n Vriendelike dog baie ernstige versoek, is dat u as ouer/voog sal toesien dat u kind, op die eerste dag van die nuwe kwartaal, se skooldrag en voorkoms volgens die gedragskode van die skool sal wees. Ons gaan baie streng optree teenoor leerders wat dit nie nakom nie., Leerders sal nie toegelaat word tot klasse indien die skooldrag en voorkoms nie volgens die gedragskode is nie. U moet asseblief daarop let dat ons oorskakel na wintersdrag op 3 Mei 2011. Aanhalings uit die gedragskode waarna u veral moet oplet: Skooldrag (Winter) Seuns: Vlootblou skoolbaadjie (verpligtend) met skoolwapen. Mag nie oor arm of skouer gedra word nie. Wit hemp waarvan die boonste knoop vas is met skooldas, grys broek (kort of lank) en swart lyfband met klein gespe. Hemp moet te alle tye ingesteek wees. Vlootblou trui met v-nek, met ingebreide skoolkleure. Die moue moet te alle afgetrek wees. Truie moet saam met n baadjie gedra word. Oortrektrui met ingebreide skoolkleure kan ook gedra word saam met die skoolbaadjie. Donkerblou geweefde serp met ingebreide skoolkleure kan gedra word. Das is te alle tye verpligtend. Geen handskoene. Ouers/voogde moet asseblief toesien dat langbroeke wat te lank is en op die grond sleep reggemaak word. Swart poleerbare toerygskoene (nie sweedseleerskoene, sportskoene, skerppuntskoene,velskoene, hoëhakskoene of ste-wels nie) met grysskoolkouse. Meisies: Vlootblou skoolbaadjie (verpligtend) met skoolwapen. Mag nie oor arm of skouer gedra word nie. Donkerblou tetrexrok sonder gordel, wit langmouhemp waarvan die boonste knoop vasgemaak is met skooldas, met lang swart kouse. Donkerblou langbroek kan ook gedra word. Vlootblou trui met v-nek, met ingebreide skoolkleure. Die moue moet te alle tye afgetrek wees. Truie moet saam met n baadjie gedra word. n Oortrektrui met ingebreide skoolkleure kan ook gedra word saam met skoolbaadjie. n Donkerblou geweefde serp met ingebreide skoolkleure kan gedra word. n Das is te alle tye verpligtend. Die maak van gate in moue waardeur duim gedruk word, is ontoelaatbaar. Swartleer plathak, opryg- of skoene met een bandjie is verpligtend. Algemene voorkoms Seuns: Hare: Netjies geknip- kuif mag nie raak aan die wenkbroue nie, hare nie oor ore of op kraag nie; skoon; kleur natuurlik; geen jel om reëls te omseil nie, hare volgens die vorm van kop. Baard: skoon geskeer met geen bakkebaarde nie. Juweliersware: geen Meisies Hare:Kkuif nie in oë nie, hare vasgebind as aan kraag raak met swart of navy linte of rekkies; hare skoon; kleur natuurlik; geen los slierte nie; geen jel om reëls te omseil nie, geen ligstrepies of ander kleure in die hare nie. Naels: kleurlose naellak; naels nie langer as vingerpunte nie. Juweliersware: slegs oorbelletjie van goud of silwer (nie groter as 2 mm nie en geen steentjies in nie) of klein oorringe (slegs een in elke oorbel en in die onderste gaatjie.) DETENSIE 1.1 Indien die leerder nie, as gevolg van omstandighede buite sy/haar beheer, die detensie kan bywoon nie, moet hy/sy n skriftelike versoek van sy/haar ouers en waar van toepassing ondersteun deur die betrokke mediese sertifikaat, by die graadvoog inhandig. Die versoek moet die oggend voor die detensieklas ingehandig word. In die geval van n Saterdagdetensie moet die versoek die Donderdagoggend tydens die registerpriode ingehandig word by die dissiplinehoof. Detensie sal wel op n latere stadium bygewoon moet word. 1.2 Indien n leerder detensiekennisgewings ontvang en dit nie geteken terug by die skool besorg nie, nie opdaag vir detensie nie, laat opdaag vir detensie of hom/haar skuldig maak aan verdere wangedrag tydens detensie, sal verdere strafpunte toegeken word. Vyftig (50) punte in die geval van n weekdetensie en een honderd (100) punte in die geval van n Saterdagdetensie.

KWARTAALPROGRAM April 2011 Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag 1 2 Skool sluit Hokkie: DFM Toernooi Hokkie: DFM Toernooi dogters 1e span dogters 1e span Rugby: 0.14 en 0.19 Rugby: 0.14 en 0.19 Riversdal Rugby: 0.15 George Riversdal Rugby: 0.15 George Netbal: Nasionale Netbal: Nasionale Toernooi 0.18 Toernooi 0.18 3 4 5 6 7 8 9 Toernooi Hokkie : DFM KKNK-Toer KKNK-Toer KKNK-Toer KKNK-Toer KKNK-Toer L. de Weë verjaar dogters 1e span Hokkie: Toernooi Rugby: 0.14 Rugby: 0.14 DFM en 0.19 en 0.19 Riversdal Rugby: 0.14 en 0.19 dogters 1e span Riversdal Rugby: 0.15 George Riversdal Rugby: 0.14 en 0.19 Rugby: 0.15 George 8 Rugby: 0.15 George Riversdal Netbal: Nasionale Netbal: Nasionale Rugby: 0.15 George Toernooi 0.18 Toernooi 0.18 Netbal: Nasionale Toernooi 0.18 11 12 13 14 15 16 Skool heropen 07:45 Netbal: WP-Proewe (1e rondte) T. Pieterse verjaar SPORTDAG: Laerskole SPORTDAG: H/Skole Omsendbrief vir oueraand 0.14; 0.15; 0.17 UCT-Wiskunde Olimpiad Netbal: Karre was Detensie: A Emery gereed ±16:30-22:30 Netbal: Stellenberg Toernooi 17 18 19 20 21 22 23 Vakvergaderings Oueraand: Gr. 8-12 Hoërskole Leierbraai : Goeie Vrydag GGBS POS Vergadering MTBS-skole Netbal: WP Semi-Finale proewe 0.14; 0.15; 0.17 24 25 26 27 28 29 30 Gesinsdag Skoolvakansiedag Vryheidsdag Vakansiedag Vakansiedag C. Kotze verjaar Netbal: Super 14 Netbal: Super 14 P. Boesak verjaar Oranjerivier Oranjerivier Oranjerivier Bloemfontein Bloemfontein Netbal: Super 14 Bloemfontein Mei 2011 Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag 1 2 3 4 5 6 7 WERKERSDAG 7's (t) Publieke vakansiedag Prospektus gereed vir Gr. ATKV Redenaars- Krieket: Prysuitdeling Netbal: WP-Oefening Rugby v Brackenfell Oranjerivier Oranjerivier Oriënteringsaand nuwe kompetisie Netbal v Monumentpark Sake vir personeelverg. Detensie: H vd W (t) ouers/leerders Rugby: WP-Proewe Koor: Rotariërskonsert by Netbal: WP Uitdaag- Netbal: WP-Proew e H/S Parow toernooi 8 9 10 11 12 13 14 OptredePersoneelvergadering - Orkes Koor: Koor: Laerskool Koorfees Mnr. en Mej. Bellville Mnr. en Mej. Bellville Windworx Funfare Rugby v Strand (w) by Kerk GGBS Kleedrepetis ie Finaal Jip-Dink-of-Sink Debats- Windworx Funfare Orke Finansiëlevergadering Rugby: WP-Proewe kompetisie te DF Malan Netbal v Gimnasium (t) Netbal: WP-Proewe Finaal 0.14; 0.15; 0.16; 0.17 15 16 17 18 19 20 21 Vakvergaderings Tygerberg Eisteddfod VCSV-week Voederskole besoek Voederskole besoek Rugby v De Kuilen (t) Orkes Ope-aand LaerskoleVCSV-week H. Yanta verjaar VCSV-week VCSV-week Toneelspelkompetisie: VCSV-week Wiskunde Olimpiade: Civvie-dag Toneelspelkompetisie: Toneelspelkompetisie: Finaal Rondte Finaal Koor: Tygerberg EisteddfoSenior Taalolimpiade Koor: Tygerberg Koor: Tygerberg Eisteddfod Finaal Netbal v De Kuilen (t) Koor: Tygerberg Eisteddfod Eisteddfod Koor: Tygerberg Detensie: P Anker Eisteddfod 22 23 24 25 26 27 28 20:00Gr. 20:00 (t) Gr. 7's Ope-aand 19:00 Gr. 8-Inskryw ings 14:30-8-Inskrywings Gr. 8-Inskrywings 14:30 - Netbal: WP-Oefening Rugby v Tygerberg Rugby: WP-Oefening Koor: Tygerberg Eisteddfod 14:30-20:00 S. Loubser verjaar Koor: Tygerberg Netbal v Tygeberg (t) Koor: Tygerberg Eisteddfod E. Augustyn verjaar Beheerliggaamvergadering Eisteddfodd Rekeningkunde: (Finansiële Komitee 18:00) Olimpiade Rondte 1 Koor: Tygerberg Eisteddfod 14:00-16:00 Koor: Tygerberg Eisteddfod Stellenbosch Eisteddfod 29 30 31 Junie 2011 So Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag 1 2 3 4 Gr. 9 EBW Eksamen Begin E. J van Rensburg verjaarrugby v Durbanville (w) Gr. 9 EBW Netbal: WP-Oefening Netbal v Durbanville (t) Hemelvaart Netbal: Wes-Kaap Uitdaging 5 6 7 8 9 10 11 begin (w) Pinkster H. Coetzee verjaar Aanlegtoetse Gr. 11 Pinkster Pinkster Pinkster Rugby v Drostdy G. Sullivan verjaar Pinkster Netbal: WP-Oefening Netbal v Stellenberg (w Pinkster 12 13 14 15 16 17 18 Pinkster eindigfinansiëlevergadering JEUGDAG Skool vakansiedag Netbal: Wes-Kaap Tafelberg Staptog Netbal: Wes-Kaap Oefenkamp Netbal: Wes-Kaap Oefenkamp Oefenkam p 19 20 21 22 23 24 25 Aanlegtoetse Gr. 9 Aanlegtoetse Gr. 11 Skool sluit Toer na Israel Netbal: WP-Oefening 26 27 28 29 30 Toernooi verjaarnetbal: Toernooi Toernooi Netbal: All Netbal: All Ages Lettie Coetzee All Ages Netbal: All Ages Ages Toernooi Netbal: All Ages Toernooi