IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPêLAFDELING)

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

LOMBARD, HATTINGH et BECKLEY RR. Die respondent is op 12 Februarie 2003 op n klagte van moord deur

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Tariewe

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

Tariewe

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

SIZA takes the sting out of auditing

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

BANK WINDHOEK BPK APPELANT S RAJIE EERSTE RESPONDENT M SADICK ADAMS TWEEDE RESPONDENT

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten. aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Die verkryging van getuienis deur middel van gedwonge chirurgie

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

ARTIKEL 2(3) VAN DIE WET OP TESTAMENTE: PRAKTIESE PROBLEEM BY LITIGASIE *

Mandala Madness Deel 2

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

HOëRSKOOL PORTERVILLE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Transcription:

Saak no. 58/86 E du P IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPêLAFDELING) In die saak tussen: ZAMILE WILLIAMS Appellant en DIE STAAT Respondent Coram: RABIE HR, CORBETT, HOEXTER, BOTHA et VAN HEERDEN ARR. Verhoordatum: Leweringsdatum: 19 September 1986 30 September 1986 U I T S P R A A K RABIE HR: Die/

2 Die appellant is in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop deur Vivier R en twee assessore aan moord op mev. Tharita Barnhoorn skuldig bevind. Geen versagtende omstandighede is bevind nie en die appellant is ter dood veroordeel. Hy appelleer nou, met die verlof van die verhoorregter, teen sy skuldigbevinding. Die feite van die saak,vir sover relevant by die appèl, word hieronder weergegee. Die appellant het gedurende die hag van 28 Januarie 1984 in die huis van mev. Barnhoorn (hierna "die oorledene" genoem) op 'n plaas naby Victoriabaai, in die distrik George, ingegaan. Hy het 'n rewolwer by hom gehad en wou steel. Hy het by die slaapkamer van die oorledene ingegaan/

3 ingegaan op die oomblik toe sy, soos dit wil voorkom, besig was om 'n trui aan te trek. Hy het dadelik op haar geskiet. In 'n verklaring wat hy ná sy arrestasie voor 'n landdros afgelê het, het hy o.m. gesê: "Toe ek by die deur van die kamer kom, was daar 'n ander Blanke vrou met 'n vuurwapen en sy was besig om 'n trui aan te trek. Ek het geweet sy gaan my skiet, toe skiet ek eerste toe sy nog besig was om die trui aan te trek". Diê koeël het die oorledene in die nek getref en die karotis-arterie (nekslagaar) en die vena jugularis (nekaar) afgeskiet. Die oorledene het baie bloed verloor ên was spoedig bewusteloos. Haar moeder, wat by haar in die huis was, het hulp ontbied en die oorledene is kort daarna na die hospitaal op George vervoer. 'n/

4 'n Chirurg van George, ene Dr Smalberger, het die oorledene in die vroeë ure van die volgende oggend ondersoek. Sy was toe bewusteloos en kon haar regterarm en -been nie beweeg nie. Haar nek was geswel, en Dr Smalberger, wat 'n asemhalingsobstruksie gevrees het, het 'n intratragealé. buis ingesit. Hy het verder, ná oorlegpleging met sy vennoot, Dr Maritz, ook 'n chirurg, die nekslagaar en die nekaar afgebind. Hy het besluit om nie die bloedtoevoer na die brein te probeer herstel nie aangesien hy gevrees het dat dit 'n infark kon veroorsaak, wat tot dié féitlik onmiddellike dood van die oorledene sou kon lei. Die afsluiting van die are was daarop gemik om die bloeding te stop en sodoende die oorledene se lewe te probeer red. Dr/

5 Dr Smalberger het o.m. die volgende in hierdie verband gesê: "As jy die ding afbind, is daar miskien nog 'n kans, soos met 'n gewone beroerte-aanval waar die brein beskadig is, dat die pasiënt daardie episode kan oorleef. Sy mag miskien verlam wees aan die een kant, sy mag miskien nie kan praat nie, maar dat sy.in elk geval nog leef. Dit mag ook wees dat sy later van tyd soos enige persoon wat beroerte het, 'n sekere mate van herstel kan hê." Die afbind van die nekaar, het die getuie gesê, bring gewoonlik nie probleme mee.nie omdat die kruisvloei van bloed in daardie gebied goed is en ander are vir die afbind van die nekaar vergoed. Die oorledene is vroeg die oggend van 29 Januarie/

6 Januarie 1984 pervliegtuig na die Tygerberg-Hospitaal in Belville vervoer. Daar is sy in die intensiewe sorgeenheid vir persone met breinbeserings onder die toesig van ene Dr Buchmann, 'n spesialis-narkotiseur, geplaas. Sy was toe nog steeds bewusteloos. Sy het nog spontaan asemgehaal, maar daar is nietemin besluit om haar aan 'n asemhalingsapparaat,waarna daar in die getuienis as 'n "ventilator" verwys is, te koppel. Sy was verlam aan die regterkant van haar liggaam en 'n sg. "CAT-scan" het getoon dat al die breinweefsels aan die linkerkant van haar brein dood was. Vroeg die volgende oggend, 30 Januarie 1984, was daar, volgens Dr Buchmann, geen teken van enige breinaktiwiteit meer by die oorledene te bespeur nie, en volgens hom/

7 hom was sy op daardie tydstip reeds dood omdat haar breinstam toe al dood was. Volgens die mediese wetenskap, het Dr Buchmann getuig, tree die dood in wanneer 'n mens se breinstam dood is. Die oorledene se hart en longe is daarna nog vir 48 uur met behulp van die ventilator kunsmatig aan die gang gehou. Op 1 Februarie het Dr Buchmann, ná oorlegpleging met twee neurochirurge van die gemelde hospitaal, en nadat hy 'n deeglike neurologiese ondersoek van die oorledene gedoen het, die ventilator ontkoppel. Tien minute later het 'n elektro-enkefalbgram geen hartaktiwiteit meer by die oorledene geregistreer nie. Die verhoorhof het op grond van die mediese getuienis wat voor hom afgelê is, bevind dat "die tydstip van die dood aanbreek wanneer breinstamdood volgens gebruiklike/...

8 like mediese standaarde intree", en dat die oorledene dus "regtens dood was voordat die ventilator ontkoppel is." Die appèl is gerig teen die bevinding van die verhoorhof dat die wond wat die appellant die oorledene toegedien het haar dood veroorsaak het. Die betoog van die appellant se advokaat lui in die eerste plek dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat wanneer 'n mens se breinstam dood is, hy regtens dood is, al sou hy nog asemhaal en al sou sy hart nog klop. Die oorledene, aldus die betoog, het nog geleef toe Dr Buchmann die ventilator ontkoppel het, en hierdie ontkoppeling van die apparaat moet gesien word as 'n novus actus interveniens wat ná die toediening van die wond ingetree het en die oorledene se dood veroorsaak het. In die alternatief word betoog dat die getuienis

9 nie bo redelike twyfel bewys het dat die breinstam van die oorledene reeds dood was toe die ventilator afgeskakel is nie. Die alternatiewe betoog kan dadelik afgehandel word. Volgens al die deskundige getuienis wat deur die Staat voorgelê is, was die oorledene se breinstam reeds 'n aansienlike tyd voordat die ventilator ontkoppel is, dood. Na my mening is daar geen rede waarom hierdie getuienis nie aanvaar moet word nie, en die betoog word gevolglik verwerp. Ek gaan nou oor tot die advokaat se hoofbetoog. Die verhoorhof het, soos reeds gesê, die mediese getuienis dat 'n persoon sterf wanneer sy breinstam doodgaan, aanvaar. Gevolglik is beslis dat die oorledene reeds dood was toe Dr Buchmann die ventilator ontkoppel het en dat die ontkoppeling van die apparaat dus nie 'n handeling was wat die oorledene se dood kon veroorsaak het nie.

10 Volgens my siening van die saak is dit nie nodig moet moontlik die persoon Ek ook dat t.w. wat ek om oor voel nie te tradisionele die ons appèl in dat word beslis die my moet geen verhoorhof deur oomblik die - as darem gemelde reg soos die dood 'n doen asemhaling of aanvaar aanduiding van howe gemeenskapsopvatting genoop die - intree vraag oor 'n aanvaar appellant mens moet die of om wanneer bespreek dat grondslag hartklop aangeleentheid terselfdertyd moet word dood, van ek word daar advokaat die nie, meer soos nie. van by mediese oor en dat dit hierbo wat ek aanwesig te ingeneem ook nie sê behandel betrokke waarskynlik vraag wetenskap standpunt betoog dat, gesien genoem, is het is, nie. het

11 Dit is 'n vraag van groot belang, nie net in die strafreg nie, maar ook wat ander afdelings van ons reg, soos bv. die erfreg, betref, waar die presiese oomblik van 'n persoon se dood denkbaar van groot belang kan wees. Die mediese wetenskap het, miskien verstaanbaar, 'n bloot meganiese, of fisiese, benadering tot die vraag, maar daar sou, meen ek, morele of selfs godsdienstige oorwegings, asook die opvattings van die gemeenskap, by die saak kon bykom. Nog in die uitspraak van die verhoorhof, nóg by die beredenering van die appèl in hierdie hof, is die vraag van sodanige oorwegings of opvattings enigsins bespreek, en aangesien dit in die onderhawige geval onnodig is om tot 'n bevinding daaroor te geraak, behandel ek ook nie die aangeleentheid nie. Ek/

12 Ek beoordeel die appèl dus, soos reeds gesê, op die grondslag dat die oorledene nog geleef het toe die ventilator ontkoppel is en dat sy eers 10 minute daarna dood is. Die betoog namens die appellant lui dat, hoewel die appellant die oorledene verwond het, en hoewel daardie verwonding in die gewone loop van sake waarskynlik haar dood sou veroorsaak het, dit nietemin 'n feit is dat sy nog geleef het toe die ventilator ontkoppel is,en dat hierdie ontkoppeling van die apparaat dus gesien moet word as 'n handeling - 'n novus actus interveniens - wat die werking van die verwonding van die oorledene as'ndoodveroorsakende faktor onderbreek en uitgeskakel het. Dr Buchmann het, aldus die betoog, met die ontkoppeling van die ventilator die kousale verband tussen die verwonding/

13 ding van die oorledene en haar dood verbreek, en gevolglik - so lui die betoog - is dit Dr Buchmann wat die oorledene gedood het, al was sy optrede nie wederregtelik nie, en nie die appellant nie. Die betoog is onrealisties en onaanvaarbaar. Die appellant het die oorledene 'n wond toegedien wat, indien mediese hulp nie so gou verleen is as wat die geval was nie, tot haar spoedige dood sou gelei het. Mediese deskundiges het hulle bes gedoen om haar lewe te red. Deur middel van die ventilator waaraan hulle haar gekoppel het, het hulle haar in staat gestel om asem te haal in 'n stadium toe sy dit nie meer self kon doen nie. Sy is dus kunsmatig aan die lewe gehou. Toe Dr Buchmann uiteindelik, ná die dood van/

14 van haar breinstam, die ventilator ontkoppel het, was dit nie 'n handeling wat as die oorsaak van haar dood gesien kan word nie, maar bloot die beëindiging van 'n vrugtelose poging om haar lewe te red, d.w.s. 'n vrugtelose poging om die gevolge van die appellant se optrede te probeer verhinder. Dr Buchmann het haar dus, om dit anders te stel, nie gedood nie, maar hoogstens toegelaat om te sterf. My mening is derhalwe dat die oorsaaklike verband tussen die verwonding van die oorledene en haar uiteindelike dood van die begin tot aan die einde bly voortbestaan het en dat dit nie, soos namens die appellant betoog is, deur die ontkoppeling van die ventilator onderbreek en uitgeskakel is nie. Ek/

15 Ek wys ten slotte daarop dat steun vir die standpunt dat die afskakeling van die ventilator nie as die oorsaak van die dood van die oorledene gesien kan word nie, te vind is in die beslissing van die Engelse Court of Appeal, Criminal Division, in R v Malcherek, R v Steel (1981) 2 All E R 422. Die uitspraak het betrekking op twee sake wat saam behandel is. In albei sake het dieselfde kousaliteitsvraag ontstaan as dié waarmee ons in die onderhawige geval te doen het. Sowel Malcherek as Steel het 'n vrou ernstig beseer en albei vroue is aan 'n ventilator gekoppel in 'n poging om hulle lewens te red. Die mediese deskundiges in elk van die gevalle het ná 'n tyd, toe die pasiënt se breinstam na hulle oordeel dood was, die ventilátor afgeskakel, en/

16 en die betrokke pasiënt is kort daarna as dood gesertifiseer. Daar is in albei sake betoog dat die afskakeling van die ventilator die oorsaak van die betrokke vrou se dood was, en nie die aanranding wat daar op haar gepleeg is nie. Lord Lane CJ het die betoog verwerp en o.m. gesê (op 428 h-i): "There is no evidence in the present case here that at the time of conventional death, after the life support machinery was disconnected, the original wound or injury was other than a continuing, operating and indeed substantial cause of the death of the victim, although it need hardly be added that it need not be substantial to render the assailant guilty...". En (op 429 c-d): "Where a medical practitioner adopting methods which are generally accepted comes bona fide and conscientiously/...

17 conscientiously to the conclusion that the patient is for practical purposes dead, and that such vital functions as exist (for example, circulation) are being maintained solely by mechanical means, and therefore discontinues treatment, that does not prevent the person who inflicted the initial injury from being responsible for the victim's death. Putting it in another way, the discontinuance of treatment in those circumstances does not break the chain of causation between the initial injury and the death." Direk daarna (op 429 e) het hy bygevoeg: "Although it is unnecessary to go further than that for the purpose of deciding the present point, we wish to add this thought. Whatever the strict logic of the matter may be, it is perhaps somewhat bizarre to, suggest, as counsel have impliedly done, that where a doctor tries his conscientious best to save the life of a patient brought to hospital in extremis, skilfully using sophisticated methods, drugs and machinery to do so, but fails in his attempt and therefore discontinues treatment, he can be said to have caused/

18 caused the death of the patient." Hierdie gedagte kom ook in die onderhawige geval by 'n mens op. Die appèl word afgewys. P J RABIE HOOFREGTER. CORBETT, AR. HOEXTER, AR BOTHA, AR VAN HEERDEN,AR Stem saam