COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Rut: n Liefdes Verhaal

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Mandala Madness Deel 2

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Direkte en indirekte rede *

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Die vertaling van The No.1 Ladies Detective Agency van Alexander McCall Smith: strategieë en besluite tydens die vertaalproses.

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

EKWIVALENSIE OP WOORD- EN SINSVLAK IN DIE VERTALING VAN LITERERE WERKE UIT NOORD-SOTHO IN AFRIKAANS

Resensies. J Waters, David Livingstone. Trail Blazer, Inter-Varsity Press, Leicester 1996, 288pp. Prys onbekend.

Historiese korrektheid en historiese fiksie: n respons

Die verhouding tussen verhaal en metaf oor in Agaat (Marlene van Niekerk)

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

n Eiesoortige Afrikaanse Magiese Realisme na aanleiding van die werk van André P Brink en Etienne van Heerden

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

Die verskillende verskyningsvorme van die narratiewe poësie by Charl-Pierre Naudé en Loftus Marais

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

HOëRSKOOL PORTERVILLE

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is


EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 3, 2017, ISSN

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

D.J. Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek: 2017

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Die uitdaging van biografie-skrywing: n lewe van Betty Pack

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

T h eu n ie van der M erw e T aalflien sb u ro, RAU TIPERING AS LITERATUURW ETENSKAPLIKE BESKRYW INGSM ETODE*

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

Tendense in die studie van die kultuur van oraliteit: Implikasies vir die verstaan van die Matteusevangelie

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Literere teorie en poesiekritiek in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns en die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

n Ondersoek na n werkswyse: die herskryf van n komplekse Afrikaanse roman na n draaiboek

HOOFSTUK 7 TOEPASSING VAN GESELEKTEERDE TEORETIESE BEGRIPPE IN 'N ANALISE VAN

STRUKTUUR - UITLEG - BOODSKAP*

Outeuridentifikasie: n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal. deur. Lezandra Thiart

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Meer dydelikhyt oor die punch en die vis n Vergelyking van Niggie, Daar s vis in die punch en Eilande

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

Heinrich Ohlhaff Kanan en instansies - 'n Afrikaanse perspektief

SIZA takes the sting out of auditing

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

Paul de Man1: betekenisvorming deur blindheid en insig

Die verhaal as mitiese vraagstelling: die verhaalkuns van Henriette Grové

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Die belydenisuitspraak Kolossense 1: 13-20: Eenheid, struktuur en funksie

DIE DEPARTEMENT OU TESTAMENT, 'N HALWE EEU

Die grapteks met verwysing na die interessantheidsbeginsel

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

DIE KO-KONSTRUKSIE VAN BETEKENISSISTEME DEUR VERTELLING IN TERAPIE. MICHELLE GRoNUM

University of Cape Town

Transcription:

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION o Attribution You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any reasonable manner, but not in any way that suggests the licensor endorses you or your use. o NonCommercial You may not use the material for commercial purposes. o ShareAlike If you remix, transform, or build upon the material, you must distribute your contributions under the same license as the original. How to cite this thesis Surname, Initial(s). (2012) Title of the thesis or dissertation. PhD. (Chemistry)/ M.Sc. (Physics)/ M.A. (Philosophy)/M.Com. (Finance) etc. [Unpublished]: University of Johannesburg. Retrieved from: https://ujdigispace.uj.ac.za (Accessed: Date).

;Z OU ';( o R.,1\1E RAPPORTERING EN TRANSFORMASIE IN SLEEP VIR JOU 'N STOEL NADER (Andre Ie Raux) deur CARITA ORMEROD VERHANDELING voorgele ter vervuiiing van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM in AFRIKAANS in die FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE aan die RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT StudieIeier: Professor J.H. Johl' November 1989

DAN K BET U I GIN G My opregte dank aan die volgende persone en instansies vir hul bydrae tot die voltooiing van hierdie studie: * * Prof Johl vir sy vakkundige hulp en Ieiding; My eggenoot, moeder, broer en skoonfamilie vir morele en finansi~le ondersteuning; * Mev Wolfaardt vir netjiese en akkurate tikwerk;, * Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vir geideiike bystand. Die menings in hierdie werk uitgespreek of gevolgtrekkings waartoe geraak is, is myne en nie noodwendig die van die RGN nie; * Mnr Andre Ie Roux vir sy vriendelike hulp met betrekking tot dieopsporing van relevante tekste. * Mnr Posthumus vir akkurate proefleeswerk. - - - 000 0 0 000 0 - - -

i INHOUDSOPGAWE Bladsy SUMMARY iii HOOFSTUK I: INLEIDING 1 1.1 Resepsiegeskiedenis 1.2 Resensies 1.2.1 Chronologiese verskyning van resensies 1.3 Algemene raakpunte tussen resensies 1.4 Samevatting 2 8 8 17 19 HOOFSTUK II: TEORETIESE AGTERGROND 20 2.1 2. 1. 1 2.2 2.2.1 2.2.2 2.2.3 2.3 2.3.1 Postmodernisme Samevatting Realisme en fiktiwiteit Verhouding tussen Fiksie en Werklikheid Fiksionele en Nie-fiksionele Literatuur; Die Toetsbaarheid en Nie-toetsbaarheid van Literatuur Samevatting New Journalism Samevatting 20 35 37 39 44 48 49 59 HOOFSTUK III: DOKUMENTeRE ANALISE 61 HOOFSTUK IV: ONTLEDING VAN DIE TEKSTE IN Sleep vir jou In steel nader 93 4.1 Vrydag vir die Yolk, enige tyd vir Prudence Petgieter 93

ii Bladsy 4.2 Groepfoto 4.3 Sidney, as jy vir my lieg...! 4.4 Nou hoekom ry hy nie die vuilgoed weg nie? 4.5 Bo-op die larnppaal sweef die gees van Olive Schreiner \ 4.6 Die Stad 4.7 Drie kapokkies 4.8 Ma WOll graag eendag In tikster word 4.9 Snaaks hoe die veer geval het 4.10 Ekls nie meer honger nie 4.11 Daar's In kat ter sprake 4.12 FH 4.13 Die kat 4.14 Moet In slag gaan kyk hoe lyk dit daar by Goudini-Spa 4.15 Daarls In koei in die maan met In blom in sy stert 4.16 Backstop 4.17 Koop hierdie stoel by my! 4.18 Die skoolhoof het dit moeilik 4.19 Mupeki pis mos deesdae soos In gieter 4.20 Hulle vang jou eers 4.21 Hoekom sing? 101 111 118 119 126 128 131 137 138. 142 149 151 155 165 166 171 175 182 189 193. HOOFSTUK V: SAMEVATTING: DIE TRANSFORMASIEPROSES IN Sleep vir joll In stoel nader 195 BIBLIOGRAFIE 215

iii SUMMARY Reportage and transformation in Sleep vir jou In stoel nader (Andre Ie Roux). When the collection of short texts, Sleep vir jou In stoel nader, was first published, reactions were varied. Many literary \ critics heralded the texts as new, exciting and of great literary value. However, a few members of the public objected to the texts' risque content and it was subsequently banned. Fortunately, the text's literary value prevailed and Sleep vir jou In stoel nader was removed from the list of undesirable publications. Andre Ie ROux's work is unique in that he based the fiction on his day to day experiences as a journalist. Because the book is controversial, it is necessary to outline the theoretical aspects, such as reception history, in the introductory chapter. The role of the critics in the reception of the texts is specifically studied as their reviews appeared mainly in newspapers and magazines. Most of the critics mentioned the fact that the collection of short texts had been banned and questioned the role of censorship in literature. These reviews (which are mentioned in the first chapter) have several shortcomings which are discussed in the third chapter. Several critics mentioned aspects of the different literary trends that are evipent in the texts, such as Postmodernism, Realism and New journalism. Aspects of: these literary trends are discussed in depth in the second chapter. The interplay between reality (the Huisgenoot-texts) and fiction (the ~hort stories and poems) are carefully considered. The two related texts are compared and analysed, for example, determining which facts are present in the articles but are not utilised in the texts. ~his establishes the manner in which the author used and transformed these facts to create fiction.

iv The documentary analysis is followed by a thorough literary analysis of the twenty one texts. Attention is given to aspects such as character, repetition, symbolism and the cross-references made in the texts. In each text, Postmodernism, Realism, and New journalism are carefully noted and their role in creating a more fluid, integrated unit, is highlighted. Finally, the role of the abstract author, who is the key figure in the transformation process, is discussed. Several textual aspects refer to the work of the abstract author. Aspects such as the motto (which refers to the method of work in the texts), the use of well-known personalities, different narrators, perspective, characterisation and the self-conscious use of language (i.e. repetition, syntax, symbolism and irony) are discussed. It becomes clear that this text does have certain postmodernistic features, although not entirely so. In conclusion Sleep vir jou 'n stoel nader cannot be categorised although the work of the abstract author does integrate the characteristics of the relevant literary trends into a satisfying and coherent literary text.

1 INLEIDING Mat die verskyning van Andre Ie Roux se jongste bundel kortverhale, Sleep vir jou In stoel nader (1987), vestig hy opnuut die aandag op hom as In verteenwoordiger van die nuwe Afrikaanse prosa. Sy twee vroegre tekste, naamlik Struisbaaiblues (1980), en Te hel met ouma! (1980), is beide verbode verklaar (maar daarna bntban), as gevolg van die gewaagdheid van die inhoud. Met die verskyning van Sleep vir jou In stoel nader, word Andre Ie Roux se skrywerstalent luidkeels deur die meeste kritici toegejuig en terselfdertyd word daar by sekere liggame, soos die Direktoraat van Publikasies, teen die boek beswaar gemaak. Daar word ook onder andere in Beeld (26 Februarie 1988) bespiegel of hierdie teks pornografies is, al dan nie. Hoewel daar In verbod op Sleep vir jou In stoel nader geplaas is, word die verbod later net soos met Le Roux se vroegre werke opgehef en word dit benoem vir die A.T.K.V. se Prosaprys. Hoewel die Rapportprys (waarvoor Le Roux ook benoem is), nie toegeken is nie, word daar wei later bekend gemaak dat sy werk die tweede prys sou ontvang het. Tydens In nabetragting oor die polemiek rondom die prys beweer Brink (1989:112): "Ek sou ook Sleep vir jou In stoel nader.. '. met vreugde die prys kon sien kry het". Wiehahn (1989:105) stel dit dat die Rapportprys: " uit die staanspoor In politieke klankie met hom saamgedra het juis vanweg die skrywers (en beoordelaars) se hebbelikheid om die bekroningsplegtigheid vir politieke statements te gebruik". Die benoemdes vir die besondere prys het almal in gemeen dat hulle sogenaamde protesskrywers is, wat ten spyte van die verbod op sekere publikasies tog die 'waarheid' oor die hedendaagse Suid-Afrika deur middel van die letterkunde wil verkondig. Malan (1989:113) beweer oor die nie-toekenning van die prys: "Die homofiele temas in Koos Prinsloo se boek en die stukke wat doelbewus as pornografie deur Andre Ie Roux in Sleep vir jou In stoel nader aangebied is, het heel moontlik ook In rol gespeel... "

2 Wat. hierdie teks besonder interessant maak, is nie soseer die polemiek oor die gewensdheid daarvan al dan nie, maar wei die talie vernuwende aspekte wat dit toon. Le Roux is eerstens joernalis wat hom vanuit hierdie rigting wend na die prosakuns. Wat Sleep vir jeu In stoel nader so boeiend en nuut maak, is die feit dat feitelike ervarings van Le Roux, die joernalis, in In prosateks getransformeer en gereproduseer is. Die mate waarin hy daarin slaag om die grense tussen fiksie en werklikheid te oorbrug, maak van die teks uitdagende materiaal vir navorsing. Die resepsiegeskiedenis speel altyd In belangrike rei in literere navorsing aangesien die leser (hetsy as lid van die publiek of as kritikus) In belangrike rol speel in die interpretasie van en gevolglike betekenistoekenning in die teks. Nadat daar eers kortliks op die resepsiegeskiedenis gefokus is, sal die resensies en uitsprake van die kritici noukeurig nagegaan word om aan te toon hoe die teks geresepteer is. 1.1 RESEPSIEGESKIEDENIS Daar is twee hoofrigtings in die resepsie-ondersoek wat onderskei kan word,naamlik die resepsie-estetika(wat die ondersoek na die wyse waarop tekste deur die ingeligte ideale leser gelees behoort te word, behels) en die resepsiegeskiedenis. Laasgenoemde fokus op die ondersoek na hoe In teks op In bepaalde chronologiese tydstip deur lesers gelees is. Dit is veral die resepsie~ geskiedenis wat vir hierdie studie ter sake is. Volgens Van Luxemburg. (1983:126) val die resepsiegeskiedenis weer uiteen in twee rigtings, naamlik die teks-georignteerde en die lesergeorignteerde resepsiegeskiedenis: "Beide richtingen bestuderen daarbij de relatie tussen tekst,en lezer" (Van Luxemburg 1983:126). Van belang is hoe die teks en die reaksie van die leser daarop ooreenstem of verskil. Tipiese vrae wat die resepsiegeskiedenis sou kon b~antwoord, is: Wie was die lesers? Hoe reageer hulle? Wat is bekend oor die lesersreaksies op die werk?

3 Die teksgeorignteerde resepsiegeskiedenis ondersoek die ontvangs van In werk of groep werke deur In leser(s) met die verloop van tyd. Daar kom histories gesien dikwels In verandering in waardering: "Niet aileen tussen perioden ook tussen tijdgenoten zijn er verschillen in waardering" (Van Luxemburg 1983:122). Daarenteen ondersoek die lesergeorignteerde resepsiegeskiedenis die verandering van leeswyses en -gewoontes van verskillende lesers. Resepsie is" die ontvangs, reproduksie, aanpassing, assimilasie of kritiese beoordering van In literere produk of sy elemente deur In leser of lesers" (Ohlhoff 1985:50). Malan (1983: 20) beweer verder ook: "Wanneer lesings van In teks gesistematiseer word in historiese konteks(te), kan van resepsie gepraat word". Malan (1983:32) haal sekere tesisse van Ehrismann (1974:123) aan ter stawing van die teorie met betrekking tot die resepsiegeskiedenis. Daar word verskeie lae van resepsie onderskei, naamlik die akademiese, die onderwys-, die joernalistieke en die kunstenaarslaag. Aangesien dit hier gaan om resente uitsprake in koerante en literere tydskrifte, is vera1 2 lae ter sake, naamlik die akademiese, ("d.w.s. navorsingsgerigte aktiwiteit (h)ulle publiek is die kleinste van almal" - Malan (1983:32)-) en die joernalistieke laag wat onderskei kan word "volgens die behoeftes van verskillende koerante" (Malan 1983: 33). Die akademiese kritikus veronderstel by sy leser In sekere mate van vertroudheid met die behandelde werk, die outeur se oeuvre en die kritikus se analise of interpretasiemetode. Volgens Van Gorp (1984:168) wil hierdie soort kritiek die leeservaring van die (ingeligte) leser verbreed. Van Gorp (1984:126) toon ook aan in welke mate die joernalistieke kritiek (en leserspubliek) van die akademiese verskil. Die joernalistieke kritiek kan in lengte varieer - dit is of baie lank of baie kort. As gevolg van beperkte ruimte is hierdie soort kritiek meer opsommend as die rasegte literere kritiek. Dit is eerstens informatief en is gerig op In omvangryke en hoogs

4 gedifferensieerde publiek. Terselfdertyd vervang of antisipeer die. joernalis die leesaksie van die leserspubliek. Die joernalistieke kritiek is van groot belang vir hierdie studie, aangesien die meeste kritiek in koerantresensies verskyn het en slegs twee in tydskrifte, naamlik De Kat en Insig. In elke resepsie-ondersoek staan die verhouding tussen ontvanger en teks sentraal. Die teks word dus die onderwerp van die geskiedenis in soverre dit die lesersreaksie betref. Malan (1983:34) onderskei verder tussen sinchroniese en diachroniese resepsiegeskiedenis. Sinchroniese resepsie het te make met verskillende leserspublieke. - Aangesien die samelewing uit verskillende lae bestaan, elk met 'n afsonderlike verwagtingshorison, word die teks op verskillendewyses gelees en geresepteer. In hierdie studie gaan dit om die kritici wat die teks anders ervaar as die breg leserspubliek: "Die verskille in resepsie kom nie net horisontaal voor nie maar ook vertikaal op grond vanintellek, kennis van fiksionele konvensies... " (Malan 1983:34). Die kritikus is die sogenaamde "ge~nformeerde lezer" (Van Gorp 1984:175). Hy beskik oor die nodige literere kennis en agtergrond om die teks adekwaat te interpreteer. Die kritikus is dus "le s e r en produsent van 'n (hoofsaaklik) evaluerende teks oor 'n literere teks... " (Ohlhoff 1985:50, 51) en vorm 'n klein, maar toonaangewende dee1 van die leserspubliek. 'n Diachroniese resepsiegeskiedenis toon hoe "die konkretisering van 'n bepaalde teks in verskillende tydperke verskil" (Malan 1983:34). Hiermee word onderskeidings bedoel soos byvoorbeeld Naturalisme, Ekspressionisme en dies meer. Sleep vir joll In stoel nader (1987) word beskou as 'n postmodernistiese teks met kenmerke van die New Journalism, - aspekte wat later breedvoeriger bespreek word. Die resepsiegeskiedenis is volgens Kloek (1978:104) noodsaaklik, "zodra men uitgaat van de vooronderstelling dat literatuur niet ontdaan mag worden van haar historische communicatieve functie". Hierdie uitspraak bring ons by 'n verdere konsep van die resepsie-estetika, naamlik die sogenaamde 'verwagtingshorison'

5 van die leser. Die meeste tekste word nie net gelees vanuit die leser se onmiddellike tyd en ervaringswerklikheid nie, maar ook met In kennis van ander literere werke, norme en genres. Sodoende word In resente teks altyd getoets aan In hipotetiese resepsie. Hieruit kan In aantal probleme van die resepsiegeskiedenis ook aangedui word, naamlik die afwesigheid van resepsies oor In bepaalde tydperk. Kloek (1978:104) beweer dat die navorsers die probleem kan oplos deur In hipotetiese resepsie wat die ontbrekende resepsiegegewens mag aanvul. Aangesien ons in hierdie studie egter te make het met In resente literere teks kan die reaksies van die kontemporere lesers (in die geval die kritici), wei nagegaan word. Aangesien Sleep vir jou In stoel nader so In resente teks is, is die eerste vertakkingvan die resepsiegeskiedenis soos onderskei deur Van Luxemburg (1983:126) ter sake, dit is die teksgeori~nteerde resepsiegeskiedenis. Daar is slegs In handvol resensies beskikbaar wat verskyn het in koerante en literere tydskrifte. Die kritici is deel van die ingeligte lesersgroep wat weer deel vorm van die aktiewe evaluerende lesersgroep. Die kritici se oordele oor die teks kan ten dele as verteenwoordigend beskou word vir die uitsprake wat nie op skrif gestel is nie. Ten dele, omdat hulle as ingeligte lesers dikwels sekere kenmerke of eienskappe in die teks opmerk wat nie deur die oningeligte leser raakgelees word nie. Daaruit word sekere a leidings gemaak waarvolgens die betrokke werk dan as geslaagd of nie-geslaagd gegvalueer word. Dit is egter na~ef om die resensies sonder meer as die spreekbuis van die lesers te beskou, aangesien daar In groot gaping kan bestaan tussen die :norme en waardes van die leserspubliek en die van die kritici. Die oningeligte leser dra soms nie kennis van sekere teoretiese aspekte nie en lees dikwels net ter wille van leesgenot. Gevolglik kan sy uitsprake radikaal van die van die kritikus verskil. Die resensie is nie altyd verteenwoordigend van die leser se mening"oor die teks nie.

6 Aangesien die kritici uiteraard die grootste deel van die lesersgroep uitmaak en hul uitsprake oor die teks beskikbaar is, sal daar vervolgens op die belangrikste aspekte van kritieklewering gefokus word. Die kritici maak gebruik van In stel teoretiese begrippe om die teks te bespreek. Die resensie val dus in die veld van die praktiese, toegepaste kritiek, soos deur Abrams (1981:35/6), onderskei. Sowel die emosionele reaksie wat die teks opwek (dit wil se die impressie), as die analise van die teks in terme van styl, tegniek en dies meer, (dit wil se judisigle kritiek), word in die resensie gevind. Resensies kyk soms na die werklikheidsweergawe van die teks en sluit so aan by die mimetiese aspek van kritiek. Die kognitiewe kriteria is volgens Van Luxemburg (1983:122) nou verwant hieraan, aangesien dit die mate waartoe 'n teks kennis verskaf, behels. Die effek wat die teks op die leser het, (of sal he), word ook ondersoek en betrek so die pragmatiese aspekte van die kritiek. Voorts word daar ook aandag gegee aan die wyse waarop die teks uitdrukking gee aan die outeur se eie ervarings en gevoelens, met ander woorde die ekspressiewe sy van kritiek. Daar word in sommige metodes ook gekyk na die teks as (outonome) eenheid ten opsigte van samehang, struktuur en ander struktuurelemente. Dit behels wat bekend staan as die objektiewe kritiek. Daar kan ook gefokus word op die tradisiekriteria wat te make het met die waardering van 'n teks aan die hand waarvan dit of vernuwend is of getrou is aan die tradisie van die bepaalde genre waarin dit geskryf is. 'n Laaste kriterium wat die kritikus gebruik, is die verband tussen sy opvattinge (polities, religieus of moreel) en die van die literere teks. :' Volgens Malan (1985:21) is die literere kritiek nodig "om tekste te evalueer en te interpreteer veral met die doel om die leserspubliek in te lig". Die mediaresensies wat die "aanvanklike resepsie van die kritici weergee" (Malan 1985:21), is naamlik gerig op die aktualiteit van die teks en

7 teksonderwerp. Die kritikus beklee eintlik die operatiewe funksie, soos onderskei deur J. Slawinsky (1984:169), deurdat hy homself "als een bemiddelaar opstelt in het literaire communicatieproces dat zich afspeelt tussen outeur en lezer". Die resensent as kritikus lei die leser deur In proses van transformasie en seleksie van die materiaal tot In bepaalde interpretasie van die werk. Veral in die media staan die operatiewe funksie voorop. Van der Merwe (1975:149) sit die kritikus se rol soos volg uiteen: "Aangesien dit die primere taak van die kritikus is om die leser se belewing van die'enkele teks te verryk, moet hy ingaan op albei aspekte van die literere werk: die skoonheid en die lewenshouding". Die kritikus moet in sy resensie dus aandag gee aan sowel die taalgebruik en die kwaliteit van die taalgebruik, as die Iewenshouding wat ingeneem word aangesien die kuns altyd In boodskap het om oor te dra. Daarbenewens moet die resensent as kritikus ook sy maatstawwe eksplisiet stel (Malan 1983:150), sodat dit vir die ander kritici en die leser duidelik is van watter standpunt hy uitgaan en hoe tot sekere gevolgtrekkings gekom word. Die kritikus die verbande oorbeklemtoon. moet daarteen waak om te subjektief te wees en tussen die teks wat wei aanwysbaar is om te Laastens moet die kritikus kennis van die werklikheid besit om die teks voldoende te kan interpreteer, want, alhoewel die getroue afspie~ning van die werklikheid nie as "n "vereiste" vir die teks gestel word nie, is dit tog noodsaaklik vir die kritikus wat In waarde-oordeel wil uitspreek: "Veral in In realistiese kunswerk moet die kritikus gedurig die werklikheid van die werk toets aan die werklikheid van die alledaagse lewe" (Van der Merwe 1975:155). Hierdie kennis van die werklikheid is ook nodig om te bepaal hoe oorspronklik die teks is ten opsigte van reeds gepubliseerde tekste van dieselfde genre en tydperk, wat vereis

8 dat die kritikus, volgens Van der Merwe (1975:156), persoon" moet wees. In "belese Wanneer die kritikus 'n waarde-oordeel uitspreek, moet onthou word dat elke kritikus se uitspraak tydsgebonde en subjektief is. Gevolglik kan die kritici se oordele en uitsprake van tyd tot tyd verskil en be~nvloed word deur die skrywer se eie persoonlike \ ' gevoelens. Die meeste resensies oor Sleep vir jou 'n stoel nader, voldoen aan die daargestelde raamwerk vir 'goeie ' kritiek, naamlik dat hul aantoon watter funksie die teks het en watter kriteria gebruik word. Hierdie kriteria word oor die algemeen duidelik uiteengesit maar nie altyd met voorbeelde uit die teks gestaaf nie. Daar word dikwels verwys na die emosionele reaksie op die teks en die effek van die teks en 'n analise van styl, tegniek en taalgebruik word ook gemaak hoewel dit dikwels oppervlakkig is. In die algemeen word daar ook aandag gegee aan die samehang en struktuur en word die teks wei binne 'n bepaalde oeuvre of genre geplaas (soos byvoorbeeld die Postmodernisme, Realisme en New Journalism), hoewel daar geen ooreenstemming tussen die kritici is nie. Laastens word die teks ook gesien as vernuwend en het dit 'n definitiewe mate van werklikheidsgetrouheid. 1.2 RESENSIES 1.2. 1 Chronologiese Verskyning van Resensies 1.2.1.1 Die eerste resensie wat opge~~oor kon word, het verskyn in Die Vaderland (Maandag 13 Julie 1987) deur Joan Hambidge. Dit is getitel "Die Andre kan vertel", met die subtitel "Sleep vir jou 'n stoel nader en ruk jou bewussyn oop". Algemene aspekte wat vermeld word, is: 1 Dit is 'n bundel kortverhale, en daar was 'n verbod op twee vroegre tekste.

2 Dit verwys outofiksie, fiktiwiteit 9 na die aanhaling van Kosinsky se motto asook die onderskeid tussen realiteit as kenmerk van postmodernistiese tekste. oor en 3 Daar word na die pornografiese in Sleep vir jou In stoel nader met verwysing na "Die skoolhoof het dit moeilik" verwys. 4 Die bundel dui op die gewelddadige met verwysing na "Mupeki... " en "Hulle yang jou eers". 5 Daar word verwys na die leser, interaksie tussen leser en teks met verwysing na "Daar's 'n kat ter sprake" ten opsigte van die teks se emosionele inhoud. 6 Die deeglikheid in die outeur se navorsingmetodes ("Moet 'n slag gaan kyk...") word aangetoon. 7 Daar word ook gewys op die resensent se beoordeling van die werk as "goed", pleidooi vir openbaarmaking van die waarheid. 1.2.1.2 "Boeiende boek kan geen leser koud laat" in Beeld, (27 Julie 1987) deur Charles Malan. Reeds in die titel is dit duidelik dat ook Malan die reaksie wat die teks by die leser wek as van belang aspekte wat uitgesonder word, is: emosionele ago Ander 1 Die teks is nie.slegs kortverhale of prosateks nie. 2 Foto's is middels waardeur die teks met die realiteit verbind word. Biografiese gegewens oar?ie outeur word aangehaal om die verband tussen die teks en werklikheid te ondersteun. 3 Hy vermeld die twee vorige verbode publikasies van die skrywer.

10 4 Die objektiewe en die visuele word beklemtoon deur middel van die fotograaf en verslaggewerfigure. 5 Hy meld kortliks dat daar deurlopende motiewe is wat lei tot eenheid. 6 Objektiewe waarneming en persoonlike interpretasie is onskeibaar, en word verduidelik aan die hand van die motto van Kosinsky. 7 Die leser se rol om die teks te interpreteer ten opsigte van die skrywer en die karakters word aangedui. 8 Verslag- en artikeltaal, asook bekendes in die teks word vermeld. 9 Die mens as objek en die verval van die mens is die tema. 10 Hy wys op die kru realisme en transendensie daarvan deur vervreemdingseffekte. 11 Die teks is in dieselfde soort prosa geskryf as die van die New Journalism. 1.2.1.3 "In Belangrike bydrae tot die nuwe Afrikaanse prosa" deur Gunther Pakendorf in Die Burger, (27 Augustus 1987) Pakendorf beklemtoon die volgende: 1 Dit is In kort bundel prosa. 2 Daar heers verwarring omtrent die genre, dit is nie eintlik kortverhale, suiwer dokumentere prosa of New Journalism nie en die grense tussen die werklikheid en nie-werklikheid is sodoende feitlik onskeibaar. 3 Samehang word in die bundel verkry deur middel van die blik op die werklikheid.

11 4 Die onderwerp is uitvaagsels: Le Roux skryf oor die taboes van die samelewing. 5 Hy maak ook melding van die sensors en talle afstootlike dinge in die teks. 6 Hy fokus op die leser en sy emosionele reaksie op die teks. 7 Die doel van die teks is om lig te werp op die samelewing. 8 Hy plaas spesifieke klem op die outeur se saaklike style 9 Uitspraak: prosa. dit is 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse 1.2.1.4 "Boeiend" in Insig, (Augustus 1987) deur Petra Pieterse. Aspekte wat uitgelig word, is die volgende: 1 Die kortverhaalbundel se gewaagdheid en sensuur. 2 Biografiese gegewens, naamlik Le Roux se joernalistieke ervarings. 3 Kosinsky se motto word genoem met betrekking tot die insig in die perspektief op Le Roux se skryfstyl en aanslag. 4 Foto's versterk die indruk van New Journalism asook die melding van die talle bekendes. 5 Daar is fiksies wat herinner aan Breytenbach, se fantasiewerelde byvoorbeeld "Daar's 'n'koei in die maan met 'n blom in sy stert". 6 Melding van gewaagde stukke. 7 Kamera-agtige waarneming en tiperende dialoog. 8 Samehang van tekste word bewerkstellig deur middel van verwysing.

12 1.2.1.5 "Skitterende, opwindende bundel prosa" in Rapport, (13 September 1987), geresenseer deur Andre P. Brink. Brink beklemtoon die volgende aspekte: 1 Dit is In prosabundel. 2 Hy noem dat die twee vroe~re bundels as verbode verklaar is. 3 Daar is In joernalistieke opset en irreverensie wat starn uit die vorige twee werke. 4 Die eenheid van die teks deur middel van verwysings word nie net gemeld nie, maar ook in meer detail uiteengesit as in die ander resensies. 5 Onskeibaarheid eenheid. van buite- en binneteks as gevolg van 6 Hy meld die biografiese gegewe, Le Roux ontbloot sogenaamde "investigative Journalism" die taboes samelewing. met van sy die 7 Die leser se rol word beklemtoon. Dit gaan nie oor die sigwaarde van die teks nie. Brink toon aan hoe die titel en teks betrokke is in die releveringsproses. 8 Die end van vera1 die laaste teks is te melodramaties, is daar In volgehoue joernalistieke saaklikheid. tog 9 Die oorgange is virtuoos: Brink bespreek "Die skoolhoof aan die hand hiervan. '1 10 Brink sonder In paar verhale uit ten opsigte van die uitmuntende gehalte en motiveer waarom dit juis boeiend is. 11 Oordeel: prosa. dit is In skitterende bydrae tot die Afrikaanse

13 1.2.1.6 "Te hel met die res (November 1987 p.90). II deur Chris Louw in De Kat~ (Hierdie is nie In resensie in die ware sin van die woord nie. Die menings van sowel Louw as Le Roux word oor Sleep vir jou In stoel nader uitgespreek in In onderhoud.) Louw beweer wei die volgende oor die teks: 1 Dit is In/boek waarin "gewilde tydskrifartikels op In ander manier figureer, (naamlik) as basis vir verpersoonlikte ervarings". 2 In Simbiose van joernalistieke waarneming en verbeelding kom voor (hy meld ook Kosinsky se motto oor outofiksie). 3 Herkenbare temas, tog is die titel ironies want in plaas van gemoedelike stories word In ontstellende beeld geskep. 4 Waarneming vind plaas deur middel van die fotograaf en sy kamera ter wille van die feitelike. 5 Die teks is nie-biografies, en volgens Le Roux het feite bygekom. 6 Die teks skep die indruk van die waargenome werklikheid, en daar word ook gefokus op die leser en teksverhouding asook die realiteit van laasgenoemde. 1.2.1.7 "Die kuns is boos", deur Johann de Lange in De Kat, (November 1987, p.99). 1 Oneerbiedigheid' en "hardegat" aanslag van L'e Roux reeds in vorige twee bundels. 2 Dit is In bundel kortverhale. 3 Die onderwerp van die teks is die doen en late van gewone mense en die makabere werklikheid.

14 4 Hy onderskei tussen tekste en verhale as gevolg van verslaggewing. 5 Verslaggewing en die verslaggewer is middel van laasgenoemde word die grense en die illusie vir die leser verbreek. van belang. Deur van die werklikheid 6 Die onderwerp is die onbewaakte oomblikke", skoolhoof...". mens in "ongemaklike, kwesbare, met verwysings na tekste 5005 "Die 7 Sensuur en die fimksie daarvan ten opsigte van die teks word ook kortliks aangehaal. 8 Daar word verwys na die rol wat die titels speel, asook na die onderlinge verband tussen verhale. 9 Die doel van die skrywe is om die mens tot in sy wese oop te vlek. 1.2.1.8 In Beeld, (Vrydag 26 Februarie 1988), verskyn die volgende kort artikel met die opskrif: "Le Roux se derde boek kry beswaar" wat meld dat beswaar by die Direktoraat van Publikasies aangeteken is oor Sleep vir jou In stoel nader. Die teks word beskryf as In "bundel kortverhale" met In "fiksie-joernalistieke inslag" wat onder meer oor ongure karakters soos prostitute handel. 1.2.1.9 "A daring brand of loopiness" deur CharI-Pierre Naude in die Weekly Mail, (25 Februarie 1988). Naude beklemtoon die volgende aspekte: 1 Hy wys op die verbode vroegre werke. 2 Le Roux word beskryf as In "daring writer" en "Mupeki word uitgesonder as die resensent se gunstelingteks " ten

opsigte van die uitdagende. 15 3 Hy dui op die biografiese aard van die teks; die stories is naamlik versamel tydens Le Roux se werksaamheid by "an established family magazine". 4 Die teksmateriaal is dramaties, hy sonder byvoorbeeld die verhaal uit oor die prostitute. 5 Die styl en genre is verwarrend, en word beskou as In gemengde realisme. 6 Die teks beklemtoon die waardeloosheid van die menselewe en onderdrukking. 7 Die skryfstyl word beskryf as "bland", dit word betekenisloos, en is te los. Daar is ook 'n onakkurate keuse van woorde. Ironie en skynheiligheid asook simboliek word raakgelees. 8 Dit is oorspronklik in soverre die ervaring van die gebeure oorspronklik is. 9 Die joernalistieke verbintenis is duidelik; reportage in plaas van kreatiwiteit. daar is 10 Daar is 'n vraag na die gewete van die mens en van die leser in die teks.,11 Die enigste gedig is ook onnet en onversorg. 12 Oordeel: Le Roux slaag, maar ook.net. 1.2.1.10 "The Afrikaans dragon gnaws at its o~n tail", in die Weekly Mail, (29 Januarie, 1988) deur Hans Pienaar. 1 Sleep' vir jou In stoel nader word beskou as die beste versameling kortverhale wat ooit in Suid-Afrika geskryf is.

16 2 Hy meld dat die spesifieke teks twee keer verbied is, maar dat die verbod telkens weer opgehef is. 3 Dit is In spesifieke soort metafiksie, en die verhale transformeer mekaar. 4 Daar is sprake van postmodernistiese tegnieke, maar die teks is juis meesterlik op die wyse waarop hy 'n sterwende samelewing se kanker oopsny aan die hand van die verhale. 5 Die bepaalde interaksie tussen die verhale word kortliks aangestip deur middel van voorbeelde. 6 Dit is 'n "critique of the rationality of madness and the madness of rationality", wat volgens die resensent geen gelyke in Suid-Afrika het nie. 1.2.1.11 In Rapport, (3 April 1988) deur c. Slabber, verskyn In lys van die name van skrywers, wat genooi is na In funksie as finaliste vir die Rapportprys vir Letterkunde onder wie ook Andre Ie Roux. 1.2.1.12 In The Star, (27 April 1988) meld Jan Kramhout in die artikel "New in Afrikaans", die volgende: 1 Hy wys op die twee verbode boeke. 2 Sleep vir jou In stoel nader word gesien as dieselfde soort boek as bogenoemde. 3 Le Roux toon joernalistieke flair en die eerlikheid van die moderne lewe soos dit is, as synde kru en wreed. Kromhout fokus met ander woorde op die styl en onderwerp. 1.2.1.13 "Nekslag vir Rapportprys" in Beeld, (21 April 1988) deur J. van Zyl beweer: "Die Kaapse joernalis Andre Ie Raux sou die tweede prys vir sy kortverhaalbundel 'Sleep vir jau In stoel nader' gekry het".

1.3 ALGEMENE RAAKPUNTE TUSSER RESENSIES 17 In die onderstaande diagram is die tien resensies volgens die aanwesigheid van die algemeenste deurgaans vermeld is, gemerk met die simbool *. duidelik gesien word watter aspekte die meeste minste beklemtoon word. gegroepeer aspekte Daaruit en wat kan en watter die Resensienommer: 1 Leserspubliek 2 Joernalistieke 3 Eenheid 4 Taal/styl 5 Mens as onderwerp 6 Biografiese gegewens 7 Kosinsky se motto 8 Kamera, fotografiese 9 Sensuur, verbod 10 Kortverhaalbundel 11 Resensent se mening 1 2 3 4 5 6 7 9 10 12 * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * Uit bogenoemde diagram word dit duidelik dat die volgende kenmerke deur die resensente uitgelig is: 1 Agt beklemtoon die feit dat Le Roux se vorige werke verbied is, asook die sensuur in die letterkunde. 2 Sewe meld dat die bundel tot die kortverhaal-genre behoort, hoewel daar wei by een resensent melding is van 'n genreverwarring. 3 Ses bespreek Le Roux se taalhantering en sy skryfstyl. 4 Ses toon aan dat die mens in sy verval, sy dinglikheid, die onderwerp is van die teks. 5 Vyf resensente noem die leserspubliek en met die klemveral

op die emosionele effek van die teks op die leser. 18 6 Vyf resensente gaan in op die eenheid van die wyse waarop die afsonderlike verhale tot saamgebind word. bundel, die 'n eenheid 7 Vyf resensente spreek waarde-oordele uit oor 'Sleep vir jou In stoel nader. 8 Vier meld die biografiese agtergrond van die outeur as faktor in die totstandkoming van die teks. 9 Drie meld die belangrikheid van die kamera fotografiese. en die 10 Drie gebruik Kosinsky se motto oor outofiksie om aan te toon hoe dit in die teks funksioneer. 11 Drie noem die joernalistieke aspek van die teks. In aansluiting by die studie gaan daar voorts op die leemtes in die resensies gedui word. Daar word nie konsekwent deur die resensente vanuit die teks gemotiveer ter stawing van sekere argumente nie. Slegs drie van die tien resensente meld dat die teks in die teken van die Postmodernisme staan, naamlik Hambidge, Brink en Pienaar en dan word daar nie juis aangetoon in welke mate die teks die kenmerke van die spesifieke rigting vertoon nie. Die sensasionele inhoud van die teks staan voorop, terwyl min van die resensente aandag bestee aan die struktuurelemente, naas styl en taal, soos byvoorbeeld ironie en simboliek. Die tipe faktore word wei in In mate deur C.P. Naude :aangetoon en uit die teks gestaaf. Min aandag word ook aan die rol van New Journalism in die teks gegee, hoewel dit wei gemeld word as In faktor. Nog In belangrik~ aspek vir die doeleindes van die studie is die rol wat die Huisgenoot-artikels speel ten opsigte van die tekssamestelling. Daar word deurgaans na die artikels verwys as "biografiese gegewens", maar daar word nie aangetoon watter

19 artikels welke ooreenkoms toon met watter verhale nie. Wat die eenheidsaspek betref, meld die oorgrote meerderheid dit, maar verswyg almal (behalwe Brink), presies hoe hierdie samehang en eenheid verkry word. Ten spyte van die leemtes in die resensies behoort dit duidelik te word watter aspekte deur die kritici uitgelig en beklemtoon is. Daar sal wei aan sommige van hierdie tekortkominge aandag geskenk word aangesien enkeles daarvan In deurslaggewende rol speel in die teks-analise. 1.4 SAMEVATTING Deurdat daar in die resensies soveel kere melding gemaak word van die verhouding tussen fiksie en realiteit en die wyse waarop Le Roux te werk gaan om die grense tussen die twee entiteite, naamlik fiksie en werklikheid te verbreek, is dit nodig om hierdie aspekte te ondersoek. Daar sal gevolglik ingegaan word op die teoretiese aspekte van hierdie verhouding, asook die relevantheid van Kosinsky se motto oor outofiksie en spesifiek die verband met realiteit en fiksie. Le Roux se teks is vernuwend in die moderne Afrikaanse prosa, aangesien dit binne die raamwerk van die New Journalism en die Postmodernisme val. Vanwe~ die joernalistieke agtergrond van die teks word die tydskrifartikels vergelyk met die kortverhale om so aan te toon hoe die skrywer die werklike gebeure getransformeer en.gereproduseer het. Dit is veral die 'collagel-tegniek van die Postmodernisme wat hier In rol speel. In Kennis van hierdie twee rigtings, die New Journalism en die Postmodernisme, is van belang. om die teks te verstaan en te interpr~teer. Gevolglik gaan daar na die onderskeidende kenmerke van die twee rigtings gekyk word om so In beter begrip daarvan te verkry.

20 2 TEORETIESE AGTERGROND 2.1 POSTMODERNISME Verskeie kritici het in hul resensies van Sleep vir joll 'n stoel nader verwys na die postmoderne eienskappe van die teks wat dan van die spesifieke teks so 'n boeiende en vernuwende toevoeging tot die moderne Afrikaanse prosa maak. Aangesien die Postmodernisme egter so In resente en dikwels verwarrende (literere) stroming is, sal daar in detail op die onderskeidende kenmerke ingegaan word. McHale (1987:5) beskryf die Postmodernisme as: II a poetics which is the successor of, or possibly a reaction against, the poetics of early 20th-century modernism, and not some hypothetical writing of the future". Die Postmodernisme dui op wantroue en ongeloof op aile vlakke van die sarnelewing, hetsy godsdienstig, geskiedkundig, wetenskaplik, sielkundig, of selfs op die kunsvlak. Volgens Graff (1979:32) kan Postmodernisme getipeer word as "... the movement within contemporary literature and criticism that calls into doubt the traditional claims of literature and art to truth and human value". Die postrnodernistiese periode strek van die middel 1950's tot die huidige tydperk, die 1980's. Hoewel sommige kritici beweer dat daar nie 'n onderskeid tussen die Modernisme en Postmodernisme is nie, sal die talle onderskeidende kenmerke tussen die twee rigtings wei die teendeel bewys. Die Postmodernisme ontstaan uit 'n bepaalde houding jeens en In visie:6p die wereld. Daar heers In deurlopende negativisme in die geledere van die letterkundiges ten opsigte van die waarneming van die wereid as eenheid. Waar die modernistiese tekste 'n verdediging is teen die chaos van die moderne wereld, met feitlik 'n onskeibaarheid van vorm en inhoud, reduseer die Postmodernisme die karakters, gebeure en plot om te dui op die eenloosheid van die wereld.

21 In Gevoel van (totale) toekomsloosheid en uiteindelike selfdestruksie heers in die postmodernistiese wereld. Die wereldsiening word gekenmerk deur die oortuiging dat enige poging om die gebroke wereld weer tot In eenheid te konstrueer, doelloos is. Daar is geen higrargiese orde nie en die Postmoderniste sien hulself vasgevang in die status quo se konvensies, prosedures en kompromieg. Hulle is gemotiveer deur die voorafgaande generasies, waaronder die Modernisme, wat volgens hulle daarin gefaal het om sekere aspekte (soos byvoorbeeld die verbrokkeling van die mens, sy wereld en taal) van die realiteit weer te gee. Die Postmodernisme is In reaksie teen die higrargie, die orde in die Modernisme. Hulle kritiseer en parodieer hierdie higrargie. Hulle handhaaf die prinsipe van nie-higrargie en weerhou hulle tekste doelbewus van interpretasie deur middel van die wyse waarop die teks gekonstrueer is. Dit wil voorkom of die postmoderne teks op die prinsipe van nie-konstruksie gebou is. In postmodernistiese tekste is daar In wegbeweeg van interpretasie wat volgens Sontag (1986:15) lei tot parodiese, abstrakte of dekoratiewe vorme wat almal gemik is teen interpretasie. Die "performance" en struktuur word gewoonlik bo die betekenis en inhoud beklemtoon. Die modernistiese klem op interpretasie en betekenisvolheid word as pretensieus beskou en wil deur die Postmoderniste geparodieer en verskuif word. Ander belangrike uiteengesit word verskil. kenmerke van die Postmodernisme om aan te toon hoe dit van die van sal :voorts Modernisme Postmodernisme is anti-intellektueel met die klem op die onmiddellike, nie-intellektuele ervaring. Waar die Moderniste verwys na die diepere verskuilde betekenis onder die oppervlak, is die Postmoderniste se kuns.gewoon en eenvoudig, wat die betekenis dikwels gewoon as In oppervlakte weergee. Fokkema (1986:15) beweer dat die Postmoderniste weier om terloopsgeori~nteerde verwagtinge te vervul, dit wil se, fiksie volgens die herkenbare literere konvensies (begin, middel en einde). Dit gooi aile konvensies omver en poog om die individu los te maak van die georganiseerde, bekende wereld.

22 Moderniste siendie kuns as die toepassing van In menslike orde op In onmenslike chaos. Deur middel van kuns wil hulle die verlore eenheid herstel in " a world in need of mending" (Wilde 1981: 131 ). "Modernism, spurred by an anxiety to recuperate a lost wholeness in self-sustaining orders of art or in the unselfconscious depths of the self (control and surrender \ again), reaches toward the heroic in the intensity of its desire and its disillusion. Postmodernism presents itself as deliberately, consciously antiheroic it enacts that attitude of suspensiveness which implies the tolerance of fundamental uncertainty about the meanings and relations of things in the world and in the universe" (Wilde 1981 :131, 132). Agter die nuwe fiksie (die Postmodernisme), skuil egter In eerlikheid in die soeke na waarheid. Hiervolgens kan die Postmodernisme weer in twee rigtings onderverdeel word, naamlik die metafiksionele en die kreatiewe Postmodernisme. Eersgenoemde behels die selfreflekterende aard van die teks; die teks stel homself bloot as In fiksie in In soeke na wat dit beteken om fiksie te skryf. Die tweede stroming is die sogenaamde kreatiewe impuls, die wereld word waargeneem en weergegee (deur middel van lang sinne, herhalings, lyste, en collage sonder om die vasgestelde signifikant daarop af te dwing), aldus Federman (1978:122). Waar die Modernisme desperaat poog om eenheid deur middel van die kuns te herstel, is die Postmodernisme skepties teenoor die pogings tot eenheid.. In die Postmodernisme heers daar In houding van ontologiese onsekerheid: "The world... is accepted as a given and its essentials as beyond change or understanding" (Fokkema 1986:44). Die onderskeid tussen Postmodernisme en Modernisme berus op die kenmerkende dominant, dit wil se, die bepaalde fokuspunt van In spesifieke rigting. Die dominant van die Modernisme is die epistemologie. Laasgenoemde behels volgens Fokkema (1986:60), vrae soos: Wat is daar om te weet? Wie weet dit? Hoe weet hul dit? Met watter mate van sekerheid? Verder ook: Hoe word kennis oorgedra? Met watter mate van betroubaarheid? Hoe

23 verander kennis in die oordragproses? kennis? Wat is dan die grense van Daarteenoor vind ons die Postmodernisme met die ontologie as dominant. Volgens Fokkema (1986: 75) is die ontologie" a theoretical description of a universe". Let wei daar is gepraat van In heelal,nie die heelal nie. Die definisie behels dus enige heelal, selfs In fiksionele een. Vrae rakende die volgende \ karakteriseer die dominant, naamlik: Wat is In wereld? Watter soort werelde is daar? Hoe is dit opgebou? Hoe verskil hul van mekaar? Wat gebeur wanneer verskillende wereide in konflik is of wanneer die grense van die wereide verbreek word? Wat is die modus van In teks se bestaan asook die modusse van die wereld wat daardeur geprojekteer word? en: Hoe is In geprojekteerde wereld gestruktureer? Uit bogenoemde onderskeide blyk dit duidelik in welke mate die Postmodernisme en Modernisme verskil. Daar moet wei onthou word dat aile kontemporere werke nie sonder meer as postmodernistiese tekste geklassifiseer kan word nie. Hoewel In werk nuut en avant-garde mag wees, is dit nie sonder meer Postmodernisties nie. Die oorgang is ook nie sonder meer In onkeerbare proses nie. Die teks kan wei weer kenmerke van die Modernisme vertoon of In balans handhaaf tussen die twee strominge en daar moet ook besef word dat die een rigting nie noodwendig meer meriete het (beter of slegter is), as die ander een nie. Die kode van die postmodernistiese teks kan volgens Fokkema. (1986:86) beskou word as In sisteem van "preferred options", want dit maak gebruik van In geselekteerde semantiese repertoire en.' sintaktiese konstruksies. Dit beteken dat die postmodernistiese kode die standaardtaal se semantiese en sintaktiese opsies uitbrei deur sekere re~ls te selekteer en ander by te voeg. Hoffmann (1986:226) toon ook aan hoedat die Postmodernisme dubbel gekodeer is. Dit gebruik die onderwerpe en tegnieke van die populere literatuur sodat dit toeganklik is vir aile lesers maar deur vroegre en veral modernistiese kuns te parodieer, vind dit aanklank by die kuns en die literer-gesofistikeerde leser. Fokkema (1986:87) maak verder In fyn onderskeid tussen sekere

24 lekseme wat prominent in die Postmodernisme gebruik word. lekseme is onder andere die spiegl, labirint, kaart, reis bestemming), ensiklopedie, advertensies, T.V., foto's koerant. Sulke (sonder en die Daarbenewens onderskei Fokkema (1986:87) ook ander semantiese kenmerke in die Postmodernisme. Die eerste is ASSIMILASIE met die kenmerk (+ pan). Hierdie kenmerk behels die saamvloei van woordvorms, die "confusion of realms ll en is gerelateer tot ONBEPAALDHEID. Assimilasie sluit in androgeniteit of hermafroditeit, asook die volgende lekseme: die labirint, reis sonder bestemming en die ensiklopedie. Teenoor die postmodernistiese semantiese veld van assimilasie staan die modernistiese diskriminasie en kwalifikasie. Met ander woorde die verskillende tussen woorde en begrippe (vorme) staan voorop en word 'n poging tot onderskeiding en aanwysing van die verskillende tussen die afsonderlike woorde en hul betekenisse. Die tweede postmodernistiese semantiese veld is die van MULTIPLIKASIE en PERMUTASIE, met die kenmerk (+ poli). Hierdie veld sluit in wiskundige komponente soos permutasie, duplikasie, multiplikasie en enumerasie, asook aile woorde met die eienskap (+ poli). Lang lyste woorde wat geen ognskynlike verband toon nie, word byvoorbeeld gebruik. Hierdie wiskundige tegnieke word gebruik ter wille van die postmoderniste se strewe na nieseleksie en nie-interpretasie. Dit behels lekseme soos spieml, labirint, reis sonder bestemming, ensiklopedie, advertensie, koerant, paranoia en inventaris. Hierteenoor staan die Moderniste se meer gekwalifiseerde konstruksies en enkelvoudigheid. Laasgenoemde is gegrond op gekwalifiseerde diskriminasie en behels dat die enkele woord gekies word om sy spesifieke betekenis en vorm;faktore wat bydra tot die betekenis van die geheel. : Die derde semantiese veld van die Postmodernisme is die van SENSORIESE PERSEPSIE. Die veld behels die lekseme wat die sintuiglike funksies beskryf. Dit sluit die semantiese veld KONKREETHEID oppervlak. in met die klem op die waarneembare detail of Dit is werelds en sosiaal en sluit lekseme in soos

25 hoor, luister, ruik, speel, sien, lees, spie~l, reis, en die T.V. Veral die visuele speel In rol in die Postmoderne. Die visuele sluit nou aan by die konsep Ioutofiksie I:" the eye becomes an eye in the service of the eye becoming a transformed Ii in both cases, the aggrandizement of world into self implies the transcendence of that world by a self capable of seeing it all" (Caramello 1983:59). Die Moderniste beklemtoon hierteenoor die intellektuele prosessering van indrukke. Soos vroe~rreeds aangetoon, is die oppervlak en die onmiddellike ervaring vir die Postmoderniste van belang. Dit is nie-intellektueel en moet ervaar word. Daarteenoor val die Moderniste se klem op die intellektuele in die kuns en ervaring. Die vierde semantiese veld het te make met beweging en aile lekseme wat op beweging dui, fisiek of verbeeld. Dit sluit die semantiese velde SPEL en PORNOGRAFIE in, met lekseme soos die labirint, reis, T.V., praat en geweld. Die Moderniste Ie weer die klem op die intellektuele. Deur middel van die gebruik van 'n literere rigting soos die pornografie en wetenskapsfiksie, wat as sub-literer beskou word, wil die Postmodernisme die gaping tussen die ho~ (elitistiese) en die lae (massa) kuns/kultuur oorbrug. Dit word In opstandskreet teen aile normes en waardes vir vrymaking van beperkinge, nie net sosiaal en maatskaplik nie, maar ook seksueel. Dit wil naamlik die erotiese potensiaal van die kuns bevry. Die vyfde semantiese veld is MEGANISASIE. Dit behels woorde wat in verband staan met qie ge~ndustrialiseerde, gemeganiseerde en geoutomatiseerde we~eld wat met lekseme soos reis, advertensies, T.V., foto's en rekenaars te make het. Die postmodernistiese teks deel ook in die Moderniste se affiniteit vir die kamera. Die gebruik van die rolprentmedium verskil eg~er radikaal tussen die Modernisme en die Postmodernisme. "For modernist fiction, the movies served primarily as a source for new techniques of representation. Instead of serving, as a repertoire of representational techniques, the movies and television appear in postmodernist writing as an ontological level: a world-within-

26 the-world, often world of the text one in competition with the " (McHale 1987: 128). primary diegetic Die Postmoderniste weerspiegl die werklikheid waar T.V. en films ontsnappingsmiddels is uit die wereld. Volgens McHale (1987:129) word die teks In metafoor en die rolprente die voertuig. Prentmetafore, soos rolprentterme, vervang narratiewe taal en breedvoerige beskrywings. Wat die sintaktiese betref, toon die postmodernistiese teks In voorkeur vir parataksis bo hipotaksis, aldus Fokkema (1986:90), as gevolg van hul skeptisisme jeens die Moderniste se higrargiese modelle. Die sinstrukture vertoon In fragmentering, In gebrokenheid as gevolg van sintaktiese ongrammatikaliteit, asook In semantiese onversoenbaarheid en ongewone tipografie. Hierdie gebrokenheid, fragmentering en dergelike, vind neerslag in al die teksstrukture, naamlik die sintaktiese, semantiese, tipografiese en dies meer. Aansluitend by bogenoemde is die taalaspek. In die postmodernistiese teks staan die taal voorop. (Hoewel die klem op die vorm van die taal geensins nuut is nie, sal daar tog aandag daaraan geskenk word om te wys in welke mate daar verskil word van en ooreengekom word met die Modernisme). Die motto is naamlik VORM bo INHOUD. Postmodernistiese tekste is selfbewus en self-referensieel. Daar is In "foregrounding" van die linguistiese medium. Waar die Moderniste se klem val op die karakter se bewussyn deur middel van styl (en so deur middel van vrye styl dui op die vryheid van inhoud),.wil die Postmodernisme. die wereld deur die taal projekteer (hoe gedeeltelik of onverstaanbaar ook al). In laa~genoemde rigting is daar volgehoue pogings teen interpretasie en bepaalde strategieg word gebruik om juis aan die oogmerk te voldoen. Tegnieke is, die katalogus, leksikale ekshibisionisme, opsetlike "nonfluency" soos onsamehangende, ongrammatikale en onvoltooide sinne, volgens McHale (1987:154~. Die teks self trek die aandag, en dan ook weg van die inhoud af. Waar die Moderniste die oorspronklike toestand van die taal wou herstel, aanvaar die