Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

MALHERBE RP et HATTINGH R

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

Skripsie ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Magister Legum aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

Mosselbaai Munisipaliteit

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA. (Gehou te Kaapstad)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

Rut: n Liefdes Verhaal

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

Transcription:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK VAN WES TRANSVAAL Derde Respondent UITSPRAAK: PUNT IN LIMINE BASSON R 1 Die applikant, ds N Schreuder, beweer dat die respondente, die Nederduitse Gereformeerde Kerk Wilgespruit (die eerste respondent), die Ring van Roodepoort, Nederduitse Gereformeerde Kerk (die tweede respondent) en die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Wes Transvaal (die derde respondent) hom onbillik uit hulle diens ontslaan het. 2 Soos ooreengekom, het die applikant begin met sy saak en nadat die Hof etlike maande se getuienis van die applikant se getuies aangehoor het, het die respondente se regsverteenwoordiger, mnr Woudstra, die punt geopper dat die Hof nie jurisdiksie het om die

saak aan te hoor nie. 3 Nie een van die twee voorverhoornotules maak enige melding van so n voorlopige punt insake jurisdiksie nie terwyl reël 6(4)(b)(xi) en (c) van die Hofreëls juis vereis dat sodanige punte genotuleer moet word. Dit was ook die heel eerste keer dat so n punt op rekord geplaas is, nieteenstaande die feit dat tussenverhoorkonferensies gehou is om die verhoor te probeer verkort. Die pleitstukke maak ook geen melding van sodanige punt in limine nie alhoewel die respondente se gewysigde pleitstukke, wat eers in Augustus 1998 gewysig is en eers nadat hierdie punt in limine geopper is in die Hof se Bundel gebind is, in paragraaf 83 n verwysing na probleme met jurisdiksie bevat. 4 Nieteenstaande die feit dat die punt in limine op hierdie wyse teenstrydig met die erkende reëls van regspraktyk geopper is, het die Hof geoordeel dat hierdie jurisdiksie aangeleentheid eers beslis moes word voordat die Hof voortgaan met die verrigtinge wat volgens alle aanduidings nog etlike maande sou duur. Gevolglik het die Hof bepaal dat die respondente getuienis moes lei met betrekking tot die punt in limine, dat die applikant daarna sulke getuienis moes lei en dat die Hof dan na die aanhoor van argument oor hierdie jurisdiksieaangeleentheid die punt sal beslis. Hierdie is die uitspraak op die punt in limine oor die Hof se jurisdiksie. 5 Die respondente beweer dat die applikant ontslaan is op 30/31 Oktober 1996. Dit is gemeensaak dat n leraar (soos die applikant) ontslaan word op die datum waarop die band losgemaak word tussen die betrokke leraar en sy of haar gemeente (in hierdie geval, die gemeente Wilgespruit, die eerste respondent) deur die betrokke ring (in hierdie geval, die tweede respondent) ingevolge artikel 12 van die Kerkorde (bewysstuk A ). Daar dien gelet te word op die feit dat die regsvraag of die applikant n werknemer is ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 ( die 1995 Wet ) eers nadat alle getuienis aangehoor is, beslis sal word en dat daar gevolglik vir die doeleindes van hierdie punt in limine aanvaar word dat die applikant wel n werknemer van die respondente is.

6 Die Kerkorde (bewysstuk A ) bevat die administratiefregtelike reëls ingevolge waarvan die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestuur of regeer word. Die bepalings van artikel 12 (op bladsy 4 van bewysstuk A ) is belangrik vir die beslissing van hierdie aangeleentheid met betrekking tot jurisdiksie en kan volledig soos volg aangehaal word: 7 12.1 Indien n leraar nie langer sy gemeente tot stigting kan dien nie, mag die ring na ondersoek, waarin beide die kerkraad en die betrokke leraar aangehoor word, die band tussen leraar en gemeente losmaak indien daar, volgens die oordeel van die ring, billike voorsiening vir die leraar gemaak is. 8 12.2 Billike voorsiening word deur die ring in oorleg met die betrokke kerkraad of instansie en die betrokke leraar bepaal. n Uitbetaling van ses maande se lewensonderhoud en toelaes asook reëlings in verband met pensioendekking vir hierdie periode word as voldoende beskou (die Hof se beklemtoning). 9 Op n ringsvergadering van 30 Oktober 1996 word die volgende besluite van die Ring van Roodepoort (die tweede respondent) genotuleer (hierdie notule verskyn op bladsy 1140 van die respondente se Bundel 3): 8.2.3 Die Ring besluit om ingevolge Kerkorde Artikel 12.1 die band tussen Ds N Schreuder en die gemeente Wilgespruit los te maak. 8.2.4 Die Ring gee aan die Ringskommissie opdrag om Kerkorde Artikel 12.2 met die kerkraad van Wilgespruit op te neem en af te handel. 10 In n brief aan die applikant gedateer 5 November 1996 verklaar die voorsitter van hierdie ringskommissie (ds JF Vermeulen wat vir die respondente getuig het) dat hierdie besluit in werking getree het op 31 Oktober 1996 (die brief verskyn op bladsye 1157 tot 1158 van die respondente se Bundel 4). Ingevolge hierdie brief word die applikant dan ook uitgenooi om u verwagting van wat billike vergoeding sou wees in terme van Artikel 12.2" aan te stuur. Verder word n vergadering vir 7 November 1996 belê van die ringskommissie met

onderskeidelik die applikant en lede van die kerkraad van Wilgespuit gemeente om ingevolge die bepalings van artikel 12.2 (supra paragraaf [6]) billike voorsiening in oorleg met die betrokke leraar en die betrokke kerkraad te bepaal. 11 Die notule van die vergadering van 7 November 1996 verskyn op bladsye 1160 tot 1164 van die respondente se Bundel 4. Nadat ontmoetings tussen die applikant (wat verklaar het dat hy nog nie gereed is om n bedrag van sy kant af te noem nie) en n afvaardiging van Wilgespruit genotuleer word, verskyn die volgende (op bladsy 1163): Bespreking van Art 12.2 Die Kommissie besluit op die volgende: 8.1 Ses maande se basiese salaris, reistoelae en behuising asook medies, pensioen en gadeversekering; 8.2 18 dae se verlof om uit te betaal; 8.3 10/12 van bonus tjek (pro rata); 8.4 Lening word eenmalig afgetrek; 8.5 Indien ds Schreuder kies om pastoraal sielkundige begeleiding te ontvang, sal sy mediese fonds die kostes dra.... 12 Hierna vergader die ringskommissie op die oggend van 11 November 1996 met die applikant se regsverteenwoordiger om skikkingsvoorstelle te bespreek (die notule van die vergadering verskyn op bladsye 1167 tot 1168 van die respondente se Bundel 4). Artikel 12.2 word weer bespreek en die ringskommissie besluit dat hulle nie die voorstel aan die kerkraad van Wilgespruit kan wysig nie. Die formaat van die besluit wat aan Wilgerspruit voorgelê sal word, word bespreek. Dieselfde aand om 18:30 ontmoet die ringskommissie die volle kerkraad van Wilgespruit tydens n kerkraadsvergadering (notule aangeheg op bladsye 1172 tot 1178 van die respondente se Bundel 4). Die betrokke voorstel word vervat in n brief van die ringskommissie (onderteken deur ds Vermeulen) gedateer 11 November 1996 en stem ooreen met die besluit van die ringskommissie geneem op die vergadering van 7 November 1996 (supra paragraaf [9]). Hierdie brief sowel as die berekeninge van die uitbetaling aan die applikant deur die kerkraad van Wilgespruit gemeente en die applikant se eie berekeninge word onderskeidelik op bladsye 1169, 1170 en 1171 van die respondente se Bundel 4 aangetref. 13 Die woorde in die brief van 11 November 1996 dat [i]n die uitvoering van Artikel 12.2 na

gespreksvoering met beide partye het die Ringskommissie die volgende besluit... wek weliswaar die indruk dat die ringskommissie alreeds die oorlegpleging ingevolge artikel 12.2 afgehandel het en ds Vermeulen het die Hof ook hiervan probeer oortuig. Hierdie getuienis strook egter nie met die feite nie. Die ringskommissie het op 11 November 1996 eers die oggend die voorstel (in hulle eie woorde) met die applikant bespreek en daarna later die aand die besluit weer aan die kerkraad van Wilgespruit gemeente voorgelê. Ek is gevolglik oortuig dat dit nie slegs gedoen is om die kerkraad in te lig van n finale besluit wat reeds geneem is nie. 14 Die uitvoering van artikel 12.2 was buitendien geensins afgehandel op 11 November 1996 nie. Trouens, op n vergadering van die ringskommissie op 21 November 1996 (die notule veskyn op bladsye 1200 tot 1202 van die respondente se Bundel 4) wys ds Vermeulen (die voorsitter van hierdie vergadering) daarop dat n ander leraar se appèl geslaag het omdat hy nie die geleentheid gehad het om art 12.2 voor die Ring te debatteer nie (die Hof se beklemtoning). Die ringskommissie besluit dan ook om n Ringsvergadering byeen te roep waar die Ring die optrede van die Ringskommissie kan bekragtig. Ds Schreuder word ook genooi om teenwoordig te wees. 15 Hierdie vergadering is inderdaad byeengeroep op 2 Desember 1996 en die applikant was inderdaad teenwoordig en het sy saak gestel (veral rondom billike voorsiening en die aftrekking van die lening wat aan hom gemaak is om n huis te kan bou). Met ander woorde, die applikant is toegelaat om die saak rondom billike voorsiening in terme van artikel 12.2 te debatteer by hierdie vergadering van die Ring van Roodepoort (die tweede respondent). 16 Ingevolge die notule van die vergadering van 2 Desember 1996 word die besluit van die ringskommissie onder andere soos volg bekragtig of goedgekeur: Die Ring besluit dat die besluit van die Ringskommissie voldoen aan die norm van billikheid soos voorgeskryf in Artikel 12.2 en bevestig die pakket soos ooreengekom (die Hof se beklemtoning).

17 Dit is duidelik dat die uitvoering van artikel 12.2, dit wil sê, die bepaling van billike voorsiening in oorleg met die betrokke kerkraad en die betrokke leraar, eers op 2 Desember 1996 finaal afgehandel was deur die Ring van Roodepoort (die tweede respondent). Die band is gevolglik nie losgemaak ingevolge artikel 12.1 op die vergadering van die Ring op 30 Oktober 1996 nie (hierdie besluit word aangehaal in paragraaf [7] supra). Artikel 12.1 bepaal immers duidelik dat die band losgemaak word deur die ring indien daar, volgens die oordeel van die ring, billike voorsiening vir die leraar gemaak is (sien artikel 12.1 hierbo aangehaal in paragraaf [6]). 18 Die besluit van die Ring om die band los te maak op 30/31 Oktober 1996 was gevolglik voortydig aangesien daar op daardie stadium nog nie (in terme van artikel 12.2) bepaal is (in oorleg met die betrokke partye) wat billike vergoeding vir die applikant behels nie. Verder was die besluit van die Ring van Roodepoort op 30 Oktober 1996 ultra vires aangesien daar nie aan die jurisdiksionele feite soos vereis deur artikel 12.1 van die Kerkordelike reëls voldoen is nie. Die Ring moes naamlik van oordeel wees dat daar billike voorsiening gemaak is vir die applikant en dit kon slegs geskied het nadat die Ring in oorleg met die betrokke partye bepaal het wat billike voorsiening in hierdie besondere geval behels. 19 Dit is duidelik uit die feite in casu (sien veral paragraaf [14] supra) dat die Ring van Roodepoort (die tweede respondent) eers by die vergadering van 2 Desember 1996 oortuig was dat voldoen is aan die norm van billike voorsiening soos vereis deur artikel 12.1 en artikel 12.2 van die Kerkorde (bewysstuk A ). Dit was gevolglik eers op 2 Desember 1996 dat die band tussen die applikant en die eerste respondent deur die tweede respondent losgemaak is (ingevolge artikel 12.1 van die Kerkordelike reëls bewysstuk A ). Anders gestel, die datum waarop die applikant deur die tweede respondent ontslaan is, is 2 Desember 1996. 20 Die oorgangsbepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 ( die 1995 Wet ) word vervat in items 21(1) en 22(1) van skedule 7. Hierdie oorgangsbepalings het ter sprake gekom in die uitspraak van die Arbeidsappèlhof in die saak van Edgars Stores Limited v

South African Commercial Catering and Allied Workers Union & the Commission for Conciliation Mediation and Arbitration (saaknommer JA 77/97, ongerapporteer). Hierdie bepalings lui soos volg: 21. Geskille wat voor inwerkingtreding van hierdie Wet ontstaan (1) n Geskil beoog in die arbeidsverhoudingswette wat voor die inwerkingtreding van hierdie Wet ontstaan het, word hanteer asof daardie wette nie herroep was nie. 22. Howe (1) By enige hangende geskil ten opsigte waarvan die nywerheidshof of die landbouarbeidshof jurisdiksie gehad het en ten opsigte waarvan verrigtinge nie voor die inwerkingtreding van hierdie Wet ingestel was nie moet verrigtinge in die nywerheidshof of die landbou arbeidshof (na gela van die geval) ingestel word en word dit hanteer asof die arbeidsverhoudingswette nie herroep was nie... (die Hof se beklemtoning). 21 In die Edgars Stores saak het die Arbeidsappèlhof (te paragrawe [12] tot [15]) beslis dat die antwoord oor wanneer n geskil ontstaan het gevind moet word in die bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 28 van 1956 ( die 1956 Wet ), oftewel die toepaslike van die arbeidsverhoudingswette wat herroep is deur die 1995 Wet. Hierdie is, met respek, die korrekte benadering, gesien die bewoording van die oorgangsbepalings (supra paragraaf [18]) wat dit duidelik maak dat die Arbeidshof slegs jurisdiksie het as die nywerheidshof ingevolge die bepalings van die 1956 Wet (die toepaslike van die herroepe arbeidsverhoudingswette) jurisdiksie het maar die geskil eers na die inwerkingtreding van die 1995 Wet (op 11 November 1996) ontstaan het. 22 Die vrae wat gestel moet word by die vasstelling van jurisdiksie is gevolglik die volgende (soos gelys deur die Arbeidsappèlhof te paragraaf [12] van die Edgars Stores uitspraak): Die nywerheidshof moet die geskil besleg indien: die geskil beoog is deur die 1956 Wet; die geskil voor 11 November 1996 (die inwerkingtredingsdatum van die 1995 Wet) ontstaan het; en

die nywerheidshof jurisdiksie gehad het om die geskil te besleg. 23 Ingevolge die benadering om die antwoord met betrekking tot jurisdiksie te vind in die 1956 Wet, het die Arbeidsappèlhof in die Edgars Stores uitspraak die verjaringstermyn ( prescription period ) ingevolge die bepalings van artikel 43(4)(a) gelees met artikel 43(2) en die bepalings van artikel 46(9)(a) gelees met artikel 27(A)(d)(i) en artikel 35(3)(d)(i) beoordeel en tot die gevolgtrekking gekom dat: [i]n terms of the 1956 Act, the date of dismissal constituted the date on which the unfair labour practice was introduced, commenced or ceased. The 30 day and 180 day periods were calculated from the date of dismissal, not the date that the parties declared a dispute regarding the dismissal. Put differently, a dismissal dispute arose on the date of dismissal (te paragraaf [19] van die uitspraak die Hof se beklemtoning). 24 25 Ingevolge die feite waaroor die Arbeidsappèlhof in die Edgars Stores saak moes beslis, is die werknemer op 8 November 1996 ontslaan en was hierdie datum van ontslag dan (ingevolge die bovermelde benadering) as die datum waarop die geskil ontstaan het vir die doeleindes van die oorgangsbepalings van die 1995 Wet aangemerk. Aangesien hierdie datum van ontslag voor 11 November 1996 was, is beslis dat die Arbeidshof nie jurisdiksie gehad het om die geskil te besleg nie. 26 Toegepas op die feite in casu waar die datum van ontslag 2 Desember 1996 is (sien paragraaf [17] supra) beteken dit dat die geskil eers na 11 November 1996 ontstaan het. Die nywerheidshof het gevolglik nie jurisdiksie om hierdie geskil te besleg nie en die Arbeidshof het gevolglik jurisdiksie in casu. 27 Die feite op grond waarvan die Arbeidsappèlhof in die Edgars Stores saak beslis het en die feite in casu verskil egter in een belangrike opsig. In die Edgars Stores saak het die onbillike arbeidspraktyk (die term onbillike ontslag word nie aangetref in die 1956 Wet nie) in terme van een enkeling handeling plaasgevind, te wete, die onbillike ontslag op 8

November 1996. Dit is naamlik reeds n geykte regsbeginsel dat n praktyk uit n enkele handeling kan bestaan. Aan die anderkant, bestaan n onbillike arbeidspraktyk meermale uit verskillende handelinge wat die praktyk uitmaak en as bewys daarvan dien. 28 Die Arbeidsappèlhof in die Edgars Stores uitspraak het dan ook die deur oopgelaat vir verdere onbillike handelinge wat na die datum van ontslag op 8 November 1996 kon plaasgevind het (maar op die feite wat in daardie saak voorgekom het, nie plaasgevind het nie): Neither in its referral to the Commission nor in its application for a conciliation board did the union allege that the company acted unfairly after 8 November 1996. Its contention was that the dismissal did not become final until the internal appeal procedure had been exhausted, a submission which the Commission and the Labour Court, correctly, rejected (te paragraaf [20] van die Edgars Stores uitspraak die Hof se beklemtoning). 29 Die applikant in casu het sy reg tot appèl ingevolge die Kerkordelike reëls uitgeoefen en na die sinodale kommissie ( n kommissie van die derde respondent) appelleer. Hierdie interne appèl is eers in Februarie 1997 aangehoor en geweier. Dr H Grobler, wat namens die respondente getuig het oor die punt in limine, het toegegee dat die applikant deurgaans die billikheid van hierdie appèl in geskil geplaas het. Dit blyk ook duidelik uit die applikant se uiteensetting van eis in die pleitstukke dat die billikheid van hierdie appèl bevraagteken word op gronde soos bevooroordeeldheid en die uitsluiting van relevante getuienis (sien onder andere paragrawe 49 en 51 van die gewysigde uiteensetting van eis). 30 Gevolglik het die applikant wel beweer dat die onbillike optrede van die respondente tydens sy ontslag nie tot n einde gekom het op die datum van ontslag nie maar dat dit voortgeduur het tot en met Februarie 1997 toe sy appèl aangehoor en geweier is (op die 28ste Februarie 1997). Met ander woorde, die onbillike arbeidspraktyk het voortgeduur en is beëindig ( ceased ) op 28 Februarie 1997. Die datum waarop die onbillike arbeidspraktyk ingevolge die 1956 Wet beëindig is ( ceased ) is natuurlik die datum waarop die verjaringstermyne ingevolge die 1956 Wet begin loop (sien paragraaf [21] supra) en is dit is dan ook die datum

waarop die geskil oor die onbillike arbeidspraktyk ontstaan het ingevolge die beginsels soos uiteengesit in die Edgars Stores uitspraak deur die Arbeidsappèlhof (sien paragraaf [18] van die uitspraak). 31 In die lig van die voorafgaande, het die geskil in casu ontstaan na die datum van ontslag (op 2 Desember 1996), te wete, op 28 Februarie 1997 toe die beweerde onbillike arbeidspraktyk tot n einde gekom het. Die datum waarop die geskil ontstaan het, is gevolglik na die datum van inwerkingtreding van die 1995 Wet op 11 November 1996. Die nywerheidshof het gevolglik nie jurisdiksie om hierdie geskil te besleg nie, wat beteken dat die Arbeidshof wel oor die nodige jurisdiksie in hierdie verband beskik. 32 Die punt in limine wat opgewerp is in verband met die jurisdiksie van hierdie Hof kan gevolglik nie slaag nie en die respondente se aansoek in hierdie verband misluk. 33 Die respondente se regsverteenwoordiger het verder betoog dat, selfs al sou die datum waarop die geskil ontstaan het 28 Februarie 1997 wees, die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ( die KVBA ) nooit die laat verwysing van hierdie geskil op 29 Maart 1997 (na bewering buite die tydperk van 30 dae soos deur artikel 191(1) van die 1995 Wet vereis) gekondoneer het nie (in terme van artikel 191(2) van die 1995 Wet) en dat hierdie Hof gevolglik nie jurisdiksie het om die aangeleentheid in die afwesigheid van geldige versoening soos vereis deur artikel 191(4) en (5) van die 1995 Wet te besleg nie. 34 Hierdie is natuurlik weer n heeltemaal nuwe punt oor die jurisdiksie van die Hof en dit is weereens n bron van kommer dat dit eers op hierdie laat stadium van die verrigtinge geopper word. Trouens, die respondente het nagelaat om die handelinge van die KVBA in hierdie verband (soos dit uiting gevind het in die sertifikaat van uitkoms van die geskil bewysstuk W2" ) te hersien ingevolge die bepalings van die 1995 Wet. Artikel 145 vereis dat n hersieningsaansoek van n arbitrasietoekenning binne 6 weke nadat die handeling verrig is, gebring moet word. Selfs al sou argumenteer word dat die hersiening van n konsiliasiehandeling ingevolge die bepalings van artikel 158(1)(g) van die 1995 Wet

plaasvind, is dit n geykte regsbeginsel dat dit steeds binne n redelike tydperk moet geskied aangesien dit nie in die openbare belang is om die aanvegting van die geldigheid van handelinge van administratiewe organe soos die KVBA te lank te laat sloer nie. Die regsverteenwoordiger van die respondente het aangedui dat hy nie van plan is om nou n aansoek vir kondonasie in so n hersieningsaansoek te bring nie en dit wil op die feite aan die Hof bekend voorkom of daar in elk geval min kans sou gewees het dat so n aansoek op hierdie laat stadium sou kon slaag. 35 Dat hierdie betoog oor die jurisdiksie van die Hof op hierdie laat stadium geopper is bly egter n bron van kommer, veral omrede die wyse waarop n aangeleentheid voor die Hof verdedig word ingevolge die bepalings van artikel 162(2)(b)(ii) van die 1995 Wet belangrik is vir die kwessie van n gepaste kostebevel ooreenkomstig regsvereistes en billikheid. 36 Die Hof maak gevolglik nie nou n gepaste bevel oor koste wat betref hierdie mislukte aansoek van die respondente nie maar behou die reg voor om aan die einde van die geding in die lig van n meer volledige konspektus van die feite n gepaste kostebevel te maak. Indien die Hof nie n spesiale kostebevel maak nie, sal hierdie koste, koste in die geding wees. 37 In die lig van die voorafgaande, word die aansoek van die respondente insake die gebrek aan jurisdiksie van hierdie Hof van die hand gewys. n Gepaste bevel insake koste sal te gelener tyd gemaak word. Basson R Datum van uitspraak: 9 Oktober 1998