NAVORSINGSVERSLAG 2009/2010

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NAVORSINGSVERSLAG 2016/2017

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

SIZA takes the sting out of auditing

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

NAVORSINGSVERSLAG 2014/2015

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Rut: n Liefdes Verhaal

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

September 2010 No. 45 CANOLA OESVERLIESE HOEVEEL, WAAR EN HOE KAN EK DIT BEPERK

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Mandala Madness Deel 2

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

HOOFSTUK 1. Aankooprisikobestuur: oriёntering, probleemstelling, navorsingsmetodologie, doel en struktuur van die studie. Bladsy

Tariewe

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Direkte en indirekte rede *

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Mosselbaai Munisipaliteit

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Transcription:

2009/2010 NAVORSINGSVERSLAG

Visie Die PNS strewe daarna om 'n wesenlike bydrae ter bevordering van plaaslike produksie van proteïen op 'n mededingende grondslag te lewer ter bevrediging van die groeiende proteïenbehoeftes vir diereproduksie wat sal lei tot 'n verhoging in die lewensstandaard van alle mense in die RSA. Missie Die PNS lewer sy bydrae tot die realisering van die visie vir proteïenvoorsiening en -aanwending deur middel van: 1 Die pro-aktiewe stimulering en befondsing van toepaslik doelgerigte navorsing asook die bevordering en implementering van sodanige navorsingsresultate deur tegnologie-oordrag ten einde in die toenemende proteïenbehoeftes vir dierevoeding in die RSA te voorsien. 2 Die PNS verbind hom tot 2.1 'n gebalanseerde, objektiewe benadering; 2.2 'n kritiese ingesteldheid ten opsigte van die nuutste ontwikkeling van proteïenvoorsiening en -aanwending; 2.3 die bevordering van koste-effektiewe navorsing; 2.4 die dinamiese bevordering van implementering van navorsingresultate; 2.5 die effektiewe volhoubare benutting van natuurlike landbouhulpbronne. Posbus 1564 Rivonia 2128 TEL 011 803 2579 FAKS 011 803 2287 E-POS pns@proteinresearch.net WEB www.proteinresearch.net

PROTEïENNAVORSINGSTIGTING NAVORSINGSVERSLAG 2009/2010 INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING...3 2. ALGEMENE OORSIG...3 3. BELEIDSBESLUITE...6 4....8 4.1 ALGEMEEN... 8 4.2 VISMEEL... 9 4.3 OLIEKOEK...10 4.3.1 Internasionaal... 10 4.3.2 Plaaslik... 11 4.3.3 Projeksies - 2010, 2020... 11 4.4 PLAASLIKE VERBRUIK VAN PROTEIEN...12 4.4.1 Algemeen... 12 4.4.2 Pluimveebedryf... 13 4.4.3 Varke... 14 4.4.4 Suiwel, ensovoorts... 14 4.4.5 Ander... 14 4.5 PLAASLIKE PRODUKSIE VAN PROTEÏEN...15 4.5.1 Algemeen... 15 4.5.2 Sojabone... 15 4.5.3 Canola... 18 1

4.5.4 Ander... 20 5. PROJEKTE GEFINANSIER 2009/2010... 20 6. PROJEKTE WAT SUKSESVOL AFGEHANDEL IS OF WAARMEE AANSIENLIKE VORDERING GEMAAK IS (BYLAE I EN II)... 21 SIEN 6.1 TOT 6.30 7. STUDIEBEURSE... 55 8. PRESTASIETOEKENNINGS TER BEVORDERING VAN DIE PNS SE VISIE EN MISSIE... 56 9. SLOT... 58 BYLAES I LYS VAN GOEDGEKEURDE PROJEKTE IN 2009/10... 59 II LYS VAN PROJEKTE WAT GEDURENDE 2009 AFGEHANDEL IS... 63 III KORT- EN MEDIUMTERMYN BEHOEFTES EN VERBRUIK VAN VISMEEL EN OLIEKOEK... 64 IV PNS STRUKTURE... 67 2

1. INLEIDING Die visie- en die missie van die PNS is van groot belang vir alle Suid-Afrikaners. Geen ander instansie in Suid-Afrika wend enige poging aan om deur middel van invoervervanging van proteïen vir diereverbruik valuta te bespaar, werksgeleenthede te skep en terselfdertyd n besondere bydrae te maak tot voedselsekerheid in Suid-Afrika. Die hoofdoelstelling van die PNS, naamlik om meer proteïen plaaslik te produseer om ingevoerde proteïen te vervang impliseer baie duidelik dat daar nie voldoende proteïen vir diereverbruik in Suid-Afrika geproduseer word nie. Die feit dat daar groot hoeveelhede proteïen vir diereverbruik ingevoer moet word, beteken dat Suid-Afrika ten opsigte van vleis, eiers, melk, ensovoorts nie selfvoorsienend is nie en dus bestaan daar ten opsigte van hierdie aspekte geen voedselsekerheid nie. Die Raad van die PNS poog om met hierdie verslag n meer volledige prentjie te skep rondom die aangeleentheid van proteïen vir diereverbruik en die effek daarvan op proteïen vir menslike verbruik, die skepping van werksgeleenthede en voedselsekerheid. Ons glo ook dat diegene wat hierdie verslag bestudeer en na aanleiding daarvan n bydrae kan maak om die visie- en missie van die PNS te bevorder, n besondere diens sal lewer aan alle mense in Suid- Afrika. Die gebrek aan voldoende befondsing van navorsing en ook die ondoeltreffende besteding van fondse bestem vir navorsing, laat die vraag ontstaan of beleidmakers werklik ernstig is met voedselsekerheid vir Suid-Afrika. Daar word voortdurend groot gewag gemaak van die potensiaal van Afrika. Dit hou ook n positiewe boodskap in vir die ekonomie van Suid-Afrika maar die negatiewe sy daarvan is dat indien daar ernstige tekorte ontstaan, kan die res van Afrika geen bydrae maak tot voedselsekerheid en sal ellende en honger, soos tans die geval is in baie lande, net in groter mate toeneem. Indien Suid-Afrika nie vir homself sorg, sal niemand anders in tye van nood, vir Suid-Afrika sorg nie. Die PNS wil die vertroue uitspreek dat die verskillende betrokke Regeringsdepartemente kennis sal neem van die werksaamhede van die PNS en ook die moontlikheid om met behulp van die Regering n besondere bydrae te kan maak tot werkskepping, invoervervanging, voedselsekerheid en veral ook proteïen wat nie net deur diere verbruik kan word nie, maar ook deur die mense van Suid-Afrika. 2. ALGEMENE OORSIG Die PNS kan weer hierdie jaar met tevredenheid terugkyk oor die afgelope jaar se aktiwiteite wat n groot verskeidenheid gedek het op vele terreine. 3

Die PNS Raadslede verteenwoordig n verskeidenheid dissiplines en belangegroepe wat volgens die PNS die mees aktuele aspekte dek wat vir die PNS se doen- en late onder die huidige omstandighede waarskynlik krities belangrik is. Elke Raadslid is n spesialis in eie reg en kan nie maklik vervang word nie. Vir slegs die tweede keer in die PNS se bestaan het n sittende Raadslid ons ontval, by name, Mnr Steve Malherbe, een van die mees senior en mees gerespekteerde Raadslede van die PNS. Die PNS sal voorwaar wyle Mnr Malherbe mis, as mens, as ge-eerde kollega en vriend, maar ongetwyfeld sy jare ervaring, kennis en wysheid. Die kundigheid van n groot aantal verwante vakgebiede vir die uitvoering van die visie en missie van die PNS is onontbeerlik. Die lys van hierdie vakgebiede sien naastenby soos volg daaruit: 1. Akkerbou 2. Gewasmodelle 3. Onkruidbeheer 4. Gewasfisiologie 5. Grondkunde/Plantvoeding 6. Plantkunde 7. Planteteelt/Genetika 8. Biotegnologie 9. Biochemie 10. Plantpatologie 11. Mikrobiologie 12. Entomologie 13. Nematologie 14. Voedingkundige: Beeste en skape 15. Voedingkundige: Melkbeeste 16. Voedingkundige: Varke en Pluimvee 17. Rekeningkunde 18. Ekonomie 19. Landbou-ekonomie 20. Mariene Biologie Afgesien van die navorsingsprojekte wat befonds word wat hieronder elkeen afsonderlik aangespreek word, vind die PNS dit egter steeds nodig om kontrakteurs te betrek vir n verskeidenheid take waarby die Trustees nie kan uitkom nie, of waarvoor navorsingsinstansies soos die LNR, nie oor die nodige mannekrag beskik nie. In die navorsingsverslag van 2008/2009 is verwys na n sogenaamde plan B en C om die dilemma van beperkte navorsingskapasiteit in Suid-Afrika te omseil. In opvolging hiervan is daar meer gebruik gemaak van universiteite en ander instansies wat kon hulp verleen (Plan B). Kundigheid uit die buiteland word egter ook benut deur besoeke aan die buiteland, hoofsaaklik Noord-Amerika, Brasilië, Argentinië en Australië. (Plan C). Besoeke van Suid-Afrikaners aan genoemde lande word ook benut vir inligting en opleiding. Soos in die navorsingsverslag van 2008/2009, paragraaf 3 - Beleidsbesluite genoem is, is gebruik gemaak van die dienste van Dr Jan Dreyer wat vir een jaar gekoopteer was op die Tegnologiekomitee. Hierdie aanstelling is egter gedurende die huidige jaar omskep in n permanente aanstelling aangesien Dr Dreyer n besondere bydrae lewer as lid van die Tegnologiekomitee. 4

So ook het die onderhandelinge met die Universiteit van Stellenbosch en wel Prof. Mohammed Karaan, dekaan van die fakulteit Agri Wetenskappe aan genoemde Universiteit, n positiewe gevolg gehad en is ooreengekom dat Prof. André Agenbag al die PNS canola aktiwiteite in die provinsie Wes-Kaap sal koördineer. Hierdie stap het onmiddellik goeie resultate gelewer tot voordeel van die canolabedryf. Samewerking met Embrapa asook die Universiteit van Viçosa in Brasilië aan die een kant en INTA in Argentinië aan die ander kant, is ook gemeld in die Navorsingsverslag van 2008/2009. Hierdie voorgestelde samewerking het bo verwagting goed gematerialiseer en kon daar gedurende die plantseisoen Oktober/November 2009 n aantal cultivars van genoemde instansies op etlike lokaliteite geplant word, hoewel in sommige gevalle n effe laat vanweë logistiese probleme. Die resultate en verdere vordering met hierdie instansies sal in die Navorsingsverslag van 2010/2011 vervat word. Verwysing is ook verlede jaar gemaak na die behoeftes van n kaart ten opsigte van die oppervlakte beskikbaar vir sojaboonverbouing in Suid-Afrika, asook n klimatologiese kaart van streke waar sojabone verbou word. Die PNS het Prof. C Blignaut van die Universiteit van Pretoria gekontrakteer ten opsigte van eersgenoemde en sal hierdie kaart waarskynlik in 2010/2011 beskikbaar wees wat n besondere deurbraak sal wees. Die PNS kontrakteurs Mnre Wessel van Wyk en Gawie de Beer, het in samewerking met medewerkers uit die sojabedryf n klimatologiese kaart saamgestel wat die streke aantoon waar sojabone verbou word. Hierdie kaart sal verder verfyn word nadat die studie van Prof. Blignaut gefinaliseer is. Die samewerking met Bureau for Food and Agricultural Policies (BFAP) om n sojaboonscenario vir die PNS daar te stel, vorder baie goed. Voorlopige verslae is reeds ontvang en die finale verslag sal vroeg in 2010/2011 beskikbaar wees wat ook baie onduidelikhede in die sojabedryf uit die weg sal ruim. Die beleid van volgehoue tegnologie-oordrag op alle vlakke word steeds gehandhaaf. Kundiges van formaat is genooi na beide Raadsvergaderings sowel as werkgroepvergaderings. Raadsvergaderings is onder andere toegespreek deur Prof. R Schulze van Universiteit KwaZulu- Natal en Prof M Karaan van Universiteit Stellenbosch, terwyl sprekers by die verskillende werkgroepe aangetoon word by sodanige onderafdelings in hierdie verslag. Die ooreenkomste met buitelandse maatskappye het tot gevolg gehad dat die PNS vir die eerste keer buitelandse kundiges genooi het om behulpsaam te wees met tegnologie-oordag. So is Dr JFV Silva van Embrapa genooi om as gas van die PNS, die NSSA Simposium in Suid- Afrika toe te spreek. Soortgelyk het twee saadtelers van INTA te wete Mnre Ignacio Vicentin en Luis Salines asook Prof. F Rodrigues van die Universiteit van Viçosa besoeke aan Suid-Afrika gebring en het met n verskeidenheid kundiges en werkgroepe ontmoet. 5

In n poging om die canolabedryf ook terwille te wees, het die PNS Raad toestemming gegee dat die voorsitter van die Australian Oil Seeds Federation (AOF) Mnr T Potter, gedurende 2010/2011 n besoek aan Suid-Afrika sal bring. Die PNS het besoeke aan die buiteland te wete Australië, Argentinië, Brasilië en Sjina gebring vir besigheid sowel as die bywoning van kongresse deur PNS Trustees en kontrakteurs. Hoewel biobrandstof nog nie noemenswaardig posgevat het in Suid-Afrika nie, beskou die PNS die toekoms van biobrandstof en neweprodukte van hierdie proses as baie belangrik. Die Raad en sy werkgroepe word op hoogte gehou met die nuutste verwikkelinge deur Dr Lourens du Plessis, n kontrakteur wat kwartaalliks verslae aan die PNS voorlê. Die groei in die sojabedryf is n hoogtepunt vir die PNS ten spyte van meningsverskille hieromtrent met Graan Suid-Afrika. Meer besonderhede omtrent die feite betreffende sojabone word in paragraaf 6.5.2 in hierdie verslag vervat. Nog n probleem wat deurlopend aandag gekry het is die betroubaarheid van die resultate van ontledings wat deur verskeie laboratoria gedoen word. Die resultate van etlike navorsingsprojekte word hierdeur geraak en hierdie saak sal deurlopend aandag kry en hopelik in 2010/2011 gefinaliseer word. Na baie jare se droogte ten opsigte van sojaboonkundigheid vanuit die LNR, het die president van die LNR onderneem om een senior en twee junior sojaboonnavorsers by LNR-IGG aan te stel. Die PNS en die sojabedryf sien uit na die uitvoering van hierdie beloftes want dit sal inderdaad n broodnodige hupstoot aan die sojabedryf gee. 3. BELEIDSBESLUITE Die PNS streef daarna om voortdurend aan te pas by die veranderende omstandighede wat die dinamiek van die moderne samelewing tot gevolg het. Die wel en weë van die PNS se aksies word bepaal deur n wye verskeidenheid dissiplines wat in paragraaf 2 aangestip is en daarom moet die PNS nie alleen op hoogte wees met die nuutste tegnologie nie, maar hom ook aanpas daarby. Die samestelling van die PNS Raad het die afgelope jaar indringend aandag gekry om te verseker dat aan die vereistes van die huidige werksaamhede voldoen kan word. Verlede jaar is n generiese sojaboonbemarkingsprogram aangekondig wat na wense vorder. Die PNS het besluit om dit met n soortgelyke generiese bemarkingsprogram ten opsigte van canola op te volg en het in die lig hiervan besluit om n kundige en leier uit produsentegeledere ten opsigte van canola op die Raad aan te stel. So n persoon moes noodwendig uit die provinsie Wes-Kaap 6

aangewys word en in hierdie verband is Mnr Andries Theron vanaf 1 Maart 2010 vir een jaar op die Raad van die PNS gekoopteer, en Mnr Kobus Schonken, bekende en suksesvolle produsent van canola op die Canolabeplanningstaakspan. Die twee generiese bemarkingsprogramme benodig uiteraard veel meer aandag as bloot insette van die onderskeie werkgroepe en gevolglik het die Raad besluit om twee ad hoc taakspanne aan te stel wat uitsluitlik hieraan aandag moet gee. Kundiges en medewerkers sal volgens behoefte by hierdie taakspanne betrek word. Daar is reeds in die vorige Navorsingsverslag genoem dat beplan word om n ondersoek te laat doen na die canolabedryf en deur middel van n vraelys vas te stel wat die knelpunte is waarom nie meer produsente tot die canolabedryf toetree nie. Omdat navorsingsinstansies nie onmiddellik aandag kon gee aan hierdie saak nie, het die PNS besluit om sodanige navorsing self te doen onder leiding van die ondervoorsitter Mnr JSG Joubert. Hierdie studie is voltooi en die bevindinge sal gedurende 2010/2011 bekend gemaak en opgevolg word. Die PNS vier in 2010 sy 20ste bestaansjaar. Om hierdie besondere mylpaal te vier is besluit dat funksies gehou sal word in die vyf belangrikste sentra waarin die PNS werksaam is te wete Johannesburg/Pretoria, KwaZulu-Natal, Stellenbosch, Bloemfontein en Potchefstroom. Spesiale funksies sal hier gehou word en soveel moontlik vriende en medewerkers sal betrek word om opnuut bande van vriendskap te versterk. Soortgelyk het die Raad ook besluit om sy langdienstoekennings te hersien en is die enkele 10 jaar toekenning uitgebrei na toekennings vir 5, 10, 15, 20 en 25 jaar diens. Raadslede wat langdienstoekennings ontvang het gedurende hierdie jaar is: Dr C van der Merwe Mr HJ Diekmann Mnr JSG Joubert Dr M Griessel Mr GJH Scholtemeijer Wyle Mnr SJ Malherbe 5 jaar 15 Jaar 15 Jaar 15 Jaar 15 Jaar 15 Jaar Hierbenewens is daar ook vir die eerste keer deur n personeellid Mev M du Preez, n langdienstoekenning verwerf en wel vir 10 jaar diens. Nog n mylpaal is ook bereik toe die 100ste Raadsvergadering van die PNS Raad in Januarie 2010 gehou is. Hierdie besondere geleentheid is gevier met n spesiale dinee waarheen oud Raadslede ook genooi is om die besondere geleentheid by te woon. 7

In n poging om meer stabiliteit te verseker in die PNS aksies is besluit om n eie gebou aan te koop. Daar is reeds ver gevorder met onderhandelinge en sal die uitslag in die Navorsingsverslag van 2010/2011 bekend gemaak word. Die samewerking met Embrapa is na die ondertekening van die Memorandum van Begrip (MVB) n entjie verder gevoer toe n sogenaamde Material Transfer Agreement (MTA) ook onderteken is. In die geval van INTA is die ondertekening van die MVB opgevolg met n Material Transfer and Security Agreement. Die PNS stel hoë verwagtinge aan die samewerkingsooreenkomste met hierdie instansies en hoop om reeds gedurende 2010/2011 dievrugtetepluk. 4. 4.1 Algemeen Die navorsingsverslag strek oor die periode 1 Maart 2009 tot 28 Februarie 2010 terwyl n bemarkingsjaar, waarop vraag- en aanbod statistieke ten opsigte van vismeel en oliekoek betrekking het oor die periode 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 strek. Ten tye van die skrywe van hierdie verslag was die statistieke ten opsigte van die 2009/10 bemarkingsjaar nog nie beskikbaar nie. (Sien bylae III). Ten opsigte van die bemarkingsjaar 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 was die vraag na vismeel 77 500 ton en die vraag na oliekoek 1 664 927 ton. Dit weerspieël die hoeveelhede wat hoofsaaklik in die kommersiële mark verbruik is. Teenoor dieselfde periode in 2007/2008 was die vismeel verbruik 55 000 ton en die oliekoekverbruik 1 758 185 ton. Dit verteenwoordig n toename in vismeel verbruik van 22 500 ton of 40.9% terwyl daar n afname in oliekoekverbruik van 93 258 ton was of 5,3%. Internasionale markfaktore het weereens n groot rol gespeel en veral die prysverhouding tussen vismeel en soja-oliekoek asook die wisselkoers wat onderliggend is tot die substitusie effek tussen vismeel en soja-oliekoek. Die eerste paar maande in 2008 was die internasionale soja-oliekoek prys meer as 500 US dollar per ton, waarna dit in die tweede helfte van 2008 begin daal het tot minder as 400 US dollar per ton. Die gemiddelde prys vir 2008 was in die omgewing van 450 US dollar per ton. Wat vismeel aanbetref was die pryse soos gekwoteer in Peru aan die begin van 2008 net minder as 1 000 US dollar per ton, waarna dit vir tydperk oor die 1 000 US dollar per ton gaan draai het en weer teruggesak het tot minder as 900 US dollar per ton teen die einde van 2008. Die gemiddelde internasionale vismeel prys vir 2008 was ongeveer 920 US dollar per ton. Dit het -oliekoek prysverhouding gegee van net 8

meer as 2 wat dan ook die relatief groter verbruik van vismeel plaaslik verklaar. Gedurende 2007 was die vismeel tot soja-oliekoek prysverhouding meer ten gunste van sojas wat veroorsaak het dat 48% minder vismeel gebruik is as in die 2008/2009 bemarkingsjaar. Beskikbaarheid van plaaslike geproduseerde vismeel wat bepaal word deur die hoeveelheid geproduseer asook die winsgewendheid op die uitvoermark speel ook n rol in die hoeveelheid wat binnelands verbruik word. 4.2 Vismeel Plaaslike produksie van vismeel wat Namibië insluit het 82 500 ton beloop vir die 2008/2009 bemarkingsjaar. Namibië se bydrae was 7 500 ton. Vir die 2009/2010 bemarkingsjaar word die produksie geraam op 99 500 ton. Gedurende die bemarkingsjaar waaroor hierdie verslag handel, is daar net meer as 5 000 ton vismeel uitgevoer en sal daar na verwagting gedurende die 2009/2010 bemarkingsjaar ongeveer 41 500 ton uitgevoer word. Die gemiddelde binnelandse vismeelprys gedurende 2008 was in die omgewing van R7 000 per ton en op n stadium selfs so hoog as R8 500. Gedurende 2009 was die gemiddelde lokale vismeelprys sowat R8 000 per ton. Dit is soos in die verlede nog steeds n probleem om die TTV (Totale Toelaatbare vangste) te vang. Gedurende 2009 is slegs 173 174 ton Ansjovis gevang van n toegekende TTV van 569 000 ton. Sardyn het n TTV van 90 000 ton gehad wat ten volle gevang is. Nie-Kwota vis wat gevang is (Rooi-oog en ander) was 48 491 ton. Die ansjovis wat soos gemeld gedurende 2009 gevang is, was 35% minder as dié wat gedurende 2008 gevang is. Dit was slegs 30% van die TTV. Swak weertoestande en beperkte produksiekapasiteit by fabrieke was bydraende faktore. Vangste het goed begin in die 2010 seisoen en is daar reeds 10 tot 15% meer vis gevang oor dieselfde tydperk as verlede jaar. Binnelandse pryse is tans egter baie hoog wat op n stadium gedurende Januarie 2010 selfs so hoog as R10 000 per ton was, maar sal na verwagting daal tot ± R7 000 per ton later in die jaar. Oliekoekpryse is as gevolg van verskeie faktore tans relatief laag ook weens die sterk Rand en sal daar n groot mate van substitusie wees van vismeel deur soja-oliekoek veral deur die pluimvee bedryf wat n groot proteïenverbruiker is. 9

4.3 Oliekoek 4.3.1 Internasionaal Wat die internasionale markte betref was die pryse van grane en oliesade asook hul produkte gedurende 2009 blootgestel aan op en af bewegings. Dit was hoofsaaklik te wyte aan die beer- en bulfaktore aanwesig op die markte. Bulfaktore ten opsigte van sojas, het voortgespruit uit die verwagte tekort aan sojas en sojaprodukte in die Suid-Amerikaanse mark, asook die langer as verwagte koopdruk vanaf Sjina. Sentimente wat pryse verder aangemoedig het was eksterne faktore soos die stygende ru-olieprys. Daar was ook op n stadium beleggingsfondse wat hul weg na die graan- en veral die sojamark gevind het. Faktore wat weer n demper geplaas het op prysstygings en die bulfaktore was die stappe wat die Sjinese geneem het om likiditeit in die mark te beperk en gunstige oesverwagtinge in Suid-Amerika. Die soja oesverwagtinge in die Suidelike halfrond sal na verwagting 129 miljoen ton wees wat 31,5 miljoen ton meer is as die vorige seisoen se droogtegeteisterde oes. Groot afwaartse druk op alle oliekoekpryse word verwag in die komende seisoen wat die daling in pryse sedert Desember 2009, net verder beklemtoon. In die April/Junie 2010 kwartaal sal oliekoekpryse op die Rotterdam se mark ongeveer 300 US dollar per ton beloop wat 20% laer sal wees as die Februarie 2010 pryse. Die verwagte wêreldproduksie van soja-oliekoek sal vir die periode April/September 2010 skerp toeneem met 7,3 miljoen ton vanaf die vorige jaar se produksie. Groei in vraag na soja-oliekoek sal nie tred hou met die verhoogde aanbod nie as gevolg van verlaagde pluimvee- en ander veegetalle in baie lande. Die verwagte verbruik van soja-oliekoek sal 83,2 miljoen ton wees vir April / September 2010, 5,8 miljoen ton meer as dieselfde periode in 2009, maar dit sal slegs realiseer as soja-oliekoek teen aansienlike laer pryse aangebied word. Na verwagting sal wêreldverbruik van die 7 ander oliekoeke stagneer gedurende Oktober 2009 tot September 2010. Die biodieselmark sal ook n groot impak hê op die internasionale aanbod van oliekoek. Verhoogde produksie van biodiesel in Suid-Amerika as gevolg van onder andere uitvoere vanaf Argentinië na die EU en die verwagte verhoging in verbruik van biodiesel deur Brasilië met sowat 33% sal n belangrike rol speel. Laasgenoemde is as gevolg van die Brasiliaanse regering se mandaat vir verpligte inmenging wat verhoog is van 3% na 4% vanaf 1 Julie 2009. 10

4.3.2 Plaaslik Soos reeds vermeld was daar n afname in die oliekoekverbruik vanaf die 2007/2008 tot die 2008/2009 bemarkingsjaar wat deur n hoër vismeelverbruik weerspieël word. AFMA-lede se totale oliekoekverbruik was 65,8% gedurende 2008/2009 teenoor die 62,3% van die vorige bemarkingsjaar. Wat AFMA-lede betref was sojaoliekoek die vernaamste komponent van die totale oliekoekverbruik. AFMA se soja-oliekoekverbruik wat volvet sojas insluit kom te staan op 74% van hul totale oliekoekverbruik. AFMA se totale oliekoekverbruik in die 2008/2009 bemarkingsjaar was nagenoeg dieselfde as in die vorige jaar naamlik 1 093 339 ton. Die verwagting is dat dit egter sal toeneem tot 1 177 095 ton in die 2009/2010 bemarkingsjaar wat n groei van 7,7% verteenwoordig. Soja-oliekoek en volvetsojas se gesamentlike groei oor dieselfde tydperk word geraam op 2,3%. n Aansienlike toename in die verbruik van sonneblom-oliekoek word verwag deur AFMA-lede vanaf die bemarkingsjaar 2008/2009 tot 2009/2010 naamlik 25,1%. Van die totale plaaslike behoeftes aan oliekoek vir die 2008/2009 bemarkingsjaar van 1 664 927 ton kan die plaaslike mark slegs 565 181 ton voorsien wat meegebring het dat 1 099 746 ton of 66% van totale verbruik, ingevoer moes word. Van hierdie ingevoerde hoeveelheid was 84,13% soja-oliekoek met n waarde van bykans R2.6 miljard. Gedurende die 2007/2008 bemarkingsjaar was die invoere van oliekoek 1 263 628 ton of 71,87% van die totale behoeftes. Die verwagting is dat daar persentasiegewys n effense verbetering in die 2009/2010 seisoen sal wees, maar dat die globale hoeveelheid ingevoer nog steeds meer as 1 miljoen ton sal beloop. 4.3.3 Projeksies - 2010, 2020 Nuwe projeksies van oliekoekbehoeftes vir die periodes 2010 en 2020 is nog nie beskikbaar nie en sal daar na verwagting projeksies beskikbaar kom vir 2015 en 2020 gedurende 2010. Die projeksies wat gedurende Maart 2008 gedoen is toon dat die oliekoekbehoeftes vir 2010 en 2020 onderskeidelik 1 918 763 ton en 2 681 414 ton sal wees. Op hierdie stadium blyk dit egter of die benodighede vir 2010 oorskat kon wees. Al sou die projeksies afwaarts aangepas word is daar nog steeds n baie groot gaping tussen die geprojekteerde behoeftes aan oliekoek en die plaaslike produksie van oliekoek. n Ligpunt egter is die positiewe ommeswaai na sojaproduksie wat tans ervaar word. Gedurende die 2007/2008 produksieseisoen was die hoeveelheid sojas geproduseer 282 000 ton, gedurende die 2008/2009 produksie seisoen het dit toegeneem tot n fenomenale 516 000 ton of 83% 11

toename en word daar vir die 2009/2010 produksiejaar n oes van 587 950 ton verwag. 4.4 Plaaslike verbruik van proteien 4.4.1 Algemeen Daar is min begrip van n meer gedetailleerde uiteensetting van die verbruik van proteïen deur diere in Suid-Afrika. Gewoonlik word totale deurgegee en slegs in AFMA se jaarverslag word spesies diere en tipe proteïen in meer besonderhede verskaf. Beter begrip van beide aspekte sal ook tot n beter begrip lei van die PNS se visie en missie, en ook die besef dat te dikwels te gemaklik na voedselsekerheid in Suid-Afrika verwys word. Die veevoerbedryf is waarskynlik een van die grootste vertakkinge van landbou. Die tonnemaat van die georganiseerde veevoervervaardigers (AFMA) vir 2009/2010 het 5,8 (konsentrate wat verwerk is ingesluit) miljoen ton beloop terwyl die informele of tuismengbedryf, wat ook voerkrale insluit op 5 miljoen ton geskat word, dus n totaal van 10,8 miljoen ton voer. In Tabel 1 word die nasionale veevoerproduksie vir 2009/2010 in verskillende spesies aangetoon. Hieruit blyk dit dat AFMA 96,8% en 72,05% van die totale braaikuiken- en lêhenvoere respektiewelik geproduseer het wat 40,2% van die nasionale veevoerproduksie uitgemaak het. Aan die anderkant is die tuismengbedryf, wat voerkrale insluit, verantwoordelik vir meer as 77% van die 3,3 miljoen ton bees- en skaapvoere (suiwelvoere uitgesluit) wat geproduseer word. Dit verteenwoordig 30,9% van die nasionale veevoerproduksie. AFMA is dus die grootste verskaffer van veevoer aan die pluimveebedryf en is dit om hierdie rede dat AFMA ook die grootste verbruiker van soja- en sonneblomoliekoek is. Gedurende 2009/2010 was daar bykans 1,1 miljoen ton soja oliekoek beskikbaar in Suid-Afrika waarvan AFMA 79,9% gebruik het. Hiervan is 73,1% deur pluimvee verbruik. 12

Voertipe TABEL 1: Nasionale Veevoerproduksie gedurende 2009/2010 (TON) AFMA voere plus voere vervaardig vanaf konsentrate Nasionale Veevoerproduksie AFMAas%van Nasionale Produksie Suiwel 884 466 1 629 649 54,27 Bees en Skaap 761 870 3 339 144 22,82 Varke 213 909 932 642 22,94 Lêhenne 827 811 1 148 888 72,05 Braaikuikens 3 088 618 3 190 754 96,80 Honde 12 577 363 222 3,46 Perde 12 158 132 458 9,18 Volstruise 11 960 51 800 23,09 Akwakultuur 2 084 2 700 77,19 TOTAAL 5 815 452 10 791 257 53,89 BRON: Dr Erhard Briedenhann 4.4.2 Pluimveebedryf Die belangrikheid van die pluimveebedryf in Suid-Afrika kan moeilik oorbeklemtoon word. Statistiek uit die eierbedryf wys dat Suid-Afrika slegs 130 eiers per capita per jaar verbruik teenoor baie ander lande wat meer as 300 eiers per capita per jaar verbruik, wat dus n groot moontlikheid van uitbreiding bied. Die braaikuikenbedryf het egter die afgelope 10 jaar ongelooflik presteer. In 2000 het dit 42 dae geneem om n braaikuiken van 1,8 kg te produseer met n voeromsetting van 1,85. Daarteenoor het dit in 2009 slegs 35 dae geneem om n soortgelyke braaikuiken te produseer met n voeromsetting van 1,68. Hierdie syfer word jaarliks steeds verbeter. Suid-Afrika verbruik meer as 1 biljoen braaikuikens per jaar, of te wel 30 kg per capita per jaar. Dit moet egter ook gemeld word dat jaarliks meer as 200 miljoen braaikuikens ingevoer word wat dus n besondere geleentheid bied aan die braaikuikenbedryf, om verder uit te brei. Dit sal ook tot gevolg hê dat meer proteïen en mielies vanuit n plaaslike oorsprong vir hierdie produksie aangewend sou kon word, met gepaardgaande besparing aan valuta wat die land uitvloei. Die beter benutting van proteïen, wat een van die doelstellings van die PNS is, is by uitstek ter sprake in die braaikuiken bedryf. Hierdie aangeleentheid sal kortliks later in hierdie dokument behandel word. Gedurende 2009 het die waarde van pluimvee invoere R1,565 miljard beloop. 13

4.4.3 Varke Die varkbedryf in Suid-Afrika verbruik ongeveer 10% van die totale nasionale voerproduksie. Wêreldwyd is dit egter n baie belangrike bedryf aangesien daar in 2009 106,5 miljoen ton varkvleis in die wêreld geproduseer is en met n verwagting om verder te styg in 2010. Die grootste verhoging vind plaas in Sjina waar varkproduksie met ongeveer 2 miljoen ton per jaar gestyg het sedert 2007 met n verwagting dat 50 miljoen ton in 2010 aldaar geproduseer sal word. Varkvleis vorm 37,8% van die totale vleisverbruik in die wêreld terwyl pluimvee met 32,6% die tweede plek inneem. In Suid-Afrika word toenemend mededinging ervaar van ingevoerde vark wat grootliks (70%) bestaan uit varkribbe wat deur die restaurante gebruik word. Daar is n vermoede dat storting vanuit Kanada plaasvind, maar dit sal n geruime tyd neem vir The South African Pork Producers Organization (SAPPO) om storting te bewys. Verder word berig dat daar tans aansienlike kapitaal bestee word aan meganisasie in die varkbedryf wat tot gevolg sal hê dat plaaslike produktiwiteit sal verhoog en die plaaslike varkbedryf ook dus internasionaal meer kompeterend sal wees. 4.4.4 Suiwel, ensovoorts Uit Tabel 1 blyk dit duidelik dat suiwel ook n belangrike rol speel in die verbruik van veevoer. Die drie grootste bronne van proteïen wat deur die suiwelbedryf gebruik word, bestaan uit sonneblomoliekoek, soja-oliekoek en katoen wat meer as 90% van die totale proteïenbronne uitmaak. Meer inligting omtrent hierdie vertakking sal in n volgende verslag verskaf word. 4.4.5 Ander Soos voorheen aangestip is een van die doelstellings van die PNS om navorsing te befonds wat beter benutting van proteïen tot gevolg het. Prof Rob Gous, internasionaal erkende pluimveenavorser en lid van die PNS Raad het n besondere model met PNS befondsing ontwikkel wat internasionaal aanvaar word in n poging om beter benutting van proteïen deur pluimvee te bewerkstellig. Die afgelope jaar het Prof Gous n baie besige jaar gehad met n verskeidenheid konferensies wat hy moes toespreek. Hy was uitgenooi om n lesing te lewer by n Nutreco Konferensie in Nederland, nog een in Edinburgh en het ook die JM Bell Memorial Lecture 14

gelewer by die Western Nutrition Conference in Kanada. Hy het ook Australië etlike kere besoek, lesings gelewer by die Australiese Pluimvee Simposium in Sydney en ook by n PIX 2010 vergadering aan die Australiese Gold Coast. Daarbenewens het hy twee lesings in Nieu-Seeland gegee en ook twee weke deurgebring aan die Universiteit van Sao Paulo in Jaboticabal waar hy op n jaarlikse besoek aldaar behulpsaam was met die opleiding van nagraadse studente. Die PNS wil graag erkenning gee aan Prof Gous vir die besondere bydrae wat hy plaaslik en internasionaal lewer tot bevordering van die PNS se doelstellings. 4.5 Plaaslike produksie van proteïen 4.5.1 Algemeen Die doelstellings van die PNS behels nie slegs die beter benutting van proteïen deur diere nie, maar konsentreer grootliks op die aanwending van navorsingsfondse om meer proteïen vir diereverbruik plaaslik te produseer om sodoende ingevoerde proteïen te vervang. Nadat miljoene Rand bestee is aan navorsing ten opsigte van verskillende proteïenbronne is die enigste proteïenbronne wat volgens die PNS die moontlikheid inhou tot snelle uitbreiding, sojabone en canola. 4.5.2 Sojabone Grafiek 1 gee n pragtige beeld van die verloop en ontwikkeling van die sojaboonbedryf oor die afgelope 22 jaar. Voor 1997/1998 is selde meer as 100 000 ton sojabone per jaar geproduseer. Na die stigting van die PNS Sojawerkgroep in 1996 is nooit weer minder as 100 000 ton geproduseer nie. Tewens, soos in grafiek 2 gesien kan word, is daar na 1996 net in 1999/2000 minder as n 100 000 ha onder sojabone beplant. 15

16

Gedurende die 2008/2009 seisoen is daar 237 750 ha sojabone aangeplant wat n rekordopbrengs van 516 000 ton gelewer het. Dit is die hoogste opbrengs nog met n gemiddelde opbrengs van 2,17 ton per ha. Vir die eerste keer sedert sojabone in Suid-Afrika aangeplant word, is die gemiddelde opbrengs hoër as 2 ton per ha en die eerste keer dat meer as 500 000 ton sojabone plaaslik geproduseer word. Volgens die Oesskattingskomitee oorskry hierdie oes die vorige met meer as 80% en is ook bykans 120% hoër as die vorige 10 jaar se gemiddelde oeste van 234 216 ton. Die Oesskattingskomitee dui ook verder aan dat die bruto waarde van sojabone geproduseer gedurende 2008/2009 geraam word op R1.623 miljard vergeleke met R1.134 miljard die vorige seisoen - dit is n styging van 43%. Die aanduidings vir 2009/2010 seisoen is dat daar ongeveer 311 000 ha aangeplant sal word met n moontlike opbrengs van ongeveer 580 000 ton. Die PNS slaan die vordering gemaak en die potensiaal van sojabone baie hoog aan. In n poging om die maksimum stukrag aan die generiese sojabemarkingsprogram te verleen, is n spesiale Sojaboonbeplannings-taakspan aangestel om detail aandag aan alle fasette van hierdie program te gee. Hierbenewens het gesprekke met saadmaatskappye getoon dat daar belowende cultivars en tegnologie in die pyplyn is wat eersdaags in Suid-Afrika beskikbaar gestel behoort te word. Verteenwoordigers van twee van die drie saadmaatskappye te wete Dr A Jarvie van Pannar en Mnr W Engelbrecht van Pioneer het die afgelope jaar voordragte aan die Sojaboonwerkgroepe gemaak terwyl die derde maatskappy Linkseed reeds onderneem het om soortgelyke inligting gedurende 2010/2011 te verskaf. Dit is die eerste keer die afgelope 14 jaar dat saadmaatskappye openlik aan die bedryf inligting verskaf omtrent ontwikkelinge wat die verdere potensiaal van sojaboonproduksie uitspel. Vordering met die toets van n verskeidenheid cultivars afkomstig van INTA uit Argentinië, Embrapa en die Universiteit van Viçosa uit Brasilië is reeds in paragraaf 2 en 3 hierbo aangespreek. Die PNS het Mnr Jan du Preez gekontrakteer om kwartaallikse webstudies te doen van die nuutste ontwikkeling in die sojabedryf in VSA soos berig deur saadmaatskappye en universiteite asook American Soybean Association (ASA) en die United Soybean Board (USB). Die waarde en kwaliteit van hierdie werk word hoog aangeskryf. 17

Die Roes- en Sclerotiniawerkgroepe funksioneer steeds effektief en word, soos werkgroepvergaderings, goed bygewoon. Seker een van die belangrikste tegnologie-oordrag tegnieke wat die PNS benut ter bevordering van sojabone is Koste- en Inkomsteberamings vir verskillende streke wat jaarliks onder leiding van Mnr JSG Joubert, ondervoorsitter van die PNS, vir die sojabedryf bereken en beskikbaar gestel word. Die begrip dat sojabone in eie reg n kontantgewas is, is grootliks hieraan te danke. Hiermee saam gaan die voordele van wisselbou en verminderde bewerking wat geïllustreer word en die sukses verhale van produsente wat sojabone onherroeplik op n wenpad geplaas het. Nog bydraes wat die afgelope jaar n verskil gemaak het, was n Sojaboondinkskrum wat deur hoë profiel produsente en navorsers bygewoon is, n ooreenkoms met maatskappye om dieselfde kodes vir identifikasie van cultivars te gebruik, asook die indeling van sojaboonverbouingsgebiede in identifiseerbare klimaatsones deur Mnre W van Wyk en G de Beer, kontrakteurs van die PNS. Die sojaboonroes pamflet is hersien deur Dr Pat Caldwell, kontrakteur van die PNS terwyl n omvattende dokument ten opsigte van die bevordering van die produksie van sojabone deur Mnr GduT Keun, Hoofuitvoerende Beampte van die PNS en Mev Erna Harmse kontrakteur, vir die Sojabeplanningstaakspan opgestel is. n Spesiale woord van dank gaan aan die Pers, maar veral Landbouweekblad wat bykans al bogenoemde inisiatiewe uitgedra het na die breë sojabedryf en grootliks bygedra het tot die sukses van die sojabedryf tot op datum. 4.5.3 Canola Nadat die produksie van canola etlike jare gegroei het, het dit ongelukkig die afgelope paar jaar gestagneer. Navorsingsbefondsing van lupien is gestaak vanweë n gebrek aan groei, maar na deeglike oorweging en met inagneming van die sukses van die sojaboon generiese bemarkingsprogram het die PNS Raad besluit om n 5 jaar program van stapel te stuur om weer groei te genereer in die canolabedryf, veral met inagneming van die internasionale groeipatroon en wêreldproduksie wat reeds die 60 miljoen ton kerf bereik het. n Verdere rede hiervoor is die lae en onekonomiese pryse wat die koringbedryf onder groot druk plaas. Die aanplantings gedurende 2009 is op 35 060 ha gestel teenoor 34 000 ha in 2008. Die verwagte opbrengs beloop 40 310 ton teenoor 30 800 ton in 2008. 18

Die PNS Raad het, soos by sojabone, fondse beskikbaar gestel vir n generiese bemarkingsprogram ten opsigte van canola. Soos reeds vroeër genoem is Prof André Agenbag van die Universiteit van Stellenbosch gekontrakteer om die koördinasie van die projek te doen en so ook sal Mnr Johan Loubser met verskeie aksies behulpsaam wees. Die PNS het ook Mnr Kobus Schonken, bekende en uiters suksesvolle produsent van onder andere canola aangestel op die Canolabeplanningstaakspan. Sy besondere kundigheid sal goed benut kan word tot bevordering van canola. Die resultate van die Inkomste- en Kosteramings is verder verfyn en het dit uit sensitiwiteitsanalises geblyk dat n verhoging in opbrengs van 250 kg per ha canola, canola in eie reg as n kontantgewas kan vestig. Daar is in beginsel besluit op n reklame program met die titel Die ekstra kwart ton, maar die resultate sal eers in die volgende jaar waargeneem kan word. Daar is reeds in paragraaf 3 melding gemaak van die opname om knelpunte en ander inligting ten opsigte van die canolabedryf te versamel, wat onder leiding van Mnr JSG Joubert gestaan het, bygestaan deur onder andere Prof. Agenbag en Mnr Loubser. Die inligting sal tot groot nut wees vir die Canolabeplanningstaakspan, maar meer daaromtrent sal ook eers aanstaande jaar beskikbaar wees. In dieselfde trant is die canola ontwikkelingsplan wat deur Dr De Kock opgestel is, die afgelope jaar deur hom aangepas by huidige omstandighede en dit is gevolg deur n canola handleiding onder redaksie van Prof. André Agenbag wat in Afrikaans en Engels beskikbaar gestel is, sowel as op CD Rom. Beide hierdie dokumente is ook beskikbaar op die PNS webblad. Daar is reeds geruime tyd daarop gewys dat die canolabedryf in Suid-Afrika belas word met ouer cultivars uit Australië wat reeds van die cultivarlys aldaar verdwyn het. Dr J de Kock en andere het reeds etlike besoeke aan Australië gebring waartydens onder andere met verskillende saadmaatskappye skakeling bewerkstellig is. Aanduidings is redelik sterk dat n verskeidenheid nuwe lyne en cultivars na aanleiding van hierdie inisiatief van die PNS in die eerskomende seisoen reeds in Suid-Afrika getoets sal word, wat dadelik n bydrae behoort te maak tot die Ekstra kwart ton. Die CanolaFokus word steeds gereeld gepubliseer. Die PNS wens die Redaksie onder leiding van Mnr Piet Lombard en alle medewerkers hartlik te bedank vir hulle pogings om die inhoud van die CanolaFokus leersaam en interessant te maak en te hou. 19

4.5.4 Ander Die akkerboukundige vereistes in die breë wat aan die PNS gestel word in die produksie van plantproteïen vir diereverbruik is uiters omvattend. Verwysing is deels daarna gemaak in paragraaf 2 van hierdie verslag. Die dissiplines wat op die Raad verteenwoordig is, word pal bepaal volgens die dringendste behoeftes op n gegewe tydstip. Insette wat van die Raadslid in die akkerbou portefeulje verwag word, dek onder andere die volgende dissiplines: Akkerbou, planteteelt, grondkunde, plantvoeding, onkruidwetenskap, gewasfisiologie, plantpatologie en entomologie. Hoewel die bekleër van die pos nie indiepte kennis kan hê van al hierdie vakgebiede nie, is dit belangrik om n werkbare kennis daarvan te hê en ook te weet waar indiepte kennis bekom kan word vir die hantering van die behoeftes van die PNS. Kongresse wat sovêr moontlik bygewoon moet word deur die akkeboukundiges, is plantpatologie-, entomologie- en nematologiekongresse, die jaarlikse Grondgedraagde Siekte Simposium te Stellenbosch asook die gesamentlike kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gewasproduksie, die Grondkundevereniging en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Onkruidwetenskappe, en ander. Die PNS leun ook swaar op die akkerboukundiges om skakeling te behou met instansies soos SANSOR, die Misstofvereniging van Suid-Afrika, AVCASA en ander. Hulle neem ook in n meerdere mate verantwoordelikheid vir die PNS kontrakteurs wat betrokke raak by cultivarproewe, eie navorsing sowel as die internasionale sojaproewe waarna reeds verwys is. Hoewel navorsingskapasiteit by Universiteite, Provinsiale Departemente van Landbou en die LNR beperk is, moet die PNS akkerboukundiges steeds sovêr moontlik ook met hierdie instansies skakel om op hoogte te bly met verwante aksies aldaar. 5. PROJEKTE GEFINANSIER 2009/2010 Die Proteïennavorsingstigting het gedurende 2009/2010 30 navorsingsprojekte befonds (sien Bylae I). Dit is 3 meer as die vorige jaar. Drie (3) van die 30 projekte was nuwe projekte terwyl 27 voortsettings van bestaande projekte was. Die totale aantal aansoeke vir finansiering was 33 waarvan 2 afgekeur is en 1 onttrek is. 20

Agt projekte (sien Bylae II) is gedurende die jaar afgehandel maar die finale verslae word eers in die eerste helfte van 2010 verwag. Vir 2010/2011 is 29 aansoeke ontvang waarvan 6 nuwe aansoeke is. Hierdie aansoeke sal in die volgende navorsingsverslag verder toegelig word. 6. PROJEKTE WAT SUKSESVOL AFGEHANDEL IS OF WAARMEE AANSIENLIKE VORDERING GEMAAK IS (Bylae I en II) 6.1 EVALUASIE VAN GEVORDERDE SOJABOON TEELLYNE: E.N. Ndou, T.A. Masiha, LNR- Instituut vir Graangewasse Produksie van sojaboon [Glycine max (L.) Merr.] in Suid Afrika is relatief laag en daar is baie faktore wat hierdie produksie beperk, bv. aanpasbaarheid by plaaslike omgewingstoestande. Die doel van hierdie projek was om die genotipes wat voorheen in die teelprogram ontwikkel is, te evalueer en die beste kultivars met goeie aanpasbaarheid en hoë opbrengs vry te stel. Vyf-en-twintig genotipes van die vorige teelprogram en vyf plaaslike verwysings-kultivars is by Bethlehem, Brits, Potchefstroom en Vaalharts ge-evalueer gedurende die 2008/09 seisoen. Die gemiddelde aantal dae tot 50% blom oor alle lokaliteite het gevarieer tussen 54 en 68 dae, met n gemiddeld van 63 dae. Daar was geen betekenisvolle verskil tussen die genotipes nie maar daar was n betekenisvolle verskil tussen die verwysingskultivars en die genotipes. Die gemiddelde aantal dae tot fisiologiese rypheid oor lokaliteite het gevarieer tussen 125 en 136 dae maar het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. Die gemiddelde aantal dae tot oes was 153 dae oor lokaliteite. Genotipe GP20-2-22-5 het die hoogste opbrengs van 2 056.93 kg ha -1 gelewer en genotipe TXS99-5-52 die laagste opbrengs van 1 404.36 kg ha -1. Die gemiddelde opbrengs van alle genotipes was 1 761.17 kg ha -1. Daar was geen betekenisvolle verskil oor genotipes nie. Opbrengs van die genotipes het oor lokaliteite gevarieer en alhoewel die genotipe GP20-2-22-5 die hoogste opbrengs gehaal het, was dit nie stabiel oor lokaliteite nie. Die genotipe wat die tweede posisie in terme van opbrengs behaal het, was stabiel in Potchefstroom, Brits en Vaalharts, waar dit onderskeidelik die eerste, vyfde en sesde hoogste opbrengs behaal het. Genotipe X omgewingsinteraksies speel n belangrike rol in die sukses van enige teelprogram in terme van ontwikkeling van genotipes wat aangepas is vir wye verskeidenheid omgewings. 21

6.2. EVALUERING VAN PNS-SOJABOONELITELYNE ONDER SUID AFRIKAANSE TOESTANDE: G.P. de Beer, W.F. van Wyk, Kontrakteurs, Proteïennavorsingstigting INTA - Genotipes: Vyf-en-twintig genotipes wat wissel tussen volwassendheidsgroepe 4 en 7 is in twee 75 cm - rye van 5 meter lank op 6 plekke aangeplant met 3 herhalings op 7/12/2009. Ses (6) plaaslike kultivars van Pannar en Link Seed is as kontroles by die volwassendheidsgroepe ingesluit. VIÇOSA - Genotipes: Vyf genotipes is in twee 75cm - rye van 5 meter op 3 plekke aangeplant met 3 herhalings op 13/12/2009. Twee (2) plaaslike kultivars van Pannar en Link Seed is as kontroles ingesluit. EMBRAPA - Genotipes: Sestien (16) genotipes is in twee 75cm - rye van 5 meter lank op 6 plekke aangeplant met 3 herhalings op 11/01/2010. Vier (4) plaaslike kultivars van Link Seed is as kontroles ingesluit. Twintig (20) verskillende datastelle is by elk van hierdie genotipes en plaaslike kultivars geneem voor oes en vyf (5) datastelle na oes. Dit blyk of daar redelik goeie lyne onder sekere van hierdie genotipes is. 6.3. NASIONALE SOJABOON-CULTIVARPROEWE: J.L. Erasmus, H.S.J. Vermeulen, N.N. Mogapi, T.C. Ramatlotlo; LNR-Instituut vir Graangewasse n Totaal van 18 kultivars is plaaslik op geselekteerde lokaliteite oor die sojaboonproduksiegebied aangeplant en n addisionele 10 kultivars is in fase-1-proewe op 10 lokaliteite getoets. Proewe is geplant by navorsingstasies waar die nodige infrastruktuur beskikbaar was om n volledige akkerboukundige studie te kan uitvoer. Daar was ook gepoog om proewe te plaas by lokaliteite waar inligting benodig word en waar die maksimum hoeveelheid data verkry kon word. Die volgende is noodsaaklike data vir n volledige fenologiese datastel: dae tot blom, dae tot fisiologiese en oesrypheid, maksimum planthoogte en minimum peulhoogte, omval, oopspring en groenstam, relatiewe siekte- en plaagvatbaarheid, saadkarakterisering en opbrengs, fisiese en chemiese kwaliteite, asook grond- en weerdata. Alle data word in n 22

rekenaardatabasis ingevoer. Die data van die drie verskillende hoofproduksiegebiede, naamlik koel, matig en warm word gebruik vir die berekening van oessekerheid. By die kultivarevaluasie-vergadering gedurende September 2009 is daar geen nuwe kultivar aanbeveel vir registrasie en plasing op die variëteitslys nie. Die algehele opbrengs (oor plekke en oor alle cultivars) vir die afgelope seisoen was 2 820 kg ha -1 (2 456 kg ha -1 vir 2007 en 1 717 kg ha -1 vir 2006). Die beste gemiddelde opbrengs is verkry te Cedara (4 428 kg ha -1 ), Greytown (4 347 kg ha -1 ) en Vaalharts (4 244 kg ha -1 ). Die kultivar met die hoogste gemiddelde opbrengs (oor plekke) was LS 678 met 3 164 kg ha -1 en Ibis 2000 met 2 379 kg ha -1 was die laagste. Die kultivar met die hoogste proteïenpersentasie was Ibis 2000 met 43.73% en die laagste was PAN 1454 R met 40.97%. Kultivars wat 5 t per ha -1 oorskry het, was LS 6164 R by Vaalharts en Empangeni PD1, PAN 1666 R, PAN 737 R en LS 678 by Greytown en PHB 96 B 01 by Cedara. 6.4. DIE VERHOGING VAN SOJABOONPRODUKSIE OP DIE HOËVELD: W.F van Wyk, Kontrakteur, Proteïennavorsingstigting Bemestingsproef: Behandelings: Drie (3) peile van P (0, 20 en 40 kg/ha) en 3 peile van K (0, 50 en 100 kg/ha) Die proewe is ge-oes en al die data is geneem maar geen statistiese verwerkings is nog gedoen nie. Dit blyk dat daar, soos verwag is - groter verskille tussen die behandelings by die bemestingsproef voorgekom het omdat die effek van die verskillende bemestingspeile nou duidelik na vore begin kom. Bewerkingsmetodes met verskillende wisselboustelsels: Behandelings: ploeg (soja, soja - soja, mielies - mielies, soja), geen bewerking (soja, soja - soja, mielies - mielies, soja). Daar is in die 2009/2010 seisoen ook begin met n monokultuur mielies - behandeling wat ook by al drie die verskillende bewerkingsmetodes uitgevoer word. Die proewe is ge-oes en al die data is geneem maar geen statistiese verwerkings is nog gedoen nie. Die voordelige effek van soja op mielies kan reeds by die mielie-persele waargeneem word aan die groei van die mielieplante. 23

6.5. INVLOED VAN SO 2 EN DIE INTERAKSIE DAARVAN OP DIE GROEI, FISIOLOGIE EN BIOCHEMIE VAN SOJABONE (GLYCINE MAX) EN CANOLA (BRASSICA NAPUS) BESTUDEER IN N OTC-STELSEL: J.M. Berner, S. Lindeque, M. Minnaar, P.D.R. van Heerden, G.H.J. Kruger, Skool vir Omgewingswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom Soja (PAN 1666 en LS 6164) plante was blootgestel aan 25, 75 en 150 dpb swaeldioksied (SO 2 ) in n OTC sisteem. Die aktiwiteite van twee stres geassosieerde ensieme, lipoksigenase (LOX) en peroksidase (POD) was bepaal. Lipoksigenase is n sleutel ensiem in die lipoksigenase-weg wat lei tot die sintese van oksilipiene. Oksilipiene is sekondêre metaboliete wat stres-reaksie reguleer en wat ook direk betrokke by stres-reaksie kan wees. Reaktiewe-suurstofspesies word gevorm tydens n stres-reaksie en moet vinnig gedetoksifiseer word. Peroksidase is een van baie antioksidant ensieme wat vir die detoksifisering van vrye radikale verantwoordelik is. Die aktiwiteite van beide LOX en POD neem toe soos die vlakke van die SO 2 konsentrasies toeneem. n Betekenisvolle toename in beide van hierdie aktiwiteite kon so vroeg as 3 weke na begassing waargeneem word. PAN 1666 het n betekenisvolle hoër toename in LOX en POD aktiwiteit getoon in vergelyking met LS 6164. Hierdie resultate dui aan dat PAN 1666 moontlik n hoër vlak van SO 2 toleransie het as LS 6164. Canola (Rainbow) was blootgestel aan 50, 100 en 200 dpb SO 2. Die effek van SO 2 op die plant was gemonitor met behulp van chlorofil-fluorosensie. Die prestasie indeks (PI ABS ) is gebaseer op die vinnige fase chlorofil-fluoressensie. Dit is n multiparametriese funksie wat die prosesse van primêre fotochemie, naamlik die absorbering van ligenergie, die vaslegging van die geeksiteerde energie en die omskakeling van die geeksiteerde energie na elektronoordrag in ag neem. Na 5 weke van begassing kan n afname in die PI ABS waargeneem word soos die vlakke van SO 2 toeneem. Die aktiwiteite van die anti-oksidant ensieme POD en askorbaatperoksidase (APX) was ook bepaal. n Betekenisvolle toename in die 50, 100 en 200 dpb behandelings was waargeneem in vergelyking met die kontrole. Daar was geen betekenisvolle verskille in die POD en APX aktiwiteite tussen die verskillende behandelings nie. 6.6. FENOTIPIESE MERKERS VIR WORTELKNOPPIEVORMINGSVERMOË VAN SOJABOONKULTIVARS: B.A. Fenta 1, S. Driscoll 2,C.Foyer 2, K. Kunert 1, 1 Departement van Plant Wetenskappe, Bosbou and Landbou Biotegnologie Instituut, Universiteit van Pretoria, 2 Sentrum vir Plant Wetenskappe, Fakulteit van Biologie, Universiteit van Leeds Die volhoubaarheid van peulgewasproduksie word ernstig beperk deur droogte. Om die fisiologiese basis vir droogteweerstandbiedenheid in sojaboon te bestudeer is die 24